About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 44
|
|
Majiedt v S (24/2015) [2015] ZANCHC 44 (7 August 2015)
IN
DIE Hoë
HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë
Hof, Kimberley)
Rapporteerbaar: Nee
Sirkuleer onder Regters:
Ja
Sirkuleer onder
Landdroste: Nee
Sirkuleer onder
Streeklanddroste: Nee
Saak No:
CA&R
24/2015
Saak Aangehoor:
03/08/2015
Datum gelewer:
07/08/2015
In
die saak tussen:
HEINRICH
MAJIEDT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram: Olivier R et
Lever WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
[1].
Die
appellant het in die Landdroshof te Calvinia tereggestaan op twee
aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
In die geval van aanklag 1 was die diefstal van ondermeer oorringe
tersprake. Die appellant het op beide aanklagte onskuldig
gepleit en van sy swygreg gebruik gemaak. By sluiting van die
saak vir die vervolging is die appellant op aanklag 2 vrygespreek
en
ontslaan ingevolge die bepalings van Artikel 174 van die
Strafproseswet
[1]
. Daarna
het die appellant sy saak ten aansien van aanklag 1 gesluit sonder om
enige getuienis aan te bied.
[2].
Die
appellant is uiteindelik ten aansien van aanklag 1 skuldig bevind aan
‘n oortreding van die bepalings van Artikel 37(1)(a)
van die
Algemene Regswysigingswet
[2]
.
Vir doeleindes van hierdie appèl sal van die standpunt
uitgegaan word dat hierdie ‘n bevoegde uitspraak was
op die
aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal
[3]
.
[3].
Die skuldigbevinding is uitsluitlik
gebaseer op bevindings dat die oorringe “
gesteelde
goed
” was wat die appellant
“
verkry of in sy ... besit ontvang
(het)
sonder om redelike gronde daarvoor
te hê ...
” soos bedoel in
die gemelde bepalings.
[4].
Op petisie is aan die appellant verlof
verleen om teen sy skuldigbevinding te appelleer, en is verder gelas
dat stappe geneem moes
word om enige gedeeltes van die verrigtinge
wat nie getranskribeer sou wees nie en wat relevant sou wees vir
doeleindes van die
appèl, te rekonstrueer.
[5].
By die lees van die oorkonde blyk dit dat
meerdere gedeeltes van die getuienis nie duidelik hoorbaar was by
transkripsie van die
verrigtinge nie. Ander gedeeltes van die
getuienis is glad nie getranskribeer nie. Uit ‘n skrywe
van die Klerk
van die Hof, en ‘n beëdigde verklaring van
Me SE Du Toit van die Regshulpraad, blyk dit dat die betrokke
voorsittende
beampte intussen oorlede is en dat die beampte van die
Regshulpraad wat destyds die appellant verteenwoordig het reeds in
April
2012 die diens van die Regshulpraad verlaat het.
Gevolglik gaan ‘n rekonstruksie van die ontbrekende verrigtinge
ook
nie moontlik wees nie. Dit maak dit nodig om te oorweeg of
die appèl sinvol bereg kan word op die oorkonde soos wat
dit
tans daaruitsien.
[6].
Sou
dit nie die geval wees nie, sou die skuldigbevinding moontlik op
hierdie basis tersyde gestel moes word, want dit is duidelik
dat die
appellant nie verkwalik kan word vir die feit dat daar nie ‘n
behoorlike oorkonde beskikbaar is nie en ook dat hy
tydig stappe
geneem het om te appelleer
[4]
.
[7].
Wat wel kommerwekkend en skokkend is, is
die besondere lang tyd wat verloop het vandat daar so lank terug as
in April 2011 aan die
appellant verlof verleen is om te appelleer.
Die bevel wat op petisie verleen is, dra die Landdroskantoor te
Calvinia se datumstempel
van 12 Mei 2011. Dit blyk uit Me Du Toit se
voormelde verklaring dat sy sedert Februarie 2011 by meerdere
geleenthede by wyse van
eposse navraag gedoen het oor die vordering
met die petisie, meer spesifiek by ene Me Carin van Schalkwyk. Sy
meld nie enige terugvoer
van die kant van Me Van Schalkwyk nie. Toe
Me Du Toit uiteindelik op 3 Maart 2015 persoonlik gaan navraag doen
het, by daardie
geleentheid by 'n ander beampte (Me Jenely Titus) van
die Landdroskantoor te Calvinia, het laasgenoemde na Me Van Schalkwyk
se
kantoor gegaan en teruggekeer met ‘n skrywe waaruit geblyk
het dat daardie kantoor reeds op 12 Mei 2011 deur die Griffier
in
kennis gestel is dat die petisie suksesvol was. Hierdie is natuurlik
totaal onaanvaarbaar en stel ‘n growwe skending van
die
appellant se regte daar, meer nog in die lig van die uitslag van
hierdie app
èl. Ek is gevolglik van
voorneme om te gelas dat ondersoek ingestel word na hierdie toedrag
van sake.
[8].
Die getuienis van Mnr Oncke, die eienaar
van die betrokke huis, aangaande die inbraak en die diefstal van
onder andere die oorringe
is getranskribeer en vorm deel van die
oorkonde, en so ook die getuienis van Me SM Lombaard, wie se
getuienis was dat sy oorringe
vanaf die appellant ontvang het.
[9].
Stellings wat namens die appellant in
kruisverhoor aan Me Lombaard gemaak is, het gesuggereer dat Mnr J
Domburg ‘n verdagte
was. Mnr Domburg is wel geroep om
namens die vervolging te getuig. Kort nadat sy hoofondervraging
begin het, is hy
op aansoek van die aanklaer verklaar tot ‘n
vyandige getuie en is sy getuienis onderbreek vir ‘n
binneverhoor rondom
die verklaring van Mnr Domburg. Dit is
onduidelik waarom hierdie prosedure gevolg is, maar dit is nie nodig
vir doeleindes
van hierdie appèl om daaroor te beslis nie.
Die feit is dat die getuienis in die binneverhoor, en ook enige
verdere
getuienis van Mnr Domburg, nie getranskribeer is nie.
[10].
Verder blyk dit dat Mnre Van Rooyen en
Booysen op ‘n stadium gewaarsku is om by ‘n volgende
verhoordatum as staatsgetuies
teenwoordig te wees. Dit blyk
asof hulle getuienis sou geslaan het op aanklag 2. Indien hulle
wel later geroep is om
te getuig, is ook hulle getuienis nie
getranskribeer nie.
[11].
Dit blyk nie of daar dalk ook verdere
getuies vir die vervolging getuig het nie, en ook die verrigtinge in
die aansoek ingevolge
artikel 174 van die Strafproseswet is nie
getranskribeer nie.
[12].
Ek meen egter dat die appèl wel op
die beskikbare getuienis afgehandel kan word. Soos reeds
gemeld, slaan die skuldigbevinding
slegs op die oorringe. Dit
blyk uit die transkripsie van die uitspraak dat daar in hierdie
verband slegs melding gemaak is
van die getuienis van Mnr Oncke en Me
Lombaard. Daar is in hierdie verband bevind dat die oorringe
wat ‘n polisiebeampte
volgens die getuienis van Mnr Oncke later
aan hom oorhandig het, die gesteelde oorringe was, en dat die
appellant vroeër daardie
oorringe aan Me Lombaard oorhandig het,
wat dan beteken het dat die appellant dit op een of ander vroeëre
stadium in sy besit
moes ontvang het. Daar is geen suggestie in
die uitspraak dat enige van die ongetranskribeerde getuienis ‘n
impak sou
kon hê op hierdie bevindinge nie.
[13].
Na my oordeel was die getuienis wat voor
die Hof gedien het ten aansien van die oorringe totaal onvoldoende om
die voormelde bevindinge
te regverdig.
[14].
Mnr
Oncke se dogter, aan wie die oorringe volgens sy getuienis behoort
het en wat volgens hom uiteindelik die oorringe aan ‘n
polisiebeampte geïdentifiseer het as haar gesteelde eiendom
[5]
,
is nooit geroep om te getuig nie, en daar is geen verklaring hiervoor
nie. So ook nie die betrokke polisiebeampte nie.
Die
gevolg is dat daar geen eerstehandse getuienis voor die Hof was
rondom die identifikasie van die oorringe nie, selfs al was
die
bevindinge ook geregverdig dat Me Lombaard sekere oorringe van die
appellant ontvang het en dat sy dit op haar beurt weer aan
die
polisie oorhandig het. Daar was in elk geval ook nie
getuienis met betrekking tot wie die betrokke polisiebeampte/s
was
wat die oorringe hanteer en bewaar het voordat dit toe aan Mnr Oncke
se dogter getoon is nie.
[15].
Mnr Oncke se getuienis oor die voorkoms van
die oorringe wat deur die polisiebeampte gebring is, welke beskrywing
moontlik geargumenteer
sou kon word in ooreenstemming te gewees het
met die beskrywing daarvan deur Me Lombaard, neem sonder die
getuienis van Mnr Oncke
se dogter ook nog nie die saak verder nie.
[16].
Die
betrokke oorringe is in elk geval nooit aan die Hof voorgehou sodat
die voorsittende beampte homself kon tevrede stel met betrekking
tot
die voorkoms daarvan nie
[6]
.
In die lig van die afwesigheid van die getuienis van Mnr Oncke se
dogter, is dit ook nie nodig om te beslis of die kenmerk
van die
oorringe wat in hierdie geval uitgelig is deur Me Lombaard en Mnr
Oncke genoegsaam uniek was om die voorsittende beampte
se bevinding
dat dit wel die gesteelde oorringe was, te regverdig nie. Mnr
Oncke se getuienis in hierdie verband het verwys
na ‘n kenmerk
op grond waarvan sy dogter die oorringe sou uitgeken het, en dit het
nie geblyk of sodanige uitkenning in sy
teenwoordigheid geskied het
en of dit moontlik so aan hom oorgedra is deur sy dogter of iemand
anders nie.
[17].
Dit maak dit onnodig om oorweging te
verleen aan die vraag of die vervolging in elk geval getuienis
aangebied het dat die appellant
die oorringe ontvang het op ‘n
wyse soos beoog in artikel 37 (1), ‘n punt uitgelig in die
besonder volledige en behulpsame
betoogshoofde van Mnr V Z Nel, die
advokaat van Regshulp Suid-Afrika wat die appellant verteenwoordig
het.
[18].
Die
getuienis van staatsweë aangaande die oorringe was van so ‘n
aard dat dit geen weerleggingslas op die appellant geplaas
het
nie
[7]
.
[19].
Na my oordeel behoort die appèl dus
te slaag en word die volgende bevele hierin gemaak:
1.
DIE APPèL SLAAG EN DIE
SKULDIGBEVINDING EN VONNIS WORD TERSYDE GESTEL.
2.
HIERDIE UITSPRAAK MOET ONDER DIE
AANDAG GEBRING WORD VAN MNR R ISAACS, DIE DIREKTEUR VAN DIE
DEPARTEMENT VAN JUSTISIE EN GRONDWETLIKE
ONTWIKKELING :
STREEKKANTOOR, NOORDKAAP, VIR DIE ONDERSOEK VAN DIE VERTRAGING IN DIE
BEKENDMAKING VAN DIE UITSLAG VAN DIE PETISIE
AAN DIE APPELLANT EN SY
REGSVERTEENWOORDIGER.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam.
______________________
L LEVER
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Nms
Appellant: Adv V Z Nel, Regshulp Suid-Afrika
Nms
Respondent: Adv Q H Hollander, Kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolgings, Noordkaap
[1]
51 van 1977
[2]
62 van 1955
[3]
Sien
artikel 262 (1) van die
Strafproseswet
,
51 van 1977,
S
v Maunye and Others
2002
(1) SACR 266
(T) para’s [33] & [34] en
S
v Nell
2009
(2) SACR 37
(C) para’s [27] – [29], maar vergelyk
S
v Chauke and Another
1998
(1) SACR 354 (V)
[4]
Vergelyk
S
v Van Staden
[2008] ZANCHC 45
;
2008 (2) SACR 626
(NC)
[5]
Die voorsittende beampte se bevinding dat Mnr Oncke die oorringe
uitgeken het, was duidelik verkeerd.
[6]
Vergelyk
S
v Tieties en ‘n Ander
,
‘n ongerapporteerde uitspraak wat op 7 November 2001
onder saaknommer 464/01 in hierdie Afdeling gelewer is, asook
S
v Nxamashe
,
eweneens ‘n ongerapporteerde uitspraak wat op hersiening in
hierdie Afdeling gelewer is op 2 Augustus 2001, onder saaknommer
464/01.
[7]
Vergelyk
S
v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
[2000] ZACC 5
;
2000
(1) SACR 414
(CC)