About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 150
|
|
Griekwaland Wes Korporatiewe Bpk v Karob Boerdery (EDMS) Bpk and Another (4573/2009) [2015] ZAFSHC 150 (13 August 2015)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
4573/2009
In die saak tussen:-
GRIEKWALAND
WES KORPORATIEWE
BPK
Eiser
en
KAROB
BOERDERY (EDMS)
BPK
1
ste
Verweerder
CHARL
DANIEL
WILKE
2
de
Verweerder
AANGEHOOR
OP
:
4,
5 & 7 AUGUSTUS 2015
CORAM
:
KRUGER,
R
GELEWER
OP
:
13
AUGUSTUS 2014
[1]
Die eiser vorder gelde vanaf die eerste verweerder en van die tweede
verweerder as borg. Die eiser het op 11 September
2009 ’n
voorlopige vonnis dagvaarding laat uitreik teen die verweerders
waarin die eiser se eis gebaseer was op ’n
skuldbewys wat op 26
Januarie 2006 onderteken is, waarin die eerste verweerder erken dat
hy R12 787 871,82 aan eiser
verskuldig is. In die
voorlopige vonnis dagvaarding laat die eiser twee aftrekkings toe,
naamlik ’n R6 miljoen betaling
ontvang op 21 Januarie 2008 en
R4 870 706,00 krediete toegestaan sedert 26 Januarie 2006.
Daar was ’n geskil
oor rente en Van der Merwe R wat die
voorlopige vonnis saak op 19 November 2009 aangehoor het, het rente
buite rekening gelaat
en vonnis vir eiser gegee vir die R12 miljoen
minus die twee vermelde bedrae, synde R1 917 165,80.
Die bevel gee
die eiser die reg om voort te gaan om verdere bedrae
ingevolge die skuldbewys van verweerders te vorder. Die
verweerders
het die R1.9 miljoen bedrag betaal. Die bevel lees
soos volg:
“
1.
Voorlopige vonnis word teen die verweerders gesamentlik en
afsonderlik verleen vir betaling van:
1.1
Die bedrag van R1 917 165,80.
1.2
Rente op die gemelde bedrag bereken teen die voorgeskrewe koers vanaf
26 Januarie 2006 tot datum van betaling.
1.3
Koste van die geding tot datum.
2.
Hierdie bevel is sonder benadeling van enige regte wat die eiser mag
hê om verdere bedrae
ingevolge die onderhawige skuldbewys te
verhaal in hierdie verrigtinge en wel ooreenkomstig paragraaf 3
hiervan.
3.
Wat betref die restant van die eiser se vordering ingevolge die
skuldbewys word beveel dat die
voorlopige vonnis dagvaarding bly
staan as enkelvoudige dagvaarding dat geag word dat verskyning deur
die verweerders aangeteken
is en dat die verrigtinge verder
ooreenkomstig die hofreëls geskied.
”
[2]
Eiser reik toe ’n deklarasie uit in navolging van die hofbevel
oor die voorlopige vonnis waarin eiser beweer dat verweerder
nog nie
die bedrag van die voorlopige vonnis betaal het nie, en waarin eiser
dus die bedrag van R7 118 602,94 eis.
In antwoord op
die deklarasie pleit verweerders dat die skuldbewys slegs voorsiening
maak vir die agterstallige bedrag van R4 831 878,05,
soos
op die skuldbewys vermeld. Die verweerders pleit dat hulle die
volle bedrag wat volgens hulle op die skuldbewys verskuldig
is,
betaal het. Verder pleit verweerders dat nie ooreengekom is op
enige rente solank verweerders tydiglik betaal, wat verweerders
gedoen het.
[3] By
die aanvang van die verrigtinge voor my het Mnr Danzfuss, vir die
eiser, aangevoer dat ek ingevolge reël 39(20) van
die Eenvormige
Hofreëls moet gelas dat verweerder begin om getuienis aan te
bied. Na aanhoor van betoog het ek gelas
dat die eiser moet
begin.
[4]
Namens eiser het Mnr Louis Fourie eerste getuig. Hy ken die
tweede verweerder goed. Hy werk nie meer vir eiser nie,
maar
vir ’n ander entiteit wat dieselfde besigheid as eiser doen.
Hy was tot die begin van die laaste week in Junie
2006
kredietbestuurder by eiser. Die skuldbewys waarop eiser steun
is op 26 Junie 2006 onderteken.
[5]
Fourie het verduidelik dat boere verskeie rekeninge by eiser gehad
het vir hul verskillende doeleindes. Die eerste verweerder
het
ook verskeie rekeninge by eiser gehad. Fourie het saam met
Elize Brand en Riaan Nolte op 20 Januarie 2005 ’n vergadering
met tweede verweerder gehad met die oog op die konsolidering van sy
rekeninge in Douglas, by eiser se hoofkantoor. Eiser
se doel
was om ’n langer termyn aan verweerders toe te staan om die
uitstaande bedrae te betaal. Fourie het verduidelik
dat eiser
probeer om sy kliënte te help. Me Greyvenstein, eiser se
tweede getuie, het verduidelik dat eiser se kliënte
sy
aandeelhouers is.
[6]
Fourie het getuig dat hulle aanvanklik wou hê dat eerste
verweerder in April 2005 die eerste betaling maak, maar tweede
verweerder het gevra om eers in September te begin. Die
besonderhede in hierdie vergadering van 20 Januarie 2005 word
uiteengesit
in Mnr. H. A. Nolte se brief gedateer 1 Maart 2005.
[7]
Fourie het getuig dat dit eiser se gewone praktyk is om ’n
skuldbewys te laat onderteken as ’n kliënt agterstallig
raak. Wat tweede verweerder se borgakte betref het Fourie dit
duidelik gestel dat tweede verweerder van die begin af geweet het
dat
hy sou moes borg teken. Die staat wat die saldo van R12 miljoen
toon was aangeheg by die skuldbewys, soos wat in alle
gevalle gedoen
is volgens Fourie.
[8]
Fourie het getuig dat voordat hy uit die krediet afdeling weg is, was
eerste verweerder agterstallig met sy betalings.
Fourie het op
18 Mei 2006 ’n vergadering met tweede verweerder gehad, nadat
Bernard van Zyl op 28 Februarie 2006 ’n
vergadering met tweede
verweerder gehad het. Van Zyl het met tweede verweerder
ooreengekom op sekere betalings. Fourie
se ooreenkoms met
tweede verweerder was dat hy R400 000 maandeliks moes betaal.
Fourie sê dat tweede verweerder
nie betaal het die laaste paar
maande voordat Fourie by eiser weg is nie, en by Lewende Hawe gewerk
het. In kruisondervraging
het Fourie erken dat tweede
verweerder nie met die rente gelukkig was nie, maar Fourie het gesê
dat hy eers na ondertekening
van die skulderkening na die rente sal
kyk.
[9]
Die saak gaan op hierdie stadium slegs oor rente. Dis duidelik
uit tweede verweerder se getuienis dat hy ontevrede was
oor die
rente. Tweede verweerder het getuig dat hy in 2005 vir Mnr
Whelpton, ’n forensiese ouditeur genader het om
hom by te staan
met renteberekenings op sy rekeninge by Landbank en by eiser.
Welton het gehelp om renteterugskrywings op
tweede verweerder se
Landbank rekening te bewerkstellig en hy het met Landbank ’n
skikking bereik. Op die skedule wat
by die skuldbewys aangeheg
is, is daar ’n nota aan die onderkant van die bladsy in Mnr Van
Zyl se handskrif:
“
32
Swaai na nuwe produksie.
–
Louis
rente terugskrywing.”
Die
tweede verweerder het getuig dat Mnr Louis Fourie gesê het dat
hy ’n rente-terugskrywing sou doen. Fourie
se getuienis
was dat hy en Van Zyl vir tweede verweerder gesê het hulle sal
hom help, en op hierdie rekening nommer 32, wat
hy as die Mielie
Rekening beskryf het, het hulle vir tweede verweerder gehelp deur die
bedrag, wat nie groot was nie, na produksie
oor te swaai. Kyk
mens na item 32 is op die skedule het dit, uit die 21 rekenings
vermeld, die tweede grootste totaal, naamlik
R1 753 635,78
soos op 24 Januarie 2006. Fourie het erken dat tweede
verweerder tydens ondertekening van die skuldbewys
ontevrede was oor
die rente wat eiser gevorder het.
[10]
Me Kobie Greyvenstein het namens eiser getuig en bewysstuk “B”
ingehandig, ’n herberekening van verweerders
se skuld wat sy
nagegaan het. Die berekenings is deur Excel gedoen, en rente
van 15.5% is jaarliks gekapitaliseer.
Sy het die transaksies
kronologies in die rekenaar-program ingevoer. Eiser het die
maksimum rentekoers toelaatbaar onder
die Woekerwet geneem want dit
was steeds minder as waarop eiser geregtig was.
[11]
Verwys na klousule 1 op die skuldbewys wat soos volg lees:
“
1.
Benewens die hoofskuld soos uiteengesit in Aanhangsel A hiertoe sal
die skuldenaar aan die skuldeiser artikel 5 van die wet betaal:
”
het Me
Greyvenstein gesê dat sy nie na artikel 5 van die Wet gekyk het
en dat sy nie weet wat dit bepaal nie. Sy het
rente op die
totale hoofskuld vanaf 26 Januarie 2006 bereken. Sy weet nie
wat die AVO’s oor rente sê nie, want
sy het nie na die
AVO’s gekyk nie.
[12]
Me Greyvenstein het toegegee dat die skuldbewys net voorsiening maak
vir die betaling van rente as verweerders nalaat om betalings
ingevolge die skuldbewys te doen (klousule 5). Sy het ook
toegegee dat die skuldbewys nie voorsiening maak vir die
kapitalisering
van rente nie. Sy het erken dat kapitalisering
van rente lei tot die heffing van rente op rente, en dat by
afwesigheid van
’n ooreenkoms, slegs enkelvoudige rente gehef
kan word, maar gesê dat dit eiser se normale praktyk is om
rente te kapitaliseer.
Me Greyvenstein het toegegee dat na
ondertekening van die skuldbewys is die onderskeie onderliggende
kontrakte steeds in stand
gehou, elkeen met sy eie rente-bepaling.
Me Greyvenstein het getuig dat as die verweerders die agterstallige
bedrae vermeld
in klousule 2 van die skuldbewys betaal het, sou die
oorspronklike ooreenkomste weer ontstaan. Sy het bevestig dat
volgens
haar die skuldbewys handel met die betaling van die
agterstallige skuld, en dat dit beperk is tot die agterstallige
bedrag verskuldig.
Sy het bevestig dat daar ’n twis oor
rente was.
[13]
Mnr Carl Bernard van Zyl werk nie meer vir eiser nie, maar was in
2006 die Gebeidsbestuurder van eiser. Hy was gemoeid
met die
konsolidasie van die rekeninge van verskeie entiteite in Karob
Boerdery, die eerste verweerder. Hy het die skuldbewys
voltooi
in sy handskrif. Hy het nie die mag gehad om enige van die
gedrukte dele te verander nie. Sy getuienis is dat
die
paaiemente vermeld in klousule 2 van die skuldbewys nie die volle
hoofskuld dek nie.
[14]
Volgens Van Zyl het hy die hoofpunte van die skuldbewys aan die
tweede verweerder verduidelik, naamlik (i) dat dit ’n
erkening
van skuld is van R12,7 miljoen is; (ii)
die reëlings rondom die agterstallige
gedeelte; (iii) sou die
verweerders nie betaal nie, word die volle R12,7 miljoen opeisbaar;
(iv) die tweede verweerder sou weer
borg moes teken vir die R12,7
miljoen. Wat finansieringskoste betref, het Van Zyl verduidelik
dat eiser nie soos ’n
bank werk nie. Rente word
maandeliks bereken, dan word ses maande se rente by die kapitaal
gevoeg, en dit is dan gewoonlik
die paaiement wat betaalbaar is.
[15]
Van Zyl het verduidelik dat klousule 2, wat die afbetaling van die
agterstallige bedrag reël, twee keer gewysig is.
In die
skuldakte was dit soos volg:
“
2.1.1
R300 000-00 per maand tot Des 2006.
2.1.2
R1, 500 000 uit somergewasse opbrengs.
2.1.3
voor of op 31 Augustus 2006.
”
Verweerders
kon nie die eerste paaiement aan die einde van Januarie 2006 betaal
nie, en toe het Van Zyl en tweede verweerder ooreengekom
dat
betalings gemaak sal word vanaf Maart tot Desember 2006 soos volg:
Maart
R 300 000
April
R 300 000
Mei
R 550 000
Junie
R 550 000
Julie
R 550 000
Augustus R1
800 000
September R
300 000
Oktober
R 300 000
November R
300 000
Desember
R 300 000.
Die verweerders kon ook
nie by daardie reëling hou en op 18 Mei 2006 het hy en tweede
verweerder op die volgende betalings
ooreengekom:
Mei –
Desember : R400 000 elke maand.
Die verweerders het
daardie reëling gedeeltelik nagekom, maar toe weer in verstek
geraak.
[16]
Op 10 April 2007 het eiser se bestuurder van regsdienste ’n
aanmaning aan eerste verweerder gestuur waarin die uitstaande
bedrae
op 18 rekeninge gevorder word. Die brief verwys nie na rente
nie, en eis dat R11 655 499,84 voor 24 April
2007 betaal
word, anders sal dagvaarding uitgereik word. Dagvaarding is op
11 September 2009 uitgereik synde die voorlopige
vonnis dagvaarding
op die skuldbewys van 26 Januarie 2006 waarin R7 001 793,19
geeïs word.
[17]
In kruisondervraging erken Van Zyl dat tot April 2007 was daar nog
verskillende kontrakte in plek, soos blyk uit die aanmaningsbrief.
Klousule 11 van die skuldbewys bepaal:
“
11.1
Die partye plaas op rekord dat hierdie skuldbewys nie ’n
novasie van die skuldeiser se oorspronklike eis
teen die skuldenaar
is nie, dat dit nie afstanddoening van enige van die regte van die
skuldeiser insluitende sy reg om sonder
kennisgewing met die
oorspronklike versuim om die bepaling en voorwaardes van hierdie
skuldbewys na te kom sal die skuldeiser geregtig
wees om in sy
uitsluitlike diskresie geregtelike stappe in te stel kragtens die
skuldbewys of die oorspronklike skuldoorsaak.
”
[18]
Gevra oor eiser se rentekoerse, sê Van Zyl dat eiser se
rentekoerse gekoppel was aan Landbank se rentekoers, en was dan
byvoorbeeld +1% of -1%. Van Zyl getuig dat rentekoerse deel van
hulle stelsel was. Oor die nota oor rente-terugskrywing
op die
skedule tot die skuldbewys sê Van Zyl aanvanklik dat hy onthou
dat Fourie gesê het hy sal rente terugskryf,
en later dat hy
nie onthou dat Fourie gesê het daar is iets fout met die rente
nie. Van Zyl se latere getuienis is
dat tweede verweerder bloot
in die vergadering oor rente gevra het. Van Zyl weet nie of
rente teruggeskryf is nie.
[19]
Betreffende die vraag of tweede verweerder bewus was dat hy as borg
sou teken, getuig Van Zyl dat hy nie onthou of tweede verweerder
die
skuldakte deurgelees het nie, hy glo hy het. Hy weet nie of
tweede verweerder alles gelees het nie. Die slot van
die
skuldakte lees soos volg:
“
ALDUS
GETEKEN te
Jacobsdal
op
hierdie
26
dag
van
Januarie
20
06
.
AS GETUIES:
1.
________________________
__________________________
NAMENS
GRIEKWALAND WES
KORPORATIEF BEPERK
2.
________________________
__________________________
SKULDENAAR
Ek/Ons die
ondergetekende(s) verklaar myself/onsself hiermee gesamentlik en
afsondelik verbonde met die skuldenaar as borg(e)
in solidum
en as mede hoofskuldenaar(s) vir die stiptelike be-taling van alle
bedrae wat deur die skuldenaar verskuldig is of verskuldig mag
word
kragtens hierdie skuldbewys.
My/ons aanspreeklikheid
hierkragtens sal nie deur enige tydsver-lenging, wysiging,
toevoeging, of toegewing wat aan die skulde-naar
toegestaan word of
deur enige verandering in die ledebelang aandeelhouding of deur die
omskepping van die skuldenaar geraak of
ongeldig gemaak word nie.
ALDUS
GETEKEN te
Jacobsdal
op
hierdie
26
dag
van
Januarie
20
06
.
AS GETUIES:
1.
________________________
2.
________________________
__________________________
SKULDENAAR
ALDUS
GETEKEN te
__________
op
hierdie
__
dag
van
_______
20
_.
AS GETUIES:
1.
________________________
2.
________________________
__________________________
NAMENS
GRIEKWALAND WES
KORPORATIEF BEPERK
___________________________________________________________
Hiermee
erken ek (volle name)
_________________________
ontvangs
van afskrif van bogenoemde skuldbewys op hierdie
_____
dag van
_____________
20
____
________________________
__________________________
HANDTEKENING
IDENTITEITSNOMMER
”
Van
Zyl getuig dat dit ’n standaard vorm was. Hy weet nie
waarom tweede verweerder gevra is om twee keer as “skuldenaar”
te teken nie. Van Zyl is verwys na ’n ander borgakte wat
duidelik voor-op sê: Borgakte in groot vetgedrukte letters
en
12 bladsye beslaan.
[20]
In sy betoog voer Mnr Grobler namens verweerders aan dat die
skuldakte nie ’n skuldoorsaak daarstel omdat dit nie ’n
onderneming bevat om die hele bedrag te betaal nie, met verwysing na
Adams
v SA Motor Industry Employers Association
1981 (3) SA 1189
(A) te 1198B-C, waar gesê word:
“
There
is ample authority to the effect that an acknowledgment of debt,
provided it is coupled with an express or implied undertaking
to pay
that debt, gives rise to an obligation in terms of that
undertaking when it is accepted by the creditor; and
it does not
matter whether the acknowledgment is by way of an admission of the
correctness of an account or otherwise.
”
Die
onderhawige skuldakte bepaal in klousule 5:
“
5.
Indien die skuldenaar nalaat om enige betaling ingevolge hierdie
skuldbewys op betaaldatum te maak, sal
die skuld-eiser, in sy
uitsluitlike diskresie, geregtig wees om:
5.1.1
rente tot die maksimum toegelaat ingevolge die wet maandeliks vooruit
bereken te vorder vanaf die datum van verbreking tot
die datum van
finale betaling daarvan.
5.1.2
die volle saldo van die hoofskuld en finansierings-koste uitstaande
op die datum van verbreking of versuim te verhaal sonder
dat dit
nodig is dat die skuldeiser die skuldenaar hieromtrent in kennis
stel;
”
Mnr
Grobler verwys na
Kotzé
v Suid-Westelike Transvaalse Landbou Koöperasie
2005 (2) SA 295
(HHA) waar die skuldeiser die onderneming verwerp
het, en waar die skuldakte dus nie ’n skuldoorsaak daargestel
het nie.
In die onderhawige geval het, volgens Mnr Grobler, die
eiser nie ’n onvoorwaardelike onderneming gehad om die skuld af
te
betaal nie.
[21]
By die uitleg van ’n kontrak is die konteks van kardinale
belang. Mens moet kyk na wat die doel van die kontrak
was en
die agtergrond by die voorbereiding daarvan oorweeg. Hier weet
mens dat die verweerders agterstallig was. Beide
Van Zyl namens
eiser en tweede verweerder sê dat die skuldakte met die
agterstalliges gehandel het. Die eiser wou probeer
dat die
agterstallige bedrae betaal word, dan kan die onderliggende 21
kontrakte weer voortduur. ’n Opvallende aspek
van hierdie
skuldakte, in teenstelling met skuldaktes wat mens gewoonlik sien, is
dat nie voorsiening gemaak word vir die wyse
van terugbetaling van
die hele R12 miljoen nie. Die objektiewe voorkoms en inhoud van
die skuldakte staaf die feit dat dit
slegs handel met betaling van
die agterstallige. As die verweerders versuim om te betaal,
word die volle R12,7 miljoen betaalbaar.
Geen rentekoers word
vermeld nie. By die voorlopige vonnis is die verweerders gelas
om die volle R12,7 miljoen, min betalings
en krediete soos deur eiser
erken, te maak. Geen rente is toegelaat omdat daardie hof van
mening was dat die rente nie bewys
is nie.
[22]
In die getuienis voor my het eiser nie daarin geslaag om te bewys op
watter rente hy geregtig is nie. Die eiser eis rente
teen
15,5%, die wetlik voorgeskrewe
mora
koers (dis die rente wat op agterstallige bedrae gehef kan word) van
26 Januarie 2006. Met inagneming van die getuienis van
beide
eiser se getuies en tweede verweerder se getuienis was die bedoeling
van die skuldbewys dat reëlings getref word vir
afbetaling van
die agterstalliges. Na betaling of nie-betaling van die
agterstalliges was eiser geregtig om die volle uitstaande
bedrae, met
verwysing na die onderliggende kontrakte waarna in klousule 11 en in
die eiser se aanmaningsbrief van 7 Maart 2007
verwys word, te
vorder. Die rente waarop eiser geregtig was, was die maksimum
bedrae volgens die onderskeie onderliggende
kontrakte. Dit is
ongewoon om ’n skuldbewys te hê wat nie na
afbetalingspaaiemente vir die volle hoofskuld verwys
nie, en dit is
ook ongewoon dat ’n skuldbewys nie ’n rentekoers bevat
nie. Sien
Crookes
Brothers Ltd v Regional Land Claims Commissioner, Mpumalanga, and
Others
2013 (2) SA 259
(HHA) par [3]. Op die beste vir eiser is die
woorde “die maksimum toelaatbare rentekoers” in klousule
5.1 van
die skuldakte vatbaar vir die redelike interpretasie, veral
met inagneming van die getuienis van tweede verweerder en Van Zyl dat
die skuldbewys bedoel was om die agterstalliges aan te spreek, en dat
dit nie met terugbetaling van die volle hoofskuld gehandel
het nie,
dat na die onderskeie rentekoerse in die onderskeie kontrakte verwys
het. Die getuienis is dat daardie rentekoerse
by elke kontrak
gekoppel was aan die Landbank se rentekoers. Daar is geen
getuienis wat daardie rentkoerse was nie.
Dit is nie in geskil
dat verweerders meer as R10 miljoen aan eiser betaal het na die
ondertekening van die skuldbewys nie, en in
totaal nagenoeg R15
miljoen rand. Hierdie is nie ’n geval waar ’n
verweerder sy verpligtinge probeer ontduik
nie. Tweede
verweeerder was deurgaans ontevrede oor renteberekenings, en het ook
’n konsultant oor rente geraadpleeg.
In die omstandighede
kan eiser nie daarin slaag om op die skuldbewys enige rente te vorder
nie.
[23]
Wat die tweede verweerder se borgstelling betref, aanvaar ek dat
tweede verweerder meegedeel is dat hy as borg sou moes teken.
Daar was op daardie stadium reeds verskeie borgskappe van hom by
eiser. Die bewoording van die skuldakte is misleidend omdat
die
woord “solidum” in vetgedrukte letters is, maar nie
“borg” nie, ook omdat tweede verweerder tweemaal
moes teken as “skuldenaar”. Mens sou ’n ander
beskrywing onder die tweede handtekening verwag. Ek
aanvaar
tweede verweerder se getuienis dat hy nie geweet het dat hy hom in
die skuldakte as borg verbind nie. Omdat die eiser
nie sy saak
teen die eerste verweerder uitgemaak het nie, kan die tweede
verweerder in elk geval ook nie aanspreeklik gehou word
nie.
BEVEL
Die
eis word met koste afgewys.
______________
A.
KRUGER,
R
Namens
Eiser:
Adv.F.W.A. Danzfuss SC
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerders:
Adv. S. Grobler
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/wm