Khoabane v S (A25/2011) [2015] ZAFSHC 212 (15 October 2015)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against sentence — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to 15 years' imprisonment — Appellant contended that time spent in custody awaiting trial should be considered as a substantial and compelling circumstance warranting a lesser sentence — Court held that while pre-sentencing detention is a factor to consider, it does not automatically equate to a reduction in sentence; the proportionality of the sentence to the crime remains paramount — Sentence of 15 years upheld as justified in light of the severity of the crime and lack of compelling circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 212
|

|

Khoabane v S (A25/2011) [2015] ZAFSHC 212 (15 October 2015)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appel
nommer: A25/2011
In
die saak tussen:
KHOABANE
P
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VAN ZYL, R
et
WRIGHT,
WNO R
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
GELEWER
OP:
15 OKTOBER 2015
[1] Appellant het
tereggestaan op 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede
deurdat dit beweer is dat hy op 25 Julie 2009
te Bloemfontein 'n
Toyota Corolla motorvoertuig ("die voertuig") vanaf J.L.
Nel ("die klaer") geroof het, tydens
welke rooftog die
klaer met 'n bierbottel en 'n ysterstaaf geslaan was. Appellant het
regsverteenwoordiging geniet in die hof
a quo
en het onskuldig
gepleit. Appellant is egter skuldig bevind soos aangekla en gevonnis
tot 15 jaar gevangenisstraf. Appellant het
aansoek gedoen by die hof
a
quo
om verlof om teen die opgelegde vonnis te appelleer,
welke verlof toegestaan was.
[2] Die klaer het
gedurende die aand in Nelson Mandela Rylaan te Bloemfontein gery met
die voertuig. Toe hy by 'n rooi robot stop,
het drie mans in die
voertuig geklim en horn beveel om te ry. Hulle het gery tot by 'n
swart woonbuurt, waar verskillende persone
uit die voertuig geklim
het en ander weer in die voertuig geklim het. Op 'n stadium het die
klaer gepoog om te ontsnap deur te
beweer dat hy uit die motor wil
klim ten einde te urineer. Nadat hy uit die motor geklim het, is hy
van agter gegryp en is sy bril
op sy gesig stukkend geslaan. Die
klaer is nie in staat om aan te dui waarmee hy aangerand was nie,
maar het dit as 'n harde voorwerp
beskryf. Hy was onder andere ook op
sy kop met hierdie voorwerp aangerand. Op 'n stadium het die klaer op
die grond geval en sy
bewussyn verloor. Toe hy weer sy bewussyn
herwin, was hy toegemaak in die kattebak van die voertuig en die
voertuig het gery. Hy
het daarin geslaag om die kattebak van binne
oop te maak en toe die voertuig stadiger ry ten einde om 'n draai te
gaan, het die
klaer uit die bewegende voertuig se kattebak gespring.
Nadat hy op die grond geval het, was hy heeltemal deurmekaar en het
in 'n
sekere rigting begin stap. Die volgende oomblik het die
voertuig weer van vooraf gekom met dieselfde persone. Die klaer het
probeer
weghardloop, maar was swak vanwee die aanrandings op horn.
Hulle het horn weer agter in die kattebak toegemaak, waar die klaer
weereens sy bewussyn verloor het. Toe hy weer sy bewussyn herwin, was
die voertuig besig om te stop en die kattebak is oopgemaak.
Hulle het
horn uit  die  kattebak   op  die  grond
neergegooi. Die klaer het voorgegee dat
hy dood is. Hy is egter weer
op sy kop geslaan met die onbekende voorwerp. Een van die aanvallers
het die klaer se hand opgetel,
waarskynlik om te kyk hy nog lewe,
maar die klaer het steeds voorgegee dat hy dood is. Een van die
persone het horn toe in die
veld ingesleep aan sy voete. Nadat hy vir
ongeveer 30 minute daar gele het, het hy opgestaan en na die naaste
plaas geloop. Die
boer wou nie die deur oopmaak nie, maar het wel die
polisie gebel. Die klaer het teruggestap na die teerpad, waar die
polisie horn
aangetref het en opgelaai het. Konstabel Kolasa het
beskryf dat appellant se gesig vol bloed was. Terwyl hulle met die
klaer oppad
was na die hospitaal, het hulle die voertuig voor hulle
sien ry. Daar was twee mans en 'n dame in die voertuig. Die polisie
het
die voertuig probeer stop, maar dit het weggejaag. Toe die
polisie eindelik die voertuig kon voorkeer, het appellant, wie die
bestuurder
was, weggehardloop. Konstabel Kolasa en van sy kollegas
het appellant agternagesit. Selfs nadat een van die polisiebeamptes
'n
waarskuwingsskoot geskiet het, het appellant aanhou hardloop.
Appellant is eventueel deur Konstabel Kolosa ingehaal en gearresteer.

Die klaer het appellant identifiseer as die persoon wat  die
voertuig bestuur het en wat een van die drie persone was wat

aanvanklik in die voertuig geklim het by die robot. Appellant se
voertuig het R22 000.00 se skade opgedoen.
[3] Die klaer het getuig
dat hy 21 steke by die hospitaal ontvang het. Sy neus was ook
gebreek. Met die uitgooi uit die kattebak
het hy ook sy rug beseer
deurdat die laaste twee  kussings tussen sy werwels geskuif het.
Die klaer het aan die hof 'n foto
op sy selfoon getoon wat geneem was
nadat hy die beserings opgedoen het. Hierdie foto is as volg deur die
hof a
quo
beskryf:
"A heavily bruised
person with both eyes severely puffed, which appears to be a very
swollen nose area. It appears to be a
broken nose and a severe linear
scar which appears to be about three centimetres long, linear in
nature, just above the left eye."
[4]
Die skuldigbevinding blyk na my mening in orde te wees.
[5] Met bogemelde
bevindings as die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is,
moet die appel teen die opgelegde vonnis nou
oorweeg word. Die
voorgeskrewe minimum vonnis in terme van Wet 105 van 1997, is 15 jaar
gevangenisstraf. Die verhoorhof het bevind
dat daar geen wesenlike en
dwingende omstandighede is wat die oplegging van 'n mindere vonnis
regverdig nie.
[6]  Mnr
Tshabalala,  namens appellant,  het aan die hand gedoen dat
die hof a
quo
fouteer het deur nie voldoende gewig te heg aan
die feit dat appellant 'n jaar en 6 maande as verhoorafwagtende in
hegtenis verkeer
het nie, en dat dit, tesame met  appellant se
persoonlike omstandighede, wel wesenlike en dwingende omstandighede
daarstel.
Mnr Tshabalala het op die uitspraak in
S v BROPHY AND
ANOTHER
2007 (2) SACR 56
(W) op 59 B – 60 A gesteun waarin
beslis is dat 'n termyn in die gevangenis as verhoorafwagtende
gelykstaande is aan n vonnis
dubbel die lengte daarvan:
"[16] In
S v
Stephen and Another
1994 (2) SACR 163
(W) it was said by
Schutz J at 168fthat
'. . . I would agree that
there is force in Mr
Du Plessis'
submission, based on the
Canadian decision of
Gravino
(70/71)
13 Crim LQ 434
(Quebec
Court of Appeal):
"Imprisonment whilst awaiting trial is the
equivalent of a sentence of twice that length.
'
[18] There is no evidence
before this Court detailing the living conditions of awaiting-trial
prisoners, who are presumed to be
innocent and who are first
offenders. What does not require evidence is that time spent in
prison awaiting trial is, at the very
least, equivalent to time
served without remission. In addition, such prisoners do not get the
benefit of any presidential pardon.
What cannot be disputed is that
the lot of the awaiting-trial prisoner is harsher than that of a
sentenced prisoner in that he
or she cannot participate in the
programmes that a prison may run. What he or she is condemned to is a
seemingly endless routine
of boredom in the course of which he or she
cannot earn any privileges for which serving prisoners can qualify by
reason of good
conduct. Judicial cognisance can also be taken of the
gross overcrowding in prisons housing awaiting-trial prisoners. On a
prison
visit I have seen such conditions. As appears from the annual
reports of Fagan J, the Inspecting Judge of Prisons, these harsh
conditions have not been ameliorated.
[19] There is no science
from which it can be determined that  such conditions are
equivalent to double or treble or less than
double time served.
Taking  all conditions into account - and there are
probably others that may be found in some prisons
- and
notwithstanding the reservations expressed  by Goldstein J,
I
am  satisfied  that  the
ratio
in
the
Stephen
case ought to be followed."
(Eie beklemtoning)
[7] Die Hoogste Hof van
Appel het egter al by ten minste  twee geleenthede nie met
voormelde uitspraak saamgestem nie. In
S v RADEBE AND ANOTHER
2013 (2) SACR 165
(SCA) was die appellante vir ongeveer 2 Jaar en 4
maande as verhoorafwagtendes in hegtenis. Daar 1s as volg op 168 I en
verder
beslis:
"[11] The appellants
now argue that in reconsidering the sentences we should take into
account the period of two years and
four months awaiting the
completion of the trial. They rely on
S v Brophy and Another
2007
(2) SACR 56
(W) in this regard.
[13] In my view there
should be no rule of thumb in respect of the calculation of the
weight to be given to the period spent by
an accused awaiting trial.
(See also
S v Seboko2009
(2) SACR 573 (NCK) para 22.) A
mechanical formula to determine the extent to which the proposed
sentence should be reduced, by reason
of the period of detention
prior to conviction, is unhelpful. The circumstances of an individual
accused must be assessed in each
case in determining the extent to
which the sentence proposed should be reduced. (It should be noted
that this court left open
the question of how to approach the matter
in
S v Dlamini2012
(2) SACR 1 (SCA) para 41.
[14] A better approach,
in my view, is that the period in detention pre­ sentencing is
but one of the factors that should be
taken into account in
determining whether the effective period of imprisonment to be
imposed is justified: whether it is proportionate
to the crime
committed. Such an approach would take into account the conditions
affecting the accused in detention and the reason
for a prolonged
period of detention.
And accordingly. in determining, in respect
of the charge of robberv with. aggravating circumstances, whether
substantial and compelling
circumstances warrant a lesser sentence
than that prescribed by the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997
(15 years' imprisonment
for robbery), the test is not whether on i ts
own that period of detention constitutes a substantial or compelling
circumstance,
but whether the effective sentence proposed is
proportionate to the crime or crimes committed: whether the sentence
in all the
circumstances including the period spent in detention
prior to conviction and sentencing, is a just one.
[16] I am satisfied that
the prescribed sentence of 15 years' imprisonment is fully justified
in respect of the robbery committed
by both appellants." (Eie
beklemtoning)
Laasgenoemde beginsels is
daaropvolgend weer bevestig en beklemtoon in
DIRECTOR OF PUBLIC
PROSECUTIONS, NORTH GAUTENG: PRETORIA v GCWALA AND OTHERS
2014
(2)
SACR 337
(SCA) op 342 A - 344 A:
"[12] The first
misdirection the state relies on is the determination that the period
of four years' imprisonment spent in
custody while awaiting trial was
calculated by the trial court as constituting eight years, and that
that period was deducted from
the 20 year period that the court
considered appropriate.
[18]
...the sentencing
court should consider in all cases whether the period of imprisonment
proposed is proportionate to the crime committed,
taking into
account, for that purpose, the period spent in custody awaiting
trial.
[19] The trial court in
this matter should have determined whether, in all the circumstances,
the substantial and compelling circumstances
shown to have existed,
including the period spent in custody awaiting trial, justified
imposing a sentence less than that prescribed
by the legislature. The
four years spent in custody prior to the trial by each of the
respondents should have been taken into account
as a factor
warranting deviation from the prescribed sentence. But the doubling
of that period, especially given the length of
the period spent in
custody, cannot be justified. The deduction of eight years of
imprisonment from the number of years the trial
court thought was
warranted (apparently 20 years) amounted to a misdirection warranting
interference with the sentences imposed."
(Eie beklemtoning)
[8] Soos dit uit
bogemelde regspraak blyk, moet al die omstandighede relevant tot
vonnisoplegging, in ag geneem word. Wat die persoonlike
omstandighede
van appellant betref, moet daarop gelet word dat appellant se
regsverteenwoordiger in die hof a
quo
aan die hof voorgehou
het dat appellant 29 jaar oud is en is dit sodanig vermeld in die hof
a
quo
se uitspraak ten opsigte van die vonnis. Toe appellant
in sy eie verdediging onder eed getuig het, het hy (aldus die
oorkonde) egter
getuig dat hy 43 jaar oud is. Op die J 15 is sy
ouderdom ten tyde van arrestasie as 32 aangedui. Ek het dit dus nodig
geag om appellant
se identiteitsnommer op die SAP 69 na te gaan en
blyk dit dat hy gebore is 28 Februarie 1977. Sy korrekte ouderdom ten
tyde van
vonnisoplegging was dus 34 jaar oud. Dit wil voorkom of die
talk wat appellant se getuienis getolk het, waarskynlik net die twee

syfers omgeruil het. Ek aanvaar dus dat appellant 34 Jaar oud was ten
tyde van vonnisoplegging.
[9] Wat appellant se
verdere persoonlike omstandighede betref, het hy graad 11 op skool
geslaag. Hy is tradisioneel getroud en het
'n kind van 7 jaar oud.
Ten tyde van sy arrestasie was hy werksaam te Cashbuild waar hy R
3400. 00 per maand verdien het. Hy het
hierdie inkomste gebruik om
horn en sy gesin te onderhou en kry sy gesin finanasieel swaar sedert
hy in hegtenis geneem is. Hoewel
appellant vier vorige veroordelings
het, is dit, met die uitsondering van die laaste een, meer as 10 jaar
gelede gedateer en het
die hof
a quo
dit tereg nie in ag
geneem nie. Slegs die laaste vorige veroordeling, gedateer 24 Julie
2002, synde die afvuur van 'n vuurwapen
in 'n munisipale
gebied, waarvoor appellant gevonnis was tot 6 maande gevangenisstraf
wat in die geheel opgeskort is op sekere
voorwaardes, was dus deur
die hof
a quo
in ag geneem.
[10] Wat die aard en erns
van die misdryf betref, blyk dit reeds uit die opsomming van die
bevindings oor die gebeure. Die hof
a quo
het dan ook tereg
die volgende verswarende faktore uitgewys en in ag geneem:
1. Die erns van die
misdryf.
2. Die  hoe voorkoms
van  die  misdryf  1n die  hof  se
jurisdiksie gebied.
3. Die ernstige aard van
die aanrandings op die klaer.
4. Die klaer was vir dood
agtergelaat in die bosse nadat appellant en sy makkers duidelik onder
die indruk verkeer het dat appellant
reeds dood was.
Soos tereg deur Me
Ferreira, namens die staat, uitgewys, is daar addisioneel tot
voormelde verswarende faktore, oak nag die volgende:
1. Appellant was tot so
mate aangerand dat hy meerdere kere sy bewussyn verloor het.
2. Hoewel die klaer
daarin geslaag het om uit  die kattebak te ontsnap, het
appellant en sy makkers horn weer gevange geneem
en weer in die
kattebak toegemaak. Dit was nadat hulle reeds ten voile beheer oar
die voertuig gehad het en dus kon wegry, maar
hulle het verkies om
die klaer verder aan te rand.
3. Nadat appellant en sy
makkers die klaer uit die kattebak gegooi het en die klaer alreeds
voorgegee het dat hy dood is, het hulle
horn egter  weer oor die
kop geslaan.
4. Appellant was die
bestuurder van die voertuig.
5. Toe die polisie gepoog
het om die voertuig te stop, het dit vining weggejaag. Nadat die
polisie daarin kon slaag om die voertuig
voor te keer, het appellant
weggehardloop en selfs nadat een van  die  polisiebeamptes
'n waarskuwingsskoot  afgevuur
het, het appellant
steeds aanhou hardloop. Eventueel het konstabel Kolasa appellant
ingehardloop en horn arresteer.
6. Die voertuig het R22
000.00 se skade opgedoen.
7. Appellant het 'n goeie
betrekking beklee ten tyde van die voorval - die misdryf was dus uit
gierigheid gepleeg.
8. Dit het uit die klaer
se getuienis geblyk dat hy geweldig geskok was gedurende die voorval
en dit as baie traumaties ervaar het.
Hy moes as gevolg daarvan
sielkundige behandeling ontvang.
[11] Die hof a
quo
het, soos deur bogemelde regspraak  vereis, die totaliteit
van die omstandighede oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat
die
verswarende faktore die  persoonlike omstandighede van appellant
by verre oorskadu. Die hof a
quo
het met verwysing na
S v
MALGAS
2001 (1) SASV 469 (A) voorts bevind dat die voorgeskrewe
minimum vonnis nie disproporsioneel tot die appellant, die misdryf en
die belange van die gemeenskap is nie en dat 'n onreg nie sal geskied
indien die voorgeskrewe minimum vonnis opgele word nie. Gevolglik
is
bevind dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat
die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig nie.
[12] Die wyse van die hof
a
quo
se benadering tot die oorweging van 'n gepaste vonnis,
sowel as sy gevolgtrekkings, kan na my mening geensins gekritiseer
word nie.
Dit is gedoen ooreenkomstig die beginsels neergele in die
tersaaklike regspraak. Die hof a
quo
het pertinent verwys na
die tydperk wat appellant as verhoorafwagtende in hegtenis verkeer
het as een van die faktore wat saam met
appellant se persoonlike
omstandighede teh gunste van appellant in ag geneem was. Die
omringende omstandighede tot die onderhawige
roof, maak dit egter
uiters ernstig. Selfs nadat die voertuig ten voile onder appellant en
sy makkers se beheer was, het hulle
weer die klaer gevange geneem en
aangerand met die waarskynlike doel dat hy moes sterf en dus as
getuie uitgewis word. Appellant
kan horn na my mening gelukkig ag dat
hy nie nog op 'n verdere klag van poging tot moord ook tereggestaan
het nie. Die tydperk
wat appellant dus as verhoorafwagtende in
hegtenis verkeer het, het nie die gevolg dat die opgelegde vonnis
skokkend swaar en onvanpas
is of dat 'n onreg deur die oplegging
daarvan geskied het nie.
[13] Gevolglik is daar
geen basis waarop met die opgelegde vonnis ingemeng kan word nie.
[14]
Die appel teen die opgelegde vonnis word van die hand gewys.
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
G.J.M. WRIGHT, WND R
Namens
die appellant:
Mr. L.M. Tshabalala In
opdrag van:
Bloemfontein Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent:
Adv. A. Ferreira In
opdrag van:
Kantoor van die
Direkteur: Openbare Vervolgings BLOEMFONTEIN