S v D (316/06) [2007] ZASCA 42; [2007] SCA 42 (RSA) (29 March 2007)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sexual Offences — Conviction for indecent assault — Appellant, a school principal, found guilty of multiple counts of indecent assault and theft — Evidence presented by complainants and witnesses established a pattern of inappropriate sexual conduct — Appellant's claims of innocence and lack of intent rejected — Sentence of direct imprisonment upheld as appropriate given the seriousness of the offences and absence of rehabilitative insight.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2007
>>
[2007] ZASCA 42
|

|

S v D (316/06) [2007] ZASCA 42; [2007] SCA 42 (RSA) (29 March 2007)

DIE HOOGSTE
HOF VAN APPÉL
VAN
SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
Saaknr:
316/06
In
die saak tussen:
WILLEM
JACOBUS DU PLESSIS
......................
Appellant
en
DIE
STAAT
......................
Respondent
Coram: HEHER, MLAMBO ARR en
SNYDERS Wnd AR
Verhoor:
22 MAART 2007
Gelewer: 29
MAART 2007
Opsomming:
Onsedelike aanranding – vonnis ingevolge art 276(1)(i)
bekragtig.
Neutral
Citation:
Du Plessis v Die Staat
[2007]
42 (RSA)
U
I T S P R A A K
SNYDERS
Wnd AR/
SNYDERS
Wnd AR:
[1]
Die appellant is in die Distrikshof Wonderboom, gehou te
Pretoria-Noord, skuldig bevind aan ‘n klag van bedrog, drie
klagtes
van diefstal en sewe klagtes van onsedelike aanranding. Nadat
hy gevonnis is, het hy, met verlof van die verhoorhof, geappelleer
na
die Pretoriase Hooggeregshof teen sy skuldigbevinding en vonnisse op
al die klagtes behalwe die klag van bedrog. Sy appèl
is van
die hand gewys. Nou is die appellant, met verlof van die Pretoriase
Hooggeregshof, op appèl in hierdie hof teen sy
skuldigbevinding op een van die klagtes van onsedelike aanranding,
klagte 35, en die vonnisse op die klag van bedrog, klagte 5, drie
klagtes van diefstal, klagtes 8, 9 en 10 en drie klagtes van
onsedelike aanranding, klagtes 25, 29 en 36.
[2]
Op elkeen van klagtes 5, 8, 9 en 10 is die appellant gevonnis tot een
jaar gevangenisstraf ingevolge art 276(1)(i)
1
van die Strafproseswet 51 van 1977 wat samelopend
uitgedien moet word. Op elkeen van klagtes 25, 29 en 36 is die
appellant gevonnis
tot twee jaar gevangenisstraf ingevolge art
276(1)(i) van die Wet wat ook gelas is om samelopend uitgedien te
word.
[3]
Klagte 35 spruit voort uit ‘n vlotvaart op die
Hartebeespoortdam deur die personeel van ‘n laerskool waarvan
die klaagster
‘n lid was en die appellant die skoolhoof. Tydens
die plesierige uitstappie het die weer onverwags onguur geraak en
almal het
in ‘n bondel saamgedrom op die vlot teen die reën,
koue en wind. Die drank het vryelik gevloei. Volgens die klaagster
het die appellant tydens die samedromming aan verskeie vrouens
probeer vat en het haar verskeie kere van agteraf vasgedruk. Die
appellant
se gedrag het die klaagster nie aangestaan nie, maar sy was
ongemaklik om teen hom op te tree, daarom het sy ‘n mede
personeellid
en vriendin, Theresa van der Merwe, gevra om haar weg te
roep uit die groep uit wanneer sy sien dat die appellant haar
vasdruk. By
geleentheid wat hy haar so vasgedruk het, het hy aan die
knoop van haar langbroek gevroetel. Sy het omgekyk, hom weggestamp en
gesê,
‘Nee man, los my uit. Los, wat maak jy.’ Van
der Merwe het toe die klaagster weggeroep en toe sy wegtree van die
groep
af, het sy opgemerk dat haar langbroek se knoop los was.
[4] Van der Merwe het bevestig
dat die appellant die klaagster herhaaldelik vasgedruk het, dat sy,
volgens hulle afspraak, die klaagster
weggeroep het en gesien het,
toe die klaagster wegtree van die groep af, dat die knoop van haar
langbroek los was.
[5] Die appellant, tydens sy
getuienis, het ontken dat hy die klaagster se broek se knoop
losgemaak het. Die klaagster is egter nie
gekruisvra oor hierdie
aspek van haar getuienis nie.
[6] Namens die
appellant word in hierdie hof aangevoer dat: (a) die respondent nie
die appellant se opset om onsedelik aan te rand
bo redelike twyfel
bewys het nie; (b) dat daar geen direkte getuienis teen die appellant
is dat hy die klaagster se langbroek se
knoop losgemaak het nie en
dat die feite nie die afleiding regverdig dat hy dit
gedoen
het nie; en (c) dat die landdros hom wanvoorgelig het oor die
appellant se verweer.
[7] Die
bevinding van die
landdros dat die betrokke
twee staatsgetuies geloofwaardige getuies was en die appellant nie,
word nie in hierdie Hof aangeval nie.
Daar is ook niks in die rekord
wat hierdie Hof sou noop om met daardie bevinding in te meng nie.
2
[8] Benewens die feite wat blyk
uit die getuienis van die klaagster en Van der Merwe het die Staat se
saak die appellant ontbloot
as iemand wat voortdurend seksueel
uitlokkend teenoor vrouens opgetree het onder die waan van speletjies
en grappies.
[9] Daar is
geen direkte getuienis dat die appellant die klaagster se broeksknoop
losgemaak het nie. Die knoop was los, die klaagster
en Van der Merwe
het dit vir die eerste keer opgemerk nadat die appellant die
klaagster vasgedruk het en aan die knoop gevroetel
het, volgens sy
gewone uitlokkende gedrag. Hierdie getuienis regverdig die afleiding
3
dat die appellant die klaagster aangerand het met
‘n onsedelike opset en sluit die afleiding uit dat die
broeksknoop toevallig
los gegaan het.
[10] Die
appellant se verweer was ‘n blote ontkenning. Daar was geen
wanvoorligting ten opsigte van die appellant se verweer
deur die
landdros nie. Inteendeel hy het die appellant tereg op hierdie klag
skuldig bevind.
[11] Na ‘n uitgerekte
verhoor het die verhoorhof namens die Staat die getuienis en verslae
van ‘n assesseringsbeampte
van die Departement van Korrektiewe
Dienste, Fourie, ‘n proefbeampte van die Departement van
Maatskaplike Dienste, Van Schalkwyk,
en namens die appellant ‘n
verslag deur ‘n kliniese sielkundige, Dr Uken, ontvang.
[12] Die
appellant was die skoolhoof van ‘n laerskool ten tyde van die
pleging van die misdrywe. Hy was ‘n gesiene en
prominente
leiersfiguur. Ten tyde van sy vonnis was hy 53 jaar oud. Hy is
getroud, het twee kinders, onderskeidelik 22 en 19 jaar
oud. Sy vrou
is ook ‘n onderwyseres. Hy is ‘n kranige sportman.
Gedurende die tydperk van die verhoor, vermoedellik aangevuur
deur
spanning, is die appellant se hele liggaam verlam en is hy
gediagnoseer met Guillain-Barre Sindroom. Sedertdien is hy op ‘n
stadige pad van herstel, hy het reeds die meeste van sy spierfunksies
herwin, hoewel hy nog pyn verduur. As gevolg van sy skuldigbevinding
het hy sy pos verloor, en het sy aansien in die gemeenskap verdwyn.
Hy het sy gesin uitermatige hartseer, verleentheid en finansiële
verknorsing besorg.
[13] Al die
misdrywe waaraan die appellant skuldig bevind is, is gepleeg tydens
die periode 1998 tot 2001. Die appellant is skuldig
bevind aan
bedrog
4
omdat hy valslik en bedrieglik voorgegee het dat
briefhoofde en besigheidskaartjies vir die skool gedruk is, met die
gevolg dat die
skool daarvoor betaal het, terwyl die drukwerk
inderwaarheid vir sy vrou en haar besigheid gedoen is. Die appellant
is aan diefstal
skuldig bevind omdat hy 500 bakstene wat die skool se
eiendom was, gebruik het om vir homself ‘n lapa op sy eie
eiendom te
laat bou,
5
hy het 10 palmbome wat aan die skool geskenk is
rondom sy eie lapa op sy eie eiendom geplant
6
en hy het ‘n radio-kassetspeler van die
skool vir sy seun gegee.
7
[14] Selfs met inagneming van die
feit dat die radio-kassetspeler teruggegee is aan die skool is
hierdie ernstige misdrywe. Dit is
gepleeg uit ‘n
vertrouensposisie, ten opsigte van eiendom wat onder die appellant se
direkte beheer was en aangewend moes word
tot voordeel van die
skoolgemeenskap.
[15] Die
klagtes van onsedelike aanranding is gedurende dieselfde periode
gepleeg en telkens in omstandighede waar die personeel op
spanbou-,
leierskaps- of sportnaweke moes gaan sonder hulle lewensmaats. Die
appellant het so ver gegaan om, terwyl al die ander
personeel op ‘n
wildrit was, by een van die klaagsters wat wou rus, op haar bed te
gaan lê, sy hand tussen haar bo-bene
in te druk, haar te omarm
en vas te druk en bo-op haar te probeer klim
8
Toe dieselfde klaagster by ‘n ander
geleentheid op die strand op haar maag in die son gelê het, het
hy ‘n handdoek
oor haar gegooi, sy hand onder haar ingedruk,
aan haar bors gevat en woorde gebruik wat aan haar gekommunikeer het
dat hy seksueel
met haar wou verkeer.
9
Hy het ‘n ander klaagster wat beskonke en
naar was, se styfpassende bo-stuk opgetrek en aan haar bors gevat.
10
[16] Die
appellant was in ‘n gesagsposisie teenoor die klaagsters.
Daardie posisie het hy uitgebyt om sy eie afwykende behoeftes
te
bevredig, tot hulle voortslepende nadeel en psigiese skade. Wanneer
hulle reaksie teenoor hom nie na sy wense was nie, het hy
hulle in
die werksplek geviktimiseer. Hy het hulle soveel trauma besorg dat
hulle terapie moes ondergaan.
[17] Die verdere verswarende
faktore, relevant tot al die misdrywe, is nie net veelvuldig nie,
maar ook aangrypend. Die aansien van
die betrokke laerskool en die
atmosfeer waarin leerders hulle bevind het, is belemmer as gevolg van
die appellant se misdadige gedrag.
In plaas daarvan dat hy dissipline
tussen sy personeel gehandhaaf het en ‘n gesonde omgewing
geskep het tot voordeel van die
jong leerders van sy skool, het hy
juis onmin, onvrede en ongelukkigheid gesaai en aangevuur. Aan die
een kant het hy homself as
‘n rolmodel voorgedoen en aan die
ander kant het hy verwerplik opgetree.
[18] Die
appellant was uiters manipulerend. Nie alleen is dit die kern van die
staatsgetuies se getuienis nie, maar beide Fourie en
Van Schalkwyk
het die appellant tydens hul onderhoude met hom manipulerend ervaar.
Hy het selfs die persoonlikheidstoets wat afgeneem
is deur Uken
probeer manipuleer.
[19] Sy arrogansie dwarsdeur die
verhoor was verbysterend. Hy het deurgaans andere probeer swart
smeer. Hy het homself as die slagoffer
van ‘n wrede komplot
voorgehou en die klaers, klaagsters en staatsgetuies as gewetenslose
konkelaars.
[20] Selfs
tydens vonnisverrigtinge het die appellant nog geen insig getoon in
sy misdadige gedrag nie en gevolglik was sy prognose
op rehabilitasie
en gedragsaanpassing uiters swak. Die drie deskundiges was eenstemmig
hieroor, maar volgens Uken was die appellant
weens die sielkundige
krisis waarin hy hom bevind het as gevolg van sy misdade en
gevolglike verhoor, nie in staat om insig of berou
te toon nie. Die
argument namens die appellant is dat die landdros hom inderwaarheid
wanvoorgelig het deur hierdie getuienis van
Uken te verwerp.
[21] Indien ‘n
wanvoorligting voorgekom het, staan dit hierdie Hof vry om van nuuts
af op die beskikbare getuienis ‘n
gepaste vonnis te oorweeg.
11
[22] Die
landdros het nie hierdie getuienis verwerp nie,
inteendeel, hy het dit in sy uitspraak aangehaal, maar het dit nie as
‘n versagtende
faktor beskou nie. Uken se uiteensetting van die
rede vir die appellant se gebrek aan berou bevestig dat die appellant
se psige,
op die stadium van vonnis, sodanig was dat hy nie insig in
sy eie gedrag kon toon nie. In die afwesigheid van ‘n
realistiese
moontlikheid van rehabilitasie behoort straf, afskrikking
en vergelding as oogmerke van vonnis swaarder te weeg. Die landdros
het
dus heeltemal tereg die getuienis van Uken in aanmerking geneem
as ‘n verswarende faktor. Daar was dus geen wanvoorligting
nie.
[23] Gevolglik
is hierdie Hof slegs by magte om met die vonnis in te meng indien dit
skokkend onvanpas is.
12
Namens die appellant is geargumenteer dat dit
inderdaad skokkend onvanpas is dat die appellant hoegenaamd tot
direkte gevangenisstraf
gevonnis is. Die appellant stel korrektiewe
toesig ingevolge art 276(1)(h) van die Wet as die enigste gepaste
vonnis voor.
[24] Die erns
van die misdade, die verswarende faktore en die oogmerke van die
oplegging van vonnis verg dat ‘n vonnis van direkte
gevangenisstraf opgelê word. Die opmerkings van Cameron AR in
S
v Scheepers
13
is toepaslik in die huidige geval:

The
particular advantage of s 276(1)(i) should always be in the
foreground when the sentencer considers that a custodial sentence
is
essential, but the nature of the offence suggests that an extended
period of incarceration is inappropriate. In such cases, s
276(1)(i)
achieves the object of a sentence unavoidably entailing imprisonment,
but mitigates it substantially by creating the prospect
of early
release on appropriate conditions under a correctional supervision
programme.’
[25] Die verhoorhof het in die
uitoefening van ‘n diskresie behoorlike en gebalanseerde
oorweging geskenk aan al die relevante
feite en ‘n uiters
geskikte vonnis opgelê.
[26] Dit was gemeensaak tydens
vonnisverrigitnge dat die appellant sielkundige hulp nodig het.
Volgens Van Schalkwyk is sielkundige
behandeling in die gevangenis
beskikbaar maar kan dit ook deur ‘n privaat sielkundige daar
onderneem word.
[27] Die opgelgde vonnis spreek
die spesifieke behoefte aan van toesig oor die appellant se
behandeling en die geleentheid om die
tydperk van direkte
gevangenisstraf, na gelang van sy vordering, aan te pas.
[28] Op sterkte van die geykte
reg is daar geen ruimte vir hierdie hof om in te meng met enige van
die vonnisse nie.
[29] Die appèl ten opsigte
van skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
____________________________
S
SNYDERS
WAARNEMENDE
APPèLREGTER
STEM
SAAM:
HEHER
AR
MLAMBO
AR
1
Artikel
276(1)(i) stel ‘n
vonnis van direkte gevangenisstraf daar, aangesien ‘n persoon
wat ingevolge daardie artikel gevonnis
word, mag, volgens die
diskresie van die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, onder
korrektiewe toesig geplaas word. Artikel 73(7)
van die Wet op
Korrektiewe Dienste 111 van 1998 bepaal ‘n verpligte periode
van gevangesetting van minstens een sesde van
die vonnis ingevolge a
276(1)(i) voordat plasing onder korrektiewe toesig mag geskied,
tensy die hof anders gelas het.
2
Sien
R v
Dhlumayo
1948
(2) SA 677
(A) vir die welbekende beperkings op ‘n hof se
bevoegheid om op appèl in te meng met
geloofwaardigheidsbevindings
van die verhoorhof.
3
In
S
v Sesetse
1981
(3) SA 353
(A) te 369H-370A word die geykte beginsels vir die maak
van afleidings uit omstandigheidsgetuienis soos vervat in
R
v Blom
1939
AD 188
herhaal:’In reasoning by inference there are two
cardinal rules of logic which cannot be ignored: (1) The inference
sought
to be drawn must be consistent with all the proved facts. If
it is not, the inference cannot be drawn. (2) The proved facts
should
be such that they exclude every reasonable inference from
them save the one sought to be drawn. If they do not exclude other
reasonable
inferences, then there must be a doubt whether the
inference sought to be drawn is correct.’
4
Klagte
5.
5
Klagte
8.
6
Klagte
9.
7
Klagte
10.
8
Klagte
25.
9
Klagte
29.
10
Klagte
36.
11
S
v Zinn
1969
(2) SA 537
(A) te 540G.
12
S
v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) te 734D-F;
Director of
Public Prosecutions, KwaZulu-Natal v P
2006
(1) SASV 243 (HHA) te 254c-f.
13
2006
(1) SASV 72 (HHA) para 10.