About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 55
|
|
Motshesane v S (A244/2014) [2015] ZAFSHC 55 (12 March 2015)
VRYSTAAT
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer:
A244/2014
In
die appèl van:
MONGEZI KLEINBOY
MOTSHESANE
…
......................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................................................................
Respondent
CORAM:
MOCUMIE,J
et S J REINDERS (Wnd.)
AANGEHOOR OP:
2 MAART 2015
GELEWER OP:
12 MAART 2015
UITSPRAAK DEUR
:
REINDERS S J (Wnd.)
[1] Die appellant is in die
Streekhof te Viljoenskroon skuldig bevind op ‘n aanklag van
verkragting. Hy het op 5 Julie
2012 onskuldig gepleit op die
ten laste gelegde aanklag maar is hy op 28 Augustus 2012 skuldig
bevind. Op 28 Augustus 2012
is hy gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf.
[2]
Met verlof van hierdie Hof, appelleer die appellant slegs teen die
opgelegde vonnis. Die relevante gedeelte van die klagstaat
lees
dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik en sonder toestemming
‘n handeling van geslagtelike penetrasie gepleeg
het. Na
die aanhoor van getuienis het die Streeklanddros die beskuldigde
skuldig bevind “
soos aangekla
”.
[3] Tydens vonnisoplegging het die
Landdros bevind:
“
...
dat waar ‘n persoon meer as een keer verkrag word deur sy
aanvaller ... daar ‘n minimum vonnis van lewenslank (is)
wat
die Hof moet oplê ...”
[4]
Op appèl is voor ons aangevoer dat die Verhoorlanddros in
hierdie opsig fouteer het en dat die getuienis nooit as enigste
redelike afleiding regverdig het dat die klaagster deur die appellant
meer as een keer verkrag is nie. In die verband lees
die rekord
as volg:
“
Nou
sê bietjie vir ons wat bedoel u hy hou gemeenskap met u, wat
het hy presies gedoen? – Hy het met my aller dinge
gedoen, my
ook seer gemaak want hy het met my die hele aand lank geslaap, eers
die oggend het hy weggeloop...
Nou
deur die nag, hoeveel keer het hy gemeenskap met u gehou? – Dit
was die hele aand gewees en hy het my seergemaak en het
ook na my
gesig getrek. Hy het ... ons het nooit geslaap daardie aand
nie. Hy was besig met my die hele aand.”
[5]
Ek is nie van oordeel dat hierdie getuienis bo redelike twyfel
meermalige penetrasies en/of verkragtings daarstel soos bedoel
in die
wet nie. Inteendeel, het die klaagster eenvoudig nie so getuig
nie. Indien die staatsaanklaer meerdere verkragtings
wou bewys,
kon hy die klaagster meer volledig hieroor uitgevra het. Hy het
nie so gedoen nie, en het sy ook nie getuig dat
sy meermale verkrag
is nie. Selfs by wyse van afleiding sou die toets neergelê
deur Watermeyer (soos hy toe was) in
R
v Blom
1939 AD 188
te 202 –
203 nie meerdere verkragtings (soos bedoel in die wet) as enigste
redelike afleiding regverdig nie. Vergelyk
ook:
R
v Sole
2004 (2) SASV 599 LesHC te
664 H – 666 I. Daarbenewens het die klagstaat soos
geformuleer die appellant ten laste gelê
“’
n
handeling van geslagtelike penetrasie
”
en is die appellant dienooreenkomstig slegs so skuldig bevind –
dit wil sê aan ‘n enkele verkragting.
[6] Tydens vonnisoplegging verklaar
die verhoorhof ook as volg:
“
Die
wet (bepaal) dat waar ‘n persoon meer as een keer verkrag word
deur sy aanvaller of waar ‘n persoon, dit is die
slagoffer as
gevolg van sy weerloosheid die onderwerp word of misbruik word dan is
daar ‘n minimum vonnis van lewenslank
...
”
Bylaag
2 van deel 1 van die tersaaklike wet verwys egter na liggaamlik
gestremde persone en nie persone wat in die algemeen weerloos
is nie.
[7]
Ek is dus van oordeel dat die Hof fouteer het deur te bevind het dat
die minimum voorgeskrewe vonnis soos bedoel in Artikel
51(1) van die
wet toepaslik is.
[8]
Vir daardie rede moet die appèl teen die opgelegde vonnis
slaag. Omdat al die tersaaklike feite en omstandighede
voor
hierdie Hof is daar geen nodigheid om die aangeleentheid terug te
verwys na die Verhoorlanddros nie, en kan hierdie Hof ‘n
gepaste vonnis oplê.
[9]
Ek is van oordeel dat die minimum tersaaklike vonnis hier tersaaklik
die vonnis is soos voorgeskryf in Artikel 51(2)(b) te wete
tien (10)
jaar gevangenisstraf.
[10]
Die appellant se persoonlike omstandighede is dat hy 38 jaar oud is
en ongetroud is met twee (2) minderjarige kinders.
Die kinders
word egter deur sy swaer versorg. Hoewel hy van tyd tot tyd
stukwerk verrig het is hy in werklikheid werkloos
en het hy nie enige
skolastiese opleiding gehad nie. Die rekord toon aan dat die
appellant vanaf 7 April 2012 reeds in aanhouding
is. Hoewel hy
geen vorige veroordelings vir verkragting het nie is hy op 23 Oktober
2003 skuldig bevind aan aanranding en
op 21 Junie 2004 aan diefstal
waarvoor hy agt (8) maande gevangenisstraf opgelê is in terme
van die bepalings van Artikel
276(1)(i) van die Strafproseswet.
Vir doeleindes hiervan kan hy dus as ‘n eerste oortreder beskou
word.
[11]
As verswarend is dit so dat die klaagster ‘n bejaarde dame is
(die rekord toon nie haar presiese ouderdom aan nie maar
is die
aanduidings dat sy byna 80 jaar oud is) en dat sy in die veiligheid
van haar woning verkrag is. Sy was ‘n weerlose
slagoffer
gewees en hoewel sy nie permanente beserings opgedoen het nie, het sy
moeilik geloop as gevolg van die voorval en was
haar spraak ook
aangetas. Die appellant was ‘n buurman van die klaagster
en het hy kaal onderlyf by die klaagster se
woning opgedaag.
[12] In
S
v Vilakazi
2009 (1) SASV 552 HHA te
par [57] word verklaar:
“
I
think it must be accepted that no one, and least of all a child,
would be left unscathed by sexual assault, and that in this case
the
complainant must indeed have been traumatized …”
[13]
Mahomed (Hoofregter: soos hy toe was)
in
S v
Chapman
1997 (2) SASV 3 HHA te par
[5]
bevind as volg:
“
Rape
is a very serious offence constituting as it does a humiliating,
degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity
and the
person of the victim. The rights to dignity, to privacy and
integrity of every person are basic to the ethos of the
constitution
and to any defensible civilization. Women in this country are
entitled to the protection of these rights.
They have a
legitimate claim to walk peacefully on the streets, to enjoy their
shopping and their entertainment, to go and come
from work, and to
enjoy the peace and tranquillity of their homes without the fear, the
apprehension and the insecurity which constantly
diminishes the
quality and enjoyment of their lives.”
[14] In
S
v Ncheche
2005 (2) SASV 386 (W) te
395 H word dit as volg gestel:
“
Rape
is an appalling and utterly outrageous crime, gaining nothing of any
worth for the perpetrator and inflicting terrible and
horrific
suffering and outrage on the victim and her family. It
threatens every women, and particularly the poor and vulnerable
…
A woman’s body is sacrosanct and anyone who violates it does so
at his peril and the legislature and the community
at large,
correctly expect our Courts to punish rapists very severely.”
[15]
Die voorgeskrewe minimum vonnis hierin
tersaaklik is tien (10) jaar gevangenisstraf tensy ek wesentlike en
dwingende omstandighede
kan bevind wat regverdig dat ek van daardie
vonnis afwyk. In
S v Malgas
2001 (1) SASV 469 (HHA) te par [25] word die volledige benadering wat
‘n Hof in hierdie omstandighede moet volg uiteengesit.
Vir doeleindes hiervan verwys ek slegs na die volgende:
“
Courts
are required to approach the imposition of sentence conscious that
the legislature has ordained life imprisonment (or the
particular
prescribed period of imprisonment) as the sentence that should
ordinarily and in the absence of weighty justification
be imposed for
the listed crimes in the specified circumstances.
Unless
there are, and can be seen to be, truly convincing reasons for a
different response, crimes in question are therefore required
to
elicit a severe, standardized and consistent response from the
Courts.
The
specified sentences are not to be departed from lightly and for
flimsy reasons…”
[16]
Ek kan geen wesentlike en dwingende
omstandighede vind wat my regverdig om af te wyk van die voorgeskrewe
vonnis nie. Selfs
al sou daar geen voorgeskrewe vonnis gewees
het nie, sou ek van oordeel gewees het dat ‘n gepaste vonnis in
ieder geval tien
(10) jaar gevangenisstraf sou wees.
[17] Gevolglik maak ek die volgende
bevele:
17.1
Die skuldigbevinding word bekragtig maar die opgelegde vonnis word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
17.1.1
tien (10) jaar gevangenisstraf in terme van Artikel 276(1)(B) van die
Strafproseswet 51 van 1977;
17.1.2
in terme van Artikel 103 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens,
Wet 60 van 2000 word die beskuldigde onbevoeg verklaar
om ‘n
vuurwapen te besit.
Die bovermelde vonnis moet geag word
opgelê te gewees het op 28 Augustus 2012.
____________________
S.
J. REINDERS (Wnd.)
Ek
stem saam.
________________
B.C.
MOCUMIE, R
On behalf of
appellant: Mr D. Reyneke
Instructed
by:
Legal
Aid
BLOEMFONTEIN
On behalf of
respondent: Adv S. Chalale
Instructed
by:
State
Attorney
BLOEMFONTEIN