About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 101
|
|
Jackson v Nasionale Regering van die Republiek van Suid-Afrika and en Ander (3602/2011) [2015] ZAFSHC 101 (28 May 2015)
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saak
nr. 3602/2011
In
die saak tussen:
JOHANNA
ETHRESIA JACKSON
en
NASIONALE REGERING VAN DIE
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
MINISTER VAN LANDBOU EN
GRONDSAKE
DIREKTEUR GENERAAL:
DEPARTEMENT
VAN LANDBOU EN GRONDSAKE
DIE REGISTRATEUR VAN AKTES
BREYTEBACH
MAVUSO INGELY
Eiser
Eerste Verweerder
Tweede Verweerder
Derde Verweerder
Vierde Verweerder
Vyfde
Verweerder
CORAM:
C REINDERS, Wnd R
JUDGMENT
BY:
C REINDERS, Wnd R
HEARD
ON:
17 Januarie 2014
DELIVERED
ON:
28 Mei 2015
[1]
Gedeelte 8 en Gedeelte 5 van die plaas
Bronkhorstfontein
991,
geleë in die distrik
Lindley,
Vrystaat Provinsie
, vergestalt die
onderwerp van die dispuut wat in hierdie forum voor my aangehoor is
gedurende Januarie 2014.
[2]
Nadat alle beskikbare hoftyd benut maar verstreke was, het die partye
se onderskeie regsverteenwoordigers versoek dat geskrewe
betoogshoofde ingedien sou word, en is uitspraak deur my
voorbehou. Daar is voorts versoek dat die voormelde betoogshoofde
ingedien kon word nadat ‘n getikte rekord van die
hofverrigtinge verkry is. Betoogshoofde is inderdaad gedurende
November
en Desember 2014 geliasseer. Waarskynlik weens
administratiewe redes was die hoflêer met bewysstukke,
asook die ingediende
betoogshoofde, vir ‘n geruime tyd
onopspoorbaar en kon eers voortgegaan word met voorbereiding van
hierdie uitspraak nadat
‘n volledige hoflêer deur my
ontvang is.
[3]
Die Eiseres beweer in haar besonderhede van vordering dat sy op
15
September 2008
‘n skriftelike
koopooreenkoms aangegaan het met die Eerste Verweerder ingevolge
waarvan die Eerste Verweerder die voormelde
eiendom aangekoop het
vanaf haar vir ‘n bedrag van
R2 553 866.00
.
Sy beweer dat die Vyfde Verweerder as haar prokureur opgetree het met
die opdrag om Gedeelte 8 in terme van die koopkontrak
te
transporteer.
[4]
Om gevolg te gee aan die oordrag het sy op
15
September 2008
‘n volmag
onderteken wat voorberei is deur die Vyfde Verweerder en is die
Transportakte van Gedeelte 8 aan die Vyfde Verweerder
oorhandig. Sy
het voorts alle verdere dokumentasie onderteken om uitvoering te gee
aan die koopooreenkoms, te wete om Gedeelte
8 aan die Eerste
Verweerder oor te dra. Ter uitvoering hiervan is Gedeelte 8 op
30 April 2009
in
die naam van die Eerste Verweerder registreer.
[5]
Die Eiseres beweer voorts dat op
30
April 2009
egter is Gedeelte 5 in die
naam van die Eerste Verweerder registreer deur die Vierde Verweerder.
Die registrasie van Gedeelte 5
in die naam van die Eerste Verweerder
is egter nietig en sonder
causa
.
[6]
Eiseres beweer dat sy geen ooreenkoms met die Eerste Verweerder
gesluit het vir die oordrag van Gedeelte 5 nie. Om oordrag van
Gedeelte 5 in die naam van die Eerste Verweerder te bewerkstellig
ingevolge die Registrasie van Aktes Wet, 47 van 1937 (hierna
verwys
as “Die Wet”), moes die Vyfde Verweerder in besit gestel
word van die oorspronklike Titelakte van Gedeelte 5
terwyl die
Eiseres steeds in besit was van sodanige Titelakte.
[7]
Eisers steun daarop dat op
30 April 2009
die oordrag of die registrasie gedoen
is op grond van ‘n vervangende Titelakte wat bekom is ingevolge
Regulasie 68(1) van
die Wet deur middel van ‘n vals beëdigde
verklaring welke sy nie onderteken het nie. Die volmag wat
gebruik is
deur die Vyfde Verweerder om oordrag te bewerkstellig is
nooit deur haar onderteken nie en is die handtekening op die “
volmag
”
vervals en aangebring deur ‘n persoon wat nie aan haar bekend
is nie. Eiseres vorder gevolglik bevele in terme
waarvan
verklaar word dat die oordrag van Gedeelte 5 in die naam van die
Eerste Verweerder nietig is en terugtransportering van
Gedeelte 5 in
haar naam sowel as gedingskoste.
[8]
Eerste, Tweede en Derde Verweerders in ‘n gewysigde pleit
beweer dat die Eerste Verweerder (verteenwoordig deur Mnr
Ramanamane
)
by die ondertekening van die koopooreenkoms misgekyk het die
afwesigheid van Gedeelte 5 op die ooreenkoms toe hy dit onderteken
het en dat te alle tersaaklike tye die Eiseres bedoel het om beide
die eiendomme te verkoop, terwyl die Eerste Verweerder die bedoeling
gehad het om beide eiendomme te koop vir die bedrag van
R2 553 866.00
.
[9]
Op
4 September 2008
was
instruksies gegee aan die prokureurs om die eiendomme vanaf die
Eiseres in die Eerste Verweerder se naam oor te dra. Objektief
het oordrag plaasgevind vanaf die Eiseres na die Eerste Verweerder en
beide partye het ‘n ernstige en ‘n besliste bedoeling
gehad dat beide eiendomme oorgedra moet word na Eerste Verweerder en
het Eerste Verweerder die bedoeling gehad om eiendomsreg van
beide
die eiendomme te ontvang. Beide partye het ten volle presteer
in terme van die ooreenkoms.
[10]
Eerste tot Derde Verweerder het voorts ‘n Teeneis liasseer
waarin rektifikasie van die ooreenkoms aangevra word, gebaseer
daarop
dat dit die gemeenskaplike bedoeling tussen die partye was dat die
ooreenkoms tussen Eiser en Eerste Verweerder op skrif
gestel moet
word, en reflekteer die voormelde ooreenkoms nie die gemeenskaplike
bedoeling tussen die partye nie. Aldus die
Verweerders is die
fout geleë daarin dat die merx net as Gedeelte 8 van die
plaas beskryf word terwyl dit ook Gedeelte
5 van die plaas moes
beskryf het. Die Verweerders beweer dat dit toe te skryf is aan
‘n gemeenskaplike fout tussen
die partye en het beide partye
die ooreenkoms onderteken in die
bona
fide
maar foutiewe geloof dat dit die
ware bedoeling tussen die partye reflekteer.
[11]
Eiseres in haar Verweerskrif tot die Teeneis pleit dat hoewel sy
aanvanklik beide die plase te koop aangebied het deur
C
M W Eiendoms Agente
, is sy later deur
C
M W Eiendoms Agente
en/of die Vyfde
Verweerder meegedeel dat die Eerste tot Derde Verweerders Gedeelte 8
wil aankoop teen die prys van
R2 553 866.00
waaropvolgend ‘n koopkontrak voorberei is deur die Vyfde
Verweerder en het dit nie Gedeelte 5 ingesluit nie.
[12]
In die alternatief pleit sy dat indien die bedoeling van die Eerste
tot die Derde Verweerders was om beide eiendomme aan te
koop, daar ‘n
dwaling was tussen die partye, gevolglik geen konsensus was rakende
die koop nie en die koopooreenkoms tersyde
gestel moet word. Sy
tender in sodanige geval terugbetaling van die koopsom teen
registrasie van transport van beide eiendomme
in haar naam. Sy
betwis in besonder dat daar ‘n gemeenskaplike fout was in die
opstel van die kontrak en pleit dat
daar op die beste dan ‘n
wesentlike dwaling was tussen die partye.
[13]
Eiseres het ook ‘n Repliek liasseer tot die Eerste tot Derde
Verweerders se gewysigde Verweerskrif en pleit sy dat sy
geen
voorneme gehad het om Gedeelte 5 aan die Eerste Verweerder
oor
te dra nie. Sy pleit voorts dat sy sou geweier het om enige
oordragdokumente ter ondertekening van beide eiendomme teen die
prys
wat die Eerste Verweerder haar daarvoor aangebied is en dat daar
onder die omstandighede ‘n wesentlike dwaling en/of
fout was
rakende die aanbod soos gekommunikeer aan haar via
C
M W Eiendoms Agente
en/of die Vyfde
Verweerder.
[14]
Meerdere getuies het hierin getuig, en het ek Absolusie van die
Instansie aan die Vyfde Verweerder toegestaan aan die einde
van die
Eiseres se saak.
[15]
Dit is gemenesaak dat op
30 April 2009
Gedeelte 8 sowel as Gedeelte 5 in die
naam van die Eerste Verweerder geregistreer is. Wat die Eiseres
se aksie dus aanbetref,
is ek van oordeel dat die kritieke vraag wat
ondersoek verlang die vraag is of die Eiseres bedoel het om die
eiendomsreg van Gedeelte
5 oor te dra aan die Eerste Verweerder en
natuurlik of die Eerste Verweerder die bedoeling gehad het om
eiendomsreg te ontvang.
Die verbintenisskepende gedeelte van die
ooreenkoms (die kontrak) is na my oordeel waar oordrag alreeds
plaasgevind het, ontersaaklik:
“
According
to the abstract theory the validity of the transfer of ownership is
not dependent upon the validity of the underlying
transactions such
as, in this case, the contract of sale.”
LEGATOR
McKENNA v SHEA
2010 (1) SA 35
SCA op 44 B.
“
In
accordance with the abstract theory the requirements for the passing
of ownership are two-fold, namely delivery – which
in the case
of immovable property is effected by registration of transfer in the
deeds office – coupled with the so-called
real agreement or
‘saaklike ooreenkoms’. The essential elements of the real
agreement are an intention on the part
of the transferor to transfer
ownership and the intention of the transferee to become the owner of
the property … broadly
stated, the principles applicable to
agreements in general also apply to real agreements. Although
the abstract theory does
not require a valid underlying contract,
e.g. sale, ownership will not pass – despite registration of
transfer if there is
a defect in the real agreement.”
McKENNA
v SHEA
supra
op bl. 44, para 22.
[16]
Inaggenome die bovermelde gesag, en waar dit gemenesaak is dat
oordrag van die eiendom reeds geskied het, is ek nie van oordeel
dat
die Teeneis wat die rektifikasie van die eiendom aanbetref, kan slaag
nie. Soos ek die reg verstaan, is daar in ieder
geval ‘n
wetlike beletsel teen die aangevraagde rektifikasie soos gevorder in
die Teeneis. Die vervreemding van grond
word beheer deur die
Wet op Vervreemding van Grond, Wet 68 van 1981. Ten einde ‘n
geldige koopooreenkoms van onroerende
goed aan te gaan, moet ‘n
kontrak aan die voorskrifte van Artikel 2(1) van die Wet voldoen wat
insluit ‘n voldoende
beskrywing van die betrokke eiendom.
KRIEL
v LE ROUX
(2000) 2 All SA 65
(HHA).
VERMEULEN
v GOOSEVALE INVESTMENTS (PTY) LTD
2001 (3) SA 986
(HHA).
[17]
Die koopkontrak wat die Eerste Verweerder wens te rektifiseer, bevat
geen beskrywing van Gedeelte 5 nie. Dit is gemenesaak
dat
elkeen van die eiendomme (Gedeelte 8 en Gedeelte 5) hul eie
Titelaktes het en afsonderlik registreer is in die Akteskantoor.
Na my oordeel kan die kontrak nie rektifiseer word om Gedeelte 5 nou
daar in te voeg nie, omdat daar geen beskrywing in die kontrak
is van
Gedeelte 5 wat gerektifiseer kan word nie. Daar is eenvoudig
net nie voldoen aan die gebiedende voorskrifte van die
Wet nie.
MAGWAZA
v HEENAN
1979 (2) SA 1019
(A).
LOMBAARD
v DROPROP CC AND OTHERS
2010 (5)
SA 1
(HHA).
[18]
Ek is van oordeel dat die teeneis alleenlik vir bovermelde redes
afgewys moet word.
[19]
Wat die Eiseres se hoofeis aanbetref moet ek dus ondersoek instel na
die elemente van die saaklike ooreenkoms, en meer in besonder
die
vraag of die Eiseres bedoel het dat Gedeelte 5 ook oorgedra moet word
aan die Eerste Verweerder.
[20]
Betreffende die Eerste Verweerder is daar by my weinig twyfel
dat die Eerste Verweerder te alle tersaaklike tye bedoel
het om
Gedeelte 8 en Gedeelte 5 aan te koop. Dat dit so is word deur
die tersaaklike dokumentasie sowel as die getuienis
gestaaf.
Die
sogenaamde roetevorm (“
route
form
”) van die Departement
Grondsake gedateer
26 Mei 2008
handel
duidelik met die verkryging van Gedeelte 5 en Gedeelte 8, sowel as
die dokument met die opskrif “
Application
for PLAS Project: Bethlehem District Land Reform Office
”
).
‘n Evaluasie is ook deur die Departement ten opsigte van beide
die plase gedoen en is insgelyks ‘n waardasie
van beide die
eiendomme op
13 Augustus 2008
deur
die Departement Landbou gedoen. Mnr
Van
der Merwe
(die agent van die Eiseres)
se getuienis is onteenseglik dat in sy onderhandelinge hy deurgaans
onderhandel het vir die verkoping
van die twee eiendomme, en is dit
inderdaad wat die Departement aangekoop het. Beide die
eiendomme is deur
Breytenbach Mavuso
(die Eiseres se agent) aan die Eerste
Verweerder laat oordra.
[21]
Myns insiens kan daar hoegenaamd geen twyfel daaroor wees dat wat die
Eerste Verweerder aanbetref, die Eerste Verweerder deurgaans
bedoel
het om die voormelde eiendomme beide aan te koop en, in soverre dit
gemenesaak is dat beide eiendomme aan die Eerste Verweerder
oorgedra
is, die Eerste Verweerder die bedoeling gehad het om transport van
beide die eiendomme te neem.
[22]
Die enigste vraag wat bereg moet word na my oordeel is of die Eiseres
die bedoeling gehad het om ook Gedeelte 5 aan die Eerste
Verweerder
oor te dra.
[23]
Mnr
Hendrik Van der Merwe
was
sedert 2006 by
C M V Real Estates
werksaam en was sy spesialiteitsgebied
die verkoping van plase. Hy het telefonies met Mev
Jackson,
die Eiseres, in verbinding getree en
het van haar af ‘n mandaat bekom om beide die eiendomme te
bemark. As sodanig was
hy die agent van die Eiseres. Hy
het advertensies geplaas en beide die plase bemark. Nadat hy ‘n
reaksie vanaf
Departement Grondsake gekry het rakende ‘n aanbod
vir
R3 800.00
per
hektaar het hy dit gaan bespreek met die Eiseres. Haar houding
was dat sy
R3 800.00
per
hektaar sou aanvaar maar dat dit nie sy kommissie moet insluit nie.
Hy het verder met die Verweerder onderhandel (verteenwoordig
deur Mnr
Tsegedi
)
en het die Eerste Verweerder
R4 000.00
aangebied. Eiseres was tevrede om dan
R3 800.00
per
hektaar in haar sak te kry met
R200.00
kommissie per hektaar vir
C
M W Eiendoms Agente
.
[24]
Op geen stadium het Mnr
Van der Merwe
Eiseres meegedeel dat die Departement
slegs Gedeelte 8 sou koop vir ongeveer
R2.7
miljoen
nie en was dit ook nie hoe die
eiendomme bemark is nie. Nadat Eiseres tevrede was dat die
koopsom dan
R4 000.00
per
hektaar sou wees het hy ‘n pro forma
C
M V
koopkontrak geneem en die
besonderhede daarop ingeskryf en dit so aan Mnr
Du
Plooy
van
Breytenbach
Mavuso Ingelyf
oorhandig. Die
instruksie om dit te oorhandig aan
Breytenbach
Mavuso
was die instruksie van die
Eiseres en het hy hierna niks verder te doen gehad met die
dokumentasie of die finale koopkontrak nie.
Uit hierdie
transaksie het
C M W
agentekommissie
van
R127 600.00
tesame
met Belasting op Toegevoegde Waarde ontvang.
[25]
Mnr
Van der Merwe
getuig
ook dat hy Eiseres behulpsaam was met die verkoop van al haar diere,
en is sy getuienis dat sy onder geweldige finansiële
druk
verkeer het en gevolglik het sy die veeboerdery gestaak op beide
plase. Die prokureurs het die aangeleentheid verder hanteer.
Die eerste keer wat hy gehoor het dat daar onsekerheid is oor
Gedeelte 5 was toe Mnr
Botha
van
Breytenbach Mavuso Ingelyf
hom
daaroor gekontak het. Die Eiseres het hom nooit hieroor
gekontak nie. Hy was tevrede dat hy sy opdrag uitgevoer
het, sy
werk gedoen het en dat die Eiseres tevrede was en dat hy sy mandaat
wat hy vanaf die Eiseres ontvang het, uitgevoer het.
In die
verbygaan verwys hy daarna, dat indien dit waar sou wees dat die
Eiseres slegs Gedeelte 8 verkoop het, dit in wese daarop
sou neerkom
dat sy
R5 170.06
per
hektaar verkry het.
[26]
Ek is tevrede dat Mnr
Van der Merwe
die
Eiseres se agent was hierin. Nie net sê hy self so nie,
maar sê die Eiseres ook so en pleit spesifiek (in
die gewysigde
Verweerskrif van Eiseres tot die Eerste, Tweede en Derde Verweerders
se Teeneis) dat Eiseres deur middel van
C
M W Eiendoms Agente
en/of die Vyfde
Verweerder hierdie plase te koop aangebied het. As hier ‘n
misverstand was, kon dit op die beste ontstaan
het tussen die Eiseres
en haar agent.
[27]
Ek het geen rede om Mnr
Van der Merwe
se
getuienis in die verband in twyfel te trek nie. Hy was die
Eiseres se agent en het hy geen rede om blatant onder eed onwaarhede
te verkondig oor wat presies die mandaat was nie. Sy getuienis is dat
daar wilsooreenstemming was ten opsigte van die koopprys
en koopsake,
sy mandaat voltooi was en hy geensins verder gehandel het of gepoog
het om die twee eiendomme te verkoop nie omdat
dit reeds verkoop
was. Ek aanvaar sy getuienis.
[28]
Mev
Jeanette Heyns
getuig
dat Mnr
Van der Merwe
vir
haar die oorspronklike kontrak wat ongeteken was gebring het en het
sy op grond daarvan met die oopmaak van die lêer en
die neem
van instruksies begin. Die dokument het aangetoon dat Gedeelte
8 en Gedeelte 5 verkoop word. Sy het ook vir
Mev
Laetitia
Boshoff
gevra om die Eiseres te bel oor
die oorspronklike Transportakte van Gedeelte 5. Dit is
inderdaad sy self wat die volmag asook
die Regulasie 68- beëdigde
verklaring vervals het, maar was die doel daarvan om dit in
ooreenstemming te bring met die oorspronklike
opdrag wat vanaf beide
Mnr
Van der Merwe
sowel
as die Departement ontvang is en het sy geen voordeel vir haar
optrede ontvang nie. Haar getuienis word in die verband
aangevul deur die getuienis van Mev
Boshoff
wie ten tyde van die aflegging van
getuienis ‘n pensionaris is. Sy getuig oor ‘n
lêernota gedateer
16 Maart 2009
wat sy self op die lêer gemaak
het en welke as volg lees:
“
Het
opgevolg met Mev Jackson of sy moontlik die Titelaktes van Gedeelte 5
van die plaas Bronkhorsfontein nr. 991 in haar besit het.
Sy is
nie seker nie en sal opkyk vanaand en terugkom na ons.”
[29]
Mev
Boshoff
se
getuienis is dat sy die opdrag van Mev
Jeanette
Heyns
ontvang het om navraag te doen
oor die Titelakte. Sy sê dat toe sy Mev Jackson geskakel
het, Mev Jackson nie verbaas
was toe sy versoek is om die Titelakte
van Deel 5 te bring nie en het Jackson ook nie navraag gedoen hoekom
hulle sodanige Titelakte
soek nie.
[30]
Mnr
Daniel Engelbrecht Botha
,
‘n toegelate prokureur, het onder andere getuig dat hy in die
Hof was toe die Eiseres getuig het dat sy nooit ‘n oproep
vanaf
Mev
Boshoff
ontvang
het nie. Hy het ‘n sogenaamde “
itemized
billing
” op
10
Januarie 2014
verkry. Die
dokument is gedateer
16 Maart 2009
en
toon aan dat daar inderdaad ‘n telefoniese oproep gemaak is na
die selfoonnommer van die Eiseres op
16
Maart 2009
om ongeveer kwart oor een.
Die getuienis staaf die getuienis van Mev
Boshoff
.
[31]
Die Eiseres sowel as ander getuies het ook getuig hierin maar ag ek
dit nie nodig om die hoofpunte van hulle getuienis te herhaal
nie.
Ek dink dit is voldoende om te meld dat ek van oordeel is dat die
waarskynlikhede oorweldigend die Verweerders se saak
begunstig.
Die belangrikste hiervan is die getuienis van Mnr
Van
der Merwe
. Hy was die Eiseres se
agent. Sy getuienis is duidelik ondubbelsinnig. Dit
strook met die ander objektiewe getuienis
oor vir hoeveel hy die
eiendomme moes bemark het. Dit strook daarmee dat nadat hy ‘n
koper gevind het vir beide die
eiendomme hy dit nie verder bemark het
nie. Hy kon geen voordeel daaruit trek om skielik bedrieglik te
besluit dat Gedeelte
5 ook maar transporteer moet word aan die Eerste
Verweerder nie. Daar is ook geen getuienis wat aantoon dat hy
in die opsig
enige voordeel sou kon trek en/of bedrieglik opgetree
het nie.
[32]
Mnr
Van der Merwe
se
getuienis is egter nie alleenstaande nie. Die prys wat die
Eiseres gekry het was min of meer die prys wat sy self getuig
het
waarvoor die eiendom verkoop sou kon word. Haar weergawe
voorveronderstel ‘n waarde van amper
R5 000.00
per hektaar wat net nooit tersaaklik
was nie en ook nie in enige advertensie gemeld is nie. Ek kan
aan geen logiese rede dink
waarom die Eerste Verweerder die eiendom
sou wou aankoop vir duurder as wat dit per hektaar te koop aangebied
is nie.
[33]
Daarbenewens word Mnr
Van der Merwe
se
getuienis onafhanklik gestaaf deur die dames wie belas was met die
transport van die eiendom. Dis ondenkbaar dat Mnr
Van
der Merwe
en die dames met mekaar sou
saamspan om die eiseres se eiendom ongemagtig oor te dra en was daar
ook geensins sulke getuienis nie.
Die rede waarom die volmag vervals
is, is volledig deur die aktetikster onder eed verduidelik.
Daarbenewens is die getuienis
van Mev
Boshoff
dat sy Gedeelte 5 se Titelakte van
Eiseres aangevra het wat my aanbetref deurslaggewend. Haar
getuienis word gestaaf deur
die nota wat sy ook gemaak het in die
verband (sien die voormelde nota op bl. 149A van die verhoorbundel,
bewysstuk “A”).
[34]
Dit is belangrik om in aanmerking te neem dat die getuies wie getuig
oor hierdie transaksie hoofsaaklik die Eiseres se eie
agente is.
Die Eiseres se agente staaf nie haar weergawe nie. Inteendeel,
hulle staaf die Verweerder se weergawe.
Ek verwerp derhalwe die
Eiseres se getuienis op grond van die onwaarskynlikhede daaraan
gekoppel. Ek is in die lig van die bovermelde
tevrede en oortuig dat
indien die Registrateur van Aktes op die datum van transport die
Eiseres sou geskakel het en aan haar gevra
het of hy Gedeelte 5 ook
moet oordra, die antwoord daarop bevestigend sou gewees het. Ek
is tevrede dat op die datum van
die oordrag Eiseres die bedoeling
gehad het dat die eiendom oorgedra moet word aan die
Verweerder.
[35]
Ek is derhalwe tevrede dat daar voldoen word aan die vereistes vir
die oordrag van die eiendom soos neergelê in die
McKENNA
-saak
(
supra
).
[36]
Die gevolgtrekking waartoe ek dus raak hierin, is dat die Eiseres se
hoofeis nie kan slaag nie. Ek maak derhalwe die
volgende
bevele:
1.
Die Hoofeis word afgewys met koste.
2.
Die Teeneis word afgewys met koste.
__________________
C.
REINDERS, WndR
Namens
Eiseres:
Adv GF Ackermann
In opdrag van:
Lovius Block
BLOEMFONTEIN
Namens
Eerste, Tweede, Derde en Vierde Verweerders:
Adv JY Claasen SC
In opdrag van:
Die Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
Namens
Vyfde Verweerder: Adv FH Terblanche SC
In opdrag van:
Symington & De
Kok
BLOEMFONTEIN