Sejake v S (A30/2015) [2015] ZAFSHC 239 (21 November 2015)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearm and ammunition — Appellant convicted of illegal possession of a firearm and ammunition following a police raid at a tavern — Evidence presented by police officers indicating firearm found on appellant during search — Appellant denied possession, claiming firearm was found under a table — Trial court found state proved possession beyond reasonable doubt — Appeal against conviction and sentence — Court held that discrepancies in witness testimonies did not undermine credibility of state witnesses, and appellant's defense was found to be implausible — Conviction upheld, but issues regarding the accuracy of charges in the indictment raised.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 239
|

|

Sejake v S (A30/2015) [2015] ZAFSHC 239 (21 November 2015)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appèl
Nr. : A30/2015
In die
appèl tussen:-
MOKETE
SEJAKE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VAN ZYL, R
et
WILLIAMS,WND R
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
GELEWER
OP:
24 NOVEMBER  2015
[1]
Appellant het op twee aanklagte tereggestaan, synde aanklag 1, die
onwettige besit van ‘n vuurwapen en aanklag 2, die
onwettige
besit van ammunisie.  Dit is beweer dat appellant op 11 Augustus
2012 in die besit was van `n 9mm Parabellum Lorcin
Pistool (geen
reeksnommer) en ten opsigte van die ammunisie, 3 x 9mm rondtes.
Appellant het onskuldig gepleit, maar is skuldig
bevind op beide
aanklagte. Op aanklag 1 is appellant gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf en op aanklag 2, tot 2 jaar gevangenisstraf.

Dit is gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien moet word.
[2]
Appellant het by die verhoorhof aansoek gedoen om verlof om te
appelleer teen die opgelegde vonnisse, welke verlof geweier was.

Appellant het daarop ‘n petisie tot die Hooggeregshof gerig,
waarop verlof verleen is om teen beide sy skuldigbevindings
en die
opgelegde vonnisse te appelleer.
AD
MERIETE
VAN DIE SKULDIGBEVINDINGS
:
[3] Die staat
het twee getuies geroep.  Konstabel Motolo het getuig dat hy en
van sy kollegas die aand van die voorval ‘n
klopjag op ‘n
taverne uitgevoer het.  Die taverne was baie vol.  Nadat
hulle die taverne binnegegaan het, het hulle
al die persone beveel om
op die grond te lê sodat hulle gevisenteer kon word.
Hoewel al die persone dienooreenkomstig
gaan plat lê het, het
Konstabel Motolo gemerk dat appellant nie gaan lê het nie, maar
op sy stoel bly sit het terwyl
hy slegs vorentoe gebuig en rondgekyk
het.  Konstabel Motolo het een van sy kollegas gevra om hom dop
te hou, aangesien hy
appellant wou visenteer.  Hy het appellant
genader en hom beveel om op die grond te lê.  Hy het
appellant gevisenteer,
waarop hy ‘n vuurwapen onder appellant
se lyfband gekry het, voor by sy maag.  Konstabel Motolo het die
vuurwapen aan
sy kollega, Konstabel Sinxesi, getoon.  Konstabel
Motolo het appellant daarop na buite geneem en nadat appellant nie ‘n

lisensie vir die vuurwapen kon toon nie, het hy appellant
gearresteer.  Ander persone wat klaarblyklik onwettige
immigrante
is, was ook gearresteer. Van Konstabel Motolo se kollegas
het ook messe op die toneel gevind. Die vuurwapen was ‘n 9mm
Lorcin
Pistool bevattende drie 9mm lewendige rondtes ammunisie.
Hy het beslag gelê op die vuurwapen en die ammunisie en dit
is
eventueel by die SAP13 stoor ingehandig.
Die
tweede staatsgetuie, Konstabel Sinxesi, was die aand ook deel van die
klopjag.  Hy het in wese Konstabel Motolo se getuienis

bevestig.  Beide die getuies het ‘n stelling namens die
beskuldigde tot dien effekte dat die vuurwapen onder ‘n
tafel
gevind was en nie aan appellant nie, ontken.
[4] ‘n
Ballistiese verslag opgestel in die vorm van ‘n beëdigde
verklaring in terme van artikel 212 van die Strafproseswet,
51 van
1977, is by ooreenkoms tussen die staat en die verdediging ingehandig
as bewysstuk “A”.  Ten opsigte van
die pistool en
die ammunisie ter sprake in die onderhawige saak, is die volgende
relevante bevindings daaromtrent in bewysstuk
“A” vervat:

5.

I
visually inspected the cartridges mentioned in 3.2 and found they
consist of a primer, cartridge case, bullet and propellant and
were
designed and manufactured to be fired by a centre-fire firearm.
6.
I examined and tested the pistol mentioned in 3.1 and found:
6.1           The
pistol mentioned in 3.1 functions normally without any obvious

defects.
6.2

7.
I examined and tested the mechanism of the pistol mentioned in 3.1
and found it to be self-loading but not capable of discharging
more
than one shot with a single depression of the trigger.  I also
found that:
7.1
The device was
manufactured or designed to discharge centre-fire ammunition.
[5]
Appellant het tydens sy getuienis in wese sy pleitverduideliking
herhaal. Hy het getuig dat hy die aand by die taverne was,
besig om
potspel te speel.  ‘n Groep polisiebeamptes het die
taverne binnegekom,  vuurwapens op die persone in
die taverne
gerig en hulle beveel om plat te lê.  Terwyl hulle
platgelê het, is hulle met geskoende voete geskop
en ook met
oop hande geklap.  Die polisie kon niks vind nie, maar toe hulle
oppad was na buite, het hulle ‘n vuurwapen
en messe onder ‘n
tafel gevind.  Hulle het die vuurwapen na die eienaar van die
taverne geneem en dit aan hom getoon,
waarna die polisiebeamptes
teruggekeer het na appellant en vir hom en van sy werkskollegas
arresteer het en na die polisiestasie
geneem het. Appellant het
ontken dat daar ‘n vuurwapen aan sy persoon gevind was. Ene
Sibusiso, wie as sekuriteitsbeampte
die aand opgetree het, was ook
gearresteer.  Ene Lebohang, wie saam met appellant potspel
gespeel, het was ook gearresteer.
Die ander persone wat saam
met appellant gearresteer was, was egter vrygelaat by die
polisiestasie.
[6]
Sibusiso Ncele is as verdedigingsgetuie geroep.  Hy het getuig
dat hy die aand by die taverne werksaam was, deurdat hy
die persone
wat die taverne binnegegegaan het, by die toegangsdeur moes
visenteer.  Appellant is goed aan hom bekend en ken
hy hom vanaf
die taverne, hoewel hulle nie vriende is nie.  Volgens hom het
hy appellant die aand visenteer voordat appellant
die taverne
binnegegaan het en het appellant geen wapen aan hom gehad nie.
Die rede waarom die getuie spesifiek onthou dat
hy vir appellant
gevisenteer het, is omdat hy vir appellant gevra het om vir hom
koeldrank te koop, wat appellant onderneem het
om te doen, maar toe
nooit gedoen het nie.  Hy het voorts gedurende kruisverhoor
getuig dat die wapen en messe moontlik deur
vroulike besoekers die
taverne binnegeneem kon gewees het, aangesien vroulike besoekers nie
gevisenteer word nie.
[7]
Lebohang Kgomo is ook as verdedigingsgetuie geroep.  Hy het in
wese appellant se getuienis bevestig met betrekking tot
wat by die
taverne gebeur het.  Gedurende sy getuienis in hoof het hy
verduidelik dat hulle besig was om potspel te speel
toe die polisie
die taverne binnegekom het, maar nadat hulle beveel was om op die
grond te lê, het hulle beweeg na die tafel
waarop hulle drank
gestaan het en toe naby daardie tafel gaan platlê.
Volgens hom was die vuurwapen en die messe egter
gevind onder ‘n
tafel wat langs laasgenoemde tafel met die drank op, gestaan het.
[8] In
sy uitspraak het die verhoorhof daarop gewys dat daar wel sekere
verskille bestaan tussen die weergawes van die twee staatsgetuies,

maar dat dit die tipe verskille is wat `n mens kan verwag wanneer
twee persone dieselfde voorval verskillend waarneem. Die verhoorhof

het ook bevind dat beide die staatsgetuies geen vyandige gesindheid
teenoor appellant openbaar het nie en dat daar geen kritiek
teen
hulle getuienis is nie.  Wat appellant en die
verdedigingsgetuies betref, blyk dit uit die uitspraak dat die twee
verdedigingsgetuies
in die hof gesit het toe die staatsgetuies getuig
het.  Wat die getuienis van Sibusiso Ncele betref, het die
verhoorhof bevind
dat hy nie gesien het wat in die taverne gebeur het
nie en dus nie werklik die saak kon verder neem nie.  Hoe die
wapen die
taverne binne geneem was, is spekulasie.  Wat die
getuienis van appellant en Lebohang Kgomo betref, het die verhoorhof
uitgewys
dat daar ook verskille in hulle weergawes bestaan, maar dat
dit soortgelyke tipe verskille is as wat tussen die twee
staatsgetuies
se weergawes bestaan het.  Die verhoorhof het
daarop die volgende bevindings gemaak:

Dit
is so dat daar duidelike vrae is hoekom tussen al daardie mense sal
die polisiebeamptes wat beskuldigde van geen kant af ken
nie en hy
hulle nie ken nie, en hulle besluit hy is die man wat dit besit.
Daar is reeds gevind dat hulle geen vyandige gesindheid
teenoor hom
openbaar het nie.  Hulle was net lede van ‘n taakspan.
Beskuldigde self en sy getuie kan ook nie.
Hulle sê dit
is snaaks dat hy spesifiek uitgesonder is.
Dan
kom ons by die kwessie van die tafels.  Beskuldigde is oortuig
die tafels, was die snoekertafel soos daar gewys is langs
die
getuiebank en in hierdie hoek was die tafel.  Toe dit aan Kgomo
in getuienis in hoof gestel is, toe het hy saamgestem
ja dit is reg,
dit is so.  En dan kom dit uit, daar is gestel toe die polisie
inkom en die tafel is daar, toe het die beskuldigde
daar op ‘n
stoel gesit en hy gesê ja.
Later
verander hy sy weergawe en sê nee, kyk daardie tafel was nie so
ver nie.  Ons bier het daar gestaan.  Hy was
so een en `n
half/twee meter van ons af, van daar van die deur af of van die
snoekertafel af in elk geval.
Later
toe kom dit, nee, die heeltyd het beskuldigde gesê onder
daardie tafel is die vuurwapen gekry.  Kgomo sê
dieselfde,
hy stem aanvanklik saam; dit is onder die tafel waar die bier op
gestaan het wat hierdie vuurwapen gevind is.
En dan ewe skielik
hoor ons van ‘n tweede tafel waar niemand by gelê het nie
waaronder hierdie vuurwapen gevind was.
Vergete is die weergawe
van dit was ons tafel waar ons bier op gestaan het waaronder die
vuurwapen gevind was.
Hierdie
is wesenlike weersprekings.  Dit maak dié weergawe van
die verdediging heeltemal onwaarskynlik en ongeloofwaardig.
Die
weergawe van die verdediging word as vals verwerp.”
[9] Na
my mening is daar geen basis waarop die verhoorhof se bevindings
gekritiseer kan word of daarmee ingemeng kan word nie.
Waar die
twee staatsgetuies lede was van ‘n hele taakmag, appellant nie
aan hulle bekend was nie en hulle nie aan appellant
bekend was nie,
is dit inherent onwaarskynlik dat hulle spesifiek vir appellant sou
uitkies tussen al die ander persone om te arresteer.
Die getuie
Kgomo se weersprekings met betrekking tot die tersaaklike tafel
waaronder die vuurwapen en messe gevind sou gewees het,
is wesenlik,
aangesien dit die essensiële kern vorm van appellant se
weergawe.
[10]
Gevolglik is ek van mening dat tereg bevind is dat die staat bo
redelike twyfel bewys het dat appellant in die onwettige besit
van
die pistool was, welke pistool in ‘n werkende toestand was en
met drie lewendige 9mm rondtes daarin.
[11] Dit
is egter nog nie die einde van die appèl nie.
[12] In die
klagstaat ten opsigte van aanklag 1 is daar slegs verwys na ‘n
pistool, sonder om enige melding te maak daarvan
dat dit ‘n
semi-outomatiese vuurwapen is.  Voorts verwys die klagstaat na
‘n foutiewe artikel van Wet 105 van
1997, deurdat dit verwys na
artikel 51(1) daarvan, in plaas van artikel 51(2).  Vanweë
laasgenoemde vermelding van `n
foutiewe artikel, het die tersaaklike
verwysing na Wet 105 van 1997 dus ook nie ‘n aanduiding gegee
dat die staat voornemens
is om daarop te steun dat die pistool ‘n
semi-outomatiese vuurwapen is nie.  Hierdie gebrek in die
klagstaat is dan
ook van meet af aan deur Mnr Botha, namens die
staat, in sy betoogshoofde uitgewys, waarvoor hy bedank word vir sy
eties korrekte
optrede as amptenaar van die hof.  Indien die
staat daarop wou steun dat dit ‘n semi-outomatiese vuurwapen is
wat by
appellant gevind was en dat die voorgeskrewe minimum vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf dus van toepassing sal wees, is dit ‘n

essensiële element van die beweerde oortreding.  Gevolglik
moes dit pertinent in die klagstaat vermeld gewees het.
Hoewel
die verhoorhof appellant skuldig bevind het “soos aangekla”,
blyk dit uit die vonnisverrigtinge dat die verhoorhof
die vonnis
benader het op die basis dat appellant skuldig bevind was aan die
onwettige besit van `n semi-outomatiese vuurwapen.
By gebrek
aan `n pertinente bewering met betrekking tot die semi-outomatiese
aard van die vuurwapen in die klagstaat, kan appellant
se
skuldigbevinding nie aldus geag gewees het deur die verhoorhof nie,
aangesien hy nie sodanig aangekla was nie.
Addisioneel
tot voormelde, blyk dit na my mening dat die staat hom ook nie van sy
bewyslas gekwyt het om in die onderhawige geval
te bewys, ten minste
by noodsaaklike implikasie, dat appellant geweet het of behoort te
geweet het dat die vuurwapen wat hy in
sy besit gehad het, ‘n
semi-outomatiese vuurwapen is nie.
Bogemelde
twee beginsels is as volg uiteengesit in
S
v Mukwevho
2010
(1) SASV 349 (GSJ) op 356I – 358C:

[11] In case I have been overly pedantic in
regard to the procedural aspects and the chain of evidence to prove
the possession of
the actual firearm alleged in the charge-sheet, I
shall now deal with the question of whether, even if one accepts that
the firearm
in question was indeed found on the person of the
appellant, he had the necessary mens rea. The general principle is
that
actus non facit reum nisi mens sit
rea.
In the context of our criminal
law, this Latin expression entails that, ordinarily, an accused
person cannot be convicted of a
crime unless he or she had a
blameworthy state of mind. This principle was affirmed in
S
v Qumbella
,
S
v Oberholzer
and
S
v De Blom
. The
De
Blom
case, with which every student of
criminal law will be familiar, has been followed in cases too
innumerable to mention. This blameworthy
state of mind may take the
form of
dolus
(generally understood to mean 'intention') or culpa (generally
understood to mean 'negligence'). There appears to have been no

reported case directly in point relating to possession of
semi-automatic firearms in terms of
s 3
of the
Firearms Control Act
60 of 2000
. In
S v Tshwape and Another
which was quoted with approval in
De
Blom
, Corbett J, as he then was, said
as follows:
'Without attempting to
formulate a proper definition of
mens
rea
, it seems to me that conduct which
falls within the terms of a statutory offence, will only escape the
taint of criminality on
the ground of absence of
men
rea
, where it appears that the person
concerned through ignorance or mistake was at that time unaware of
some fact or circumstance
which either by itself or in conjunction
with other facts and circumstances rendered such conduct an offence.'
Although
Botha and Du Plessis JJ were not, in the
Nziyane
case, dealing pertinently with the question of mens rea, it seems to
me that
the fact that the firearm in
question was a 'semi-automatic' one
(and, by definition, 'self-loading but not capable of discharging
more than one shot with a single depression of the trigger')
is
not merely part of the narrative or description of facts in the
charge-sheet: it constitutes an essential element of the alleged

offence.
Guided by the
Nziyane
case, by which I am in any event bound,
I
come to this conclusion that the semi-automatic feature of the
firearm is an essential element of the alleged offence, precisely
by
reason of the fact that it is the possession of this very type of
firearm that brings a severe minimum sentence into operation.

Moreover, it is not good enough to prove that an accused person
possessed a firearm which so happens to be a semi-automatic one.
With the
Tshwape
and
De Blom
cases as my guide, it seems to me that
it
must be proven, at least by necessary inference, that the accused
person must have known (
dolus
)
or ought to have been aware of the relevant facts (culpa) which give
rise to that prescribed minimum sentence for such possession
- and
assumed the risks attached thereto.
Ordinarily, when it comes to possession of a firearm, it will be a
matter of ready inference that a person found in actual physical

possession thereof either must have known or ought to have known that
it was a firearm. When it comes to possession of a
semi-automatic
firearm, that inference is not quite so easily drawn. Nevertheless,
the issue of whether such an inference may be drawn should
not,
generally, be unduly problematic for the prosecution. Ordinarily, the
inference can readily be drawn that a person proven
to have
discharged a semi-automatic firearm either knew or ought to have
known that it was 'self-loading but not capable of discharging
more
than one shot with a single depression of the trigger'. Furthermore,
cross-examination of an accused person should assist
in determining
how credible the denial by the accused person of the absence of
either
dolus
or culpa in regard to its semi-automatic quality may be. In the
present case before us, even if it were accepted that it has been

proven that he was in possession of a firearm, there is nothing to
justify the necessary inference that the appellant must have
been
aware or ought to have been aware of the fact that it was a
semi-automatic.” (Own emphasis)
[13] In
voormelde
Mukwevho
-uitspraak
is daardie appellant, vanweë die verdere redes in daardie
uitspraak vermeld, se skuldigbevinding tersyde gestel
en is hy
onskuldig bevind en ontslaan.  Na my mening is die feite in die
onderhawige geval egter onderskeibaar van daardie
feite, deurdat die
appellant in daardie geval, ooreenkomstig die klagstaat, inderdaad
aangekla was van die onwettige besit van
‘n semi-outomatiese
vuurwapen, welke essensiële deel van die oortreding toe bevind
was nie deur die staat bewese te
wees nie.  In die onderhawige
geval is appellant egter juis nie van sodanige oortreding aangekla
nie, maar in wese net van
die onwettige besit van ‘n
vuurwapen.  Gevolglik is ek van mening dat appellant in die
onderhawige geval steeds skuldig
bevind behoort te word aan die
onwettige besit van ‘n vuurwapen (nie semi-outomaties).
[14]
Duidelikheidshalwe word vermeld dat aangesien appellant slegs
aangekla was van die onwettige besit van `n pistool sonder om
te
beweer dat dit `n semi-outomatiese vuurwapen is, is die aanklag in
wese die onwettige besit van `n vuurwapen, waaraan appellant
skuldig
bevind is “soos aangekla”. Die mistasting deur die
verhoorhof het eers geblyk tydens vonnisverrigtinge. Gevolglik
meen
ek dat dit nie nodig is om met die skuldigbevinding op aanklag 1
“soos aangekla” in te meng nie.
AD
VONNIS:
[15]
Vanweë die verhoorhof se mistasting ten opsigte van aanklag 1,
moet vonnisoplegging daarop
de
novo
oorweeg word
op die basis dat daar geen voorgeskrewe minimum vonnis van toepassing
is nie.
[16]
Appellant het onder eed getuig ter strafversagting.  Uit sy
getuienis het dit geblyk dat hy in 1964 gebore is, hy is getroud
en
het vier skoolgaande kinders wat by hom en sy eggenote woonagtig is.
Appellant het Graad 6 op skool geslaag.  Ten
tyde van sy
arrestasie was hy reeds vir vyftien jaar by Tshepo Myn werksaam waar
hy ondergrondse werk verrig. Hy is sy gesin se
enigste broodwinner.
Appellant is ‘n Lesotho burger met ‘n
Suid-Afrikaanse paspoort en is hy reeds sedert 1980
in Suid-Afrika.
Appellant was ongeveer 11 maande as verhoorafwagtende in hegtenis.
Appellant het drie vorige veroordelings,
al drie waarvan ouer as 10
jaar is en neem ek dit nie in ag vir doeleindes van vonnisoplegging
nie.  Appellant se persoonlike
omstandighede word as versagtende
faktore ten gunste van hom in ag geneem.
[17] Die
misdryf ten opsigte van die vuurwapen waaraan appellant skuldig
bevind is, selfs al is dit nie `n skuldigbevinding aan
die onwettige
besit van `n semi-outomatiese vuurwapen nie, is ‘n baie
ernstige misdryf.  Die vuurwapen se reeksnommer
was afgeveil en
dit was in `n vol taverne in besit van appellant, wat potensieel `n
baie gevaarlike situasie was. Die hoë
voorkoms van onwettige
vuurwapens wat in ons land in omloop is, is ‘n groot faktor wat
aanleiding gee tot die pleging van
ernstige geweldsmisdrywe wat
opsigself hoë afmetings aanneem.  Gevolglik het die
gemeenskap ook ‘n belang daarin
dat oortreders soos appellant
op gepaste wyse gestraf moet word.
[18] Wat
die opgelegde vonnis op aanklag 2 betref, kan ek geen basis vind
waarop daarmee ingemeng kan word nie en het Mnr Van der
Merwe, namens
appellant, tereg ook nie die teendeel betoog nie. Ek stem ook saam
met die verhoorhof dat die twee vonnisse samelopend
uitgedien moet
word.
[19]
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
1.
Appellant se appèl
teen sy skuldigbevindings op beide  aanklagte 1 en 2, word van
die hand gewys. Die skuldigbevindings
word bekragtig op die basis dat
die skuldigbevinding op aanklag 1, `n skuldigbevinding aan die
onwettige besit van `n
nie
semi-outomatiese vuurwapen is.
2.
Appellant se appèl
teen die opgelegde vonnis op aanklag 1 slaag, die opgelegde vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf word tersyde
gestel en vervang met een
van 5 jaar gevangenisstraf.
3.
Appellant se appél
teen die opgelegde vonnis op aanklag 2 word van die hand gewys en die
opgelegde vonnis word bekragtig.
4.
Bogemelde vonnisse moet
samelopend uitgedien word en moet geag word opgelê te gewees
het op 25 Julie 2013.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Ek stem
saam.
__________________
A.
WILLIAMS,WND R
Namens
die appellant:
Adv. P.L. van der
Merwe
In opdrag van:
Bloemfontein Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent:
Adv. J. P. Du P Botha
In opdrag van:
Kantoor van die Direkteur van
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/
eb