Seekoei en Die Staat (CA&R22/2015) [2015] ZANCHC 31 (31 July 2015)

54 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm and sentenced to 2½ years' imprisonment — Appellant's personal circumstances considered, including prior convictions and lack of previous violent crime — Court of Appeal finds original sentence excessively harsh and disproportionate to the crime — Sentence reduced to 18 months' imprisonment, backdated to time served.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 31
|

|

Seekoei en Die Staat (CA&R22/2015) [2015] ZANCHC 31 (31 July 2015)

IN DIE HOë
HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case number:
CA
& R 22/2015
Datum verhoor: / Date
heard:
27 / 07 / 2015
Datum
gelewer: / Date delivered:
31
/ 07 / 2015
In
die appèl van:
DAVID
SEEKOEI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
Lever WnR
et
Erasmus WnR
UITSPRAAK OP APPÈL
[1] Hierdie is ʼn
appèl teen die vonnis van 2½ jaar gevangenisstraf wat
die appellant opgelê is in die Landdroshof
te Galeshewe op ‘n
aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die Appellant het aanvanklik tereggestaan
op drie aanklagte,
waaronder ook
crimen iniuria
en opsetlike saakbeskadiging.
[2] Hy het tydens die
verhoor onskuldig gepleit.  Hy is onskuldig bevind op hierdie
twee aanklagte.  Sy aansoek om verlof
om te appelleer teen die
skuldigbevinding aan die aanklag van aanranding met die opset om
ernstig te beseer en die vonnis wat hom
opgelê is, is van die
hand gewys.  Verlof om teen die vonnis te appelleer is later op
petisie aan die appellant toegestaan.
[3] Wat die persoonlike
omstandighede van die appellant betref, is dit gemene saak dat hy 36
jaar oud was ten tye van die voorval.
Alhoewel hy twee vorige
veroordelings het, is hy nog nooit voorheen skuldig bevind aan ‘n
geweldsmisdaad nie en ook nog nooit
gevonnis tot direkte
gevangenisstraf nie. Hy het nie enige formele opleiding gehad nie,
maar het bouwerk verrig en daarmee ‘n
inkomste van R9,000.00
per maand verdien.  Hy het vyf afhanklikes.
[4] Die appellant het die
klaagster met ‘n gebreekte bottel gesteek en haar, toe sy die
hou afgeweer het, op haar hand gesteek.
Hy het ook terwyl sy
van hom af weggehardloop het haar met ‘n klip teen haar hoof
gegooi.  Sy het oop wonde opgedoen
wat geheg moes word.
Die klaagster was ongewapen.
[5] Vanweë die erns
van die misdryf en die algemene voorkoms van hierdie misdryf in
hierdie Afdeling, asook die afwesigheid
van berou aan die kant van
die appellant, het die Verhoorhof bevind dat direkte gevangenisstraf
die enigste gepaste straf is, ondanks
die gunstige persoonlike
omstandighede van die appellant.
[6] Daar is namens die
appellant aangevoer dat die vonnis wat die appellant opgelê is
skokkend onvanpas is, gegewe die appellant
se gunstige persoonlike
omstandighede en die spesifieke feite van hierdie saak en dat hierdie
Hof dus geregtig is om in te meng
met die vonnis.
[7] Daar is aanvanklik,
in die betoogshoofde namens die respondent, aangevoer dat die
Verhoorhof geen mistastings begaan het nie
en dat die vonnis nie
skokkend onvanpas is nie.  Gevolglik bestaan daar geen gronde
vir die hof van appèl om met die
opgelegde vonnis in te meng
nie.  Mnr. Kgatwe, namens die respondent het egter tydens betoog
toegegee dat die vonnis swaar
is en dat bevind kan word dat dit
skokkend onvanpas is en dat inmenging dus geregverdigd sal wees.
[8]
Dit is geykte reg dat ‘n hof van appèl nie ligtelik mag
inmeng met ʼn vonnis van ‘n ander hof nie.
Daar mag
slegs ingemeng word indien die opgelegde vonnis skokkend onvanpas is,
buite verhouding is tot die oortreding waaraan die
appellant skuldig
bevind is of as die verhoorhof misgetas het en daar gevolglik bevind
kan word dat die verhoorhof sy diskresie
op ‘n onredelike wyse
uitgeoefen het.
[1]
[9]
Die misdaad waaraan die appellant skuldig bevind is, is ‘n baie
ernstige misdryf en misdrywe teenoor vrouens kom gereeld
voor, nie
net elders in ons land nie, maar spesifiek ook in hierdie
afdeling.
[2]
Daar moet egter
gevolg gegee word daaraan dat ‘n beskuldigde se persoonlike
omstandighede nie genegeer moet word ten koste
van die belange van
die gemeenskap nie, soos wat Jansen AR opgemerk het in
S
v Matoma
[3]
:

Die
geleidelike en geregverdigde verswaring van strawwe om die
vermeerderende voorkoms van 'n bepaalde misdaad met afskrikking,

retribusie en verwydering van die oortreder uit die gemeenskap in die
belang van die gemeenskap te bekamp, moet by straftoemeting
nie lei
tot 'n noodwendige negering van 'n besondere beskuldigde se eie
persoonlike omstandighede wat moontlik tot strafvermindering
kan lei
nie. Elke geval moet nog steeds in die lig van die beskuldigde se
persoon en besondere omstandighede opgeweeg word.”
[10] Ek is van oordeel
dat die Verhoorhof die algemene voorkoms van die misdryf
oorbeklemtoon het ten koste van die persoonlike
omstandighede van die
appellant en dat die vonnis so swaar is dat geen redelike hof dit sou
opgelê het nie.   Gevolglik
is hierdie Hof geregtig
om in te meng met die opgelegde vonnis.
[12] Ná oorweging
van die feite van hierdie saak, die persoonlike omstandighede van die
appellant, asook die betoë van
die regsverteenwoordigers is ek
van oordeel dat ‘n vonnis van 18 maande gevangenisstraf in die
omstandighede gepas is.
Die appellant is in aanhouding sedert
sy vonnisoplegging op 12 Maart 2014 en het dus reeds ‘n
gedeelte van die vonnis van
gevangenisstraf wat by skuldigbevinding
opgelê is uitgedien.  Dit is gevolglik gepas om die vonnis
wat ek voornemens
is om nou op te lê terug te dateer tot
hierdie datum.
[13]
Ek maak die volgende bevel:
1
DIE APPÈL
TEEN DIE VONNIS SLAAG.
2
DIE VONNIS VAN DIE LANDDROS GALESHEWE ONDER SAAKNOMMER Gal 173/2014
WORD TERSYDE GESTEL EN VERVANG MET
DIE VOLGENDE:

DIE
BESKULDIGDE WORD GEVONNIS TOT MAANDE GEVANGENISSTRAF.’
3
IN TERME VAN DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 282 VAN DIE STRAFPROSESWET,
NO. 51 VAN 1977, WORD DIE VONNIS VAN
18 MAANDE GEVANGENISSTRAF WAT
DIE APPELLANT NOU OPGELê IS TERUGDATEER TOT 12 MAART 2014.
_____________________
SL ERASMUS, WnR
Ek
stem saam.
_____________________
L LEVER, WnR
Vir
die Appellant:
Adv. P.J. Fourie
(iov Regshulpraad)
Vir
die Respondent:
Adv.
Kgatwe (iov DOV)
[1]
S v Salzwedel
and Others 1999(2) SACR 586 (HHA)
op
591g-h
[2]
DPP v Thabete
2011(2) SASV 567 (SCA)
op
577 par [22]
[3]
1981(3) SA 838
(A)
op
842H – 843A; Sien ook
S
v Sibeko 1995(1) SASV 186 (A)
op
193i – 194a