About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 45
|
|
Arries v S (46/2013) [2015] ZANCHC 45 (9 March 2015)
IN
DIE Hoë
HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë
Hof, Kimberley)
Rapporteerbaar: Nee
Sirkuleer onder Regters:
Ja
Sirkuleer onder
Landdroste: Nee
Sirkuleer onder
Streeklanddroste: Nee
Hoë Hofsaaknr:
46/2013
Streekhof Saaknr:
RC06/2013
Datum gelewer:
09/03/2015
In
die saak tussen:
OKKIE
ARRIES
Beskuldigde
en
DIE
STAAT
Coram: Olivier R
et
Williams R
HERSIENINGSUITSPRAAK
Olivier R:
[1].
Nadat
die beskuldigde in hierdie aangeleentheid skuldig gepleit het aan ‘n
oortreding van die bepalings van Artikel 3 van
die Wysigingswet op
die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede)
[1]
,
is hy op 17 September 2013 ingevolge Artikel 76(6) van die Child
Justice Act
[2]
gevonnis tot
verpligte inskakeling by ‘n jeugsorgsentrum vir ‘n
periode van 5 (vyf) jaar of tot hy die ouderdom van
21
(een-en-twintig) jaar bereik het, welke ookal eerste sou aanbreek
[3]
.
[2].
Daardie
skuldigbevinding en vonnis is op hersiening tersyde gestel en die
aangeleentheid is na die Streeklanddros terugverwys ingevolge
die
bepalings van Artikel 312(1) van die Strafproseswet
[4]
.
Nadat ‘n pleit van onskuldig toe ingevolge Artikel 113 van die
Strafproseswet genotuleer is en bepaalde erkennings
toe gemaak is, is
die beskuldigde weer skuldig bevind.
[3].
Op versoek van beide die aanklaer en die
regsverteenwoordiger van die beskuldigde, en nadat die beskuldigde
getuig het oor sy positiewe
ervaring van die inskakeling by die
betrokke jeugsorgsentrum, is hy presies dieselfde vonnis opgelê.
[4].
Die vonnis is egter toe deur die
Streeklanddros terugdateer na die datum van die aanvanklike
skuldigbevinding, naamlik 9 Julie 2013.
[5].
Die aangeleentheid dien nou weer op
outomatiese hersiening.
Ek is van
oordeel dat die skuldigbevinding nou in orde is.
[6].
Op
my navraag rakende die bevoegdheid van die Streeklanddros om die
vonnis terug te dateer en die datum waarheen dit terugdateer
is, het
die Streeklanddros haar beroep daarop dat die bepalings van Artikel
77(5) van die Child Justice Act bepaal dat ‘n
Hof “
must
take into account the number of days that the child has spent in
prison or in a child and youth care centre prior to the sentence
being imposed
”.
Die Streeklanddros was van oordeel dat, nieteenstaande die beslissing
van hierdie Hof in
S
v Seekoei
[5]
, sy in die lig van die
voormelde bepalings van Artikel 77(5) van die Child Justice Act
bevoeg was om die vonnis terug te dateer.
Sy het haar ook in
die algemeen beroep op die menings van sekere skrywers dat ‘n
verhoorhof in die algemeen so ‘n bevoegdheid
het of behoort te
hê
[6]
.
[7].
Vir
soverre die Streeklanddros van oordeel mag gewees het dat ‘n
statutêre verpligting om die tyd wat ‘n kind
reeds in
aanhouding deurgebring het in aanmerking te neem
[7]
by die oplegging van vonnis, ‘n bevoegdheid sou skep om die
vonnis terug te dateer, sou dit na my oordeel verkeerd wees.
[8].
Daar
rus in elk geval op enige Hof ‘n verpligting, ook waar ‘n
volwassene gevonnis moet word, om hierdie faktor in aanmerking
te
neem by die oorweging van vonnis
[8]
.
[9].
Die
voorganger van Artikel 77(5) het egter inderdaad ‘n verpligting
geskep om onder sekere omstandighede ‘n vonnis terug
te dateer
voordat dit ingevolge Artikel 4 van die Judicial Matters Amendment
Act
[9]
vervang is met die
huidige bepalings. Dit het soos volg gelees:
“
A
child justice court imposing a sentence of imprisonment must antedate
the term of imprisonment by the number of days that the
child has
spent in prison or child and youth care centre prior to the sentence
being imposed
”
[10].
Die vervangende bepalings het op 19 Mei
2014 in werking getree. Die nuwe vonnis is al op 14 April 2014
opgelê en gevolglik
sou die Streeklanddros uit hoofde van die
vorige bepalings van Artikel 77(5) – maar nie uit hoofde van
die bepalings waarop
sy haar beroep en wat toe nog nie bestaan het
nie – verplig gewees het om die vonnis terug te dateer met die
tyd wat die
beskuldigde reeds in die jeugsorgsentrum deurgebring het
sedert sy aanvanklike vonnis.
[11].
Die Streeklanddros gee toe dat sy in elk
geval nie korrek sou gewees het om die vonnis terug te dateer tot die
datum van die aanvanklike
skuldigbevinding nie, omdat die beskuldigde
nie van daardie datum af aangehou is nie.
[12].
Mnr Barnard, die advokaat van die kantoor
van die Direkteur van Openbare Vervolging wat my voorsien het van ‘n
regsmening
hierin, word bedank vir sy waardevolle insette en die
volgende bevele word dan hierin gemaak:
1.
Die skuldigbevinding word bekragtig.
2.
Die vonnis word bekragtig, maar die
bevel wat dit terugdateer tot 9 Julie 2013 word tersyde gestel en
vervang met ‘n bevel
dat die vonnis terugdateer word tot 17
September 2013.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam.
______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
[1]
32 van 2007
[2]
75 van 2008
[3]
62 van 1955
[4]
51 van 1977
[5]
[1997] 1 All SA 40 (NC)
[6]
Vergelyk egter ook
S
v Motaung
[2008]
JOL 21114 (O)
[7]
“
take
into account
”
[8]
Vergelyk
Director
of Public Prosecutions v Mngoma
2010 (1) SACR 427
(SCA) para [16]
[9]
14 van 2014