Van der Merwe and Others v Nel (63770/2011) [2015] ZAGPPHC 336 (30 April 2015)

50 Reportability

Brief Summary

Delict — Misrepresentation — Damages for loss arising from negligent misrepresentation — Plaintiffs claimed damages for misrepresentation by defendant regarding the sale of shares in Coal of Africa (Pty) Ltd — Defendant failed to disclose negotiations for a higher sale price, leading plaintiffs to sell their shares at a significantly lower price — Court held that plaintiffs proved misrepresentation and were entitled to damages calculated on the basis of the higher sale price received by the defendant.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2015
>>
[2015] ZAGPPHC 336
|

|

Van der Merwe and Others v Nel (63770/2011) [2015] ZAGPPHC 336 (30 April 2015)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA
SAAKNOMMER:
63770/2011
DATE: 30 APRIL 2015
REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO
OTHER JUDGES
In die saak tussen:
DANIËL VAN
DER MERWE
(JNR)
..........................................................................................
Eerste
Eiser
DANIËL VAN
DER MERWE N.O.
…......................................................................................
Tweede
Eiser
GLOBAL DISTRESSED
ALPHA FUND III LIMITED
PARTNERSHIP
............................................................................................................................
Derde
Eiser
v
JANNIE ABRAHAM
NEL
..........................................................................................................
Verweerder
AANGEHOOR: 17
MAART - 4 APRIL 2014
GELEWER: 30 APRIL
2015
UITSPRAAK
A.A.LOUW R
Inleiding
[1] Die eisers het
‘n eis ingestel teen die verweerder vir skadevergoeding
gebaseer op opsetlike alternatiewelik nalatige
wanvoorsteliings wat
die verweerder teenoor die eisers gemaak het om hulle te beweeg om ‘n
ooreenkoms met die verweerder
aan te gaan vir die verkoop van die
eisers se aandele aan die verweerder teen ‘n prys minder as die
werklike waarde.
[2]
Die eerste eiser is ‘n advokaat en het vir etlike jare
gepraktiseer as ‘n lid van die Pretoria balie. Die die tweede

eiser, sy ma, was aanvanklik Marietta van der Merwe wat tydens die
loop van die litigasie oorlede is. Die vader van die eerste
eiser het
toe as eksekuteur van haar boedel
nomime
officio
in
haar plek getree. Hy is ook 'n advokaat. Op 25 Februarie 2014 het die
verweerder op ‘n dringende basis ‘n bevel gekry
dat die
derde eiser gevoeg word.
[3] Die verhoor het
drie weke geduur. Daar was toe geen geleentheid vir betoog binne die
geallokeerde tydperk vir die verhoor nie
en daar is ooreengekom dat
skriftelike betoog aan my voorgelê word, met die
verstandhouding dat indien ek mondelinge betoog
wil aanhoor ek die
partye so moes laat weet. Gevolglik is sodanige betoog afgelewer. Die
eiser se repliek tot die verweerder se
hoofde van betoog is afgelewer
op 13 Junie 2014. Ek het dit nie nodig geag om mondelinge betoog aan
te hoor nie.
Die geskilpunte
[4] Ek neem die
vrymoedigheid om die eisers se saak soos opgesom in die eiser se
skriftelike betoog weer te gee:

3.1
Eisers het elk 10% van die aandeeihouding in ‘n maatskappy,
Coal of Africa (Pty) Ltd (“Coal of Africa’), gehad

gedurende 2006. Verweerder het self en deur middel van sy trust en
familielede die balans van die aandeeihouding besit en/of beheer,

uitgesiuit die 26% aandeeihouding wat aan ‘n BEE groep behoort
het
3.2. Eisers het
gedurende 2006 vir Verweerder gemagtig om onderhandelinge namens
hulle aan te gaan vir die verkoop van die aandeeihouding
in Coal of
Africa, insluitende Eisers se aandeeihouding.
3.3 Eisers het
nie deelgeneem aan hierdie onderhandelinge nie en is die
onderhandelinge deur Verweerder hanteer.
3.4.
Eisers was, ingevolge die ooreenkoms, geregtig op die proporsionele
gedeelte van die koopprys van die aandeeihouding, sou Verweerder
in
staat
wees
om die
aandeeihouding in Coal of Africa te verkoop.
3.5. Op 12 en 13
Oktober onderskeidelik het Eisers onderskeidelik ooreenkomste
aangegaan met Verweerder persoonlik ingevolge waarvan
Verweerder die
aandeelhouding by Eisers gekoop het vir ‘n bedrag van R22,5
miljoen elk. Dit is gedoen op die verondersteiling
dat Imbani die
totaie aandeelhouding in Coal of Africa gekoop het vir ‘n prys
van R225 miljoen.
3.6
Verweerder het nie aan hulle openbaar dat hy op daardie stadium besig
was om te onderhandel vir ‘n koopprys wat substansieel
bale
hoër
was
as
wat aan hulle
voorgehou is. Eiser sou geregtig
wees
op ‘n veel
hoër bedrag as R22,5 miljoen elk vir hul aandeelhouding indien
dit op ‘n proporsionele basis bereken
sou word.
3.7 Bogemelde
wanvoorstelling(s) deur Verweerder aan Eisers is aktief gedoen
alternatiewelik het Verweerder die regsplig gehad om
die detail van
sy onderhandelinge insluitende die koopprys waarvoor onderhandel word
aan Eisers te openbaar Sy versuim om dit te
doen was wederregteiik.
3.8 Die bogemelde
ooreenkomste het verval vanweë die feit dat die verondersteiling
waarop dit berus het naamlik dat Imbani
Coal (Edms) Bpk die
aandeelhouding sou koop nie in vervulling gegaan het nie.
3.9 Verweerder
het nooit aan Eisers openbaar dat die ooreenkoms met imbani nie
gefinaliseer is nie en was huiie onder die indruk
dat Imbani wet die
aandele in Coal of Africa gekoop het vir ‘n totale prys van
R225 miljoen.
3.10 Op 6
Desember 2006 het Verweerder 70% van die aandeelhouding in Coal of
Africa, welke aandele Eisers se 10% elk ingesluit het
aan ‘n
Australiaanse maatskappy GVM Metals Ltd verkoop vir ‘n bedrag
van £30 miljoen.
3.11 Verweerder
het nie die betrokke ooreenkoms aan Eisers openbaar nie en het
voortgegaan om Eisers te betaal ingevolge die ooreenkomste
gedateer
12 en 13 Oktober naamlik ‘n bedrag van R22,5 miljoen elk minus
sekere ienings wat aan Eisers verskaf is by vroeëre
geleenthede.
3.12
Eisers eis derhalwe as skadevergoeding die verskil tussen die bedrae
aan hulle betaal en die proporsionele gedeelte bereken
op die prys
van £30 miljoen wat objektief vir die aandeelhouding ontvang is
deur Verweerder.

[5] In die
verweerders se betoog word die vrae wat ek moet beslis soos volg
weergegee:

a.
Het die eisers die beweerde voorsteliings op n oorwig van
waarskynlikhede bewys?
b. Het die eisers
op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys dat hulle deur die
voorsteliings beweeg is om die betrokke ooreenkomste
te sluit?
c. Het die eisers
hulle skade bewys?
d.
Indien die antwoorde op bogenoemde drie vrae bevestigend is
,
het die verweerder
sy spesiale verweer van verjaring op ‘n oorwig van
waarskynlikhede bewys?"
[6] Myns insiens is
daar geen rede hoekom ek die laaste vraag nie eerste kan beslis nie
en ek gaan gevolglik oor om dit te doen.
[7] Die verweerder
se spesiale pleit is dat die beweerde skuld voortspruit uit die
verkoop van sy 70% aandeeihouding in Coal of
Africa aan GVM in terme
van die ooreenkoms wat by die pieit aangeheg is as aanhangsel “X”.
Dit word dan verder gepleit
dat GVM genoteer was op die
Johannesburgse Effektebeurs en dat daar op 29 Oktober 2007
!
n
publieke aankondiging was wat kennis gegee het van hierdie
transaksie. Sodanige kennisgewing is aangeheg as aanhangsel “Y”

tot die pleit.
[8] Daaruit vloei
die bewering dat die eisers reeds teen daardie datum bewus was van
die transaksie alternatiewelik dat hulle met
die uitoefening van
redelike sorg sodanige sorg kennis kon bekom het.
[9] Die pleit in
hierdie terme het min aandag tydens die verhoor gekry. Die aspek van
verjaring is tydens die verhoor meer op twee
ander feitestelle
geskoei welke, indien bevind word dat dit op ‘n oorwig van
waarskynlikhede bewys is, ook die pleit van
verjaring sal laat slaag.
Hierdie aspekte is volledig geventileer in die getuienis en daar was
geen beswaar daarteen nie. Natuurlik
dra die verweerder die bewyslas
ten opsigte van die spesiale pleit.
[10]
In replikasie het die eisers gepleit dat die verweerder hulle
opsetlik verhinder het om van die bestaan van die skuld te wete
te
kom
alternatiewelik
dat
huile nie kennis gedra het van die feite waaruit die skuld ontstaan
nie en dit nie deur die beoefening van redelike sorg kon
bekom het
nie.
Die Verjaringswet
[11]
Soos welbekend bepaal artikel 11(d) van die Verjaringswet
1
dat
‘n skuld soos die onderhawige na drie jaarverjaar.
[12] Die bepalings
aangaande wanneer verjaring beloop kom in artikel 12 voor. Ek haal
die relevante subparagrawe daarvan aan:

12.
Wanneer verjaring begin loop -
(1) Behoudens die
bepalings van subartikels (2), (3) en (4), begin verjaring loop sodra
die skuld opeisbaar is.
(2)
Indien die skuldenaar die skuideiser
opsetiik
verhinder
om
van die bestaan van die skuid te wete te kom, begin verjaring nie
loop voordat die skuideiser van die bestaan van die skuld te
wete kom
nie.
(3)
n Skuld word nie geag opeisbaar te wees voordat die skuideiser van
die identiteit van die skuldenaar en van die feite waaruit
die skuld
ontstaan, kennis dra nie: Met dien verstande dat
7?
skuideiser geag
word sodanige kennis te dra indien hy dit
deur
die
beoefening
van redelike sorg kon bekom het
.

(eie beklemtoning)
[13] Die dagvaarding
is beteken op 17 November 2011. Derhalwe as die skuld opeisbaar was,
meer as drie jaar voor 17 November 2011,
het die skuld verjaar.
[14]
Dit is geykte reg dat verjaring nie eers begin loop as die skuideiser
ai die
qetuienis
het
om die vordering te bewys nie maar dat slegs vereis word dat die
skuideiser bewus moet wees dat hy ‘n vordering het op
sekere
feite en natuuriik ook dat hy bewus moet wees van die identiteit van
die skuldenaar.
[15]
Dit is ook belangrik om in hierdie verband te verwys na Loubser se
standaardwerk oor verjaring en spesifiek sy bespreking van
artikei
12(3) van die Wet
2
.
Ek haal aan:

It
appears that reasonable care for the purposes of s 12(3) is not
measured by the objective standard of the hypothetical reasonable
or
prudent person, but rather by the more subjective standard of a
reasonable person with the creditor’s characteristics.

Hierdie passasie is
natuurlik baie relevant aangesien beide die eerste eiser en Van der
Merwe Snr advokate is.
Die eerste
feitestel: bewysstuk “X3”
[16] Hierdie
bewysstuk, waarvan die oorspronklike aan my opgehandig is, het
ekstensiewe aandag geniet veral in kruisverhoor deur
die verweerder
se advokaat van die twee getuies wat daaroor getuig het naamlik Eloff
en Van Zyl. Beide van hulle is ouditeure.
[17] “X3”
bestaan uit n bundeltjie van 12 bladsye wat insluit die verkoop van
die eerste eiser se 10% aandele aan die
verweerder. Hierdie kontrak
is gedateer 12 Oktober 2006. Die laaste dokument in hierdie bundei is
‘n identiese ooreenkoms
tussen die oorledene Me Van der Merwe
en Nel gedateer 13 Oktober 2006. Beide het hulle aandele aan die
verweerder verkoop vir die
som van R22 500 000.
[18]
Dit is egter nie die kardinale aspek nie. Die fokus was op notas wat
Van der Merwe Snr aangebring het agterop die laaste bladsy
van die
bundel dit wil sê agterop die laaste bladsy van die kontrak van
oorlede Me Van der Merwe. Volgens hierdie notas is
dit duidelik dat
Van der Merwe Snr toe hy hierdie notas gemaak het goed bewus was van
die verkoop van Coal of Africa se aandele
aan GVM. Dit is ‘n
skematiese uiteensetting van die feit dat die eerste eiser se 10% so
wel as oorlede Me Van der Merwe se
10% aan die verweerder oorgedra
word. Onder die verweerder se naam is daar ‘n pyltjie na onder
waar daar staan “GVM
Limited”. Bo verweerder se naam is
daar ‘n blok waarin staan Coal of Africa Limited en weer ‘n
pyl na bo wat
ook lees “GVM Limited”. Aan die regter
bokant van hierdie bladsy staan daar £30 met ‘n letter of
twee daarna
wat nie uitgemaak kan word nie. In kruisverhoor van
eerste eiser het hy geredelik toegegee dat hierdie
[
n
verwysing is na £30 miljoen. Verder af aan die regterkant in
die middel van hierdie nota staan daar “mynlisensies”,

“CPR” en daaronder die syfer “450 miljoen”.
Uiteindelik is die betekenis van hierdie notas ook nie in dispuut
nie
naamlik dat dit ‘n voorwaarde van die kontrak tussen eerste
verweerder en GVM was dat ‘n “mining right”
verkry
moet word
3
.
In die kontrakte tussen verweerder, eerste eiser en Marietta van der
Merwe word hierdie mynreg nader beskryf as synde ten opsigte
van die
plaas Mooiplaats
4
.
Wat die 450 miljoen betref het eerste verweerder getuig dat dit
verwys na die feit dat daar deur ‘n “CPR”, wat

beteken ‘n “compotent persons report” bewys gevind
behoort te word dat daar 450 miljoen ton reserwes van steenkool
is.
[19] Eloff het vanaf
10 Mei 2007 die eerste eiser se persoonlike belastingsake hanteer
asook sekere maatskappye waarby hy belang
gehad het. Hy het die
persoonlike belasting van die eerste eiser hanteer tot 9 Maart 2009
op welke datum dit oorgeplaas is na Mnr
Henk van Zyl.
[20] Van hierdie
eerste konsultasie het hy ‘n nota gemaak wat te vind is op die
tweede bladsy van “X3”. Daaruit
blyk dit ook dat hy
oorlede Me van der Merwe moes registreer vir belasting aangesien sy
nie geregistreer was nie. Sy was ‘n
huisvrou en dit kan nou
reeds vermeld word dat dit nie in dispuut is dat sy ‘n blote
front vir Van der Merwe Snr was om die
aandele in Coal of Africa te
hou nie. Die rede daarvoor is dat Van der Merwe Snr ‘n
ongerehabliteerde insolvent was.
[21] Wat hierdie
nota duidelik stel is dat daar ‘n vergadering was met Danie van
der Merwe op 10 Mei 2007. Sy getuienis was
dat Van der Merwe Snr ook
teenwoordig was. Dit is nie in dispuut dat sy enigste verdere
vergadering met die Van der Merwes op 9
Julie 2008 was nie. Hy is
ekstensief kruisverhoor en dit is aan hom gestel dat die kontrak van
oorlede Me Van der Merwe nooit deur
Van der Merwe Snr aan hom
oorhandig is nie. Hy moes natuurlik staatmaak op sy geheue van sewe
jaar vroeër en het geredelik
toegegee dat hy nie ja of nee kan
sê nie. Ek bevind dat Eloff ‘n geloofwaardige getuie was,
dat hy na die beste van
sy geheue inligting probeer verskaf het en
dat hy redelike toegewings gemaak het waar hy nie seker was nie. As
hierdie kontrak
op die laatste, en dit is die beste scenario vir die
eisers, op 9 Julie 2008 aan hom oorhandig is, het die eis verjaar.
Dit is
omdat dit duidelik blyk uit daardie notas dat die Van der
Merwes kennis gedra het van die feite waaruit die beweerde skuld
ontstaan
het.
[22] Nadat Eloff se
mandaat ten opsigte van eerste eiser se persoonlike belastingsake
beëindig is, is die hele leêr oorgeplaas
na Van Zyl wat ‘n
rekenmeester was in die diens van die verweerder sedert September
2003. Hy het in dieselfde kantoorgebou
as die verweerder gewerk en
dit is gemeensaak dat die eerste eiser vroeg in 2008 ook
[
n
kantoor aidaar opgeneem het. Die eerste eiser en Van Zyl se kantore
was skuins teenoor mekaar.
[23] Hy het getuig
dat die leêr oor die eerste eiser se belasting wat hy van Eloff
ontvang het net so in sy kantoor geliasseer
het. Hy het soos daar nou
verdere korrespondensie, aanslae of kennisgewings was dit bloot bo op
geliasseer dit wil sê die
kronologie van die leer het geloop
van die oudste dokument onder tot die nuutste dokument bo.
[24] Teen die einde
van 2013 het hy horn egter skuldig gemaak, soos hy erken het, aan
ernstige professionele wangedrag deurdat hy
op versoek van die
verweerder hierdie leer tot die beskikking van die verweerder gestel
het. Hy en die verweerder het saam in die
raadsaal gesit, blykbaar
langs mekaar, en die verweerder het die leêr van voor na agter
deur geblaai. Dit was toe hy aan
die einde van die leêr was dat
hy bogemelde bundeltjie dokumente met die inskripsie agterop ontdek
het. Hy het vir Van Zy!
gesê dat dit baie interessant is. Later
het hy ook daarvan afskrif gemaak en die leêr is uiteindelik na
die verweerder
se prokureur Roos.
[25] Myns insiens
het Van Zyl se onprofessioneie gedrag nie sy geloofwaardigheid
aangetas nie. Oor die kernaspek wat relevant is
tot hierdie saak was
hy adamant. Die leer was deurentyd onder sy beheer en nie die eerste
eiser of veral Van der Merwe Snr het
toegang tot die leêr gehad
nie. Terloops, die eerste eiser was so twee of drie dae per week daar
en Van der Merwe Snr minder.
Laasgenoemde het nie ‘n kantoor
daar gehad nie, dit wil sê as hy daar was het hy gewoonlik in
sy seun se kantoor gesit.
[26] Ek aanvaar sy
getuienis dat “X3” nie op sy leêr geplaas is nadat
hy die leer by Eloff oorgeneem het nie.
Hy het trouens geen rede
gehad om dit te doen nie en so ‘n suggestie is totaal
onwaarskynlik. Waarop die ontkenning, in die
stelling aan Eloff wat
ek hierbo na verwys het, ook kan neerkom, is dat Van der Merwe Snr op
die stadium wat die leêr by
Van Zyl was die leer in die hande
gekry het en, vreemd genoeg, agterop die kontrak van sy oorlede vrou
die aantekeninge aangebring
het. Dit is totaal vergesog.
[27] Alhoewel Eloff
toegegee het dat hy nie as
l
n feit kan konstateer dat die
bundeltjie in sy leêr was nie, is dit in alle waarskyniikhede
so en is dit op sy leer geplaas
voor of op 9 Julie 2008 synde die
laaste konsultasie wat hy met die verweerders gehad het. Dit beteken
dat die eis verjaar het.
Tweede feitestel:
korrespondensie met Ferret
[28] Die maatskappy
Ferret was die vereiste BEE komponent in die aandeeihouding van Coal
of Africa. Ferret het ‘n 26% van
die aandele gehou.
[29] Op 22 Februarie
2008 het die verweerder ‘n e-pos van mnr Farrell van GVM
ontvang onder dekking waarvan ‘n e-pos
is wat hy op sy beurt
van Drs Joshua Ngoma en Humphrey Mathe van Ferret ontvang het en vir
die verweerder se aandag aangestuur
het. Dr Joshua Ngoma en Dr
Humphrey Mathe van Ferret het op ‘n stadium die bestuur van die
myn Mooiplaats hanteer. Die hoof
uitvoerende beampte van Ferret was
mnr Rudy Boer.
[30] In die e-pos
van Ngoma en Mathe is die verweerder van onbehoorlike gedrag
beskuldig en in die proses is besonderhede verskaf
van die GVM
ooreenkoms van aanvanklik die verkoop van 70% van die aandele aan GVM
en die latere verkoop van 30%. Hierdie e-pos
verdien aanhaling:

Simon
and Richard
On
the 17 January 2008 (at 14h00) Joshua and i met with Richard to raise
concerns on what we suspected as a dubious and irregular
treatment we
were receiving from Dr Nei and possibly our partner (Dr Rudy Boer) at
Ferret.
As
you probably know,
Ferret is 26% BEE partner of the former Coal of Africa Company of Dr
Nei The irregular treatment relates to the
following:
1. Dr Nei claimed
that the DME was unhappy with Ferret as a BEE partner and would not
be able to issue a new order mining right
for Mooiplaats on that
basis. Joshua and I extensively engaged the DME on this issue and we
received a positive response from all
officials we engaged.
2.
Later on, Dr Nel informed us that the application for the mining
right was rejected/refused. He indicated that he was going totake
the
DME to court
.
3. We later got
to hear that he succeeded to get the court ruling in Coal of Africa’s
favour.
4.
We later
saw
in the press that
Coal of Africa
was
sold to GVM.
5. We engaged Dr
Nel who informed us that he only sold 70% of the business and has
kept 4% of his shareholding and the 26% of Ferret
because GVM require
the BEE partners to remain in GVM.
6. Late last year
Joashua met with Nchaka Moloi and Nonkqubela Mazwai in London who
confirmed the acquisition of 70% of Coal of
Africa by GVM”
[31] Uit bogemelde
is dit duidelik dat GVM die koper van al Coal of Africa se aandele
was en dat die verweerder die verkoper daarvan
was. Aangesien die
verweerder in daardie stadium in Mauritius op vakansie was het hy
onverwyld opdrag gegee dat Drs Ngoma en Mathe
se e-pos aan die eerste
eiser gestuur moes word sodat hy die inhoud daarvan by die besturende
direkteur van Ferret, Dr Rudy Boer
kon aflewer. Die eerste eiser het
dit wel gedoen in die proses ook die e-pos gelees. Op hierdie stadium
moes alie rooi ligte geflikker
het vir die eerste eiser aangesien
Imbani nie betrokke was by die transaksie nie maar we! GVM. Hy sê
hy het dit met die verweerder
bespreek en die verweerder het hom
gerus gestel dat dit nie die gevai is nie en dat hy (die eerste
eiser), weet wat werkiik gebeur
het. Hy het dit ook met Roos bespreek
en Roos het vir hom gesê “dit is ‘n klomp nonsens”.
[32] Roos stel toe
egter ‘n antwoordende brief op gerig aan Mathe en Ngoma en
gedateer 27 Februarie 2008. In hierdie brief
word enige insinuasie
van onbehoorlikheid ontken maar in para 4.i, 4.k en 7 word duidelik
gepraat van GVM se betrokkenheid. Nêrens
word
£
n
woord oor Imbani gerep nie. Die brief van Roos ontken ook nie die
verkoop van die aandele soos in die e-pos onder beantwoording
beweer
nie. Die eerste eiser erken we! onder kruisverhoor dat hy die “draft”
van Roos ontvang het maar dat hy nie seker
is of hy die finale
weergawe ontvang het nie. Hy gee egter toe dat konsepskrywe dieselfde
inhoud gehad het.
[33] As die eerste
eiser bloot sy oë gesluit het vir die feite wat toe reeds op die
tafel was en nie verder navraag gedoen
het nie, kan hy net homself
verwyt. Dit is veral so in die lig van die subjektiewe benadering
soos wat ek reeds hierbo uit die
werk van Loubser aangehaal het. Dit
is wel so dat die eerste eiser getuig het dat beide die verweerder en
Roos hom die heeltyd
ontwyk het toe hy ‘n afskrif van die
kontrak met GVM versoek het. Hy is benewens ‘n advokaat ook ‘n
gesoute entrepeneur
in die mynwese. Hy het vele ander bronne gehad
waar hy kon navraag doen bv. om by Ngoma en Mathe uit te vind waar
hulle aan huile
inligting kom, deur GVM direk te nader en sekerlik
was die inligting ook op die webbiadsy van GVM of elders in die
databassisse
van die Johannesburgse Effektebeurs beskikbaar. As hy te
enige tyd in die tydperk van agt maande na die brief van Roos die
nodige
sorg aan die dag gelê het soos bedoel in artikel 12(3)
van die Verjaringswet en aksie ingestel het, het die eis nie verjaar

nie.
[34] Terloops, en ek
noem dit net in die verbygaan, dit sou totaal absurd van die
verweerder wees om vir die eerste eiser te vra
om die e-pos by Boer
af te lewer as hy enigiets gehad het om weg te steek.
[35] Ek bevind dus
dat ook op hierdie basis die eis verjaar het.
[36] Indien daar nog
enige twyfel oor die kwyt van die bewyslas oor verjaring is, is dit
gepas om nou na die Ga/anfe-beginsel te
verwys.
Galante v
Dickinson
[37]
In hierdie saak
5
is
die volgende gesê:

In
the case of the party himself who is available, as was the defendant
here, it seems to me that the inference is, at least, obvious
and
strong that the party and his legal advisers are satisfied that,
although he was obviously able to give very material evidence
as to
the cause of the accident, he could not benefit and might well,
because of the facts known to himself, damage his case by
giving
evidence and subjecting himself to cross-examination. ”

It
is not advisable to seek to lay down any general rule as to the
effect that may properly be given to the failure of a party to
give
evidence on matters that are unquestionably within his knowledge. But
it seems fair at all events to
say
that
in an accident case where the defendant was himself the driver of the
vehicle the driving of which the plaintiff alleges
was
negligent
and caused the accident, the court is entitled, in the absence of
evidence from the defendant, to select out of two alternative

explanations of the cause of the accident which are more or less
equally open on the evidence, that one which favours the plaintiff
as
opposed to the defendant.”
6
[38] Aan die
“kwalifikasies” na verwys in die eerste aanhaling hierbo
is natuurlik voldoen ten einde ‘n negatiewe
afleiding teen die
eisers te maak oor die feit dat Van der Merwe Snr nie getuig het nie.
Hy was eerstens, op ‘n behoorlike
konstruksie van die feite, ‘n
party tot die saak aangesien hy slegs sy oorlede vrou as ‘n
front gebruik het. In hierdie
aksie is hy natuurlik slegs gesiteer in
sy hoedanigheid as eksekuteur. Tweedens was hy ook beskikbaar en het
meeste van die verhoor
bygewoon.
[39]
In
Marine
&
Trade
Insurance Co. Ltd
v
Van der Schyff
7
het
Corbett WN.- A.R. die toepassing van die Ga/ante-beginsel soos volg
gestel:

Dit
is, m.i., nog wenslik, trouens, nog moontlik om die omstandighede
waaronder die
Galante-
beginsel
toepaslik is met noukeurigheid te probeer omskrywe. Die toepassing
daarvan moet egter afhang van die aard van die geskilie
wat deur die
besondere geval opgewerp word en die bewyskrag van die getuienis wat
deur die eiser aangevoer word. Oor die algemeen
moet daar - soos in
die
Galante-
saak
-
'n
redelike mate van sekerheid wees in verband met die basiese feite van
die botsing, welke sekerheid voldoende is om die Hof in
staat te stel
om verskillende verduidelikings aangaande die oorsaak van die botsing
te bepaal of af te lei. In sodanige gevalle
kan die versuim van die
verweerder om
7
1
teenbewys
aan te bied die deurslag gee, in die sin dat die Hof geregtig is om,
ingevolge die
Galante-
beginsel,
daardie verduideliking te verkies wat ten gunste van die eiser is.
Maar die beginsel kan nie behoorlik toegepas word waar
die saak van
die eiser so vaag en ontoereikend t. o. v. die basiese feite is dat
die enigste feitebepalings of afleidings wat gemaak
kan word as blote
bespiegeling bestempel moet word en, nadat alles inaggeneem is, die
Hof dus nie in staat is om te bevind dat
nalatigheid op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys is nie.

8
[40] Met verwysing
na die laaste sin van bogenoemde aanhaling is dit klaarblyklik dat
die basiese feite oor verjaring wat ek hierbo
uiteengesit het nie as
blote bespiegeling bestempel kan word nie. Trouens is my mening dat
sondertoepassing van hierdie beginsel
die spesiale pleit van
verjaring in ieder geval bo redelike twyfel bewys is. Die toepassing
van die Ga/anfe-beginsel stel dit net
bo alle twyfel dat Van der
Merwe Snr nie wou getuig nie, inaggenome dat hy die kritiese notas
agterop die kontrak gemaak het, aangesien
hy horn nie wou blootstel
aan kruisverhoor nie en dus is die afleiding dat hy nie sou ontken
dat die kritiese notas gemaak is tydens
of die konsultasie in Mei
2007 of op die laatste tydens die konsultasie in Julie 2008.
Aansoek om
wysiging
[41]
Op die laaste dag van die verhoor het die eiser se advokaat ‘n
aansoek om wysiging opgehandig. Die eisoorsaak is beskryf
as die
actio ad
exhibendum.
Daar
is namens verweerder beswaar gemaak en benadeling is geopper.
[42] Die verweerder
het toe sy saak gesluit op die veronderstelling dat ek nie die
wysiging sou toelaat nie. Sou ek dit toelaat
sou dit ‘n
deelsverhoorde saak wees wat seker eers weer oor ‘n jaar verder
gevoer sou kon word.
[43]
Die neiging om eers al die getuienis aan te hoor en daarna ‘n
aansoek om wysiging te bring, veral in ‘n lang saak
soos
hierdie, moet ten sterkste ontmoedig word. In hierdie verband word
die volgende gesê in Erasmus
Superior
Court Practice:

The
Appellate Division has stressed that a litigant who seeks to add new
grounds of relief at the eleventh hour does not claim such
an
amendment as a matter of right but rather seeks an indulgence. The
applicant has to prove that he or she did not delay the application

after he or she became aware of the material upon which he or she
proposes to rely. He or she must explain the reason for the amendment

and show
prima
facie
that
he or she has something deserving of consideration: a triable issue”
9
[44] Ek weet nie of
die eisers met enige mate van erns die wysiging verder wou voer nie
want daar verskyn niks in die verband in
die uitvoerige hoofde van
betoog en repliserende hoofde van betoog van die eisers nie. In ieder
geval, vir sover dit nog relevant
mag wees, weier ek in die
uitoefening van my diskresie sodanige wysiging. Dit sou in ieder
geval nie die eiser se saak verder voer
nie, veral nie wat die
spesiale pleit van verjaring betref nie.
[45] Dit volg dat op
beide van die feitebasisse wat ek hierbo bespreek het die spesiale
pleit van verjaring moet slaag.
Koste
[46] Op 28 Februarie
2014 het die verweerder in ‘n dringende aansoek die derde eiser
gevoeg. Die hoofrede is dat, volgens
inligting wat die verweerder
bekom het, die litigasie befonds word deur die huidige derde eiser.
Die derde eiser sou dan geregtig
wees op ‘n gedeelte van die
opbrengs van die litigasie sou die eerste en tweede eisers suksesvol
wees in hierdie saak.
[47]
Die motivering vir ‘n spesiale kostebevel is dat die eiser
leuenagtig bevind moet word en dat hy ook in interlokutêre

aansoeke verskillende weergawes, wat ook verskil van sy
viva
voce
getuienis,
gegee het. indien leuenagtigheid en weergawes in interlokutêre
aansoeke wat verskil van die getuienis tydens die
verhoor ‘n
basis sou wees vir prokureur en kliënt koste sou ‘n
spesiale kostebevel in ‘n groot presentasie
van litigasie van
pas wees. Ek bevind dat dit nie ‘n basis is om ‘n
spesiale kostebevel te gelas nie.
[48]
Vir die verdere regshulp oor koste naamlik dat die derde eiser ook
gelas moet word om koste te betaal steun die verweerder
op twee
sake
10
.
Hierdie twee sake bied egter nie steun vir hierdie argument van die
verweerder aangesien die feite verskil. In die
Price
Waterhouse
-
saak is daar ook ‘n bede toegestaan wat koste teen die
befondser van daardie litigasie vra. In die geval voor my het daar

geen wysiging van die pleitstukke gekom na die toestaan van die
voeging nie. Derhalwe is daar geen basis in die pleitstukke
uiteengesit
vir sodanige bevel teen die derde verweerder nie en daar
bestaan in iedergeval ook geen bedes in hierdie verband nie. Dit
druis
natuurlik in teen die basiese beginsels van die doel van
pleitstukke en die onderliggende motivering daarvan synde
audi
alteram partern.
Indien
daar ‘n wysinging was sou die derde eiser natuurlik daarop kon
pleit en dit is goeddenkbaar dat daar ook getuienis
aangebied sou
word namens die derde eiser. Die hele voeging by wyse van die
dringende aansoek was dus futiel. Dit alleen verhoed
my om
l
n
kostebevel teen die derde eiser te maak.
[49]
In die
EP Property
Projects -
saak
is daar bevind dat ene Naidoo wat die litigasie befonds het eintlik
die werklike party tot die litigasie was. Sy was nie ‘n
blote
befondser nie maar was in voile beheer van die saak en sou ook
finansiële voordeel daaruit put. Daarbenewens het die
hof bevind
dat sy
male fide
was
in die voer van die litigasie in die sin dat sy geweet het dat die
saak wat sy gevoer het op bedrieglike feite gebaseer is.
[50] Gevolglik sal
slegs die eerste en tweede eisers gelas word om koste te betaal.
Gevolgtrekking
[51] Ek maak dus die
volgende bevel:
1. Die aksie word
van die hand gewys met koste insluitende die koste van twee advokate.
2. Die koste moet
betaal word deur die eerste en tweede eisers gesamentlik en
afsonderlik.
A.A. LOUW
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
1
68
van 1969
2
Loubser
Extinctive
Prescription
(Juta)
1996 te pi05
3
Sien para 14 van hierdie kontrak gedateer 6 Desember 2006.
4
Sien
para 12.1 van hierdie ooreenkomste.
5
1950(2)
SA 460 (AD)
6
Te 465
7
1972(1) SA 26 (A)
8
Te 49 F –
in fine
9
B1 - 183
10
Price
Waterhouse Coopers Inc and Others
v
IMF
(Australia) Ltd and Others
2013(6)
SA 216 (GNP);
EP
Property Projects
v
Registrar
of Deeds
2014
(1) SA 141
(WCC)