G v G, In Re: G v G (67/2013) [2015] ZAFSHC 99 (28 May 2015)

60 Reportability

Brief Summary

Divorce — Joinder of parties — Application to join trustees of trusts as respondents in divorce proceedings — Applicant seeking declaratory relief regarding assets of trusts as alter ego of respondent — Court considering whether trusts should be joined to ensure all interested parties are present — Holding that trusts have a substantial interest in the matter and should be joined as parties to the action, allowing for the amendment of the particulars of claim to reflect this joinder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 99
|

|

G v G, In Re: G v G (67/2013) [2015] ZAFSHC 99 (28 May 2015)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Aansoeknommer:
(Saaknommer
67/2013)
In
die saak tussen:
A[...] C[...] G[...]
en
G[...] G[...]
G[...] G[...]  N.O.
B[...] P[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
G[...] G[...] N.O.
W[...] F[...] G[...] N.O.
B[...] P[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
G[...] G[...] N.O.
W[...] F[...] G[...] N.O.
B[...] P[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
G[...] G[...] N.O.
W[...] F[...] G[...] N.O.
B[...] P[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
G[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
G[...] G[...] N.O.
B[...] P[...] G[...] N.O.
W[...] F[...] G[...] N.O.
ANDRIES JOHANNES DE JAGER
N.O.
IN RE:
In die saak tussen:
G[...] G[...]
En
A[...] C[...] G[...]
Applikante
1ste Respondent
2de Respondent
3de Respondent
4de
Respondent
5de
Respondent
6de
Respondent
7de
Respondent
8ste
Respondent
9de
Respondent
10de
Respondent
11de
Respondent
12de
Respondent
13de
Respondent
14de
Respondent
15de
Respondent
16de
Respondent
17de
Respondent
18de
Respondent
19de
Respondent
20ste
Respondent
21ste
Respondent
22ste
Respondent
Eiser
Verweerder
CORAM:
WILLIAMS, WR
UITSPRAAK
DEUR:
WILLIAMS, WR
AANGEHOOR
OP:
14 MEI 2015
GELEWER
OP:
28 MEI 2015
[1]
Die partye in hierdie aangeleentheid is betrokke in ʼn
egskeidingsgeding teen mekaar. Die eerste respondent (hierna “die

respondent” genoem) in hierdie aansoek is die eiser in die
hoofgeding. In haar teeneis het die huidige applikante, ʼn

vordering in terme van artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding, 1979
teen haar man ingestel vir die oordrag van 50% van sy bates.
Verder
tot subparagraaf 8.2 van die teeneis kom die volgende vordering voor:

Verdermeer
is bovermelde ook toepaslik by die entiteite soos trusts en
maatskappye welke deel vorm van die alter ego van die eiser
op die
basis dat die volle besonderhede van voormelde entiteite nie
huidiglik bekend is aan verweerderes nie, maar welke op ʼn
latere
stadium gevoeg sal word tot hierdie aksie.”
Die
hoofsaak was aanvanklik op die rol vir verhoor tydens Mei 2014, maar
is uitgestel op versoek van die applikant/verweerderes,
welke dan ook
aanspreeklik gehou is vir die verspilde koste. Die rede vir die
uitstel was glo dat die applikante sekere trusts
waarby respondent ʼn
belang het wou voeg.
[2]
Intussen, ongeveer November 2014, het die verweerderes van prokureurs
gewissel. Die verhoor is weer terrolle geplaas vir 14,
15 en 17 April
2015, maar het verweerder se huidige prokureur skriftelik vir eiser
se prokureur einde Januarie 2015 in kennis gestel
dat vermelde datums
nie geleë is nie. Die brief vermeld verder dat die prokureur
opdrag gekry het om ses verskillende trusts
van die eiser as
medeverweerders in die hoofsaak te voeg.
[3]
In hierdie aansoek smeek die applikante in haar kennisgewing van
mosie vir onder andere die volgende bevel:

1.
Tweede tot en met twee-en-twintigste respondente word as tweede tot
twee-en-twintigste verweerders in die eis in rekonvensie
geliasseer
deur applikante in haar hoedanigheid as verweerderes in saaknommer
67/2013 gevoeg, en wat verder gelas dat:
1.1
applikante se bestaande teeneis geliasseer onder saaknommer 67/2013
en gedateer 7 Maart 2013 hiermee gewysig en vervang word
deur
aanhangsel “
ACG1
” tot die funderende verklaring;”
Die
vermelde respondente is almal trustees van ses verskillende trusts
waarby respondent betrokke is. Die vermelde aanhangsel “
ACG1

maak na my mening, die gewone bewerings dat die trusts die alter ego
van die respondent sou wees. Die vordering dan teen
die betrokke
trustees lees as volg:

B1.
Dat dit verklaar word dat vermelde trusts die alter ego van die
eerste verweerder is;
B2.
Dat dit verklaar word dat die bates en laste van voormelde trusts
deel vorm van die boedel van die eerste verweerder;
B3.
Dat as sulks, die bates en laste van vermelde trusts in ag geneem
word as deel van die boedel van die eerste verweerder.”
[4]
In haar funderende verklaring som die applikante bogemelde feite op
en beweer in paragraaf 4.3 daarvan dat ten tye van die liassering
van
die verweerskrif en teeneis, was die volle besonderhede van vermelde
entiteite nog nie aan haar bekend nie. Daar is intussen
vasgestel dat
die respondent direk en/of indirek in sy verteenwoordigende
hoedanigheid by verskeie trusts betrokke is, die besonderhede
waarvan
alreeds na verwys is. Sy stel dan verder in paragraaf 5 dat dit net
reg en billik sal wees om in die omstandighede die
voeging en
uitbreiding van die teeneis toe te laat. Daar is ook op rekord
geplaas dat die respondent formeel ingevolge hofreël
35(3) op 2
September 2014 versoek is om alle dokumentasie met betrekking tot die
vermelde trusts bloot te lê, waarop respondent
geantwoord het
tot die effek dat hy nie oor enige van die dokumente beskik het nie
en dat hy geadviseer is dat daar nie van hom
verwag kom word in sy
huidige hoedanigheid om die inligting te bekom nie. Hy het vermeld
dat die dokumentasie gehou word deur die
trust se boekhouer, mnr
André de Jager.
[5]
Respondent opponeer die aansoek in persoonlike sowel as in
verteenwoordigende kapasiteit. Geen magtiging is daarvoor deur sy

mede-trustees verleen nie, maar mnr Fischer SC, wie namens die
applikante opgetree het was daarmee tevrede. In kort het die
respondent
aangevoer dat die aansoek gebrekkig en sonder meriete is.
Hy het verder gekla oor die vertraging van die egskeidingsgeding en
verskeie
ander probleme wat hy tans ervaar as gevolg daarvan. Hy het
gepleit dat die trusts nie gevoeg moet word nie en het redes gegee
waarom die trusts nie as sy alter ego beskou moet word nie. In sy
argument het mnr Wessels SC, wie namens die respondent opgetree
het,
meestal op tegniese punte gesteun vir die afwys van die aansoek.
[6]
Volgens mnr Fischer is die aansoek gebaseer op hofreël 24(2),
saamgelees met hofreël 10(3). Hofreël 24(2) lees
as volg:

As
die verweerder geregtig is om aksie in te stel teen ʼn ander
persoon sowel as die eiser, hetsy gesamentlik, gesamentlik en

afsonderlik, afsonderlik of in die alternatief, kan hy met verlof van
die hof by wyse van ʼn teeneis teen die eiser en so ʼn
ander
persoon ageer soos die hof mag voorskryf.”
In
breë het hy betoog dat die aansoek interlokutêr van aard
is en het na die saak van
Badenhorst v Badenhorst 2006(2) SA
255 [par 9]
verwys, as synde gesag dat bates van ʼn trust
in aanmerking geneem kan word by ʼn egskeiding, waarin bepaal
moet word wat
oorgedra aan ʼn gade moet word, nieteenstaande die
feit dat sodanige bates in die trustees vestig. Hy het verder betoog
dat
die applikant geregtig is om ʼn teeneis teen die
eiser/respondent tesame met die ander entiteite in te stel en dat sy
geregtig
is om hierdie hof vir sodanige magtiging te nader. Hy het in
Engels betoog en die term “entitled and entitlement”
beklemtoon.
Met verwysing na die
Hosch-FöMRDERTECHNEK SA
(Pty) Ltd v Brelko CC 1990(1) 393 (W) te 395 B – H
,
blyk dit gemeensaak te wees dat ʼn applikant nie op hierdie
stadium ʼn prima facie kans van sukses in die teeneis hoef
te
bewys nie. Mnr Fischer het dan ook verwys na die beslissing van
Lethimvula Health Care v Private Label Promotion 2012(3) SA 143
(GSJ) te para [8] en [9]
in die verband. Ek hoef derhalwe
geen aandag te gee aan die meriete van die hoofaksie nie. Mnr Fischer
het ook verder verwys na
die aangeleentheid van
Ploughmann N.O.
v Pauw en ʼn Ander 2006(6) SA 334 (CPD) te 341 E
waarin
bepaal is dat die hof ʼn inherente mag het om ʼn bevel uit te
reik vir die voeging van ʼn verdere party tot
ʼn aksie wat
alreeds begin het, ten einde te verseker dat persone wat ʼn
belang in die dispuut het voor die hof mag kom.
[7]
Mnr Wessels het vier hoofargumente gevoer waarom die aansoek afgewys
moet word. Hulle kan soos volg opgesom word:
7.1
Eerstens dat in terme van Artikel 7(3) van die Egskeidingswet, 70 van
1979, slegs bates van ʼn gade oorgedra kan word na
die teenparty.
Die hof, volgens hom, kan nie enige regshulp verleen teen ʼn
ander derde nie, in hierdie geval, die trusts.
Hy het verwys na die
saak van
RP v DP 2014(6) SA 243
en veral na paragrawe
[35], [51] en [52] daarvan, vir die argument dat ʼn hof nie ʼn
diskresie het in terme van Artikel
7(3) om ware bates van ʼn
trust as bates van die persoonlike boedel van ʼn trustee te
beskou. Verder dat dit onnodig is
om ʼn bevel te verlang dat
bates van ʼn trust oorgedra word na die persoonlike boedel van ʼn
trustee. Hy het ook verwys
na
WT and Others v KT (SCA case
933/2013),
[2015] ZASCA 9
, veral te par. [36]
, veral waar die
vraag ten aansien van die wye diskresie van die hof soos in artikel
7(3) voorkom nie beslis is nie. Verder is geargumenteer
dat hofreël
24(2) ook bepaal dat ʼn eiser in rekonvensie ook ʼn
skuldoorsaak teen die derde party moet hê wat
hy wil voeg. Die
teeneis moet derhalwe op sy eie bene kan staan. Die applikant hierin
het geen skuldoorsaak teen die trustees nie,
volgens mnr Wessels.
7.2
Mnr Wessels het tweedens aangevoer dat hofreël 24(2) by
noodwendige implikasie voorskryf dat die hof genader moet word
vir
die voorskrifte daarin bedoel, voordat die teeneis ingestel word. Hy
het aan die hand gedoen dat die applikante derhalwe minstens
aansoek
moes gedoen het vir ʼn verlenging van tyd soos in hofreël 27
beoog.
7.3
Die derde argument, gekoppel aan die tweede, is dat die applikant ʼn
kondonasie aansoek moes gerig het vir die feit dat
sy nie die
voegingsaansoek van die trusts gedoen het voor die instel van die
teeneis nie.
7.4
Laastens is verwys na hofreël 24(1) wat bepaal dat ʼn
teeneis saam met die verweerskrif afgelewer moet word. Derhalwe
sal
die applikant se teeneis teen die trusts buitenstyd ingestel word,
waarvoor kondonasie verkry moet word. Op ʼn vraag hoe
die
applikant sal kan vasstel wat die trustbates, ensovoorts, behels het
mnr Wessels betoog dat die trusts se teenwoordigheid by
die
hoofgeding by wyse van ʼn subpoena duces tecum bewerkstelling kan
word.
[8]
Ek is van mening dat mnr Fischer se argumente meer suiwer is. Soos hy
geantwoord het, soek die applikante nie ʼn bevel teen
die trusts
in terme van die Egskeidingswet nie. Al wat sy tans verlang is ʼn
verklarende bevel soos reeds na verwys. Alhoewel
dit dalk nie nodig
is om ʼn bevel teen die trusts te vra nie, beteken dit nie dat
hulle nie gevoeg mag word as belanghebbende
partye nie. Die feite in
die
RP/DP saak
- supra is in wese presies dieselfde as
in casu. In Julie 2012 het die eiser daarin vir egskeiding gedagvaar.
Eers tydens Julie
2013 het die verweerderes ʼn aansoek geloods om
trustees te voeg sowel as ʼn wysiging van haar teeneis. Alhoewel
die basis
vir die beslissing geskoei was op “piercing the
trust”, is die regsverligting toegestaan. Ek stem saam met die
vermelde
uitspraak te paragraaf [58] wat soos volg lees:

I
therefore come to the conclusion that the trust and therefore the
trustees have a real and substantial interest in applicant’s

claim, and accordingly that they should be joined as parties to the
action. Also, I find that he proposed amendment of the applicant’s

particulars of claim to reflect the joinder and the claim that
certain trust assets should be considered to be assets in the
personal
estate of the first respondent, is not excipiable, and the
amendment should be granted.”
Alhoewel
artikel 7(3) nie in vermelde beslissing oorweeg is nie, meen ek dat
die artikel nie aanwending vind in casu vir die rede
hierbo vermeld.
[9]
Die tweede argument namens die respondent is ook nie aanvaarbaar nie.
Hofreël 24(1) bepaal dat ʼn eiser in rekonvensie
ʼn eis
in rekonvensie tesame met sy pleit moet liasseer, tensy die eiser of
daarna die hof verlof verleen dat dit later afgelewer
mag word. Ek
verstaan nie Hofreël 24(2) om ʼn soortgelyke verpligting op
ʼn eiser in rekonvensie te plaas nie. Daar
word geen tydsbepaling
in die betrokke subreël voorgeskryf nie, wat ʼn litigant
noop om die bepalings van Hofreël
27 na te kom. Trouens, waar ʼn
hof in terme van subreël 1 magtiging kan verleen dat ʼn eis
in rekonvensie op ʼn
latere stadium eers ingestel word, sou daar
geen rede wees waarom dieselfde nie van toepassing sou wees op
Hofreël 24(2) nie.
[10]
Op sterkte van bogemelde, is dit derhalwe ook onnodig om ʼn
kondonasie aansoek te loods.
[11]
Wat die vierde argument betref, is die antwoord alreeds hierbo
verskaf. Die applikant vra nou eers verlof om haar teeneis te
wysig
om sodanig die trusts te betrek. Daar kan nie geredeneer word dat die
aflewering daarvan buitenstyd sou wees nie. Die kennisgewing
van
mosie maak juis in paragraaf 1.2 daarvan voorsiening dat die
pleitstukke in die hoofaksie op al die respondente as verweerders
in
die eis in rekonvensie ooreenkomstig Hofreël 4 beteken moet
word.
[12]
Wat koste betref het mnr Fischer gevra dat eerste respondent dit moet
dra. Mnr Wessels het gesuggereer dat die koste moet oorstaan
vir
beregting by die hoofgeding.  Paragraaf 2 van die kennisgewing
van mosie smeek egter dat koste in die geding moet wees,

alternatiewelik oorstaan vir latere beregting. Dieselfde smeekbede
kom voor in mnr Fischer se hoofde van betoog.  Ek is van
mening
dat koste moet oorstaan vir die redes soos deur mnr Wessels
aangevoer.
[13]
Die hof het dan ook ʼn diskresie om die voeging toe te staan waar
die belange van geregtigheid dit verg. Ek oefen in my
beskeie
hoedanigheid sulke diskresie uit ten gunste van die applikant.
[14]
Die volgende bevele word verleen:
1.
Bede 1 van die kennisgewing van mosie word
verleen.
2.
Die koste van die aansoek staan oor vir
beregting by die egskeidingsgeding tussen die applikant en eerste
respondent.
______________________________
A.
WILLIAMS,WRJ
Namens
die applikant : Adv. P U Fischer SC
In
opdrag van : W J Herbst
Hill,
McHardy & Herbst Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
eerste tot twee-
en
twintigste respondente: Adv. M H Wessels SC
In
opdrag van: J H Conradie
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN