Combrink en Saltcom Commodity Traders en ander (A130/2015) [2015] ZAFSHC 249 (10 December 2015)

57 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Suretyship — Misrepresentation — Appellant, as sole member of Mardico, appealed against judgment ordering her to pay R1,127,237.48 to respondent, Saltcom Commodity Traders, based on a suretyship agreement she signed without fully understanding its implications — Appellant claimed she was misled and unaware of the surety clause — Court held that the suretyship was valid as the document was clear and not misleading, and appellant had opportunity to read and understand the terms before signing — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 249
|

|

Combrink en Saltcom Commodity Traders en ander (A130/2015) [2015] ZAFSHC 249 (10 December 2015)

IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknr:
A130/2015
In
die saak tussen:-
ANNA
MARIA COMBRINK
Appellant
en
SALTCOM
COMMODITY
TRADERS
Respondent
A DIVISION OF
PREMIUM BRAND
DISTRIBUTORS (PTY)
LTD
CORAM:
J.P.
DAFFUE, R
et
C.
REINDERS, WnR
AANGEHOOR
OP:
9
NOVEMBER 2015
UITSPRAAK
DEUR:
C.
REINDERS, WnR
GELEWER
OP:
10
DESEMBER 2015
[1]
Hierdie is ‘n appél teen die vonnis toegestaan in die
landdroshof te Heilbron op 15 April 2015 uit hoofde waarvan
die
appellant beveel is om die bedrag van R 1 127 237,48 plus
rente teen 15,5%
per
jaar a tempore morae
aan die respondent te betaal.
[2]
Die appellant was die enigste lid van ‘n beslote korporasie
genaamd Mardico, wat handel gedryf het as ’n meule en
welke
besigheid sy gekoop het met geld wat deur haar vader voorgeskiet was.
Die respondent, ‘n private maatskappy wat onder
andere handel
dryf as ‘n kommersiële graanhandelaar, het gedurende
September 2013 op versoek van Mardico krediet goedgekeur
vir die
lewering van mielies.  Op 19 November 2013 het die appellant ‘n
kredietaansoek waarin ‘n borgklousule
vervat is (“die
dokument”), onderteken. Dit is hierdie dokument wat die
onderwerp van die onderhawige dispuut vorm.
Appellant het haar
aldus as borg en mede-hoofskuldenaar verbind vir die verpligtinge van
Mardico teenoor respondent.
[3]
Dit is nie in geskil dat Mardico nie sy finansiële verpligtinge
teenoor die respondent kon nakom nie en inderdaad gelikwideer
is
nadat summiere vonnis toegestaan is. Die appellant is aangespreek in
haar hoedanigheid as borg vir Mardico maar het haar verweer
deur
iustus
error
te pleit. Sy het voorts gepleit dat die borgakte nie voldoen aan die
bepalings van Artikel 6 van die Algemene Regswysigingswet,
50 van
1956 nie deurdat die krediteur in die borgklousule omskryf word as
“Premium Brand Distributors Pty) Ltd t/a Saltcom
Commodity
Traders”, welke beskrywing nie ooreenstem met die respondent se
sitasie as “Saltcom Commodity Traders, a
division of Premier
Brand Distributors (Pty) Ltd” nie. Die opskrif van die dokument
verwys ook na die betrokke krediteur
soos in die tweede beskrywing.
Hierdie is ook die twee hoofpunte waarom die appél draai en
handel ek doelmatigheidshalwe
eerste met die laasgenoemde dispuut.
[4]
Mnr Mills, namens die appellant, het submissies gemaak dat die
toepassing van Artikel 6 hierbo  ‘n “grys gebied”

van die reg en baie tegnies is, en dat die beoordeling daarvan sal
afhang tot watter mate ‘n legalistiese benadering gevolg
word.
Ek meen nie dat daar enigsins twyfel daaroor kan bestaan dat die
entiteit met wie die appellant besigheid gedoen het, die
maatskappy
bekend as “Premier Brand Distributors (Edms) Bpk is nie. Nie
alleen word dit as sodanig aangedui in die borgklousule
nie, maar
blyk dit ook duidelik uit die getuienis van die werknemers van die
respondent. Die krediteur (respondent) is behoorlik
omskryf en na my
mening is daar geen meriete in hierdie argument nie.
[5]
Dit is voorts die appellant se saak dat die borgakte nietig is omdat
sy deur ondertekening van die dokument waarin die borgakte
vervat
was, mislei was deur die respondent, dat die misleiding “billik”
was en dat haar fout  redelik was.
[6]
Die toets om
iustus
error
te bepaal is duidelik neergelê in Sonap Petroleum (SA)(Pty)Ltd
(formerly known as
Sonarep
(SA)(Pty)(Ltd) v Pappadogianis
[1992] ZASCA 56
;
1992 (3) SA 234
(A).  Op 239I - 240B het Harms AR die
beslissende vrae wat gevra moet word ten einde te bepaal of daar
misleiding was, as
volg geformuleer:

[D]id
the party whose actual intention did not conform to the common
intention expressed, lead the other party, as a reasonable
man, to
believe that his declared intention represented his actual
intention?... to answer this question, a three-fold enquiry
is
usually necessary, namely, firstly, was there a misrepresentation as
to one party’s intention; secondly, who made the

misrepresentation; and thirdly, was the other party misled
thereby?...the last question postulates two possibilities: was he
actually
misled and would a reasonable man have been misled?”
[7]
Ten einde egter hierdie vrae te kan beantwoord moet die totaliteit
van die getuienis voor die hof beoordeel word.
Sien:
Brink
v Humphries & Jewell (Pty) Ltd
2005 (2) SA 419
SCA op p 422 te para [3].
[8]
Om haar saak te ontmoet het die appellant die destydse
administratiewe klerk van Mardico, Mev Janse van Rensburg, geroep en

ook self getuig. Die kern van die appellant se getuienis is dat sy
nie by die bestuur van Mardico betrokke was nie maar dat haar

eggenoot, mnr Burger Combrink, dit behartig het. Sy het ‘n
graad in joernalistiek maar geen besigheidsondervinding nie. Mev

Janse van Rensburg het haar geskakel en meegedeel dat sy ‘n
kredietaansoekvorm moes kom onderteken. Sy het ongeveer twee
minute
geneem om deur die dokument te blaai en dit te onderteken. Sy het dit
nie deurgelees nie, het nie geweet dat dit ‘n
borgklousule
bevat het nie en sou dit nie onderteken indien sy van laasgenoemde
bewus was nie. Niemand het haar daarop gewys dat
die dokument ‘n
borgklousule bevat nie en dit was die eerste kredietaansoek wat sy
ooit onderteken het.
[9]
Die appellant dra die bewyslas om aan te toon dat sy onbewus was van
die borgklousule.
Sien:
Stiff
v Q Data Distribution (Pty) Ltd
2003 (2) SA 336
SCA op p 340 te para [10].
[10]
Namens die respondent het die volgende van sy werknemers getuig: Me
Sune Olivier (graanhandelaar), mnr Ian Short (finansiele
hoof) en mnr
Marius Meerholz (besturende direkteur). Die essensie van me Olivier
se  getuienis in hoof was dat sy met mnr
Combrink persoonlik
geskakel het en hom versoek het dat die appellant die dokument moet
onderteken aangesien daar geen verdere
mielies aan Mardico gelewer
kon word sonder ‘n getekende  borgkontrak nie. Tydens
kruisondervraging het sy weereens
bevestig dat sy met die appellant
se eggenoot in gesprek was en hom versoek het dat die appellant
“borg” moes teken.
Hierdie weergawe is nooit in
kruisverhoor betwis nie.  Die appellant het ook nie vir mnr
Combrink geroep as getuie nie en
is hierdie weergawe van me Olivier
derhalwe onbetwis.
[11]
Dit is gemeensaak dat Mardico tydens ondertekening van die dokument
ongeveer R 800 000,00 aan die respondent verskuldig
was. Dit is
voorts gemeensaak dat ‘n vergadering belê is deur die
respondent op 5 Desember 2013 aangesien Mardico nie
sy
skuldverpligtinge nagekom het nie en in ‘n poging om die
situasie te beredder. Tydens hierdie vergadering was die appellant,

haar eggenoot en die drie getuies van die respondent teenwoordig. Dit
is nie betwis nie dat mnr Short net na afloop van die vergadering
vir
die appellant daarop gewys het dat sy ‘n borgstelling
onderteken het, en het die appellant self getuig dat sy “bekommerd”

was na hierdie mededeling.  Tog het sy geen ondersoek gedoen
en/of navrae gerig hieromtrent nie.  Verdere krediet van

ongeveer R 400 000 is aan Mardico verleen na die vergadering.
[12]
In sy ontleding van die omstandighede waaronder die appellant die
dokument onderteken het, het die verhoorlanddros in een opsig
‘n
mistasting begaan in sy uitspraak wanneer hy bevind dat mnr Meerholtz
die appellant voor ondertekening van die dokument
daarop gewys het
dat sy reeds ‘n borgstelling onderteken het. Mnr Du Toit namens
respondent het toegegee dat die landdros
‘n mistasting begaan
het.  Hierdie mistasting is egter na my mening nie die hoofrede
vir die landdros se bevinding nie
en kan dit dus nie
per
se
daartoe lei dat sy finale gevolgtrekking verkeerd is nie.
[13]
Die vertrekpunt by die vraag na
iustus error
is ‘n
ontleding van die dokument. Dit beslaan ses bladsye en op die eerste
bladsy daarvan verskyn die woorde ‘CREDIT
APPLICATION” in
hoofletters en vetgedruk. Dit blyk derhalwe met die eerste oogopslag
inderdaad ‘n kredietaansoekvorm
te wees. Die eerste drie
bladsye bevat onder meer algemene inligting van die aansoeker, terwyl
die restant van die dokument die
bepalings en voorwaardes van die
kontrak bevat. Op die laaste bladsy van die dokument verskyn ‘n
opskrif met die woorde “DEED
OF SURETY” in hoofletters.
Die voorwaardes van die borgskap verskyn dan in drie
subparagrawe en beslaan hierdie paragraaf
ongeveer ‘n derde van
die gedrukte skrif op die betrokke bladsy. Direk hierna verskyn die
volgende sinne:

Did
you read and understood the standard conditions and suretyship in the
documents?__________
I / we the
undersigned accept the Standard Conditions of Agreement and Deed of
Suretyship.
The
under mentioned (sic) certifies that all information is correct and
confirms that the terms and conditions of the agreement
and the deed
of surety ship (sic) have been read and understood and furthermore
warrants that all information supplied is correct.”
[14]
Direk hieronder het die appellant in haar eie handskrif die dokument
dateer, haar volle name en identiteitsnommer aangebring
en dit
onderteken. Haar handtekening en paraaf verskyn ook op elke bladsy
van die dokument, uitgesonderd die eerste bladsy waar
klaarblyklik
slegs ‘n paraaf verskyn. Die appellant het by die vraag hierbo
vermeld die spasie blanko gelaat. Verder is haar
handtekening
aangebring langs die woorde “Signature of
customer
:”
(my beklemtoning).
[15]
Na my mening kan die dokument in geheel gesien nie as misleidend
beskou word nie. Die borgklousule is nie iewers onverwags
en obskuurs
versteek tussen ander kontrakvoorwaardes nie en word dit vervat in ‘n
hele paragraaf met ‘n aparte opskrif
in hoofletters. Die woord
“surety” verskyn herhaaldelik en word die vraag
uitdruklik gevra of die ondertekenaar die
borgstelling gelees en
verstaan het.  Direk bo die plek waar appellant se handtekening
aangebring is, is sy weereens daarop
bedag gemaak dat sy bevestig dat
sy die terme en voorwaardes van die borgskap gelees en verstaan het.
Dit is inderdaad so dat dit
beter sou wees vir ‘n
kredietverskaffer om in die opskrif van die dokument ook aan te toon
dat die ondertekenaar hom as borg
verbind en dat die ondertekenaar
ook in sy hoedanigheid as borg teken, maar is dit op sigself nie
deurslaggewend in hierdie geval
nie.
[16]
Die appellant se eie getuienis is dat sy die geleentheid gehad het om
deur die dokument te blaai en kan sy beswaarlik gehoor
word om te sê
dat sy nie die geleentheid gehad het om die dokument behoorlik na te
gaan en te lees nie.Sy het geweet dat
die dokument uit meerdere
bladsye bestaan en dat daar voorwaardes was waartoe sy moes toestem
ten einde die krediet te kon bekom
om Mardico te bedryf. Die
tersaaklike klousules wat handel met die borgverpligting is in
hoofletters en kom almal opsigtelik op
die laaste bladsy waar sy haar
handtekening aangebring het, voor.  Dit is nie appellant se saak
dat enige persoon in diens
van respondent enige mondelinge
wanvoorstelling teenoor haar gemaak of haar enigsins mislei het nie.
Sy steun bloot op misleiding
vanweë die formaat van die
dokument.
[17]
Hoewel die appellant gepoog het om haar te distansieer van enige
kennis van of betrokkenheid by Mardico, kan dit nie gedoog
word nie.
Sy het haar verlaat op ‘n terrein waar borgstellings heel
dikwels in die gewone loop van sake voorkom en sou die
redelike
alleenaandeelhouer van ‘n besigheid in die omstandighede besef
het of moes besef het dat so ‘n borgstelling
in die dokument
kon voorkom. Die appellant is vaardig in tale en erken dat sy die
woord “surety” verstaan. Op haar
eie weergawe is sy nie
‘n ongeletterde persoon nie en het ‘n graad in
joernalistiek. Dat sy wel kennis gehad het van
die besigheid blyk
daaruit dat sy aantoon dat die mieliebedryf ingewikkeld is. Sy het ‘n
kantoor by Mardico gehad en ook
‘n salaris getrek. Sy woon ‘n
vergadering by waartydens Mardico se finansiële verknorsing
aangespreek word en
gaan selfs verdere krediet namens Mardico aan ná
hierdie vergadering. Sy teken ook ‘n skulderkenning op 9
Januarie
2014 ter bevestiging van Mardico se verskuldigheid soos op 5
Desember 2013.  Al hierdie faktore is na my oordeel aanduidend

daarvan dat die appellant beskou kan word as ‘n redelike
besigheidspersoon van wie verwag kan word om in die gewone loop
van
besigheid noodsaaklike dokumunte behoorlik na te gaan by die
ondertekening daarvan.
[18]
Die getuienis namens die respondent is dat die appellant se eggenoot
versoek is om haar te vra om die dokument bevattende die
borgklousule
dringend te onderteken. Hierdie getuienis is onbetwis en het die
appellant hom nie in die aanbied van haar saak geroep
om dit te
ontken nie. Inteendeel, die getuienis is dat daar deurentyd wel met
mnr Combrink telefoniese gesprekke was hieroor en
is hierdie
gesprekvoering nie eers in kruisverhoor van die respondent se getuies
betwis nie. Ek is van oordeel dat die afleiding
gemaak kan word dat
hy nie geroep is om te getuig nie omdat hierdie getuienis die
waarheid is. Hoewel ‘n mens net kan spekuleer
of appellant se
eggenoot hierdie feit (dat sy ook ‘n borgstelling moes
onderteken) aan haar meegedeel het, regverdig dit
in ieder geval die
gevolgtrekking dat die respondent wel die feit dat ‘n
borgstelling vereis word aan haar eggenoot openbaar
het.  Indien
sy daarna onbewus sou wees van die bestaan daarvan, kan dit nie voor
die respondent se deur gelê word nie.
[19]
Die feite in hierdie saak verskil hemelsbreed van die feite in
Brink
loc
cit.
Mnr
Mills se argument dat die feite 100% ooreenstem is sonder meriete.
Eerstens is daar ‘n duidelike verskil wat inhoud
en formaat van
die twee dokumente in die onderskeie sake betref en tweedens verskil
die omringende omstandighede.  Die appellant
Brink se getuienis
is deur die Hoogste Hof van Appèl aanvaar met betrekking tot
sy persoonlike ervaring van kredietaansoeke
namens sy maatskappy en
sy houding ten opsigte van die aangaan van borgkontrakte namens sy
maatskappy
Teen
die agtergrond van die omringende omstandighede hierbo sou die
respondent derhalwe redelikerwys geregtig wees om te aanvaar dat
die
appellant bereid was om haarself as borg te verbind vir Mardico se
skuldverpliginge en dit inderdaad gedoen het.
Sien:
Slip
Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Willem Malan du Toit
2011 (4) SA 72
(SCA) te p 78B.
[20]
Met inagneming van al die feite soos hierbo genoem is dit na my
oordeel waarskynlik dat die appellant ten tyde van ondertekening
van
die dokument wel bewus was dat dit ‘n borgklousule bevat en
daartoe toegestem het weens die finansiële verknorsing
waarin
Mardico op daardie tydstip was en die feit dat pogings aangewend is
om Mardico van ondergang te red. Na my mening kon die
appellant nie
daarin slaag om haar te kwyt van die bewyslas dat die voormelde
borgklousule ‘n versteekte klousule was en/of
dat sy onbewus
was van sodanige klousule en/of dat sy deur of namens respondent
mislei is aangaande die borgklousule in die dokument
nie.
[40]
Gevolglik word die appél van die hand gewys met koste.
_________________
C.
REINDERS, WnR
Ek stem saam.
_____________
J.P.
DAFFUE, R
Namens
Appellant:
Mnr. B. J. Mills
In opdrag van:
Phatshoane
Henney Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondente:
Adv. D.R. du Toit
In
opdrag van:
Spangenberg
Zietsman & Bloem
BLOEMFONTEIN