Smit v S (63/2012) [2015] ZANCHC 48 (18 September 2015)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Appeal against conviction for driving under the influence of alcohol — Appellant denied driving vehicle but acknowledged intoxication — State required to prove appellant was driving — Testimony from police and eyewitness supported State's case — Appellant's failure to testify or present evidence undermined his defense — Court upheld conviction, finding sufficient evidence to establish guilt beyond reasonable doubt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 48
|

|

Smit v S (63/2012) [2015] ZANCHC 48 (18 September 2015)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case
number:
CA&R
63/2012
Datum verhoor: / Date
heard:
07/09/2015
Datum beskikbaar: / Date
available:
18/09/2015
In
die saak tussen:
ABRAHAM
JOHANNES
SMIT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
OP APPÈL
ERASMUS,
WnR
[1]
Die appellant appelleer teen sy skuldigbevinding in die landdroshof
Calvinia op ‘n aanklag van oortreding van artikel
65(1)(a)
gelees met artikels 32, 69(1), 73, 89(1) en 89(2) van Wet 93 van
1996.  Dit is die appellant ten laste gelê
dat hy op 26
Julie 2010 te De Weestraat, Calvinia, ‘n motorvoertuig bestuur
het of in die bestuurdersitplek daarvan gesit
het terwyl die enjin
geloop het, terwyl hy onder die invloed van sterk drank of ‘n
verdowingsmiddel wat ‘n narkotiese
uitwerking het, was.
In die alternatief is die appellant ook ander aanklagte ten laste
gelê wat vir doeleindes hiervan
nie relevant is nie.
[2]
Die appellant het onskuldig gepleit op al die aanklagte.  Hy het
erken dat hy onder die invloed van alkohol was, maar ontken
dat hy
die voertuig bestuur het.  Hy het aangevoer dat ene Piet Smith
die voertuig bestuur het.  Daar is bygevoeg dat
die Staat dus
moes bewys dat die appellant die voertuig bestuur het.
[3]
Die Staat het vier getuies geroep; drie polisiemanne en ‘n lid
van die publiek, mnr. Franco Tromp.  Die getuienis
van die
polisiebeamptes handel met die appellant se beweerde bestuur van die
voertuig nadat die botsing plaasgevind het.
Daarteenoor handel
die lid van die publiek se getuienis met die bestuur van die voertuig
voor en tydens die ongeluk.
[4]
Die polisiebeamptes het, in kort, getuig dat hulle kennis gekry het
van ‘n botsing wat plaasgevind het in Vierdestraat.
Oppad na
die toneel en terwyl hulle gery het in De Weestraat, het ‘n
voertuig hulle van voor af genader.  Dit het baie
stadig beweeg.
Hulle het die voertuig afgetrek en die appellant agter die
stuurwiel van die voertuig gevind. Op daardie stadium
het die enjin
van die voertuig geluier.  Die voertuig was beskadig en het
geblyk die voertuig te wees wat vroeër in die
botsing betrokke
was.  Die getuie, Franco Tromp, het hulle genader en die
appellant identifiseer as die persoon wat die botsing
veroorsaak
het.  Die appellant was volgens die polisiebeamptes onder die
invloed van drank. Hy het na sterk drank geruik en
sy spraak was
aangetas. Die appellant het gesê dat sy oom die voertuig
bestuur het ten tye van die botsing.  Hy het
oproerig geraak en
is hy op die toneel gearresteer.
[5]
Franco Tromp het getuig dat hy te voet onderweg was in Vierdestraat
toe die voertuig van die appellant hom teen ‘n hoë
spoed
genader en veroorsaak het dat hy uit die pad van die voertuig moes
spring.  Daarna het die voertuig teen ‘n paal
gebots. Die
appellant het die voertuig bestuur ten tye van die botsing.
Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, kon die
deur aan die
bestuurderskant klaarblyklik nie oopmaak nie en het die appellant se
oom, Piet Smith, aan die passasierskant uitgeklim.
Die
appellant het vanaf die bestuurderssitplek oorgeklim na die
passasierskant en aan daardie kant uit die voertuig uitgeklim.

Hierdie getuie het volhard met hierdie bewerings en hom nie in
hierdie verband weerspreek nie.  Die appellant het weer agter

die stuur van die voertuig ingeklim en die betrokke voertuig kon op
daardie stadium nie aanskakel nie. Dit is toe deur ander persone,

waaronder die appellant se oom, gestoot van die toneel af in die
rigting van De Weestraat.  Volgens Tromp was die persone
besig
om die voertuig te stoot toe dit deur die polisie gestop is.
Tromp bevestig ook dat die appellant oproerig geraak het
nadat die
polisiebeamptes op die toneel aangekom het, tot en met sy arrestasie.
[6]
Daar is verskeie stellings aan Tromp en die polisiebeamptes gemaak
tot die effek dat die appellant nie die bestuurder van die
voertuig
was ten tye van die botsing nie en ook dat die enjin nie geluier het
toe die polisiebeamptes die appellant agter die stuurwiel
van die
voertuig gevind het nie.  Dit is deurgaans ontken.  Daar is
ook gestel dat sekere getuies wat namens die appellant
geroep sou
word, sou kon bevestig dat die appellant se oom, Piet Smith, die
bestuurder van die voertuig was ten tye van die botsing.
[7]
Die bloedalkoholverslag wat aangedui het dat die bloedalkoholvlakke
in die appellant 0,22 gram per 100 ml bloed was, is ingehandig
by
ooreenkoms.  Die Staat se saak is daarna gesluit.
[8]
Die appellant se regsverteenwoordiger het eers namens hom aansoek
gedoen vir ontslag in terme van artikel 174, welke aansoek
geweier
is.  Die appellant se saak is daarna gesluit sonder dat enige
getuienis aangebied is.
[9]
Die Verhoorlanddros het die getuienis van die staatsgetuies aanvaar
en bevind dat die appellant die bestuurder van die voertuig
was ten
tye van die botsing en ook dat die enjin geluier het toe die
appellant deur die polisiebeamptes gestop is.  Hy het
bevind dat
die Staat sy saak op ‘n klag van bestuur onder die invloed van
drank bo redelike twyfel bewys het.
[10]  Mnr. Van
Tonder, namens die appellant, het aangevoer dat
10.1
die weersprekings tussen die staatsgetuies wesenlike weersprekings is
en dat dit in effek neerkom op twee totaal verskillende
weergawes oor
wat die betrokke aand gebeur het;
10.2
die Verhoorhof misgetas het deur die getuienis van Tromp te aanvaar
gegewe die feit dat hy ‘n enkelgetuie is en sy getuienis
met
versigtigheid moes benader het;
10.3
die getuienis van Tromp onvoldoende was om ‘n skuldigbevinding
uit te bring op die basis dat die appellant die bestuurder
van die
voertuig was ten tye van die botsing;  en
10.4
die getuienis in elk geval onvoldoende was om te bevind dat die
invloed van alkohol sodanig was dat die appellant se sintuie
aangetas
was tot so ‘n mate dat hy nie met die nodige sorg en
vaardigheid ‘n motorvoertuig kon bestuur nie.
[11]  Adv.
Kelaotswe, namens die respondent, voer aan dat
11.1
die Verhoorhof korrek was om te bevind dat die polisiebeamptes mekaar
in wesenlike opsigte gestaaf het en dat die Staat dus
bo redelike
twyfel bewys het dat die appellant ná die botsing inderdaad
die voertuig bestuur het, soos bedoel in die oortreding
wat die
appellant ten laste gelê is;
11.2
alhoewel Tromp verskil van die polisiebeamptes ten aansien van die
gebeure ná die botsing, hierdie weersprekings nie
wesenlik is
nie as in ag geneem word dat daar ‘n duidelike tydsverloop was
en dat hierdie twee insidente in effek in verskillende
strate
afgespeel het; en
11.3
die Verhoorhof geregverdig was om ‘n nadelige afleiding te maak
uit die feit dat die appellant nie getuig het en/of enige
getuies
geroep het nie.
[12]
Dit is geykte reg dat ‘n Hof van Appèl nie ligtelik sal
inmeng met die feitebevindings van die Verhoorhof
waar  dit die
geleentheid gehad het om die getuies te sien en te hoor nie.
Daar kan slegs ingemeng word indien die Hof
van Appèl oortuig
is dat die Verhoorhof verkeerd was.  In hierdie verband het Mnr.
Kelaotswe verwys na die bekende
saak van
R
v DLUMAYO
&
ANOTHER
[1]
en verskeie ander sake waarin gemelde saak met goedkeuring aangehaal
is. Hy voer verder aan dat die getuienis beoordeel moet word
teen die
agtergrond van die saak van
S
v GLEGG
[2]
,
op bladsy 38H tot 39A waar die geleerde Regter Rumpf die volgende
gesê het:

Wanneer
die Staat sy saak op so 'n manier moet bewys dat die judex facti
oortuig moet wees dat die misdryf gepleeg is, word dit
nie van die
judex verwag dat sy oortuiging gebaseer moet wees op 'n sekerheid wat
daarin bestaan dat 'n onbeperkte aantal geopperde
moontlikhede wat
denkbeeldig is of op blote spekulasie berus, deur die Staat
uitgeskakel moet wees nie. Die begrip 'redelike twyfel'
kan nie
presies omskryf word nie, maar dit kan wel gesê word dat dit 'n
twyfel is wat bestaan weens waarskynlikhede of moontlikhede
wat op
grond van algemene gangbare menslike kennis en ondervinding as
redelik beskou kan word. Bewys buite redelike twyfel word
nie gelyk
gestel aan bewys sonder die allerminste twyfel nie, omdat die las om
bewys so hoog gestel te lewer, prakties die strafregsbedeling
sou
verydel.

[13]
In
S
v VAN WYK
[3]
het
Van den Heever R (soos sy toe was) die volgende opgemerk:

Dit
is moontlik oorbodig om daarop te wys dat die graad van bewys
benodig, bewys is bo redelike twyfel en nie bewys bo alle
moontlike
twyfel nie. S. v Glegg,
1973
(1) SA 34 (AA)
. Maar waar hierdie twee faktore konstant is, nl.
wat bewys moet word en tot welke mate van oortuiging, is die derde
faktor, nl.
die quantum en kwaliteit bewysmateriaal benodig om die
hof aldus te oortuig, onderhewig aan groot variasie waarby die
houding van
die  aangeklaagde noodwendig 'n belangrike rol moet
speel.
As
praktiese voorbeelde: indien iemand daarvan aangekla word dat hy
dronk in 'n publieke straat was, sou getuienis van selfs 'n
kind
voldoende wees indien die aangeklaagde niks opper teen die bewerings
nie, wat sê "ek het hom kry lê in die
straat, hy het
na sterk drank geruik, daar was 'n leë drie-bottel kan by sy
hand, en hy kon net onsamehangend mompel,
hy was dronk."
[14]
Die appellant het nie getuig of getuienis aangebied nie.  In
S
v BOESAK
[4]
,
waar die Hof bevind het:

The
fact that an accused person is under no obligation to testify does
not mean that there are no consequences attaching to
a decision to
remain silent during the trial. If there is evidence calling for
an answer, and an accused person chooses to
remain silent in the
face of such evidence, a court may well be entitled to conclude
that the evidence is sufficient in the
absence of an explanation
to prove the guilt of the accused. Whether such a conclusion is
justified will depend on the weight
of the evidence. What is
stated above is consistent with the remarks of Madala J, writing
for the Court, in Osman and Another
v Attorney-General,
Transvaal
[24]
,
when he said the following:

Our
legal system is an adversarial one. Once the prosecution has produced
evidence sufficient to establish a prima facie case, an
accused who
fails to produce evidence to rebut that case is at risk. The failure
to testify does not relieve the prosecution of
its duty to prove
guilt beyond reasonable doubt. An accused, however, always runs the
risk that, absent any rebuttal, the prosecution’s
case may be
sufficient to prove the elements of the offence. The fact that an
accused has to make such an election is not a breach
of the right to
silence. If the right to silence were to be so interpreted, it would
destroy the fundamental nature of our adversarial
system of criminal
justice.’ ”
[15]
Soos tereg uitgewys, lei weersprekings
per
se
nie
noodwendig tot verwerping van ‘n getuie se getuienis nie en kan
dit bloot die gevolg wees van ‘n fout.
[5]
Hier is duidelik twee afsonderlike tonele, te wete die botsingstoneel
en die toneel waar die polisie beweer die appellant
gestop is terwyl
hy agter die stuurwiel van die voertuig was.
[16]
Wat Tromp se getuienis ten aansien van die botsing en die gebeure op
die botsingstoneel betref, het Tromp volhard met
sy weergawe dat die
appellant bestuur het ten tye van die botsing.  Dit blyk dat dié
toneel slegs ‘n afstand
van ongeveer 30 meter was vanaf die
punt waar Tromp uit die pad van die voertuig moes spring.  Hy
het deurlopend die voertuig
wat betrokke was in die botsing onder oë
gehad en dit was ‘n kort tydsverloop tussen die botsing en die
stadium wat
Tromp op die botsingstoneel aangekom het.  Ek is
tevrede dat die Verhoorhof nie misgetas het deur die getuienis van
Tromp
te aanvaar ten aansien van die botsing en die gebeure
onmiddellik daarna nie.
[17]
Dit is in kruisondervraging aan Tromp gestel dat toe die polisie ‘op
die toneel kom’ die appellant en sy
oom reeds uit die voertuig
was.  Hy het hierop bevestigend geantwoord.  Dit is toe
pertinent aan hom gestel dat die getuienis
van die polisiebeamptes
dan nie korrek kan wees nie, waarop sy antwoord was dat die voertuig
nie verder kon ry nie en die appellant
en sy oom toe uitgeklim het.
Dit is dus duidelik dat die appellant hier na die botsingstoneel
verwys en nie na die toneel
waar die polisie die appellant gestop het
in De Weestraat nie.  Die botsingstoneel in Vierdestraat en die
punt wat die polisie
die appellant gestop het in De Weestraat is
ongeveer 100 meter uit mekaar.  Die feit dat die enjin nie
geluier het toe dit
van die botsingstoneel af gestoot is nie beteken
gevolglik nie dat die polisie se getuienis dat die enjin geluier toe
die appellant
gestop is in De Weestraat nie korrek kan wees of ‘n
wesenlike weerspreking tussen die polisiegetuies en Tromp is nie.
[18]
Dat appellant die
betrokke dag onder die invloed van drank was en dat die voertuig op
'n abnormale wyse bestuur is en met die paal
gebots het, is gemene
saak. Teen hierdie agtergrond, te wete die appellant
se
pleitverduideliking, sy erkenning dat hy onder die invloed van drank
was, die feit dat hier ‘n botsing plaasgevind en die
direkte
getuienis van die polisiebeamptes en Tromp dat die appellant die
voertuig bestuur het, het die appellant verkies om nie
te getuig
nie.  Ten spyte van stellings dat sekere persone sou kom getuig
het dat hy nie die voertuig bestuur het nie, is
geen getuies geroep
nie. Daar is geen verduideliking vir die botsing of redes daarvoor
nie.  Dit is inligting wat uitsluitlik
binne die kennis van die
appellant lê.
[19]
Ek is tevrede dat die Verhoorhof geen mistastings begaan het in die
evaluering van die getuienis nie en dat die appellant
korrek skuldig
bevind is.
Gevolglik
maak ek die volgende bevel:
DIE
APPÈL WORD VAN DIE HAND GEWYS EN DIE SKULDIGBEVINDING EN
VONNIS WORD BEKRAGTIG.
_________________
ERASMUS, SL
WAARNEMENDE REGTER
Ek
stem saam.
__________________________
OLIVIER,
CJ
REGTER
Namens
Appellant:
Adv. D. Van Tonder (iov Die Regshulpraad)
Namens
Respondent:
Adv. T. Kelaotswe (iov Die DOV)
[1]
1948(2)
SA 677 (A)
op
p 705-706
[2]
1973
(1) SA 34 (A)
[3]
1977
(1) SA 412
(NC) op 414E-G
[4]
2001(1)
SA 912 (CC) par [24];
Osman
supra
1998
(4) SA 1224
(CC) par [22]
[5]
S v
Mkhole
1990(1)
SACR 95 (A) op 98f-g;