Rathaba v S (A162/2014) [2015] ZAFSHC 211 (15 October 2015)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to 10 years imprisonment — Appellant's plea of not guilty rejected by trial court based on complainant's credible testimony — Complainant testified to being assaulted and raped by appellant after being lured to his home — Appellant's defense inconsistent and implausible — Court upheld trial court's findings, confirming that the state proved the charge beyond reasonable doubt — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 211
|

|

Rathaba v S (A162/2014) [2015] ZAFSHC 211 (15 October 2015)

Sekere
persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die
dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet
en
SAFLII
se beleid.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN
Appel
Nr. : A162/2014
In
die appel tussen:-
LOLOKI
JOSEPH
RATHABA
Appellant
En
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VAN ZYL, R et DAFFUE, R
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
GELEWER
OP:
15 OKTOBER 2015
[1]
Appellant het tereggestaan op 'n aanklag van verkragting deurdat dit
beweer is dat hy op 26 September 2012, in die distrik van
Virginia,
vir N.M. ("die klaagster") verkrag het deur haar penaal
vaginaal te penetreer sonder haar toestemming. Appellant
het
onskuldig gepleit, maar is dienooreenkomstig skuldig bevind. Hy is
gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf.
[2]
Appellant het by die hof
a quo
aansoek gedoen om verlof om te
appelleer teen beide sy skuldigbevinding en die opgelegde vonnis,
welke aansoek van die hand gewys
is. Appellant het daarop petisioneer
na die Hooggeregshof, waarop verlof aan hom verleen is om te
appelleer teen beide sy skuldigbevinding
en die opgelegde vonnis.
[3]
Volgens die klaagster se getuienis was sy die aand van 26 September
2012 te Mutsumi Taverne saam met haar broer, haar seun en
haar seun
se meisie. Dit was die eerste keer wat sy daarheen gegaan het. Teen
ongeveer 22h00 het sy besluit om alleen huis toe
te stap ten einde te
gaan slaap. Terwyl sy in die straat geloop het, het sy skielik gevoel
dat iets haar van agter tref en het
sy geskok geskree. Sy het toe
opgemerk dat 'n man wat op daardie stadium aan haar onbekend was, die
persoon is wat besig was om
haar aan te val. Dit was die appellant.
Hy het vir die klaagster gesê dat hy eintlik opsoek was na haar
seun se meisie. Appellant
het haar in 'n bepaalde rigting getrek,
terwyl hy haar geskop het en van agter met 'n baksteen geslaan het.
Hy het ook gedreig
dat hy haar gaan doodmaak. Sy het probeer trek na
die teenoorgestelde rigting. Hy het haar egter getrek tot by 'n
woning wat hy
aangedui het sy ouerhuis is. Appellant het gesê
sy eie huis is te Albany. Hy het geklop aan die deur en sy moeder
geroep.
Sy moeder het die deur oopgemaak en hy het haar versoek om
vir hom 'n slaapkamer beskikbaar te maak, wat sy gedoen het. In die
kamer het appellant die klaagster se klere uitgetrek, terwyl hy haar
'n hoer genoem het. Daarna het appellant seksuele omgang met
haar
gehad sonder haar toestemming en sonder dat 'n kondoom gebruik is. Op
'n stadium het hy ejakuleer, waartydens hy hardop uitgeroep
het. Sy
moeder het in reaksie daarop na apellant geroep en gevra wat hy aan
die arme klaagster doen.  Appellant het daarna
sy klere
aangetrek en die huis verlaat, terwyl hy aangedui het dat hy na sy
eie woning gaan.
[4]
Appellant se moeder het daarna die klaagster genooi om by haar te kom
slaap. Die daaropvolgende gebeure is as volg deur die
klaagster in
haar getuienis beskryf:
"Yes? ... After he
had gone away I asked his mother ma'am, is it true, is this really
your child.
Yes? ... And his mother
confirmed that it is indeed his child. I then said to her that I came
across him in the street, I do not
even know him.
Then what happened? ... I
then told his mother that he had beaten me up and forcefully took me
to her place.
Yes? ... His mother said
that I must sleep over there, that she would wake me up in the
morning before he, the accused, arrives
because they normally visit
her place every morning, him and his wife.
Yes? ... In the morning,
I think it was past six, his mother woke me up and said girl, wake
up, you can go away because they can
come at any time with his wife.
Yes? ... I then said to
her be informed ma'am that I will be coming with the police here at
your place.
Yes? ... In response she
said don't come with the police here at my place.
Yes?
... I then left for my place of residence.
Yes? ... On my arrival
there I reported this incident to my mother, my children as well as
those that were with me at the tavern,
telling them what happened to
me.
Yes? ... My sibling and
my child asked me whether I know the place where I had been raped and
I said yes. They then said just go
and point the place out to us.
Yes? ... We then passed
by and I point it out the place to them and the accused was there,
going up and down the premises. His mother
also was outside, all of
them were going up and down outside."
[5]
Die klaagster het voorts getuig dat sy daarna gaan bad het, aangesien
sy nie geweet het dat sy nie veronderstel was om dit te
doen nie.
Omdat haar hele liggaam seer was, het sy Panado pille geneem en gaan
slaap. Toe sy later die middag wakker word, is sy
en haar dogter na
die polisiestasie waar sy die voorval rapporteer het. Appellant is
daarna na die polisiestasie gebring, tesame
met sy moeder. Daar het
appellant in die klaagster se teenwoordigheid die verduideliking
gegee dat die klaagster sedert die vorige
dag aan hom bekend is,
aangesien hy vir haar drank gekoop het by Mutsumi Taverne en ook by
Simbila Taverne. Hy het voorts verduidelik
dat hy haar die vorige
aand beskerm het deur haar na sy ouerhuis te neem. Appellant het
ontken dat hy gemeenskap met die klaagster
gehad het. Appellant se
moeder het op daardie stadium bevestig dat appellant met die
klaagster by haar huis opgedaag het en sy
het ook beweer dat die
klaagster haar vir kondome gevra het. Appellant is daarna
gearresteer. Die klaagster is na 'n kliniek geneem
vir 'n mediese
ondersoek.
Die
klaagster het erken dat sy ten tyde van die voorval onder die invloed
van drank was, maar het getuig dat dit nie dermate was
dat sy nie
behoorlik kon waarneem en onthou wat gebeur het nie.
[6]
Volgens appellant het hy die klaagster die tersaaklike aand in die
taverne ontmoet. Sy het geld vanaf hom versoek ten einde
drank te
koop. Die klaagster was alleen. Hulle het saam gesit en drink tot die
taverne toegemaak het. Gedurende kruisverhoor het
hy egter getuig dat
hulle nie saam gesit het nie, maar by verskillende tafels. Daarna het
die klaagster hom versoek om haar te
vergesel na haar woning. Buite
die taverne het die klaagster 'n man raakgeloop, wat sy later aan
appellant verduidelik haar gewese
mansvriend is. 'n Stryery het
tussen die klaagster en die man ontstaan, waarop die man die
klaagster aangerand het. Appellant het
die twee van hulle uitmekaar
gemaak. Daarna het die klaagster aangedui dat sy bang is om by haar
woning te gaan slaap, aangesien
haar gewese mansvriend weet waar sy
woonagtig is. Sy het appellant versoek om haar te help. Appellant het
toe aangebied dat hy
die klaagster na sy ouerhuis sal neem en dat sy
daar kon slaap. Hulle het toe eers by 'n ander taverne wegneem drank
gekoop. Daarna
is hulle na sy ouerhuis waar hy sy moeder versoek het
om die klaagster toe te laat om die nag daar te slaap en verduidelik
het
dat sy en haar gewese mansvriend baklei het. Toe appellant
beddegoed na die kamer geneem het waar die klaagster veronderstel was

om te slaap, het die klaagster hom begin uitvra of hy kondome
beskikbaar het; alternatiewelik of sy moeder kondome het. Appellant

se moeder het haar egter gehoor en haar tereggewys deur te sê
dat sy nie sulke aktiwiteite in die huis sou toelaat nie. Daarna
het
appellant se moeder die klaagster aangesê om saam met haar in
die kamer te kom slaap. Appellant het daarop die huis verlaat
en na
sy eie woning gegaan waar hy die nag saam met sy vrou deurgebring
het. Appellant ontken dus dat hy die klaagster aangerand
en/of
verkrag het. Volgens appellant was dit juis die klaagster wat met hom
gemeenskap wou hê, maar sodanige gemeenskap het
ook nie
plaasgevind nie.
[7]
Die J88 regsmediese verslag is ingehandig as bewysstuk B. Die
kliniese bevindings is as volg daarop genotuleer:
"On physical
examination, fresh bruises noted and victim reported that she was
assaulted with fists, clapped, kicked and stoned
... by unknown
male...
1.
Bruises left x2 lower arm.
2.
Bruises left thigh x1.
3.
Bruises left knee x 1.
4.
Small superficial lacerations R ankle area.
5.
Bruises back x 1 R side.
6.
Bruises back of the R arm x 1."
Onder
die gevolgtrekkings is die volgende genotuleer:
"On examination no
fresh visible injuries noted. Absence of no visible injury does not
rule out the alleged penetration ...
on 25/09/2012 at 01h00 by a
stranger ..."
[8]
'n Skrywe vanaf die forensiese wetenskap laboratorium van die SAPD
waaruit dit blyk dat geen manlike DNA verkry kon word vanaf
die items
daarvoor verskaf nie, is ingehandig as bewysstuk C.
[9]
Die klaagster is 'n enkelgetuie. Haar getuienis moet dus met
versigtigheid benader en oorweeg word. Sien
S v
Sauls & Others
1981 (3) SA 172
(A) op 180E - G.
By nalees van die verhoorhof se uitspraak, blyk dit dat by die
aanvang daarvan  ook  na die versigtigheidsreel
in die
verband verwys is. Daarop het die verhoorhof die getuienis van beide
die klaagster en appellant oorweeg en meerdere weersprekings,
gebrek
aan stellings aan die klaagster en onwaarskynlikhede in appellant se
getuienis uitgewys. Wat betref die getuienis met betrekking
tot die
gebeure tot en met die stadium wat appellant en die klaagster by
appellant se ouerhuis arriveer het, is ek van mening dat
die
verhoorhof se wyse van ontleding van die getuienis, die inhoudelike
daarvan en die gevolgtrekkings, nie gekritiseer kan word
nie. Die
getuienis van die klaagster is op kronologiese wyse aangebied en is
daar nie enige weersprekings of onwaarskynlikhede
in haar getuienis
nie. Daarenteen is appellant se getuienis inderdaad, soos deur die
verhoorhof bevind, deurspek met weersprekings,
stellings wat nie aan
die klaagster gemaak was nie en onwaarskynlikhede. Mnr Makhene,
namens appellant, het dan ook toegegee dat
appellant se weergawe dat
die klaagster deur haar gewese mansvriend aangerand was, nie redelik
waar kan wees nie. Hierdie toegewing
is na mening korrek gemaak. Ek
is dus van mening dat die verhoorhof tereg die klaagster se weergawe
met betrekking tot hierdie
gedeelte van die gebeure, aanvaar het.
[10]
Dit bring my by die gebeure by appellant se ouerhuis. In die verband
het Mnr Makhene betoog dat die verkragting as sulks nie
bo redelike
twyfel deur die staat bewys is nie. Hy het daarop gewys dat dit uit
die klaagster se getuienis blyk dat sy nie 'n 'n
rapport aan
appellant se moeder gemaak het dat sy verkrag is nie. Mnr Makhene het
aan die hand gedoen dat inaggenome dat appellant
se moeder duidelik
simpatiek teenoor die klaagster opgetree het, 'n mens sou verwag dat
sy appellant se moeder van die verkragting
sou vertel en nie bloot
van die feit dat appellant haar aangerand en teen haar wil daarheen
geneem het nie. Mnr Roothman, namens
die staat, het aan die hand
gedoen dat 'n eerste­ rapport nie 'n voorvereiste is vir 'n
skuldigbevinding aan verkragting nie.
Hy het betoog dat dit uit die
totaliteit van die getuienis blyk dat, op waarskynlikhede, die
klaagster nie pertinent 'n rapport
oor die verkragting aan appellant
se moeder gemaak het nie, aangesien die klaagster onder die
omstandighede aanvaar het dat appellant
se moeder reeds bewus was van
die verkragting.
[11]
Kruger A,
Hiemstra's Criminal Procedure,
op p. 24-9,
verwys na die volgende tersaaklike beginsels met betrekking tot
eerste-rapport getuienis:
"In spite of the
rejection of a general rule in the approach to the evidence of
complainants in sexual cases, and the provisions
of section 60 of Act
32 of 2007, it is submitted that the baby of experience should not be
thrown out with the bath water of sexism
(S
v Van der Ross
2002
(2) SACR 362
(C) at 365d-i). If the accused denies that sexual
contact took place, evidence of the distressed state of the
complainant is admissible
as proof that it did (S
v Hammond
2004
(2) SACR 303
(SCA) par [22]). Evidence of reporting the rape supports
consistency and admissibility (par [25]). The legislature's attempt
to
limit the significance to be attached to delay in reporting an
alleged sexual offence in section 59 of Act 32 of 2007, "the

court may not draw any inference only from the length of any delay
between the alleged commission of such offence and the reporting

thereof', should be approached with circumspection. The legislature's
intention appears to provide that an accused may not be acquitted
for
the sole reason of late reporting. Charges of a sexual nature have
special aspects which must not be overlooked. Late reporting
is a
factor which will be considered by the court. Section 58 of Act 32 of
2007 provides that evidence relating to previous consistent

statements by a complainant are admissible in proceedings involving
the alleged commission of a sexual offence, but the court may
not
draw an inference from the absence of such previous consistent
statements."
[12]
In die onderhawige geval is daar ongelukkig nie ten tyde van die
aanbied van die klaagster se getuienis moeite gedoen om detail

getuienis op rekord te kry met betrekking tot die inhoudelike van die
die rapport wat die klaagster aan appellant se moeder gemaak
het nie.
Die staat het ook nie appellant se moeder as getuie geroep om
hieromtrent te getuig nie. Hoewel dit moontlik so is dat
appellant se
moeder nie geroep is nie omdat sy vanwee haar verbintenis met
appellant waarskynlik geneig sou wees om eerder ten
gunste van
appellant te getuig, is dit blote spekulasie. Om te se dat die
klaagster nie sodanige rapport gemaak het nie omdat sy
aanvaar het
dat appellant se moeder reeds van die verkragting bewus was, is ook
blote spekulasie, aangesien die klaagster nie aldus
getuig het nie.
Die feit is dat dit uit die getuienis van die klaagster blyk dat sy
nie 'n rapport aan appellant se moeder gemaak
het met betrekking tot
die verkragting nie. Hoewel sodanige eerste­ rapport inderdaad
nie 'n voorvereiste is vir 'n skuldigbevinding
aan verkragting nie,
sou dit in die onderhawige geval, waar die klaagster 'n enkelgetuie
is en daar geen stawing vir haar weergawe
is nie, aanduidend kon wees
van die konsekwentheid van haar weergawe. Die feit dat die klaagster
dit nie gedoen het nie val in
die omstandighede ekstra vreemd op,
gegewe eerstens dat appellant se moeder so simpatiek en besorgd jeens
die klaagster was en
tweedens dat sy wel die aanranding op haar en
die feit dat sy teen haar wil daarheen geneem was rapporteer het,
maar nie die beweerde
verkragting nie.
[13]
Soos reeds vermeld, is dit appellant se weergawe dat dit die
klaagster was wat met hom gemeenskap wou he. 'n Aspek uit die

getuienis is tot 'n mate stawend van sodanige weergawe en val
terselfdertyd vreemd op vir die klaagster se weergawe. Reeds by die

polisiestasie het appellant se moeder, op die klaagster se eie
weergawe, beweer dat die klaagster haar vir kondome gevra het. Soveel

as 'n jaar later het appellant ook soortgelyke getuienis aangebied.
Volgens appellant het die klaagster vir kondome gevra omdat
sy
seksueel met hom wou verkeer, maar aangedui het dat sy midde haar
menstruele siklus was. Die J88 regsmediese verslag staaf dat
die
klaagster op daardie stadium in haar menstruele siklus was. Dit was
nie die klaagster se weergawe dat sy gepoog het om kondome
te kry ten
einde haarself te beskerm tydens die verkragtingsdaad nie. Daarom
ontstaan die wesenlike vraag waarom sy vir kondome
sou gevra het.
[14]
Gegewe dat ek reeds bevind het dat dit appellant was wat die
klaagster aangerand en haar teen haar wil na sy ouerhuis geneem
het,
blyk dit op sigwaarde onwaarskynlik te wees dat die klaagster daarna
konsensuele gemeenskap met appellant sou wou he. Die
volgende
uittreksel uit
Hiemstra's Criminal P
rocedure,
supra,
op p. 24-9, raak egter dan uiters relevant om in gedagte te hou
en toe te pas:
"As in the case of
the accomplice the participant to an alleged sexual offence is often
extremely adept at bending the truth
beyond recognition. Allegations
of sexual misconduct are easy to make and often difficult to refute.
Naturally there are often
no eyewitnesses. The problem is also not
confined to the area of malicious   incrimination. The
human sexual urge is
fundamentally irrational, and deep-seated
emotions and unconscious urges are often hallmarks of that
irrationality. For that reason
the versions given by participants in
the offence are often unwittingly unreliable. Furthermore judicial
credibility findings and
the weighing of probabilities are often more
fallible in sexual-assault cases than they are in others.
Rational criteria should
be applied to irrational material with great caution. External
factors such as prevailing moral norms and
sanctions imposed by the
community or family often feature, making the task of the
judex
facti
even more difficult. Well-known internal factors such as
feelings of guilt, shame, disappointment or frustration are even more
difficult
to detect or assess correctly. Furthermore, experience has
shown that there are sometimes underlying psycho-sexual factors which

are also invisible to common sense. In practice, courts will guard
against stereotyping, in the knowledge that in certain cases
it will
be very difficult for the complainant to lay a charge of a sexual
offence. Nevertheless the
judex facti
will throughout
proceedings be alert to the particular problems cases involving
sexual assault present, and it will have to be clear
to a court of
appeal from the evaluation of the evidence that the evidence was
approached with such an awareness ....much more
sympathetic towards
complainants in such cases. Natural sympathy cannot be allowed to
play any role in deciding whether the onus
of proof has been
satisfied. What is required is credible evidence which makes the
complainant's version more likely and the accused's
version less
likely (S
v Gentle
2005 (1) SACR 420
(SCA) pars [18] and [30])
per Cloete JA. The presiding officer must carefully analyse all the
evidence in a case of sexual assault.
Details can be vitally
important (
S v Vilakazi
[2008] ZASCA 87
;
[2008] 4 All SA 396
,
2009 (1)
SACR 552
(SCA) par [21]).
In a rape case the objective medical evidence is essential to
determine where the truth lies (S
v Ramulifho
2013 (1) SACR
388
(SCA) par [18])."
[15]
Vanwee die neutrale aard van die mediese getuienis, kan dit
ongelukkig ook nie as stawing van die klaagster se weergawe dien
nie.
[16]
Gegewe dat die klaagster 'n enkelgetuie is, is ek in die besondere
omstandighede van hierdie saak, soos uitgewys hierbo, nie
oortuig dat
die staat bo redelike twyfel die aanklag van verkragting teen
appellant bewys het nie.
[17]
Dit is egter nie die einde van die appel nie. Ek het reeds die
klaagster se weergawe van die aanranding op haar deur appellant,

aanvaar. In terme van Artikel 261 van die Strafproseswet, Wet 51 van
1977, is, onder andere, aanranding en ook aanranding met die
opset om
ernstig te beseer, bevoegde uitsprake op 'n aanklag van verkragting.
Ek is gevolglik van mening dat die staat bo redelike
twyfel bewys het
dat appellant hom skuldig gemaak het aan aanranding op die klaagster.
Die enigste vraag wat nog beslis moet word,
is of die handelinge van
appellant slegs aanranding daargestel het of aanranding met die opset
om ernstig te beseer. By die oorweging
van hierdie vraag moet die
volgende passasie in ag geneem word, soos uiteengesit in CR Snyman,
Criminal Law,
5de uitgawe, op p. 462:
"Whether grievous
bodily harm is in fact inflicted on Y is immaterial in determining
liability (though it is usually of great
importance for the purposes
of sentence). It is simply the intention to do such harm that is in
question. Whether X in fact had
intent to do grievous bodily harm is
a factual question. Important factors which may indicate that X had
such an intention are,
for example, the nature of the weapon or
instrument used, the way in which it was used, the degree of
violence, the part of the
body aimed at, the persistence of the
attack, and the nature of the injuries inflicted, if any. The crime
may be committed even
though the physical injuries are slight.
... X may be convicted of
assault with intent to do grievous bodily harm on the ground of not
only actually inflicting violence
on Y's body, but also on the ground
of a threat to inflict grievous bodily harm on Y."
[18]
In die onderhawige geval het appellant die klaagster getrek, geskop
en met 'n baksteen geslaan. Addisioneel daartoe het hy
ook gedreig
dat hy haar gaan doodmaak. Onder sodanige omstandighede is ek van
oordeel dat appellant inderdaad skuldig bevind moet
word aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer en nie slegs aanranding
nie. Mr Makhene het dit ook sodanig tereg toegegee.
AD
VONNIS:
[19]
Vanwee die feit dat daar ingemeng word met die skuldigbevinding tot
die mate hierbo uiteengesit, het dit outomaties tot gevolg
dat die
opgelegde vonnis tersyde gestel moet word en vervang moet word met 'n
gepaste vonnis vir die skuldigbevinding aan aanranding
met die opset
om ernstig te beseer.
[20]
Wat appellant se persoonlike omstandighede betref, was hy 39 jaar oud
ten tyde van vonnisoplegging, getroud en met een kind
van 4 jaar oud.
Appellant het graad 7 op skool geslaag. Ten tyde van sy
skuldigbevinding was hy werkloos en het hy slegs stukwerk
verrig.
Appellant se vrou was ook werkloos. Appellant was ongeveer 14 maande
as verhoorafwagtende in hegtenis.
[21]
Appellant het 8 vorige veroordelings wat strek vanaf 24 Mei 1993 tot
15 Augustus 2011. Die voorlaaste vorige veroordeling is
een van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal waarvoor appellant
gevonnis was tot 3 jaar gevangenisstraf, waarvan die
helfte opgeskort
was vir 5 jaar. Appellant was op 17 Oktober 2000 op parool vrygelaat.
Hy was egter weer op 7 April 2003 in hegtenis
geneem ten einde die
res van sy gevangenisstraf uit te dien vanwee die oortreding van sy
parool voorwaardes. Op 15 Augustus 2011
was hy skuldig gevind aan ' n
oortreding van die Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Plekke en
Voertuie, W et 53 van 1985, waarvoor
hy 'n skulderkenningsboete van
R300.00 betaal het. Gegewe dat die ander vorige veroordelings ouer as
10 jaar is voor die plaasvind
van die onderhawige voorval, neem ek
dit nie in ag nie. Sien
S v Mgwathi
1985(4) SA 22(TPA).
Die laaste skuldigbevinding aan 'n oortreding van Wet 53 van 1985, is
nie relevant tot die onderhawige skuldigbevinding
nie. Ek beskou
appellant dus as 'n eerste oortreder.
[22]
Die aanklag waaraan appellant nou skuldig bevind is, is steeds baie
ernstig van aard. Die beserings wat die klaagster opgedoen
het blyk
duidelik uit die J88 mediese verslag, bewysstuk B. Dit 1s toegedien
onder omstandighede waar die klaagster 'n onskuldige
en weerlose
teiken was. Boonop het appellant haar met die dood gedreig. Die
gemeenskap moet ook op gepaste wyse beskerm word teen
oortreders soos
appellant.
[23]
Wanneer al die faktore van toepassing by vonnisoplegging op
ewewigtige oorweeg word, is ek van oordeel dat 2 jaar gevangenisstraf

'n gepaste vonnis is.
[24]
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
1.
Appellant se appel
teen sy skuldigbevinding slaag, die skuldigbevinding aan verkragting
word tersyde gestel en vervang met 'n skuldigbevinding
aan aanranding
met die opset om ernstig te beseer.
2.
Die appel teen
appellant se opgelegde vonnis slaag, die opgelegde vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang
met 'n vonnis van 2
jaar gevangenisstraf.
3.
Laasgenoemde vonnis
moet geag word opgele te gewees het op 12 Desember 2013.
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
J.P.
DAFFUE, R
Namens
die appellant:
Adv.
J.S. Makhene In opdrag van:
Bloemfontein
Regssentrum BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent:
Adv.
J.W. Roothman In opdrag van:
Kantoor
van die Direkteur: Openbare Vervolgings BLOEMFONTEIN