S v Moholo (19/2014) [2015] ZAFSHC 44 (26 February 2015)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft of livestock — Accused convicted of theft of multiple cattle — Appeal against conviction and sentence — Evidence presented by owners identified stolen cattle — Accused found in possession of cattle, with DNA evidence linking him to the theft — Conviction on one count of theft of three cattle modified to one count due to insufficient evidence for all counts — Sentence on modified conviction reduced to twelve months’ imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 44
|

|

S v Moholo (19/2014) [2015] ZAFSHC 44 (26 February 2015)

VRYSTAAT
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBL1EK
VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer:
19/2014
In die aansoek
tussen:
DIE STAAT
en
MOJALEFA
SHADRACK MOHOLO
CORAM
:
MOCUMIE,
R
et
S
J REINDERS, Wnd R
AANGEHOOR
OP
:
2
FEBRUARIE 2015
GELEWEROP:
26
FEBRUARIE 2015
S J Reinders
(Wnd.)
[1] In die Streekhof
te Welkom het Mnr Moholo (hierna “die beskuldigde genoem”)
tereg gestaan op vier aanklagte van
die diefstal van vee ingevolge
die bepalings van Artikel 11 van die Veediefstalwet 57 van 1959.
Nieteenstaande sy pleite van onskuldig
op al die aanklagte op 24
April 2012, is hy skuldig bevind op al die aanklagte op 27 Maart 2014
en op 15 April 2014 gevonnis tot
vier jaar gevangenisstraf op elke
aanklag waarvan twee jaar op elke aanklag opgeskort is vir ‘n
periode van vyf jaar. Voormelde
het die gevolg dat hy effektief vir
‘n periode van agt jaar na die gevangenis verwys is. Hy is
voorts bevind onbevoeg te
wees om ‘n vuurwapen te besit in
terme van die bepalings van Artikel 103 van Wet 60 van 2000.
[2] Op die 20ste
Junie 2014 het die Streeklanddros verlof aan die Beskuldigde verleen
om na hierdie Hof te appelleer teen beide
die skuldigbevindings sowel
as die vonnisse hom opgelê.
[3] Die Beskuldigde
was aanvanklik regsverteenwoordig maar skynbaar as gevolg van ‘n
gebrek aan fondse, het hy mettertyd sy
eie verdediging waargeneem.
[4] Wat aanklag 1
aanbetref, het die Staat beweer dat die beskuldigde op die 6de Julie
2010 naby Boschrand plaas, drie beeste tot
die waarde van R21 000.00
synde die eiendom van Lydia Booyens gesteel het. Klagte 2 het die
beskuldigde ten laste gelê dat
hy op 10 Julie 2010 naby
Monyakeng, een kalf tot die waarde van R5 000.00 en een koei tot die
waarde van R8 000.00 synde die eiendom
van Ndoyisile Windvoël
gesteel het. Klagte 3 het behels dat op dieselfde datum as in aanklag
2, naby Boschrand plaas die beskuldigde
vyf beeste tot die waarde van
R10 800.00, die eiendom van Stoffel Mahlwane gesteel het. Wat aanklag
4 aanbetref is dit beweer dat
die Beskuldigde op 2 September 2010
naby Blesbokfontein plaas, drie beeste ter waarde van R15 000.00
synde die eiendom van Mnr
Erasmus gesteel het. Die getuienis het
egter aangetoon dat die beeste R15 000.00 elk werd is en was die
totale waarde daarvan R45
000.00.
[5] Die eienaars van
die onderskeie vee ten opsigte van elke aanklag het getuig en in elke
geval is die tersaaklike vee behoorlik
geïdentifiseer.
Addisioneel daartoe wat aanklagte 1 en 4 aanbetref, was DNA-toetse
wat geneem is ook positief. Die beskuldigde
was in besit van ai die
vee (uitgesiuit twee beeste in aanklag 1). Hierdie besit het onder
andere daaruit bestaan dat hy dit in
’n kraal van horn aangehou
het en was die vee in aanklag 4 agterop ’n bakkie. Van die vee
is ook gevind met die brandmerk
van die beskuldigde daarop.
[6]
Die getuienis van die klaers was onbetwis en het die verhoorlanddros
al die staatsgetuies bevind as goeie, geloofwaardige en
eerlike
getuies. ‘n hof van appêl moet ingedagte hou dat die
verhoorhof die getuies sien in persoon en daarom behoort
‘n hof
van appêl nie ligtelik met die verhoorhof se
geloofwaardigheidsbevindinge in te meng nie.
R
v Dhlumavo en ‘n Ander
1948
(2) SA 677
(A).
Geen kritiek is op
appél voor ons aangevoer wat hierdie betrokke bevindinge van
die verhoorlanddros aanbetref nie, en kon
ek ook geen kritiek in die
verband vind nie.
[7]
Daar was getuienis teen die beskuldigde aangevoer welke beslis ‘n
antwoord van horn geverg het. In
S
v Boesak
[2000] ZACC 25
;
2001
(1) SA 912
(KH) te 923 E - F, word dit as volg gestel:

If
there is evidence calling for an answer, and an Accused person
chooses to remain silent in the face of such evidence, a Court
may
well be entitled to conclude that the evidence is sufficient in the
absence of an explanation to prove the guilt of the Accused.”
Die verhoorlanddros
het hierdie benadering gevolg en kan dus nie gefouteer word nie.
[8] Die getuienis op
aanklag 1 is egter dat hoewel die klaer op die 6de Julie 2012 gevind
het dat drie beeste vermis word, slegs
een van hierdie beeste terug
gevind is in die besit van die beskuldigde (in ‘n kraal) op 14
Julie 2010. Die ander twee beeste
was steeds vermis en daar was geen
verdere getuienis hieromtrent nie. Die klaagster se getuienis is dat
hierdie beeste nie deur
haar in ‘n kraal aangehou is nie, maar
in die oop veld. In die omstandighede is ek van oordeel dat
bovermelde feite tot gevolg
het dat die verhoorlanddros nie as
enigste redelike afleiding kon maak dat die beskuldigde al drie die
beeste hierin gesteel het
nie. Ek is van oordeel dat die
skuldigbevinding wat aanklag 1 aanbetref, gewysig moet word tot die
diefstal van een bees. Origens
is ek tevrede dat die
skuldigbevindings bekragtig moet word.
[9]
In die ongerapporteerde uitspraak
S
v Matlakala
2011
JDR 0956 (FB) is ‘n vonnis van ses en dertig maande
gevangenisstraf ten opsigte van vyf Bonsmara koeie ter waarde van
R24
000.00 bekragtig op appêl. In die hersieningsuitspraak die
Staat v Khiba
Mofo
(Hersieningsnommer
444/2012) (FB) gelewer op 7 Maart 2013, is twaalf maande
gevangenisstraf bekragtig vir die diefstal van vee.
Dit is nie irit
die uitspraak duidelik watse vee en hoeveel gesteel is nie. In
S
v Oosthuizen en ‘n Ander
1996
(1) SA 4475
(O) is die tweede appellant, synde ‘n eerste
oortreder gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf vir die diefstal
van ses
skape. In
S
v Molenbeek en Andere
1997
(2) SA 4346
(O) is die twee appellante wie in vertrouens posisies
was, onderskeidelik vir negentien en ses skape gevonnis op elke
aanklag tot
agtien maande gevangenisstraf waarvan ‘n deel
opgeskort is.
[10]
ln
S
v Truyens
2012
(1) SASV 79 (HHA), was egter in daardie besonderse omstandighede
bevind dat die hof van appêl verkeerd was om die vonnis
te
verskerp waar die verhoorlanddros van oordeel was dat vyf jaar
gevangenisstraf ‘n gepaste vonnis sou wees opgelê
in
terme van Artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet 51 van 1977.
[11]
Gevangenisstraf vir die diefstal van vee is gevolglik nie onvanpas
nie. Die landdros in die oplegging van vonnis het tereg
met verwysing
na die beslissing van
Staat
v
Oosthuizen
1996
(1) SA 475
(O) in aanmerking geneem dat die misdaad ‘n ernstige
misdaad is. Hy het in aanmerking geneem dat hierdie misdade gepleeg
is uit hoofde van gierigheid, tereg bevind dat dit ‘n
verswarende faktor is. Tereg het die landdros daarna verwys dat die

tweede en derde klaers as gevolg van die beskuldigde se optrede byna
ontneem is van hulle inkomste. Die landdros het versigtig
die
verskillende vonnis opsies oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom
dat die beskuldigde gevonnis moet word tot gevangenisstraf
op elke
aanklag en het hy dit getemper deur ‘n gepaste deel daarvan op
tê skort.
[12]
In die ongerapporteerde uitspraak van
Muller
v Staat
(2006)
HHA 41 (RSA), welke gelewer is op 29 Maart 2006, het die hof as volg
opgemerk:
"A
punishment in respect of the offence committed by the Appellant was a
matter for the discretion of the Court and should
only be altered on
appeal if that discretion had not been judicially and properly
exercised. That will be the case if the discretion
is vitiated by
irregularity or misdirection or if the sentence is disturbingly
inappropriate.

[13] Na my oordeel
het die verhoorlanddros geen wanvoorligting begaan nie, en, is ons
gevolglik nie geregtig op appêl om in
te meng met die opgelegde
vonnisse wat aanklagte 2 tot 4 aanbetref nie.
[14] Wat aanklag 1
aanbetref, moet opnuut vonnis opgelê word. Die beskuldigde is
slegs skuldig bevind aan die diefstal van
een bees. Inaggenome dat
die beskuldigde reeds effektief ses jaar op aanklagte 2 tot 4
uitdien, en die feit dat slegs een bees
hier ter sprake is, wat
teruggevind is, is ek van oordeel dat ‘n gepaste vonnis op
aanklag 1 twaalf maande gevangenisstraf
is.
[15] ’n
Bekommerniswaardige aspek is egter die landdros se ongeduld met die
beskuldigde wat nie ‘n regsgeleerde is nie.
Tydens kruisverhoor
van die beskuldigde van die getuie Inspekteur Swart, maak die
landdros die volgende opmerking:

Laat
ek net inmeng,
<daardie
papier wat u sit en goed aflees bêre hom, as u wit kruisverhoor
vra vrae wat sin maak uit u kop uit, nie goed
wat afgeskryf is deur u
of iemand anders nie, wat u daar staan en uitlees nie."
En later:

DNA
word nie net van bloed geneem nie, dit kan van baie dinge geneem
word, as jy dit nie weet nie, waaroor DNA gaan nie dan moet
jy maar
iemand kry wat weet waaroor dit gaan.”
In latere
kruisverhoor van Inspekteur Swart deur die beskuldigde, maak die
landdros die volgende aanmerking:

U
moet nie vals steilings maak nie, ek gaan ‘n nadelige afieiding
maak van die feit dat u biy vals bewerings maak, ek waarsku
vir u."
Tydens verdere
kruisverhoor van Inspekteur Swart lees die rekord as volg:
"
Beskuldigde:
Ek
vra die Hof om my te help by watter beeste is die DNA geneem?
Hof
:
Ek is nie hier om
u te help nie, u het verkies om uself te verdedig u moet weet wat ‘n
prokureur weet en oor die vermoë
beskik."
Steeds tydens die
kruisverhoor van Swart deur die beskuldigde lees die rekord as volg:
"
Hof
:
Ek het vir jou al
gesê die man wat getuies roep is die Aanklaer, hou nou op om
vir my ‘n lesing te wil gee hierso, wil
jy vrae vra of wil jy
nie vrae vra nie, wat relevant is."
[16] Bovermelde is
enkele aanhalings van opmerkings wat deur die verhoorlanddros (aldus
die rekord) teenoor die beskuldigde gedoen
is. ‘n Voorsittende
beampte het (selfs in die geval van uiterste frustrasie) die plig om
‘n onverdedigde beskuldigde
by te staan. Dit sluit in die
verpligting om horn nie te intimideer of horn te mislei nie. Die
opmerking deur die landdros dat
hy nie die beskuldigde sal help nie
en dat hy ‘n nadelige afleiding sal maak indien hy weer
verkeerde stellings maak, is
onvanpas en selfs juridies verkeerd. Die
landdros kan geen nadelige afleiding maak nie, en hierdie opmerking
het ten doel om die
beskuldigde as ‘n onverdedigde beskuldigde
te intimideer. Die stelling deur die landdros dat die beskuldigde die
kennis van
‘n prokureur moet hê, is waarskynlik tot
kennis van die landdros onjuis.
[17]
In
S v Mabuza
1991
(1) SA SV 636 (O) te 638 het Hattingh R met verwysing na
S
v Rail
1982
(1) SA 828
(A) te 831 - 833 B, die standaarde wat ’n regspreker
moet handhaaf opgesom in kort as volg:

(a)
Die Hof moet nie
sy
ondervraging op so ’n
wyse doen dat sy onpartydigheid bevraagteken of betwyfel kan word
nie;
(b) Hy moet nie
in so ’n mate aan die saak deelneem dat die stof in die arena
sy visie verduister en hy dan in die onvermoë
is om die
geskilpunte behoorlik te beoordeel nie;
(c) Hy moet nie
’n getuie of die Beskuldigde intimideer of ontstel sodat sy
antwoorde verswak word of sy geioofwaardigheid
afgetakel word nie;
(d)
Hy moet derhalwe die verhoor so hanteer dat sy onpartydigheid, sy
onbevangenheid,
sy
billikheid en
redelikheid aan almal gemanifesteer word wat belang by die verhoor
het, besonderlik die Beskuldigde.’’
Hierdie
veeleisende en maatskaplike belangrike plig kan die regspreker slegs
nakom as hy waaksaam is oor homself, aandagtig is aan
sy eie
swakhede, soos ongeduld, en persoonlike sienings en nukke en hulle
steeds beteuel.
Mabuza
supra
te 639.
[18] Die kumulatiewe
effek van nie-nakoming van sodanige verpligting, kan vernietigend van
die regsgeldigheid van ’n beskuldigde
se verhoor wees
nieteenstaande die feit dat hy wel skuldig mag wees aan al die
aanklagte en word die streeklanddros vermaan om
die bovermelde
beginsels in gedagte te hou as ’n regsprekende beampte.
[19] Gevolglik maak
ek die volgende bevele:
19.1 Die
skuldigbevinding op aanklag 1 aan drie beeste word gewysig na een
bees.
19.2 Die opgelegde
vonnis op aanklag 1 word tersyde gestel en vervang met twaalf maande
gevangenisstraf welke geag moet word opgeiê
te gewees het op 15
April 2014.
19.3 Die verrigtinge
word origens bekragtig en die appêl origens afgewys.
S.J.REINDERS, Wnd
R
Ek stem saam.
B.C.MOCUMIE, R