About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 34
|
|
Riet v Die Staat (12/2015) [2015] ZANCHC 34 (17 April 2015)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case number:
CA
& R 12/2015
Datum verhoor: / Date
heard:
13 / 04 / 2015
Datum gelewer: / Date
delivered:
17 / 04 / 2015
In die appèl van:
GOPOLANG RIET
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram: Williams R
et
Erasmus WnR
UITSPRAAK OP APPÈL
Erasmus, WnR
[1] Hierdie is ʼn
appèl teen die vonnis van 18 jaar gevangenisstraf wat die
appellant opgelê is in die Streekhof
te Kimberley op ‘n
aanklag van oortreding van artikel 3, gelees met die bepalings van
artikels 1, 56(1), 57, 58, 59, 60 en
61 van Wet 32 van 2007 en verder
gelees met die bepalings van artikels 256 en 261 van Wet 51 van 1977
en artikel 51 en Skedule
2 van Wet 105 van 1997.
[2]
Die appellant het tydens die verhoor skuldig gepleit en erken dat hy
wederregtelik en opsetlik ‘n daad van seksuele penetrasie
gepleeg het met ‘n 9-jarige seun deurdat hy hom op 3 Februarie
2013 anaal gepenetreer het met sy penis.
[3]
Dit is gemene saak dat die appellant en die seun op die dag van die
voorval saam geloop het na die begraafplaas in Kimberley,
waar hy die
seun verkrag het. Die appellant was goed bekend aan die seun. Die
appellant was bewus van die seun se ouderdom. ‘n
Kondoom is
gebruik tydens die voorval. Daar is van die appellant se DNA op die
onderbroekie van die seun gevind. Die seun het ‘n
skeur in sy
anus opgedoen.
[4]
Tydens die vonnis-verrigtinge is daar, by ooreenkoms, ‘n
verslag van ‘n maatskaplike werker ingehandig. Uit hierdie
verslag blyk dit dat die verkragting ‘n ernstige impak op die
seun gehad het. Hy het ná die misdaad begin om aggressiewe
gedrag te openbaar en sekere fiktiewe karakters se gedrag te
projekteer in sy optrede. Hy het homself geïsoleer van ander
leerders in die skool. Die prente wat hy geteken het, het aggressie
gereflekteer. Die maatskaplike werker moes tydens die onderhoud
oor
die voorval van ‘n ander persoon gebruik maak om kommunikasie
oor dié voorval te bewerkstellig. Dit het geblyk
dat die seun
aan slapeloosheid gely het na die voorval. Hy was vreesbevange en
paniekerig toe dit aan hom oorgedra is dat hy moontlik
met die
appellant gekonfronteer sou word tydens die hofverrigtinge. Die
maatskaplike werker het tot die gevolgtrekking gekom dat
die seun nie
in ‘n ope hof oor die voorval sou kon getuig nie. Tot voordeel
van die appellant het die maatskaplike werker
vermeld dat geen
sekondêre viktimisasie voorgekom het nie en dat die seun se
skolastiese vordering nie nadelig beïnvloed
is deur die voorval
nie.
[5]
Wat die persoonlike omstandighede van die appellant betref, is dit
gemene saak dat hy 19 jaar oud was ten tye van die voorval.
Hy is ‘n
eerste oortreder. Hy het graad 9 op skool geslaag en al voorheen, vir
ongeveer ‘n jaar, ‘n vaste werk
gehad. Hy was ten tye van
die voorval in ‘n saamleefverhouding met ‘n vrou en daar
is ‘n kind gebore uit hierdie
verhouding Die kind was ten tye
van vonnisoplegging ongeveer 14 maande oud en die moeder ontvang ‘n
kindertoelaag ten behoewe
van die kind.
[6]
Die verhoorhof het bevind dat die kumulatiewe effek van die
persoonlike omstandighede van die appellant, die feit dat geen wapen
gebruik is om die seun tot onderwerping te dwing nie en die feit dat
hy skuldig gepleit het dwingende en wesenlike omstandighede
daarstel
wat ‘n ligter vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis van
lewenslange gevangenisstraf regverdig.
[1]
Ek stem hiermee saam.
[7] Die verhoorhof het
verder bevind dat die erns van die misdaad en die belange van die
gemeenskap egter vereis dat die appellant
‘n swaar straf opgelê
moet word, maar dat die vonnis getemper moet word deur aan die
appellant genade te betoon.
[8]
Daar is namens die appellant aangevoer dat die verhoorhof die
persoonlike omstandighede van die appellant onderbeklemtoon het
en
dat die vonnis van 18 jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is.
[9]
Namens die respondent is aangevoer dat die verhoorhof geen
mistastings begaan het nie en dat die vonnis nie skokkend onvanpas
is
nie. Gevolglik bestaan daar geen gronde vir die hof van appèl
om met die opgelegde vonnis in te meng nie.
[10] ʼn
Hof van appèl mag nie met ʼn vonnis inmeng bloot omdat ʼn
vonnis swaar is of as dit gesit het as ʼn
hof van eerste
instansie, dit ʼn ander vonnis sou opgelê het nie.
[2]
[11]
Die verhoorhof het geen mistastings begaan wat inmenging regverdig
nie. Die misdaad waaraan die appellant skuldig bevind
is, is ‘n
baie ernstige misdryf en hierdie tipe misdrywe teenoor jong kinders
kom gereeld voor, nie net elders in ons land
nie, maar spesifiek ook
in hierdie afdeling.
[3]
Daar
word dan ook van ons howe verwag om, met die oorweging van ‘n
gepaste vonnis, uiting te gee aan die misnoë van
die gemeenskap
in dié verband.
[12] Die vonnis wat die
appellant opgelê is nie skokkend onvanpas nie en daar bestaan
geen gronde vir inmenging nie.
GEVOLGLIK WORD DIE
APPÈL VAN DIE HAND GEWYS.
_____________________
SL ERASMUS, WnR
Ek stem saam.
_____________________
CC WILLIAMS, R
Vir die
Appellant: Adv. P.J.
Cloete (iov Regshulpraad)
Vir die Respondent:
Adv. Ilanga (iov DOV)
[1]
S v
Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA)
[2]
S v
Malgas
2001 (1) SACR 469
(SCA)
op 478D-H par [12] ;
S
v Salzwedel and Others 1999(2) SACR 586 (SCA)]
op
591 par [10]
[3]
DPP v
Thabete 2011(2) SACR 567 (SCA)
op
577 par [22]