Absa Bank Bpk. v Du Preez en 'n Ander, Absa Bank Bpk. v Beyplas (Edms) Bpk. en 'n Ander (343/06, 344/06) [2007] ZASCA 67; [2007] SCA 67 (RSA) (29 May 2007)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Silo certificates — Ownership dispute — Appellant (Absa Bank) prohibited from transferring silo certificates to AT Grain without full payment to producers (respondents Du Preez and Beyplas) — Respondents claimed ownership based on oral agreement with bank employee regarding retention of certificates until payment — Appellant denied existence of oral agreement, asserting written contracts with AT Grain — Court found respondents demonstrated clear right to ownership of certificates and that no genuine dispute of fact existed warranting referral for viva voce evidence — Appeal upheld, confirming respondents' rights to vindicate ownership of silo certificates.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2007
>>
[2007] ZASCA 67
|

|

Absa Bank Bpk. v Du Preez en 'n Ander, Absa Bank Bpk. v Beyplas (Edms) Bpk. en 'n Ander (343/06, 344/06) [2007] ZASCA 67; [2007] SCA 67 (RSA) (29 May 2007)

Links to summary

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
Nie Rapporteerbaar
Saak nr: 343/06
In die saak tussen:
ABSA BANK BEPERK
...............................
Appellant
en
PIETER HENDRIK DU
PREEZ
...............................
Eerste
Respondent
NWK BEPERK
...............................
Tweede
Respondent
__________________________________________________________________________
EN:
__________________________________________________________________________
Saak nr: 344/06
In die saak tussen:
ABSA BANK BEPERK
...............................
Appellant
en
BEYPLAS (Edms) BEPERK
...............................
Eerste
Respondent
NWK BEPERK
...............................
Tweede
Respondent
__________________________________________________________________________
Coram
:
Scott, Heher ARR et Hancke Wn AR
Datum
van verhoor:
2 Mei 2007
Datum
van lewering:
29 Mei 2007
Opsomming
:
Aard en omvang van aansprake ten opsigte van silosertifikate
onderhewig aan feitedispute ─ In geval van halfhartige
ontkenning
moet hof steeds tevrede wees dat aansoekdoener se
eedsverklaring inherent geloofwaardig is inaggenome die
waarskynlikhede ─
Bevinding dat
viva
voce
getuienis
nie oorwig van waarskynlikhede sal versteur, nie moontlik. Hof
a quo
fouteer om die aansoek op die
stukke te besleg ─ Aansoek om oorplasing ingevolge art 9 van
die Hooggeregshof slegs toegestaan
indien oortuig dat oorwig van
gerief ten gunste van oorplasing ─ Aansoek ingevolge art 22 van
die Hooggeregshof toegestaan
─ Hof het inherente bevoegdheid om
misbruik van hofproses te voorkom.
Neutrale verwysing:
Daar kan
na hierdie uitspraak verwys word as
ABSA Bank
Bpk v Du Preez; Beyplas Edms Bpk
[2007] SCA
67 (RSA).
______________________________________________________________
UITSPRAAK
______________________________________________________________
HANCKE Wn AR
HANCKE Wn AR:
INLEIDING
[1] Hierdie is ‘n appèl gerig teen ‘n uitspraak
wat die appellant verbied het om met sekere silosertifikate te
handel
en om dit slegs aan ‘n instansie bekend as AT Grain BK
(hierinlater na verwys as ‘AT Grain’) te lewer nadat
betaling van die volle koopprys aan sekere produsente geskied het.
[2] Op Saterdag 26 Februarie 2005 het die eerste respondent in saak
nr 343/06 (hierna ‘Du Preez’ genoem) ‘n
dringende aansoek in die Bophuthatswana Provinsiale Afdeling geloods.
Op dieselfde dag het ‘n groep van 57 boere, waaronder
Beyplas
(Edms) Beperk (eerste respondent in saak nr 344/06; hierna Beyplas
genoem), ‘n aansoek in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling
gebring. Op 27 Februarie 2005 is ‘n bevel
nisi
in die Du
Preez-saak uitgereik en op 1 Maart 2005 ‘n soortgelyke bevel in
die Beyplas-saak. Beide aansoeke is daarna geargumenteer
en op 23
Junie 2005 het die Hof
a quo
die interim bevel bekragtig en
bevind dat Du Preez en Beyplas aangetoon het dat dit ‘a clear
right to the ownership of the
silo certificates in dispute’
gehad het, en bygevolg ‘a right to vindicate their ownership to
the silo certificates’.
[3] In die lig van die feit dat die skuldoorsaak in beide sake
dieselfde is, met sekere verskille ten opsigte van die feite, waarin
hierinlater na verwys word, het die partye se regsverteenwoordigers
soos in die Hof
a quo
, die aangeleentheid gelyktydig voor
hierdie Hof beredeneer, en in die lig van die slotsom waartoe hierin
gekom word, is dit ook dienstig,
ten einde duplikasie te voorkom, dat
slegs een uitspraak hierin gelewer word.
WAT BESLIS MOET WORD
[4] Die vrae wat hierin onstaan is (a) die aard en omvang van Du
Preez en Beyplas se aansprake ten opsigte van die betrokke
silosertifikate
1
en of hulle geregtig is op die lewering daarvan; (b) is daar sodanige
feitedispute ter beslegting van die voorgaande dat dit vir
verhoor
verwys moet word; en indien wel (c) of dit na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof ingevolge art 9
van die
Wet op die Hooggeregshof, 1959 (Wet 59 van 1959), oorgeplaas moet
word; en (d) of ABSA se aansoek om verdere getuienis ingevolge
art 22
van die Wet op die Hooggeregshof, 1959 (Wet 59 van 1959) toegestaan
behoort te word.
AGTERGROND
[5] Wat die feite betref, blyk dit dat Du Preez ‘n skriftelike
ooreenkoms met AT Grain, verteenwoordig deur die enigste lid,
Mnr
Toerien, deur tussenkoms van Estelle Wessels (hierin later na verwys
as ‘Wessels’), ingevolge waarvan AT Grain graan
by Du
Preez sou koop. Lewering van die graan sou geskied deur oorhandiging
van die silosertifikate wat deur NWK uitgereik was en
wat die
besonderhede van die graan bevat het byvoorbeeld soort, hoeveelheid
en plek van opberging daarvan. Daarna het Du Preez die
silosertifikate in blanko onderteken en by ABSA se Lichtenburg tak
ingehandig, waarna dit geëndosseer was op naam van Greater
Grain
BK (hierin later na verwys as ‘Greater Grain’) en daarna
aan ABSA self. Laasgenoemde handelinge is deur Hantie
Steenkamp, ‘n
werknemer van die betrokke tak van ABSA verrig.
[6] In die Beyplas-saak het Mnr Beyers, ‘n direkteur van
Beyplas, ‘n skriftelike ooreenkoms met AT Grain gesluit, waarna
dieselfde plaasgevind het as in die Du Preez aangeleentheid.
[7] Beide Du Preez en Beyplas beweer dat die silosertifikate
ingevolge ‘n mondelinge ooreenkoms met Hantie Steenkamp aan
ABSA
in blanko geëndosseer en oorhandig was, wat ingehou het dat
sy slegs die silosertifikate sou oorhandig aan AT Grain nadat
betaling
geskied het. In die lig van die feit dat betaling nie
geskied het nie moes ABSA nie die silosertifikate oorgedra het nie en
is Du
Preez en Beyplas as die onderskeie eienaars daarvan geregtig op
teruggawe daarvan.
[8] Hierteenoor betwis ABSA die bestaan van die mondelinge ooreenkoms
en beweer dat Du Preez en Beyplas elkeen aan ‘n skriftelike
ooreenkoms met AT Grain gebonde is, ingevolge waarvan ‘n
kredietkoop gesluit was. Hulle was verplig om die silosertifikate
te
onderteken en by ABSA tot voordeel van AT Grain in te handig. Beide
sou eers later betaling ontvang en AT Grain het dus eienaar
geword,
omdat die silosertifikate met die nodige bedoeling aan AT Grain
gelewer en aldus ontvang was.
2
Die werklike rede vir die inhandiging van die silosertifikate by ABSA
word dus in die skriftelike ooreenkoms tussen AT Grain aan
die een
kant en Du Preez en Beyplas aan die ander kant gevind. Verder beweer
ABSA dat AT Grain die graan aan Greater Grain verkoop
en gelewer het
wat dit weer op hul beurt aan ABSA se korporatiewe- en aksepbank
verkoop en gelewer het en wat betaling ten aansien
daarvan aan
Greater Grain gemaak het. ABSA het dus die eienaar van die
silosertifikate, asook van die graan, geword.
[9] Dit is Du Preez en Beyplas se saak dat die betrokke
silosertifikate deur ABSA gehou moes word totdat betaling ontvang is.
Beide
se bewering in hierdie verband is die volgende:

Dit
was egter nie vir my aanvaarbaar (om die sertifikate te onderteken)
nie aangesien ek eers met my bank te Lichtenburg die aangeleentheid
wou bespreek. Vir hierdie doel het ek na ABSA Lichtenburg gegaan en
in gesprek met Steenkamp getree. Sy het my meegedeel dat ABSA
inderdaad betrokke is by voormelde aangeleentheid. Sy het verder
bevestig dat die silosertifikate by die Lichtenburg tak ingelewer
word en deur ABSA in veilige bewaring gehou sal word totdat betaling
ontvang is, daarna individueel na die onderskeie boere se rekening
oorgeplaas word, waaropvolgend die sertifikate aan AT Grain gelewer
sal word.’
[10] In antwoord hierop verklaar Knipe, ‘n Bestuurder van die
appellant (en bevestig deur Steenkamp), die volgende:

Sy
het geen herinnering van enige persoonlike gesprek met die applikant
nie. In die algemeen gesproke ontken sy egter nie dat sy onder
die
indruk was dat die betrokke boere (en dus ook die applikant) moes
toestemming gee vir die vrylating van die silosertifikate nie.
Sy
bevestig egter ook dat sy nie die silosertifikate uit haar besit sal
laat gaan sonder goedkeuring van Korporatiewe Bank nie.’
[11] Dit behoef geen betoog dat bogemelde bewerings van Steenkamp ‘n
halfhartige ontkenning is en nie werklik ‘n feitedispuut
daarstel nie, indien in isolasie beoordeel word.
[12] Indien die eedsverklaring van Knipe, ABSA se Bestuurder Globale
Handels- en Kommoditeitsfinansiering in ag geneem word, blyk
dit dat
dit ABSA se praktyk is om nie betrokke te raak by die ooreenkoms
tussen die produsent en die graanhandelaar nie. Die verhouding
tussen
graanhandelaar en produsent is iets wat nie deur ABSA gemonitor word
nie. ABSA bemoei hom ook nie met die wyse waarop die
graanhandelaar
die silosertifikaat bekom nie en ook nie met die metode of tydstip
van betaling waarop die graanhandelaar en produsent
besluit nie. Dit
blyk verder dat Steenkamp inelkgeval ontken dat die geld ‘individueel
na die onderskeie boere se rekening
oorgeplaas’ sou word
aangesien talle van die boere al hier ter sprake nie rekeninge by
ABSA gehad het nie.
[13] Wat Du Preez se gesprek met Gert Nel van ABSA betref, is dit
duidelik dat dit ‘n oppervlakkige gesprek was op ‘n
stadium toe Nel nie volledig kennis gedra het van al die feite
onderliggend tot die bewaring van die sertifikate nie. In die geheel
gesien, word Du Preez en Beyplas se bewerings dus wel in geskil
geplaas.
REGSPOSISIE
[14] Al sou daar in die guns van Du Preez en Beyplas
aanvaar word dat daar nie ‘n werklike feitedispuut op die
stukke is nie,
moet die Hof, alvorens dit ‘n finale bevel sou
verleen, steeds tevrede wees dat die bewerings in hul funderende
eedsverklarings
inherent geloofwaardig is. In
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984
(3) SA 623
(A) verklaar Corbett AR op 634I-635B die volgende:

The
power of the Court to give such final relief on the papers before it
is, however, not confined to such a situation. In certain
instances
the denial by respondent of a fact alleged by the applicant may not
be such as to raise a real, genuine or
bona
fide
dispute
of fact. . .If in such a case the respondent has not availed himself
of his right to apply for the deponents concerned to
be called for
cross-examination under Rule 6(5)(g) of the Uniform Rules of Court. .
.and the Court is satisfied as to the
inherent
credibility
of
the applicant’s factual averment, it may proceed on the basis
of the correctness thereof and include this fact among those
upon
which it determines whether the applicant is entitled to the final
relief which he seeks.’
(My beklemtoning).
[15] Daar is ook sekere onwaarskynlikhede in Du Preez se weergawe wat
‘n skadu werp op sy geloofwaardigheid, indien bloot op
die
stukke beoordeel word. Hy beweer in sy funderende eedsverklaring dat
die silosertifikate as ‘sekuriteit’ by ABSA
ingehandig
is. Op die stukke is dit duidelik dat hier nie sprake kan wees van
sodanige sekuriteit nie en blyk dit ook nie ten opsigte
waarvan dit
as sekuriteit sou dien nie. In repliek poog hy om dit op te klaar
deur die volgende te vermeld:

Die woord
sekerheid
sou dalk ‘n beter
woordkeuse gewees het omdat die gegewe omstandighede. . .’
Dit volg dus dat daar nie bevind kan word dat
viva voce
getuienis nie die oorwig van waarskynlikhede, soos blyk uit die
stukke, sal versteur nie.
3
[16] Beide Du Preez en Beyplas se ooreenkoms met AT Grain is die
standaard ooreenkoms wat gesluit word tussen AT Grain en hulle
produsente.
Gemelde ooreenkoms stipuleer optrede van die produsente
wat moeilik versoenbaar is met die ooreenkoms wat hulle na bewering
met ABSA
gehad het, byvoorbeeld die produsent moet die
silosertifikate aan AT Grain lewer sodra hulle in besit daarvan gekom
het. Die belangrikste
bepaling is die feit dat eiendomsreg nie
voorbehou word in die AT Grain ooreenkoms totdat betaling van die
graan geskied het nie.
Du Preez en Beyplas se bewerings word verder
weerspreek deur sekere van die bedinge vervat in die ‘silosertifikaat
mandaat’.
4
Wessels se weergawe is dat sy deur Steenkamp versoek was om
sogenaamde kwitansies te teken as bewys van die silosertifikate wat
ontvang
is en dat sy in elkgeval nie magtiging gehad het om dit
namens die betrokke kliënte te teken nie. Wat Wessels betref,
onstaan
die vraag wat haar rol in die hele debakel was en namens wie
sy opgetree het. Aanduidings is dat òf sy òf Steenkamp
vir Du Preez en Beyplas bedrieg het. Dit is egter aspekte wat deur
middel van
viva voce
getuienis opgeklaar kan word.
[17] In die geval van Beyplas is daar ‘n verontrustende aspek
wat die geloofwaardigheid van deponent Beyers in gedrang bring.
In
antwoord op sy eedsverklaring het ABSA daarop gewys dat Beyers besig
was om in die
ipsissima verba
van Du Preez getuienis te gee
aangesien dit opmerklik was dat beide deponente se bewerings in
dieselfde woorde weergegee is. Daar
is ook gewys op verskillende
botsende aspekte in hierdie eedsverklaring. In sy repliserende
eedsverklaring beweer Beyers dat hy nie
die funderende eedsverklaring
‘in besonderhede gelees’ het nie. Hy was ook nou
genoodsaak om te erken dat Theart, ‘n
ander lid van Beyplas,
die getekende silosertifikate aan Steenkamp oorhandig het maar beweer
hy dat hy daarna ‘geskakel’
en ‘telefonies’
Theart se reëling met haar bevestig het. Hierdie optrede van
Beyers in die Beyplas-aangeleentheid
is van sodanige aard, dat sy
inherente geloofwaardigheid op die stukke onbevredigend is.
5
[18] Dit volg dus uit die voorgaande dat, in die lig van die feite
dispute tussen die partye tesame met die vraagteken wat hang oor
die
inherente geloofwaardigheid van die betrokke deponente, die Hof
a
quo
fouteer het om die aangeleentheid op die stukke te besleg.
Weens die omvang van die feite dispute is dit ook ‘n gepaste
geval
om te voldoen aan die versoek van die advokaat namens die
appellant, naamlik om die aansoek vir verhoor te verwys.
6
AANSOEK OM OORPLASING IN GEVOLGE ART 9 VAN DIE HOOGGEREGSHOF WET,
1959
[19] Appellant het in die Hof
a quo
onsuksesvol aansoek gedoen
dat die huidige aansoeke ooregeplaas word na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof,
met die gedagte om dit te
konsolideer met 57 ander soortgelyke sake. Dit is die appellant se
saak dat die geskilpunte in al hierdie
sake wesenlik dieselfde is en
dat dus gerieflik gelyktydig aangehoor en afgehandel kan word.
[20] ‘n Hof kan in gepaste gevalle ‘n oorplasing van
verrigtinge van een afdeling na ‘n ander beveel.
7
Alvorens dit sal geskied moet die applikant die Hof oortuig dat daar
‘n oorwig van gerief ten gunste van die oorplasing is.
8
Die gerief van die partye, die gerief van die Hof en die algemene
afhandeling van die geding sal in ag geneem word.
9
[21] Die advokate namens Du Preez en Beyplas onderskeidelik, het die
aansoek geopponeer en aangevoer dat sodanige oorplasing, en
moontlike
gepaardgaande konsolidasie van sake, ongerieflik sal wees vir Du
Preez en Beyplas, aangesien die feitedispute in verskeie
opsigte
verskil. In hul geval is dit baie eng wat binne ongeveer tien dae
besleg sal kan word, teenoor etlike maande wat dit in die
TPA sou
duur, indien die huidige aansoek toegestaan sou word.
[22] Dit blyk dat ‘n verhoordatum in die TPA-saak toegeken is
vanaf Julie 2007 tot Desember 2007 om ononderbroke te loop.
Dit
is egter twyfelagtig om binne die bestek van een maand die voorgenome
aansoek om konsolidasie af te handel èn behoorlik
vir die
verhoor voor te berei. Dit beteken dat gemelde verhoor uitgestel kan
word, ten einde Du Preez en Beyplas te akkommodeer,
met enorme
koste-implikasies. ‘n Verdere faktor wat in ag geneem moet word
is die feit dat Du Preez en Beyplas se regsspanne
vir etlike maande
betrek gaan word in ‘n verhoor waarin hulle ‘n baie
beperkte belang het.
[23] Dit volg dus dat die oorwig van gerief nie die oorplasing van
die huidige sake begunstig nie. By gevolg kan die aansoek dus
nie
slaag nie.
AANSOEK INGEVOLGE ART 22 VAN DIE HOOGGEREGSHOFWET 1959
[24] Na uitspraak van die Hof
a quo
was daar sekere
verwikkelinge wat ABSA voor hierdie Hof wou plaas ingevolge gemelde
aansoek, ten einde hulle regte te beskerm. Om
die redes hierinlater
vermeld, behoort gemelde aansoek toegestaan te word.
[25] Dit blyk dat tydens die aanhoor van ABSA se aansoek om verlof om
te appelleer daar twee verdere aansoeke ter sprake was. Du
Preez het
ingevolge Hofreël 49 (11) verlof gevra vir onmiddellike
eksekusie indien verlof om te appelleer aan ABSA toegestaan
sou word,
terwyl ABSA gevra het vir ‘n interdik ingevolge waarvan Du
Preez verbied sou word om met die silosertifikate te handel
tot na
afloop van ‘n verdere aansoek om verlof om te appelleer na
hierdie Hof, indien die Hof
a quo
die aansoek om verlof van
die hand sou wys.
[26] Dieselfde het ook geskied in die Beyplas geleentheid. Alhoewel
die Hof
a quo
ABSA se aansoek om verlof om te appelleer van
die hand gewys het, het dit op daardie stadium geensins gehandel met
laasgenoemde aansoeke
nie. Nieteenstaande Du Preez en Beyplas se
kennis van die hangende aansoek om ‘n interdik, en ABSA se
aanduiding dat dit hierdie
Hof vir verlof sou nader, het beide op
dieselfde dag as wat die aansoek om verlof van die hand gewys was,
naamlik 6 Oktober 2005,
eksekusie gehef deur die
silosertifikate te bekom, dit te verkoop en die opbrengs toegeëien.
Die resultaat is dat beide Du Preez
en Beyplas nie in staat is om die
silosertifikate terug te gee indien die huidige appèl
suksesvol sou wees nie.
[27] Bogemelde optrede is onaanvaarbaar en behoort nie toegelaat te
word nie aangesien die partye vir hulself ‘n onbillike
prosedurele voordeel skep wat grens aan regsverydeling. In hierdie
verband verklaar Cloete R die volgende in
Fedsure
Life Assurance v Worldwide African Investment Holdings
2003 (3) SA 268
(W) op 276B-C:

As
a matter of principle, and save perhaps in exceptional cases (of
which the present is not one, in my view), a successful litigant
who
knows that an appeal is pending should not be permitted to present an
appeal Court with a
fait
accompli
brought
about by its own voluntary conduct subsequent to the judgment
appealed against and which relates to the subject matter of
the
appeal, and seek to have the appeal determined on the basis of such
conduct ─ particularly where such conduct is
inimical
to the interests of the
appellant.’
[28] ‘n Hof het die inherente bevoegdheid om ‘n misbruik
van die hofproses te voorkom deur die belange van die benadeelde
litigant te beskerm.
10
In die omstandighede is ABSA dus geregtig dat sekuriteit gestel word
vir die verkoopprys van die betrokke silosertifikate. Mnr Wepener,
namens ABSA, het aan die hand gedoen dat Du Preez en Beyplas gelas
word om alle tersaaklike dokumente ten opsigte van die verkoop
van
die silosertifikate te verifieer en binne vyf dae aan die Griffier te
lewer. Hy het verder versoek dat sekuriteit
de restituendo
tot
bevrediging van die Griffier vir die waarde van die silosertifikate
in geskil, verskaf word. Alhoewel dit gepas is, na my mening,
dat Du
Preez en Beyplas gelas word om sekuriteit te stel, soos versoek, het
ek ‘n probleem om die Griffier te belas met die
vasstelling van
die omvang daarvan. Die enigste bevoegdheid van die Griffier in
hierdie verband, is die bepaling van die bedrag ten
opsigte van die
sekuriteit vir koste, soos in die vooruitsig gestel deur Hofreël
47 (2) en (6). Indien Du Preez en Beyplas sou
poog om para 3(b) van
die bevel te ontduik, of versuim om daaraan te voldoen, sal ABSA
geregtig wees om die Hof te nader vir die
nodige regsverligting, met
‘n gepaste kostebevel. Die verkoopprys van graan op SAFEX op
6 Oktober 2005, synde datum
van eksekusie, is openbare
kennis, en behoort dit nie moeilik vir ABSA te wees om dit vas te
stel nie. Indien Du Preez en Beyplas
‘n ander prys elders
verkry het, staan dit hulle vry om hierdie inligting aan ABSA te
openbaar.
[29] Wat koste betref, is namens ABSA betoog dat ‘n
bestraffende kostebevel verleen moet word ten opsigte van hierdie
aansoek.
Alhoewel hier sprake is van laakbare optrede aan Du Preez en
Beyplas se kant, is dit, na my mening, nie van so ‘n ernstige
aard om hulle met ‘n bestraffende kostebevel te penaliseer nie.
Alhoewel hulle fouteer het, het hulle klaarblyklik die betrokke
silosertifikate te gelde gemaak omdat hulle geglo het dat dit hulle
s’n was.
[30] In die lig van die slotsom waartoe geraak is, is dit onnodig om
te handel met die ander argumente geopper deur ABSA se advokaat.
[31] Bygevolg word die volgende bevele verleen ten opsigte van beide
saak nr 343/06 en saak nr 344/06:
1. Die appèl slaag met koste, welke koste sal insluit dié
verbonde aan twee advokate.
2. Die bevel van die Hof
a quo
en die bevel
nisi
, met
gepaardgaande kostebevele, word ter syde gestel en vervang met die
volgende:

(a) Die aansoek word na
verhoor verwys.
(b) Die koste van die aansoek sal koste in die geding
wees.
(c) Die kennisgewing van mosie sal as enkelvoudige
dagvaarding en die antwoordende eedsverklaring as ‘n
kennisgewing van voorneme
om te verdedig staan.
(d) Die applikant word gelas om ‘n deklarasie te
liasseer binne 30 dae vanaf datum van hierdie bevel.
(e) Die teenaansoek ingevolge art 9 (1) van die Wet op
Hooggeregshof, 1959 (Wet 59 van 1959) word afgewys met koste.’
3. (a) Die aansoek ingevolge art 22 van die Wet op Hooggeregshof,
1959 (Wet 59 van 1959) slaag met koste.
(b) Die deklarasie in 2(d) hierbo mag nie afgelewer word alvorens die
eerste respondent sekuriteit
de restituendo
vir die
verkoopprys van die sertifikate in geskil, verskaf het nie.
(c) Indien die eerste respondent versuim om aan bevele 2(d) en 3(b)
hierbo te voldoen, word verlof aan ABSA verleen om die saak op
die
rol te plaas en vonnis te neem vir die verkoopprys van gemelde
silosertifikate.
___________________
S P B HANCKE Wn AR
STEM SAAM
:
SCOTT AR
HEHER AR
1
Vir
doeleindes van hierdie uitspraak is dit onnodig om volledig met die
betekenis en regsgevolge van ‘n silosertifikaat te
handel.
Sien die artikel van S F du Toit
The legal nature of silo
receipts used in the future’s market and bills of lading
Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg (TSAR 2007.1) p 56 en verder.
2

Transferring
the silo receipt will effect the transfer of the right to delivery
embodied in the silo receipt, and may lead to the
delivery of the
grain in the silo, and thus potentially also to the passing of
ownership of the grain if all requirements for the
passing of
ownership are met. Acquisition of the silo receipt is necessary for
the new holder to become owner of the document and
to be able to
enforce the rights embodied in it.’ (TSAR 2007.1 op. cit. p
64.)
3
Administrator
Transvaal v Theletsane
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(A) te 197B;
Trust
Bank van Afrika Bpk v Western Bank Bpk
1978 (4) SA 281
(A) te
294C-E.
4
In
Klousule 1.2 daarvan word magtiging aan ABSA
verleen om die sertifikaat namens die kliënt te verhandel en
oor te dra terwyl
‘n latere bepaling die bank se
aanspreeklikheid uitsluit vir enige verlies of skade hoegenaamd wat
dit mag ly met ‘n
verdere bepaling dat alle handelinge op die
produsent se eie risiko geskied. Insiggewend is die feit dat in
beide sake betaling
uitgestel was; in die Du Preez-saak sou betaling
op 30 Maart 2005 en in die Beyplas-saak op 5 Maart 2005 geskied het.
5
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
,
supra, p 635.
6
Conradie
v Kleingeld
1950 (2) SA 594
(O) te
597;
Oblowitz v Oblowitz
1953 (4) SA 426
(K) te 434F-H.
7
Artikel
9(1) van die Wet op Hooggeregshof 59 van 1959 lui soos volg:

Indien ‘n siviele geding of
verrigtinge of ‘n saak in ‘n provinsiale of plaaslike
afdeling aanhangig gemaak is,
en dit vir die betrokke Hof blyk dat
dit met groter gerief of gepastheid in ‘n ander afdeling
verhoor of beslis kan word,
kan daardie Hof, op aansoek van ‘n
party daarby en nadat al die ander partye daarby aangehoor is, gelas
dat die geding, verrigtinge
of saak na daardie ander afdeling
oorgeplaas word.’
8
Kelly
v Malherbe
1939 (2) PH F123;
Swallow
v Swallow
1947 (2) PH F91.
9
Smith
v Wilson and Another
1949 (3) SA 537
(N);
Mulder and another
v Beacon Island Share Block Ltd
1999 (2) SA 274
(K) te 277B-C.
10
Western
Assurance Company v Caldwell’s Trustee
1918
AD 262
veral te 271;
Ecker v Dean
1937
AD 254
veral te 259.