S v S, In Re: S v S (3746/2014) [2015] ZAFSHC 84 (8 May 2015)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Default judgment — Application for rescission of default judgment — Applicant seeking to set aside a default judgment regarding co-ownership of property following divorce — Applicant contending he was unaware of proceedings and had a bona fide defense — Court finding that the applicant provided a reasonable explanation for his failure to respond and demonstrated a bona fide defense — Default judgment set aside and applicant ordered to file notice of opposition within specified time.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 84
|

|

S v S, In Re: S v S (3746/2014) [2015] ZAFSHC 84 (8 May 2015)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
SAAK
NOMMER: 3746/2014
In
die saak tussen:
D[...]
M[...]
S[...]
.......................................................................................................................
Applikant
en
D[...]
S[...]
....................................................................................................................
Eerste
Respondent
REGISTRATEUR
VAN AKTES,
BLOEMFONTEIN
.........................................
Tweede
Respondent
D.T
MAJIEDT N.O.
…..............................................................................................
Derde
Respondent
In
re:
SAAK
NOMMER: 3746/2014
In
die saak tussen:
D[...]
S[...]
.................................................................................................................................
Applikante
en
D[...]
M[...]
S[...]
..........................................................................................................
Eerste
Respondent
REGISTRATEUR
VAN AKTES,
BLOEMFONTEIN
.........................................
Tweede
Respondent
CORAM:
WILLIAMS, WR
UITSPRAAK
DEUR:
WILLIAMS, WR
AANGEHOOR
OP:
7 MEI 2015
GELEWER
OP:
8 MEI 2015
[1]
Hierdie is ʼn aansoek om tersydestelling van ʼn verstekvonnis
wat deur hierdie hof verleen is op 18 September 2014.
Die bevel
behels dat ʼn verklarende bevel uitgereik word dat die partye se
mede-eienaarskap ten aansien van ʼn sekere eiendom
in Heidedal
beëindig word. Verder is DT Majiedt aangestel as ʼn
ontvanger van die vermelde eiendom met sekere magte.
[2]
Die agtergrond tot die aanbring van die aansoek kan kortliks as volg
opgesom word:
2.1
Die applikant en respondent is met mekaar getroud binne gemeenskap
van goedere op 28 September 1991.
2.2
Gedurende 1996 het beide partye transport geneem van ʼn eiendom
te Heidedal, Bloemfontein. Die eiendom is in beide se name
op die
titelakte en verbandakte geregistreer, as gevolg van hulle
huweliksregime.
2.3
Die partye is geskei deur hierdie hof op 29 Maart 2001.
2.4
In die egskeidingsbevel word op rekord geplaas dat die voordele in
gemeenskap van goedere verbeurd verklaar word.  Hierdie
bevel
het gevolg op ʼn smeekbede tot dien effekte.
2.5
Na die egskeiding het die applikant voortgegaan om die eiendom te
bewoon soos wat hy altyd gedoen het. Hy is weer tydens Januarie
2003
met ene M[...] C[...] getroud, weereens binne gemeenskap van goedere.
(Ek
meen derhalwe dat vermelde M[...] ten minste ʼn 50% aandeel in
die belang wat applikant in die eiendom hou, verkry het.
Dit kom
derhalwe voor dat wanvoeging van haar in die hoofaansoek plaasgevind
het, aangesien sy beslis ʼn belang in hierdie
aangeleentheid het.
Ek is egter nie geregtig om nou oor daardie aspek te beslis nie. Ek
sit nie as ʼn hof van appèl
nie.)
2.6
Dit blyk dat applikant die meerderheid van die koopprys en
verbandpaaiemente self betaal het. Die verband is in 2006 afgelos.

Dit was dan ook klaarblyklik die rede waarom hy verbeurdverklaring
verlang het.
2.7
Hoe dit ookal sy, het hy gemeen dat hy sedert 2001 die alleen eienaar
van die eiendom was, veral in lig daarvan dat respondent
geen navraag
oor die perseel gedoen het nie, tot en met Maart 2014, toe hy ʼn
skrywe van respondent se prokureurs ontvang het
tot die effek dat
laasgenoemde ʼn mede-eienaar van die eiendom sou wees en dat sy
haar halwe aandeel daarin wou verkoop. Aan
die applikant is die opsie
verleen om dit self te bekom, alternatiewelik dat die eiendom per
publieke veiling verkoop word, waarna
die netto opbrengs tussen die
partye gelykop verdeel sou word.
2.8
Volgens applikant was hy geskok en verbaas toe hy die skrywe ontvang
het en het hy na sy destydse prokureurs, Kramer Weihmann
&
Joubert, gegaan, wat op hulle beurt vir hom na Lipco Law verwys het.
Hy het gemeen dat respondent haar belang in die eiendom
verloor het
as gevolg van die bevel.
2.9
Tydens Augustus 2014 is die hoofaansoek op hom beteken. Hy het nie
verstaan wat aangaan nie en herhaal dat wat hom aanbetref,
kon die
hof nie so ʼn aansoek toestaan nie, weens bogemelde feite. Hy het
gedink daar is iets foutief.
2.10
Toe hy later verneem dat die vonnis by verstek toegestaan is, het hy
sy huidige prokureurs genader wat hierdie aansoek voorberei
het.
2.11
Applikant meld verder dat hy geld moes leen om die litigasie te
befonds.
[3]
In sy funderende verklaring meld die applikant sy rede waarom hy nie
op die skrywe, asook aansoekstukke gereageer het nie. Hy
meld verder
dat hy ʼn bona fide verweer teen die aansoek het en dat hy ʼn
teenaansoek wil loods om sekerheid oor die betekenis
van die
egskeidingsbevel te verkry.
[4]
Die respondent voer aan in haar opponerende stukke dat die applikant
beide die skrywe asook die aansoek ontvang het en opsetlik
versuim
het om daarop te reageer. Sy beweer verder dat die bevel nie
foutiewelik verleen is nie. Sy ontken dat die applikant ʼn
bona
fide verweer het en stel dat sy ʼn mede-eienaar van die vermelde
eiendom is. Volgens haar kan haar belang in die eiendom
nie verbeur
word met ʼn egskeidingsbevel nie.
[5]
Daar is na my mening ernstige feitedispute tussen die partye ten
aansien van of die respondent ʼn mede-koper of dan mede-eienaar

van die betrokke eiendom sal wees. Verder ook oor die betekenis van
die egskeidingsbevel insake die verbeurdverklaring.
[6]
Hierdie is egter ontersaaklik in hierdie aansoek en kan geen invloed
op my beslissing hê nie.
[7]
Ek moet slegs oordeel of die applikant ʼn goeie verduideliking
vir sy versuim verskaf het en verder of hy ʼn bona fide
verweer
openbaar.
[8]
Advokaat Roux vir die applikant het in sy argument aangevoer dat die
aansoek op Reël 42 van die Hooggeregshofreëls
geskoei is.
Ek meen nie dat Reël 42 toepaslik in hierdie aansoek kan wees
nie. Hy voer egter verder aan dat die hof in terme
van die gemenereg
geregtig is om ʼn verstekvonnis tersyde te stel indien daar
“goeie rede” daarvoor aangetoon word.
Hierdie sal insluit
ʼn redelike en aanvaarbare verduideliking van sy versuim en dat
hy op die meriete ʼn bona fide verweer
het. Hy het onder andere
verwys na
De Wet and Others v Western Bank Ltd 1979(2) SA 1031
A
asook na
Chetty v Law Society, Transvaal, 1985(2) 756
(A) te 764
:

...
but must be considered in terms of the common law, which empowers the
court to rescind a judgment obtained on default of appearance,

provided sufficient cause therefore has been shown. The term
‘sufficient cause’ defies precise or comprehensive
definition,
for many and various factors require to be considered.”
[9]
Advokaat Groenewald vir die respondent het ook na die toepaslike
gesag in soortgelyke aangeleenthede verwys,
Colyn v Tiger Food
Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape) 2003 (Vol.
6) SA 1
(SCA)
asook
De Witts Auto Body Repairs (Pty) Ltd v Fedgen Insurance
Company Ltd 1994(4) SA 705 (E)
en dan verder
Vincollette
v Calvert 1974(4) SA 275 (E)
.
Hy
het verder na gesag verwys wat handel oor die betekenis van
verbeurdverklaring van die voordele in gemeenskap en betoog dat
respondent se aandeel in die betrokke eiendom nie ʼn voordeel van
die huwelik in gemeenskap van goedere is wat verbeurd verklaar
kan
word nie. Hy het die punt beklemtoon dat die respondent se naam ook
voorkom in die verbandakte wat sou beteken dat beide sy
en die
applikant gesamentlik ʼn kontrak met die bank aangegaan het vir
die registrasie van die betrokke verband. Volgens sy
argument kan die
respondent nie haar halwe aandeel in die vaste eiendom verbeur nie.
Hy het dan verwys na die saak van
Moodley
v Moodley, Hoë Hof van Suid-Afrika, Durban en Kus Plaaslike
Afdeling (Saaknommer 7241/2002), ongerapporteerd
.
[10]
Met eerbied is ek nie oortuig deur hierdie argument nie. Daar is juis
in die
Moodley
- saak beslis dat die eiser sy aandeel in
ʼn sekere vaste eiendom verbeur het waar hy nie bygedra het tot
die onderhoud van
die eiendom of belastings en ander uitgawes vir ʼn
periode van minstens 6 jaar nie. In vermelde beslissing word verwys
na
Ex parte De Beer 1952(3) SA 288 T
, waar die hof die
applikant ʼn egskeiding verleen het waarby verklaar is dat haar
man, die respondent, die voordele van die
huwelik in gemeenskap van
goedere verbeur het. Onder die bates van die gesamentlike boedel was
ʼn vaste eiendom wat tydens
die huwelik gekoop is en geregistreer
is in die respondent se naam. Die applikant het daarna aansoek gedoen
vir ʼn bevel in
terme waarvan haar man se belang in die vaste
eiendom verbeur sou word. Soos gestel, het dit voorgekom dat die
respondent nie ʼn
enkele pennie vir die eiendom betaal het nie en
dat sy vrou inderdaad die eiendom uit haar inkomste afbetaal het.
Daar is beslis
dat die applikant ʼn prima facie saak vir die
regsverligting uitgemaak het. Daar is na my mening geen beletsel vir
ʼn party
in ʼn egskeidingsgeding om verbeurdverklaring van
die teenparty se belang in vaste eiendom te bekom nie.
[11]
Dit is egter nie vir my om hieroor te beslis of die meriete van die
hoofaansoek bewys is aldan nie. Soos gestel deur advokaat
Roux, het
ek ʼn diskresie om toe te sien dat reg en billikheid teenoor
partye geskied. Hy het in hierdie verband verwys na
Wahl v
Prinswil Beleggings (Edms) Bpk 1984(1) SA 457 (T) op bladsy 461 H.
[12]
Ek is van mening dat die applikant se rede vir sy versuim onder die
omstandighede aanvaarbaar is. Hy was immers in besit van
ʼn bevel
van hierdie hof wat hom miskien regverdiglik laat glo het dat hy die
alleeneienaar van die eiendom was. Dit dien vermeld
te word dat die
respondent self in haar verklaring beweer het dat sy ʼn leek is
wat die reg betref en dat sy nie geweet het
wat om te doen toe sy in
die bevel lees dat verbeurdverklaring toegestaan is nie. Dit kom my
voor dat die huidige applikant ook
nie juis baie kennis van die reg
dra nie ek kan hy ook as ʼn leek op hierdie gebied beskou word.
[13]
Ek is verdermeer tevrede dat applikant ʼn bona fide verweer tot
die aansoek het. Selfs die regsverteenwoordigers is nie
eens oor die
betekenis van die bevel nie. Dit is insiggewend dat die relaas van
die terrolleplasing van verhoor wat op die respondent
op 1 Maart 2001
beteken is, juis meld dat applikant verbeurdverklaring vorder.
Ek
meen dat hierdie aspek slegs opgeklaar kan word by wyse van ʼn
volle bestrede mosie, selfs indien na mondelinge getuienis
verwys
moet word.
[14]
Wat koste betref, het advokaat Groenewald versoek dat die applikant
die koste van die opponering van die aansoek moet betaal,
aangesien
die opponering nie onredelik is nie. Advokaat Roux aan die anderkant
het voorgestel dat die koste moet oorstaan vir latere
beregting
aangesien die respondent, na sy mening, moes voorsien het dat die
aansoek sou slaag en moes sy vooraf toestemming tot
tersydestelling
verleen het. Beide advokate het egter saamgestem dat die applikant
aanspreeklik moet wees vir die verspilde koste
teweeggebring deur die
veiling van die eiendom.
[15]
Ek glo nie een van die partye is finansieel sterk genoeg op hierdie
stadium om koste van bestrede mosies te betaal nie. Ek
is ook nie op
hierdie stadium tevrede dat die respondent korrek opgetree het om
hierdie aansoek te opponeer nie. Sy kon voorsien
het dat sy nie ʼn
hof sou oortuig dat sy geregtig was op die bevel soos verleen nie.
Ek, in my diskresie, beveel dat die koste
moet oorstaan.
[16]
Die volgende bevele word gemaak:
1.
Die verstekvonnis wat teen die applikant,
D[...] M[...] S[...], op 18 September 2014 deur hierdie hof verleen
is onder saaknommer
3746/2014 word tersyde gestel.
2.
Die applikant hierin, DM S[...], word gelas
om sy kennisgewing van opponering tot die hoofaansoek binne tien dae
vanaf vandag te
liasseer en daarna binne vyftien dae enige
verklarings waarop hy wil steun, te liasseer. By gebrek daaraan sal
die oorspronklike
bevel herleef.
3.
Die koste van hierdie aansoek staan oor vir
beregting by die hoofaansoek.
4.
Die applikant word gelas om die verspilde
koste teweeggebring deur die veiling wat gehou is ten aansien van die
vaste eiendom te
betaal.
______________________________
A.
WILLIAMS, WR
Namens
die applikant : Adv. LA Roux
In
opdrag van : Callis Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. WJ Groenewald
In
opdrag van: McIntyre & Van der Post Prokureurs
BLOEMFONTEIN