Brandwag Primary Aftercare BK v Brandwag Primere Skool and Others (4896/2012) [2015] ZAFSHC 237 (3 December 2015)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against order granting amendment of particulars of claim — Amendment sought after expiry of time limit set by Uniform Rule 28(6) — Right to amend particulars of claim lapsed — Application for leave to appeal against amendment order deemed academic — Leave to appeal against costs order — Exceptional circumstances warranting leave to appeal against costs order — Reasonable prospects of success on appeal regarding costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 237
|

|

Brandwag Primary Aftercare BK v Brandwag Primere Skool and Others (4896/2012) [2015] ZAFSHC 237 (3 December 2015)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:  4896/2012
In
die saak tussen:-
BRANDWAG
PRIMARY AFTERCARE BK
Applikant/Eiser
en
BRANDWAG
PRIMêRE SKOOL
1
ste
Respondent/1
ste
Verweerder
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD
VIR
ONDERWYS, VRYSTAAT PROVINSIE
2
de
Respondent/2
de
Verweerder
UITSPRAAK IN AANSOEK OM VERLOF TOT APPEL
CORAM:
KRUGER, R
GELEWER
OP:
3
DESEMBER 2015
[1]
Hierdie is ’n uitspraak in ‘n aansoek om verlof om te
appelleer teen ‘n uitspraak van Murray WnR gelewer op
23
Oktober 2014 waarin sy verlof aan die eiser (“Aftercare CC”)
verleen het om sy besonderhede van eis te wysig, en
sekere
kostebevele gemaak het.  Gerieflikheidshalwe word na die partye
as eiser en eerste verweerder verwys.  Die eerste
verweerder vra
verlof om te appelleer.
[2]
Die wysiging moes ingevolge Eenvorminge Hofreël 28(6) aangebring
gewees het 10 dae na die bevel wat op 23 Oktober 2014
gegee is,
naamlik op 6 November 2014.  Die eiser het versuim om die
wysiging aan te bring voor 6 November 2014.  Op 7
November 2014
het die eerste verweerder (“die Skool”) ’n Aansoek
om verlof tot Appèl by die Griffier ingedien
en op die eiser
se prokureur beteken.  Gevolglik, so voer Mnr Snellenburg vir
eerste verweeder aan, is die aansoek om verlof
om teen die wysiging
te appelleer akademies, want die reg om te wysig het by regswerking
ingevolge reël 28(6) verval.
Mnr Greyling, vir eiser sê
dat die toestaan van ’n wysiging ’n interlokutêre
bevel is wat nie appelleerbaar
is nie met verwysing na
Webber
Wentzel v Batstone and Another
1994 (4) SA 334
(T).  Die eiser se reg om te wysig het deur die
werking van Eenvorminge Hofreël 28(6) verval.  Die
hofbelvel van
Murray WnR wat die wysiging magtig het geen verdere
regswerking nie en kan nie die onderwerp van ’n appèl
wees nie.
Verlof om teen die toestaan van die wysiging te
appelleer kan nie toegestaan word nie.
[3]
Die eerste verweerder vra ook verlof om teen die kostebevel te
appelleer, wat die koste van die uitstel op 9 Oktober 2014 insluit
en
die koste van die wysigingsaansoek.
[4]
Verlof tot appèl teen kostebevele word nie geredelik
toegestaan nie.  Die omstandighede is hier buitengewoon, want

die wysigingsbevel wat aan die kostebevel gekoppel was, het verval en
die party wat die vergunning gevra en gekry het is nie gelas
om die
koste te betaal nie.  ’n Party soos eiser, wat wysiging
verlang, vra ’n vergunning, veral waar dit gaan
om die
terugtrekking van ‘n erkening, en so ’n party word
gewoonlik gelas om die koste te betaal ten einde nadeel uit
die weg
te ruim, tensy die opponering onredelik was.  Daar bestaan na my
mening redelike vooruitsigte dat ’n ander hof
kan bevind dat
Murray WnR nie bevind het dat opponering onredelik was nie, en nie
die vraag beslis het of daar benadeling was,
en dat sy nie volledig
aandag aan die vraag gegee het of benadeling deur ’n kostebevel
uitgewis sou word nie.   In
hierdie geval bestaan daar na
my mening ’n redelike moontlikheid dat ’n ander hof ’n
ander kostebevel sal maak
met inagneming van die rede vir uitstel, en
benadeling.
BEVEL
Verlof
word toegestaan om na die Volle Hof van hierdie afdeling te appelleer
teen die kostebevel gemaak op 13 Oktober 2013.
____________
A.
KRUGER, R
Namens
Appellant:
Adv
N Snellenburg SC
In opdrag van:
Horn & Van Rensburg
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerder:
Adv P Greyling
In opdrag van:
Goodrick & Franklin
BLOEMFONTEIN
/wm