N v L (1860/2012) [2015] ZAFSHC 73 (16 March 2015)

60 Reportability

Brief Summary

Family Law — Variation of settlement agreement — Parties to a divorce settlement dispute the validity of a subsequent agreement — Eiseres claims that a 2006 addendum to the 2004 settlement agreement is valid and enforceable, while verweerder contests its validity based on non-compliance with the original agreement's modification clause — Court finds that the 2006 agreement, although not made an order of court, is enforceable as the parties acted upon it and the terms were acknowledged — Verweerder's claims of misrepresentation and expiration of rights are dismissed, affirming the enforceability of the monthly payment obligation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 73
|

|

N v L (1860/2012) [2015] ZAFSHC 73 (16 March 2015)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAAT
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer.:
1860/2012
In die saak tussen:
T[...]
N[...]
…......................................................................................................................
Eiseres
en
F[...]
L[...]
…...............................................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
DEUR:
DAFFUE,
R
AANGEHOOR
OP:
27
en 28 JANUARIE 2015
GELEWER
OP:
16
MAART2015
I
INLEIDING
[1] Twee voormalige
eggenote is in ‘n stryd gewikkel wat verband hou met die
beweerde wysiging van hul skikkingsakte wat in
2004 met die
ontbinding van hulle huwelik ‘n hofbevel gemaak is. Na aanhoor
van die getuienis en die argumente namens die
partye is dit nou my
taak om die geskil te besleg.
II
DIE PARTYE
[2] Eiseres is Me
T[...] N[...] en verweerder is Mnr F[...] L[...]. Beide van hulle
woon steeds in Sasolburg soos wat ook die geval
was toe hulle nog met
mekaar getroud was.
[3] Eiseres is
verteenwoordig deur Adv J. Els en verweerder deur Adv H.J. Benade.
III
DIE AANGEVRAAGDE
REGSHULP
[4] Eiseres versoek
die volgende regshulp in haar gewysigde besonderhede van vordering:

1.
Die addendum gedateer 23 Augustus 2006 (aanhangsel “A”
tot die Besonderhede van Vordering) word ‘n bevel van
die hof
gemaak.
2. Betaling van die
bedrag van R414 000,00.
3. Rente op die
bedrag van R414 000,00 teen 15,5% per jaar vanaf datum van
dagvaarding tot datum van betaling.
4. Koste van die
geding.
5. Verdere en
alternatiewe regshulp.”
IV
DIE GESKILPUNTE
EX
FACIE
DIE
PLEITSTUKKE
[5] Dit is eiseres
se saak dat die skikkingsakte wat sy en verweerder in 2004 aangegaan
het, welke ‘n hofbevel gemaak is op
12 Augustus 2004, op 23
Augustus 2006 gewysig is kragtens ‘n skriftelike ooreenkoms
gesluit tussen die partye. Dit handel
oor die verdeling en
transportering van die onroerende eiendomme wat hulle gesamentlik as
mede-eienaars gehou het, maar ook ‘n
onderneming van verweerder
om aan haar die bedrag van R6 000.00 per maand te betaal vanaf 1
Oktober 2006. Die onroerende eiendomme
is getransporteer
ooreenkomstig die ooreenkoms, maar weier en/of versuim verweerder om
die maandelikse bedrae van R6 000.00 te
betaal. Tewens, in haar
gewysigde besonderhede van vordering pleit eiseres dat verweerder nie
die geidigheid van die 2006 ooreenkoms
erken nie omdat dit nie ‘n
hofbevel gemaak is nie en vra sy nou ook dat dit ‘n hofbevel
gemaak word. Sy eis , R414
000.00, skynbaar die omvang van die bedrag
betaalbaar toe aksie ingestel is, plus moratore rente.
[6] Die volgende is
in geskil aldus die verweerskrif:
6.1 Alhoewel dit
erken word dat ‘n dokument op 23 Augustus 2006 onderteken is
deur die partye, (“die 2006 ooreenkoms”),
ontken
verweerder die geidigheid van die beweerde ooreenkoms.
6.2 Verweerder pleit
dat die 2006 ooreenkoms, welke volgens eiseres ‘n wysiging van
die partye se 2004 skikkingsakte daarstel,
nie kan dien as sodanige
wysiging nie omdat paragraaf 8 van die 2004 skikkingsakte uitdruklik
-bepaal dat enige wysiging daarvan
slegs van krag sal wees indien dit
deur beide partye onderteken en deur die hof ‘n bevel gemaak
is, welke nie gebeur het
nie. Bygevolg is dit verweerder se saak dat
die 2006 ooreenkoms nietig en/of ongeldig en/of onafdwingbaar is.
6.3 Verweerder pleit
ook dat die onderneming deur hom gegee in klousule 5 van die 2006
ooreenkoms - dat hy R6 000,00 per maand aan
eiseres moet betaal vanaf
1 Oktober 2006 - gemaak is nadat eiseres opsetlik en bedrieglik aan
hom voorgehou het dat sy armoedig
en/of behoeftig is en/of geldelik
swaarkry, welke voorstelling wesenlik maar vals was en gemaak is met
die bedoeling om verweerder
te oorreed om die onderneming te gee. Hy
beweer dat hy die ooreenkoms gekanselleer het op grond van haar
wanvoorstelling en dat
hy geregtig is op’n hofbevel ter
bekragtiging van sy kansellasie.
6.4 Voorts pleit
verweerder dat die onroerende eiendomme voor 31 Desember 2006 oor en
weer getransporteer is ter uitvoering van
die 2006 ooreenkoms en dat
eiseres se reg om die 2006 ooreenkoms tot ‘n hofbevel te verhef
reeds verjaar het voor of op 31
Desember 2009 en dus voor uitreiking
van eiseres se dagvaarding.
6.5 Dit word voorts
in die alternatief gepleit dat eiseres se regte uit hoofde van die
2006 ooreenkoms eers sou ontstaan nadat dit
‘n hofbevel gemaak
is en dat die aksie dus prematuur is.
6.6 Voorts en in die
alternatief is gepleit dat indien die 2006 ooreenkoms geldig en.
afdwingbaar is, die eis ten opsigte van die
betaling van alle
maandelikse paaiemente van R6 000,00 betaalbaar meer as drie jaar
voor betekening van die dagvaarding, verjaar
het.
6.7 Verweerder pleit
ook dat prestasie deur hom onmoontlik was op grond van die bewerings
vervat in die verweerskrif welke ek nie
volledig mee handel nie.
[7] In die repliek
ontken eiseres dat verjaring in werking getree het en steun sy op ‘n
beweerde opskortende voorwaarde en
pleit voorts dat haar regte uit
hoofde van die 2006 ooreenkoms terugwerkend van toepassing sou wees
sodra dit ‘n hofbevel
gemaak word.
[8] In die reel 37
minuut word die sogenaamde belangrike kwessies vir beregting soos
volg geidentifiseer:
1. Of die
skikkingsakte regsgeldig gewysig is al dan nie;
2. Indien die hof so
bevind, waiter bedrag deur verweerder aan eiseres verskuldig is.
Geen woord word in
hierdie minuut gerep ten aansien van die verweer van verjaring nie.
Tog was beide advokate dit eens tydens die
verhoor dat dit steeds in
dispuut is en deur my bereg moet word.
V
DIE 2004
SKIKKINGSAKTE
[9] Dit is nodig om
aan te toon wat die partye met hul egskeiding beding het insoverre
dit relevant tot die huidige geskil is. Die
partye was in gemeenskap
van goed getroud en hul onroerende eiendomme was in beide hul name
geregistreer. In paragrawe 1 en 2 van
die 2004 skikkingsakte is met
die partye, wat mede-eienaars van hulle onroerende eiendomme was, se
belang daarin gehandel. Dit
is ooreengekom dat die vier woonhuise
sowel as die besigheidsperseel (op twee erwe geleë) op beide van
hulle se name geregistreer
sou bly en is onder andere voorsiening
gemaak vir ‘n moontlike toekomstige verkoping daarvan.
[10] In paragraaf 7
is soos volg ooreenkom gekom:

BESIGHEIDSBELANGE
IN DHL ENGINEERING (PTY) LTD &
AMT
CONSULTANTS CC
Die Partye kom
ooreen dat hulle gesamentlik eienaars sal bly van die onderskeie
besighede totdat die een Party die ander Party kan
uitkoop of totdat
een van die Partye ‘n Koper vir sy aandeel kry. Die Partye kom
ooreen om die ander Party te ken en die
Party se toestemming te
verkry vir enige Koper in die toekoms. Die Partye kom ooreen om die
besigheid te bedryf na egskeiding op
dieselfde basis as wat dit
gedoen is voor egskeiding.”
[11] Paragraaf 8
bevat die verskansingsklousule waarna hierbo verwys is en bepaal dat
enige wysiging van die skikkingsakte slegs
van krag sal wees indien
dit deur albei partye onderteken en deur die hof ‘n bevel
gemaak is.
VI
DIE 2006 OOREENKOMS
[12]
Hierdie ooreenkoms is opgestel deur prokureur Stroebel van die
prokureursfirma Molenaar, Griffiths en Melato te Sasolburg en
was hy
die prokureur wat die partye se besigheidsbelange hanteer het.
Volgens eiseres se getuienis was hy ook haar persoonlike
prokureur.
Die doel met die opstel van die 2006 ooreenkoms soos blyk uit die
aanhef is duidelik en ek haal aan:

Aangesien
die partye getroud was en; Aangesien die partye geskei is op 12
Augustus 2004; En aangesien die Skikkingsakte geswyg het
oor ‘n
behoorlike verdeling van die eiendomme tussen hulle; Nou derhalwe kom
hulle soos volg ooreen:” Die opskrif,
synde “
Addendum

,
is aanduidend daarvan dat die partye bedoel het dat dit saamgelees
moes word met hui 2004 skikkingsakte.
[13] Anders as wat
die partye aanvanklik ooreengekom het en soos dit ook uit die
getuienis blyk waarna ek later sal verwys, was
dit kort na die
egskeiding nie meer moontlik om saam te werk wat die partye se
besigheid betref of om mede-eienaars van die onroerende
eiendomme te
bly nie. Elke party het gevolglik ooreenkomstig die 2006 ooreenkoms
bepaalde eiendomme in voile eiendomsreg ontvang.
Registrasie van
transport van die onroerende eiendomme is inderdaad bewerkstellig
gedurende 2006 soos wat deur die partye in hierdie
ooreenkoms in die
vooruitsig gestel is en is daar geen dispuut hieromtrent nie.
[14] Alhoewel die
aanhef tot die 2006 ooreenkoms net verwys na die verdeling van
eiendomme, is ‘n klousule 5 ingevoeg wat
soos volg lees:

F[...]
betaal aan T[...] ‘n bedrag van R6 000,00 per maand vanaf 1
Oktober 2006. Die bedrag sal jaarliks by ooreenkoms aangepas
word met
inagneming van bekostigbaarheid en behoefte. Die bogemelde bedrag
sal, vry van wisselkoste, in T[...] N[...] se rekeningnommer
[…]
by Standard Bank, Vanderbijlpark inbetaal word voor of op die 7de van
elke maand.”
Hierdie klousule en
die omstandighede wat daartoe aanleiding gegee het is volledig in die
getuienis aangespreek, onder andere vanweë
verweerder se pleit
dat hy weens wanvoorstelling daartoe beweeg is. Ek handel hiermee
wanneer ek die getuienis ontleed.
VII
DIE GETUIENIS
[15]
Slegs twee getuies het in die verhoor getuig, te wete eiseres en
verweerder. Ek is ook deur beide partye in hul getuienis verwys
na ‘n
bundel dokumente wat as bewysstuk “A” ontvang is, welke
bundel onder andere die twee ooreenkomste waarna
verwys is vervat,
sowel as
'n
verskeidenheid van transportaktes en twee uittreksels uit die
Standard Bank rekenings van DHL Engineering (Edms) Bpk (“DHL

Engineering”). Mnr Benade, namens verweerder, wat met die
aanbied van getuienis begin het, het in sy openingsbetoog aangedui

dat Mnr L[...] pertinent getuienis sal aanbied met betrekking tot die
verwere van wanvoorstelling en verjaring, maar dat hy nie
daardeur
enige van die ander verwere vervat in die verweerskrif abandoneer
nie.
[16] Verweerder het
erken dat die 2006 ooreenkoms aangegaan is tussen horn en eiseres. Hy
het ook erken dat hy geen paaiement hoegenaamd
in terme van klousule
5 van hierdie ooreenkoms aan eiseres betaal het nie, die aanvanklike
rede synde dat die ooreenkoms nie ‘n
hofbevel gemaak is nie.
Volgens hom het eiseres gekla dat sy nie met haar geld uitkom nie en
dat sy ook baie mediese uitgawes het.
Dit was dan die rede waarom hy
toegestem het om R6 000,00 per maand te betaal aan haar met ingang
van 1 Oktober 2006. Volgens hom
het eiseres aangedring dat die
ooreenkoms ‘n hofbevel gemaak moet word omdat sy hom nie
vertrou nie. Hy het ook aangevoer
dat die 2006 ooreenkoms met
betrekking tot die betaling van die R6 000,00 per maand slegs ‘n
“voorstelling” was
en dat hy hom nie daaraan gebonde geag
het alvorens dit ‘n hofbevel gemaak is nie. Hy erken dat hy wel
gedeeltelike uitvoering
gegee het aan die 2006 ooreenkoms deurdat die
eiendomme oor en weer getransporteer is soos deur die partye
ooreengekom.
[17] Gedurende die
middel van 2007 het hy toevallig verneem van eiseres se vriend dat sy
oor verskeie ander onroerende eiendomme
beskik op grond waarvan hy sy
suster opdrag gegee het om ‘n aktesondersoek te doen en het hy
uiteindelik vasgestel dat sy
die geregistreerde eienaar van etlike
onroerende eiendomme is. Afskrifte van die transportaktes van al
daardie eiendomme is vervat
in bewysstuk “A” en dit is
nie nodig om na elkeen daarvan te verwys, behalwe insoverre ek later
sal aantoon waiter
kennis verweerder daarvan gehad het. Dit is juis
verweerder se ontdekking van die feit dat eiseres die eienaar van
verskeie eiendomme
is wat horn laat besef het dat sy in 2006 ‘n
wanvoorstelling teenoor horn gepleeg het deur te beweer dat sy
armlastig en
nie in staat is om haarself te onderhou met die karige
huurinkomste wat sy ontvang het en ook gegewe haar hoë mediese
uitgawes
nie. Volgens hom sou hy definitief nie die 2006 ooreenkoms
aangegaan het met betrekking tot die betaling van R6 000,00 per maand

indien hy bewus was van die ware feitelike posisie nie.
[18] Ter opsomming
dus was verweerder se weergawe dat hy aanvanklik nie die R6 000,00
per maand betaal het nie omdat hy op ‘n
hofbevel gewag het en
die ooreenkoms slegs as ‘n “voorstelling” beskou
is, maar dat hy in elk geval gedurende
die middel 2007 uitgevind het
dat eiseres hom bedrieg het en dat hy op grond van haar wesenlike
wanvoorstelling hom nie gebonde
ag aan enige ooreenkoms in hierdie
verband nie.
[19]
Aan die einde van sy hoofgetuienis het verweerder aangevoer dat
eiseres R600 000,00 uit die besigheid gevat het en dat hy besluit
het
om dit af te skryf teen haar aandeelbelang in die besigheid. Volgens
hom het hy geen vooraf kennis gedra van hierdie onttrekking
nie. Dit
blyk ook uit die kruisverhoor dat hy geen bewys van hierdie
onttrekking kon voorlê nie en alhoewel hy die aangeleentheid

met prokureur Stroebel bespreek en hulle twee “ooreengekom”
het dat die R600 000,00 afgespeel moet word teen eiseres
se belang in
die besigheid, geen so ooreenkoms met eiseres gesluit is nie.
Verweerder het versuim om enige stawende getuienis met
betrekking tot
die beweerde onttrekking aan te bied, hetsy in die vorm van
dokumentêre getuienis, of
viva
voce
getuienis,
en is dit hewig deur eiseres betwis. Op verweerder se weergawe moes
hierdie onttrekking piaasgevind het in 2006 en hou
dit nie verband
met die latere onttrekkings van bykans R600 000,00 wat eiseres uit
die besigheidsrekening gemaak het in 2009 en
direk daarna weer
terugbetaal is nie. Hierdie R600 000,00 is volgens verweerder onttrek
net na die 2006 ooreenkoms op 23 Augustus
2006 aangegaan is. Ek meld
nou reeds dat sy getuienis rondom hierdie aspek baie vaag is en
alhoewel hy beweer het dat hy ‘n
getuie kon kry om sy weergawe
te staaf, is geen getuienis in hierdie verband aangebied nie.
Terselfdertyd is dit verweerder se
weergawe dat hy besef het dat hy
in elk geval een of ander tyd vir eiseres sou moes uitkoop ten
aansien van haar besigheidsbelang
en dit is die rede waarom hy die
R600 000,00 afgespeel het teen haar aandele in die besigheid sonder
dat dit enigsins met eiseres
bespreek is. Verweerder het ook
voortgegaan om DHL Engineering, die maatskappy waarin hy en eiseres
‘n gelyke aandeelhouding
gehad het, dormant te laat raak en het
hy ‘n nuwe besigheid gestig, synde Gambin Engineering (Edms)
Bpk wat vanuit dieselfde
besigheidsperseel dieselfde tipe besigheid
en met dieselfde klante van DHL Engineering besigheid begin bedryf
het. Sodoende is
DHL Engineering se besigheid eenvoudig gekaap deur
‘n ander entiteit en met verweerder as die enigste
belanghebbende voortgesit.
[20] Verweerder het
bevestig dat hy en eiseres R14 000,00 per maand uit die besigheid
getrek het toe hulle DHL Engineering bedryf
het en dat dit so
aangegaan het tot net voor die ooreenkoms van Augustus 2006 of soos
eiseres dit gestel het, tot die winter van
2006. Dit was gemeensaak
dat op 23 Augustus 2006 toe die 2006 ooreenkoms onderteken is,
eiseres nie meer ‘n salaris uit die
besigheid ontvang het nie.
Eiseres wat die boeke van die besigheid gedoen het, het getuig dat
hulle elkeen R18 000,00 per maand
uit die besigheid onttrek het en
verweerder het dit nie in kruisondervraging betwis nie.
[21] Mnr Els, namens
eiseres, het dit in kruisverhoor by meer as een geleentheid aan
verweerder gestel dat die ooreenkoms met betrekking
tot betaling van
R6 000,00 per maand nie bedoel was om onderhoud te wees vanweë
die feit dat eiseres geldelik gesukkel het
nie, soos wat Mnr Benade
tot en met sy slotbetoog aangevoer het, maar dat die partye bedoel
het dat dit ‘n teenprestasie
sou wees vir die verkryging van
haar 50% belang in DHL Engineering. Verweerder het dit herhaaldelik
ontken, maar uiteindelik aangetoon
dat hy nie meer kan onthou nie
omdat die gebeure tien jaar gelede afgespeel het. Volgens verweerder
het eiseres nie voor Augustus
2006 gekla dat sy geldelik swaarkry nie
en die rede hiervoor is immers duidelik. Sy het ‘n salaris van
R18 000,00 per maand
tot op daardie stadium ontvang. Dit is namens
eiseres aan verweerder gestel dat die R6 000,00 per maand vir altyd
betaalbaar sou
wees en dat daar nie op ‘n afsnypunt ooreengekom
is nie. Dit is ook aan verweerder gestel dat hy terdeë bewus was
van
die polis-opbrengs wat eiseres toegekom het en waarop hy nie
tydens die egskeiding aanspraak gehad het nie en waarmee sy onder
andere onroerende eiendomme aangekoop het. Ook dat hy voor die
sluiting van die 2006 ooreenkoms bewus was van ander onroerende
eiendomme, onder andere wat aangekoop is van ‘n Bester en ‘n
Willemse. Verweerder was vaag in hierdie verband, maar
kan afgelei
word uit sy getuienis dat hy dit nie kon betwis dat hy wel kennis van
hierdie twee transaksies gehad het nie.
[22] Eiseres het
getuig dat sy en verweerder die besigheid wat as DHL Engineering
bedryf is, saam opgebou het en dat sy die boeke
daarvan gedoen het.
Beide van hulle het R18 000,00 per maand salaris daaruit ontvang
totdat sy opgehou het om daar te werk net
voor die Augustus 2006
ooreenkoms gesluit is. Sy het na die egskeiding vanaf haar huis
gewerk omdat sy ernstig beseer was in ‘n
motorfietsongeluk en
op ‘n stadium aan ‘n rolstoel vasgekluister was.
Verweerder het dan die werk huistoe gebring ten
einde haar in staat
te stel om haar pligte na te kom. Hulle kon uiteindelik nie langer
saamwerk nie vanweë verweerder se kwetsende
optrede teenoor haar
en het sy teen die winter van 2006 opgehou werk. Sy was telkens baie
emosioneel in haar getuienis en ek meen
dat sy haar getuienis op ‘n
opregte wyse aangebied het. In teensteliing met verweerder wat
hardvogtig teenoor haar voorgekom
het, het sy simpatie teenoor
verweerder getoon. Sy het aangetoon dat sy nie die mat onder sy voete
wou uittrek deur op ‘n
kontantbedrag vir haar aandele in DHL
Engineering aan te dring nie en daarom besluit het op afbetaling van
slegs R6 000,00 per
maand. Aanvanklik wou sy R15 000,00 per maand hê,
maar verweerder het gemeen dis te veel is en het hulle later afgekom
na
R10 000,00 en uiteindelik R6 000,00 per maand. Mnr Benade het dit
aan haar gestel dat die wyse waarop klousule 5 ingekleur is, sowel
as
die bewerings in die besonderhede van vordering vervat, aanduidend
daarvan is dat die partye eintlik bedoel het dat verweerder
onderhoud
aan eiseres sou betaal, die rede synde dat bekostigbaarheid en
behoefte spesifiek vermeld word. Sy het aangetoon dat
dit niks met
haar behoefte te doen het nie maar of verweerder die R6 000,00 per
maand in die toekoms sou kon bekostig. Sy ontken
dat dit ooit ter
sprake was tydens die sluiting van die 2006 ooreenkoms dat dit ‘n
hofbevel gemaak sou word. Eiseres het
dit duidelik gemaak dat sy op
afbetaling ooreengekom het omdat sy nie wou gehad het dat verweerder
alles moet verkoop om haar te
kan betaal nie. Volgens haar het die
gesprekke tussen haar, verweerder en prokureur Stroebel voorafgaande
sluiting van die~2006
ooreenkoms net oor die onroerende eiendom en
die partye se besigheid gegaan. Daar is nooit gepraat oor haar
swaarkry of finansiële
onvermoë nie en is dit haar saak dat
verweerder in elk geval in die verlede nie bereid was om haar te help
en het sy hom ook
nooit vir hulp gevra nie en was sy heeltemal op
haar eie aangewese. Sy het dan verduidelik hoe sy eiendom aangekoop
het met die
polisopbrengs en ook dat verweerder nog kwaad was dat hy
nie in die polisopbrengs kon deel nie. Sy het ook bevestig dat
verweerder
terdeë bewus was van spesifiek die aankoop van die
Bester en Willemse eiendomme en is dit onnodig om in verdere detail
met
betrekking tot verweerder se kennis en eiseres se getuienis
daaromtrent te verval.
[23] Volgens eiseres
het sy vir die eerste keer in 2012 bewus geword van die feit dat die
2006 ooreenkoms slegs regsgeldig sou wees
en afgedwing kon word
indien dit ooreenkomstig klousule 8 van die 2004 skikkingsakte ‘n
hofbevel gemaak word. Dit was by
‘n geleentheid toe sy ‘n
ander prokureur, Mnr Du Plessis, gekonsulteer het met betrekking tot
advies wat sy ingewin
het in verband met ‘n ander saak.
[24] Eiseres het ten
sterkste ontken dat sy ‘n bedrag van R600 000,00 uit die
besigheidsrekening onttrek het en ontken ook
dat daar enige sprake
was, hetsy vanaf verweerder of van haar prokureur Stroebel, dat
hierdie R600 000,00 afgespeel sou word teen
haar aandeelhouding in
die besigheid. Sy het wel erken dat sy die bykans R600 000,00 onttrek
het in 2009 vanweë die feit dat
verweerder nie sy verpligtinge
teenoor haar nagekom het nie, maar op advies van die bankbestuurder
en nadat kriminele stappe teen
haar ingestel is, het sy dit
onmiddellik weer terugbetaal. Die kort en lank van eiseres se
getuienis is dat sy afstand gedoen het
van haar 50% besigheidsbelang
in ruil vir betaling van die bedrag van R6 000,00 per maand vanaf 1
Oktober 2006 vir ‘n onbepaalde
tydperk.
[25] Sy het bevestig
dat die 2004 skikkingsakte wat ‘n hofbevel gemaak is, inderdaad
destyds deur haar prokureur met haar
bespreek is, maar dat dit nie
paragraaf vir paragraaf hanteer is nie en dat sy geensins bewus was
van die bepaling van klousule
8, te wete die verskansingsklousule
nie. Sy het erken dat sy ook na die tyd ‘n afskrif van die 2004
skikkingsakte ontvang
het en dat sy dit te enige tyd kon deurlees. Op
‘n stelling onder kruisverhoor dat sy deurgaans bewus was van
die inhoud
van die 2004 skikkingsakte het sy herhaal dat sy nie bewus
was van die bepaling vervat in klousule 8 nie.
VIII
VERWEER VAN
WANVOORSTELLING: EVALUERING
VAN
DIE GETUIENIS
[26] Eiseres het ‘n
heelwat meer gunstige indruk op my gemaak as verweerder en alhoewel
daar ook onwaarskynlikhede in haar
weergawe is, is ek van oordeel dat
haar getuienis goed voorgedra is, dat sy seker was van haarself en
haar nie weerspreek het nie.
Haar geheue het haar ook nie parte
gespeel soos wat die geval met verweerder was nie. Die enigste punt
van kritiek is die kwessie
van hoe waarskynlik dit is dat partye wat
op die vervreemding van ‘n aandelebelang in ‘n besigheid
sou ooreenkom, nie
die koopprys sou bepaal en dit ook uiteensit in
die skriftelike ooreenkoms nie. Ek sou ook verwag dat die geykte
klousules en terme
wat gewoonlik verband hou met die verkoop van
aandeelhouding in maatskappye daarin vervat sou word. Dit het nie
gebeur nie. Verweerder,
aan die ander kant, was ‘n swak getuie
wat in verskeie opsigte uiters vaag was. Hy het my nie beïndruk
nie en dis duidelik
dat hy wraaksugtig teenoor eiseres is.
[27] Die partye het
nie in 2004 met hul egskeiding ooreengekom dat onderhoud aan eiseres
betaalbaar sou wees nie, juis vanweë
die feit dat hulle
mede-eienaars in ‘n vooruitstrewende besigheid was en ook
verskeie eiendomme gesamentlik besit het. Die
posisie het dramaties
verander toe hulle nie meer kon saamwerk nie en eiseres die
vooruitstrewende besigheid verlaat en enige verdere
aanspraak op
salaris verloor het. Insoverre verweerder enige onderhoudsplig
teenoor eiseres gehad het gedurende die huwelik, het
daardie
onderhoudsplig verval op die stadium toe die egskeidingsbevel verleen
en geen bevel met betrekking tot onderhoud gemaak
is nie. Verweerder
het dus geen onderhoudsplig teenoor eiseres gehad in 2006 nie.
Klousule 5 bevat ook nie ‘n bepaling tot
die effek dat die
bedrag van R6 000,00 per maand sal verval by die dood of hertroue van
eiseres soos wat normaalweg gevind word
in ooreenkomste met
betrekking tot die betaling van onderhoud nie. Alhoewel ek in
beginsel bereid is om eiseres se getuienis te
aanvaar en dus ook te
aanvaar dat die bedrag van R6 000,00 per maand beskou moet word as
afbetaling op die koopprys van haar aandeelbelang
in die besigheid,
bevraagteken ek die geidigheid van die ooreenkoms vanweë die
feit dat die koopprys nie bepaal of bepaalbaar
is nie. Uit die aard
van die saak is so ‘n verweer nie deur verweerder gepleit nie
omdat verweerder nie kon geweet het dat
dit eiseres se weergawe is
dat klousule 5 van die 2006 ooreenkoms bedoel is om haar vergoeding
vir haar aandeelhouding uiteen te
sit nie. Dit blyk immers nie uit
die pleitstukke nie en het eers in die getuienis te berde gekom. Ek
het egter min twyfel dat eiseres
geen wanvoorstelling teenoor
verweerder gepleeg het nie en dat verweerder se verweer in hierdie
verband verwerp behoort te word.
Dit beteken egter nie dat eiseres
suksesvol is nie vanweë die bevinding waartoe ek hierinlater
kom.
IX
VERJARING
[28] Ek het hierbo
vermeld dat die een vername grond waarop verweerder gesteun het vir
sy aanspraak dat eiseres se eis van die hand
gewys behoort te word,
te wete wanvoorstelling, nie enige meriete het nie. Ongelukkig vir
eiseres is dit nie die einde van die
saak nie. Afgesien van my
bedenkinge met betrekking tot die geidigheid en afdwingbaarheid van
die ooreenkoms waarop eiseres steun
vanweë die feit dat die
koopprys van haar aandelebelang nie bepaal of bepaalbaar is nie, kan
eiseres myns insiens nie oor
die hekkie van verjaring kom nie.
[29]
Die 2006 ooreenkoms is soos reeds vermeld op 23 Augustus 2006
gesluit. Die partye het duidelik in gedagte gehad dat hierdie

ooreenkoms eintlik maar ‘n addendum tot die 2004 skikkingsakte
moet wees en is die ooreenkoms ook so tipeer. Die aanhef maak
dit
duidelik dat die partye bedoel het om die 2004 skikkingsakte te
wysig. Daarteenoor bevat die 2004 skikkingsakte die gewraakte

klousule 8 wat ‘n verskansingsklousule is en is dit duidelik
dat geen wysiging daarvan van krag sal wees tensy dit deur die
partye
onderteken en ‘n hofbevel gemaak is nie. Indien verweerder se
weergawe aanvaar sou word, hoe ironies dit ook mag klink,
sou daar
moontlik ruimte wees vir ‘n argument dat klousule 5 van die
2006 ooreenkoms nie bedoel was om die 2004 skikkingsakte
enigsins te
wysig nie. Nêrens in die 2004 skikkingsakte is op enige
onderhoud of periodieke betalings aan eiseres ooreengekom
nie. Indien
die ooreenkoms egter in konteks gesien word en ook in die lig van
eiseres se getuienis, is ook klousule 5 daarvan ter
wysiging van die
2004 skikkingsakte deurdat dit in effek die bepalings van klousule 7
van daardie ooreenkoms wysig. Ek sê
dit nieteenstaande die feit
dat klousule 5 hoegenaamd geensins verwys na DHL Engineering, of AMT
Consultants BK, of na die partye
se besigheidsbelange van welke aard
ookal nie. Getuienis is toegelaat rondom die omringende omstandighede
wat aanleiding gegee
het tot die sluiting van die 2006 ooreenkoms,
nie net vanweë die verweer wat verweerder geopper het nie, maar
om eiseres ‘n
geleentheid te gee om haar weergawe daaromtrent
te stel. Daar was in elk geval geen beswaar teen die aanbied van
sodanige getuienis
nie. Ek is dus geregtig om die omringende
omstandighede in ag te neem. Vergelyk
Natal
Joint
Municipal
Pension Fund v Endumeni Municipality
2012
(4) SA 593
(SCA) te para [18].
[30] Volgens eiseres
is klousule 8 van die 2004 skikkingsakte nie uitdruklik onder haar
aandag gebring nie, alhoewel sy erken het
dat die ooreenkoms met haar
deurgegaan is deur haar prokureur voor ondertekening. Sy het ook na
die egskeidingsbevel ‘n afskrif
daarvan ontvang en het
geleentheid gehad om dit deur te gaan indien sy wou. Volgens haar het
prokureur Du Plessis in 2012 vir die
eerste keer haar aandag daarop
gevestig dat die ooreenkoms in ‘n hofbevel vervat behoort te
word om enige regskrag te geniet.
Sy het dus volgens haar eers
daardwerklike kennis van die regsposisie ontvang in 2012 en indien
dit aanvaar sou word as die enigste
toepaslike kriterium om verjaring
te beoordeel, het haar eis nie verjaar nie omdat die aksie reeds in
2012 ingestel is. ‘n
Tydperk van 3 jaar kon dus nie verloop het
vanaf die mededeling deur prokureur Du Plessis tot die instel van die
aksie nie. Ek
aanvaar ook eiseres se weergawe dat dit nooit ter
sprake was met die sluiting van die 2006 ooreenkoms, soos wat
verweerder beweer,
dat sy aangedring het dat die ooreenkoms ‘n
hofbevel gemaak word of dat daar inderdaad gesprekvoering rondom die
verkryging
van ‘n hofbevel was op daardie stadium nie.
[31] Verjaring begin
loop sodra die skuld opeisbaar is ooreenkoms artikel 12(1) van die
Verjaringswet, 68 van 1969 en in hierdie
verband is artikel 12(3)
pertinent van toepassing welke subartikel soos volg lees:
“’
n
Skuld word nie geag opeisbaar te wees voordat die skuldeiser van die
identiteit van die skuldenaar en van die feite waaruit die
skuld
ontstaan, kennis dra nie: Met dien verstande dat ‘n skuldeiser
geag word om sodanige kennis te dra
indien
hv dit deur
die
beoefeninq van redelike sorq kon bekom het
.”
(my
onderstreping)
[32]
Dit is geykte reg dat aan die woord “skuld” in die
Verjaringswet ‘n wye uitleg gegee word. Vergelyk onder
andere
die minderheidsuitspraak van Harms JA in
Drennan
Maud & Partners v
Pennington Town Board
[1998] ZASCA 29
;
1998
(3) SA 200
(HHA) te 212F - J. “Skuld” of “debt”
hou nie verband met ‘n “skuldoorsaak” of “cause

of action” nie, maar met ‘n “eis” of “claim”.
Vergelyk ook
Desai
NO v Desai NNO &
Another
[1995] ZASCA 113
;
1996
(1) SA 141
(A) en die volgende aanhaling te 146 1- 147 A:

The
term "debt" is not defined in the Act, but in the context
of s 10(1) it has a wide and general meaning, and includes
an
obligation to do something or refrain from doing something. ... It
follows that the undertaking in clause 13(d) to procure registration

of transfer was a "debt" as envisaged in s 10(1).”
[33]
In
Yellow Star
Properties 1020 (Pty) Ltd v MEC.
Department
of Development Planning and Local
Government
(Gauteng)
2009
(3) SA 577
(HHA) te para [37] het die hof soos volg bevind:

It
was then argued by the applicant that by reason of the provisions of
s 12(3) of the Prescription Act, prescription only began
to run once
Smit J had delivered his judgment as until then the applicant could
not have known that the sale was invalid. Again,
this argument cannot
be accepted. The section provides that a creditor shall be deemed to
have knowledge of the identity of the
debtor and of the facts from
which the debt arises if he could have acquired it by exercising
reasonable care. ...
It
may be
that
the applicant had not appreciated the legal consequences
which
flowed from the facts, but its failure to do so does not delay
the
date prescription commenced to run
.”
(my onderstreping.)
Vergelyk
ook
Claasen
v Bester
2012
(2) SA 404
(HHA) te para [16]:

It
is thus clear that prescription began to run on 3 March 2004, when
Bester knew that no provision as to the price at which he
could buy
back the farm from Claasen had been included in the deed of sale.
That he believed nonetheless that the provision was
enforceable is
not relevant. And attempts to register the ‘special conditions’
in the deed of sale against the title
deeds by the legal
representatives of both parties are also of no consequence.”
[34]
In
Macleod v
Kweviva
2013
(6) SA 1
(HHA) te para [9] bevind die hof soos volg:

The
test is what a reasonable person in his position would have done,
meaning that there is an expectation to act reasonably and
with the
diligence of a reasonable person. A creditor cannot simply sit back
and by supine inaction arbitrarily and at will postpone
the
commencement of prescription. What is required is merely the
knowledge of the minimum facts that are necessary to institute
action
and not all the evidence that would ensure the ability of the
creditor to prove its case comfortably.”
In
die mees onlangse beslissing het die Hoogste Hof van Appél by
monde van Wallis AR op 4 Maart 2015 soos volg bevind in
PriceWaterhouseCoopers
Inc and Others v
National
Potato Co-operative Ltd and Another
(451/12)
[2015] ZASCA 2
(4 Maart 2015) te para [145]:

The
question is therefore whether by that date NPC had knowledge of the
identity of the debtor and of the facts from which the claim
arose
or
could by the exercise of reasonable
care
have acquired that knowledge.
(Section
12(3)
of the
Prescription Act 68 of 1969
). In a line of cases
commencing with Drennan Maud & Partners v Pennington Town
Board this court has consistently held
that all that is required is
knowledge of the minimum facts required to institute action. It is
unnecessary for the claimant to
be aware of the legal consequences of
those facts. Where the claimant does not have actual knowledge of
those facts,
but
could by the exercise of reasonable care have
acquired
that knowledge, that is equivalent to actual knowledge
.”
(my
onderstreping)
[35]
Ek het reeds bevind dat ek verweerder se weergawe verwerp dat eiseres
sou aangedring het op 23 Augustus 2006 dat die 2006 ooreenkoms
‘n
hofbevel gemaak word. Ek is oortuig dat hy sodanig getuig het as ‘n
nagedagtenis en met inagneming van die verweer
wat namens hom geopper
is. Die feit bly egter staan dat eiseres verteenwoordig was deur haar
prokureur toe die 2004 skikkingsakte
aangegaan is en met die
uitoefening van redelike sorg sou kon vasstel dat indien sy en
verweerder in die toekoms daardie ooreenkoms
sou wou wysig, dit slegs
regskrag sou hê indien dit op skrif gestel en geteken is deur
hulle en ‘n hofbevel gemaak
word. Ek is eweneens tevrede dat
insoverre eiseres op 23 Augustus 2006 op haar eie weergawe deur haar
persoonlike prokureur en
die besigheidsprokureur van die partye
verteenwoordig was met die sluiting van die 2006 ooreenkoms, sy
eweneens, indien sy die
nodige sorg aan die dag gelê het, bewus
sou geword het van die feit dat daardie ooreenkoms in ‘n
hofbevel beliggaam
sou moes word om enige regskrag te geniet. Selfs
al was sy nie bewus van die regsgevolge van die partye se versuim om
die 2006
ooreenkoms ‘n hofbevel te maak nie, kon sy deur die
uitoefening van redelike sorg daardie inligting bekom het.en moet
aanvaar
word dat sy inderdaad ooreenkomstig die
PriceWaterhouseCooper
beslissing
supra
daadwerklike
kennis gehad het.
[36]
Die verweerder het oor ‘n tydperk van 6 jaar voorafgaande die
instel van aksie versuim om enige van die maandelikse paaiemente

waarop ooreengekom is te betaal. Ek vind dit vreemd dat eiseres nie
die moeite gedoen het om hierdie geld vroeër te probeer
invorder
en in die proses ‘n prokureur gespreek het nie. Indien sy ‘n
prokureur van die twee ooreenkomste voorsien
het, sou hy in alle
waarskynlikheid besef het dat die tweede ooreenkoms eers regskrag sal
verkry indien dit ‘n hofbevel gemaak
word. Ek moet in elk geval
aanvaar dat Mnr Stroebel wat die 2006 ooreenkoms opgestel het, dit
alleenlik sou doen nadat hy in besit
gestel is van die 2004
skikkingsakte en onderhandelinge met betrekking tot die wysiging
daarvan in sy teenwoordigheid plaasgevind
het. Hier het skynbaar ‘n
liederlike oorsig plaasgevind en dit is ongelukkig tot nadeel van
eiseres as die sogenaamde skuldeiser
wat ‘n skuld, synde die
verkryging van ‘n hofbevel met betrekking tot die 2006
ooreenkoms, wil afdwing. Sy kan nie
deur haar gebrek aan optrede
verjaring uitstel nie. Vergelyk die aangehaalde pasassie in
Macleod
v Kweviva
loc cit
sowel
as
Uitenhaqe
Municipality v Mollov
[1997] ZASCA 112
;
1998
(2) SA 735
(HHA) te 742B - 743A.
[37]
Mnr Els het my probeer oortuig aan die hand van twee gewysdes, te
wete
BBS
-Empanqeni CC v Phoenix
Industrial
Park (Pty) Ltd
2012
JDR 0501 SCA en
VH
v HH
2014
JDR 0800 (ECG) dat verjaring nie ingetree het na verstryking van die
tydperk van drie jaar soos deur Mnr Benade gesubmitteer
nie. Myns
insiens ondersteun nie een van hierdie sake eiseres se argument nie.
In die
BBS
Empanqeni CC v Phoenix
Industrial Park (Pty) Ltd
saak
was die betrokke verkoping onderhewig aan opskortende voorwaardes.
Die Hoogste Hof van Appél het die hof
a
quo
gelyk
gegee dat beide die appellant sowel as die respondente se eise
voorspruitende uit die ooreenkoms verjaar het voordat die eiendom
in
2002 in die naam van die munisipaliteit getransporteer is. Die hof
het in gemelde geval bevind dat insoverre die opskortende
voorwaardes
op 4 Oktober 1994 vervul is, beide die eis vir betaling van die
koopprys sowel as die aanspraak op registrasie van
transport op
daardie stadium ontstaan en verjaring op gemelde datum begin loop het
ingevolge artikel 12(1) van die Verjaringswet.
In
casu
is
daar nie sprake van opskortende voorwaardes nie. Die partye was
verplig, en spesifiek dan eiseres wat aanspraak maak op sekere
regte,
om die 2006 ooreenkoms ‘n hofbevel te laat maak binne drie jaar
vanaf 23 Augustus 2006, te wete voor of op 22 Augustus
2009. Myns
insiens is die blote feit dat verweerder en eiseres gedeeltelik
presteer het ooreenkomstig die ooreenkoms insoverre
dit registrasie
van transport van die onroerende eiendomme betref, nie ‘n aspek
wat verjaring gestuit het ooreenkomstig artikel
14 van die
Verjaringswet nie. Dit is ook nie die eiseres se saak op die
pleitstukke of in argument voor die hof nie. Selfs indien
dit so was
en aanvaar word dat verweerder deur gedeeltelike nakoming uitdruklik
of stilswyend aanspreeklikheid erken het, het verjaring
weer begin
loop aan die einde van Desember 2006 toe die registrasie van
transport van die onroerende eiendomme plaasgevind het
en het
verjaring steeds in werking getree voor instel van die onderhawige
aksie.
[38]
Die
feite in
VH v HH
loc cit
is
geheel en al onversoenbaar met die feite in
casu.
In
gemelde saak is gesteun op ‘n skikkingsooreenkoms wat inderdaad
‘n hofbevel gemaak is en bygevolg was die verjaringstydperk

dertig jaar en nie die normale drie jaar soos in
casu
nie.
Die
2006
ooreenkoms
is juis nie ‘n hofbevel gemaak nie. Die laaste saak waarna Mnr
Els verwys het,
Dharsey
v Shelly
1995 (2)
SA
58
(K),
het ook verband gehou met ‘n koopkontrak onderhewig aan ‘n
opskortende voorwaarde en gemelde saak is eweneens irrelevant
vir
doeleindes van beregting van die onderhawige geding.
X
ALGEMEEN
[39]
Dit
is onnodig om met enige van verweerder se ander verwere te handel. Ek
volstaan bygevolg daarmee dat alhoewel eiseres ‘n
heelwat
gunstiger indruk op my gemaak het as verweerder en alhoewel ek
verweerder se verweer met betrekking tot wanvoorstelling
verwerp, ek
ongelukkig geen ander keuse het nie, en ek sê dit teensinnig,
as om tot die gevolgtrekking te kom dat die reg
nie aan eiseres se
kant is nie. Die verweer van verjaring is ‘n dodelike verweer
en ek is oortuig dat, aan die hand van die
objektiewe getuienis en
dit wat gemeensaak is, tesame met die regsbeginsels, verweerder hom
van die bewyslas wat op hom gerus het,
gekwyt het. Bygevolg kan
eiseres nie slaag nie en moet haar eis van die hand gewys word. Daar
is geen rede waarom koste nie die
uitspraak behoort te volg nie en
sal ek aldus gelas.
XI
BEVEL
[40] Weshalwe word
die volgende bevel gemaak:
1. Eiseres se eis
word van die hand gewys met koste.
J. P. DAFFUE, R
Namens eiseres: Adv.
J. Els
In opdrag van:
E.G. Cooper Majiedt
Ing
BLOEMFONTEIN
Namens verweerder:
Adv. H.J. Benade
In opdrag van:
Symington en De kok
BLOEMFONTEIN