About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2015
>>
[2015] ZANCHC 49
|
|
Scheffers v S (CA&R103/2014) [2015] ZANCHC 49 (30 January 2015)
IN
DIE Hoë
HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë
Hof,
Kimberley)
Rapporteerbaar:
Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja
Sirkuleer
onder Landdroste: Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Nee
Saak
No: CA&R 103/2014
Saak
Aangehoor: 26/01/2015
Datum
gelewer: 30/01/2015
In
die saak tussen:
SCHEFFERS,
JACO
KWAAIMAN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
Lacock R
et
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
[1].
Die
appellant Mnr Jaco Scheffers het saam met twee ander beskuldigdes,
die een sy broer Mnr Pieter Scheffers en die ander Mnr Ronnie
Hendricks, in die Streekhof te De Aar tereggestaan op aanklagte van
roof met verswarende omstandighede en moord. Die appellant
is
skuldig bevind op die aanklag van moord, maar vrygespreek op die
aanklag van roof, terwyl sy twee medebeskuldigdes op beide
aanklagte
vrygespreek is.
[2].
Daar
is bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is en dat dit
dus vir vonnisdoeleindes ressorteer het onder die bepalings
van Deel
I van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet
[1]
.
Die voorgeskrewe vonnis vir so ‘n moord is lewenslange
gevangenisstraf, en dit is die appellant inderdaad opgelê
nadat
bevind is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede was wat
‘n afwyking van daardie voorgeskrewe vonnis regverdig
het nie.
[3].
Die
oorledene is dood weens drie steekwonde wat hy aan sy nek opgedoen
het tydens ‘n voorval laat die nag van 23 September
2010 in die
Residentia woongebied te De Aar.
[4].
Dit
was die vervolging se saak, hoofsaaklik by monde van Me Emmarentia
Lubbe, Mnr Isak Gordon Adams en Me Glenys Christie Maropeng,
dat die
appellant en sy twee medebeskuldigdes daardie nag die oorledene
gekonfronteer het, eers in ‘n stegie of ‘n
sogenaamde
gang en daarna in ‘n straat genaamd Patryslaan. Die
appellant sou geld van die oorledene geëis het,
terwyl sy
medebeskuldigdes die oorledene toe onderskeidelik met ‘n byl en
‘n mes bedreig het. Die getuienis was
dat die oorledene
toe weggehardloop het, dat die appellant hom gejaag het, dat die
oorledene geval het en opgestaan het en verder
gehardloop het, maar
dat hy uiteindelik geval het waar die appellant hom toe daar die
voormelde fatale beserings toegedien het.
[5].
Die
appellant het in pleitverduideliking betrokkenheid by die dood van
die oorledene ontken. Uit stellings in kruisverhoor
aan die
staatsgetuies het dit geblyk dat sy saak was dat hy nie die betrokke
aand saam met sy medebeskuldigdes beweeg of verkeer
het nie en
geensins betrokke was by die gebeure in die stegie of in Patryslaan
nie, en dat hy eers na afloop van alles afgekom
het op die oorledene
waar hy reeds beseer gelê het.
[6].
Mnr.
Cloete, die advokaat vir die appellant, het sy aanval op die
skuldigbevinding in sy betoogshoofde beperk tot kritiek op die
getuienis van Lubbe, Adams en Maropeng en het betoog dat die
weersprekings in hulle getuienis, en in veral die geval van Adams
en
Maropeng tussen hulle getuienis en hulle polisieverklarings, gesien
moet word teen die agtergrond daarvan dat die identiteit
van die
persoon wat die oorledene gedood het in geskil was en dat hulle
getuienis daarom versigtig benader moes gewees het.
[7].
Daar
was inderdaad weersprekings, ondermeer oor waarmee die appellant
gewapen sou gewees het toe hy agter die oorledene aan is en
oor of
hy, toe hy die oorledene uiteindelik die beserings sou toegedien het,
op of langs die oorledene sou gesit het terwyl die
oorledene daar
gelê het.
[8].
Adams
het in sy verklaring glad nie die naam van die appellant vermeld as
een van die persone wat die oorledene gekonfronteer het
nie. Hy
het in sy verklaring bloot die appellant se broer (en
medebeskuldigde) geïdentifiseer as die persoon wat die
oorledene
met die mes bedreig het voordat die oorledene weggehardloop het.
Hy het hom egter nie in sy verklaring uitgelaat
oor of hy enige van
die ander twee persone wat die oorledene gekonfronteer het herken het
of sou kon identifiseer nie. Die
betrokke verklaring lyk na ‘n
tipiese voorbeeld van die berugte onvolledigheid van baie
polisieverklarings, wat immers
nie bedoel is om ‘n
presiese en volledige weergawe te wees van wat die getuie mag getuig
nie
[2]
, eerder as na ‘n
aanduiding van Adams se gebrekkige waarnemings of van sy
oneerlikheid. Adams het in elk geval toe
weggehardloop en het
nie die toediening van die fatale beserings waargeneem nie.
[9].
Maropeng,
wat wel ook hierdie deel van die gebeure aanskou het en wat vir Lubbe
daarin gestaaf het dat die appellant die persoon
was wat die
oorledene die steekwonde toegedien het, het in haar polisieverklaring
na die persoon wat die oorledene gedood het verwys
as ‘n
onbekende persoon. Sy het egter in haar getuienis verduidelik
dat sy dit so gestel het omdat sy nie die appellant
by name geken het
nie, hoewel sy hom al voorheen oor ‘n lang periode periodiek in
De Aar gesien het.
[10].
Wat
betref die kritiek teen die getuienis van Lubbe en Maropeng oor
waarmee die appellant gewapen sou gewees het toe hy agter die
oorledene aan is, was dit gemenesaak dat die oorledene as gevolg van
steekwonde beswyk het. Die byl sou volgens die getuienis
ook
aan die een kant daarvan ‘n skerp punt, in teenstelling met die
plat lem of kapgedeelte aan die ander kant, gehad het.
Of die
steekwonde daardeur, of met ‘n mes, toegedien is of kon gewees
het, was nie die geskilpunt nie. Die geskilpunt
was bloot wie
dit toegedien het, en nie waarmee nie.
[11].
Die
Streeklanddros het al drie hierdie getuies waargeneem en het hulle
beskou as geloofwaardige getuies. Hierdie geleentheid
wat die
Streeklanddros gehad het om in die atmosfeer van die verhoor die
getuies persoonlik waar te neem is juis die vernaamste
rede waarom
daar nie op appél ligtelik ingemeng sal word met ‘n
verhoorhof se feitebevindinge nie
[3]
.
[12].
Ook
in die lig van wat volg, is ek hoegenaamd nie oortuig dat die
Streeklanddros verkeerd was in haar bevinding dat die appellant
die
persoon was wat die oorledene gedood het nie.
[13].
Beide
Lubbe en Adams het die appellant voor die voorval reeds vir jare
geken en het verduidelik op watter basis. Dit opsigself
al
verlaag die risiko van ‘n foutiewe identifikasie aansienlik
[4]
.
[14].
Alhoewel
die beligting in die stegie swak was, was Patryslaan, en die
spesifieke plek daar waar die oorledene gedood is, helder
verlig.
[15].
Al
drie hierdie getuies het die geleentheid gehad om die drie aanvallers
nie net in die stegie waar te neem nie, maar ook daarna
in
Patryslaan, waar hulle ondermeer gesien het hoe die appellant se
broer die oorledene met ‘n mes bedreig het; iets wat
nie van
die kant van die betrokke medebeskuldigde in geskil was nie.
[16].
Lubbe
en Maropeng het daarna nog aanskou hoe die appellant die oorledene
gejaag het tot waar hy hom gedood het, en het dus nog verdere
geleentheid gehad om hom waar te neem.
[17].
Beide
van hulle was redelik naby toe hulle die toediening van die
steekwonde aanskou het.
[18].
Lubbe
se beskrywing van die appellant se blou Dickey langbroek en wit
tekkies is nie alleen onbetwis gelaat nie, maar is inderdaad
gestaaf
deur die getuienis van Sersant Roelofse, wat die appellant kort ná
die voorval by ‘n taverne gearresteer het
en hom so geklee
aangetref het.
[19].
Die
forensiese getuienis was dat daar toe bloed van die oorledene op
daardie broek en tekkies, en ook op die appellant se hemp,
was.
[20].
Dan
is daar die getuienis van Mnr De Bruin dat hy die drie beskuldigdes
wel vroeër die aand saam aangetref het by ‘n
taverne in
die omgewing, strydig met die stelling namens die appellant dat hy
nooit daardie aand saam met die ander twee beskuldigdes
beweeg of
verkeer het nie. De Bruin se getuienis was verder dat hy toe na
‘n ander taverne geloop het, waar die beskuldigde
Hendricks hom
met ‘n byl probeer kap het voordat die appellant die byl geneem
het en die appellant en die ander twee beskuldigdes
toe daar weg is,
dit wil sê steeds die drie van hulle saam.
[21].
De
Bruin se getuienis was dat die appellant later teruggekeer het, dat
hy toe senuweeagtig was en dat De Bruin toe bloed op die
appellant se
tekkies waargeneem het. Die appellant is, soos reeds gemeld, by
daardie taverne aangetref met, onder andere,
die tekkies met bloed
daarop.
[22].
De
Bruin het laastens getuig dat hy later ook aangehou is
[5]
en dat hy toe op ‘n stadium in dieselfde sel as die appellant
aangehou is. Sy getuienis was dat die appellant daar
vir hom
gesê het dat hy valslik moes verklaar dat die appellant die
hele aand saam met hom by die taverne was, omdat die
appellant dit
volgens hom so getuig het in sy borgaansoek.
[23].
Geen
rede is voorgehou vir waarom hierdie getuienis van De Bruin nie
aanvaar moes gewees het nie.
[24].
‘
n
Transkripsie van die getuienis van die appellant tydens die
borgaansoek toon duidelik dat hy wel daar beweer het dat hy die hele
aand saam met De Bruin verkeer het, net soos wat hy vir De Bruin in
die sel gaan vertel het.
[25].
Ek
meen dat die Streeklanddros korrek was in die bevinding dat daar ‘n
verdoemende
prima
facie
saak teen die appellant uitgemaak is deur die vervolging, waarop die
appellant verkies het om nie onder eed te antwoord nie.
Sy
verduideliking, by monde van sy destydse regsverteenwoordiger, dat
die oorledene se bloed op sy klere beland het toe hy op hom
afgekom
waar hy gelê het en reeds beseer was, is nie getuienis onder
eed nie. Dit beteken dat die getuienis van Lubbe
en Maropeng
oor hoe die oorledene se bloed op die appellant se klere beland het,
die enigste getuienis onder eed daaroor is en
onweerlê bly.
[26].
Of
die appellant op die oorledene gesit het toe hy hom beseer het of
langs sy kop gehurk of gekniel het, maak nie saak nie, want
op enige
so ‘n wyse sou die oorledene se bloed inderdaad op die
appellant se klere en skoene kon gekom het.
[27].
Na
my oordeel is daar dus geen basis vir inmenging met die bevinding dat
die appellant die persoon is wat die oorledene die fatale
beserings
toegedien het nie.
[28].
Daar
is ook nie gronde vir inmenging met die bevinding dat die moord
gepleeg is met die direkte opset om te dood nie; nie
met al die
steekwonde in ‘n area soos die nek en in die afwesigheid van ‘n
ander verduideliking van die kant van die
appellant nie.
[29].
Ek
meen egter dat daar geen gronde was vir die bevinding van voorbedagte
rade nie. Dat die appellant die oorledene ongeprovokeerd
aangeval het, regverdig nie die afleiding dat hy die dood van die
oorledene beplan het nie. Alhoewel hy die voordeel van
die
twyfel gekry het op die aanklag van roof, is alle aanduidings dat hy
wel beoog het, en moontlik selfs beplan het, om geld by
die oorledene
te vat. Sy kru eis dat die oorledene geld oorhandig, met die
aanvanklike konfrontasie en voordat die oorledene
begin vlug het, en
sy krappery in die oorledene se sak nadat hy hom beseer het, dui
daarop. Daar is egter geen enkele aanduiding
dat die appellant
verder ook in elk geval boonop die dood van die oorledene vooraf
besluit of beplan het nie. Indien dit
die geval was, sou ‘n
mens verwag het dat hy die oorledene reg aan die begin al sou
aangeval het, en nie eers bloot sou geëis
het dat die oorledene
sy geld moes oorhandig nie.
[30].
Die
getuienis van Lubbe dat die appellant, om homself te bewapen, eers
die byl by die beskuldigde Hendricks gevat het voordat hy
die
oorledene agterna gesit het, militeer ook teen so ‘n
afleiding. Indien die appellant van die begin af beplan het
om
self die oorledene te dood, sou hy homself van die begin af bewapen
het.
[31].
Dat
die appellant, toe die oorledene besluit het om weg te hardloop, hom
gejaag het en toe gedood het, regverdig ook nie, alleenstaande
of
selfs saam met die ander getuienis, ‘n afleiding van
voorbedagte rade nie. Dit is ewe versoenbaar met impulsiewe
optrede.
[32].
Dat
die appellant die oorledene die wonde toegedien het met die direkte
opset om hom te dood, sou ook nie noodwendig beteken dat
die moord
met voorbedagte rade gepleeg is nie.
“
Dolus
directus and premeditation / preplanning are not synonymous.
While premeditation obviously results in dolus directus,
the converse
is not true.
”
[6]
.
[33].
In
die afwesigheid van ‘n bevinding van voorbedagte rade, sou die
voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf nie
van
toepassing gewees het nie. Daar is in elk geval geen aanduiding
dat enige van die appellant of sy medebeskuldigdes vooraf
ingelig is
dat dit die saak vir die vervolging sou wees dat die moord met
voorbedagte rade gepleeg is en dat daar dus ‘n
vonnis van
lewenslange gevangenisstraf voorgeskryf sou wees uit die geval van ‘n
skuldigbevinding van moord nie. Me Mabaso,
die advokaat vir die
respondent, het dan ook heel tereg toegegee dat die bevinding van
voorbedagte rade foutief was.
[34].
Daar
is namens die appellant aan die hand gedoen, met welke submissie Me
Mabaso saamgestem het, dat die aangeleentheid, in die geval
van ‘n
bekragtiging van die skuldigbevinding maar ‘n inmenging met die
bevinding van voorbedagte rade, na die Streeklanddros
terug verwys
moet word vir die heroorweging van vonnis teen die agtergrond van ‘n
voorgeskrewe vonnis van 20 (twintig) jaar
gevangenisstraf, in die lig
daarvan dat die appellant se vorige veroordelings een van moord
insluit
[7]
. Ek meen dat
dit inderdaad in die omstandighede die wenslike bevel sou wees.
[35].
In
die omstandighede word die volgende bevele dus hierin gemaak:
1.
DIE
APPÈL TEEN DIE SKULDIGBEVINDING MISLUK EN DIE APPELLANT SE
SKULDIGBEVINDING OP DIE AANKLAG VAN MOORD WORD BEKRAGTIG.
2.
DIE
APPÈL TEEN DIE VONNIS SLAAG, DIE VONNIS VAN LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF WORD TERSYDE GESTEL EN DIE AANGELEENTHEID WORD
VIR
DIE HEROORWEGING VAN VONNIS NA DIE STREEKLANDDROS TERUGVERWYS.
_____________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam.
______________________
H
J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant/Eiser:
Adv. J P Cloete
Nms
Respondent/Verweerder: Adv. J
Mabaso
[1]
105 van 1997
[2]
S v Bruiners
1998 (2) SACR 432
(SE);
S
v Mafaladiso en Andere
2003 (1) SACR 583
(SCA);
S
v Xaba
1983 (3) SA
717
(A) op 730 B - C
[3]
S v Kekana
2013 (1) SACR 101 (SCA)
[4]
S v Ngcamu and Another
2011 (1) SACR 1
(SCA) para
[11];
S v MG
2010
(2) SACR 66
(ECG) para [15]
[5]
Dit is nie duidelik op watter
klagte nie.
[6]
S v Radebe
2011 JDR 0926 (FB) para [23];
sien ook
S
v Raath
2009 (2)
SACR 46
(C) para [16] en vergelyk
S
v Makatu
2006 (2)
SACR 582
(SCA) para [14]
[7]
Artikel 51 (2) (a) (ii),
gelees met Deel II van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet, 105 van
1997