About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2015
>>
[2015] ZAGPPHC 595
|
|
Triotrade Gauteng CC v Grainco (Edms.) Bpk. (10375/12) [2015] ZAGPPHC 595 (22 June 2015)
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID AFRIKA
(NOORD GAUTENG AFDELING:
PRETORIA)
Saak Nr.:10375/12
(1)
REPORTABLE:
YES
/NO
(2)
OF INTEREST TO OTHER JUDGES
YES
/NO
(3)
REVISED √
_____________
___________________
DATE
SIGNATURE
In die saak
tussen:
TRIOTRADE GAUTENG
CC
Eiser
en
GRAINCO
(EDMS)BPK Verweerder
UITSPRAAK
CORAM: RABIE R
1. Die Eiser het 'n
skadevergoedingsaksie teen die Verweerder ingestel vanwee die
beweerde verbreking van 'n koopkontrak tussen
die partye ingevolge
waarvan die Eiser 500 ton grondbone van die Verweerder aangekoop het.
Die Verweerder het ontken dat daar ooit
so 'n kontrak tussen die
partye tot stand gekom het. Aangesien die partye voor die verhoor
ooreenkoms bereik het ten aansien van
meeste van die aspekte wat in
dispuut was, is die enigste vraag wat hierdie hof tans moet
beoordeel, die een ten aansien van die
totstandkoming, al dan nie,
van 'n koopkontrak tussen die partye.
2. Die Eiser, wie se hoofkantoor in
Pretoria is, is een van die grootste hande - laars in die
grondbonemark in Suid Afrika. Die
Eiser koop grondbone aan, ontdop
dit en verkoop dit dan aan ander besighede wat dit dan verder verwerk
in die tipe produk waarin
hulle onderskeidelik besigheid bedryf. Die
Verweerder, wat onder andere vanuit die Paarl besigheid doen, is een
van die groot graanhandelaars
in die land. Gedurende 2011, toe die
relevante gebeure tussen die partye plaasgevind het, het die
Verweerder pas besluit om ook
die grondbonemark te betree.
3. Volgens die Eiser se besonderhede van
vordering het die Eiser, verteen-woordig deur Mnr Chris van Zyl
(hierna “Mnr van
Zyl”), gedurende Julie/Augustus 2001 'n
deels mondelinge deels skriftelike koopooreenkoms gesluit met die
Verweerder, soos
verteenwoordig deur Me Helena Nogueira (hierna “Me
Nogueira”). lngevolge die ooreenkoms het die Eiser 200 ton
Chilambana
grondbone en 300 ton CG7 grondbone van die Verweerder
aangekoop teen 'n koopprys van R9 300,00 per ton. Die Verweerder het
beoog
om die grondbone vanuit Malawi in te voer en teen die genoemde
prys aan die Eiser in Johannesburg te lewer. Volgens die Eiser
het die Verweerder die ooreenkoms repudieer deur te versuim om die
grondbone te lewer. Eiser het die repudiasie aanvaar. Volgens
die
Eiser was die prys om die genoemde grondbone le vervang hoer as die
ooreengekome kontraksprys en het hy derhalwe tot daardie
mate skade
gely vanwee die Verweerder se genoemde repudiasie. Die Eiser se eis
teen die Verweerder was vir hierdie skade. Die partye
het voor die
verhoor ook ooreenkoms bereik ten aansien van die
quantum
van
die Eiser se eis indien daar bevind sou word dat daar inderdaad 'n
kontrak tussen die partye tot stand gekom het.
4. Die Verweerder het in sy veiweerskrif
ontken dat daar ooit 'n koopkontrak tussen die partye tot stand gekom
het en het derhalwe
ontken dat daar ooit 'n verpligting op die
Verweerder gerus het om die genoemde grondbone, of enige grondbone,
aan die Eise te
lewer.
5. Ek meld terloops dat die Eiser sedert
instelling van die eis van 'n beslote korporasie na 'n private
maatskappy verander is.
Niks draai egter om hierdie aspek nie.
6. Namens die Eiser het Mnr Van Zyl, 'n
bemarkingsbestuurder van die Eiser asook Mnr RW Higgs, die besturende
direkteur van die
Eiser en Mnr AM Cohn, 'n deskundige in die
bemarking van en handel in grondbone, getuig. Namens die Verweerder
het Me Nogueira
getuig. Ek verwys vervolgens kortliks na die
getuienis wat deur hierdie persone gelewer is.
7. Wat Mnr Van Zyl se getuienis betref
kan na die volgende verwys word: Daar was gedurende 2011 'n algemene
tekort aan grondbone
in die Suid Afrikaanse mark. Gedurende Julie
2011 kom dit tot Mnr Van Zyl se kennis dat Me Nogueira, wat by die
Verweerder werksaam
was, dalk grondbone uit Malawi beskikbaar het.
Mnr Van Zyl was bekend met Me Nogueira se naam. Hy het haar gevolglik
op 27 Julie
2011 in die Paarl gebel.
8. Sy het Mnr Van Zyl meegedeel dat die
Verweerder ook nou diverse produkte hanteer en dat sy daarvoor
verantwoordelik is. Hulle
het gesels oor die beskikbaarheid van
grondbone en Me Nogueira het hom meegedeel dat sy wel grondbone uit
Malawi kan verkry. Die
partye het verdere inligting oor die aard en
omvang van die produk uitgeruil en sekere algemene kwessies
aangeraak.
9. Op dieselfde dag, 27 Julie 2011, het
Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur wat soos volg lui:
“
Dear
Chris,
Re:
Groundnuts ex-Malawi
I
refer to our brief telcon
discussion this morning.
I believe that Trio
Trade is
the end buyer
of the
Malawi groundnut stock I
have available.
Since Trio Trade is
a new customer
to BKB
GrainCo, please find attached our credit
application -
I
need to get
CGIC cover for you on
this deal/transaction!
Please call me when you have a chance, so we can discuss
the details of this transaction, ie. import permit, etc.
Looking Forward to hearing from you and doing our 1
st
transaction. Best regards”.
10.
Steeds op dieselfde dag, 27 Julie 2011, het Mnr Van Zyl per
e-pos geantwoord. Die e-pos lui soos volg:
“
Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Helena
Thanking
you
for
your
e'mail
received.
Good
to
talk
to
you
again. Will
complete
credit
application
and
forward
back to you today.
Import permits are not a problem, just need your postal
address etc for the application. Will the seller be BKB Grainco ??
Just a few questions:
·
Cultivar (presume Chilimbana)
·
Tonnage (presume 300 ton)
·
What additional tonnage might you have available??
·
Price
(R9300
P
T
delivered
JHB
-
Possibility
for
a
better
price??)
·
Quality (Presume
FAQ, is a sample
possible)
Any Aflatoxin results/tests/levels
available
·
Packaging
(Presume 50 kg PP bags)
·
Payment –
Ad
·
Shipment period –
Advise
Please
advise as soon as possible. Thanking you in this regard.
Regards”
11.
Die
kredietaansoek waarna verwys is, is dieselfde dag deur Mnr Van Zyl
per telefax aan Me Nogueira teruggestuur. Dit is egter gemene
saak
dat die Eiser nie op krediet by die Verweerder sou aankoop nie. Om
dit te kon doen sou 'n omslagtige proses vereis ingevolge
waarvan,
onder andere, 'n komitee van die Verweerder eers die aansoek om
krediet sou moes oorweeg en goedkeur. Die partye was egter
haastig om
die transaksie te doen en die Eiser was in staat om met lewering te
betaal. Volgens Me Nogueira was die ingevulde aansoek,
waarby ander
inligting aangeheg was, egter in elk geval nodig sodat die Verweerder
die voile besonderhede van die Eiser op rekord
kon hê.
12. Volgens Mnr Van Zyl was die
telefoniese gesprek die betrokke oggend van 27 Julie 2011 nie baie
volledig nie en wou hy duidelikheid
he oor die relevante aspekte van
'n moontlike kooptransaksie met die Verweerder. Dit is waarom hy die
vrae in sy opvolgende e-pos
gevra het. Me Nogueira het baie gou, op
dieselfde dag van 27 Julie 2001, geantwoord. Haar e-pos aan Mnr Van
Zyl lees soos volg:
“
Subject:
Re: Groundnuts ex-Malawi Importance: High
27
July 2011 Hi, Chris
Thanks
for
the below e-mail. Okay
-
will wait for you to revert
with our
Credit
Application.
Regarding,
your
several
questions,
please
see
below
reply:
·
Cultivar: Chilimbana (Yes!)
·
Tonnage: 210 metric
tonnes
-
7
full
truck
loads
We
shall
revert
with regards
to
additional
product.
·
Price:
R9300/t CPT
Johannesburg (unfortunately, on this transaction I
have
already
booked
and not much stock around)
·
Quality:
Yes,
quality
is
FAQ
-
I
am
in
the
process
of
obtaining
sample.
·
Packaging: 50 kg bags
Will
revert with regards to the payment terms, but seems in order
regarding the Bank Guarantee.
Best
regards”
13. Ten aansien van die inhoud van
laasgenoemde twee e-posse moet 'n paar aspekte uitgelig word. Dit was
gemene saak dat die Eiser
dringend op soek was na grondbone en dat hy
in besonder in die Chilambana variëteit belanggestel het. 'n
Hoeveelheid is genoem
maar Mnr Van Zyl het in 'n groter hoeveelheid
belanggestel indien dit moontlik was. Verder dat die Eiser die
grondbone van die
Verweerder sou aankoop en nie van die verskaffer in
Malawi nie. Die Eiser sou nie die grondbone invoer nie. Die prys van
R9300,00
per ton sou betaal word vir lewering van die produk in
Johannesburg. Die Eiser sou dus nie addisioneel vir vervoer betaal
nie.
Die kwaliteit sou FAQ (“Fair Average Quality”) wees.
Mnr Van Zyl wou 'n voorbeeld van die produk gehad het sodat hy
self
kon sien wat die kwaliteit daarvan is. Die Verweerder sou twee vragte
van 30 ton elk op een slag na Johannesburg stuur. Die
Eiser sou met
aflewering vir hierdie twee vragte betaal. Sodra dit gebeur sou die
Verweerder die volgende twee vragte stuur. Mnr
Van Zyl het aangedui
dat die Eiser 'n waarborg van R600 000,00 aan die Verweerder sou
lewer wat die koopsom van twee vragte sou
kon delg. Die waarborg sou
egter slegs aangebied word indien die Eiser nie op lewering betaal
nie. lndien wel betaal word, sou
die waarborg geld ter sekurering van
die koopprys van die volgende twee vragte wat dan gestuur word. Dit
sou die posisie bly tot
al die vragte afgelewer was.
14. Dit blyk gemene saak te wees dat die
partye aanvaar het dat die Eiser die grondbone so gou as moontlik wou
hê. Volgens
Mnr Van Zyl kon verwag word dat daar twee vragte
elke week afgelewer sou word. Volgens Me Nogueira se getuienis kon
dit egter tussen
'n week en tien dae geneem het om die grondbone uit
Malawi na Johannesburg te vervoer. Me Nogueira het getuig dat sy nie
in die
laaste e-pos na die afleweringsdatum verwys het nie aangesien
sy nog nie 'n kontrak vir die vervoer van die grondbone met 'n
vervoerkontrakteurgesluit
het nie. Volgens Mnr Van Zyl het sy egter
tydens hulle gesprekke aangedui dat vervoer wel beskikbaar was. Ek
kan ook byvoeg dat
hoewel daar op hierdie stadium slegs na 210 ton
Chilambana grondbone verwys is, 'n verdere 300 ton CG7 grondbone
later ook by die
transaksie gevoeg is en die hoeveelheid Chilambana
200 ton sou wees.
15. Twee dae later, op Vrydag 29 Julie
2011 stuur Mnr Van Zyl 'n voorbeeld van een van Eiser se vorige
kontrakte met 'n ander instansie,
aan Me Nogueira. Volgens Mnr Van
Zyl het Me Nogueira tydens een van hulle vorige gesprekke aan hom
genoem dat Verweerder nie oor
'n voorbeeld van 'n kontrak beskik vir
die aankoop van grondbone uit Malawi nie. Mnr Van Zyl het op haar
versoek een van Eiser
se vorige kontrakte aan haar gestuur. Mnr van
Zyl het getuig dat Me Nogueira aangedui het dat sy wou kyk of sy van
die beginsels
van so 'n kontrak kan toepas in hulle kontrak.
16. Die voorbeeld van die kontrak wat
Mnr Van Zyl gestuur het is een wat betrekking gehad het op die
aankoop en invoer van grondbone
vanuit Malawi. Dit was nie 'n
voorbeeld van 'n koopkontrak vir grondbone tussen twee partye in Suid
Afrika nie. Ek sal hieronder
weer na hierdie aspek verwys.
17. Ten aansien van die aard van
kontrakte wat handelaars met mekaar in die grondbone industrie sluit
het Mnr Van Zyl getuig dat
by ver die grootste persentasie van sulke
kontrakte mondeling gesluit word en dat die terme daarvan slegs later
per e-pos of ander
tipe dokument geboekstaaf word. Laasgenoemde is
nodig vir effektiewe rekordhouding en, soos in die onderhawige geval,
om 'n bankwaarborg
by die Eiser se bank le bekom. Daarom sou dit
nodig wees om 'n dokument te onderteken wat die terme van die partye
se kontrak bevat.
Dit was egter, volgens Verweerder, nooit die
bedoeling dat die geldigheid van die partye se ooreenkoms onderhewig
sou wees aan
die bestaan van 'n getekende skriftelike kontrak nie. Sy
getuienis was ook dat daar nooit op enige stadium so iets deur hom of
Me Nogueira gesê was nie.
18. Op Dinsdag 2 Augustus 2011 stuur Me
Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl waarin sy hom verwittig dat die
monster van die produk
in Johannesburg arriveer het en deur die Eiser
afgehaal kan word. Die e-pos lees soos volg:
“
Subject:
Re: Groundnuts -
Samples
Dear
Chris
Re:
Groundnuts – Samples
Samples
have arrived in Johannesburg and are ready for collection, if you
could send your driver, please!
They
are currently with my travel agent, details below:
Seajay
Travel
33
Tudor Park
61
Hillcrest Avenue Blairgowrie, Randburg
(just
off Jan Smuts Avenue) Tel: 011 789 5163
Contact
Person: Celeste Redman
Thanks
in advance and look forward to hearing from you shortly, once you
have the samples in hand.
Best
regards”
19. Mnr Van Zyl het getuig dat hy en
ander persone van die Eiser die monster beskou het en tevrede was met
die kwaliteit daarvan.
Op Donderdag 4 Augustus 2011 het hy gevolglik
vir Me Nogueira gebel en haar meegedeel dat die Eiser tevrede is met
die kwalitiet
van die monster en 500 ton grondbone wil bestel op
voorwaarde dat dit van dieselfde kwaliteit as die monster is. Tydens
die vorige
gesprekke het Me Nogueira reeds aangedui dat sy 200 ton
Chilambada en 300 ton CG7 grondbone beskikbaar het om te verkoop.
Nadat
hy aan Me Nogueira aangedui het dat die Eiser die 500 ton wou
aankoop het sy gesê dat sy bevestiging daarvoor in skrif vir
hom sal stuur.
20. Op Vrydag 5 Augustus 2011 het Me
Nogueira haar bevestiging per e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur. Daardie
e-pos lees soos volg:
“
Subject:
Re:
Contract
for
500
mt
Malawi
Groundnuts
Dear Chris
Re:
Contract for 500 mt Malawi Groundnuts
Just
to drop you a quick line based on our discussion yesterday morning.
TrioTrade confirms ordering 500 mt Malawi groundnuts :
Split 200 mt
Chi/imbana's and 300 mt CG7's. Quality: As per samples supplied.
Price R9300/t in 50 kg bags CPT Johannesburg, South
Africa. Payment
terms: Bank Guarantee for the value of R600 000 worth of product, and
payment to be effected upon delivery of loads
(we need to just iron
this point out, since I don't want trucks to be delayed in loading
due to payment, etc.)
I will
finalize
the
contracts
on Monday and
forward same to
you.
Wishing
you
a
good
weekend.
Best
regards”
21. Volgens Mnr Van Zyl het hierdie
bevestiging deur Me Nogueira tot gevolg gehad dat daar 'n ooreenkoms
tussen die Eiser en die
Verweerder tot stand gekom het op die terme
soos na verwys in die e-pos en verder soos mondeling tussen hulle
ooreengekom. Volgens
hom het die sin in hakies slegs beteken dat Me
Nogueira nie wou he dat die laai van opvolgende vragte in Malawi
vertraag word deur
laat betaling deur die Eiser nie. Oilhet nie
geslaan op iets wat die partye nag ten aansien van die ooreenkoms
moes onderhandel
nie. Verder was sy getuienis dat die verwysing na
kontrakte slegs 'n verwysing was na die dokument wat gebruik sou word
om aan
die bank te toon ten einde 'n bankwaarborg te kon kry en wat
vir rekordhouding sou dien en was dit nie beoog om 'n voorvereiste
vir die geldigheid van die ooreenkoms tussen die partye te wees nie.
Hy het getuig dat daar op geen stadium tydens hulle onderhandeling
ooit sprake was dat die ondertekening van 'n skriftelike ooreenkoms
'n voorvereiste vir die ontstaan van 'n geldige ooreenkoms
tussen die
partye sou wees nie. Die dokument, of “kontrak”, soos die
partye daarna verwys het, sou slegs die terme
reflekteer wat reeds
tussen die partye op ooreengekom was en dus bloat as stawing daarvan
dien.
22. Ter stawing van sy getuienis dat
kontrakte vir die handel in grondbone meesal mondeling tussen
handelaars gesluit word, het
Mnr Van Zyl na etlike voorbeelde van
sulke kontrakte verwys. So byvoorbeeld sluit die skriftelike weergawe
van etlike sulke kontrakte,
waarvan die Verweerder 'n party was, af
met die volgende klousule:
“
Acceptance/Signature
Buyer
to return the copy of this document duly signed. However, failure of
buyer to return same duly signed contract, will not in
any way affect
or alter the validity of this Contract/Confirmation. Clauses can not
be amended without the written consent of the
seller.”
23. Voorbeelde van ander kontrakte
waarby die Eiser in die verlede 'n party was, en met die opskrif
“Booking Confirmation”,
sluit af met die volgende term:
“
Please
sign and return the attached
copy. Failure to do
so shall in any event constitute acceptance
of
the
term
and
conditions hereon”.
(sic)
24. Volgens Mnr Van Zyl kom die
bevestiging van 'n bestelling neer op die bevestiging van 'n
transaksie en reflekteer dit dus dat
daar 'n ooreenkoms tussen die
betrokke partye tot stand gekom het. Op skrif stelling en/of
ondertekening is nie 'n voorvereiste
vir die geldigheid van die
ooreenkoms nie.
25. Ten einde die chronologie van
gebeure te behou verwys ek na die getuienis van Me Nogueira dat die
kontrakte tussen die Verweerder
en Agri Commodities & Finance
FZE, (hierna “Agri”), vir die aankoop van 200 ton
Chilambana grondbone en van 300
ton CG? grondbone onderskeidelik, ook
op 5 Augustus 2011 bevestig is. Oil was vir die aankoop van die
grondbone in Malawi wat aan
die Eiser gelewer sou word. Die
afleweringstydperke vir daardie grondbone was onderskeidelik Augustus
en September 2011 en Augustus,
September en Oktober 2011. Die
skriftelike dokumente wat daardie ooreenkomste reflekteer is,
terloops, onder andere, die
kontrakte waarna so pas hierbo verwys is.
26. Me Nogueira het nie die
kontraksdokument op Maandag 8 Augustus 2011 aan Mnr Van Zyl gestuur
soos wat sy in haar e-pos van Vrydag
5 Augustus 2011 onderneem het om
te doen nie. Op Woensdag 1O Augustus 2011 stuur Mnr Van Zyl aan Me
Nogueira 'n e-pos wat soos
volg lui:
“
Subject: Malawi Groundnut Contract
Helena
Good
afternoon. I
hope you are
well.
Sorry
for the Boy's High 1 point loss over the weekend!
Sure
they will get over it.
Please
forward the contract as discussed as soon as possible as need to get
a idea on delivery dates and times in order to get things
in place on
my side.
Thanking
you in this regard.
Regards.”
27. Volgens Mnr Van
Zyl het hy die kontraksdokumente nodig gehad om die bankwaarborg te
verkry en om reelings vir die ontvangs van
die grondbone te tref.
28. Op Vrydag 12
Augustus 2011 stuur Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos
volg lui:
“
Subject:
Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear
Chris
Re:
Groundnuts ex-Malawi
Apologizes
for not reverting sooner, we have had a large overseas delegation
with us this week and my time has been taken up with
them. Also, was
awaiting for feedback ex-Malawi regarding when we could load our
first trucks? Appears next week will be out as
there is a large
“Strike Action” planned for the 17
th
August
2011 in Lilongwe, Malawi. So at this stage 1
st
trucks
expected to load the following week 22
nd
– 26
th
August.
I will
re-confirm above with you on Monday as well as forward
you the relevant paperwork.
Thanks/Regards”
29. Volgens hierdie
skrywe blyk dit dus dat Me Nogueira beoog het om die eerste besending
grondbone reeds die week van die 15de
Augustus te stuur maar vanwee
probleme dit toe die volgende week van 22 Augustus sou doen. Ek
verwys later weer na hierdie aspek.
30. Op dieselfde
dag, 12 Augustus 2011, stuur Mnr Van Zyl aan Me Nogueira 'n e-pos wat
soos volg lui:
“
Subject:
Re: Groundnuts
ex-Malawi
Helena
Thanks
for the update, awaiting the paperwork at your earliest convenience.
Regards.”
31. Me Nogueira het egter nie die
kontraksdokumente, waarna sy as die “relevant paperwork”
verwys het, op die volgende
Maandag, 15 Augustus 2011, gestuur nie.
Op Vrydag 19 Augustus 2011 het die partye weer telefoniese kontak
gehad. Volgens Mnr Van
Zyl het hy, onder andere, Me Nogueira om die
papierwerk gevra en wou hy besonderhede oor die eerste vrag he. Me
Nogueira het hom,
onder andere, meegedeel dat sy probleme ondervind
ten opsigte van die produk vanwee die nadelige Rand/Dollar
wisselkoers en ook
probleme ervaar om vervoer te reel vanwee
politieke probleme in Malawi.
32. Op dieselfde dag, Vrydag 19 Augustus
2011, het Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur wat soos volg
lees:
“
Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear Chris
Re:
Groundnuts ex-Malawi
Thanks
for the brief chat this morning and your agreement to postpone your
visit to Zimbabwe for my visit. I need to come and discuss
our Malawi
deal with you, hence the reason I have not been able to forward you
the Sales AgreemenUContract.
For
your guidance, we have secured the stock from Malawi - (500 metric
tonnes)!
But
there have been some recent developments that have worked against us,
namely transport availability and transport rates ex-Malawi
(due to
the recent political and economic volatility in Malawi) and the most
important the Rand/US Dollar exchange rate!
Since,
we have worked well in the past and I wish to move forward with this
and other transactions I felt it prudent to rather meet
up face to
face and place on the table all the various issues.
Can we
please meet @ 8.30 am at you offices in Silverton, Pretoria?
Best
regards”
33. Mnr Van Zyl was bereid om met Me
Nogueira te vergader. Op Maandag 22 Augustus 2011 het Me Nogueira die
vergadering in Pretoria
bygewoon. Mnr Van Zyl en Mnr W. Higgs, die
besturende direkteur van die Eiser, was teenwoordig. Volgens Mnr Van
Zyl het hulle ter
aanvang oor en weer bevestig dat daar wel 'n
ooreenkoms tussen die partye bestaan het en het Me Nogueira
voortgegaan om haar probleme
met die lewering van die grondbone
uiteenle sit. Sy het weer na die probleme verwys wat veroorsaak is
deur die verswakte wisselkoers
en die vervoer van die grondbone na
Suid Afrika. Volgens Mnr Van Zyl was hy redelik verras aangesien hy
onder die indruk gebring
was dat Me Nogueira reeds die aankope
“vasgemaak” het sodat skommelinge in die wisselkoers haar
nie nadelig sou tref
nie. By navraag wat die effek van die nadelige
wisselkoers was het sy hulle meegedeel dat dit 'n prysstyging
impliseer van R9 300,00
per ton na R9 900,00 per ton.
34. Volgens Mnr Van Zyl het hy, ten
einde haar tegemoet te kom, 'n voorstel gemaak dat die hoeveelheid
van die grondbone kan verminder
na 300 ton en dat sy dan vry sal wees
om die oorblywende 200 ton op die mark te verkoop teen die hoer prys.
Dit sou haar verliese
tot 'n mate dek. Nadat die partye in die
algemeen ander produkte bespreek het, het Mnr Van Zyl teen die einde
van die vergadering
'n ander voorstel aan Me Nogueira gemaak.
Daarvolgens sou die Eiser 250 ton grondbone, verkieslik Chilambana,
aanvaar teen die
ooreengekome kontraksprys en die balans van 250 ton
teen 'n hoer prys. Me Nogueira kon die presiese prys later aan hulle
deurgee.
Volgens Mnr Van Zyl was hulle bereid om die Verweerder
tegemoet te kom omdat hulle enersyds die kontrak wou red en ten
minste 'n
hoeveelheid grondbone wou kry en, andersyds, goeie
verhoudinge wou bou met die Verweerder. Me Nogueira sou later reageer
op die
voorstelle namens die Eiser. Ek verwys hieronder na Mnr Higgs
se getuienis oor hierdie vergadering.
35. Aangesien Mnr Van Zyl gedurende die
loop van die week niks van Me Nogueira gehoor het nie, stuur hy aan
haar 'n e-pos op die
eersvolgende Maandag 29 Augustus 2011. Die e-pos
lees soos volg:
“
Subject: Groundnuts ex-Malawi
Helena
Good
Morning, hope all is well.
any
feedback regarding our discussions on Monday 22/0812011??
Need
to know for our own planning purposes.
Please to advise as soon as possible.
Thanking you in this regard.
Regards”
36. Op Woensdag 31 Augustus 2011 stuur
Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos volg lees:
“
Subject:
Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear
Chris,
Re:
Groundnuts ex-Malawi
Apologizes
for only reverting now, but the situation out of Malawi is
complicated right now.
We are really struggling
with transport south.
What we were quoted at the
beginning of the
month of August is no longer
valid.
Transport rates have
jumped
to US$130 -
140/t
-
if
you
can lay your hands on a truck
that is!
We
are
close
to
finalizing
the 1
st
loads of Malawi
groundnuts
(Chilimbana's).
Price
indication:
R10 350 -
R10 500/t.
Unfortunately,
I
can't give you a confirmed price just yet,
since it's
a
holiday in
Malawi
today. I
can
only get confirmation on
transport
tomorrow.
Let me
know if you can work with this or not before I offer out to others.
Best
regards”
37. Volgens Mnr Van Zyl het hy hierdie
e-pos verstaan as verwysende na die tweede helfte van 250 ton wat
tydens die vergadering
aangedui is wat die Eiser sal oorweeg om teen
'n hoer prys aan te koop sodra Me Nogueira die nuut-bepaalde prys aan
hulle sou verskaf.
Dat die e-pos hom egter onrustig moes gemaak het
is duidelik uit die e-pos wat Mnr Van Zyl 'n uur later op dieselfde
dag, Woensdag
31 Augustus 2011, aan Me Nogueira gestuur het. Daardie
e-pos lees soos volg:
“
Subject:
Re: Groundnuts ex-Malawi
HELENA
THANKING
YOU FOR THE FEEDBACK. AS PER OUR DISCUSSIONS, I WOULD LIKE TO STRESS
THAT WE STILL HAVE A VERBAL CONTRACT AS PRESENTED
BY BKB FOR 500 TON
@ R9 300 PIT DELIVERED.
AS
DISCUSSED, WE ARE HOWEVER PREPARED TO LOOK AT A POSSIBILITY TO REDUCE
THE TONNAGE OF THE AGREEMENT IN ORDER TO ACCOMMODATE YOUR
POSITION,
BUT NOT THE PRICE!!
AS
STATED I NEED FROM YOU A INDICATION WHAT TONNAGE CAN BE DELIVERED
@
R9 300, AND WHAT
TONNAGE
CAN
BE DELIVERED AT THE
HIGHER
PRICE (EG
R10
350
-
R10 500)
DUE
TO THE SITUATION.
WE
ARE THUS PREPARED TO POSSIBLY COMPROMIZE ON TONNAGE, BUT NOT ON
PRICE! WE MIGHT BE ABLE TO POSSIBLY LOOK AT A 200 TON CONCESSION
IN
THE TONNAGE.
PLEASE
ADVISE AS SOON AS POSSIBLE.
THANKING
YOU
IN THIS REGARD.
REGARDS.”
38. Volgens Mnr Van
Zyl was daar geen twyfel by enige van hulle dat daar 'n ooreenkoms
tussen die partye bestaan het nie en dat
hulle slegs bereid was om
die Verweerder tegemoet te kom ten opsigte van die hoeveelheid wat
ingevolge die ooreenkoms gelewer moes
word, maar nie ten opsigte van
die prys nie. Dit was inderdaad ook sy en Mnr Higgs se houding tydens
die vergadering van 22 Augustus
2011.
39. Die eerste
reaksie van Me Nogueira was 'n week later, op Woensdag 7 September
2011, toe Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl
gestuur het. Die
inhoud van die e-pos lees soos volg:
“
Subject: RE: Groundnuts ex-Malawi
Importance: High
7
September 2011
Dear
Chris
I
have forwarded
your
below
proposal to
my management for their
feedback/consideration - unfortunately,
they
have been travelling for the past week.
However,
I have an appointment with Cobus tomorrow
morning
to discuss various
issues including this
transaction.
Please
bear with me for another day or so and I will revert tomorrow
afternoon or Friday morning with our response.
Best
regards”
40. Me Nogueira het nie die volgende
middag terugrapporteer aan Mnr Van Zyl nie. Wat sy wel gedoen het was
om op daardie dag, Donderdag
8 September 2011 om 13:03, 'n e-pos te
stuur aan Falcongate Logistics, 'n vervoerkontrakteur. Daardie e-pos
lees soos volg:
“
Dear
John
Re:
Trucks to l
oad
Groundnuts ex-Malawi
PLEASE
HELP
!!!!
I
have
a
contract
for
200
mt
Malawi
Groundnuts, which
we
need
to move from Lilongwe,
Malawi to Krugersdorp, Johannesburg over
September/October.
If you
could assist me with 1 load (truck a week)? Please advise as soon as
possible and
your rate?
Best
regards”
41. Die reaksie per e-pos die volgende
dag van Falcongate logistics was dat hulle nie op daardie stadium oor
'n termyn aflewerings
kon doen nie en slegs een vrag kon aflewer.
42. Me Nogueira het ook nie op Vrydag 9
September 2011 aan Mnr Van Zyl terugrapporteer soos wat sy in die
e-pos van 7 September
2011 onderneem
h
et om te
doen nie. Volgens Mnr Van Zyl was daar geen terugvoering van haar
kant af nie en het hy toe, ongeveer 2 weke later, op
Donderdag 22
September 2011, 'n e-pos aan Verweerder gestuur. Daardie e-pos lees
soos volg:
“
Subject:
Groundnuts ex Malawi
Helena
Been
two weeks since your last e'mail in regards to our proposed
concession for your concideration and feedback???
Please
advise urgently in this regard as we need to finalize this agreement.
Awaiting your favourable reply.
Thanking
you in this regard.
Regards”
43. Op ongeveer
17:00 die volgende dag, Vrydag 23 September 2011, stuur Me Nogueira
'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos volg lees:
“
Subject:
Re:
Groundnuts
Transaction
ex-Malawi
Dear
Chris
Re:
Groundnuts Transaction ex Malawi
This
potential
transaction has been evaluated and
discussed at length with my management
and they
are of the opinion that GrainCo did not sign a Contract to supply the
500
mt
groundnuts and hence
we do not have
an obligation to
supply this product.
Unfortunately,
market conditions are also not feasible for us to consider assisting
you with
the supply of 200 m.t. groundnuts, as
per your proposal.
Kind
regards”
44. Na ontvangs van
hierdie skrywe het Eiser sy prokureurs genader wat die aangeleentheid
verder geneem het.
45. Eiser is
deurtastend deur Adv Roux SC, namens die Verweerder, gekruisverhoor.
Mnr Van Zyl het bylye gesukkel om homself behoorlik
uit te druk maar
ek is tevrede dat die sogenaamde weersprekings waarna Adv Roux verwys
het, nie werklik weersprekings was nie.
In die eerste plek het dit
gegaan oor aspekte wat nie werklik enige van die partye se saak
geraak het nie, maar andersyds loon
'n behoorlike ontleding daarvan
dat die gewraakte dele van Mnr Van Zyl se getuienis veroorsaak is
deurdat hy 'n interpretasie van
sekere e-posse probeer gee het eerder
as wat dit gespruit het uit direkte getuienis wat hy gegee het. Ek is
derhalwe tevrede dat
nie gesê kan word dat Eiser se getuienis
ongeloofwaardig was ten opsigte van die betrokke aspekte nie en in
elk geval nie
ten opsigte van sy getuienis as geheel nie.
46. In geheel beskou
het Mnr van Zyl by sy weergawe gehou en het dit totaal ingepas by die
inhoud van die e-posse en die verloop
van die hele proses. In
besonder het Eiser nooit afgewyk van sy getuienis dat 'n ondertekende
skriftelike kontrak nie 'n voorvereiste
vir die bestaan van 'n
geldige kontrak tussen die partye was nie en dat dit nooit so tussen
hom en Me Nogueira op ooreengekom of
eers bespreek was nie. Dit is
insiggewend dat dit nooit aan Eiser gestel is dat hy en Me Nogueira
ooit tydens hulle onderhandelinge
teenoor mekaar genoem het dat so 'n
skriftelike kontrak eers opgestel en onderteken moes word alvorens
daar 'n geldige kontrak
tussen die partye sou wees nie.
47. Die getuienis
van Mnr van Zyl dat hy 'n geskrewe kontrak geverg het om 'n waarborg
by die bank te kon bekom, is ook nie betwis
nie. Hy het nooit afgewyk
van sy getuienis dat die kontraksdokument wat opgestel sou word,
bloot as stawende dokument die terme
sou vervat waarop hy en Me
Nogueira reeds op ooreengekom het.
48. Uit sy
kruisverhoor het dit duidelik geblyk dat die partye wel oor al die
wesenlike aspekte van die ooreenkoms eenstemmigheid
bereik het. Dit
was, onder andere, die tipe produk, die kwaliteit van die produk, die
hoeveelheid, die prys, die verpakking en
die tydperk van lewering.
Die spesefieke datums waarop die verskillende vragte gelewer sou word
was kennelik nie iets wat kontraktueel
met enige sekerheid vasgele
kon word nie. Wat die partye wel ooreengekom het, en waaroor daar
absolute sekerheid was, was dat die
Eiser die grondbone sou gou as
moontlik wou he en dat nadat die eerste vragte gelewer was, die
volgende vragte in Malawi gelaai
sou word sodra betaling van die
gelewerde vragte geskied het. Dit sou dan tussen ongeveer nege en
twaalf weke geneem het om al
die vragte af te lewer. Die Eiser het
gepleit dat dit 'n ge”impliseerde term of eerder 'n stilswyende
term van die ooreenkoms
was dat die grondbone binne 'n redelike tyd
sou geskied. Dit was presies wat Eiser en Me Nogueira in gedagte
gehad het en wat geblyk
het uit hulle onderhandelinge. Daaroor het
hulle geen twyfel gehad nie. Mnr van Zyl se getuienis dat teen 5
Augustus gesê
is dat die eerste aflewering aan die einde van
Augustus, begin September sou geskied doen ook nie afbreuk hieraan
nie. Dit pas
juis in by wat hy en Me Nogueira met mekaar ooreengekom
het. Volgens Me Nogueira was die grondbone reeds deur die Verweerder
bekom
en was daar geen sprake van enigiets wat 'n vertraging kon
veroorsaak nie.
49. Daar kan
kortliks na die getuienis van Mnr W. Higgs verwys word. Hy was
voorheen 'n lid van die Eiser toe dit nag 'n beslote
korporasie was
en hy is tans die besturende direkteur van die eiser maatskappy. Mnr
Higgs het getuig dat hy van die begin op hoogte
gehou was oor die
stand van sake ten opsigte van die betrokke kontrak met die
Verweerder. Hy het ook aanvanklik saam met Mnr Van
Zyl die monster
van die produk wat Me Nogueira gestuur het, onder oe gehad en saam
besluit om voort te gaan met die kontrak.
50. Mnr Higgs het
getuig dat hy op 19 Augustus 2011 deur Eiser genader was toe Me
Nogueira haar probleme geopper het en die vergadering
van 22 Augustus
2011 versoek het. Hulle afleiding van Me Nogueira se e-pos was dat
die Verweerder uiteindelik 'n probleem met die
prys sou he waarop
ooreengekom was aangesien die koste daarvan in die tussentyd vir die
Verweerder verhoog het. Hulle het egter
nie kennis gehad van die
omvang van die Verweerder se probleem nie. Hy en Mnr Van Zyl het die
situasie bespreek en alternatiewe
oorweeg. Daar is uiteindelik
besluit dat gegewe die tekort van grondbone in die mark, hulle die
grondbone wil he maar dat as gevolg
van die probleme wat die
Verweerder gehad het, hulle bereid sou wees om die Verweerder
tegemoet te kom deur afstand te doen van
'n gedeelte van die
tonnemaat wat aangekoop was.
51. Mnr Higgs het
getuig dat hy in sy dagboek notule gehou het van die vergadering. Die
afskrif daarvan het voor die hof gedien
en die aantekeninge was baie
kripties. Die eerste inskrywing is van belang. Dit verwys na die twee
varieteite, die tonne maat van
elk en die prys daarvan. En dan,
daarnaas, verskyn die aantekening:
“
NB. Offer accepted,
but have
problem.”
52. Volgens Mnr
Higgs het beide Eiser en Me Nogueira aan die begin van die
vergadering bevestig dat daar wel 'n kontrak tussen die
partye
bestaan vir die aankoop van die 200 ton Chilambana en 300 ton CG7
grondbone teen R9300,00 per ton. Me Nogueira het toe verduidelik
dat
sy probleme ervaar met die Rand/Dollar wisselkoers en die
vervoertarief uit Malawi. Volgens Me Nogueira was die probleem dat
sy
nie 'n kontrak vir die grondbone gehad het nie en dat sy dus nie
dekking kon neem om haar te beskerm teen skommelinge in die
wisselkoers nie. Mnr Higgs se nota in hierdie verband lees:
“
Could not cover $ because no firm contract
in Malawi = problem.”
53. Volgens Mnr Higgs het Me Nogueira in
die verdere besprekings gesê dat hierdie faktore die prys
verhoog met ongeveer R600,00
per ton na R9 900,00 per ton. Die
Verweerder sou 'n verlies van ongeveer R300 000,00 op die kontrak met
die Eiser maak. Sy nota
in hierdie verband lees:
“
New
price R9 900 = (R300 000)
less for BKB”
“BKB” is 'n verwysing na die
Verweerder.
54. Hy en Eiser het haar hierop
meegedeel dat hulle nie die voorgestelde verhoogde prys kan betaal
nie aangesien hulle 'n kontrak
vir R9 300,00 per ton het maar dat
hulle bereid was om van 200 ton afstand te doen wat sy dan kan
verkoop om haar tekorte wat sy
op die 300 ton mag he, op te maak. Sy
nota in hierdie verband lees soos volg:
“
Suggestion:
Tonnage wise adjustment - Take 300 Mt at Price!
- Sell
200 Mt at high price!”
55. Daar is 'n verdere inskrywing onder
hierdie voorstel wat nie leesbaar is nie.
56. Volgens Mnr Higgs het Mnr van Zyl en
Me Nogueira die versending van die voorraad bespreek wat gedurende
die tweede helfte van
September en Oktober 2011 sou wees aangesien
dit toe reeds die 22ste van die maand was. Sy inskrywing in hierdie
verband lees soos
volg:
“
2nd
Part September
11 + October
11
- Shipment”
57. Volgens Mnr Higgs was die
besprekings oor die kontrak hiermee afgehandel en het hulle oor ander
produkte gepraat. Dit is nie
nodig om daarna te verwys nie. Die
notule verwys daarna. Aan die einde van die vergadering is daar
teruggekeer na die kontrak en
is 'n verdere finale voorstel aan Me
Nogueira gemaak. Dit was naamlik dat die Eiser 250 ton
grondbone sal neem teen die bestaande
kontraksprys en die balans van
250 ton ook sal koop maar teen die nuwe verhoogde prys. Sy moes hulle
laat weelwat die prys sou
wees en indien die prys aanvaarbaar was,
sou die Eiser dit aankoop. Die inskrywing in die notule ten aansien
van hierdie voorstel
lees soos volg:
“
Conclusive
suggestion: Tonnage
delivery: 250 Mt
or certain ton at Contracted Price.
Additional
stock
new
price”
58. Volgens Mnr Higgs was daar geen
twyfel by Mnr van Zyl en Me Nogueira dat daar 'n kontrak tussen die
Eiser en die Verweerder
bestaan het nie. Dit was so bevestig deur
hulle. Volgens sy getuienis is dit duidelik dat die gesprek juis ook
op daardie basis
geskied het. Hy het ook in sy nota na die
“contracted price” verwys. Volgens hom het hulle juis
probeer om die Verweerder
se probleme aan te spreek en was hulle
bereid om die Verweerder tegemoet te kom. Volgens Mnr Higgs was dit
omdat hulle geweet het
dat weens die aard van hulle besigheid, wat
ook die besigheid van die Verweerder was, en waar kontrakte gesluit
word, daar soms
probleme ontstaan. Wanneer 'n persoon dan persoonlik
kom en die probleme verduidelik, soos Me Nogueira gedoen het, dan sou
hulle
bereid wees om so 'n persoon te probeer help.
59. Mnr Higgs het verder getuig dat
ongeveer 90% van ooreenkomste vir die verkoop van grondbone,
mondeling en/of per e-pos geskied.
Dit is gewoonlik net die
voor-seisoen kontrakte met produsente, wat eers lank daarna uitgevoer
word, wat volledig in skrif uiteengesit
word. Hy het die bogenoemde
voorbeelde van ander kontrakte waarna Eiser verwys het, bevestig.
60. Mnr A.M. Cohn het ook namens die
Eiser getuig. Hy is 'n persoon met baie ervaring as handelaar in die
grondbone bedryf en bedryf
tans sy eie konsultasie besigheid. Die
belangrikste komponente van Mnr Cohn se getuienis het geslaan op die
belangrikheid van die
invloed van die wisselkoers op
oorgrens-transaksies en ook dat dit algemene praktyk is om
verkooptransaksies mondeling te sluit
en dan soms op te volg met
geskrewe kontrakte ter bevestiging van waarop ooreengekom is. Dit
gebeur in die meeste van gevalle volgens
sy ervaring. Baie van Mnr
Cohn se getuienis was nie werklik van deskundige aard nie en ek
verwys derhalwe nie daarna nie. Hy het
ook nie persoonlike kennis van
die onderhandelinge tussen die partye ten aansien van die huidige
geval gehad nie en sy getuienis
oor wat in die ooreenkoms was of sou
gewees het, is eenvoudig irrelevant en van geen waarde.
61. Me H. Nogueira was die enigste
getuie namens die Verweerder. Sy was in die graan handel industrie
vir die laaste ongeveer 20
jaar. Die Verweerder, vir wie sy in 2010
begin werk het, het ook begin handeldryf in produkte soos grondbone.
Teen die middel van
2011 het sy te hore gekom van grondbone wat in
Malawi beskikbaar is en ook dat die Eiser moontlik in die aankoop
daarvan sou belangstel.
Op daardie stadium het Mnr Van Zyl met haar
in verbinding getree.
62. Me Nogueira het getuig dat die
Verweerder die invoerder van die grondbone uit Malawi sou wees en
bloot die ingevoerde produk
aan die Eiser sou verkoop. Sy het getuig
oor die aanvanklike gesprekke met Mnr Van Zyl, die vrae wat hy gevra
het en haar antwoorde
daarop. Dit is vervat in die e-posse hierbo na
verwys. Wat die prys betref was die R9 300,00 per ton die aanbod wat
sy kon maak.
Volgens haar het sy die grondbone by die verkoper
voorbehou. Die waarborg wat bespreek was met Mnr van Zyl, was beskou
as die beste
en goedkoopste opsie om betaling te verseker omdat beide
die Eiser en die Verweerder in Suid Afrika was en dat dit die minste
vertraging
sou oplewer. Die betaling sou op lewering wees en die
Eiser het geen krediet geverg nie. Me Nogueira het bevestig dat Mnr
Van Zyl
die grondbone so gou as moontlik wou he. Hy wou nie die 30
dae wag wat 'n kredietaansoek sou neem nie en was daarom bereid om
kontant
met lewering te betaal.
63. Wat aflewering betref het Me
Nogueira getuig dat sy op daardie stadium nog nie finaal vervoer
gereel het nie en dus nie afleweringsdatums
kon spesifiseer nie.
64. Sy het getuig dat tydens die
onderhandelinge met Mnr Van Zyl sy hom gevra het watter terme hy in
die kontrak wou he. Hy het
toe aangedui dat hy 'n konsep ooreenkoms
aan haar sou stuur en sy sou die terme daarvan invoeg by die terme
van die Verweerder
se kontrak om 'n kontrak vir die betrokke
transaksie op te stel.
65. Sy het die kwessie van die
verskaffing van die monster en Eiser se tevredenheid daarmee,
bevestig.
66. Wat betef die e-pos van 5 Augustus
2011 het Me Nogueira getuig dat sy geboekstaaf het wat hulle bespreek
het. Volgens haar wou
sy die aankoop van die grondbone in Malawi
gelyktydig doen met die verkoop daarvan aan die Eiser. Sy het egter
teenstrydige inligting
oor die kwessie van vervoer uit Malawi ontvang
en kon daarom nog nie die presiese afleweringsdatums bevestig nie.
Volgens haar
moes daar ook nog ander aspekte uitgeklaar word soos die
tipe dokumentasie wat aan die Eiser oorhandig sou moes word en ook
welke
dokumente sy sou nodig he om die bankwaarborg te laat uitbetaal
indien dit nodig sou word.
67. Me Nogueira het getuig dat hoewel sy
in die e-pos aangedui het dat sy die kontraksdokument op die Maandag
sou stuur, sy nie
in staat was om dit te finaliseer nie.
68. Verder met verwysing na die konsep
ooreenkoms het Me Nogueira getuig dat sy en Eiser nog heelwat ander
aspekte moes bespreek.
Hulle moes byvoorbeeld bespreek of die reg van
Malawi sou geld indien daar 'n dispuut ontstaan; hulle moes bespreek
of 'n sogenaamde
force majeure klousule ingevoeg moet word; hulle
moes bespreek of die dokument genoem in klousule 5 van die konsep
ooreenkoms
ook geverg sou word. Dit sluit in dokumente soos 'n
“fumigation certificate”, 'n “Phytosanitary
certificate”,
'n “certificate of origin”, 'n “Non
GMO certificate” en 'n “COMESA/SADC certificate and CD1
form
and Export Permit”. Verder het Me Nogueira getuig dat 'n
klousule bespreek moes word soos onder die opskrif “Non
Conformity
of Delivery” in paragraaf 8 van die konsep. Ook die
geval van versuim om te lewer moes aangespreek word en onderhandel
word.
Ook moes die kwessie van “additional delivery”
onderhandel word. Ook die kwessies van die effektiewe datum van die
kontrak; die kwessie ten aansien van die beeindiging van die kontrak;
die oplos van geskille; die kwessie van wysigings van die
kontrak en
die kwessie van kennisgewing en van kommunikasie met mekaar. Hierdie
is alles apekte wat in die konsep ooreenkoms na
verwys is. Later in
haar getuienis voeg Me Nogueira by dat selfs die prys nie vasgestaan
het nie en nog kon verander en dat Mnr
Van Zyl dit geweet het. Later
in haar getuienis onder kruisverhoor het sy egter weer die teendeel
getuig naamlik dat die prys wel
vasgestaan het.
69. Ten aansien van die e-pos van 12
Augustus 2011 was Me Nogueira se getuienis dat sy nog besig was om
met die instansies in Malawi
te onderhandel oor die beskikbaarheid
van die voorraad en oor die vervoer daarvan. Daar was ook politieke
onrus en 'n staking was
beplan vir 17 Augustus 2011. Volgens haar was
daar nog geen vaste ooreenkoms in plek tussen die partye nie.
70. Ten aansien van die e-pos van 19
Augustus 2011 waarin sy 'n vergadering aangevra het, het Me Nogueira
getuig dat haar posisie
baie moeilik was as gevolg van die
onbeskikbaarheid van vervoer en die politieke onrus en dat sy met die
Eiser wou vergader om
te sien hoe hulle kan voortbeweeg met al die
kwessies wat nog uitgeklaar moes word en hoe daar voortgegaan kan
word te midde van
die probleme. Volgens haar het die
vervoerkontrakteurs hulle tariewe erg verhoog. Die beskikbaarheid van
transport, die transporttariewe
en die nadelige wisselkoers was die
probleme wat sy ervaar het.
71. Ten aansien van die vergadering op
22 Augustus 2011 het Me Nogueira getuig dat sy haar probleme
verduidelik het. Sy se dat hulle
ook die uitstaande kwessies bespreek
het omdat sy die ooreenkoms wou finaliseer. Dit was die kwessie van
vervoer, die afleweringsdatums,
die betalingsterme en al die ander
genoemde terme wat nog uitgeklaar moes word. Volgens haar kon hulle
egter nie ooreenkoms oor
hierdie aspekte bereik nie.
72. Me Nogueira het verder getuig dat
Mnr van Zyl se houding was dat die partye 'n bindende ooreenkoms
gehad het en dat Verweerder
verplig was om die grondbone te lewer
maar dat sy van hom verskil het.
73. Me Nogueira het bevestig dat daar
aan haar voorgestel was dat die omvang van die besending kan
verminder maar haar getuienis
oor wat dit behels het was weersprekend
en onduidelik. Wat sy wel bevestig het was dat die Eiser Chilambana
grondbone verkies het.
74. By haar terugkeer na die Paarl het
Me Nogueira weer kontak gemaak met die vervoerkontrakteurs. Ten
aansien van haar e-pos van
31 Augustus 2011 het Me Nogueira getuig
dat sy baie naby was aan die finalisering van die aankoopkontrak van
die grondbone maar
dat haar probleme ten opsigte van vervoer
voortgeduur het. Die kwoteerde prys was derhalwe volgens haar nie
meer geldig nie.
75. Me Nogueira het die verdere e-posse
bevestig en getuig dat volgens haar daar geen bindende ooreenkoms met
die Eiser was nie.
76. Die getuienis van Mnr van Zyl en
Higgs was bevredigend. Ek het reeds na die beweerde teenstrydighede
in Mnr van Zyl se getuienis
verwys. Sy getuienis strook ook met die
inhoud van die e-posse en die waarskynli khede van die saak. Mnr
Higgs se getuienis was
ook bevredigend. Daar was geen teenstrydighede
in sy getuienis nie en dit het gestrook met die notule wat hy gehou
het en die latere
e-posse wat geskryf is.
77. Me Nogueira se getuienis was egter
totaal onbevredigend. Sy het haarself talle kere weerspreek en haar
getuienis aangepas soos
dit haar op daardie oomblik gepas het. Dit
het veroorsaak dat haar getuienis bylye deurmekaar was en dit
onduidelik was wat haar
weergawe werklik was. Daar was geen twyfel
dat sy ten alle koste die Verweerder se saak wou bevoordeel en nie
geskroom het om haar
getuienis aan te pas om dit te doen nie.
78. Ek sal vervolgens na 'n paar van
hierdie aaspekte en ander relevante aspekte verwys.
79. In kruisverhoor was daar talle
aspekte wat Me Nogueira oor getuig het wat nie aan die Eiser se
getuies gestel was nie. Dit het
byvoorbeeld gegaan oor die feit dat
kontrakte in die betrokke industrie mondeling geskied; dat dit meesal
mondeling geskied; en
kontrakte slegs ter bevestiging daarvan
opgestel word en soms onderteken word. Haar ontkenning dat dit ooit
gebeur is nooit aan
Mnr van Zyl of Mnr Higgs gestel nie.
80. Haar getuienis dat die prys nooit
vasgestaan het nie, was ook nooit aan Mnr van Zyl gestel nie. Dit was
derhalwe te wagte dat
sy later weer van hierdie weergawe sou afwyk.
81. Ten opsigte van die vergadering het
Me Nogueira getuig dat hulle al die terme wat volgens haar neg in die
kontrak vervat moes
word, bespreek het en ook dat hulle nie consensus
ken bereik nie. Hierdie weergawe is nooit gestel aan Mnr Van Zyl of
Mnr Higgs
toe hulle getuig het nie. Dit verskyn ook nie in die notule
van Mnr Higgs nie. Hierbenewens het Mnr van Zyl getuig dat indien Me
Nogueira daarna verwys het, daar wel aspekte was wat hy nie sou
omgegee het om deel van die ooreenkoms te maak nie. In die lig
hiervan is dit dus onwaarskynlik dat hulle, soos Me Nogueira getuig
het, op geen van die beweerde uitstaande terme ooreenstemming
ken
bereik nie. Die enigste afleiding is dat hierdie aspekte en beweerde
terme nooit na verwys is tydens die vergadering nie. Ek
meld
volledigheidshalwe dat daar geen rede is om Mnr Higgs se getuienis
nie te aanvaar nie. Oil geld ook vir sy getuienis oor sy
notule. Dit
is totaal onwaarskynlik dat sy notule nie korrek na die kwessies
verwys het wat bespreek was nie. Sy notule het geensins
verwys na die
terme van die ooreenkoms wat Me Nogueira beweer bespreek was en nie
op ooreengekom kon word nie. Ek vind die getuienis
dat oor die
beweerde ander terme gepraat is, totaal onwaarskynlik. Behalwe dat
die notule nie daarna verwys nie, was daar ook nie
daarna deur enige
van die partye in hulle gesprekke of e-posse daarna verwys nie. Oil
sou op die waarskynlikhede inderdaad die
geval gewees het as Me
Nogueira se getuienis die waarheid was.
82. Oil was ook nooit aan Mnr van Zyl of
Mnr Higgs gestel dat Mnr van Zyl wel tydens die vergadering gestel
het dat daar 'n ooreenkoms
tussen die partye was en dat sy nie met
hom saamgestem het nie. Op die waarskynlikhede sou so 'n dispuut
belangrik gewees het en
opslae veroorsaak het. Tog verwys Mnr Higgs
se notule geensins daarna nie en bevestig dit eerder die teendeel.
83. Ten einde teloon dat geen bindende
ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het nie het Me Nogueira
uit haar pad gegaan
om te loon dat daar etlike ander terme nog
bespreek moes word en in 'n skriftelike kontrak vervat moes word. Ek
het reeds na daardie
beweerde terme verwys. Vir hierdie doel het sy,
onder andere, verwys na die konsepooreenkoms wat Mnr van Zyl aan haar
gestuur het.
Na my mening was Me Nogueira duidelik opportunisties in
hierdie paging. Daardie terme was kennelik op 'n totaal ander tipe
kontrak
van toepassing en haar getuienis daaroor was uitaard
geforseerd, onwaarskynlik en by tye gewoon onwaar. Dit is verder
totaal onwaarskynlik
dat Mnr Van Zyl sou aandring op terme wat
kennelik irrelevant tot hulle ooreenkoms was. Hierdie gedeelte van Me
Nogueira se getuienis
het getoon dat sy ten alle koste haar getuienis
sou aanpas om die Verweerder se saak te ondersteun.
84. Nog 'n sterker aanduiding dat
hierdie ander terme waarop Me Nogueira haar beroep het, eenvoudig
nooit ter sprake of relevant
was nie, spruit uit 'n beskouing van Me
Nogueira se e-posse waarin sy telkens onderneem het om die geskrewe
kontrak aan Mnr van
Zyl te stuur. Op Vrydag 5 Augustus 2011 se sy dat
sy dit op Maandag 8 Augustus 2011 sou stuur. Die Saterdag en Sondag
wat sy dus
tot haar beskikking gehad het was nie naastenby genoeg om
haar in staat te stel om al daardie aspekte aan te spreek nie, veral
as hulle op die Vrydag juis nie ooreenkoms daaroor kon bereik nie.
Tydens kruisverhoor het sy voorgehou dat daar op haar weergawe
ten
minste nog 15 aspekte was wat uitsorteer moes word.
85. Dieselfde geld vir Me Nogueira se
onderneming in die e-pos van 12 Augustus 2011 dat sy die “paperwork”
op Maandag
15 Augustus sou stuur. Niks het intussen gebeur wat dit
vir haar moontlik sou maak om die beweerde uitstaande terme le
onderhandel
en uit te klaar oor die naweek nie. Sy het tot op daardie
stadium ook nie eers vir Mnr van Zyl oor enige van die beweerde
aspekte
genader nie.
86. Op die waarskynlikhede bevind ek dat
daar op die vergadering van 22 Augustus 2011 niks oor hierdie ander
terme gesê was
nie. Die waarskyn likste afleiding uit
daardie feit is dat daar inderwaarheid nooit sprake was van enige
ander terme waaroor
die partye moes onderhandel nie. Die Enigste
terme waaroor onderhandel was, en waarop ooreengekom was, en wat die
ooreenkkoms tussen
die partye sou beliggaam, was die terme vervat in
die e-posse en in besonder die e-pos van van 5 Augustus 2011.
87. Ook insiggewend is die feit dat Me
Nogueira die hele Augustus en tot in September, geen poging aangewend
het om enige van die
beweerde terme met Mnr van Zyl op te neem nie.
Soos genoem is die sterkste afleiding om van haar versuim in hierdie
verband te
maak, die afleiding dat daardie terme nooit beoog was om
deel van die partye se ooreenkoms te wees nie.
88. Tydens sy kruisverhoor is Mnr van
Zyl uitgevra oor elkeen van hierdie beweerde addisionele terme. Sy
antwoorde was basies dat
indien Me Nogueira dit in die kontrak wou
gehad het, hulle daaroor sou onderhandel het. Hierdie antwoord
verander egter nie aan
die saak nie. Me Nogueira het eenvoudig nie
oor daardie terme onderhandel nie. Dit was nooit tydens die
onderhandelinge genoem
nie. Die betrokke terme was ook nie wesenlik
vir die ooreenkoms wat die partye wou bereik nie. lndien dit uit die
getuienis blyk
dat daar andersins wel 'n ooreenkoms tot stand gekom
het baat dit Me Nogueira nie om op hierdie laat stadium sekere
aspekte te
opper en te se dat sy nag daaroor wou onderhandel nie.
89. In hierdie verband is dit nodig om
apart na die konsep ooreenkoms te verwys aangesien dit namens die
Verweerder betoog is dat
die terme daarvan, of meeste van die terme
daarvan, in die die ooreenkoms tussen die Eiser en die Verweerder
ingevoeg sou word
en dat dit derhalwe bewys dat die finale ooreenkoms
nag onderhandel moes word en daar dus nie 'n afdwingbare kontrak
tussen die
partye bestaan het nie. Tydens sy kruisverhoor het Mnr Van
Zyl wel aangedui dat Me Nogueira die ooreenkoms versoek het om as
riglyn
te dien vir die kontrak wat sy wou opstel. Uit die verdere
kruisverhoor het dit egter geblyk dat die terme waarna Mnr van Zyl
verwys
is, betrekking het op 'n kontrak vir die invoer van produkte
uit die buiteland na Suid Afrika. Dit het nie te doen met die koop
en
verkoop van produkte in Suid Afrika nie. Mnr Van Zyl se aanvanklike
herinnering aan die rede vir die beskikbaarstelling van
die konsep
was dus klaarblyklik foutief. In verdere kruisverhoor het hy dan ook
gesê dat Me Nogueira se versoek gehandel
het met 'n
invoerkontrak. Die waarskynlike verduideliking is dat Me Nogueira die
konsep ooreenkoms benodig het as voorbeeld vir
die invoerkontrak wat
sy sou sluit. Haar getuienis was immers dat sy al talle ooreenkomste
binnelands gedoen het maar dat hierdie
die eerste keer sou wees dat
sy grondbone na Suid Afrika invoer. Sy sou dus nie 'n konsep vir die
binnelandse kontrak met die Eiser
benodig het nie maar inderdaad een
vir die invoer van die grondbone.
90. Die getuienis van Me Nogueira ten
aansien van die konsep ooreenkoms was insgelyks onbevredigend. Sy het
uit haar pad gegaan
om te probeer aantoon dat die terme van die
konsep relevant was vir die ooreenkoms tussen die Eiser en die
Verweerder. Hierin het
sy totaal gefaal. So byvoorbeeld was haar
getuienis dat die reeks dokumente na verwys in paragraaf 5 van die
konsep, ook in die
partye se kontrak gemeld moes word, kennelik
verkeerd. Dit is dokumente wat die verkoper aan die koper meet
verskaf. In 'n geval
socs die onderhawige, wat nie die invoer van
grondbone na Suid Afrika sou behels nie, sou die Eiser nie daardie
dokumente benodig
het nie. Hy sou immers bloat die vrag grondbone
ontvang en moes dit dan nagaan en sou dan daarvoor moes betaal. Dit
sal eerder
die Eiser, as koper, wees wat 'n bewys van ontvangs aan
die Verweerder, as verkoper, moes gee. Daarmee sou die Verweerder,
indien
dit nodig sou word by wanbetaling deur die Eiser, die
bankwaarborg te gelde ken laat maak.
91. Namens die Verweerder is ook betoog
dat die partye neg oor die kwessie van betaling moes onderhandel. Na
my mening het die partye
reeds ooreenkoms oor hierdie aspek bereik.
Die omslagtige bepalings ten opsigte van betaling in die konsep
ooreenkoms is duidelik
nie van toepassing op die partye se ooreenkoms
nie.
92. In hierdie verband kan ook verwys
word na die aanmerking deur Me Nogueira in die e-pos van 5 Augustus
2011 dat die kwessie van
betaling met lewering uitgestryk moes word.
Namens die Verweerder was gepoog om hierdie aanmerking te gebruik om
aan te toon dat
die kwessie van betaling nog onderhandel moes word en
dat daar dus nog nie sprake van 'n finale ooreenkoms tussen hulle
bestaan
het nie. Hierdie poging was opportunisties. Die betaling was
op ooreengekom. Dit sou geskied met lewering. Niks meer was nodig
nie. Wat Me Nogueira klaarblyklik na verwys het is dat sy en Mnr Van
Zyl net moet praat oor hoe die betaling met aflewering prakties
uitgevoer sal word sodat daar nie onnodige vertaging is nie. Volgens
die getuienis sou 'n vrag tussen sewe en lien dae neem om
afgelewer
te word. Selfs al word Mnr Van Zyl verwittig van die vertrek van die
vrag, sal hy nie presies weet wanneer die vrag gaan
arriveer nie. Me
Nogueira sou dit ook nie weet nie. 'n Praktiese reeling sou dus
getref moes word sodat die geld gereed kan wees
as die vrag arriveer.
Desnoods sou dit behels dat Me Nogueira vir Eiser op hoogte sal hou
van die vordering van die vrag en desnoods
op die dag voor die
arrivering van die vrag, hom daarvan in kennis stel. Die betaling sou
in alle waarskynlikheid deur middel van
'n internet oorbetaling
gemaak gewees het. Wat ook al die reelings sou wees wat die partye
mog getref het, dit bly praktiese reelings
wat nie die totstandkoming
van die ooreenkoms kon affekteer nie.
93. Die feit dat Eiser ook in sekere van
sy e-posse navraag gedoen het na die kwessie van aflewering doen ook
nie afbreuk hieraan
nie. Hy kon hoogstens gehoop het om 'n aanduiding
te kry van min of meer wanneer die eerste vragte gelewer sou word.
Dat hy dit
wou weet om sy eie sake in orde te kry kan nie as 'n
versinsel afgemaak word nie. Dit is ook nie in stryd met sy ander
getuienis
oor die eerste lewering wat aan die einde van Augustus of
begin September sou geskied of die getuienis dat die leweringstydperk
oor die volgende twee of drie maande sou wees nie. Ook nie met sy
getuienis dat die eerste lewering sou geskied sodra Me Nogueira
haar
“logistiek” in plek het. lnteendeel, vanwee die aard van
die omstandighede en in besonder die feit van die tydsame
vervoer oor
'n baie lang afstand en deur drie grensposte, pas al hierdie
getuienis juis daarby in en is dit nie teenstrydig nie.
Die kwessie
van aflewering kon nouliks met groter akkuraatheid bepaal gewees het.
Die eiser se verwysing in sy besonderhede van
vordering dat die
grondbone binne 'n redelike tyd en binne 'n maksimum van drie maande
gelewer moes word, is derhalwe nie strydig
met die getuienis nie. Die
lewering waarna verwys word is die lewering van al die vragte. Net
die eerste vrag se naastenbye afleweringsdatum
kon met redelike
sekerheid bepaal word, maar nie die die afleweringsdatums van die
latere vragte nie.
94. Laastens in hierdie verband is dit
dan ook insiggewend dat in die kontrakte vir die aankoop van die
betrokke grondbone deur
die Verweerder, Me Nogueira self aangedui het
dat die lewering daarvan tydens Augustus, September en Oktober sou
wees. Dit strook
met en bevestig die getuienis van Mnr van Zyl.
95. Ten aansien van die vraag of 'n
skriftelike kontrak 'n voorvereiste vir die geldigheid van hulle
ooreenkoms sou wees was Me
Nogueira se getuienis, soos ek reeds gesê
het, ook glad nie bevredigend nie. Aanvanklik het sy toegegee dat 'n
ooreenkoms
geldig kan wees sonder dat die partye dit onderteken het
maar het sy dan weer totaal tot die teendeel getuig en dit ontken.
Dan
het sy weer getuig dat 'n mondelinge ooreenkoms net geldig is as
die partye oor al die terme gepraat het. Sy het haar getuienis
bylye
so aangepas of gekwalifiseer en dan weer tot so 'n mate probeer
regverdig dat dit bykans aan die absurde gegrens het. Dit
het op 'n
stadium voorgekom asof sy selfs ontken dat daar so iets soos 'n
mondelinge kontrak tussen partye moontlik is, net om
dit daarna weer
le kwalifiseer. Sy het ook botweg geweier om die laaste paragraaf in
selfs die Verweerder se eie kontrakte, wat
hierintevore aangehaal is,
en wat bepaal dat die mondelinge ooreenkoms tussen die partye geldig
is ongeag die feit dat die skriftelike
kontrak nie onderteken word
nie, te aanvaar. Sy het later volhard dat 'n ondertekende skriftelike
kontrak altyd 'n voorvereiste
is. Die kontrak vir die aankoop deur
die Verweerder van die CG7 grondbone vanaf Agri in Malawi en wat deur
haar as 'n geldige kontrak
beskou was, was nie deur haar onderteken
nie. Ook nie die skriftelike ooreenkoms tussen die Verweerder en
Blancom Processors in
November 2011 nie. Haar antwoord dat daar wel
'n afskrif bestaan wat deur haar onderteken is, maar wat nie voor die
hof geplaas
is nie, is so onwaarskynlik dat dit met veiligheid
verwerp kan word.
96. Wat betref die ooreenkoms tussen
Verweerder en Blancom wat in November 2011 gesluit is ten opsigte van
dieselfde grondbone uit
Malawi blyk dit dat daardie geskrewe
ooreenkoms basies net die essensiele terme bevat en glad nie die
terme wat Me Nogueira oor
getuig het nodig is nie. Haar verduidel
iking was dat daardie kontrak anders was aangesien die produk toe
reeds in Suid Afrika
was. 'n Ontleding van haar redes vir waarom
daardie terme egter in die kontrak met die Eiser moes wees, loon dat
dieselfde redes
ook ten opsigte van die kontrak met Blancom geldig
sou wees. Haar verduideliking was dus eenvoudig sender enige meriete.
Die feit
dat die kontrakte ongeteken was strook derhalwe nie met die
Me Nogueira se getuienis dat alle kontrakte eers deur albei partye
onderteken moes wees nie.
97. Me Nogueira se getuienis tydens
kruisverhoor oor die vergadering op 22 Augustus 2011 was eweneens
verwarrend en teenstrydig.
Ek het reeds na sekere aspekte daarvan
hierbo verwys. Aspekte wat volgens Mnr Van Zyl na verwys was, socs
byvoorbeeld die verhoogde
prys van R9 900,00, en wat deur Mnr Higgs
in sy notule geskryf was, is deur Me Nogueira ontken. Sy het gesê
dat sy nooit
so 'n bedrag genoem het nie en dat dit van Mnr Van Zyl
of Mnr Higgs moes gekom het. Hierdie getuienis is totaal
onwaarskynlik in
die omstandighede en was ook nooit aan Eiser en Mnr
Higgs gestel toe hulle getuig het nie. Me Nogueira se ontkennig dat
Mnr Van
Zyl ooit aangebied het dat sy die 200 ton waarvan hulle sal
afstand doen, in die mark kon verkoop, is insgelyks klaarblyklik
vals.
Dit was die crux van die eerste voorstel aan haar om die
Verweerder tegemoet te kom. Die teendeel is ook nooit aan Eiser of
Mnr
Higgs gestel toe hulle getuig het nie. Later in haar kruisverhoor
het Me Nogueira egter wel gesê dat daardie voorstel wel
aan
haar gemaak was. Haar getuienis was derhalwe tot so 'n mate
teenstryding ten aansien van wesenlike aspekte dat daar nie op
haar
getuienis gesteun kan word nie.
98. Verder ten aansien van die
vergadering het Me Nogueira getuig dat Mnr Van Zyl wel gesê het
dat die partye 'n geldige ooreenkoms
het en dat sy dit toe ontken
het. Ek het ook reeds na hierdie aspek verwys. Dit dien egter ook
daarop gelet te word dat later in
haar kruisverhoor, toe die klem
ietwat verskuif was na die vraag hoekom sy nie dadelik die standpunt
dat daar 'n geldige kontrak
tussen die partye bestaan het, betwis het
en dit desnoods in 'n e-pos vervat het nie, Me Nogueira getuig het
dat dit nie gestel
was tydens die vergadering dat 'n geldige
ooreenkoms tussen die partye bestaan het nie en dat Eiser dit vir die
eerste keer gedoen
het in sy e-pos van 31 Augustus 2011. Toe sy oor
haar vorige teenstrydige getuienis konfronteer was, het sy gesê
dat Eiser
dit wel kon gesê het maar dat sy nie daarmee
saamgestem het nie. Die gemak waarmee Me Nogueira haar getuienis
verander of
aangepas het, soos wat hierdie aspek 'n voorbeeld van
was, veroorsaak dat haar getuienis ongeloofwaardig was en nie daarop
staatgemaak
kan word nie.
99. Verder tot hierdie aspek is daar
natuurlik ook die vraag waarom Me Nogueira hoegenaamd al die pad van
die Paarl gereis het vir
hierdie vergadering. Gegewe haar probleme
wat beteken het dat sy dit nie sou kon bekostg om die grondbone vir
R9 300,00 te verkoop
nie, kon sy dood eenvoudig vir Mnr van Zyl laat
weet het dat vanwee die genoemde faktore, sy nou slegs teen 'n hoer
prys kan verkoop.
Hierdie aspek kon sy nie bevredigend verduidelik
nie.
100. 'n Verdere insiggewende faktor wat
die bestaan van 'n ooreenkoms tussen die partye ondersteun blyk uit
die feit dat Me Nogueira
in haar aanvanklike e-posse na die onderwerp
van die skrywe as “Groundnuts ex-Malawi” verwys het. In
die e-pos van
5 Augustus 2011 verwys sy na “Contract for 500 mt
Malawi Groundnuts”. In haar skrywe van 19 Augustus verwys sy
ook
na “our Malawi deal”. Hierdie verwysing na 'n kontrak
strook met Mnr van Zyl se getuienis dat die partye se ooreenkoms
op 5
Augustus tot stand gekom het.
101. Dieselfde tipe beskrywing van die
stand van sake tussen die partye verskyn ook in die e-pos van Me
Nogueira op 8 September
2011 aan die vervoerkontrakteur Falcongate
Logistics. In daardie e-pos vra sy hulp omdat sy 'n “contract
for 200 Malawi Groundnuts”
het wat gedurende September en
Oktober na Johannesburg vervoer moes word. Die feit dat sy na 'n
kontrak verwys strook met die Eiser
se getuienis dat daar inderdaad
'n bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het.
102. Seker een van die mees
deurslaggewende faktore wat daarop dui dat die partye wel 'n bindende
ooreenkoms gehad het, blyk uit
Me Nogueira se e-pos van 12 Augustus
2011. Daaruit is dit duidelik dat sy in werklikheid reeds die
grondbone sou vervoer het in
die week van 15 Augustus as dit nie vir
die staking was nie en dat sy dit in die week van 22 Augustus sou
stuur. In haar getuienis
het sy ook bevestig dat sy wel die grondbone
sou gestuur het indien sy wel vervoer beskikbaar gehad het. In die
lig hiervan is
dit dus onteenseglik so dat Me Nogueira self van
mening was dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye was en
verder dat
daar geen terme was wat nog onderhandel moes word nie.
Daar was dus ook nie sprake daarvan dat 'n ondertekende skriftelike
dokument
'n voorvereiste was nie. Sy sou immers nooit die vragte laat
aflewer het sander dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye
was nie.
103. Laastens kan verwys word na die
feit dat Me Nogueira reeds op 22 Augustus tydens die vergadering, en
ook daarna uit die e-pos
van 31 Augustus, deeglik kennis geneem het
van Mnr van Zyl se houding dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die
partye bestaan.
Sy betwis hierdie feit egter hoegenaamd nie. Nie
telefonies nie en ook nie in haar volgende e-posse nie. Sy doen dit
vir die eerste
keer in haar e-pos van 23 September 2011. Hierdie
optrede is op die waarskynlikhede slegsle vesoen met die feit dat Me
Nogueira
wel ook van mening was dat daar wel 'n bindende ooreenkoms
tussen die partye bestaan het. As dit nie die geval was nie, sou sy
sekerlik onmiddellik baie anders opgetree het, veral gegewe die feit
dat sy geweet het dat sy waarskynlik nie vervoer sou kon reel
nie en
dit in elk geval slegs teen 'n baie hoer tarief sou kon doen indien
sy dit wel kon regkry.
104. Die wete dat daar wel 'n bindende
ooreenkoms tussen die partye bestaan het, strook dan ook met haar
optrede na die e-pos van
Mnr van Zyl op 31 Oktober 2011. Sy kontak 'n
vervoerkontrakteur en smeek hom om die betrokke grondbone, waarvoor
sy 'n “kontrak”
het, af te lewer. Ek het reeds na hierdie
apek van die skrywe verwys. Sy verwys egter verder ook net na 200 ton
grondbone wat 'n
aanduiding was dat sy die voorstel van 'n
verminderde tonnemaat wat tydens die vergadering deur Mnr van Zyl
gemaak is, oorweeg
het. lndien Me Nogueira van mening was dat daar
geen bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het nie, sou sy
eenvoudig vir
Mnr van Zyl meegedeel het dat hulle nog nie 'n bindende
ooreenkoms gehad het nie.
105. In die lig van, onder andere, al
die voorgaande, is ek van mening dat op 'n oorwig van waarskynlikhede
bewys is dat daar wilsooreenstemmi
ng tussen die partye was oor al
die terme wat die partye, uitdruklik en stilswyend, as materieel
beskou het vir die totstandkomi
ng van 'n bindende ooreenkoms. Geen
ander terme was tydens die onderhandelinge gemeld of was wesenlik vir
die ooreenkoms wat die
partye gesluit het nie. Die getuienis het ook
getoon dat die partye dit nie beoog het dat ooreenkoms oor enige
ander terme bereik
moes word alvorens daar 'n bindende ooreenkoms
tussen hulle tot stand sou kom nie.
106. In die vooropstelling bevind ek
derhalwe dat die Eiser wel daarin geslaag het om op 'n oorwig van
omstandighede te bewys dat
daar wel 'n bindende mondelinge ooreenkoms
tussen die partye tot stand gekom het en dat dit nie 'n voorvereiste
vir die geldigheid
van die partye se ooreenkoms was dat die kontrak
in skrif beliggaam en onderteken moes gewees het nie. Bygevolg, en
ingevolge die
ooreenkoms bereik tussen die partye voor die aanvang
van die verhoor, behoort daar derhalwe vonnis in die guns van die
Eiser te
wees.
107. Wat die kwessie van koste betref is
daar geen rede waarom die koste van die geding nie die uitslag sal
volg nie. Beide partye
was dit eens dat die koste van senior Advokaat
deel van hierdie koste moet wees. Ek is ook tevrede dat die koste van
Senior Advokaat
ten opsigte van die voorverhoor ook by sulke koste
insgesluit moet word. Wat betref die koste wat voorheen voorbehou is
kon die
advokate nie submissies maak nie. lndien die partye nie
daardie aspek kan skik nie, kan dit weer voor hierdie hof geplaas
word
vir beregting.
108. Weshalwe word die volgende bevel
gemaak:
1. Die Verweerder
word gelas om die bedrag van R850 000,00 aan Triotrade Gauteng (Edms)
Bpk te betaal.
2. Die Verweerder
word gelas om aan Triotrade Gauteng (Edms) Bpk rente te betaal op die
bedrag van R850 000,00 teen die koers van
15,5% per jaar vanaf 5
Maart 2012 tot 31 Julie 2014 en teen die koers van 9% per jaaar vanaf
1 Augustus 2014 tot datum van betaling.
3. Die Verweerder
word gelas om Triotrade Gauteng (Edms) Bpk se koste te betaal welke
koste sal insluit die koste van senior Advokaat
sowel as die koste
van Senior Advokaat ten opsigte van die voorverhoor.
4. Ten aansien van
die koste wat voorheen voorbehou is kan die partye, indien die
kwessie nie geskik word nie, dit weer voor hierdie
hof terrolle plaas
vir beregting.
Sy Edele Regter C.P. Rabie