About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 80
|
|
Loedolff v Padongelukkefonds (280/2011) [2015] ZAFSHC 80 (23 April 2015)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
280/2011
In
die aansoek van:-
SUSANNA
MARIA LOEDOLFF
…......................................................................................
Applikant
en
PADONGELUKKEFONDS
…...........................................................................................
Respondent
CORAM
:
KRUGER, R
GELEWER
OP
:
23
APRIL 2015
HERSIENING
VAN TAKSASIE
[1]
Hierdie is ‘n Hersiening van Taksasie ingevolge Reël 48.
Die prokureur se aansoek om hersiening is in Afrikaans
en
daarom is hierdie uitspraak in Afrikaans.
[2]
Die vraag in hierdie hersiening is of daar ’n onderskeid gemaak
moet word tussen die fooie toegelaat waar advokate in
die
Hooggeregshof (Hoë Hof) verskyn, en gevalle waar prokureurs
verskyn en of sodanige onderskeid absurd is soos wat Moloi
R bevind
in
Maluti Plant Hire CC v Mangaung
Metropolitan Municipality
,
(Vrystaatse Hoë Hof Saak 2060/2014, 5 Februarie 2015).
[3]
Die takseermeester het
mero motu
twee bedrae van die eiseres
se kosterekening afgetakseer. Daardie items is die volgende:
(1)
“101. Attend to prepare for trial (half day fee)” R
8 250
Die
takseermeester het R 4 900 toegelaat.
(2)
“111. Attend court when draft order made order of court (day
fee)” R16 500
Die
takseermeester het R 9 400 toegelaat.
[4]
Die takseermeester het die volgende in ag geneem:
“
In
considering the argument, I considered the following:
a) Value of the work
done, not only the seniority & expertise,
b) Fair compensation
for perparation & presentation of argument,
c) Work actually
done by the attorney and the rate at which he charges for it,
d) Time spent,
e) The matter was
settled,
f) General Court
Practice,
g) The bill taxed
was a party & party bill and
h)
The attorney dealt with the matter form day one, since 2007.
”
[5]
Die takseermeester wys daaop dat die prokureur vir sewe ure
gekonsulteer het, van dag een af (vir sewe jare) met die saak
gewerk het, en op hoogte was met iedere aspek van die saak. Vir
’n advokaat sou slegs twee ure konsultasie vir verhoor
toegelaat gewees het.
Die
basis waarop die takseermeester die fooi wat hy toegelaat het bereken
het is die volgende:
“
Day fee
(for taking draft order)
R9 400 per day
+
Preparation fee
(after the attorney work on the file from 2007 he
still gets half day preparation fee)
R4 700 half day fee +
Consultation fee
(7 hours, where an advocate would only get two
hours)
R6 580
=
Total
R20 680
I
gave the attorney as per Rule 70 of the Uniform Rules of Court R235
per quarter of an hour to get hourly tariff. Hourly
rate for
attorneys are R940 per hour. I took the R940 as a base fee
multiply by ten to get the day fee of an attorney.
”
[6]
Vir item 111 die prokureur se verskyningsfooi het die takseermeester
10 x R940 (uurfooi) toegelaat = R9 400.
Vir
die voorbereidingsfooi, item 101, het die prokureur ’n halwe
dagfooi toegelaat = R9 400 ÷ 2 = R4 700.
Hierby het die takseermeester nog R200 gevoeg om by R4 900 uit
te kom.
Die
takseermeester sê dat as hy die rekening op die basis van
advokate-fooie sou getakseer het, sou die resultaat ongeveer
dieselfde gwees het, of moontlik minder, soos hieronder blyk waar die
fooie toegelaat vir advokate oorweeg word.
[7]
Die prokureur wat vir eiseres verskyn het, voer aan dat Reël 69
toegepas moes word en dat hy geregtig is op sy fooie soos
versoek.
Hy wys daarop dat Reël 70 bepaal dat waar ’n prokureur in
die hof verskyn of enige van die ander werksaamhede
van ’n
advokaat verrig kragtens die bepalings van die Wet op die Reg
op Verskyning in Howe, 62 van 1995, die tarief
ingevolge Reël 69
van toepassing is (Reël 70, Bylae A, paragraag 10). Reël
69 handel met “Advokaatsgelde
in siviele sake in die
Provinsiale en Plaaslike Afdelings van die Hooggeregshof”.
[1]
[8]
Die takseermeester identifiseer konsultasies waarvoor die prokureur
gedebiteer het, en welke deur die takseermeester toegelaat
is:
Item
21: Konsultasie met kliënt oor quantum verhoor voorbereiding
(2ure) R 1 880
Item
87: Voorverhoor konsultasie met kliënt en bespreek regsmediese
verslae (3ure) R 2 820
Item
99: Voorverhoor konsultasie met Dr D Pienaar (1uur) R
940
Item
100: Voorverhoor konsultasie met S van Jaarsveld (1uur)
R
940
R
6 580
Die
takseermeester het dus R6 580 toegelaat vir voorverhoor
konsultasies van 7 ure. Die takseermeester wys daarop dat
dit
gebruiklik is dat 2 ure konsultasiefooi vir advokate vir verhoor
toegelaat word teen ’n tarief van tussen R750 en R1
500 per
uur.
[9]
Die fooie wat die takseermeester dus vir die prokureur toegelaat het
in hierdie geval is:
Voorverhoorkonsultasies
(7ure)
R 6 580
Voorbereidingsfooi
(Half dag fooi)
R 4 700
Verskyningfooi
(Dagfooi)
R 9 400
Totaal
R20 680
[10]
Die fooi wat die takseemeester vir ’n junior advokaat sou
toegelaat het is:
Voorverhoorkonsultasies
(2 ure)
R 1 500
Voorbereidingsfooi
(Half dag fooi)
R 3 750
Verskyningfooi
(Dagfooi)
R 7 500
Totaal
R12 750
[11]
Die fooi wat die prokureur geeis het is:
Voorverhoorkonsultasie
(7 ure)
R 6 580
Voorbereidingsfooi
(½ Dagfooi)
R 8 250
Voorverhoorkonsultasies
R
16 500
Totaal
R31 330
Vir
’n Senior Junior Advokaat sou die takseer-
meester
toegelaat het
R25 500
[12]
ALGEMENE BEGINSELS VAN TAKSASIE
(a)
Taksasie moet op ’n billike en praktiese wyse gedoen word.
Die vereistes om billik en prakties te wees was nog altyd
oorheersend
by taksasie:
[2]
“
What
is
permissible is, to my mind, those cases which on honest, experienced
and capable practitioner would consider reasonable in relation
to the
particular claim or defence, bearing in mind the requirements of
efficient practice and the exigencies of litigation.”
(b)
Die howe is baie teësinig om met ‘n taksasie in te meng.
Die benadering is dat die hof tevrede moet wees dat
die
takseermeester duidelik verkeerd was voordat die hof sal inmeng.
[3]
(c)
Howe erken die deskundige kennis wat die takseermeester het deur
daagliks te werk met fooie wat in die praktyk gevorder en toegelaat
word. Dit is al gesê dat howe net sal inmeng met die
takseermeester se diskresie in ekstreme gevalle.
[4]
(d) Wat die
senioriteit van die regspraktisyn betref, is die posisie by taksasie
dat dit gaan oor die ingewikkeldheid van die saak,
eerder as die
senioriteit of ervaring van die advokaat of prokureur, soos dit deur
’n vroeëre Hoofregter gestel is:
“
The
measure for determining what is a reasonable fee is the value of the
work that was done, and the eminence of counsel is not
by itself a
good reason for allowing a larger fee.
”
[5]
[13]
TAKSASIE VAN ADVOKATE-WERK DEUR PROKUREURS GEDOEN
(a)
Wanneer ’n prokureur advokate-werk doen is die prokureur
geregtig op fooie wat onder soortgelyke omstandighede vir advokate
toegelaat is.
[6]
(b)
Wanneer die takseermeester ’n kosterekening oorweeg waar ’n
prokureur eis vir advokate-werk deur die prokureur gedoen,
moet die
takseermeester kyk na fooi wat die prokureur
qua
prokureur gevra het ten einde te verseker dat daar nie ’n
duplisering van koste is nie.
[7]
(c)
Wanneer die takseermeester of ‘n Hof die kosterekening van ’n
prokureur vir advokate-werk oorweeg, moet die Hof
en die
takseermeester in gedagte hou dat ’n belangrike rede waaroor
die Wet op die Verskyning van Prokureurs in Hoë
Howe 1995 deur
die parlement aanvaar is, is ten einde gedingskoste te verminder
omdat prokureurs nou kan verskyn.
[8]
(d)
‘n Prokureur wat advokate-werk doen is geregtig om op dieselfde
basis vergoed te word was werk betref wat gedoen is, maar
nie waar
die eis is vir werk wat nie gedoen is nie.
[9]
In die
Le
Roux
saak was die eis gebaseer op ’n fooi om die dag te reserveer.
In so ’n geval sou ’n advokaat nie geregtig
wees op ’n
fooi vir voorbereiding wat die advokaat gedoen het bereken volgens
die ure wat die advokaat aan die voorbereiding
spandeer het nie.
[10]
(e)
Advokate word per dag betaal, prokureurs per ure gewerk. As die
prokureur advokate-werk doen word die prokureur vergoed
op dieselfde
basis as die advokaat, maar die takseermeester kan nie die ander
koste waarvoor die prokureur reeds gedebiteer het
en vergoed is synde
koste wat nie ingereken word by ’n advokaat se fooi nie,
ignoreer nie.
(f)
’n Belangrike rede waarom prokureurs verskyningsregte gegee is,
is om die kliente geld te spaar deur duplisering te vermy.
Die
prokureur kan nie die voordeel kry van die betaling vir die werk as
prokureur gedoen, saam met die fooi vir werk as advokaat
gedoen nie.
Die advokaat se fooi sluit ’n bedrag in vir die werk wat voor
die verhoor gedoen moet word vir welke werk
die prokureur, sou die
prokureur by die verhoor as advokaat optree, reeds vergoed is by wyse
van uitgebreide konstultasie fooie.
(g)
Wanneer die takseermeester die rekening takseer van ’n
prokureur vir advokate-werk, kan die takseermeester nie die rekening
takseer net soos die rekening van ’n advokaat vir daardie werk
getakseer word nie. Die takseermeester moet kyk watter
fooie
die prokureur gedebiteer het wat moontlik tot ’n duplisering
kan lei. Die takseermeester hou in gedagte dat dit
die
prokureur se eie lêer is en dat die prokureur met die inhoud
van die lêer vertroud is en nie hoef in te studeer
nie soos wat
’n advokaat wat ’n brevet ontvang moet doen nie.
(h) Wanneer die hof
te doen het met ’n prokureur se fooie, synde vir werk gedoen
qua
prokureur of advokate-werk, die takseermeester in gedagte
hou dat die prokureur die een is wat besluit watter koste die kliënt
aangaan, of, soos regter MT Steyn dit gestel het:
“
The
attorney is his clients master of costs, often deciding, either on
his own or in conjunction with counsel, what steps to take,
what
evidence to obtain for use in the litigation, evaluating the work and
effort involved in the matter and what the charges therefore
should
be.
”
[11]
GEVOLGTREKKINGS
[14]
Die takseermeester moet ’n billike en praktiese benaderinge
volg. In die onderhawinge geval was die prokureur van
die begin
af gemoeid met die saak. Hy het dagvaarding laat uitreik.
Hy is betaal vir die meriete-gedeelte van die saak.
Die
prokureur is vertroud met sy lêer. Hy is nie in die
posisie van ’n advokaat wat op verhoor gebrefetteer word,
wat
die saak moet instudeer. Die takseermeester moet die praktiese
realiteit van die andersheid tussen ’n advokaatspraktyk
en ’n
prokureurspraktyk in ag neem, soos wat die takseermeester in hierdie
geval gedoen het.
[15]
Advokate word gebrefetteer en reserveer ’n dag. Advokate
mag volgens hulle etiese reëls in die gewone loop
van sake nie
meer as een saak per dag neem nie. As ’n Advokaat
gebrefetteer is vir ’n saak, moet die advokaat
ander verhoor
werk vir daardie dag wegwys. Daardie weggewysde werk kom nie
terug as die eerste saak waarvoor die advokaat
gebrefetteer is,
wegval nie. Dis die rede waarom die advokaat op ’n
reserveringsfooi geregtig is. Dit is waar
dat, as die saak
geskik word of uitgestel word die advokaat kan teruggaan na die
kantoor en kamerwerk doen. Daardie kamerwerk
sou in elk geval
op ’n ander tyd ook gedoen kan word. Die feit dat die
advokaat werk kan gaan doen waarvan vergoeding
uit ander bronne sal
kom, was nog altyd so, en is ’n by-produk van die stelsel van
reserveringsfooi. In ’n Oos-Kaapse
saak
[12]
was die getuienis dat die prokureur spesifiek die dag opsygesit het
vir die verhoor.
[13]
In
die onderhawige saak is geen aanduiding dat eiser se prokureur die
dag opsygesit het vir die verhoor nie.
[16]
Die eiseres se prokureur baseer sy beswaar teen die takseermeester se
taksasie op die feit dat die takseermeester nie gehandel
het
ooreenkomstig die uitspraak van Moloi R in die
Maluti Plant
Hire CC
saak nie. Die voorgaande stelling van Moloi R
in paragraaf [5] van die uitspraak kan nie ondersteun word
nie.
“
The
distinction between what fees an advocate may charge for work done in
the High Court and those of an attorney acting personally
without
engaging and advocate is an absurdity.”
[17]
Ek is tevrede dat bostaande stelling, ongekwalifiseerd, duidelik
verkeerd is, en tot die verkeerde slotsom van die regter gelei
het.
Die beginsel wat die regter uit die oog verloor het in die
Maluti
saak is dat die prokureur op die fooie geregtig is mits daar geen
duplisering is nie. Die vereiste dat daar geen duplisering
moet
wees is in baie geraporteerde sake beslis.
[14]
In die onderhawige saak het die takseermeester, ingevolge sy plig om
billik en prakties te wees, in ag geneem watter fooie
die prokureur
reeds
qua
prokureur gedebiteer het en waarvoor hy op die kosterekening vergoed
is. Dit is iets wat Moloi R, nie in die
Maluti
saak gedoen het nie, en in daardie opsig is ek oortuig dat die
Maluti
saak duidelik verkeerd beslis is.
[18]
Om te bepaal of koste redelikwys aangegaan is, volg die
takseermeester ‘n realistiese benadering deur te kyk na wat
werklik in die litigasie en die praktyk gebeur het.
[15]
Die takseermeester pas nie blindweg die tarief waarop advokate
geregtig is toe op ’n eis vir fooie deur die prokureur
qua
advokaat gedoen nie.
[19]
Die takseermeester was korrek om na die geheel van die saak en die
totale kosterekening te kyk en daarvolgens te bepaal watter
bedrag
toegelaat moet word. Wat koste betref, was hier geen opponering
nie. Dit sou nie gepas wees om ’n kostebevel
te maak
nie. Omdat daar ook by die taksasie geen opponering was nie, en
omdat die eiser se saak volledig in die Aansoek om
Hersiening en die
“Response” uiteengesit is, was dit ook nie nodig vir
enige verskyning nie. Daar is geen basis
om die takseermeester
se beslising tersyde te stel of te verander nie.
BEVEL
1.
Die aansoek word afgewys.
______________
A.
KRUGER,
R
Geen
verskynings.
[1]
Van
Dijkhorst wys in
Promine
Agentskap en Konsultante BK (At); Du Plessis en ‘n Ander
[1998] JOL 3912
(T) daarop dat die opskrif by Reël 69 in
Erasmus,
Superior
Court Practice
foutief is. Harms,
Civil
Procedure in the Supreme Court
gebruik die juiste opskrif.
[2]
Van
Rooyen v Commercial Union Assurance of SA Ltd
1983
(2) SA 465
(O) per MT Steyn, R te
468D-E).
[3]
Harms,
Civil
Procedure in the Superior Courts
,
losblad Vol I (Hoofbinder) B-242;
Lander
v O’Meara
2011 (1) SA 204
(KZN) par [13]-[17].
[4]
Wellworths
Bazaars Ltd v Chandlers Ltd and Others
1947
(4) SA 453
te 459.
[5]
Ocean
Commodities Inc and Others v Standard Bank of SA Ltd and Others
1984
(3) SA 15
(A) te 22H-I.
[6]
Promine
Agentskap en Konsultante BK (At); Du Plessis en ’n Ander
[1998]
JOL 3912
(T) te bl 9 per Van Dijkhorst R;
Stubbs
v Johnson Brothers Properties CC and Others
2004 (1) SA 22
(N) te 27D-E.
[7]
Harms,
Civil
Procedure in the Superior Courts
,
Vol I, B-411, paragraaf B70.1A;
Nzomela
v Eastern Cape Development Corporation Ltd and Another
2004 (6) SA 378
(TK) par [44], [45] (b)-(f).
[8]
Stubbs
v Johnson Brothers Properties CC and Others
2004
(1) SA 22
(N) te 28E-F.
[9]
Road
Accident Fund v Le Roux
2002
(1) SA 751
(W) te 759A-B.
[10]
JD
van Niekerk en Genote Ing v Administrateur, Transvaal
1994
(1) SA 595
(A) te 601I.
[11]
Van
Rooyen v Commercial Union Assurance Co of SA Ltd
1983
(2) SA 465
(O) te 468B-D.
[12]
Stevens
NO v Maloyi
(ECP)
(ongerapporteede saak 1205/08, 26-4-2012)(Tshiki R) bespreek in
De
Rebus
September 2012: 20-22.
[13]
Par
17.
[14]
Nzonela
(
supra
);
Road
Accident Fund v Le Roux
(
supra
).
[15]
Van
Rooyen
(
supra
)
te 474B-D.