About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 201
|
|
Crots v Crots and Others; In re: Crots v Crots (1816/2015) [2015] ZAFSHC 201 (22 October 2015)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
1816/2015
In
die saak tussen:-
INRI
CROTS
Applikante
en
PIETER
FREIDRICH GERHARDUS CROTS
1
ste
Respondent
HEIDI
SUSAN DU
PLOOY
2
de
Respondent
FIRSTRAND
BANK
LTD
3
de
Respondent
REGISTER
OF DEEDS, BLOEMFONTEIN
4
de
Respondent
IN
RE
:-
In
die saak tussen:-
INRI
CROTS
Eiseres
en
PIETER
FREIDRICH GERHARDUS
CROTS
Verweerder
AANGEHOOR
OP
:
15
OKTOBER 2015
CORAM
:
KRUGER,
R
GELEWER
OP
:
22
OKTOBER 2015
[1]
Die applikant vra dat die tweede tot vierde respondente gevoeg word
in haar aksie teen die eerste respondent.
Die aksie spruit uit
‘n hofbevel wat op 28 Oktober 2014 in ‘n egskeidingsaksie
tussen die applikant en die eerste
respondent gemaak is, in terme
waarvan die eerste respondent gelas is om 40% van die waarde van sy
bates soos op 9 Desember 2011
aan die applikant oor te dra.
[2]
Die tweede respondent is Me Du Plooy, die dogter van die applikant en
die eerste respondent. Die
derde respondent is Firstrand Bank
Beperk, wat gevoeg word as verbandhouer oor sekere eiendom. Die
vierde respondent is die
Registrateur van Aktes. Die derde en
vierde respondente opponeer nie die aansoek nie. Die eerste en
tweede respondent
opponeer wel die aansoek.
[3]
Voeging word behandel in Eenvormig Hofrëel
10. Voeging sal gelas word waar die party ‘n
direkte en
wesenlike belang in die kwessies wat geopper word het, en waar
daardie party se regte deur die beslissing van die hof
geraak kan
word. Die hof se diskresie word uitgeoefen in ooreenstemming
met die vereistes van gerief en goeie oordeel (
Marais
and Others v Pongola Sugar Milling Co Ltd and Others
1961 (2) SA 698
(N) te 702F-G).
[3]
Die rede vir die voegingsaansoek is dat die eerste respondent sy
boerdery aan sy dogter, die tweede
respondent, verkoop het. Die
koopsom was R4 miljoen, waarvan die eerste respondent nog net
R400 000 betaal het. Die
applikant voer aan dat die waarde van
die bates R5.7 miljoen is en dat daar bedrieglike samespanning tussen
die eerste en tweede
respondente was, en sy wil daardie transaksie
ter syde laat stel.
[4]
In die antwoordende eedsverklaring sê die eerste respondent dat
hy nooit die bedoeling gehad het
om die applikant te bedrieg nie.
Hy verwys na ‘n borgstelling wat die tweede respondent aanbied
ingevolge waarvan sy
onderneem om applikant se eis te betaal.
Die eerste respondent sê dat die grond inderwaarheid reeds in
September 2011
aan die tweede respondent verkoop is. Hieruit
kry mens die indruk dat hy beweer dat die grond op 9 Desember 2011
nie meer
deel van sy boedel gevorm het nie. Dit is wat die
applikant wil hê in die huidige aksie bereg moet word.
[5]
In sy betoog het Mnr Snellenburg, vir die eerste en tweede
respondente gesê dat die kontrak ingevolge
waarvan die eerste
repondent se besigheid en bates aan tweede respondent verkoop is,
eers na 28 Oktober aangegaan is. Hy
sê applikant se
waardeerder se getuienis is aan twyfel onderhewig.
[6]
Mnr Pienaar, vir die applikant, doen aan die hand dat die borgskap
van die tweede respondent haar ‘n
noodsaaklike party voor die
hof maak. Hy voer aan dat dit noodsaaklik, gerieflik en billik
sal wees as die tweede en ander
respondente gevoeg word, en dat dit
koste sal bespaar. Op hierdie stadium kyk die hof na die
bewerings van samespanning wat
gemaak word, soos wat op die stadium
van summiere vonnis gedoen word. Die hof gaan nie op die
meriete in nie.
[7]
Die regte van die tweede respondent word geraak deur die kwessie wat
die applikant wil laat bereg, naamlik
die tersydestelling van die
verkoop van bates aan haar deur die applikant. Die tweede
respondent is ‘n noodsaaklike
party tot die hoofgeding. Ook
uit hoofde van haar borgstelling is dit noodsaaklik dat die tweede
respondent ’n party
tot die geding is, want die hof sal in die
hoofgeding moontlik bevele in verband met die borgstellling maak.
[7]
Die applikant het ‘n behoorlike saak uitgemaak vir die voeging
en die wysiging wat beoog word.
BEVEL
1.
Die Tweede, Derde en Vierde Respondente word as Tweede, Derde en
Vierde Verweerders tot die aksie ingestel
deur die Applikant onder
saak 5225/2005 bygevoeg.
2.
Die applikant word gemagtig om binne 15 dae na verlening van hierdie
bevel, afskrifte van alle pleitstukke
geliasseer in die hoofgeding
asook ‘n kennisgewing van wysiging ooreenkomstig Eenvormige
Hofrëel 28 ten aansien van
die applikante se Besonderhede van
Vordering aan die respondente te beteken.
3.
Koste van hierdie aansoek staan oor vir beregting in die hoofaksie.
______________
A.
KRUGER,
R
Namens
Applikante:
Adv
CD Pienaar
In
opdrag van:
Phatsoane
Henny
BLOEMFONTEIN
Namens
1
ste
en 2
de
Respondente:
Adv
N Snellenburg SC
In
opdrag van:
Blair
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
3
de
en 4
de
Respondente:
Geen
verskyning
/wm