Boshoff N.O. en Ander Gers (336/2015) [2015] ZANCHC 28 (4 September 2015)

52 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Sale of goods — Oral agreement — Dispute regarding existence and terms of agreement for sale of livestock — Applicants, as trustees of the MJ Boshoff Trust, sought an interim interdict to prevent the respondent from disposing of a black wildebeest pending final determination of an action for delivery — Respondent denied the existence of a binding agreement, claiming a misunderstanding regarding the identity and price of the animal — Court held that the evidence supported the existence of a valid oral agreement, and the Trust had a clear right to the relief sought, given the unique nature of the animal and the circumstances surrounding the negotiations.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 28
|

|

Boshoff N.O. en Ander Gers (336/2015) [2015] ZANCHC 28 (4 September 2015)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno:
/ Case number:
336/2015
Datum
verhoor: / Date heard:
21/08/2015
Datum
beskikbaar: / Date available:
04/09/2015
In
die saak tussen:
MARTHINUS
JACOBUS BOSHOFF N.O.
Eerste
Applikant
JOSIAS
HENDRIK BOSHOFF N.O.
Tweede
Applikant
JOHANN
STOLZ SANDERS N.O.
Derde
Applikant
In
hul hoedanigheid as trustees van die
MJ
Boshoff Trust, IT1145/2011)
en
JULIUS
GERS
Respondent
UITSPRAAK
ERASMUS,
WnR
INLEIDING:
[1]
Die applikante hierin tree op in hul hoedanigheid as trustees van die
MJ Boshoff Trust, IT1145/2011 (“die Trust”)
en doen
aansoek vir ‘n tussentydse interdik in terme waarvan die
respondent verbied sal word om ‘n swartwitpensbul,

geïdentifiseer soos in aanhangsels ‘B1’ tot ‘B7’
tot die eerste applikant se funderende eedsverklaring
(“die
bok”) te vervreem, te verskuif en/of op enige ander wyse
daarmee te handel wat tot gevolg sal hê dat die
respondent van
sy besit en/of eiendomsreg in en tot die bok ontneem word en/of
daarvan afstand doen, hangende die finale beregting
van ‘n
aksie vir lewering van die bok aan die Trust.
[2]
Dit is gemene saak tussen die partye dat die aksie hierbo na verwys,
reeds ingestel is en dat pleitstukke daarin reeds gesluit
is.
DIE
FEITE:
[3]
Die Trust se saak berus dus daarop dat daar ‘n mondelinge
ooreenkoms met die respondent aangegaan is in terme waarvan
die Trust
die bok vir ‘n bedrag van R180,000.00 plus BTW sou koop.
Die koopprys sou betaal word deur ‘n
25 % deposito in die
trustrekening van die prokureursfirma Theron Wessels & Vennote in
te betaal, welke bedrag in trust gehou
sou word tot lewering van die
bok aan die Trust.  Die balans van die koopprys sou drie dae
voor die verwagte dag van lewering
van die bok in die trustrekening
betaal en in trust gehou word tot lewering van die bok, waarna dit
dan aan die respondent uitbetaal
sou word.
[4]
Dit is nie in geskil dat die Trust ‘n bedrag as deposito, asook
die balans van die koopsom in die prokureurs se trustrekening
betaal
het nie.  Die Trust het getender dat dit oorbetaal sou word aan
die respondent teen lewering van die bok aan die Trust.
[5]
Dit blyk verder gemene saak te wees dat swartwitpensbulle met ‘n
horinglengte van 43 duim in die wildbedryf nie as merkwaardig
aan te
merk is nie, maar dat bulle met ‘n horinglengte van 47 duim
skaars is.  Indien die Trust in die ope mark ‘n
ander
soortgelyke bul moet aankoop, sal die koopprys baie meer as
R180,000.00 beloop.
[6]
Die agtergrond tot die transaksie was dat die trustees van die Trust
gedurende November 2014 ‘n sekere mnr. Jacobs versoek
het om ‘n
swartwitpensbul vir die Trust te bekom.  Dit is gemene saak dat
Jacobs die respondent, met wie hy al in die
verlede besigheid gedoen
het, genader het oor die beskikbaarheid van swartwitpensbulle en
meegedeel is dat daar wel bulle beskikbaar
was.  Dit is ook
gemene saak dat die respondent nie oor die presiese horinglengte van
die bulle beskik het nie, maar vir Jacobs
meegedeel het dat dit by ‘n
vorige geleentheid 41 duim gemeet het en dit tans ongeveer 43 duim
behoort te wees.
[7]
Dit is ook gemene saak dat die respondent twee swartwitpensbulle aan
Jacobs uitgewys het.  Jacobs het by hierdie geleentheid
die
foto’s, aangeheg as aanhangsels ‘B1’ tot ‘B7’,
van die bok geneem.  Jacobs het daarna die
eerste
applikant meegedeel dat die respondent R180,000.00 plus BTW per bul
verlang, welke bedrag Jacbos se kommissie sou
insluit.  Volgens
Jacobs het die respondent hom meegedeel dat die prys nie afhanklik is
van die horinglengte van die swartwitpensbulle
nie, maar dat dit ‘n
vaste prys is.
[8]
Die Trust het op grond van die foto’s besluit om die bok aan te
koop.  Die eerste applikant het daarna persoonlik
die bok op 6
November 2014 besigtig, vergesel deur Jacobs en die respondent.  Die
eerste applikant het uitdruklik vir die
respondent gevra of die prys
van R180,000.00 ‘n vaste prys is, ongeag die horinglengte,
waarop die respondent bevestigend
geantwoord het.  Die
respondent sou bygevoeg het dat hy die bul dalk vir ‘bietjies
te min’ verkoop, maar dat hy
‘n goeie geldjie maak en dat
hy tevrede is met die prys.  Jacobs het later, op versoek van
die Trust, die respondent
in kennis gestel dat die Trust die bok sou
koop vir die bedrag van R180,000.00 plus BTW, waarop  die
respondent laat weet
het dat dit in orde is.
[9]
Die nodige permitte vir die verwydering en vervoer van die bok is
uitgereik.  Die respondent het Jacobs ingelig dat die
bok gelaai
en gelewer sou word op 19 November 2014.  Jacobs was, op versoek
van die Trust, teenwoordig op die plaas op gemelde
datum.
Met sy aankoms daar het die respondent hom meegedeel dat die
verkeerde swartwitpensbul verdoof
is en dat hy, synde die respondent,
die veearts versoek het om daardie bul weer wakker te maak.  Die
korrekte bok sou daarna
verdoof word.  Jacobs is later deur die
respondent meegedeel dat die bok wat by die tweede geleentheid
verdoof is, weer wakker
gemaak is aangesien die respondent en die
veearts sy horings gemeet het en die horings 46 en ‘n ¾
duim lank was.  Die
respondent het vir Jacobs meegedeel dat hy
nie die bok vir ‘n bedrag van R180,000.00 kon verkoop nie.
Jacobs het die
respondent daarop gewys dat hy nie uit die ooreenkoms
kon terugtree nie, maar het die respondent volhard en aangebied om ‘n

ander bul aan die Trust te verkoop.
[11]
Die respondent het opdrag gegee aan die veearts om ‘n derde
swartwitpensbul te pyl wat later op Jacobs se waentjie gelaai
is.
Jacobs is telefonies deur die tweede applikant meegedeel dat
die Trust nie belangstel in gemelde bul nie, maar aandring
op die
ooreengekome bok.  Jacobs het daarop gemelde swartwitpensbul
afgelaai en die plaas verlaat.
[12]
Die respondent het later vir Jacobs meegedeel dat hy weet dat hy teen
sy woord gaan en dat hy verkeerd is, maar dat hy
nie ‘n 47 duim
horinglengte bul vir R180,000.00 kan verkoop nie.
[13]
Dit blyk uit ‘n e-pos wat die respondent op 19 November 2014
aan Jacobs gestuur het, aanhangsel ‘F’
tot die
funderende eedsverklaring, dat dit nie in dispuut was dat die
swartwitpensbul wat by die tweede geleentheid verdoof
is en wat die
respondent geweier het om aan die Trust te lewer, inderdaad die bok
is wat deur die Trust aangekoop is nie.
Die rede vir die
weiering om die bok te lewer was bloot omdat die horinglengte verskil
het van die lengte wat geskat is.  In
hierdie e-pos sê die
respondent dat hy vir Jacobs sien as ‘die persoon wat beide die
koper en verkoper moet verteenwoordig’,
dat Jacobs ‘al
baie diere van my verkoop’ het en dat Jacobs is ‘die
enigste AGENT wat my diere verkoop/bemark’.
[14]
Die respondent het op 20 November 2014 weer met Jacobs geskakel en om
verskoning gevra en aangedui dat hy steeds Jacobs
se kommissie ten
aansien van die transaksie sou betaal.  Die respondent het ook
aangedui dat hy ‘n hoër aanbod
vir die betrokke
swartwitpensbul sou oorweeg.
[15]
Die respondent is op 2 Desember 2014 deur die Trust se prokureurs
aangemaan om die bok te lewer en is versoek om skriftelik
te bevestig
dat hy sy verpligtinge in terme van die ooreenkoms sal nakom.
Die respondent se prokureur het in antwoord daarop
op 18 Desember
2014 ‘n skrywe aan die Trust se prokureurs gerig waarin beweer
is dat daar nie wilsooreenstemming was met
betrekking tot watter bul
die onderwerp van die onderhandeling gevorm het nie.  Daar is
beweer dat daar ‘n wesenlike
dwaling was aan die kant van die
respondent ten aansien van die identiteit van die bul waaroor
onderhandel is.  Die respondent
sou onder die indruk verkeer het
dat oor een van die ander bulle onderhandel is.  Die respondent
het aangebied om ‘n
ooreenkoms te sluit ten aansien van die bul
wat hy beplan het om te verkoop en waarvan hy gemeen het die
onderhandelinge gevoer
is.
[16]
Jacobs het ‘n bevestigende verklaring afgelê waarin hy
die weergawe aan die eerste applikant bevestig.
[17]
Die respondent, in sy opponerende eedsverklaring, ontken enige
ooreenkoms tussen hom en die Trust en/of die applikante.
Hy
ontken dat hy, in sy persoonlike hoedanigheid, versoek is of gevra is
of hy swartwitpense beskikbaar het of dat hy aangedui
het dat hy
enige swartwitpensbulle het om te verkoop.  Jacobs was deurgaans
bewus daarvan dat die respondent self geen swartwitpense
besit nie
maar dat die wild en, in besonder die swartwitpense, die eiendom van
‘n beslote korporasie, by name Afrizone 127
BK (hierna genoem
die “beslote korporasie”) is.  Die beslote
korporasie dryf handel, onder andere, as Papkuil
Safari Lodge.
[18]
Die respondent ontken verder dat daar enige sprake was van ‘n
bedrag van R180,000.00 plus BTW.  Hy ontken
ook dat daar enige
sprake was van kommissie en dit was uitdruklik met Jacobs ooreengekom
dat die prys R150,000.00 sou beloop.
Dit word pertinent ontken
dat die prys nie afhanklik sou wees van horinglengte nie.
[19]
Die respondent ontken dat daar enigsins ‘n koopooreenkoms
tussen hom en die Trust tot stand gekom het en beweer
dat daar wel ‘n
koopooreenkoms tot stand gekom het tussen die beslote korporasie en
‘n ander beslote korporasie, Aziware
BK (‘Aziware’).
Ter stawing hiervan verwys hy na ‘n faktuur, No. 1377, wat op
18 November 2014 deur die
beslote korporasie uitgereik is aan
Aziware, synde die koper.  Verder het Aziware op 13 November
2014 ‘n faktuur uitgereik
aan die Trust waaruit dit voorkom
asof die Trust die bul aangekoop het vanaf Aziware vir ‘n
bedrag van R180,000.00 plus BTW.
Daar word dan deur die
respondent aan die hand gedoen dat dit uit die fakture duidelik blyk
dat die kooptransaksie tussen die beslote
korporasie, as verkoper en
Aziware, as die koper, vir ‘n bedrag van R150,000.00 plus BTW
was.  Die respondent ontken
ook enige onderhandelinge met
betrekking tot die betaling van enige deposito in die trustrekening
van Theron Wessels & Vennote,
en meld dat die betrokke firma
onbekend is aan hom sowel as die beslote korporasie.
[20]
Die respondent erken dat sy naam verskyn in die permitte vir die
vervoer van ‘n swartwitpensbul, maar ontken dat
hy aansoek
gedoen het vir die permit en meld hy ook dat hy dit nie onderteken
het nie. Hy erken dat Jacobs met hom, in sy verteenwoordigende

hoedanigheid, reëlings getref het vir die vangs en verwydering
van die swartwitpensbul.  Die respondent voer verder aan
dat hy,
namens die beslote korporasie, die ooreenkoms met Aziware BK, soos
verteenwoordig deur Jacobs, gekanselleer het. Jacobs
sou ingestem het
tot kansellasie van die ooreenkoms in die lig daarvan dat daar ‘n
duidelike dwaling was met betrekking tot
die bul se horinglengte.
[21]
Die respondent erken verder dat hy vir Jacobs geskakel en hom om
verskoning gevra het oor die fout wat ingesluip het,
maar ontken dat
daar enige sprake was van kommissie wat betaalbaar sou wees op die
transaksie aangesien Aziware BK die bul aangekoop
het en dit kon
verkoop vir enige prys.
[22]
Die respondent ontken dat die Trust enige repudiasie kon aanvaar in
die lig daarvan dat die Trust nie ‘n party
tot die
gekanselleerde ooreenkoms was nie. Die respondent volhard dat daar ‘n
dwaling was ten aansien van die
merx
wat die onderwerp
gevorm het van die kooptransaksie tussen die beslote korporasie en
Aziware.  Die respondent voer verder aan
dat ‘n bevel soos
versoek in die Kennisgewing van Mosie geen effek sal hê nie,
aangesien die respondent nie die eienaar
van die bok is nie en daar
ook nie ‘n ooreenkoms tussen die beslote korporasie en Aziware
tot stand gekom het nie. Dit is
vir hom in sy persoonlike
hoedanigheid onmoontlik om die bul te lewer.  Dit is verder vir
hom in sy persoonlike hoedanigheid
onmoontlik om enige nadeel te ly
en word aan die hand gedoen dat die Trust geen duidelike reg teen hom
in sy persoonlike hoedanigheid
het nie.
[23]
Aangeheg tot die respondent se opponerende verklaring is ‘n
eedsverklaring van Jacobs, afgelê op 18 Desember
2014, waarby
die fakture waarna hierbo na verwys is, aangeheg is.  Jacobs
verklaar hierin dat hy in diens is van Aziware.
Hy verklaar
dat, tydens die besoek van die eerste applikant aan die plaas, die
respondent hom meegedeel het dat die bul se horinglengte
ongeveer 43
duim sal wees en toe bevestig het dat die Trust inderdaad die bul wou
koop.  Daar is ooreengekom dat die bul aan
die Trust verkoop sou
word vir ‘n bedrag van R180,000.00, welke bedrag as koopsom
inbetaal is by die prokureurs Theron Wessels
& Vennote.  Jacobs
verklaar verder dat die respondent hom meegedeel het dat daar ‘n
misverstand was ten aansien
van die horinglengte van die bok.
Die respondent sou hom meegedeel het dat indien dit nie vir die
voormelde misverstand was
nie, hy nie die bul sou verkoop het vir ‘n
bedrag van R150,000.00 nie. Jacobs verwys in hierdie eedsverklaring
na die belastingfakture
en bevestig dat ooreengekom is dat die
respondent die bok aan Aziware verkoop vir R150,000.00 en na die
faktuur van Aziware aan
die Trust vir die koop van die bul vir
R180,000.00.
[24]
In repliek bevestig Jacobs dat die respondent nooit teenoor hom
aangedui het dat hy in enige ander hoedanigheid of as
lid van die
beslote korporasie opgetree het nie.  Jacobs het in die verlede
ook verskeie ander transaksies met die respondent
gedoen met
betrekking tot koop en verkoop van wild en hierin is hy nooit deur
die respondent meegedeel dat hy namens die beslote
korporasie optree
nie.  Die transaksies, insluitend die ooreenkoms wat die Trust
met die respondent aangegaan het, was in
respondent se persoonlike
hoedanigheid gedoen.  Jacobs werk as agent vir Aziware wat
handel dryf as “Wildlife Trading”.
Wildlife Trading tree
op as middelman in verkooptransaksies ten aansien van wild.
Jacobs het deurentyd as agent opgetree
uit hoofde waarvan hy dan
kommissie sou ontvang het uit die verkooptransaksie.  Dit is
praktyk in die besigheid van Aziware
om ‘n faktuur aan die
verkoper uit te reik in terme waarvan die koopsom in die
trustrekening van die prokureurs betaal word
en het ten doel om die
verkoper se belange te beskerm.  Volgens Jacobs was daar nie ‘n
koopooreenkoms tussen die Trust
en Aziware nie, ongeag die uitreiking
van die belastingfaktuur aan die Trust deur Aziware.  Jacobs het
opgetree as verteenwoordiger
van Aziware.  Aziware het nooit die
bedoeling gehad om ‘n koopooreenkoms met die respondent of die
beslote korporasie
aan te gaan nie en het nooit ‘n
swartwitpensbul aangekoop of aan die Trust verkoop nie. Jacobs beskik
ook nie oor die magtiging
om namens Aziware wild aan te koop nie.
DIE
REGSPOSISIE:
[25]
Die
applikante vra vir ‘n tussentydse interdik
pendente
lite
.
Die vereistes hiervoor en die benadering wat ‘n hof moet volg
by beoordeling van die vraag of ‘n applikant ‘n
prima
facie
reg
aangetoon het,
is
as volg neergelê deur Corbett R, soos hy toe was,
in
LF BOSHOFF
INVESTMENTS (PTY) LTD v CAPE TOWN MUNICIPALITY
[1]
:

Briefly
these requisites are that the applicant for such temporary relief
must show -
(a)
that the right
which is the subject-matter of the main action and which he seeks to
protect by means of interim relief is clear
or, if not clear, is
prima facie established, though open to some doubt;
(b)
that, if the
right is only prima facie established, there is a wellgrounded
apprehension of irreparable harm to the applicant if
the interim
relief is not granted and he ultimately succeeds in establishing his
right;
(c)
that the
balance of convenience favours the granting of interim relief; and
(d)
that the
applicant has no other satisfactory remedy.
(See
Gool v Minister of Justice and Another,
1955
(2) SA 682
(C)
at
pp. 687 - 8; Pietermaritzburg City Council v Local Road
Transportation  Board,
1959
(2) SA 758 (N)
at
p. 772). Where the applicant cannot show a clear right, and more
particularly where there are disputes of fact, the Court's approach

in determining whether the applicant's right is prima facie
established, though open to some doubt, is to take the facts as set

out by the applicant, together with any facts set out by  the
respondent which the applicant cannot dispute, and to consider

whether, having regard to the inherent probabilities, the applicant
should on those facts obtain final relief at the trial of the
main
action (see Gool's case, supra).”
[26]
Waar ‘n respondent se weergawe bloot die applikante se weergawe
weerspreek of die verduideliking onoortuigend is,
behoort dit
oorgelaat te word aan die verhoorhof om die dispuut te beslis en die
regte van die applikant tussentyds te beskerm,
onderhewig aan die
nadeel vir die onderskeie partye indien die interdik toegestaan of
geweier sou word.
[2]
[27]
Die Trust eis in die hoofaksie lewering van die bok, gebaseer op ‘n
beweerde mondelinge ooreenkoms.  Dit blyk
‘n
quasi
-vindikatoriese
aksie te wees, soos na verwys in
STERN
AND RUSKIN, N.O. v APPLESON
[3]
waar
Millin R die regsposisie soos volg uiteengesit het:

A
vindicatory action is one in which the plaintiff claims delivery of
specific property as owner or at any rate lawful possessor.
An action
is said to be quasi vindicatory when delivery of specific property is
claimed under some legal right to obtain possession.
'In all such
cases the Court is entitled to ensure that the thing shall be
preserved until the dispute is decided finally.' (Mathews
v Mathews,
1936 T.P.D. 124).
The most familiar example of this is an action for
delivery or transfer of  property under a contract of sale,
which in certain
circumstances supports a claim to an interdict
restraining the seller from dealing with the property pending the
action.’
[28]
Waar ‘n applikant se eis in die hoofaksie vindikatories of
quasi
-vindikatories
van aard is, hoef daar nie ‘n gegronde vrees van onherstelbare
skade of die afwesigheid van ‘n alternatiewe
remedie aangetoon
te word nie.   Die hof behoort te verseker dat die item ten
opsigte waarvan lewering geëis word
beskerm word, hangende die
afhandeling van die eis vir die lewering daarvan.  In
FEDSURE
LIFE ASSURANCE CO LTD v WORLDWIDE AFRICAN INVESTMENT HOLDINGS (PTY)
LTD AND OTHERS
[4]
het
Cloete J die posisie soos volg saamgevat:

There
are two exceptions to the requirements set out in Eriksen. They occur
in applications for interim relief pending vindicatory
and
'quasi-vindicatory' actions. A vindicatory action has been
categorised as one in which the plaintiff claims delivery of specific

property as owner or lawful possessor; and  an action has been
categorised as 'quasi-vindicatory' when delivery of specific
property
is claimed under some legal right to obtain possession (Stern and
Ruskin NO v Appleson
1951
(3) SA 800
(W)
at
810 in fine - 811; UDC Bank Ltd v Seacat Leasing and Finance Co (Pty)
Ltd and Another
1979
(4) SA 682 (T)
at
688G - H). I do not wish to be detained by terminology. In all such
cases it has been settled law in this Division for over half
a
century that '(T)he court is entitled to ensure that the thing
shall be preserved until the dispute is decided finally'
- per
Tindall J in Mathews v Mathews
1936 TPD 124
at 128.
The
two exceptions are the following: the applicant need not allege
irreparable loss inasmuch as there is a presumption, which may
be
rebutted by the respondent, that the injury is irreparable -
Maroudus v Curich
1924 WLD 249
at 250, Ogilvie Flour Mills Co Ltd v H
F Picot & Co Ltd (in Liquidation)
1927 WLD 146
at 150 and Stern
at 813B - C; nor need the applicant show that it has no other
satisfactory remedy - Cowen & Hammond v Campbell
1906 TH 191.

[29]
Die
hof beskik oor ‘n diskresie om die tussentydse interdik toe te
staan, aldan nie.  Hierdie diskresie moet uitgeoefen
moet word
met inagneming van al die omstandighede en die vooruitsigte op sukses
in die hoofaksie
.
[5]
Die
vereistes vir die tussentydse interdik moet in samehang met mekaar
oorweeg word in die uitoefening van die diskresie om die
regshulp te
verleen, aldan nie.
[6]
BESPREKING:
Prima
facie reg
[30]
Mnr.
Tsangarakis het namens die respondent aangevoer dat daar geen
kontraktuele
nexus
tussen
die Trust en die respondent is nie en dat die applikante nie
aangetoon het dat die Trust oor ‘n
prima
facie reg
beskik
nie.  Die toets is op hierdie stadium nie of die applikante op
‘n oorwig van waarskynlikhede sodanige reg bewys
het nie,
aangesien die
prima
facie
reg
oop mag wees vir ‘n mate van twyfel.
[7]
[31]
Die applikante steun op ‘n mondelinge ooreenkoms tussen die
Trust en die respondent vir die aankoop van die bok.
Die
transaksie is gefasiliteer deur Jacobs.
Die
weergawe van die applikante word gestaaf deur Jacobs.
[32]
Die respondent het verskillende verwere geopper.  Sy aanvanklike
verweer blyk uit die korrespondensie wat deur die
respondent en sy
prokureur gerig is aan onderskeidelik Jacobs en die applikante se
prokureurs tot die effek dat daar nie wilsooreenstemming
was ten
aansien van watter bok die onderwerp van die transaksie was nie
en dat die
respondent nie die betrokke bul kan verkoop vir so ‘n lae
bedrag nie.
D
ie
e-pos wat deur die respondent aan Jacobs gerig is op 19 November 2015
ondersteun die applikante en Jacobs se weergawe dat Jacobs
as agent
opgetree het.  Dit blyk verder uit die korrespondensie tussen
die prokureurs dat die prokureurs opgetree het namens
die respondent
self en daar word deurgaans verwys na ‘ons kliënt’,
synde Gers in sy persoonlike hoedanigheid.
[33]
Daar word in die bovermelde korrespondensie geen melding gemaak van
die latere verweer wat in die opponerende eedsverklaring
geopper is
nie, naamlik dat die respondent nie die eienaar van die bok is nie,
nie ‘n party tot die ooreenkoms was nie, nie
die beslote
korporasie verteenwoordig het nie en ook nie dat die beslote
korporasie die bok aan Aziware BK verkoop het nie.
[34]
Geen
dokument ter stawing van die eienaarskap en/of aankoop van die bok is
aangeheg tot die respondent se stukke nie.  Ek sou
verwag,
gegewe die waarde van die bok dat die beslote korporasie wel oor
sodanige bewys van eienaarskap sou beskik.  Die enigste

dokumente wat die weergawe van die respondent kan ondersteun is die
belastingfakture wat aangeheg was tot Jacobs se eedsverklaring
van 18
Desember 2014 wat deel vorm van die respondent se stukke.
Jacobs het in hierdie eedsverklaring verklaar dat ‘Gers
die bul
aan Aziware verkoop...’ en die ander faktuur deur Aziware
gelewer is aan die Trust ‘vir die koop van die bul’.

Hierdie verklaring is deur die respondent se prokureurs opgestel en
beëdig.  Daar is hierin ook geen verwysing na ‘n

ooreenkoms tussen die beslote korporasie en Aziware of dat die
respondent in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid namens die

beslote korporasie opgetree het nie.  Daar word deurgaans deur
Jacobs verwys na Gers in sy persoonlike hoedanigheid.

Nêrens in hierdie eedsverklaring van Jacobs word daarna verwys
dat die respondent in sy verteenwoordigende hoedanigheid van
die
beslote korporasie opgetree het nie.
[35]
Inaggenome die feit dat die
prima
facie
reg
wat applikante
moet bewys onderhewig mag wees aan ‘n mate van twyfel, is ek
tevrede
dat die applikante ‘n saak uitgemaak het vir sodanige reg.
Gegronde
vrees van onherstelbare skade en alternatiewe remedie
[36]
Mnr. Pienaar, namens die Trust en Mnr. Tsangarakis, namens die
respondent, was dit eens dat dit nie vir die applikante
nodig is om
aan hierdie vereistes te voldoen gegewe die feit dat die hoofaksie ‘n
quasi-
vindikatoriese aksie is nie.  Hierdie submissies
blyk in ooreenstemming met die reg te wees.  Ek ag dit gevolglik
nie
nodig om verder hiermee te handel nie.
Die
balans van gerief
[37]
E
k
is van oordeel dat die balans van gerief die applikante bevoordeel.
Al wat die Trust verlang is dat die bok nie vervreem of mee
gehandel
word totdat die geding tussen die partye afgehandel is nie.  Die
terme van die ooreenkoms en die partye daartoe is
aspekte wat by die
hoofaksie uitgepluis sal moet word.  Die hoofaksie is soos
hierbo genoem reeds ingestel en die pleitstukke
daarin reeds
gesluit.  Daar is geen rede waarom die aksie nie spoedig
afgehandel kan word nie.  Die koopprys is in trust
inbetaal by
prokureurs en is veilig, hangende die beslegting van die hoofaksie.
As die Trust onsuksesvol is, sal die respondent
steeds in besit van
die bok wees en kan hy (of dan die beslote korporasie) daarmee
handel.  Daarbenewens het die respondent
nie enige nadeel of
skade aangevoer indien die tussentydse regshulp toegestaan word nie.
Indien dit nie toegestaan word nie,
is die risiko van
benadeling of skade vir die Trust veel groter.
Die
Trust het reeds gepoog om ‘n onderneming te bekom dat die
respondent nie met die bok sou handel hangende die beregting
van die
aksie nie, maar die respondent was nie bereid om sodanige onderneming
te verskaf nie.
Daar
is dus ‘n wesenlike risiko dat die bok vervreem kan word en die
Trust sou dit baie moeilik vind om lewering van die bok
te verkry as
dit suksesvol sou wees in die hoofaksie.
Koste
[39]
Ek meen dat dit gepas sou wees as beveel word dat die koste koste in
die aksie sal wees.  Geen argumente tot die
teendeel is in
hierdie verband aangevoer nie.
GEVOLGTREKKING:
[40]
Ek is tevrede dat daar voldoen is aan die vereistes vir ‘n
tussentydse interdik
pendente
lite
en
dat die regshulp, soos aangevra, toegestaan moet word.
Ek
maak gevolglik die volgende bevel:
1.
Die respondent word verbied om die swartwitpensbul soos uiteengesit
en geïdentifiseer in aanhangsels
‘B1’ tot ‘B7’
tot die eerste applikant se funderende eedsverklaring en welke bul
gemerk is met ‘n
kenmerkende blou oormerk aan die regteroor en
met ‘n horinglengte van ses-en-veertig en ‘n driekwart
duim vervreem,
te verskuif en/of op enige ander wyse daarmee te
handel wat tot gevolg sal hê dat die respondent van sy besit
en/of eiendomsreg
in en tot gemelde bok ontneem word en/of daarvan
afstand doen, hangende die finale beregting van die aksie vir
lewering van die
swartwitpensbul aan die MJ Boshoff Trust,
IT1145/2011, ingestel onder saaknommer 335/2015;
2.
Koste van hierdie aansoek sal koste in die hoofgeding wees.
_________________
ERASMUS, SL
WAARNEMENDE REGTER
Namens
Applikante:
Adv. C.D. Pienaar
(iov Van de Wall & Vennote)
Namens
Respondent:
Adv. S.
Tsangarakis (iov Haarhoffs Ing.)
[1]
1969(2)
SA 256 (C) op 267 A-F;
Eriksen
Motors Welkom Ltd v Protea Motors Warrenton
1973(3)
SA 685 (A) op 691
[2]
Webster
v Mitchell
1948(1)
SA 1186 (W) op 1189
[3]
Sien ook
Stern
and Ruskin, N.O. v Appleson
1951(3) SA 800 (WLD) op 810 -
811
[4]
2003(3) SA 268 (W) para [27]
en [28]
[5]
Olympic Passenger Service
(Pty) Ltd v Ramlagan
1957
(2) SA 382
(D) at 383C-G
[6]
Bredenkamp v Standard Bank
of South Africa Ltd
2009(5)
SA 304 (GSJ) at 313G – 314H
[7]
FH
Swanepoel Plant Hire CC v PMG Mining (Pty) Ltd
(342/09)
[2009] ZANCHC 61
par 9