About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 32
|
|
Swarts v Die Staat (142/2014) [2015] ZANCHC 32 (12 June 2015)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case
number:
CA & R 142/2014
Datum verhoor: / Date
heard:
11 / 05 / 2015
Datum gelewer: / Date
delivered:
12/06/2015
In die appèl
van:
WILLEM SWARTS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram: Olivier, R
et
Erasmus WnR
UITSPRAAK OP APPÈL
Erasmus, WnR
[1]
Die appellant het in die Streekhof te De Aar tereg gestaan op ‘n
aanklag van verkragting, gelees met die bepalings van
artikel 51, 52
en 53 van Wet 105 van 1997. Hy is skuldig bevind daaraan dat hy op 2
Junie 2007 en te of naby Gladiolastraat, Sunrise,
De Aar, binne die
streekafdeling Noord-Kaap, wederregtelik en opsetlik vleeslike
gemeenskap gehad het met ‘n 9-jarige meisie
sonder haar
toestemming deurdat hy sy penis in haar vagina gedruk het. Die
Landdros het bevind dat hier geen dwingende en wesenlike
omstandighede teenwoordig is wat ‘n mindere vonnis as die
minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf regverdig nie.
Gevolglik is die appellant dienooreenkomstig gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf in terme van artikel 51(1) van Wet 105 van
1997,
gelees met die bepalings van Deel 1 van Bylae 2 van gemelde Wet.
[2]
Die appellant het geappelleer teen sy skuldigbevinding, sowel as die
vonnis wat hom opgelê is.
[3]
Die appellant het tydens die verhoor onskuldig gepleit en ontken dat
hy die klaagster verkrag of probeer verkrag het. In sy
pleitverduideliking het die appellant aangevoer dat hy op die
spesifieke dag, gedurende die oggend in Maleikamp gaan dobbel het
en
bier gedrink het. Hy is daarna omstreeks 14:00 daardie middag na sy
meisie se huis waar hy sokker gekyk het en later aan die
slaap geraak
het. Omstreeks 18:00 die aand is hy en sy meisie na sy ouerhuis waar
hulle gaan slaap het. Hy voer aan dat hy daardie
dag geen kontak met
die klaagster gehad het nie.
[4]
Die verhoorlanddros het die appellant se alibi verwerp en bevind dat
die appellant inderdaad op die betrokke dag by die klaagster
se
ouerhuis en sy eie ouerhuis was.
[5]
Mnr. Nel het namens die appellant aangevoer dat die Hof
a quo
verskeie mistastings in die evaluering van die getuienis begaan
het. In kort kom sy betoog daarop neer dat daar nie voldoende ag
geslaan is op die weersprekings tussen die staatsgetuies nie. Daar is
verder aangevoer dat die Hof fouteer het deur nie te bevind
die
appellant se weergawe redelik moontlik waar is nie, veral in die lig
van die daarvan dat dit gestaaf is deur sy vriendin.
[6]
Ek handel eerstens met die getuienis wat aangebied is ten aansien van
die appellant se alibi.
6.1
Die klaagster het getuienis deur middel van ‘n tussenganger
afgelê. Haar getuienis ten opsigte van die identiteit
van die
appellant was dat die appellant op 2 Junie 2007 by haar ouers se
woning aangekom het. Hy was in besit van ‘n bottel
bier. Die
appellant het op ‘n stadium vir haar en haar vriendin, K.,
gestuur om lewerkoekies te koop wat hulle toe ook gedoen
het. Hulle
is klaarblyklik op ‘n latere stadium weer gestuur en met hul
terugkeer is hulle gevra om die kos by sy ouerhuis
te gaan afgee. By
die appellant se ouerhuis was beide sy ouers teenwoordig, maar slegs
sy moeder was nog wakker. Kort nadat die
klaagster en Kyla die huis
verlaat, het die appellant haar aan haar hand gegryp en in die huis
in getrek. K. was buite en het na
die klaagster se ouerhuis
teruggekeer. Binne die huis van die appellant se ouers het hy
appellant die klaagster beveel om op ‘n
vaal kombers te gaan lê
waarop hy haar geklap het en daarna haar broek en damesbroekie
afgetrek het. Die klaagster het ‘n
beskrywing gegee van wat die
appellant sou gedoen het.
6.2
Die weergawe van die klaagster dat sy op die betrokke dag wel kontak
met die appellant gehad het, word gestaaf deur verskeie
getuies.
6.1.1
Griet Swarts, die appellant se niggie, het bevestig dat sy oorkant
die moeder van die klaagster gebly het. Sy het op die betrokke
dag
die appellant by die klaagster se moeder se huis opgemerk met ‘n
bierbottel in sy hand.
6.1.2
B. B., die moeder van die klaagster, het ook bevestig dat die
appellant op die betrokke dag ongeveer 16:00 die middag by hulle
woning aangekom het. Sy het ook bevestig dat hy ‘n bier in sy
hand gehad het. Die appellant het ‘n wyle by hulle vertoef,
bier gedrink en sokker gekyk. Sy staaf ook die klaagster dat die
appellant op ‘n stadium vir die klaagster en K. geld gegee
het
om brood en lewerkoekies te koop en hulle na sy ouerhuis gestuur het.
Sy bevestig ook dat die appellant kort daarna hul woning
verlaat het.
6.2.3
Ook die moeder van die appellant, Francina Swarts, bevestig dat die
klaagster en K. op die betrokke dag by haar woonhuis aangekom
het en
dat die appellant kort daarna ook na die woonhuis toe gekom het. Sy
voer aan dat die appellant se meisie glad nie op die
betrokke dag
daar was nie.
[7]
Die appellant se weergawe kom daarop neer dat alle persone wat hom op
die betrokke dag gesien het by die ouerhuis van die klaagster
en
later by sy eie ouerhuis in die teenwoordigheid van die klaagster,
leuens vertel. Hy het in sy getuienis die weergawe herhaal,
soos
uiteengesit in sy pleitverduideliking, alhoewel hierdie weergawe nie
pertinent aan die staatsgetuies gestel is nie. Hy het
ook sy vriendin
geroep as getuie om hierdie weergawe van hom te poog bevestig te kry.
Die appellant en sy vriendin het mekaar in
wesenlike opsigte
weerspreek, nie net oor waar hulle was die betrokke dag nie, maar ook
wat hulle op die gegewe tye sou gedoen
het. Al waaroor die appellant
en sy vriendin presies ooreengestem het in hul getuienis, is die
basiese weergawe van die appellant
dat hy 14:00 die middag by haar
huis arriveer het, dat die appellant op die bank geslaap het, dat
hulle 16:00 daardie middag weg
is na die appellant se ouerhuis en dat
hulle saam geslaap het die betrokke aand in die appellant se huis.
Oor die fynere detail
het hulle mekaar in wesenlike opsigte
weerspreek.
[8]
Dit is geykte reg dat ‘n Hof van Appèl nie ligtelik sal
inmeng met die feitebevindings van ‘n Verhoorhof
nie en dit
slegs omver sal werp as die Hof van Appèl oortuig is dat dit
verkeerd is.
[1]
[9]
Tydens betoog moes mnr. Nel toegee dat die getuienis wat deur die
Staat aangebied is onteenseglik toon dat die appellant wel
die
betrokke middag by die klaagster se ouerhuis was en later in
klaagster se geselskap in sy eie ouerhuis was. Indien dit so is,
kan
die appellant se weergawe nie redelik moontlik waar wees nie.
[10]
Ek is tevrede dat die verhoorlanddros geen mistastings begaan het in
die evaluering van die getuienis met betrekking tot die
geskil of die
appellant wel op die betrokke dag in die teenwoordighied van die
klaagster was nie. Sy het die toets wat toegepas
moet word by die
beoordeling van ‘n verweer van ‘n alibi
[2]
korrek toe en was korrek om die appellant se alibi te verwerp.
[11]
In die alternatief het mnr. Nel ook namens die appellant aangevoer
dat die Hof
a
quo
fouteer
het deur te bevind dat die staat penetrasie bewys het. Hy het betoog
dat die appellant hoogstens aan poging tot verkragting
skuldig bevind
moes gewees het. Hy voer aan dat die klaagster se getuienis in
hierdie verband vaag was en dat sy haarself ook weerspreek
het ten
aansien van die feit of penetrasie wel plaasgevind het. Mnr. Nel het
ook betoog dat die getuienis van die deskundige wat
deur die Staat
geroep is, dr. Torres, nie bewys bo redelike twyfel daarstel dat
penetrasie, soos wat regtens vereis word, plaasgevind
het nie.
[12]
Die getuienis ten aansien van die penetrasie is die volgende:
12.1
Volgens die klaagster was haar privaatdele na die voorval seer en het
gebrand. In haar getuienis in hoof het die klaagster
eers getuig ‘
toe
druk hy sy onderliggaam in my onderliggaam en toe kan hy nie ingaan
nie, want toe is hy pap
’. Sy het later getuig dat die
appellant sy ‘
tottermannetjie in my onderlyf in
’
gedruk het en ‘
sy tollie in my onderliggaam
’
ingedruk het. Die ‘
tollie
’ was ‘
tussen
pap en styf
’. Die appellant ‘
het hom so ingeskuif,
maar toe kan hy nie ingaan nie
’ en ‘
hy het net in
die helfte ingegaan
’. Nog later het sy getuig ‘
hy
het hom ingedruk
’... ‘
hy het hom ingebeur maar toe
kan hy in ni
e’ en ‘
Hy het net die helfte
ingegaan
’. Sy het ook getuig dat die appellant ‘
in-
en uitbewegings met sy onderlyf gemaak
’ het. Op ‘n
vraag van die aanklaer oor hoe haar vagina gevoel het die dag na die
voorval, het die klaagster geantwoord
dat sy nog nog niks gevoel het
nie. Later het sy gevoel dit brand ‘
buitekant en so ‘n
stukkie aan die binnekant
’. Dit het gebrand as sy geurineer
het. Dit het mettertyd erger gebrand. Wat die mediese ondersoek
betref, het die klaagster
getuig dat die dokter sy pinkie in haar
vagina gedruk het, maar dat dit nie kon ingaan nie.
12.2
Tydens kruisondervraging het sy herhaal dat die appellant ‘
sy
tollie net halfpad
’ ingedruk het en dat dit net een keer
gebeur het.
12.3
Volgens die moeder van die klaagster het die klaagster gehuil toe sy
na die voorval by die huis aankom. Toe sy haar vra hoekom
sy huil,
het die klaagster gesê dat die appellant haar geklap het.
Ongeveer vier dae na die voorval het die moeder agtergekom
dat die
klaagster snaaks loop. Sy het die klaagster gekonfronteer en gevra
wat verkeerd is, waarop die klaagster geantwoord het
dat haar urine
brand. Die moeder het later besluit om die klaagster na die polisie
te neem. Daarna is hulle na ‘n dokter
toe waar die klaagster
aan die dokter vertel het dat die appellant met haar “
gepeuter
”
het. Volgens haar moeder het die klaagster vir haar gesê dat
die appellant ‘
bo-op haar gelê het
’ en later
‘
toe is hy besig om sy geslagsdele onder haar in te druk
’.
Op verdere vrae van die aanklaer het die moeder gesê het dat
klaagster gesê het dat die appellant ‘
sy voëltjie
’
in haar ‘
koekie in
’ gedruk het. Sy sou ook dan vir
die geneesheer vertel het dat die appellant sy penis in haar vagina
ingedruk het nadat hy
haar klere uitgetrek het.
12.4
Die mediese ondersoek van die klaagster het plaasgevind op 10 Junie
2007. Dr. Torres se bevindinge is aangeteken in die regsgeneeskundige
verslag wat ingehandig is as ‘n bewysstuk. Hieruit blyk dit dat
hy het geen eksterne beserings aan die klaagster waargeneem
nie en
dit was ‘n normale fisiese ondersoek. Tydens die ginekologiese
ondersoek het hy rooiheid waargeneem en ‘n etterige
afskeiding.
Die himen van die klaagster is beskryf as normaal. Daar was geen
skeure of kneusing aangeteken nie. Sy kliniese bevinding
was een dat
die klaagster ‘
sexually abused
’. Hy het ook
genotuleer ‘
Not full penetration done
’.
12.5
Die geneesheer het ook mondelinge getuienis afgelê. Die
aanklaer het hom gevra na die rede vir die rooiheid in die perineum-
en vulva-areas, waarop hy dit toegeskryf het aan die infeksie.
Benewens die rooiheid het die geneesheer ‘n afskeiding gevind
wat hy geassosieer het met penetrasie. Dr. Torres se getuienis was
dat hierdie siekte, wat hy gediagnoseer het as gonorree, slegs
opgedoen word met seksuele voorspel, seksuele aanranding of
penetrasie van die penis. Toe hy pertinent deur die aanklaer gevra
is
of dit slegs met seksuele omgang opgedoen kan word, het hy geantwoord
‘
by sexual intercourse or sexual foreplay, you know with the
penis and the vulva and the vagina, that’s all.’
Die
siekte kon slegs oorgedra gewees het met ‘n penis. Die aanklaer
het gepoog om die onderskeid tussen penetrasie uit mediese-
en
regsoogpunt aan die geneesheer voor te hou deur aan hom te stel ‘...
it is enough for legal penetration if the penis goes in or beyond,
against, against or in the vagina
’. Waarop die geneesheer
geantwoord het ‘
Okay and then I take it as a legal
penetration
’. Hy voeg egter by ‘
My point here was
there was no – the fully penetrated, complete the penis inside
the vagina. This is the menaing of my –
there was no fully
penetrate, okay.
’. Die aanklaer het daarop vir hom gevra
‘
Some part of the penis...
’ waarop hy geantwoord
het ‘
yes
’.
[13]
Die Hof
a quo
bevind dat daar rooiheid in die perinium- en
vulva areas was en dat dr. Torres se getuienis was dat die seksueel
oordragbare siekte
slegs voorkom met penetrasie van die penis van ‘n
man en dat die dokter se afleiding was dat daar klinies wel tekens
seksuele
molestering was, alhoewel penetrasie nie diep was nie. Die
Verhoorlanddros bevind dan dat die Staat bo redelike twyfel
verkragting
bewys het.
[14]
Dit is geykte reg dat die Staat elke element van ‘n misdryf bo
redelike twyfel moet bewys. Die blote feit dat ‘n
beskuldigde
se weergawe vals is, beteken nie noodwendig dat hy skuldig bevind
behoort te word nie.
[3]
[15]
Alhoewel die geneesheer wat die klaagster ondersoek het geroep is om
te getuig, dra sy getuienis nie werklik by tot die beantwoording
van
die vraag of hier regtens penetrasie was nie. Op die stadium toe die
misdaad gepleeg is, was die bepalings van Wet 32 van 2007
nog nie in
werking nie en gevolglik is die gemeenregtelike definisie van
verkragting ter sake in hierdie saak.
[4]
Die definisie van penetrasie was, vir doeleindes van verkragting,
penetrasie van die vagina deur ‘n penis.
[5]
Dit is algemeen aanvaar as penetrasie verby die groot skaamlippe.
[16]
In hierdie geval is wel bo redelike bewys dat die penis van die
appellant in kontak met die privaatdeel van die klaagster was.
Daar
bestaan egter twyfel oor watter deel van haar privaatdeel dit was.
Daar is geen beskrywing op rekord ten aansien van die mediese
terme
soos perinium en vulva nie, wat hierdie areas is en waar dit geleë
is nie. Dít, in samehang met die klaagster
se getuienis, soos
hierbo na verwys, laat ruimte vir twyfel. Die voordeel van enige die
twyfel in hierdie verband moet die appellant
toekom.
[6]
Gevolglik behoort die appèl teen die skuldigbevinding aan
verkragting te slaag en vervang te word met ‘n skuldigbevinding
aan die bevoegde uitspraak van poging tot verkragting.
[7]
[17]
Die verhoorlanddros het die verswarende en versagtende faktore by
vonnisoplegging in ag geneem en, op die veronderstelling
dat die
appellant skuldig was aan verkragting, hom gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf in terme van die bepalings van Wet
105 van 1997.
[18]
In die lig daarvan dat daar met die skuldigbevinding ingemeng is,
staan dit hierdie hof vry om opnuut vonnis te oorweeg. Die
Wet op
Minimum Vonnisse
[8]
vind nie
toepassing nie waar ‘n beskuldigde skuldig bevind is aan poging
tot verkragting nie. Dit is egter insiggewend om
daarop te let dat in
terme van artikel 51(2)(b) gelees met Deel 3 van Skedule 2 van
gemelde Wet ‘n minimum vonnis van 10
jaar voorgeskryf word ‘n
eerste oortreder, 15 jaar vir ‘n tweede oortreder 20 jaar vir
‘n derde of verdere oortreder
wat skuldig bevind word aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer op ‘n kind onder
die ouderdom van 16 jaar. Dit
is aanduidend van die erns waarmee die
Wetgewer misdade teenoor kinders beskou.
[19]
Seksuele misdrywe gepleeg teenoor vrouens en kinders word in ‘n
besondere ernstige lig gesien. In
F
v Minister of Safety and Security
[9]
het
Mogoeng R soos volg opgemerk:
“
The
threat of sexual violence to women is indeed as pernicious as sexual
violence itself. It is said to go to the very core of the
subordination of women in society. It entrenches patriarchy as it
imperils the freedom and self determination of women. It is deeply
sad and unacceptable that few of our women or girls dare to venture
into public spaces alone, especially when it is dark and deserted.
If
official crime statistics are anything to go by, incidents of sexual
violence against women occur with alarming regularity.
This is
so despite the fact that our Constitution, national legislation,
formations of civil society and communities across our
country have
all set their faces firmly against this horrendous invasion and
indignity imposed on our women and girl-children
”
.
[20]
Die
appellant het ‘n lang lys vorige veroordelings wat strek vanaf
1992 tot 2001, toe hy in September 2001 tot 6 jaar gevangenisstraf
gevonnis is. Dit moet gesien word teen die agtergrond dat die misdryf
waaraan hy nou skuldig bevind is reeds gepleeg is in 2007.
Die
appellant het in total 17 vorige veroordelings. In sy guns moet egter
in aanmerking geneem word dat slegs 3 hiervan vir geweldsmisdrywe
was. Ook is die laaste hiervan in 1992 en is hy slegs berispe en
ontslaan.
[21]
Daar word ook in die guns van die appellant in ag geneem dat hy
tydens die pleging van hierdie misdryf sterk onder die invloed
van
drank was.
[22] Indien die
persoonlike omstandighede van die appellant opgeweeg word teen die
erns van die misdaad en die gemeenskapsbelang,
is ek van oordeel dat
‘n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf gepas sal wees in die
omstandighede.
EK MAAK DIE VOLGENDE BEVEL:
1.
DIE
APPèL TEEN DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS SLAAG.
2. DIE BEVEL VAN DIE
STREEKLANDDROS, DE AAR, WORD TERSYDE GESTEL EN VERVANG MET DIE
VOLGENDE:
‘
DIE
BESKULDIGDE WORD SKULDIG BEVIND AAN DIE MISDAAD VAN POGING TOT
VERKRAGTING EN GEVONNIS TOT 12 (TWAAF) JAAR GEVANGENISSTRAF.’
_____________________
SL ERASMUS, WnR
Ek stem saam.
_____________________
CJ OLIVIER, R
Vir die Appellant:
Adv. V.Z. Nel (iov Regshulpraad)
Vir die Respondent:
Adv. K.M. Kgatwe (iov Die DOV)
[1]
R
v Dhlumayo and Another
1948(2)
SA 677 (A) op 705 -706;
Alfred
Mnisi v S
(531/12)
[2012]
ZASCA 41
(28
March 2013)
[2]
S
v Van Eck en ‘n Ander
1996(1)
SASV 130 (A) op 134I – 135D;
S
v Liebenberg
2005(2)
SASV 335 (HHA) par [14] – [15]
[3]
S
v MM
2012
(2) SACR 18
(SCA) par [18]
[4]
S
and Antoher v Acting Regional Magistrate, Boksburg, and Another
2011(1)
SASV 274 (CC);
Uithaler
v S
2015
(1) SACR 174 (WCC)
[5]
S
v Masiya
2007
(2) SACR 435
(CC) par [25]
[6]
S
v MM
supra
par [22] – [23]
[7]
Artikel
261 van Wet 51 van 1977
[8]
Wet
105 van 1997
[9]
2012
(3) BCLR 244
(CC)
op
par
[56]