About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2015
>>
[2015] ZAFSHC 20
|
|
Matsepes Ingelyf and Others v Wessels and Others (959/2014) [2015] ZAFSHC 20 (12 February 2015)
VRYSTAAT
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
959/2014
In
die aansoek tussen:
MATSEPES
INGELYF
................................................................................
Eerste
Applikant
TSIU
VINCENT MATSEPE
N.O.
............................................................
Tweede
Applikant
OTTLIE
ANTON NOORDMAN
N.O.
.......................................................
Derde
Applikant
en
SAREL
JOHANNES
WESSELS
.............................................................
Eerste
Respondent
ELIZABETH
MARIA
VENTER
...........................................................
Tweede
Respondent
SEBASTIAAN
JACOBUS
WESSELS
....................................................
Derde
Respondent
MEESTER
VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
...........................................
Vierde
Respondent
CORAM
:
S J REINDERS (AJ)
AANGEHOOR
OP
: 5 FEBRUARIE 2015
GELEWER
OP
: 12 FEBRUARIE 2015
GELEWER
DEUR
: S J REINDERS( AJ)
[1]
Die drie Applikante is onderskeidelik Eerste tot Derde Verweerders
(hierna genoem “die Verweerders”) in saaknommer
959/2014,
synde ʼn aksie uitgereik in hierdie afdeling deur die eerste twee
Respondente (hierna genoem “die Eisers”).
[2]
Tot die voormelde aksie is daar ook ʼn Vierde en ʼn Vyfde
Verweerder (synde die Meester), maar vir doeleindes hiervan
is dit
nie nodig om verder na hulle te verwys nie.
[3]
Die Eisers het dagvaarding uitgereik teen die Verweerders en versoek
in die voormelde aksie dat die ooreenkoms wat aangeheg
is tot die
dagvaarding (aanhangsel “A” daartoe) tersyde gestel word
tesame met sekere kostebevele.
[4]
Die Verweerders het die aksie verdedig en is ʼn Verweerskrif
namens die eerste drie Verweerders op 17 April 2014 hierin
liasseer.
[5]
Op 8 Julie 2014 het die Verweerders ‘n Kennisgewing van
Terugtrekking liasseer wat as volg lees:
“
GELIEWE
KENNIS TE NEEM dat die Verweerders die Teeneis teen die Eisers
hiermee terugtrek en elke party aanspreeklik sal wees vir
sy/haar eie
regskostes en uitgawes."
Na
aanleiding hiervan het die Eisers se prokureur op 18 Augustus 2014 ‘n
skrywe gerig waarin die Verweerders daarop gewys
is dat daar geen
Teeneis geliasseer is nie en meld die brief verder:
“
Ons
merk dat die ingeslote Kennisgewing van Terugtrekking van die Teeneis
ook meld dat dit teruggetrek word op die basis dat elke
party
aanspreeklik sal wees vir sy/haar eie regskostes en uitgawes.
Ons aanvaar dat hierdie aspek in die Kennisgewing van
Terugtrekking
klaarblyklik ook dan foutief is, aangesien ‘n behoorlike
Kennisgewing van Terugtrekking van ‘n Teeneis
of verweer
behoort te spesifiseer dat betaling van die Eiser se getakseerde
regskoste getender word. Ons sal dit waardeer
indien u dan ook
sommer hierdie oorsig in die nuwe Kennisgewing van Terugtrekking van
die Verweerder se verweer sal regstel.”
[6]
Op 20 Augustus 2014 het die Verweerders ‘n Kennisgewing van
Terugtrekking liasseer welke as volg lees:
“
GELIEWE KENNIS TE NEEM dat die
Verweerders die Verweerskrif teen die Eisers hiermee terugtrek en
elke party aanspreeklik sal wees
vir sy/haar eie regskostes en
uitgawes.”
[7]
Op 22 Augustus 2014 het die Eisers ‘n ter rolle plasing op die
Verweerders beteken en is die aangeleentheid ter rolle
geplaas vir
aanhoring op die 28ste Augustus 2014.
[8]
Op die 28ste Augustus 2014 het Naidoo R, die volgende bevele gemaak:
“
1.
‘n Verklarende bevel uitgereik word dat die ooreenkoms,
aangeheg as aanhangsel “A” tot die besonderhede van
vordering ‘n onwettige ooreenkoms daarstel en gevolglik ab
initio nietig is.
2.
Die Eerste Verweerder en die Tweede en Derde Verweerders in hulle
persoonlike hoedanighede, gesamentlik en afsonderlik, in solidum,
(sic) die koste van die aksie betaal.”
[9]
Op 4 September 2014 rig Verweerders se prokureur ‘n skrywe aan
Eiser waarin vermeld word dat die Kennisgewing van Terugtrekking
duidelik gemeld het dat die koste van die Eisers nie getender word
nie en dat dit ‘n voorwaarde was tot die terugtrekking
en word
voorgestel dat die Eisers die bevel wysig om te lees as volg:
“
1. Dat die ooreenkoms, as
aanhangsel “A” tersyde gestel word.
2.
Dat die partye verantwoordelik is vir hulle eie kostes in die verband
soos per die Kennisgewing van Terugtrekking gedateer 20
Augustus
2014.”
[9]
In reaksie hierop op 5 September 2014 meld Eisers dat hulle bereid is
dat die bevel slegs wat die kostebevel aanbetref teen
Tweede en Derde
Verweerder tersyde gestel word ten einde die koste aspek te
argumenteer. In ‘n skrywe gedateer 9 September
2014
antwoord die Verweerders dat hulle nie tevrede is met die aanbod
nie. Dit is nie nodig vir doeleindes hiervan om met
die res van
die skrywe te handel nie.
[10]
Op 11 September 2014 word ‘n verdere skrywe gerig aan die
Verweerders en in paragraaf 11.1 van die skrywe word die Verweerders
versoek om te bevestig of daar hoegenaamd enige ooreenkoms tussen die
partye bestaan ten opsigte van die basis en voorwaardes waarop
die
Verweerders hulle verweer sou terugtrek. In antwoord hiertoe,
op 16 September 2014 antwoord die Verweerders dat daar
duidelik nie
‘n ooreenkoms ten aansien hiervan was nie.
[11]
Die Verweerders het na enkele verdere skrywes waarvan die inhoud
ontersaaklik is vir doeleindes hiervan, hierdie aansoek uitgereik
en
is die regshulp wat gevorder word dat die bevel gedateer 28 Februarie
2014 herroep en tersyde gestel word en dat die Eerste
en Tweede Eiser
(Eerste en Tweede Respondent) gelas word om die koste te betaal.
Die aansoek word ook gebaseer uitsluitlik
op die bepalings van
Hofreël 42(1)(a) en word daarop gesteun dat dit verkeerdelik
aangevra en verkeerdelik gegee is in die
afwesigheid van die
Applikante.
[12]
Die Verweerders in die aansoek om tersydestelling steun onder andere
op ‘n beëdigde verklaring afgelê in saaknommer:
2688/2014. Steunende op die voormelde verklaring is die
Verweerders se saak dat daar nooit uitvoering gegee is aan die fooie
ooreenkoms nie en sê Verweerders dat opponering van saaknommer
959/2014 gevolglik akademies van aard is en dat dit nie tot
voordeel
van die boedel is om koste op daardie litigasie te spandeer nie.
Gevolglik is die besluit geneem om die verweer
terug te trek op die
basis dat elke party verantwoordelik sou wees vir sy of haar eie
regskoste. Verweerders steun daarop
dat die bevel gevolglik
verkeerdelik deur die Eisers aangevra is omdat hulle kennis gedra het
dat die Kennisgewing van Terugtrekking
gedoen is op die basis dat
elke party aanspreeklik sou wees vir sy of haar eie regskostes en (is
die argument en die bewerings)
dat die Verhoorregter dus met kennis
van die terugtrekking van die Verweerder gekoppel aan die voorwaarde
dat elke party verantwoordelik
is vir sy of haar eie regskostes die
bevel soos deur die Eisers versoek verkeerdelik verleen het. In
die finale instansie
beweer die Verweerders dat die Eisers se siening
dat die bevel korrek verleen is, foutief is en dat die terugtrekking
onderhewig
was aan ‘n voorwaarde dat die bevel soos aangevra
foutiewelik aangevra en toegestaan is.
[13]
Toe die aangeleentheid op 28 Augustus 2014 voor Naidoo R geroep is,
het Sy voor haar onder andere ‘n Dagvaarding gehad
sowel as ‘n
Terugtrekking van die Verweerskrif. Sy was gevolglik
waarskynlik tevrede dat die Verweerder nie die aksie
verdedig nie en,
het die vonnis in haar diskresie verleen. Na my oordeel, het sy
op daardie tydstip die vonnis verleen onder
omstandighede soos
beskryf in
Lodhi 2 Properties
Iinvestment CC v Bondef Developments
2007 (6) SA 87
HHA te 95 par. (e):
“
A
Court which grants a judgment by default like the judgments we are
presently concerned with, does not grant the judgment on the
basis
that the Defendant does not have a defence: it grants the
judgment on the basis that the Defendant had been notified
of the
Plaintiff’s claim as required by the rules, that the Defendant,
not having given notice of an intention to defend,
is not defending
the matter and that the Plaintiff is in terms of the rules entitled
to the order sought.”
[14]
Daar is geen meriete in die Verweerders se bewerings onder eed nou
dat daar ‘n voorwaardelike terugtrekking van die Verweerskrif
was of dat dit duidelik geblyk het uit die Kennisgewings van
Terugtrekking dat dit slegs sou geskied op die basis dat elke party
sy eie koste dra nie. Die Eisers was geregtig om die
aangeleentheid ter rolle te plaas soos wat hulle gedoen het, en het
die Verweerders hul verwere teruggetrek. Die Verhoorhof was in besit
van die Kennisgewing van Terugtrekking, en was in besit van
‘n
ter rolle plasing en het hierna vonnis gegee. Die bewerings nou
in die stukke dat die bevel akademies sou wees,
en/of dat die kontrak
nie uitgevoer sou word nie is vir doeleindes van die aansoek voor my
ontersaaklik en is wat my betref verwere
wat op die meriete
potensieel geopper sou kon word. In
Lodhi
2
supra
word dit as volg gestel te
p.
95, par. (f)
:
“
The
existence or non-existence of a defence on the merits is an
irrelevant consideration and, if subsequently disclosed, cannot
transform a validly obtained judgment into an erroneous judgement.”
[15]
Advokaat P J J Zietsman wie namens die
Verweerders in die aansoek voor my verskyn het, wys in sy goeie,
volledige en behulpsame
Hoofde van Betoog daarop dat die Kennisgewing
van Ter rolle plasing nie melding gemaak het daarvan dat daar ‘n
kostebevel
teen die Tweede en Derde Verweerders in hulle persoonlike
hoedanighede aangevra word nie. Tydens betoog het hy hierdie
argument
van hom uitgebrei en daarop gewys dat Tweede en Derde
Verweerders nie kennis gehad het daarvan dat kostebevele in hulle
persoonlike
hoedanighede teen hulle gemaak sou kon word nie. Hy
doen aan die hand dat vir hierdie rede die bevel verkeerdelik
aangevra
en verkeerdelik verleen is.
[16]
Die Tweede en Derde Verweerders in hulle persoonlike hoedanighede,
het geen beëdigde verklarings in die aansoek hierin
afgelê
nie. Die verklarings in die aansoek om tersydestelling, word
deur die Tweede en Derde Verweerders steeds in
hulle
verteenwoordigende hoedanighede afgelê. Nêrens in
die verklarings (selfs in hul verteenwoordigende hoedanighede)
bekla
hulle hulself oor die feit dat die kostebevele teen hulle verleen is
sonder dat hulle persoonlike kennis gehad het van die
voormelde
kostebevele en dat vir daardie rede die bevel verkeerdelik verleen
en/of aangevra is nie.
Lodhi 2
supra
te
p. 90, par. 9.
[17]
Daar is gevolglik nie in die aansoekstukke ʼn saak uitgemaak dat
die bevel vir hierdie rede tersyde gestel moet word omdat
dit
verkeerdelik aangevra of verleen is nie. Die Eisers het nie die
geleentheid gehad om in sy opponerende stukke met hierdie
spesifieke
bewerings te handel nie. In ieder geval is dit gemenesaak dat
die Kennisgewing van Ter rolle plasing voor Regter
Naidoo gedien
het. In die verband sê die Eisers in hulle opponerende
stukke as volg:
“
11.2
Ek word geadviseer dat die Applikant as die onsuksesvolle litigant
aanspreeklik is vir die suksesvolle litigant se kostes,
onderhewig
aan die Agbare Hof se diskresie. Haar Edele Regter Naidoo het
na deurlees van die stukke en na aanhoor van ons
advokaat haar
diskresie uitgeoefen en die koste toegestaan.”
Hiertoe
antwoord die Verweerders in Repliek as volg:
“
20.
Die inhoud van die paragrawe onder beantwoording kom neer op ‘n
regsargument. Ek het alreeds hierbo, maar spesifiek
ook in die
funderende verklaring met die gronde van tersydestelling gehandel en
sal behoorlike regsargument in die verband aan
die Agbare Hof
voorgehou word.”
[18]
Dit blyk dus gemenesaak te wees dat Naidoo R die feite oorweeg het en
daarna besluit het om die Tweede en die Derde Verweerder
in hulle
persoonlike hoedanighede aanspreeklik te hou vir die koste. Dit
moet onthou word dat by die toepassing van Reël
42(1)(a) ek nie
as ‘n Hof van Appèl kan sit ten opsigte van ‘n
bevel verleen deur hierdie selfde Hof nie (en
insgelyks dit ook nie
hersien nie). Ek versoen en vereenselwig my met die benadering
in
Holmes Motor CO v SWA Mineral and
Exploration CO
1949
(1) SA 155
(C):
“
It
therefore seems that the judgment has been erroneously granted if
there existed at the time of its issue a fact of which the
judge was
unaware, which would have precluded the granting of the judgment and
which would have induced the judge, if he had been
aware of it, not
to grant the judgment.”
[19]
In casu
is
daar niks wat aandui dat die Verhoorregter onder die indruk was dat
Tweede en Derde Verweerders kennis dra daarvan dat ‘n
kostebevel teen hulle persoonlik gegee kan word nie. Ek moet
dus aanvaar dat die Verhoorregter die kostebevel gemaak het
welwetende dat die Tweede en Derde Verweerders nie kennis gegee is
dat die kostebevel teen hulle persoonlik aangevra gaan word
nie.
Dit is dus nie ‘n geval waar die Verhoorregter onder die indruk
is uit hoofde van die stukke wat voor haar geplaas
is dat die Tweede
en Derde Verweerders persoonlik kennis dra van die kostebevel wat
teen hulle aangevra word terwyl dit later blyk
nie die geval te wees
nie. Die Verhoorregter het dus met die inligting voor Haar
besluit om ‘n bevel te verleen wat
insluit dat die Tweede en
Derde Verweerders koste in hulle persoonlike hoedanigheid moet
betaal. Ek is nie onder die voormelde
subreël geregtig om
in te meng met daardie bevel nie.
[20]
Die Eerste Verweerder kan hom nie bekla oor die kostebevel nie, en
het die kostebevel voorsien as ʼn gevolg nadat verdediging
namens
die Eerste Verweerder in die hoofaksie teruggetrek is.
[21]
Tydens argument is namens die Eisers ook ‘n voorgestelde
konsepbevel ingehandig wat as volg lees:
“
1.
Die bevel van Haar Edele Regter Naidoo gelewer op 28 Augustus 2014 en
in terme waarvan die Eerste, Tweede en Derde Verweerders
in hulle
persoonlike hoedanighede gelas is om gesamentlik en afsonderlik, in
solidum, (sic) die koste van die aksie te betaal,
word tersyde
gestel.
2.
Behoudens soos voormeld word die aansoek van die hand gewys.
3.
Die Eerste tot Derde Applikante in hulle persoonlike hoedanighede,
gesamentlik en afsonderlik, in solidum, word gelas om die
koste van
die aansoek te betaal, welke koste insluit die koste van twee
advokate.”
[22]
Ek het in terme van die voormelde Hofreël ‘n diskresie.
Die voorgestelde hofbevel hierbo na verwys is nie
vir die Verweerders
aanvaarbaar nie. Dit is so dat waar ‘n party op Reël
42(1)(a) steun, dit nie ‘n vereiste
is om goeie rede (“
good
cause
”) of ‘n
verduideliking van die versuim en/of ‘n
bona
fide
verweer te openbaar nie.
Bakhoven Limited v G J Howes
(Pty) Ltd
1992
(2) SA 466
(E) te 471 H.
National Pride Trading 452
(Pty) Ltd v Media 24 Ltd
2010
(6) SA 587
(ECP) te 597 I – 598 B.
[23]
In casu
is
ek nie van oordeel dat die Verweerders ʼn saak uitgemaak het in
terme van Hofreël 42(1)(a) waarom die bevel tersyde
gestel moet
word nie. Gevolglik is ek van oordeel dat die aansoek afgewys
moet word.
[24]
Die Eisers het gebruik gemaak van die dienste van twee advokate en
versoek sodanige koste. Ek is nie van oordeel dat
die
Verweerders belas moet word met die koste van twee advokate nie en is
die Hoofde hierin deur slegs een advokaat opgestel en
onderteken.
Ek is ook nie van oordeel dat die aangeleentheid so moeilik van aard
is dat dit die dienste van twee advokate
regverdig en dus redelike
voorsorg is om twee advokate te brevetteer nie.
[25] In die omstandighede maak ek die
volgende bevel:
25.1 Die aansoek word afgewys met
koste.
____________________
S.
J. REINDERS, AJ
Namens die
applikant: Adv. P. J. J. Zietsman
In
opdrag van:
Matsepes
Inc
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondente: Adv. F. G. Janse van Rensburg
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN