CNE Cleaning & Clothing Bk h/a Bearing INternational v Lotriet en 'n Ander (2107/2014) [2015] ZANCHC 29 (6 March 2015)

52 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Restraint of trade — Applicant sought to enforce a two-year restraint of trade against the first respondent, who had left the applicant's employment and joined a competitor — The applicant failed to prove that the first respondent was employed as a manager at the time of her departure, thus the two-year restraint was inapplicable — Court held that the restraint could only be enforced if the first respondent was indeed a manager, which was not established.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 29
|

|

CNE Cleaning & Clothing Bk h/a Bearing INternational v Lotriet en 'n Ander (2107/2014) [2015] ZANCHC 29 (6 March 2015)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno:
/ Case number:
2107 / 2014
Datum
verhoor: / Date heard:
27 / 02 / 2015
Datum
beskikbaar: / Date available:
06
/ 03 / 2015
In
die saak tussen:
CNE
CLEANING & CLOTHING BK h/a
BEARING
INTERNATIONAL
Applikant
en
VANITA
LOTRIET
Eerste
Respondent
NIMBA
TECH (EDMS) BPK
Tweede
Respondent
Coram:
Lacock, R
REDES
VIR BEVEL
LACOCK,
R
[1]
Dit wil voorkom asof litigante in hierdie Afdeling deesdae meeding om
soveel as moontlik ontersaaklike, onsamehangende en herhalende

beweringe in eedsvarklarings in mosieverrigtinge te vervat, en dan
ook nog om die stukke so ver moontlik te belas met ellelange

aanhangsels wat geen ander doel dien as om die gemelde ontersaaklike
en nuttelose beweringe, te staaf nie.  Hierdie aansoek
is ‘n
sprekende voorbeeld hiervan.
Die
geskilpunte hierin ter sake was bloot of die applikant daarin geslaag
het om ‘n twee jaar ooreenkoms vir ‘n handelsbeperking
na
bewering gesluit met die eerste respondent te bewys, en, indien wel,
of hy ‘n afdwingbare beskermde belang bewys het.
In plaas
daarvan om hulle te beperk tot wat tersaaklik is vir die beregting
van hierdie geskilpunte, het die deponente dit goed
geag om die
litigasie aan te wend vir persoonlike aanvalle, beskuldigings,
verdagmakery, en selfs lasterlike beweringe
ad
nauseum
.
Wat
verder kommerwekkend is van hierdie praktyk is dat
regsverteenwoordigers klaarblyklik toelaat dat hierdie ontersaaklike
modderoorlog
in eedsverklarings gevoer word.  Daar dien ‘n
einde hieraan gemaak te word.  Die howe is daar om geskilpunte
te
besleg. Praktisyns moet toesien dat die inhoud van eedsverklarings
in aansoekverrigtinge tersaaklik is tot die relevante geskilpunt(e).

Die oë, ore, grysstof en tyd van ‘n Hof is nie bedoel om
misbruik te word vir die gerammel van nuttelose kaf nie.
[2]
Op 12 Desember 2014 het die applikant ‘n bevel bekom wat as
volg lees:

1.
DAT die Respondente opgeroep word om op 27 Februarie 2015 om 09h30
redes aan te voer waarom die
volgende bevel nie verleen sal word nie;
1.1
Dat
die Eerste Respondent verbied word om vir ‘n tydperk van 2 jaar
bereken vanaf 6 Januarie 2014, enige belang of betrokkenheid
te hê
in enige hoedanigheid hoegenaamd, as trustee, eienaar, aandeelhouer,
lid, bestuurder, direkteur, adviseur, konsultant,
vennoot, werknemer,
finansier of agent in of vir enige persoon, firma, groep,
vennootskap, assosiasie of maatskappy hoegenaamd,
wat direk of
indirek kompeteer met die besigheid van die Applikant en/of ‘n
soortgelyke besigheid aan die van die Applikant
bedryf binne ‘n
radius van 250 kilometer vanaf Upington;
1.2
Dat
die Eerste Respondent verbied word om enigsins konfidensiële
inligting van die Applikant en meer spesifiek enige inligting

aangaande die Applikant se kliënte, verskaffers,
besigheidspraktyke, voorraadinligting, produkte en hul aanwending en
pryslyste,
aan enige ander persoon of instansie bekend maak nie.
1.3
Dat
die Eerste Respondent die koste van hierdie aansoek betaal, en indien
die Tweede Respondent die aansoek sou opponeer, dat die
Tweede
Respondent dan en in daardie geval die koste van hierdie aansoek
tesame met die Eerste Respondent betaal, gesamentlik en
afsonderlik,
die een betaal die ander kwytgeskeld word;
[2]
DAT paragrawe 1.1 tot 1.2 van hierdie aansoek sal geld as ‘n
tussentydse interdik met onmiddellike
werking hangende die finale
beregting van hierdie aansoek;
[3]
DAT tussentydse bevel hierin op die Respondente beteken word op enige
wyse toegelaat in terme van die
Eenvormige Hofreëls.

[3]
Na aanhoor van argumente het ek die bevel
nisi
opgehef met koste.  Hier volg my vernaamste redes vir die bevel
aldus gemaak.
[4]
Vir die regshulp versoek het die applikant primêr gesteun op ‘n
skriftelike dienskontrak gesluit met die eerste
respondent op 1
September 2011.  Die tersaaklike terme vir doeleindes van
hierdie geding lees as volg:

WERKSBESKRYWING
EN WERKSVERPLIGTING
Die
werknemer is aangestel as Eksterne Verkoopsverteenwoordiger
(Bemarker) en meer spesifiek vir die volgende take:
·
Die
verbetering van die verkope vlak en die ontwikkeling van ‘n
bewustheid van CNE CLEANING & CLOTHING (
H/A
BEARINGS INTERNATIONAL
)
en sy produkte.
·
Die
bereiking van maksimum brutowins op alle verkope.
·
Hulpverlening
met toonbankverkope. (As in kantoor).
·
Werk
binne die strukturele verkope- en bemarkingsplan ten einde brutowins
en persoonlike doeltreffendheid te maksimaliseer.
·
Beskikbaarheid
met hulpverlening in alle binnehuis en buitelug reklame aktiwiteite.
·
Hulpverlening
met voorraadopname.
·
Die
handhawing van die hoogste vlak van kliëntediens en
besigheidsetiek.
·
Die
nakoming van die maatskappy se kleredragkode.
·
Die
bywoning en deelname aan die maatskappy se verkope- en kliëntesorg
opleiding.
Die omvang van
hierdie werksraamwerk sal van tyd tot tyd deur middel van wedersydse
ooreenkoms aangepas word soos die uitbreiding
van die werk plaasvind.
...
HANDELSVRYHEIDBEPERKING
Die
werknemer onderneem dat hy/sy nie gesamentlik of afsonderlik of saam
met enige ander persoon vir ‘n periode van 1 (een)
jaar vir
normale werknemers of 2 (twee) jaar vir bestuurders (hierna verwys as
die handelsvryheidbeperkingstydperk), vanaf die
effektiewe
diensbeëindigingsdatum gedurende enige stadium van die
handelsvryheidbeperkingstydperk, enige belang of betrokkenheid
sal hê
in enige hoedanigheid hoegenaamd, insluitend, maar sonder beperking
van die veralgemening van bogenoemde, as trustee,
eienaar,
aandeelhouer, lid, bestuurder, direkteur, adviseur, konsultant,
vennoot, werknemer, finansier of agent in of vir enige
persoon wat
direkte of indirekte verbintenisse, betrokkenheid of belange het in
enige kompeterende aktiweite met die Werkgewer
se besigheid in ‘n
250 kilometer radius om Upington nie.
Die
werknemer erken en stem toe dat die beperking wat hiermee op hom/haar
geplaas word in terme van hierdie ooreenkoms, redelik
is met
betrekking tot die besigheid, periode en gebiedsbeperking en is dit
niks meer as ‘n redelike noodsaaklike vereiste
deur die
Werkgewer ten einde die behoud van klandisiewaarde en die normale
besigheidsbelange met betrekking tot die besigheidsfeer
nie.
Die werknemer erken uitdruklik dat die werkgewer die
handelsvryheidbeperking aan hom/haar verduidelik het en dat hy/sy
die
inhoud en gevolge daarvan begryp.

[5]
Dit is gemeensaak dat die eerste respondent die diens van die
applikant verlaat het op 10 Januarie 2014.  Daarna het die

eerste respondent op 2 Junie 2014 in diens getree van die tweede
respondent as bestuurder.  Dit is verder gemeensaak dat die

eerste respondent beskryf kan word as ‘n kundige bemarker van
onder andere laers en aanverwante produkte, en dat sy ná
haar
indienstreding by die applikant met hierdie kundigheid ‘n
handelsbeen vir die applikant opgebou het in die bemarking
van laers
(en waarin die applikant nie voorheen gehandel het nie).
Dit
is verder gemeensaak dat die eerste respondent intussen betrokke
geraak het as bestuurder van die tweede respondent in ‘n

“kompeterende aktiwiteit” as dit waarin die applikant
handeldryf, naamlik die handel in laers.  Dit is laastens

gemeensaak dat die besighede van die applikant asook die tweede
respondent in Upington bedryf word.
[6]
Adv. Van Tonder het, tereg so na my mening, toegegee dat die aansoek
alleen kon slaag indien die applikant bewys dat ‘n
twee jaar
beperking soos vermeld in die dienskontrak (hierbo aangehaal in
paragraaf 4) op die eerste respondent van toepassing
was.  Na my
mening het die applikant skromelik gefaal om hom van hierdie bewyslas
te kwyt.
[7]
Duidelik is die twee jaar beperking slegs toepaslik op ‘n
persoon wat as bestuurder in diens van die applikant aangestel
is.
Hieroor is die partye dit eens met mekaar.
7.1
Ten tye van die sluiting van die dienskontrak was die eerste
respondent ‘n “normale werknemer”.
As sulks
was slegs ‘n handelsbeperking van een jaar op haar van
toepassing.  Ook dit is nie in geskil nie.
7.2
Die applikant steun nie op enige skriftelike ooreenkoms of
aanstelling waarkragtens die eerste respondent
as bestuurder
aangestel is nie.
7.3
Eweneens steun die applikant ook nie op enige uitdruklike mondelinge
ooreenkoms waarkragtens die eerste respondent
as bestuurder aangestel
is nie.
7.4
Die verste wat die applikant dit kon voer was om te beweer dat “
ten
tye van haar bedanking (sy) opgetree het as bestuurder van die
applikant.
”;
en “
het
die Eerste Respondent opgetreë as die bestuurder van die
Applikant.

Hierdie
beweringe is so vaag dat daar geensins daarvan afgelei kan word dat
die eerste respondent as bestuurder aangestel was nie.
Geen
datum word vermeld waarop die eerste respondent dan as sulks
aangestel sou gewees het, of vir welke tydperk sy as sulks aangestel

was nie.  Uit korrespondensie aangeheg tot die stukke saamgelees
met die opponerende eedsverklaring wil dit eerder voorkom
asof die
eerste respondent haar, sonder dat sy as sulks aangestel was,
voorgehou het as bestuurder van die applikant op versoek
van die
besturende lid daarvan bloot vir besigheidsredes.
7.5
Laastens is daar geen bewering waaruit selfs afgelei kan word dat,
met enige moontlike aanstelling van die
eerste respondent as
bestuurder, ooreengekom is dat die twee jaar handelsbeperking op die
eerste respondent toepaslik sou wees
nie.
[8]
Uit hoofde van hierdie bevinding ag ek dit nie nodig om te handel met
die verdere geskilpunt naamlik of die applikant ‘n
afdwingbare
beskermbare belang bewys het nie.  Adv. Van Tonder het dan ook
toegegee dat, indien bevind sou word dat die applikant
nie bewys het
dat die twee jaar beperking van toepassing was op die eerste
respondent nie, dit ‘n einde sou maak aan die
regshulp versoek.
_________________
HJ LACOCK
REGTER
Vir
die Applikant:
Adv. Van Tonder
(iov Engelsman, Magabane Ing.)
Vir
die Eerste Respondent:
Adv. J.G. van
Niekerk SC (iov Duncan & Rothman