About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 235
|
|
Griekwaland Wes Korporatiewe Beperk v Karob Boerdery (EDMS) Bpk and Another (4573/2009) [2015] ZAFSHC 235 (3 December 2015)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 4573/2009
In
die saak tussen:-
GRIEKWALAND-WES
KORPORATIEF BEPERK
Applikant/Eiser
en
KAROB
BOERDERY (EDMS) BPK
1
ste
Respondent/1
ste
Verweerder
CHARL
DANIEL WILKE
2
de
Respondent/2
de
Verweerder
UITSPRAAK IN AANSOEK OM VERLOF TOT APPEL
CORAM:
KRUGER, R
AANGEHOOR
OP:
1
DESEMBER 2015
GELEWER
OP:
3 DESEMBER 2015
[1]
Hierdie is ’n aansoek om verlof om te appelleer teen my
uitspraak van 13 Augustus 2015. Mnr van der Walt voer aan
dat
’n ander hof tot ’n ander gevolgtrekking sal kom met
betrekking tot die uitleg van die skuldbewys, met verwysing
na
Bothma-Batho
Transport (Edms) Bpk v S. Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk
2014 (2) SA 494
(HHA) paragarawe 10 tot 12. In paragraaf 12 van
voormelde uitspraak sê die geleerder appèlregter dat die
hof
die kontrak uitlê in die lig van die relevante en
toelaatbare samehang, insluitende die omstandighede waarin die
dokument
tot stand gekom het. Mnr van der Walt sê dat
getuienis oor die bedoeling van die partye ontoelaatbaar is, en nie
in
ag geneem kan word by uitleg nie, met verwysing na
Coopers
& Lybrand and Others v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) te 768A-E. Mnr Grobler sê as die
dokument dubbelsinnig is, kan na ekstrinsieke omstandighede gekyk
word, met verwysing
na
Administrator,
Cape, and Another v Ntshwaqela and Others
1990 (1) SA 705
(A) te 715.
[2]
Mnr van der Walt doen aan die hand dat getuienis dat die skuldbewys
slegs met agterstalliges gehandel het, ontoelaatbaar is
weens die
verbod op ekstrinsieke getuienis. Ek het die skuldbewys
beoordeel volgens die objektiewe voorkoms en inhoud daarvan,
en
spesifiek die feit dat dit nie voorsiening maak vir paaiemente van
die terugbetaling van die hele R12 miljoen nie, en beslis
dat dit net
met agterstalliges handel. Die vraag is of daar redelike
vooruitsigte is dat ’n ander hof tot ’n
ander
gevolgtrekking sal kom. Die feite en omstandighede van hierdie
saak was ongewoon. Die skuldbewys is onduidelik.
[3]
Wat rente betref, is die skuldbewys onduidelik en het die eiser na my
mening nie sy saak bewys met betrekking tot die toepaslike
rentekoers
nie. Mnr van der Walt sê daar is redelike vooruitsigte
dat ’n ander hof kan vind dat die wetlik voorgeskrewe
rentekoers geld. Wat die borgskap betref, was die dokumentasie
na my mening misleidend en het die tweede verweerder bewys
dat hy nie
gebonde is nie. Dis sou onprakties wees om verlof tot appèl
slegs gedeeltelik toe te staan.
[4]
Daar bestaan redelike vooruitsigte dat ’n ander hof die saak
anders sal beoordeel en tot ’n ander gevolgtrekking
sal kom.
BEVEL
1.
Verlof om te appelleer word toegestaan om na die Volle Hof van
hierdie afdeling te appelleer.
2.
Koste is koste in die appèl.
____________
A.
KRUGER, R
Namens
Appellant:
Adv DJ van der Walt SC
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerder:
Adv S Grobler
In opdrag van:
McIntyre & Van Der Post
BLOEMFONTEIN
/wm