About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 121
|
|
Joel v S (229/2014) [2015] ZAFSHC 121 (25 June 2015)
IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Outomatiese
Hersiening Nr: 229/2014
In
die hersiening tussen:
S
T JOEL
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
KRUGER, R
et
REINDERS, Wnd R
UITSPRAAK
DEUR:
REINDERS,
Wnd R
GELEWER
OP:
25 JUNIE 2015
[1]
Die onderhawige saak is as ‘n outomatiese hersiening verwys
vanaf die Landroshof vir die distrik Phillipolis.
[2]
Die beskuldigde is aangekla van en skuldig bevind aan ‘n
oortreding van Artikel 5 (b) van Wet 140 van 1992, te wete handel
in
dagga. Die voorsittende landdros het die beskuldigde daarna gevonnis
tot drie jaar gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort
is vir vyf
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
handel en/of die besit van dagga en gepleeg in die
tydperk van
opskorting nie.
[3]
Sedert die beskuldigde se eerste verskyning tot met vonnisoplegging
het die beskuldigde, alhoewel die keuse van regsverteenwoordiging
aan
hom verduidelik is, verkies om sy eie verdediging te behartig.
Afhandeling van die saak het geskied nadat ‘n ooreenkoms
in
terme van Artikel 105A van die Strafproseswet, 51 van 1977 bereik is.
Die voormelde ooreenkoms is aangeheg tot die rekord as
Aanhangsel
“A”.
[4]
Die regter belas met die hersiening het in terme van Artikel
304(2)(a) in ‘n skrywe gedateer 27 November 2014, die volgende
navraag aan die landdros gerig:
“
1.
Kan ‘n pleit en vonnis ooreenkoms aangegaan word met ‘n
beskuldigde wat in persoon
verskyn?
Kyk
artikel 105A(1)(a).”
[5]
In ‘n skrywe gedateer 24 April 2014 bied die landdros sy
verskoning aan vir die tydsverloop in die beantwoording van die
voormelde navraag. In sy antwoord haal die landdros Artikel
105A(1)(a) aan wat lui as volg:
“’
n
Aanklaer deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings
skriftelik daartoe gemagtig en ‘n beskuldigde wat
regsverteenwoordiging
het kan, voordat die beskuldigde pleit op die
aanklag wat teen hom of haar gebring word, onderhandel en ‘n
ooreenkoms aangaan....”
[6]
Die landdros kom dan, heeltemal tereg, tot die gevolgtrekking dat die
voormelde ooreenkoms inderdaad nie in terme van Artikel
105A(1)(a)
met ‘n onverdedigde beskuldigde aangegaan kan word nie.
[7]
Ek stem saam met die landdros se gevolgtrekking. Die bewoording van
die Strafproseswet in Artikel 105A(1)(a) is baie duidelik
en
ondubbelsinnig dat ‘n ooreenkoms in terme van die voormelde
artikel slegs aangegaan kan word met ‘n beskuldigde
wat
regsverteenwoordiging het. Die bepalings van die voormelde artikel is
gebiedend. Dit volg derhalwe dat ek nie tevrede is dat
geregtigheid
geskied het nie en moet die skuldigbevinding en vonnis derhalwe in
terme van Art 304(2)(c)(i) en (ii) tersyde gestel
word.
[8]
Gevolglik word die volgende bevele verleen:
8.1. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
8.2
Die saak word terugverwys na die hof
a
quo
om
de
novo
aangehoor te
word.
_________________
C.
REINDERS, WndR
Ek
stem saam:
_____________
A. KRUGER, R