Ratte and Others v Minister van Polisie (1282/2013) [2015] ZAGPPHC 151 (26 February 2015)

43 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Tort — Unlawful search and seizure — Claim for damages arising from alleged unlawful search, arrest, and detention — Plaintiffs alleging unlawful actions by police during search of premises and subsequent arrest without a warrant — Defendant asserting legality of actions under the Criminal Procedure Act — Court finding that police acted without a warrant and failed to establish lawful justification for the search and arrest — Plaintiffs entitled to damages for unlawful detention and violation of rights.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2015
>>
[2015] ZAGPPHC 151
|

|

Ratte and Others v Minister van Polisie (1282/2013) [2015] ZAGPPHC 151 (26 February 2015)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
/ES
(
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
SAAK NO:
1282/2013
DATUM: 26
FEBRUARY 2015
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST
TO OTHER JUDGES
IN DIE SAAK
TUSSEN
WILHELM FRIEDRICH
RATTE
................................................................................................
1STE
EISER
PETRUS HERMANUS
VISSER
...................................................................................................
2DE
EISER
WESLEY
BORNMAN
..................................................................................................................
3DE
EISER
CORNÊ DE
BEER
.........................................................................................................................
4DE
EISER
CHRISTOPHER RIAAN
MEYER
................................................................................................
5DE
EISER
EN
MINISTER VAN
POLISIE
....................................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO, R
[1] Die vyf eisers
prosedeer onder dieselfde saaknommer en elkeen het 'n eis teen die
verweerder ingestel vir skadevergoeding op
grond van beweerde
onwettige deursoeking, arrestasie, aanhouding en vervolging.
[2]
Al die eise, insluitende die
quantum
daarvan,
is in geskil.
[3]
Voor my, het mnr Prinsloo SC vir die eisers verskyn en
mnr
Coetzee,
bygestaan deur me Botma, vir die verweerder.
'n Paar notas oor
die pleitstukke
[4] Die bedrae wat
gevorder word is die volgende:
(i) Die eerste eiser
vorder R960 000,00 algemene skadevergoeding vir onregmatige
inhegtenisneming en aanhouding, R100 000,00 algemene
skadevergoeding
vir kwaadwillige vervolging en R49 181,04 as spesiale skadevergoeding
voortspruitend uit die beweerde kwaadwillige
vervolging en die
skadevergoeding bestaan uit beweerde redelike en billike regskoste.
Die totale eis van die eerste eiser beloop
R1 109 181,04.
(ii) Die tweede,
derde, vierde en vyfde eisers vorder elk dieselfde bedrag naamlik R10
000,00 skadevergoeding vir onregmatige deursoeking,
R450 000,00 vir
onregmatige inhegtenisneming en aanhouding, R100 000,00 vir
kwaadwillige vervolging en ook R49 181,04 vir spesiale

skadevergoeding, in die vorm van regskoste, voortspruitend uit die
beweerde kwaadwillige vervolging.
Elk van die vier
eisers se eis beloop R609 181,04.
[5] In paragraaf 7
van die besonderhede van eis word beweer dat lede van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens op Donderdag 30 September
2010 vanaf
ongeveer 13:30, sonder 'n lasbrief daartoe, onregmatig die kamers
waarin die tweede, derde, vierde en vyfde eisers in
die koshuis van
Balmoral Sentrum, Balmoral gewoon het, deursoek het. Balmoral is
geleë in die omgewing van dorpe soos Bronkhorstspruit
en
Witbank.
In die pleit word
dit ontken dat die polisiebeamptes onwettig opgetree het maar die
datum en plek van die voorval en die deursoeking
sonder 'n lasbrief
word erken. Dit word beweer dat die polisiebeamptes die toestemming
van die eerste eiser ("Ratte")
gehad het om die eiendom te
deursoek en dat Ratte hom aan hulle voorgestel het as die eienaar van
die eiendom.
In die altematief
word gepleit dat die polisie wettiglik opgetree het in terme van die
voorskrifte van onder andere artikels 22,
23, 24 en 25 van die
Strafproseswet, 51 van 1977 en dat die betrokke polisielede
redelikerwys geglo het dat 'n lasbrief tot deursoeking
toegestaan sou
word indien daarvoor aansoek gedoen is maar dat die vertraging
veroorsaak deur die poging om die lasbrief te bekom,
die doel van die
polisie optrede sou verydel.
[6] Paragraaf 8 van
die besonderhede van eis lees soos volg:
"Op dieselfde
dag as bo gemeld, en te die bogemelde koshuis, het lede van die
Suid-Aftikaanse Polisiediens om ongeveer 14:00
die Eerste, Tweede,
Derde, Vierde en Vyfde Eisers onregmatig en sonder 'n lasbrief tot
inhegtenisneming, in hegtenis geneem."
Hierdie bewerings
word erken, behalwe dat die polisie ontken dat die lede onwettig
opgetree het en in die pleit word dit beweer
dat die
polisie-amptenare wettiglik opgetree het binne die kader van artikel
40 van die Strafproseswet en dat hulle redelikerwys
geglo het dat die
eisers betrokke was en/of op die punt gestaan het om betrokke te raak
in die pleging van 'n misdaad wat beskryf
word in Skedule 1 van die
Strafproseswet. Die betrokke subartikel van artikel 40 waarop die
polisie steun, word nie in die pleit
genoem nie. Daar word gepleit
dat die arrestasie en die daaropvolgende aanhouding wettig was in
terme van die wetlike voorskrifite.
[7] In paragraaf 9
van die eis word beweer dat die eisers, "na hul voormelde
inhegtenisneming" in onregmatige aanhouding
in polisievoertuie
na 'n nabygeleë museum, en daarvandaan na die Witbank
polisiestasie vervoer is waar hulle onregmatig aangehou
is tot
Maandag 4 Oktober 2010 en daardie oggend na die Witbank landdroshof
vervoer is waar hulle verder onregmatig in die polisieselle
aangehou
is.
In die pleit word
hierdie bewerings ontken. Daar word gepleit dat die aanhouding van
die eisers en hulle daaropvolgende verskyning
in die hof wettig was
in terme van die toepaslike voorskrifite en meer in besonder in terme
van artikel 50 van die Strafproseswet.
[8] In paragraaf 10
van die eis word gepleit dat al die eisers op 4 Oktober 2010 om
ongeveer 10:00 in die landdroshof te Witbank
verskyn het
"en die lid of
lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in beheer van die
polisie-ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens
ten opsigte
van die eisers het onregmatig versuim om voldoende stappe te neem om
die aanklaer wat in die hofverrigtinge waarin
die eisers verskyn het,
opgetree het in te lig van feite wat die aanhouding van die eisers
ongeregverdig maak en sodoende te verhoed
dat die eisers ná
hierdie verskyning in die landdroshof verder aangehou word, ten spyte
daarvan dat hy, altematiewelik hulle,
'n regsplig gehad het om
sodanige stappe te neem, as gevolg van welke versuim al die eisers
verder onregmatig aangehou is totdat
die tweede, derde, vierde en
vyfde eisers op Vrydag 15 Oktober 2010 en die eerste eiser op Maandag
1 November 2010 uit die onregmatige
aanhouding vrygelaat is deur die
hof."
In die pleit word
hierdie bewerings ontken. Die verweerder pleit dan verder soos volg:
"The Defendant
did not institute the legal proceedings against Plaintiffs. They
acted in accordance to their authority and
arrested the Plaintiffs
and brought them to Court. Thereafter it was the Prosecuting
authority that decided to charge the Plaintiffs
and the Court within
its discretion decided to remand the matter and to hold the
Plaintiffs in custody pending the finalisation
of the matter.
The
police officials acted
bona
fide
and
disclosed all relevant information to the members of the prosecuting
authority."
In 'n replikasie,
reageer die eisers soos volg op hierdie deel van die pleit, wat
paragraaf 6.2 van die pleit is:
"1.1 Die eisers
erken dat die Hof sy diskresie uitgeoefen het toe die Hof die
hofverrigtinge uitgestel het vanaf 4 Oktober
2010 op verskillende
geleenthede, en gelas het dat die eisers verder aangehou word totdat
hulle op die onderskeie datums gemeld
in paragraaf 10 van hulle
besonderhede van vordering uit aanhouding vrygelaat is deur die Hof.
1.2 Die eisers pleit
dat die Hof sy voormelde diskresie uitgeoefen het op grond van die
onvolledige inligting wat aan die Hof bekend
gemaak is as gevolg van
die versuim van die lid of lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
soos gemeld in paragraaf 10 van die
eisers se besonderhede van
vordering."
In die replikasie
word daar met geen ander bewerings in die pleit gehandel nie behalwe
dat die eisers volstaan met die bewerings
in hulle besonderhede van
vordering en op grond daarvan in geding tree.
[9] In paragrawe 11
tot 14 van die eis word beweer dat die eisers skade gely het, in die
bedrae voormeld, vanweë die onregmatige
deursoeking, arrestasie,
aanhouding en vervolging. Daar word beweer dat die bevelvoerder van
die aantal polisie amptenare (ongeveer
twintig van hulle) wat die
koshuis deursoek en die eisers gearresteer het, ene Mahlangu,
("Mahlangu") "opsetlik,
kwaadwillig en sonder enige
redelike of waarskynlike gronde daarvoor, die strafregtelike
vervolging van die eisers aangestig het
deur te beweer dat die eisers
onwettig in besit was van sekere vuurwapens en ammunisie te die
koshuis van Balmoral Sentrum, Balmoral".
In die pleit word
hierdie bewerings ontken.
[10] In paragraaf 15
van die eis word beweer dat die Nasionale Vervolgingsgesag op 23
September 2011 alle aanklagte teen die eisers
teruggetrek het. In die
pleit word dit erken. In dieselfde paragraaf word beweer dat die
strafregtelike vervolging teen die eisers
"misluk het"
omdat die klagtes, soos genoem, teruggetrek is. Die hele paragraaf
word erken. Dit blyk egter uit die getuienis,
waarna ek aanstons sal
verwys, dat die aanklaers gereed was om die saak end-uit te voer,
maar toe sekere van die beskuldigdes (dit
sluit nie die eisers in nie
want daar is tien van hulle gearresteer) pleite van skuldig aangebied
het ten opsigte van onder andere,
die onwettige besit van vuurwapens
en ammunisie, is die klagtes teen die ander beskuldigdes (die
betrokke eisers in hierdie saak)
teruggetrek, nadat daar ook
onderhandelinge plaasgevind het met die Nasionale Vervolgingsgesag.
[11] In paragraaf 16
van die eis word die totale bedrae aan regsonkoste wat aangegaan is
gepleit en dit word ontken.
[12] Paragrawe 17 en
18 het te doen met sekere items van die beskuldigdes wat na bewering
onwettiglik deur die polisielede verwyder
is en nie teruggegee is
nie. Later is hierdie eise laat vaar. Die verweerder se pleit in
hierdie verband is egter insiggewend,
en, na my mening, van
deurslaggewende belang vir doeleindes van die beregting van hierdie
saak.
Die bewerings word
ontken en dan word gepleit dat al die items waarop beslag gelê
is in die SAP. 13 rekords van die polisie
aangeteken en in die SAP.
13 store bewaar is.
Dan volg paragraaf
10.3 van die pleit wat baie inligting bevat maar wat ek gerieflik
vind om aan te haal vir illustratiewe doeleindes:
"10.3 The items
seized are as follows:
10.3.1 one R4 rifle
serial number M788661A
10.3.2 one magazine
with 11 rounds
10.3.3 one 30-06
hunting rifle with serial number 92499
10.3.4 one .22 rifle
with serial number 338553
10.3.5 one 44
calibre revolver with serial number 552636
10.3.6
12 gauge shotgun with serial number 214702
10.3.7 one 44
calibre revolver with serial number P95096
10.3.8 one pellet
gun with no serial number
10.3.8 - 10.3.13
(dit is 'n aantal windbukse waarvan die reeksnommers in die pleit
genoem word wat op die plaas en in die koshuis
aangehou is maar
waarvoor daar nie lisensies benodig word nie)
10.3.14 one shotgun
rusted with no serial number
10.3.15 one shotgun
12 gauge with no serial number
10.3.16 two R4
magazines
10.3.17 4425 rounds
of ammunition 5.56 x 45 (ek verstaan dat dit die R4 ammunisie is)
10.3.18 44 rounds of
ammunition 30-06
10.3.19 500 rounds
of ammunition .22
10.3.20 1140 rounds
of ammunition .22
10.3.21 586 rounds
of ammunition 5.6 x 45 (R4 ammunisie soos ek dit verstaan)
10.3.22 1132 rounds
of ammunition 12 gauge
10.3.23 two R4
magazines
10.3.24 one Samsung
laptop computer
10.3.25 one Toshiba
laptop computer
10.3.26 one plastic
bag containing dagga
10.3.27 one Defence
Force uniform
10.3.28 electric
copper conductor drum with 600m cable
10.3.29 one Asus
notebook
10.3.30 one Pechu
computer hard drive.
10.4 All these items
were seized as exhibits and evidence in a criminal trial and are
still held for purpose of investigation."
Ek sal na hierdie
items waarop beslag gelê is op 30 September tydens die
arrestasie van die eisers en vyf ander inwoners van
die plaas en wat
in bewaring geneem is by die SAP. 13 store, verwys as "die 10.3
items".
[13] In die pleit
word dit ook erken dat daar 'n behoorlike aanmaning gestuur is en dat
al die polisielede te alle wesenlike tye
binne hulle diensbestek met
die verweerder opgetree het.
Inleiding en kort
oorsig van die onderliggende omstandighede waaronder die gebeure
plaasgevind het
[14] Die feite waama
ek verwys vir doeleindes van hierdie kort oorsig is, in die algemeen
gesproke, nie in geskil nie en gemene
saak tussen die partye. Waar
daar verskille is sal ek poog om dit in die loop van hierdie
uitspraak te identifiseer en te behandel.
[15]
Die Balmoral Sentrum is geleë op die plaas Eenzaamheid in die
Bronkhorstspruit/Witbank area. Die plaas behoort aan 'n
trust met die
naam die
Vallus
Nostra
trust
(dit beteken "ons vallei"). Een van die trustees, mnr
Albertus Cornelius Janse van Rensburg ("Van Rensburg")
het
ook namens die eisers getuig. Op die plaas is 'n sweis-skool of 'n
"gimnasium" geleë waar jong mans opgelei
word om
sweiswerk en aanverwante dissiplines te doen. By afhandeling van die
kursus, wat ongeveer ses maande duur, word 'n sertifikaat
aan 'n
suksesvolle kandidaat uitgereik en die sertifikaat word in die ope
arbeidsmark erken. Die jong mans wat die sweis-skool
bywoon bestaan
uit twee kategorieë. Die een kategorie betaal vir die opleiding
en die ander kategorie, gewoonlik behoeftige
seuns, bly op die plaas,
werk op die plaas en ondergaan ook die opleiding sonder om daarvoor
te betaal. Hierdie rekrute, ook genoem
"kadette" woon in 'n
koshuis gedeelte ("die koshuis") wat 'n entjie van die
gimnasium geleë is. Een van
die blokke van die koshuis is
L-vormig en bestaan uit vier slaapkamers, 'n stoor, 'n waskamer, 'n
badkamer en 'n kombuis asook
'n gang en 'n klein slaap-saal.
Aangrensend aan hierdie L-vormige blok is daar die "bos
kombuis", 'n groter eetsaal en
'n groot slaap-saal wat met 'n
gordyn afgeskort is van die groot eetsaal.
Effens ten ooste van
die tweede blok waama ek verwys het, is 'n paradegrond met 'n
vlagpaal en ten suide daarvan 'n werkswinkel.
Die koshuis is bo-op
'n bult geleë en ten ooste daarvan is daar 'n bos of 'n ruigte
en verder oos was daar te alle wesenlike
tye 'n gastehuis onder
konstruksie. Van die inwoners van die koshuis het gehelp met die
bouwerk. Die idee was dat die gastehuis
'n inkomste sou genereer vir
die bedrywighede van die sentrum.
Verder oos, en
tussen die sweis-skool en die gastehuis, was daar ook 'n museum wat
te doen gehad het met 'n konsentrasiekamp wat
daar geleë was
tydens die Anglo Boere-oorlog ("die museum"). Tussen die
museum en die sweis-skool was daar twee
skeepshouers wat, op die
oorwig van die getuienis, gevul was met boeke. Van die skeepshouers
is oopgebreek deur die polisie in
die loop van hulle ondersoekwerk en
deursoeking van die perseel.
Die museum is
bietjie meer as 500m suid-oos van die koshuis geleë en die
sweis-skool of gimnasium ("die sweis-skool")
ongeveer 500m
oos van die museum. Die twee skeepshouers vorm 'n driehoek met die
sweis-skool en die museum en lê effens noord
van laasgenoemde
twee geboue.
Daar is ook 'n ruwe
parkeer area net oos van die ruigte wat tussen die gastehuis en die
koshuis te vinde is.
Die plaas met sy
strukture lê effens noord van die N4 snelweg en effens suid van
die ou pad (ek vermoed dit is die ou Witbank/Bronkhorstspruit
pad).
Vanaf laasgenoemde pad kan die parkeer area effens ten suide daarvan
bereik word en ook die koshuis.
[16] Tydens die
polisie operasie van 30 September 2010, wat gelei het tot die
arrestasie van die eisers en ook beslaglegging op
die 10.3 items, het
die tweede tot vyfde eisers in die koshuis gewoon en drie van die
vier slaapkamers in die L-vormige blok beset.
Van hulle was kadette
en minstens een van hulle was 'n voormalige kadet wat tydelik
teruggekom het om te help met die bouwerk aan
die gastehuis. Net twee
van hierdie vier eisers, no 4 en no 5, De Beer en Meyer, het in die
verhoor getuig. Die eerste eiser, Ratte,
was ook op die plaas tydens
die polisie klopjag maar het elders, by 'n adres in Pretoria, gewoon.
Volgens Ratte is hy
deur die trust aangestel as bestuurder van die plaas en die sentrum,
maar van die verdedigingsgetuies het gesê
dat Ratte hom aan
hulle as die eienaar van die plaas voorgestel het, toestemming gegee
het tot die deursoeking van die perseel
en hulle ook vergesel het
tydens die deursoeking. Ratte ontken dit.
[17] Volgens die
getuienis was daar vyf ander inwoners van die koshuis tydens die
klopjag ("die ander vyf). Nie een van hulle
het getuig nie.
Hulle was Eugene Bekker ("Bekker") wat in die eerste
slaapkamer gebly het, Justin Schoeman ("Schoeman")
wat in
die klein slaap-saal gebly het, Gunther Kotze ("Kotze") wat
in die stoor gebly het en Marais Bouwer ("Bouwer")
asook
Raymond Senekal ("Senekal") wat albei in die groot
slaap-saal gebly het.
Die ander vyf is ook
saam met die vyf eisers gearresteer en aangekla.
[18] Op die weergawe
van die eisers, kan 'n paar opmerkings gemaak word oor die dag tot
dag aktiwiteite op die plaas en by die sentrum:
Bekker was op 'n
manier in beheer van die koshuis inwoners. Daar is na hom verwys as
"sersant-majoor" en na Ratte is
daar verwys as
"kommandant". Elke oggend was daar 'n parade en vlaghysing
op die paradegrond waama Bekker die inwoners
se dagtake aan hulle
toegewys het. In die algemeen is van die bruin weermag oorpakke
gebruik tydens die dag se werk. Die inwoners
is ook geleer hoe om te
marsjeer en het, by geleenthede, dril sessies van stapel gestuur, bv
wanneer gedenkdae gehou is by die
museum. Volgens die eisers het
hulle nie aan skiet aktiwiteite deelgeneem nie alhoewel 'n aantal
windbukse vir hulle aangeskaf
is vir skyfskiet doeleindes en ook om
duiwe te skiet. Daar was ook die "gruisgat" in die omgewing
waar skietoefeninge
gedoen is, maar oorwegend deur buitestaanders.
[19] Die onbetwiste
getuienis van luitenant Mahlangu ("Mahlangu"), destyds
adjudant offisier, en gestasioneer te Witbank
by die eenheid wat
gesinsgeweld ondersoek, was dat hy op 30 September 2010, vroeër
die dag, inligting van 'n fluitjieblaser
("informant")
ontvang het wat aanleiding gegee het daartoe dat die klopjag
uitgevoer is. Op daardie stadium het hy reeds
vir ongeveer 'n jaar
saam met hierdie informant gewerk en laasgenoemde se inligting was
gewoonlik betroubaar. Die inligting wat
Mahlangu ontvang het kom
daarop neer dat daar militêre opleiding op die plaas gedoen
word met die bedoeling om die regering
omver te werp. Mahlangu is
meegedeel dat daar onwettige vuurwapens en ammunisie op die plaas
aangehou word waar daar ook koshuis
fasiliteite is. Daar was ook
inligting dat dagga op die plaas gebruik word. Versterkings is
ingeroep en Mahlangu het met ongeveer
twintig gewapende polisielede
(mans en vrouens) en ongeveer agt polisievoertuie na die plaas
vertrek. Voor hulle vertrek, het Mahlangu
egter na die aanklaer van
die streekhof in Witbank gegaan om 'n deursoekingslasbrief te bekom.
Hy het die nodige verklaring in
hierdie verband afgelê. Hy was
gevra om te wag en na 'n vertraging van ongeveer 'n uur het hy 'n
verdere oproep van die informant
ontvang wat aangedui het dat
onnodige vertraging daartoe kan lei dat die vermeende oortreders van
die wapens ontslae kan raak.
Die informant het ook gesê dat hy
op 'n vorige geleentheid hierdie inligting aan wit polisie-offisiere
oorgedra het wat blykbaar,
volgens die informant, die plaas inwoners
vooraf gewaarsku het sodat daar van die inligting ontslae geraak is.
Volgens 'n eedsverklaring
van Mahlangu wat deel van die rekord is en
wat hy gemaak het ter opponering van 'n dringende aansoek wat die
eisers dieselfde aand
van hulle arrestasie in hierdie hof geloods het
vir hulle vrylating het hy toe, nadat die informant hom weer gebel
het, na die
adjunk stasiekommissaris gegaan wat nog versterkings
gereël het, insluitende lede van die honde-eenheid. In sy
genoemde eedsverklaring
sê Mahlangu ook dat die informant hom
gewaarsku het dat die persone op die plaas gevaarlik is en dat een
van hulle voorheen
aan terrorisme skuldig bevind is. Dit is gemene
saak dat Ratte verskeie vorige veroordelings het wat ook verband hou
met die onwettige
besit van wapens en dat hy tronkstraf vir 'n sekere
tydperk uitgedien het. Die vorige veroordelings maak deel uit van die
rekord
en die besonderhede is nie in geskil nie.
[20] Dit is gemene
saak dat die polisie toe om ongeveer 13:00 by die plaas opgedaag het,
by die parkeerterrein stilgehou het en
teen die bult uit beweeg het
na die koshuis toe. Die plek is omsingel en van die inwoners is
geboei en andere is aangemaan om hulle
nie te verset nie. Dit is
gemene saak dat 'n groot aantal vuurwapens en aansienlike hoeveelhede
ammunisie op beslag gelê
is. Ek verwys in hierdie verband na
die 10.3 items. Die items waarop beslag gelê is, is in verskeie
verklarings, onder andere
van Mahlangu, beskryf en uiteengesit. Dit
mag wees dat daar oorvleuelings of verskille is tussen die
verskillende lyste. Na my
mening is dit nie relevant vir doeleindes
van hierdie saak nie. Die feit is dat 'n groot aantal wapens en
ammunisie op beslag gelê
is asook dagga, rekenaars en ander
items. Op 'n oorwig van die getuienis was hierdie wapens nie in
kluise toegesluit soos vereis
word deur die tersaaklike wetgewing
nie. Die wapens is binne 'n relatiewe kort tydperk gevind en op
beslag gelê.
[21] Mahlangu se
getuienis is ook onbetwis dat by die polisie se aankoms hulle vir
Bekker deur 'n venster gesien het waar hy hulle
dophou met 'n R4
geweer in sy besit. Hulle het hom gelas om die wapen te laat val wat
hy gedoen het deur dit by die venster uit
te gooi en te verdwyn. Die
polisie het om die gebou beweeg en vir Bekker gearresteer. Dit is
gemene saak dat Bekker later, vanweë
sy onwettige besit van die
R4 geweer en ammunisie, vervolg en skuldig bevind is en tot 'n
effektiewe tydperk van ses maande gevonnis
is. Ek sal later weer
hiema verwys.
[22] Na afhandeling
van die operasie, wat blykbaar net 'n uur of twee geduur het, is die
tien latere beskuldigdes (die vyf eisers
en die ander vyf) op die
paradegrond byeen gebring en aangesê om hand op die skouer in
enkel gelid teen die bult af te loop
na die polisievoertuie. Van daar
is hulle vervoer na die Witbank polisiestasie waar hulle later die
aand in terme van artikel 35
van die Grondwet gewaarsku is en die
besonderhede van die klagte teen hulle in dokumente voorgelê
is.
Daar is 'n dispuut
tussen die partye oor die vraag of die beskuldigdes behoorlik van
hulle regte ingelig is en meegedeel is dat
hulle gearresteer word
voordat hulle die plaas verlaat het. Mahlangu sê dat dit wel
gebeur het maar van die verdedigings
getuies ontken dit.
[23] Dieselfde aand
na hulle aankoms by die polisiestasie in Witbank en terwyl hulle saam
in 'n groot sel aangehou is, is die eisers
toegelaat om met hulle
regsverteenwoordigers te konsulteer met die oog op die dringende
aansoek waama ek verwys het en wat in hierdie
hof geloods is onder
saak 56526/2010. Die regsverteenwoordigers het die saak reeds vir die
volgende dag, 1 Oktober 2010, te rolle
geplaas maar dit het blykbaar
eers op Maandag 4 Oktober voor die hof gedien nadat die respondente
op 2 Oktober opponerende stukke
ingedien het en daarop gerepliseer is
op dieselfde dag. Dit is gemene saak dat hierdie aansoek van die hand
gewys is.
[24] Die eisers en
die ander vyf is toe in die Witbank polisieselle aangehou tot Maandag
4 Oktober toe hulle, in terme van die voorskrifite
van artikel 50 van
die Strafproseswet, voor die landdros verskyn het. By daardie
geleentheid is die saak by ooreenkoms uitgestel
na die volgende
Maandag, 11 Oktober, en na 'n verdere uitstel, ook by ooreenkoms, tot
Vrydag 15 Oktober, is al die beskuldigdes
met die uitsondering van
Bekker en Ratte op hulle eie verantwoordelikheid vrygelaat. Na 4
Oktober is die beskuldigdes ook in die
Paxton gevangenis aangehou
onder omstandighede wat hulle self as relatief gunstig beskryf het.
[25] Soos ek reeds
genoem het, was daar breedvoerige onderhandelinge tussen die
verdediging en die Nasionale Vervolgingsgesag en
uiteindelik het
Bekker, Bouwer en Kotze (almal lede van die ander vyf) skuldig
gepleit aan die onwettige besit van wapens en ammunisie
en, soos ek
genoem het, moes Bekker effektiewelik ses maande gevangenisstraf
uitdien en het Bouwer en Kotze opgeskorte vonnisse
ontvang. Schoeman,
'n ander lid van die ander vyf, was nog 'n jeugdige van 17 jaar oud
en hy is op heterdaad betrap met dagga in
sy besit. Soos ek die
getuienis verstaan het, is hy na die kinderhof verwys waar sy saak
verder hanteer is. Dit lyk asof Senekal,
die enigste oorblywende lid
van die ander vyf, vervolging uiteindelik vrygespring het. Die
pleitverrigtinge en vonnisoplegging
van Bouwer maak deel uit van die
rekord in die vorm van die getikte oorkonde. Dit lyk asof hy ten
opsigte van die onwettige besit
van twee vuurwapens gevonnis is tot
vyf jaar gevangenisstraf wat geheel opgeskort is vir vyf jaar, ten
opsigte van die besit van
ammunisie tot twaalf maande wat vir vyf
jaar opgeskort is en ten opsigte van nog twee klagtes tot ses maande
wat ook vir vyf jaar
opgeskort is. Ek het nie hierdie oorkonde
deeglik bestudeer nie want die besonderhede as sodanig is nie direk
relevant nie.
Op die oorwig van
die getuienis is die klagtes teen die ander beskuldigdes (insluitende
die eisers) toe teruggetrek nadat die ander
drie beskuldigdes die
pleite aangebied het. Die klagtes is in September 2011 teruggetrek.
[26] Die dagvaarding
in hierdie saak is eers ongeveer agtien maande later, in Februarie
2013, uitgereik.
'n Kort oorsig
van die getuienis
[27] Die oorsig van
die getuienis wat volg is beperk tot aspekte wat na my mening direk
relevant is. Die saak het tien dae geduur,
en die rekord van die
dokumentasie beslaan ongeveer 940 bladsye. Ek het ook reeds breedweg
verwys na belangrike aspekte van die
getuienis in die loop van die
inleiding.
(i)
Wilhelm
Friedrich Ratte ("Ratte"')
[28] Ratte het
getuig oor die ontstaan van die sentrum (in ongeveer 2002) en die
aktiwiteite by die sweis-skool, die koshuis en
die museum. Hy het
getuig dat ene mnr Mike Hough ("Mike Hough") die sweis
kursus aangebied het. Sketsplanne van die terrein
asook van die
koshuis wat die getuie geteken het is deel van die rekord. Sy opdrag
van die trustees was om toe te sien dat die
koshuis en die
sweis-skool aan die gang bly. Hy het geweet dat van die "seuns"
soos hy hulle genoem het privaat vuurwapens
besit het. Hy het nooit
'n R4 daar gesien nie.
[29] Hy het êrens
tussen die parkeerterrein en die gastehuis met mnr Bert van Rensburg
("Van Rensburg") gestaan
en gesels toe die polisievoertuie
by die parkeerterrein opdaag en die polisielede teen die bult uit
hardloop na die koshuis toe.
Van Rensburg het besluit om aan te gaan
met sy werk en Ratte het toe besluit om te gaan kyk wat aangaan by
die koshuis. Daar het
hy 'n beroering aangetref en buite die een
slaapkamer het Bekker op die grond gelê met handboeie aan. Dit
is kennelik nadat
hy die R4 deur die venster gegooi het en toe daama
gearresteer is. Twee van die eisers, Meyer en Bomman, het met hulle
hande teen
die muur gestaan. Toe hy die polisie vra wat aangaan het
hulle gesê hy moet stilbly. Hy kan nie alles onthou nie. Ek
voeg
by dat Ratte in die loop van sy getuienis by herhaling gesê
het dat hy nie alles kan onthou nie. Dit moet in ag geneem word
dat
die verhoor ongeveer vier jaar na die voorval plaasgevind het.
Hierdie feit moet in oorweging kom by die evaluering van die

getuienis. Nietemin, was ek onder die indruk dat Ratte se getuienis
buitengewoon vaag was in vele opsigte.
Die verdediging se
getuienis (onder andere is dit vervat in Mahlangu se eedsverklaring)
dat Ratte gesê het dat hy die eienaar
van die perseel is, is
aan hom gestel in sy hoof getuienis. Hy het gesê sover hy
onthou is hy gevra of hy die eienaar is
en het hy gesê nee hy
is nie die eienaar nie. Hy dink die polisie het gesê hy moet
sit, wat hy gedoen het, en hy moenie
weggaan nie. Hy bel toe vir Van
Rensburg wat 'n oud-landdros is en vra hom om 'n draai daar te maak.
Van Rensburg het toe aangestap
gekom en sover hy onthou het Van
Rensburg toe met die polisie gepraat. Daama is hy weer weg. Hy kan
nie alles onthou nie maar op
'n stadium is hy gevra oor 'n rooi
sleepwa op die perseel en hy en Schoeman is gevra om dit uit te pak.
Daama is almal bymekaar
geroep en af geneem na die parkeerterrein.
Hulle moes hand op die skouer in enkel gelid afstap daarheen. Op die
oorwig van die
getuienis was daar niks opsienbarends in die sleepwa
gevind nie. Ratte ontken dat hy toestemming gegee het dat die perseel
deursoek
kon word soos wat die verdediging beweer. Toe hy gevra is of
iemand by hom navraag gedoen het oor waar die jongmense slaap en wie

in watter kamer het hy gesê nie wat hy kan onthou nie. Dit kan
wees dat hy uitgevra is oor die windbukse en dat hy gesê
het
dat hy dit aangekoop het maar hy is onseker. Hy kan nie onthou of hy
gevra is of hy 'n betrokke vuurwapen aan 'n betrokke persoon
kan
koppel nie. Hy dink dat van die wapens behoort het aan die
"volwassenes" Bouwer, Senekal en Kotze. Op pad na Witbank

het hulle by die museum aangedoen. Van die bruin weermag uniforms is
daar uitgestal. Die uniforms word ook by die koshuis gehou
vir
spesiale geleenthede soos 'n seremonie op 11 November, Wapenstilstand
dag. Die arrestasie het tussen 13:30 en 14:00 (ongeveer)
plaasgevind.
Hy kan nie onthou of enigiemand vir hulle gesê het dat hulle in
hegtenis geneem word nie.
Dit is gemene saak
dat al die beskuldigdes later die aand (blykbaar tussen 19:00 en
20:00) 'n skriftelike kennis van hulle regte
in terme van artikel 35
van die Grondwet ontvang het en hulle moes ook bo hulle handtekening
skriftelik sertifiseer dat die regte
verduidelik is en dat hulle dit
verstaan. Op hierdie kennisgewing van regte word ook geboekstaaf dat
die beskuldigdes aangehou
word vir die volgende redes:
" 1. Protection
of constitutional democracy against acts of terrorism.
2. Possession of
arms and ammunition (Witbank CAS 949/09/10)."
Mahlangu het getuig
dat hy van mening was dat die eintlike rede vir die arrestasie te
doen het met die onwettige besit van die wapens
en ammunisie en dat
die klag ten opsigte van "terrorisme" bygevoeg is deur lede
van die Georganiseerde Misdaad eenheid
aan wie Mahlangu die
gevangenes oorhandig het voordat hy vertrek het.
A1 die gevangenes
het ook op 2 Oktober waarskuwingsverklarings geteken waarin hulle
boekstaaf dat hulle hulle swygreg uitoefen en
verkies om met
regsverteenwoordigers van hulle eie keuse te konsulteer. Teen daardie
tyd het hulle alreeds vanaf die aand van 30
September begin met
hierdie konsultasies, hoofsaaklik met die oog op die dringende
aansoek waama ek verwys het.
[30] Later die aand
van 30 September was die tien gevangenes in groepe verdeel en in
aparte selle geplaas. Volgens Ratte was die
sel waarin hy was oorvol,
en moes hulle op die grond slaap op sekere matte. Hy kan nie onthou
of hy op 'n mat gelê het nie.
Daar was komberse maar hy het nie
een gehad nie. Daar was een toilet wat gewerk het en die sel was
vuil.
[31]
Dit is gemene saak dat Ratte tydens die hofVerskynings afstand gedoen
het van sy reg om vir borg aansoek te doen. Hy het, uit
protes, ook
op 'n eetstaking gegaan. Hieroor het hy getuig. Hy is uiteindelik op
1 November op borg van R2 000,00 vrygelaat nadat
sy
regsverteenwoordigers hom oorreed het om op borg vry te gaan. Die
borg aansoek was ook nie bestrede nie. Daar is ook 'n eedsverklaring

vanl November 2010 deur Ratte wat hy aangebied het ter ondersteuning
van die borg aansoek. By hierdie eedsverklaring is 'n uiteensetting

van sy vorige veroordelings. Na hierdie veroordelings verwys Ratte in
die eedsverklaring. Die uiteensetting is blykbaar in Ratte
se
handskrif, en nie in alle opsigte baie duidelik nie. Daar was vier
vorige veroordelings tussen ongeveer 1996 en 1998. Hoofsaaklik
het
dit te doen gehad met oortredings van die Wet op Wapens en Ammunisie
en daar was ook 'n oortreding van die Wet op Betreding
en, volgens
die uiteensetting, is Ratte in 1998 skuldig bevind aan sabotasie en
vyf jaar gevangenisstraf is opgelê. Hy het
agt maande daarvan
uitgedien. Dit is blykbaar nadat 'n appêl van hom gedeeltelik
geslaag het. Die saak is gerapporteer as
S
v
Ratte
1998(1)
SASV 323 (T). Dit is nie nodig om volledig daarop uit te wei nie.
Breedweg kom dit daarop neer dat die skuldigbevindings
bekragtig is
maar dat daar ingemeng is met die vonnisse in die sin dat van die
vonnisse gedeeltelik opgeskort is.
[32] Ratte het
bevestig dat die klagtes teen die res teruggetrek is nadat van die
beskuldigdes skuldig gepleit het vanweë vertoë
wat gerig
is.
[33] In
kruisondervraging is Ratte ook gekonfronteer met die feit dat hy
dikwels sê dat hy iets nie kan onthou nie. Hy het
gesê
dit is logies omdat die voorval vier jaar tevore plaasgevind het en
dat hy sommige goed kan onthou en ander nie.
[34] Hy is uitgevra
oor die chronologiese verloop van die hof verskynings, die borg
aansoeke, ens waama ek reeds verwys het asook
na sy eetstaking.
[35] Hy het sekere
negatiewe opmerkings oor Mike Hough gemaak en daarop gesinspeel dat
laasgenoemde moontlik die polisie meegedeel
het van 'n sekere "vonds"
van wapens en dagga wat op die plaas gemaak is.
Hy is uitgevra oor
die militaristiese aard van die aktiwiteite op die plaas wat insluit
die benamings "kommandant", "sersant
majoor",
"kadette" en die aktiwiteite van marsjeer en skyfskiet.
Dieselfde geld die paradegrond met die vlagpaal,
asook die weermag
uniforms wat gedra word. Dit is aan hom gestel dat 'n buitestaander
onder hierdie omstandighede moontlik die
afleiding kan maak dat daar
militêre bedrywighede aan die gang is. Die getuie het
geantwoord dat in die betrokke geval so
'n gevolgtrekking oordrewe
sou wees.
Dit is aan hom
gestel dat die polisie hom met respek behandel het en dat hy ook
ingestem het tot die deursoeking van die perseel
insluitende die
sleepwa. Hy het die bewerings ontken en gesê dat die polisie
hom grootliks geïgnoreer het. Hy het wel
erken dat hy
vrywilliglik die sleepwa oopgemaak het nadat hy daartoe versoek is.
[36] Op die keper
beskou, en op die getuienis as geheel, kom dit voor asof die polisie
vir Ratte met 'n mate van respek en hoflikheid
behandel het. Hulle
was bereid om met hom te kommunikeer en het hom beskou as die persoon
in beheer. Volgens hulle, die eienaar
en volgens hom, die bestuurder.
In die algemeen was
ek nie besonder beïndruk met Ratte as 'n getuie nie. Hy was baie
vaag in verskeie opsigte soos ek probeer
illustreer het.
(ii)
Comé
de Beer
[37] Hy is die
vierde eiser. Hy was by die koshuis ten tye van die voorval op 30
September 2010. Hy het die klein slaap-saal met
Schoeman gedeel.
[38] Hy het 'n
geraas buite gehoor en toe 'n swartman met 'n wapen buite sien staan.
Hy meen die persoon het privaat klere aangehad.
Hy is ontbied om uit
te kom en gesê hulle moet wag dat hy eers sy skoene aantrek wat
hy gedoen het. Hy is aan die kraag geneem
en beveel om op die grond
te lê met sy hande vorentoe en sy gesig na onder. Hy het
opgebeur om te vra wat aangaan waarop
hy op sy rug getrap is en teen
die nek geskop is en gesê hy hoef nie te weet wat aangaan nie.
Later het hulle gesê
hy kan opstaan en hy het op 'n stoel gaan
sit. Hy dink Bekker, Visser, Bomman, Meyer en Senekal was ook daar.
Hulle is op 'n stadium
aangesê om in 'n ry te staan, aan mekaar
se skouers te vat en af te beweeg na die polisievoertuie. Later het
hy gesê
dat hy een van die slaapkamers (die tweede een) met
Meyer gedeel het. Die verwysing na Schoeman in die klein slaap-saal
beteken
blykbaar net dat hy daar was ten tye van die aankoms van die
polisie.
[39] Hy is nie
voordat hulle af beweeg het deur die polisie gevra waar hy in die
koshuis gebly het nie. Hy is ook nie uitgevra of
hy weet van
vuurwapens nie, of selfs of hy 'n inwoner van die koshuis was nie. Hy
is nie meegedeel dat hy in hegtenis geneem is
nie. Hy het inderdaad
twee sweis sertifikate by die sweis-skool verwerf. Dit is deel van
die rekord. Hy het getuig oor die daaglikse
aktiwiteite waama ek
reeds verwys het. Volgens hom was daar nooit militêre opleiding
nie maar hulle het wel geoefen vir die
seremonies by die museum.
Hulle is geleer hoe om te marsjeer, het bruin uniforms gedra en die
vlag gehys. Hy was nie deel van politieke
gesprekke nie maar kan nie
onthou of so iets plaasgevind het nie. Hy het nie geweet van Bekker
se R4 geweer nie maar wel gesien
dat Kotze kruit rewolwers aan sy sy
dra. Hy het geweet van die windbukse. Na sy opleiding het hy by
Bronkhorstspruit werk gekry
maar is later deur Ratte gevra om terug
te kom om hom te help met die bou van die gastehuis.
[40] Hy het getuig
van die kennisgewing ten opsigte van die konstitusionele regte en die
waarskuwingsverklaring waama ek verwys
het asook verklarings wat
hulle opgestel het in verband met die dringende aansoek. Vandat hulle
by die koshuis aangehou is het
hulle nie kos en water gekry voor die
volgende oggend nie. Hy was nie baie vleiend oor die tipe kos wat
aangebied is nie. Hy het
ook getuig oor die toestand van die selle
wat oorvol was en hierdie getuienis strook min of meer met dié
van Ratte. Hulle
is op 15 Oktober vrygelaat. Vanaf 4 Oktober was
hulle in die Witbank (Paxton) gevangenis wat "'n groot
verbetering" op
die toestand van die polisieselle was. Hy het
ontken dat iemand hulle gereeld in die selle besoek het by die
polisiestasie. Hy
het nie 'n klag gelê oor die swak toestande
nie.
[41] Voordat hulle
teruggery het Witbank toe is hulle nie meegedeel dat hulle onder
arres is nie en hulle regte is nie verduidelik
nie. Hy het wel gedink
dat hulle dalk gearresteer gaan word. Toe hulle afstap na die
polisievoertuie het hy gesien dat vuurwapens
en ammunisie ook af
gedra word. Daar was 'n "klomp" vuurwapens en ammunisie
asook skootrekenaars. Hy is nie gevra om
by te wees toe die polisie
sy persoonlike besittings deursoek het nie.
(iii)
Albertus
Cornelius Janse van Rensburg ("Van Rensburg")
[42]
Hy het in die regte gestudeer en was op 'n stadium 'n
beheer-landdros. Hy is in 1948 gebore. Hy is 'n trustee van die
Vallus Nostra
trust.
Daar is twee ander trustees. Die trust is die eienaar van die plaas.
Ratte is van die begin af betrek. Die getuie het ook
vertel van die
twee bane of kategorieë van studente wat ingeneem word. Die
sentrum het in duie gestort nadat Ratte daar weg
is.
[43] Op 30 September
2010 was hy by die gastehuis toe Ratte te voet daar aankom. Die
getuie sê dat op pad na die gastehuis
het hy, toe hy verby die
sweis-skool ry, 'n klomp polisievoertuie daar gesien en hy vra toe
vir Ratte wat aangaan. Ratte sê
hy weet nie maar dit is
waarskynlik "Mike se nonsens" met 'n verwysing na Mike
Hough.
Hy het toe 'n klomp
polisievoertuie ingery sien kom by die parkeerterrein en gesien hoe
hardloop die polisielede teen die bult op.
Sover hy kon uitmaak was
almal in uniform. Van die polisielede het by die voertuie agtergebly.
Hy het vir 'n adjudant offisier
gevra wat aangaan en is in Engels
meegedeel dat hulle 'n saak ondersoek. Hy ry toe met sy bakkie weg om
van sy werkers te gaan
aflaai en kry 'n oproep op sy selfoon. Ratte
vra dat hy moet terugkom. Bo op die bult het hy Ratte op 'n stoel
gesien sit op 'n
gedeelte van die paradegrond. Daar het ook windbukse
op 'n stoel gelê en handwapens, pistole en rewolwers. Regs van
Ratte
het 'n paar seuns op die grond gelê. Toe hy Ratte vra wat
aangaan toe sê hy die polisie deursoek hom. Hy het vir die

polisie gevra waar die visenterings lasbrief is en hulle sê toe
dat hulle net besig is om aan 'n ondersoek te werk. Toe hy
vra wat se
misdaad die mense gepleeg het is hy meegedeel dat die polisie besig
is met die ondersoek. Hy het 'n taamlike lang gesprek
met die polisie
gehad maar kan nie al die besonderhede onthou nie. Hy het na die
seuns gestap om te vra hoe hulle voel toe sê
'n polisieman vir
hom "don't approach the prisoners". Hier het hy toe vir die
eerste keer gehoor dat hulle gearresteer
is. Dit is belangrike
getuienis wat eintlik die verdediging se weergawe staaf dat daar wel
'n arrestasie plaasgevind het. Dit strook
ook met die bewering in
paragraaf 8 van die dagvaarding (wat in die pleit erken word) dat die
eisers om ongeveer 14:00 by die koshuis
in hegtenis geneem is. Die
beweerde onregmatigheid van die arrestasie word in die pleit betwis.
Dit is moeilik om te sien hoe die
eisers, teen die agtergrond van
hierdie bewering en die getuienis van Van Rensburg, steeds kan betwis
dat hulle by die koshuis
in hegtenis geneem is. Daama het Van
Rensburg na Ratte gestap en gevra of hy iets vir hom kan doen waarop
Ratte gesê het
"nee dankie". Van Rensburg is toe
terug met die afdraende en weg met sy bakkie om werkers op te laai.
Daama is hy huis
toe. Daardie aand het hy op die TV nuus gesien dat
"terroriste gevang" is. Dit het hom verbaas. In
kruisondervraging
het Van Rensburg ook getuig oor die dag tot dag
bedrywighede op die plaas. Ek hoef nie alles te herhaal nie. Hy het
ook 'n paar
onvleiende goed oor Mike Hough gesê. Hy het
uitgevind dat Mike Hough vorige veroordelings het en het toe vir Mike
Hough afgedank.
Hy het gepraat van die "vonds" en sê
Mike Hough het dit gebruik as 'n voorwendsel om die polisie te
ontbied. Volgens
die getuie het dit aanleiding gegee tot die klopjag
van 30 September. Hy het die klopjag ook verbind aan die
teenwoordigheid van
polisievoertuie by die sweis-skool net voor die
klopjag. Dit het gebeur nadat hy vir Mike Hough kennis gegee het. Toe
hy in kruisondervraging
gevra is of daar aan hom gesê is deur
een van die aangehoudenes dat die polisie besig was om hulle te
arresteer het hy geantwoord
"dit kom van Ratte af'. Dit is ook
insiggewend teen die agtergrond van die geskil of die beskuldigdes
reeds by die koshuis
meegedeel is dat hulle gearresteer word. Dit is
ook aan hom gestel dat hy vir die polisie gesê het om nie te
arresteer as
hulle nie seker is dat 'n misdryf gepleeg is nie maar om
wel persone wat verantwoordelik is vir 'n misdryf te arresteer. Teen
hierdie
agtergrond, meen ek, op die oorwig van die getuienis, dat die
onderwerp van die arrestasie wel deeglik te berde gekom het by die

koshuis. Dit strook ook met die bewering in die pleitstukke. Die
getuie is ook weer in kruisondervraging gekonfronteer met die
feit
dat Ratte vir hom gesê het dat die polisie besig was om hulle
te arresteer (wat hy nie betwis het nie) en hy het gesê
dat hy
nie gedink het aan emstige gevolge van so arrestasie nie en gedink
het dat Mike Hough '"n klomp stories" vertel
het.
[44] Van Rensburg
het my beïndruk as 'n geloofwaardige getuie. Ek kan nie sien dat
hy werklik iets gesê het wat die eisers
se saak bevorder nie.
Hy het wel sekere bewerings gemaak, soos ek aangedui het, ter stawing
van die verdediging se weergawe.
(iv)
Christopher
Riaan Meyer ("Meyer")
[45] Hy was tydens
die klopjag by die koshuis. Hy is amper 32 jaar oud. Hy was die
eerste keer in 2007 by die sentrum om die sweis
kursus te doen. Hy
het in die tweede slaapkamer saam met Comé de Beer gebly.
Nadat hy sy sertifikaat gekry het, het hy die
plaas verlaat en elders
gaan werk. Hy is by die werk afgelê en Ratte het hom gevra om
tydelik op die plaas te kom help met
die gastehuis.
[46] Op 30 September
2010 was hy in die kombuis besig om kos te maak en vir Bekker te
help. Buite het hy 'n geraas gehoor en die
polisie oor die
paradegrond gesien hardloop na die rooi sleepwa. Die polisie het
verby hom gehardloop na die kamers. Hy het gesien
hoe hulle die
kamers binnegaan. Dit is die slaapkamers in die L-vormige blok, want
hy het genoem dat Bekker die eerste slaapkamer
bewoon het. 'n
Polisieman het hom nader geroep en toe by die agterdeur uitgestamp.
Daar het hy Bekker op sy maag gesien lê
met sy hande geboei.
Dit was kennelik nadat Bekker die R4 by die venster uitgegooi het.
Die polisie het hulle beveel om met hulle
hande teen die koshuis te
staan. Hy self het nie 'n vuurwapen besit nie. Hy het 'n polisieman
sien aankom met 'n windbuks en 'n
groterige geweer in sy hande. Later
is hulle by die paradegrond byeen gebring en in enkel gelid na die
polisievoertuie vergesel.
Op 'n stadium het Bouwer en Senekal gesê
dat hulle dokumente vir die gewere het. Dit strook nie met die feit
dat Bouwer later
op verskeie klagtes skuldig bevind is soos wat ek
beskryf het nie.
[47] Meyer het
getuig oor die toestande van die selle by die polisiestasie. Hy het
getuig oor die hof verskynings op 4, 11 en 15
Oktober toe hulle
vrygelaat is op hulle eie verantwoordelikheid. Dit was almal behalwe
Ratte en Bekker. Hy het getuig oor die beter
toestande by die Paxton
gevangenis. In kruisondervraging het hy getuig oor die dag tot dag
bedrywighede by die koshuis. Hy het
nie vir Van Rensburg by die
klopjag gesien nie. Hy is ook nie fisies deursoek nie. Hulle is nie
meegedeel dat hulle gearresteer
word nie. Hy is nie deur die polisie
gevra of hy klagtes het oor die toestande waaronder hulle aangehou is
nie. Hy het nie by sy
prokureur gekla nie maar net vir hom gesê
dat dit nie "baie lekker" is nie.
(v)
Vivien
de Klerk
[48] Mnr De Klerk is
die eiesers se prokureur. Hy het eers op of ongeveer 22 Oktober 2010
opdrag gekry. Dit is nadat die eisers
(met die twee uitsonderings)
vrygelaat is. Sy opdrag was om te doen wat nodig is om Ratte uit die
tronk te kry.
[49] Mnr De Klerk
het 'n volledige stuk van ses bladsye opgestel wat die stappe uiteen
sit wat gedoen is om hierdie opdrag uit te
voer. Dit is ontvang as
bewysstuk 9/899D. Hy het die korrektheid daarvan bevestig. Daar was
geen beswaar van die verweerder se
kant dat hierdie skriftelike
getuienis op hierdie manier ingedien word nie.
[50] In die
skriftelike stuk 9/899D, is daar volledige beskrywings van die vertoë
wat gerig is, die pleit ooreenkomste van
drie van die beskuldigdes
(Bouwer, Bekker en Kotze), Ratte se uiteindelike aansoek om borg en
die feit dat die klagtes teen die
res teruggetrek is nadat die pleite
aangebied is. In die stuk word ook melding gemaak van die feit dat
Bekker effektiewelik ses
maande gevangenisstraf uitgedien het en in
sy getuienis het mnr De Klerk bevestig dat Kotze skuldig bevind is
aan die besit van
ammunisie (onwettiglik) en 'n opgeskorte vonnis
opgelê is. Ek het reeds 'n beskrywing gegee van die vonnis wat
Bouwer opgelê
is.
Tussen Julie en
September 2011 is die strafverrigtinge teen Bekker en Bouwer
afgehandel en daama is die res van die klagtes teen
die ander
teruggetrek op 23 September 2011. Dit kom voor asof die staat te alle
tye gereed was om aan te gaan met die verhoor teen
al die betrokkenes
totdat die onderhandelinge en pleit ooreenkomste 'n werklikheid
geword het.
[51] Mnr De Klerk
was 'n indrukwekkende getuie. Na sy getuienis is die eisers se saak
gesluit.
(vi)
Joseph
July Mahlangu ("Mahlangu”)
[52] Hy het in
Engels met behulp van 'n tolk getuig. Hy is nou 'n luitenant in die
polisie en is reeds 23 jaar aan die polisie verbonde.
[53] Hy het getuig
oor die 30ste September 2010 en die inligting wat hy van die
informant ontvang het. Hy het bevestig dat die informant
aangedui het
dat mense op die plaas besig is met militêre aktiwiteite met
die oog daarop om die regering omver te werp. Hy
het bevestig dat hy
aansoek gedoen het vir 'n visenteringslasbrief, en dat hy 'n
verklaring onder eed ingedien het om hierdie aansoek
vir die lasbrief
te ondersteun. Hy het ook gepraat van die feit dat hy en die
informant reeds 'n lang tyd saam werk en dat laasgenoemde
gewoonlik
betroubare advies aanbied. A1 hierdie getuienis het ek reeds opgesom
in die inleiding. Hy het ook gepraat van die opvolg-oproep
van die
informant dat 'n vertraging daartoe kan lei dat die getuienis
verwyder word, en dat die informant gesê het dat dit
al
vantevore gebeur het. Hy het geglo dat hy wel die lasbrief sou kry
nadat die landdros dit oorweeg het. Hy het ook gesê
dat hy
steun op artikel 25 van die Strafproseswet se bepalings. Artikel
25(3) lees soos volg:
"(3) 'n
Polisiebeampte kan sonder 'n lasbrief ingevolge subparagrawe (i),
(ii) en (iii) van subartikel (1) optree, indien hy
op redelike gronde
dink -
(a) dat 'n lasbrief
ingevolge paragraaf (a) of (b) van subartikel (1) aan hom uitgereik
sal word as hy om so 'n lasbrief aansoek
doen; en
(b) dat die
vertraging deur so 'n lasbrief te verkry die doel daarvan sal very
del."
Die subartikels
waama verwys word is van toepassing op hierdie saak.
[54] Ongeveer
twintig polisie het aan die klopjag deelgeneem. Daar was agt of nege
polisievoertuie. Die meeste van die lede was
in uniform en daar was
'n paar in burgerlike drag. Hulle het om ongeveer 13:00 by die toneel
aangekom. Hulle het die bou toneel
by die gastehuis gesien en teen
die bult uit beweeg na die koshuis. Hulle het die persoon met die
vuurwapen by die venster gesien
en hom gelas om dit neer te sit toe
gooi hy dit by die venster uit. Hulle het hom agtervolg, gearresteer
en geboei. Ander het hulle
gelas om te lê.
Hulle het 'n lang
man met 'n groot hoed teëgekom. Hy het uit die gebou gekom. Dit
het geblyk Ratte te wees maar die getuie
het hom nog nie geken nie.
In die hof het hy hom uitgewys. Hy het vir Ratte sy
diensaanstellingsertifikaat gewys en die rede vir
hulle besoek
verduidelik. Ratte het homself met daardie naam voorgestel en gesê
hy is die eienaar van die plaas. Hulle het
toestemming gevra om die
deursoeking te doen en dit is vrylik toegestaan. Hy het vir Ratte
vertel wat die aard is van die inligting
wat hulle ontvang het. Hy
het ook van die ammunisie en die dagga gepraat. Ratte het ook saam
met hulle beweeg terwyl hulle die
deursoeking gedoen het. Dit het vir
hom soos 'n woonplek gelyk en daar was beddens binne. Die inwoners
wat binne gevind is, is
na buite geneem. Baie wapens en ammunisie is
gevind en ook rekenaars, pangas en messe. Lede van die honde-eenheid
het teruggekom
met die dagga wat gevind is. Daar is 'n eedsverklaring
van 'n adjudant-offisier De Jager wat spesifiek vir Schoeman op
heterdaad
met die dagga aangetref het. Die items waarop beslag gelê
is, is na die polisiestasie geneem. Op die toneel is die verdagtes

meegedeel dat hulle onder arres is en hulle regte is verduidelik. Dit
het op die paradegrond plaasgevind.
[55] Hy het ook
getuig oor Van Rensburg wat op die toneel verskyn het en wat met
Ratte gepraat het. Hy het vir Ratte gevra wat aangaan
en Ratte het
gesê dat hulle nou onder arres is.
Die ander persoon
(kennelik Van Rensburg) het ook met ander polisielede gepraat.
Mahlangu bevestig dat Van Rensburg gesê het
hulle moenie net
arresteer asof hulle op 'n visvang ekspedisie is nie. Van Rensburg
het toe vertrek.
[56] Die arrestasie
het reeds op die plaas gebeur.
[57] Die verdagtes
is gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en
dagga. Ek het reeds genoem dat Mahlangu in
kruisondervraging gesê
het dat die "terrorisme" klagtes by die polisiestasie
bygevoeg is deur lede van die Georganiseerde
Misdaad eenheid aan wie
hy die verdagtes oorhandig het. Hulle het dit gedoen op sterkte van
wat in die dossier gestaan het. Uiteindelik
is die klagstate so
geformuleer dat dit slaan op die besit van 'n verbode vuurwapen wat
'n voile outomatiese wapen is. Die tersaaklike
artikels van die Wet
op Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000 en ander wetgewing is in die
aanklag aangehaal. Daar was ook geykte
klagtes ten opsigte van die
onwettige besit van vuurwapens in terme van die voorskrifte van Wet
60 van 2000 en ook klagtes ten
opsigte van die onwettige besit van
ammunisie met verwysing na dieselfde wetgewing en ook artikels van
die Strafproseswet. Verder
was daar klagtes gebaseer op die versuim
om vuurwapens weg te sluit in 'n voorgeskrewe kluis weer eens
gebaseer op die tersaaklike
artikels van Wet 60 van 2000.
Ek het reeds genoem
dat, op die oorwig van die getuienis, die vuurwapens en ammunisie
vrylik op beslag gelê is en dat dit
nie toegesluit was in
kluise nie.
Mahlangu het by
herhaling, ook in kruisondervraging, gesê dat alhoewel daar nie
wapens en ammunisie in besit van al die beskuldigdes
gevind is nie,
was hulle almal op die perseel woonagtig (met die uitsondering van
Ratte wat daar teenwoordig was in 'n beherende
hoedanigheid) en was
die wapens en ammunisie oral op die perseel te vinde. Mahlangu was
van mening dat dit in orde sou wees om
die verdagtes aan te kla op
grond van gemeenskaplike besit van die wapens en met die oog daarop
om die beskuldigdes voor 'n hof
te bring en met die oog daarop om die
saak verder te ondersoek. Teen die agtergrond van die groot aantal
wapens en ammunisie wat
gevind is, en die inligting wat die informant
verskaf het is ek van mening dat die houding van Mahlangu nie
redelikerwys gekritiseer
kan word nie. Mahlangu het ook die vrees
uitgespreek dat indien die inwoners op 'n selektiewe basis
gearresteer sou word, diegene
wat gearresteer is moontlik die blaam
op die ander sou probeer plaas.
[58] Hulle het wel
by die museum aangedoen op pad na die polisiestasie en daar ook
visentering gedoen maar op niks beslag gelê
nie.
[59] Hulle het
tussen 15:00 en 16:00 by die polisiestasie aangedoen. Papierwerk is
gedoen om die verdagtes "in te boek"
en die geskrewe
dokumente wat die artikel 35 grondwetlike regte bevat is ook in orde
gekry. Daama was hy nie verder betrokke met
die verdagtes wat in
aanhouding was nie. Hy het wel gesien toe die prokureurs van die
verdagtes opdaag en met een van hulle gepraat
en laasgenoemde
meegedeel dat die Georganiseerde Misdaad eenheid die saak en die
dossier oorgeneem het en toestemming sou gee aan
die
regsverteenwoordigers om met die verdagtes te konsulteer.
[60] Hy was wel
betrokke by die dringende aansoek in die Hooggeregshof, waama ek
verwys het, en moes tot laat in die nag help werk
aan die
voorbereiding van die opponerende verklaring. Hy was een van die
respondente wat gesiteer is. Hy het verwys na sy opponerende

eedsverklaring wat deel uitmaak van die stukke. Onder
kruisondervraging het hy erken dat daar onakkuraathede was tussen sy
getuienis
en alles wat in die opponerende verklaring staan. Hy het
verduidelik dat hy tot 04:00 op 2 Oktober moes konsulteer om die
dokument
afgehandel te kry. Ek is nie van oordeel dat die verskille
van wesenlike belang is nie.
Wat sy
eedsverklaring betref, het Mahlangu ook verwys na paragraaf 35
daarvan waarin hy, onder daardie dringende omstandighede,
van die
wapens waarop beslag gelê is met hulle reeksnommers uiteengesit
het. Dit strook breedweg met die 10.3 items, behalwe
dat dit baie
minder volledig is. Die besonderhede van die ammunisie verskyn bv nie
in die opponerende eedsverklaring nie. Dieselfde
geld die rekenaars,
die dagga en die 600m kabel-tol. In paragraaf 3 van dieselfde
eedsverklaring maak hy egter melding van die
dagga en 'n groot aantal
ammunisie wat verbind word met 'n verskeidenheid wapens. Hy praat van
5 516 lewendige rondtes ammunsie.
In sy getuienis het hy die
korrektheid hiervan bevestig. Daar is egter 'n ander eedsverklaring
waarin Mahlangu van die bewerings
in die opponerende verklaring
korrigeer, dit sluit die aantal lewendige rondtes in. Daar is ook 'n
ander eedsverklaring in Mahlangu
se handskrif wat hy op 30 September
voltooi het en in die dossier geplaas het. Daarin word ook melding
gemaak van die ammunisie
met tersaaklike besonderhede daaroor en van
die wapens. Verder is daar die SAP. 13 register wat, soos ek dit
verstaan, in Mahlangu
se fyn handskrif voltooi is en waarin meer
besonderhede te vinde is van al die wapens en ammunisie waarop beslag
gelê is.
Die dokument is moeilik leesbaar.
Dit is onteenseglik
duidelik, en nie in geskil nie, dat daar op 'n groot aantal
vuurwapens en ammunisie beslag gelê is. Daar
was ook 'n aantal
windbukse, rekenaars, dagga, messe, pangas en 600m kabel. Die 10.3
items is, sover ek kan uitmaak, 'n getroue
weerspieëling van
waarop beslag gelê is. Dit word ook nie aangeveg in die
replikasie nie.
Mahlangu,
op al die weergawes, was in beheer van die klopjag en die
arresterende offisier wat sy diskresie uitgeoefen het om die

arrestasies te doen onder hierdie besondere omstandighede. Die feit
dat heelwat van die wapens en
ammunsie
later, na volledige ondersoek en voorlegging van dokumentasie,
teruggegee is aan van die beskuldigdes is myns insiens nie relevant

wanneer dit kom by die vraag of die arrestasie wettig was en die
diskresie behoorlik uitgeoefen is nie. Daar moet gekyk word na
die
mededelings van die informant, die omstandighede waaronder die
beslagleggings en arrestasie plaasgevind het, die algemene opset
en
bedrywighede op die plaas en spesifieke insidente soos Bekker se
kaperjolle om eers die R4 deur die venster weg te gooi en dan
te
probeer ontsnap (wat nie in geskil is nie) asook die feit dat Mike
Hough waarskynlik 'n eiertjie te lê gehad het en bygedra
het
tot die besluit om die klopjag uit te voer. Daar is ook die
historiese feit (nie direk relevant tot die besluit om te arresteer

nie) dat van die aangehoudenes later skuldig gepleit het ten opsigte
van die wapens en ammunisie waarop beslag gelê is en

dienooreenkomstig gevonnis is. Ek sal later weer na hierdie onderwerp
verwys.
[61] Mahlangu het
getuig dat hy nie betrokke was by die besluit om die aangehoudenes
aan te kla nie en hy was ook nie betrokke toe
die dossier aan die
aanklaers oorhandig is nie. Hy het ook nooit in 'n hof getuig oor
hierdie saak nie. Hy het nie een van die
aangehoudenes geken voor 30
September 2010 nie. Hy het, volgens hom, geen persoonlike agenda of
onbehoorlike motief gehad om teen
die aangehoudenes op te tree nie.
[62] Mahlangu het
getuig dat daar 'n goeie "werksverhouding" tussen die
polisie en Ratte was tydens die klopjag. Toe die
honde-eenheid opdaag
het van die honde op die plaas aggressief gereageer op die eenheid se
honde en Ratte het die plaas se honde
verwyder en in 'n Kombi
voertuig gaan toesluit. Hierdie getuienis is ook deur ander getuies
geboekstaaf. Ek is bewus daarvan dat
die getuienis nie aan Ratte
gestel is in kruisondervraging nie maar ek meen dit is inherent
onwaarskynlik dat so 'n voorval gefabriseer
sal word. Mahlangu het
ook verwys na die "locked container" wat blykbaar die rooi
sleepwa was, wat Ratte vrywilliglik
oopgemaak het en help uitpak het.
Hulle het uniforms, militêre stewels en ander artikels gevind
maar geen wapentuig nie.
Hy het getuig dat daar nie buitensporige
geweld tydens die klopjag gebruik is nie. Breedweg word hierdie
getuienis, na my mening,
gestaaf deur die getuienis as geheel. Daar
was ook die gesprekke tussen die polisie en Van Rensburg, wat
toegelaat is om te kom
en te gaan soos hy wou.
[63] Mahlangu is
deurtastend en vir ure lank gekruisvra. Hy was ongeveer 22 jaar oud
toe hy 23 jaar gelede by die Polisie aangesluit
het. Hy het graad 12
(standerd 10) op skool geslaag.
[64] Daar was twee
blanke polisielede, Potgieter en De Jager, wat deelgeneem het aan die
klopjag.
[65] Hy het weer
bevestig dat Bekker die R4 deur die venster laat val het. Hy het
bevestig dat Bekker probeer wegkom het maar hy
is buite die gebou
gearresteer en geboei. Adjudant-offisier Tau het hom gearresteer en
geboei. Daar is op die R4 beslag gelê.
Toe Bekker geboei op die
grond lê het Ratte sy verskyning gemaak uit een van die kamers.
Hy het sy aanstellingskaart vir
Ratte gewys, homself voorgestel en
die doel van hulle besoek verduidelik. Hierdie getuienis is nie in
geskil nie. Hy het bevestig
dat Ratte toestemming gegee het tot die
deursoeking. Hy het die stelling betwis dat Ratte sê dat hy nie
beweer het dat hy
die eienaar is nie.
[66] Die lede wat
die visentering hanteer het moes volgens staande orders dit wat hulle
op beslag gelê het in hulle sakboeke
aanteken. Dit was die
ondersoekbeampte se taak om die sakboeke bymekaar te maak maar hy het
dit nooit gedoen nie.
[67] Moontlike
kritiek oor Mahlangu se getuienis is gesetel in die feit dat hy
getuig het dat daar nie aparte slaapkamers in die
koshuis was nie
maar net groot slaap-sale. Hy het verskil van die besonderhede oor
die aparte kamers wat in Ratte se sketsplan
(bewysstuk 9/899A)
geïllustreer word. Hy het wel op 'n stadium gesê dat hy
die een blok deursoek het en van sy kollegas
die ander blok. Die
slaapkamers is in die L-vormige blok en die slaap-sale in die ander
blok. Dit mag wees dat Mahlangu deur hierdie
toedrag van sake verwar
is, veral omdat hy vier jaar na die voorval getuig het, maar ek is
nie bereid om tot so 'n mate te spekuleer
nie. Hierdie oënskynlike
kritiek op sy getuienis neem ek in ag by die beoordeling van sy
waarde as 'n getuie. Hy het volstaan
daarby dat die aangehoudenes
meegedeel is dat hulle gearresteer word en van hulle regte bewus
gemaak is. Hy het toegegee dat hy
nie kon sê presies watter
wapen in watter verdagte se besit gevind is nie. Al die wapens is
gevind waar al die verdagtes
gewoon het (Ratte is die uitsondering).
Dit is ook duidelik uit die getuienis dat weinig, indien enige, van
die wapens fisies aan
die verdagtes se persone gevind is. Dit is
bloot tydens die klopjag op die perseel gevind waar dit nie apart in
kluise toegesluit
was nie. Die uitsondering is Bekker wat op
heterdaad met die R4 in sy besit betrap is. Mahlangu het gemeen dat
die arrestasies
moes plaasvind sodat die saak ondersoek kan word en
voor die hof gebring kan word. Dit is inderdaad wat toe gebeur het.
Op die
toneel is die aangehoudenes gevra vir 'n verduideliking maar
geen verduidelikings is aangebied nie. Een van die aangehoudenes, wie

se naam die getuie vergeet het, het wel gesê dat hy 'n lisensie
vir 'n betrokke rewolwer het en dit is getoon by die voertuig
wat by
die museum geparkeer was.
[68] Mahlangu is
breedvoerig gekruisvra oor die ballistiese verslag, 4/366, waarin
ontledings van sommige van die vuurwapens verskyn
asook die name van
die eienaars en ander inligting. Hierdie verslag is eers in Januarie
2011 opgestel en, myns insiens, irrelevant
vir doeleindes van 'n
beslissing oor die vraag of die arrestasie wettig was.
[69] 'n Ander area
van moontlike kritiek op Mahlangu se getuienis het te doen met die
bewoording van artikel 40 van die Strafproseswet.
Dit slaan op
inhegtenisneming deur 'n vredesbeampte sonder 'n lasbrief. Dit is 'n
lang en omvattende artikel. Mahlangu het matriek
gemaak en is nie 'n
regsgeleerde nie. In kruisondervraging is hy daaraan herinner dat die
verweerder op artikel 40 steun ter stawing
van sy saak dat die
arrestasie wettig was. Daar word nie gepleit op waiter subartikel van
artikel 40 gesteun word nie. Dit word
wel gepleit dat "the
police officials had reasonable belief that plaintiffs were involved
and/or were about to be involved
in the commission of Schedule 1
offences ..."
Mahlangu is gevra op
watter subartikel die verweerder steun. Hy het gesê dat hy nie
die teks uit sy kop ken nie en is die
geleentheid gegee om dit te
lees. Hy het toe gesê dit is "section 40(b)(e)". Die
artikel is nie verder met Mahlangu
behandel in kruisondervraging nie.
Dit is aan hom gestel dat die arrestasie nie voldoen aan die
vereistes van artikel 40 nie. Hy
het dit betwis. Toe hy gekruisvra
is, is hy ook nie meegedeel presies hoe die verweerder gepleit het
nie.
Dit
is gerieflik om die tersaaklike gedeeltes van artikel 40 aan te haal:
"Inhegtenisneming
deur vredesbeampte sonder lasbrief.
40( 1) 'n
Vredesbeampte kan iemand sonder lasbrief in hegtenis neem -
(a) ...
(b) wat
hy redelikerwys verdink dat hy 'n in Bylae 1 bedoelde misdryf gepleeg
het, behalwe die misdryf van ontsnapping uit wettige bewaring;
(c) ...
(d) ...
(e)
wat in besit gevind word van enigiets wat die vredesbeampte
redelikerwys vermoed gesteelde goed te wees
of
goed te wees
wat
op oneerlike wyse verkry is
en
wat deur die vredesbeampte redelikerwys verdink word 'n misdryf ten
opsigte daarvan te gepleeg het (ek onderstreep);
(f) ...
(g) ...
(h)
(wat nie deur Mahlangu genoem is nie) wat redelikerwys verdink word
dat hy 'n misdryf pleeg of gepleeg het ingevolge 'n wet
wat die
vervaardiging, verskaffing, besit of vervoer van sterk drank of van
afhanklikheidsvormende medisyne
of
die
besit
of beskikking oor wapens of ammunisie re
ë
l
(ek
beklemtoon);
(i) ...
(j) ...
(k) ...
(1) ...
(m) ...
(n) ...
(o) ...
(p) ...
(q) ..."
Dit is moontlik dat
die verweerder met oortuiging sou kon steun op artikel 40(1 )(e), wat
Mahlangu genoem het, of 40(1 )(h), wat
Mahlangu nie genoem het nie.
Ek het die tersaaklike gedeeltes ondersteun en dit mag wel toepassing
vind by die onwettige besit
van wapens en ammunisie. Die saak is
egter nie so voor my betoog nie, en ek laat dit daar.
[70] Wat betref
artikel 40(1 )(b), waarop Mahlangu ook gesteun het, en waarop die
verweerder blykbaar ook in sy pleit steun, is
dit nodig om na Bylae 1
te kyk. Dit sluit misdade soos hoogverraad, sedisie en openbare
geweld in asook "'n sameswering, uitlokking
of poging om 'n in
hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg". Hierdie gedeelte van
Bylae 1 sou die optrede van die aangehoudenes
moontlik binne die
kader daarvan kon bring op sterkte van wat die informant te sê
gehad het. Daar was egter nie aparte getuienis
ter stawing van sulke
optrede nie en ek neem die saak nie verder nie.
Wat wel verskyn in
Bylae 1 is die volgende:
"'n Oortreding,
behalwe die oortreding van ontsnapping uit wettige bewaring in ander
omstandighede as die omstandighede onmiddellik
hieronder genoem,
waarvoor gevangenisstraf vir 'n langer tydperk as ses maande sonder
die keuse van 'n boete opgelê kan word."
Die
aspek van ontsnapping is nie hier van toepassing nie. Dit is egter
duidelik, dat die onwettige besit van wapens en ammunisie
'n baie
langer tydperk van gevangenisstraf as ses maande tot gevolg kan hê,
by skuldigbevinding aan so oortreding en in hierdie
verband kan
verwys word na maksimum strawwe wat in Wet 60 van 2000 voorgeskryf •
word en ook minimum strawwe wat in 'n sekere
gedeelte van die
Strafregwysigingswet, no 105 van 1997 voorgeskryf word, hierdie
bepaling in Bylae 1 het net te doen met statutêre
misdrywe,
soos'hier die geval is. Sien
Areff
v Minister van Polisie
1977
(2) SA 900
(A).
Uit hoofde van die
voorgaande is ek van mening dat die verweerder, op die minste,
redelikerwys kon steun op die voorskrifite van
artikel 40(1 )(b), wat
hy gedoen het, ter ondersteuning van sy saak dat die arrestasie
wettig was.
[71] In die algemeen
het ek Mahlangu as 'n goeie en geloofwaardige getuie ervaar, ten
spyte van die deurtastende kruisondervraging,
die magdom feite wat
eie is aan hierdie saak en die verloop van vier jaar tussen die
arrestasie en die verhoor.
(vii)
Anna
Susanna Venter
[72] Sy is verbonde
aan die Direktoraat van Openbare Vervolgings (die "DOV").
Haar kantoor is by die DOV in Pretoria maar
sy is toegewys as 'n
spesiale aanklaer vir Georganiseerde Misdaad vervolgings en
gestasioneer te Middelburg.
Sy het 28 jaar diens
as 'n aanklaer en belas met vervolgings van sake wat ondersoek word
deur die Georganiseerde Misdaad eenheid
(die Valke of Direktoraat vir
Prioriteitsmisdaad ondersoeke). Sy hanteer die beslissing ten opsigte
van die dossiere, naamlik of
daar vervolg moet word of nie. Sy gee
leiding en advies in "projek ondersoeke", gee opleiding en
kla aan in tegniese,
ingewikkelde of "projek sake". Sy is
een van net twee sulke spesialis aanklaers in Mpumalanga.
Die
Valke val onder die SAPD. Die Valke werk soms soos "gewone"
speurders met arrestasies en dossiere wat hof toe gaan.
Soms word
navrae aan die getuie voorgelê vir haar om te besluit of daar
vervolging moet wees, vervolging geweier moet word
of verdere navrae
gedoen moet word. In die geval van direkte arrestasie (soos hier)
word die dossier so gou moontlik, soms oor
naweke, soms na ure, of
vroeg oggend voor die hofsaak, aan haar of haar kollega voorgelê.
Sy moet dan beslis of daar 'n
prima
facie
saak
uit die dossier uitgemaak word en, indien wel, word die saak te rolle
geplaas. Indien nie, word die saak nie te rolle geplaas
nie. Sy
besluit na die bestudering van die dossier of daar vervolg moet word
of nie.
[73]
In hierdie geval is die saak oor die naweek, die Saterdag of die
Sondag na die Donderdag arrestasie, onder haar aandag gebring.
Die
provinsiale bevelvoerder van die Valke het haar geskakel. Sy is
opgedra om die dossier te bekom en te bestudeer en aan te beveel
of
daar 'n
prima
facie
saak
was wat die Maandag in Witbank op die rol geplaas kon word. Die Valke
is ook informed in afdelings verdeel soos bv dwelms en

geweldsmisdade. In hierdie geval was dit onder die afdeling
geweldsmisdaad.
[74]
Nadat sy die dossier bestudeer het, was die getuie van mening dat
daar genoegsame getuienis was van gemeenskaplike opset tussen
die
aangehoudenes wat 'n
prima
facie
saak
daarstel en sy het besluit om die saak te rolle te plaas. Sy was
gedagtig aan die aantal vuurwapens en ammunisie asook die
dagga
waarop daar beslag gelê is en die feit dat daar op daardie
stadium geen lisensies voorgelê is of gevind kon word
vir al
die wapens nie. Die saak sou geplaas word in die distriks
kanalisasiehof te Witbank.
[75] Sy is deur
niemand voorgesê of aangesê om die vervolging in te stel
nie. Sy het bygevoeg dat dit wel haar gewoonte
is, al die jare, om
die saak met die ondersoekbeampte of ondersoekspan te bespreek en
haar beslissing, wat dit ook al mag wees,
aan hulle te verduidelik.
In hierdie geval was die ondersoekbeampte speurder adjudant-offisier
Msiza, wat ook getuig het. Sy kon
hom nie die naweek in die hande kry
nie maar het gereël dat hy haar die Maandag oggend vroeg by die
hof te woord staan. Die
dossier is die Sondag aan haar oorhandig deur
polisielede wat op bystand was vir die naweek.
[76] Die getuie was
toe die aanklaer toe die saak op Maandag 4 Oktober 2010 in die
distrikshof in Witbank 'n aanvang geneem het.
Sy het 'n duidelike
onafhanklike herinnering van die verrigtinge gehad en ook haar geheue
verfris deur die getikte oorkonde van
daardie dag se gebeure, asook
dié van 11 Oktober te bestudeer. Hierdie oorkonde is te vinde
in die rekord op 5/409 en verder.
[77] Wat op 4
Oktober in die hof gebeur het is kortliks die volgende: die
beskuldigdes het in persoon verskyn. Hulle regsverteenwoordiger,
mnr
Mostert, was afwesig. Die geleerde landdros het die saak laat afstaan
en die getuie, me Venter, het haar selfoon beskikbaar
gestel vir
Ratte om die prokureur te bel. Sy het self ook met hom gepraat. Dit
het geblyk dat die dringende aansoek in die Hooggeregshof
nog nie
afgehandel was nie. Daar is ooreengekom dat die saak vir 'n week
uitgestel sou word tot 11 Oktober. Daar is verder ooreengekom
dat,
indien die aansoek in die Hooggeregshof suksesvol sou wees, of indien
daar 'n ander behoefte daartoe sou ontstaan, die saak
voor 11 Oktober
aangehoor kon word om die aangehoudenes die geleentheid te gee om vir
borg aansoek te doen. Hierdie reeling is
deur Ratte teenoor die hof
bevestig. Die saak is toe by ooreenkoms uitgestel na 11 Oktober 2010.
Soos ek reeds gesê het,
het die aansoek in die Hooggeregshof
misluk en is die aangehoudenes ook oorgeplaas na die Paxton
gevangenis waar dit beter gegaan
het met hulle. Mnr Mostert het nooit
teruggekom na die getuie om bv die verhoor te vervroeg vir doeleindes
van 'n borg aansoek
nie.
[78] Die saak is toe
voortgesit op 11 Oktober. Blykens die oorkonde (rekord 5/416 en
verder) en me Venter se getuienis, was sy toe
steeds die aanklaer en
die beskuldigdes is verteenwoordig deur adv J van Wyk. Die
opdraggewende prokureur, mnr D Mostert, was ook
teenwoordig in die
hof, blykens die oorkonde.
Namens Ratte is die
hof meegedeel dat Ratte op daardie stadium "enige borg aansoek
abandoneer". Deurgaans strook me Venter
se getuienis met wat in
die oorkonde staan. Met betrekking tot beskuldigdes 2 tot 10 het die
staat 'n voorstel aan die verdediging
gemaak dat daar ondersoek
ingestel moet word na die toepassing van artikel 62(f) van die
Strafproseswet met die oog daarop om die
beskuldigdes "in
huisarres onder korrektiewe toesig" te plaas. Die senior
aanklaer van Witbank, mnr Mavundla, wat ook
later in die saak verskyn
het en getuig het, het reeds met Korrektiewe Dienste reelings getref
om die nodige uitvoerbaarheidsondersoek
vir die hof te doen en vas te
stel of die adres waar die beskuldigdes woonagtig gaan wees
moniteerbaar sou wees.
Artikel 62 lees soos
volg:
"Hof kan
verdere borgvoorwaardes byvoeg
62. 'n Hof voor wie
'n aanklag hangende is ten opsigte waarvan borgtog toegestaan is, kan
in enige stadium, hetsy die borgtog deur
daardie hof of 'n ander hof
toegestaan is, op aansoek van die aanklaer 'n verdere borgvoorwaarde
byvoeg -
(a) ...
(b) ...
(c) ...
(d) ...
(e) ...
(f) wat bepaal dat
die beskuldigde onder toesig van 'n proefbeampte of'n korrektiewe
beampte geplaas word."
Streng gesproke,
blyk dit dat die artikel toepassing vind onder omstandighede waar
borg reeds toegestaan is, wat nog nie hier die
geval was nie, maar in
elk geval het die partye ooreengekom om hierdie roete te volg en was
die korrektiewe beampte, mnr Lock,
reeds opgedra om die nodige
navorsing te doen. Advokaat Van Wyk het die reeling namens die
beskuldigdes bevestig en die saak is
toe uitgestel tot die Vrydag, 15
Oktober vir die nodige formaliteite om afgehandel te word. Daar is
spesifiek ooreengekom, onder
die omstandighede, dat daar nie vir borg
aansoek gedoen sou word op 11 Oktober nie.
[79] Op 15 Oktober
het hierdie getuie, me Venter, nie weer aangekla nie, maar is sy
vervang deur mnr Mavundla. Die uitvoerbaarheid-studie
was gunstig uit
die oogpunt van al die betrokkenes en al die beskuldigdes, met die
uitsondering van Ratte en Bekker, is op hulle
eie verantwoordelikheid
vrygelaat onderworpe aan sekere voorwaardes wat vir almal aanvaarbaar
was.
[80] Op 15 Oktober
is dit ook op rekord geplaas dat Ratte nie voortgaan met 'n borg
aansoek nie. Bekker, wat in elk geval nie een
van die eisers in
hierdie saak is nie, is ook later, na sy pleit van skuldig, soos ek
reeds verduidelik het, effektiewelik tot
ses maande gevangenisstraf
gevonnis. Ek het ook reeds genoem dat Ratte op 1 November, op advies
van sy regsverteenwoordigers, op
'n onbestrede basis op borg van R2
000,00 vrygelaat is. Soos ek reeds gesê het, was Ratte ook op
'n eetstaking, die getuie
was nie verder gemoeid met die saak nie.
[81]
Die getuie is deurtastend gekruisvra. Sy het bevestig dat sy haar
besluit ten opsigte van 'n
prima
facie
saak
geneem het op sterkte van wat in die dossier was en haar gesprek met
die ondersoekspan. As sy nie gedink het dat daar 'n
prima
facie
saak
was nie, sou sy dit nie te rolle geplaas het nie. Dit is weer eens
geboekstaaf dat die verskyning op 4 Oktober betyds was en
binne die
voorgeskrewe tydperk van 48 uur soos bepaal in artikel 50 van die
Strafproseswet.
[82] In
kruisondervraging is daar sekere stellings aan die getuie gemaak
gebaseer op die feite soos die verweerders daarop gesteun
het soos bv
dat hulle nie almal teenwoordig was tydens die deursoeking nie, daar
nie bepaal kon word watter wapens aan wie behoort
nie, Bouwer wapens
besit het wat aan sy suster behoort het maar met haar toestemming
(iets waarvoor Bouwer in elk geval skuldig
bevind en gevonnis is) en
dat lisensies nie vir al die wapens nodig was nie. Dit is ook gestel
dat die R4 ooglopend aan Bekker
behoort het en dat hy dit deur die
venster gegooi het en Ratte het nie eers op die perseel gebly nie.
Dit is gestel dat met hierdie
feite in gedagte, as dit alles aan die
aanklaer oorgedra sou wees, sy nie sou besluit het om aan te kla nie.
Die getuie het oortuigend
en volledig hierop geantwoord. In die
eerste plek is daar nie 'n regs voorskrif dat 'n verdagte teenwoordig
moet wees by 'n deursoeking
nie. So 'n toedrag van sake sou haar nie
genoop het, in hierdie besondere geval, om te weier om te vervolg
nie. In die tweede plek
gebeur dit bykans daagliks in laerhowe dat bv
een of twee vuurwapens gevind word en meer as een of twee
beskuldigdes aangekla word.
Dit hang af van die spesifieke
omstandighede. Die blote feit dat enkele vuurwapens gevind is en dat
daar tien beskuldigdes is,
is, onder hierdie omstandighede, op so 'n
vroeë stadium nie deurslaggewend nie. Waar hierdie voorval "in
koshuis verband"
plaasgevind het is dit sonder verdere ondersoek
bykans onmoontlik om te sê wat behoort aan watter inwoner. In
die derde plek
moes die toestemmingsbriewe, as dit aan die polisie
oorhandig sou gewees het wat dit nie destyds was nie, in alle opsigte
aan die
bepalings van Wet 60 van 2000 voldoen het, wat nie hier die
geval was nie. Indie vierde plek, die feit dat iemand 'n vuurwapen by

'n venster uitgooi is nie opsigself klinkklare bewys dat die
uitgooier die onwettige eienaar daarvan is nie, veral nie in 'n
koshuis
opset nie. In die vyfde plek was daar ook aanduidings dat die
perseel onder die beheer van Ratte was. Sy onthou ook dat daar
aanduidings
in die dossier was dat die inwoners (verdagtes) moontlik
besig was met aktiwiteite as 'n groep en dat wapens tydens die
groeps-aktiwiteite
gebruik was.
[83] In 'n neutedop,
so het die getuie haar antwoorde op hierdie proposisies afgesluit,
sou sy steeds die saak te rolle geplaas
het. Die vraag soos sy dit al
die jare vertolk het, is nie op so 'n vroeë stadium of daar
getuienis bo redelike twyfel teen
'n gearresteerde bestaan nie maar
of daar genoegsame getuienis is wat 'n terolleplasing regverdig en
wat met behulp van verdere
ondersoek sou kon lei tot 'n saak bo
redelike twyfel.
Sy het bygevoeg dat
dit algemene praktyk is dat by 'n eerste of tweede of selfs derde
uitstel 'n saak spesifiek uitgestel word vir
verdere ondersoek.
[84] Me Venter het
bevestig dat sy die Maandag oggend vroeg ook 'n lang gesprek gehad
het met Msiza en met laasgenoemde se bevelvoerder,
kolonel Steenkamp,
ten einde haar behoorlik self te vergewis van die feite en die
beskikbare inligting.
[85] Me Venter was
'n geloofwaardige, en uiters indrukwekkende getuie. Ek vind geen
basis waarop haar hantering van die saak en
haar beslissing om te
vervolg regtens gekritiseer kan word nie.
Ek vind ook geen
basis, hoegenaamd, op die getuienis dat sekere polisielede
"onregmatig
versuim het om voldoende stappe te neem om die aanklaer (synde me
Venter) wat in die hofverrigtinge waarin die
eisers verskyn het, in
te lig van feite wat die aanhouding van die eisers ongeregverdig maak
en sodoende te verhoed dat die eisers
na hierdie verskyning (die
eerste verskyning op 4 Oktober) in die landdroshof verder aangehou
word, ten spyte daarvan dat hulle
'n regsplig gehad het om sodanige
stappe te neem as gevolg van welke versuim al die eisers verder
onregmatig aangehou is totdat
... hulle op 15 Oktober 2010 en die
eerste eiser op 1 November 2010 uit die onregmatige aanhouding
vrygelaat is deur die hof nie."
Dit is hoe die
besonderhede van eis (paragraaf 10) lees.
Soos ek reeds
verduidelik het, was die verdere aanhouding na 4 Oktober by
ooreenkoms tussen al die partye en ook omdat die eisers
se
regsverteenwoordigers op 4 Oktober nie gereed was om 'n borg aansoek
te loods nie maar steeds hulle hoop gevestig het op die
dringende
aansoek in die Hooggeregshof.
Teen hierdie
agtergrond, en vir al die redes wat genoem is, sien ek geen meriete
hoegenaamd in die skadevergoedings eise voortspruitend
uit hierdie
beweerde verdere onregmatige aanhouding nie. Ratte se eis in hierdie
verband is boonop wangefundeer omdat hy nie bereid
was om aansoek te
doen vir borg nie maar eerder besluit het om op 'n eetstaking te
gaan.
(viii)
Fanie
Censors Mavundla
[86] Hy is die
senior staatsaanklaer by die Witbank landdroshof met 14 jaar diens.
Hy verskyn ook soms as aanklaer in opdrag van
die Nasionale
Vervolgingsgesag. As senior aanklaer moet hy soms besluit of daar
vervolg moet word of nie. Me Venter is sy kollega.
Hy het op 15
Oktober, soos ek reeds gesê het, die verskyning waargeneem. Op
sy siening van die saak, was die vervolging geregverdig.
Hy het die
dossier bestudeer. Hy is nie deur die polisie beinvloed of
voorgeskryf wat om te doen nie. Hy ken sy werk en het die
beslissing
gesteun uit hoofde van sy hoedanigheid as die aanklaer.
Hy het getuig oor
die uiteindelike borg vir Ratte, die feit dat die verweerders vertoë
aan die DOV gerig het, vergaderings
wat gehou is in hierdie verband
en die besluit om die balans van die klagtes terug te trek nadat die
ander beskuldigdes skuldig
gepleit het.
[87] Hy is ook
deurtastend gekruisvra. Te alle tye was die staat gereed om met die
verhoor aan te gaan. Dit is geplaas vir verhoor
in die streekhof en
hulle het ook getuienis gehad oor die gemeenskaplike besit van die
wapens deur die betrokke beskuldigdes. Die
sleutelgetuie hieroor het
egter verdwyn. Ek meen nie dat hierdie getuie enigsins gediskrediteer
is in kruisondervraging nie. Myns
insiens het hy niks gesê wat
die eisers se saak kan bevoordeel nie.
(ix)
Sana
Lukas Mashivane
[88]
Hierdie getuie is 'n brigadier in die polisie en reeds sedert 1985 'n
lid van die polisie. Op 30 September was hy te Witbank
gestasioneer
as die stasiebevelvoerder. Hy het toe reeds die rang van brigadier
gehad.
[89] Deel van sy
verpligtinge en verantwoordelikhede was om toe te sien tot die streng
nakoming van "staande order 28"
wat te doen het met die dag
tot dag bestuur van 'n polisiestasie en die toestande waaronder
verdagtes aangehou word.
[90] Volgens hom was
die selle, in die algemeen, geskik vir behoorlike huisvesting. Die
nege selle kon in totaal 110 gevangenes
huisves. Sommige selle was
groter as die ander. Klagtes word in die SAP voorvalle boek
aangeteken. Volgens hom was daar behoorlike
nakoming en het hy ook
die kombuis van tyd tot tyd geinspekteer. Hy het aangevoer dat daar
genoeg matte en komberse was.
[91] In
kruisondervraging het die getuie bewerings aan hom oor swak toestande
in die selle betwis.
[92] Alhoewel
hierdie getuie 'n bevredigende indruk gemaak het, is ek ook gedagtig
aan die getuienis van Ratte, De Beer en Meyer
oor die ontoereikende
toestande wat in die selle geheers het. Daar is botsende weergawes.
Ek maak nie 'n beslissing oor die toestande
een kant toe of die ander
kant toe nie. Ek meen nie dat hierdie getuienis oor hierdie onderwerp
direk relevant is tot die vraag
of die arrestasie en aanhouding
regmatig en wettig was nie.
(x)
Steve
Msiza
[93] Hy is 'n
adjudant-offisier en reeds 28 jaar in die polisie. Op 30 September
2010 was hy verbonde aan die Gewelds Misdaad afdeling
in Middelburg.
Hy was 'n speurder. Toe was sy rang ook dié van
adjudant-offisier.
[94] Hy is die
ondersoekbeampte in hierdie saak. Hy het die dossier ontvang,
bestudeer en vir die hof voorberei. Dit was onder Witbank

CAS949/9/2010. Hy het nie persoonlik veel kennis van die saak nie en
was ook nie betrokke by die klopjag van 30 September nie.
Hy het die
dossier bestudeer en die Maandag by die hek 'n gesprek met die
aanklaer, me Venter, asook met die senior aanklaer mnr
Mavundla,
gevoer. Mavundla het ook nog tyd nodig gehad om die dossier te
bestudeer.
[95] Hy het ook
later die wapens na die forensiese eenheid in Silverton geneem vir
ballistiese ondersoek. Dieselfde geld die dagga.
Hy het
getuie-verklarings ingewin en getuies opgespoor. Die rekenaars het hy
na rekenaar deskundiges geneem. Verslae wat hy teruggekry
het, het hy
in die dossier geliasseer. By al die hofverskynings was hy
teenwoordig. Hy was betrokke by samesprekings oor borg,
dieselfde
geld die reeling in terme van artikel 62(f) toe die res van die
beskuldigdes op eie verantwoordelikheid vrygelaat is.
Vir doeleindes
van sy ondersoek het hy ook een of twee keer teruggegaan na die
plaas.
Hy het van die
vergaderings bygewoon toe die verdediging vertoë aan die DOY
gerig het. Die aanklaer was ook teenwoordig.
[96] Hierdie getuie
is ook onderwerp aan deurtastende kruisondervraging. Hy is uitgevra
oor die waarskuwings-verklarings waarin
die beskuldigdes aangedui het
dat hulle wou swyg. Van hierdie verklarings het hy self afgeneem en
in ander gevalle was hy die Kommissaris
van Ede. Hierdie feite neem
die saak nie verder nie.
Op 4 Oktober was hy
by die hof en gereed vir 'n borg aansoek. Soos ek reeds genoem het,
het dit toe nie plaasgevind nie.
[97] Van die
langdurige kruisondervraging het bv 'n lang debat behels oor die
vraag of Ratte die geregistreerde eienaar van die
plaas kon wees. Van
die getuienis tot die effek dat Ratte gesê het hy is die
eienaar het onder die loep gekom.
[98] Die getuie is
'n paar keer, myns insiens onbillik, daarvan beskuldig dat hy eintlik
net daarop uit was om skuldigbevindings
te bewerkstellig en nie
werklik die ondersoek objektief en behoorlik gedoen het nie. Die
getuie se antwoord hierop was dat hy 'n
brief ontvang het van die
verdediging (moontlik prokureur De Klerk) waarin waardering
uitgespreek word vir sy regverdigheid en
professionele optrede
("fairness and professionalism") tydens die ondersoek.
Hierdie bewering is nie teengespreek in
die kruisondervraging nie.
[99] Hy is, met
respek, tot vervelens toe uitgevra oor 'n sketsplan wat ene
adjudant-offisier Ainslee moes voorberei het. Ek kan
nie sien hoe
hierdie getuienis die saak enigsins kan verder voer nie.
[100] Hy is lank
uitgevra oor die vuurwapens ten opsigte waarvan Bouwer skuldig gevind
en gevonnis is wat eintlik aan Bouwer se
suster, me Du Plessis,
behoort het. Die getuie het die hof meegedeel dat hy inderdaad 'n
verklaring van me Du Plessis bekom het.
Na die afsterwe van hulle
ouers het haar jonger broer Bouwer die wapens geneem maar dit was in
haar naam geregistreer. Hy is toe
weg met die wapens. Daar is geen
aanduiding in haar verklaring dat sy 'n skriftelike "magtiging"
vir haar broer gegee
het om die wapens te besit nie. Dit is wat
namens die broer aangevoer is. Die "magtiging" wat deur die
verdediging voorgelê
is, is nie deur me Du Plessis geteken nie.
Al hierdie getuienis is eintlik irrelevant. Bouwer is ook nie een van
die eisers nie.
Ek het reeds verwys na die vonnis wat Bouwer opgelê
is en die feit dat hy aan verskeie klagtes skuldig bevind is. Die
oorkonde
is te vinde by 6/653 en verder.
[101] Hy het ook
getuig oor die feit dat die vuurwapens nie toegesluit was nie.
Hierdie getuienis is nie in geskil nie. Hy het getuig
oor die
oënskynlike gesamentlike besit deur die beskuldigdes van die
wapens en ammunisie wat nie weggesluit was nie en wat
oral op die
perseel gevind is.
[102] Getuienis deur
hom is ook ontlok in kruisondervraging oor 'n verklaring wat hy van
'n blanke dame ingewin het wat sedertdien
na die Oos-Kaap verhuis
het. Sy hoorsê getuienis oor die inhoud van die verklaring is
in kruisondervraging ontlok. Onder
hierdie omstandighede is dit
toegelaat. Volgens hierdie verklaring het die dame se seun onder die
indruk verkeer dat hy by Balmoral
opgelei sou word in ambagte soos
loodgieter werk, ens maar toe hy daar kom is hy onderwerp aan
militêre opleiding, skyfskiet,
ens en Ratte was in bevel.
[103] Hy is ook
breedvoerig ondervra oor verskille in die adresse wat na bewering
deur Ratte aan die polisie gegee is. Ek meen nie
dit is nodig om
verder hieroor uit te wei nie.
[104] In
herondervraging het die getuie ook die eedsverklaring wat hy van me
Du Plessis, Bouwer se suster, geneem het, geïdentifíseer.

Dit is te vinde op 9/855 en verder. Die inhoud van hierdie verklaring
strook met Msiza se getuienis. Die suster maak geen melding
daarvan
dat sy na bewering skriftelik "magtiging" aan haar broer
verleen het om die wapens te besit nie.
[105] In die
algemeen het Msiza my be'indruk as 'n bevredigende en 'n
geloofwaardige getuie. Na sy getuienis is die verdediging
se saak
gesluit.
[ 106] Ek gaan nou
daartoe oor om 'n paar slot opmerkings te maak.
Was die
deursoeking wettig en regmatig?
[107] Ek het reeds
hierdie onderwerp behandel toe die getuienis opgesom is.
[108] Ek het die
bewoording van artikel 25(3) van die Strafproseswet reeds aangehaal.
[109] Ek het ook
genoem dat Mahlangu se getuienis onbetwis is dat hy aansoek gedoen
het vir 'n visenterings lasbrief, geglo het
dat dit toegestaan sou
word en terwyl hy daarvoor gewag het, 'n oproep van die informant
ontvang het dat 'n verdere vertraging
sou lei tot very deling van die
beoogde klopjag.
[110] In hierdie
betrokke saak, is daar geen rede om hierdie onbetwiste getuienis van
Mahlangu te betwyfel nie. Dit word aanvaar.
Daar is ook geen
oënskynlike rede, op die oorweldigende waarskynlikhede, waarom
die landdros nie die lasbrief sou toegestaan
het in die normale loop
van sake nie.
[111] Onder die
omstandighede bevind ek dat Mahlangu en sy koilegas geregtig was om,
in terme van die voorskrifite van artikel 25(3),
sonder 'n lasbrief
die deursoeking te doen.
[112] Ek het ook
reeds, by ontleding van die getuienis, daarop gewys dat daar sterk
aanduidings is dat Ratte toegestem het tot die
visentering. As dit
gebeur het, is die visentering sonder 'n lasbrief in elk geval
regmatig ingevolge die voorskrifite van artikel
22 van die
Strafproseswet. Die redes vir my gevolgtrekking, op die
waarskynlikhede, dat Ratte toegestem het tot die deursoeking
het ek
genoem. Dit sluit in die feit dat Ratte, op sy eie weergawe, gehelp
het om die rooi sleepwa te visenteer, die inhoud uit
te pak en van
die items weer terug te pak. Dit is inherent onwaarskynlik dat die
verdedigings getuies hulle weergawe sal fabriseer
dat Ratte die honde
wat op die plaas was in 'n Kombi toegesluit het om die honde-eenheid
ter wille te wees. Ratte was in beheer
en dit is gemene saak dat hy
gesprekke met die polisie gevoer het. Daar is geen aanduiding dat hy
hulle probeer verhoed het om
die visentering te doen nie.
[113] Nietemin, as
hierdie gevolgtrekking van my verkeerd is, bly die visentering geldig
vanweë die voorskrifite van artikel
25(3).
[114] Die eis om
skadevergoeding gebaseer op die beweerde onregmatige visentering kan
derhalwe nie slaag nie.
Was die
arrestasie wettig en regmatig?
[115]
As die verweerder die arrestasie en aanhouding erken (soos hier) moet
die verweerder beweer en bewys dat dit wettig ("lawful")

was - sien
Amler's
Precedents of Pleadings
7de
uitgawe, deur Harms, op p46-47 en die gesag daar aangehaal.
[116] In die pleit,
het die verweerder spesifiek aangevoer dat die arrestasie wettig was,
so ook die gevolglike aanhouding, en hom
onder andere beroep op die
voorskrifte van artikel 40 van die Strafproseswet.
[117] By ontleding
van Mahlangu se getuienis, het ek reeds hierdie onderwerp behandel en
ook die tersaaklike gedeeltes van artikel
40 aangehaal. Dit is nie
nodig om dit te herhaal nie.
[118] Vir die redes
wat ek genoem het, bevestig ek my bevinding dat Mahlangu, as die
arresterende offisier, binne die kader van
artikel 40 se voorskrifte
opgetree het en dat die arrestasie gevolglik wettig en regmatig was.
In hierdie sin het die verweerder,
myns insiens, die bewyslas wat op
hom gerus het gekwyt. Dieselfde geld die aanhouding tot Maandag 5
Oktober 2010.
[119]
Die aanhouding het ook geskied binne die bepalings van artikel 50 van
die Strafproseswet deurdat die eisers binne die voorgeskrewe
tydperk
van 48 uur, soos dit hier bereken moet word, voor die hof gebring is.
Toe dit gebeur het, het die gesag van die verweerder
om die eisers
aan te hou tot 'n einde gekom en oorgegaan op die diskresie van die
hof. In hierdie verband word die volgende gesê
in die
toonaangewende uitspraak op hierdie onderwerp,
Minister
of Safety and Security
v
Sekhoto
2011(1)
SASV 315 (HHA) op 331b-d:
"While it is
clearly established that the power to arrest may be exercised only
for the purpose of bringing the suspect to
justice, the arrest is
only one step in that process. Once an arrest has been effected, the
peace-officer must bring the arrestee
before a court as soon as
reasonably possible; and at least within 48 hours, depending on court
hours. Once that has been done,
the authority to detain, that is
inherent in the power to arrest, is exhausted. The authority to
detain the suspect further is
then within the discretion of the
court."
[120]
Myns insiens, is een van die belangrikste vrae wat beantwoord moet
word, in 'n geval soos hierdie, of die arresterende offisier
sy
diskresie om te arresteer behoorlik en regmatig uitgeoefen het. Die
regsposisie word soos volg uitgespel deur die geleerde Appêlregter,

Harms AP, in
Sekhoto
op
330d-f:
"But even if
this Act (in hierdie geval PAJA) does not apply, it remains a general
requirement that any discretion must be
exercised in good faith,
rationally and not arbitrarily.
This would mean that
peace-officers are entitled to exercise their discretion as they see
fit, provided that they stay within the
bounds of rationality. The
standard is not breached because an officer exercises the discretion
in a manner other than that deemed
optimal by the court. A number of
choices may be open to him, all of which may fall within the range of
rationality. The standard
is not perfection or even the optimum,
judged from the vantage of hind-sight -so long as the discretion is
exercised within this
range, the standard is not breached."
- Sien die gesag wat
aangehaal word in voetnoot 38.
In
Sekhoto,
op
331f-332b word die volgende ook gesê:
"While
the purpose of the arrest is to bring the suspect to trial, the
arrestor has a limited role in that process. He or she
is not called
upon to determine whether the suspect ought to be detained pending a
trial. That is the role of the court (or in
some cases a senior
officer - sien voetnoot 40 wat nie hier van toepassing is nie). The
purpose of the arrest is no more than to
bring the suspect before the
court (or the senior officer) so as to enable that role to be
performed. It seems to me to follow
that the enquiry to be made by
the peace-officer is not how best to bring the suspect to trial: the
enquiry is only whether the
case is one in which that decision ought
properly to be made by a court (or the senior officer). Whether its
decision on that question
is rational naturally depends upon the
particular facts, but it is clear that in cases of serious crime -and
those listed in Schedule
1 are serious, not only because the
legislature thought so -
a
peace-officer could seldom be criticised for arresting a suspect
for
that purpose
.
On the other hand, there will be cases, particularly where the
suspected offence is relatively trivial, where the circumstances
are
such that it would clearly be irrational to arrest." (Ek
beklemtoon.)
[121] In hierdie
geval, was dit 'n emstige saak, soos voorgedra deur die informant.
Toe die polisie op die toneel kom kry hulle
die "meevallertjie",
soos manna uit die hemel, met Bekker wat in die venster verskyn met
die R4 en dit dan deur die venster
uitgooi en probeer ontsnap. Daama
word daar op 'n groot aantal wapens en ammunisie beslag gelê.
Die wapens is nie weggesluit
nie en word op verskeie plekke in die
koshuis gevind. Daar is dagga, messe, pangas en rekenaars. Daar is 'n
paradegrond en 'n vlagpaal.
Daar is weermag uniforms en weermag
stewels. Daar is die inligting deur die informant dat militêre
opleiding gedoen word
en dat daar planne is om die owerheid omver te
werp. Dit is gemene saak dat die informant se inligting gewoonlik
betroubaar is.
Daar is die moontlikheid dat Mike Hough ook 'n stuiwer
in die armbeurs gegooi het.
Mahlangu
het by herhaling gesê dat hy gemeen het al die inwoners moet
gearresteer word sodat die saak voor 'n hof kan kom
en verdere
ondersoek werk gedoen kan word. Dit strook met die toets in
Sekhoto
soos
ek dit aangehaal het. Dit strook ook met die getuienis van aanklaer
Venter.
[122] Teen hierdie
agtergrond, kan ek nie sien hoe dit gesê kan word dat Mahlangu
sy diskresie onbehoorlik, onregmatiglik
of irrasioneel uitgeoefen het
nie.
Van
kardinale belang, myns insiens, is die feit dat die bewyslas op die
eisers rus om aan te toon dat die diskresie nie behoorlik
uitgeoefen
is nie - sien
Sekhoto
op
332g-333e. Op 333a-b word die volgende gesê:
"Does
the Constitution require another approach? I think not. A party who
alleges that the constitutional right has been infringed
bears the
onus.
The
general rule is also that a party who attacks the exercise of
discretion, where the jurisdictional facts are present, bears
the
onus
of
proof. This is the position whether or not the right to freedom is
compromised. For instance, someone who wishes to attack an
adverse
parole decision bears the
onus
of
showing that the exercise of discretion was unlawful. The same would
apply when the refusal of presidential pardon is in issue."
Wat
betref die verwysing na die "jurisdictional facts" meen ek
dat die jurisdiksionele vereistes in hierdie geval teenwoordig
is.
Hulle is die volgende, soos uitgespel in
Sekhoto
op
320h-321b:
"As
was held in
Duncan
v Minister of Law and Order
(1986
2 SA 805
(A) op 818G-H), the jurisdictional facts for a section 40(1
)(b) defence are that
(i) the arrestor
must be a peace-officer;
(ii) the arrestor
must entertain a suspicion;
(iii) the suspicion
must be that the suspect (the arrestee) committed an offence referred
to in Schedule 1; and
(iv) the suspicion
must rest on reasonable grounds."
[123]
Ek meen nie dat die eisers hierdie bewyslas gekwyt het nie. Eintlik
is ek van oordeel dat hulle nie werklik gepoog het om
hierdie
bewyslas te kwyt nie. Die toets in
Sekhoto,
wat
aangewend moet word om te oordeel of die arresteerder sy diskresie
behoorlik uitgeoefen het, is ook nie aangespreek in betoogshoofde
wat
aan my voorgelê is nie.
[124] Laastens, op
hierdie onderwerp, moet ek verwys na 'n argument wat die eisers
aangebied het wat slaan op die wettigheid, of
gebrek daaraan, van die
arrestasie. Dit is 'n betoog wat gebaseer is op die voorskrifte van
artikel 39(2) van die Strafproseswet
wat soos volg lees:
"(2) Die
persoon wat 'n inhegtenisneming uitvoer, moet, ten tyde van die
uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik
nadat die
inhegtenisneming uitgevoer is, die gearresteerde persoon meedeel wat
die rede vir die inhegtenisneming is of, in die
geval van 'n
inhegtenisneming wat uit hoofde van 'n lasbrief geskied, op versoek
van die gearresteerde persoon 'n afskrif van die
lasbrief aan hom
oorhandig."
[125] Daar is betoog
dat die polisie nie op die plaas reeds vir die aangehoudenes
meegedeel het waarom hulle gearresteer is en hulle
regte aan hulle
verduidelik het nie. Trouens, by geleentheid is daar betoog dat hulle
glad nie gearresteer is nie maar inderdaad
"ontvoer" is.
Daar is geen meriete in hierdie argument nie. Soos ek reeds gesê
het, word daar uitdruklik gepleit,
in paragraaf 8 van die
besonderhede van eis, dat die eisers by die koshuis gearresteer is om
ongeveer 14:00 op die betrokke dag.
Ratte het ook vir Van Rensburg
gesê dat hulle gearresteer word. Mahlangu het by herhaling gesê
dat die arrestasie op
die plaas plaasgevind het en dat die eisers van
hulle regte vergewis is, asook die rede vir die aanhouding. Die
vierde en vyfde
eisers het hierdie stellings van Mahlangu betwis.
[126]
Die onderwerp word kortliks bespreek in Hiemstra
Suid-Afrikaanse
Strajproses
7deuitgawe
deur Albert Kruger op 103. Breedweg kom dit daarop neer dat as die
aangehoudene weet wat die rede is vir die inhegtenisneming,
'n
formele mededeling nie noodsaaklik is nie. Dieselfde geld in 'n geval
waar iemand op heterdaad betrap word, soos, byvoorbeeld,
Bekker en,
in hierdie geval, waar die wapens en die ammunisie in die besit van
die inwoners gevind is. Die onderwerp word ook bespreek
in
Sv
Dladlha
1975
1 SA 762
(TPA) waar die gearresteerde in besit van 'n hoeveelheid
dagga gevind is. Die gelykluidende artikel van die vorige
Strafproseswet,
Wet 56 van 1955, was artikel 26 wat hier onder die
loep gekom het. Dit het soos volg gelees:
"Wanneer iemand
'n ander persoon sonder lasbrief in hegtenis neem, moet hy aan die
persoon wat in hegtenis geneem word die
rede vir die inhegtenisneming
onverwyld meedeel."
Op 764H word die
volgende gesê:
"Waar hy egter
in hegtenis geneem word in omstandighede waar dit heeltemal duidelik
vir hom moet wees wat die rede vir sy inhegtenisneming
is, sou dit
uiters gekunsteld wees om aan te dring op 'n letterlike nakoming van
die Wetsbepaling. In die huidige geval is die
beskuldigde deursoek en
dagga is in sy besit gevind, waarop hy in hegtenis geneem is. Daar
kon by hom geen twyfel gewees het dat
hy in hegtenis geneem word vir
die besit van die dagga nie ... In sulke omstandighede word die
inhegtenisneming, wat aanvanklik
regmatiglik geskied het, na my
mening nie daama omskep tot 'n onregmatige inhegtenisneming as gevolg
van die feit dat daar nie
letterlik voldoen is aan die vereiste van
artikel 26 nie. Die omstandighede van die geval het die nakoming van
die artikel oorbodig
en onnodig gemaak ..."
In
hierdie geval, al sou dit gesê kan word dat dit nie op 'n
oorwig van waarskynlikhede vasstaan dat die eisers "onmiddellik"

na die inhegtenisneming meegedeel is wat die rede daarvoor is nie,
moes hulle, op die waarskynlikhede, soos in
Dladlha,
geweet
het wat die rede vir die inhegtenisneming is. Ek het reeds na Bekker
se geval verwys. Dit is duidelik, op die oorwig van
die getuienis,
dat die beslaglegging op die wapens en die ammunisie, die hoof doel
van die klopjag, en die arrestasie moes gewees
het. Dit sluit ook in
die dagga en ander items.
In elk geval, is dit
gemene saak dat die gevangenes binne 'n uur of wat by die
polisiestasie aangekom het waar die proses in werking
gestel is om
hulle van hulle regte te vergewis en waarskuwings verklarings te laat
aflê.
Daar is op geen
stadium voor my betoog dat enige van die eisers benadeel is omdat
hulle nie betyds meegedeel is wat die rede vir
die arrestasie is of
wat hulle regte is nie. Hulle regsverteenwoordigers het reeds vroeg
die middag (om ongeveer 16:00) by die
polisiestasie opgedaag.
[127] Ek neem ook,
vir doeleindes van hierdie redenasie, die voorskrifte van artikel 35
van die Grondwet in ag: artikel 35(l)(b)
bepaal dat die gearresteerde
die reg het
"to be informed
promptly -
(i) of the right to
remain silent; and
(ii) of the
consequences of not remaining silent."
En artikel 35(2)(a)
bepaal dat 'n aangehoudene, insluitende 'n gevangene wat reeds
gevonnis is, die reg het om "promptly"
meegedeel te word
van die rede waarom hy aangehou word.
Ek meen nie dat
enige van hierdie voorskrifte op so 'n wyse in hierdie betrokke geval
toegepas kan word dat dit gesê kan word
dat die arrestasie en
aanhouding nie wettig en regmatig was nie.
[128] Onder hierdie
omstandighede, en vir die redes wat ek genoem het, het ek tot die
gevolgtrekking geraak dat die arrestasie van
die eisers wettig en
regmatig was. Die eise om skadevergoeding wat ten opsigte van die
arrestasie ingestel is kan daarom nie slaag
nie.
Die aanhouding
tot 4 Oktober 2010
[ 129] Ek het reeds
sekere opmerkings hieroor gemaak.
[130] Soos ek
aangedui het, is die eisers voor die hof gebring binne die
voorgeskrewe tydperk van 48 uur soos bedoel in artikel
50 van die
Strafproseswet.
[131] In hierdie
tydperk, vanaf die Donderdag middag tot die Maandag oggend, is geen
poging deur die eisers aangewend om bv 'n dringende
borg aansoek voor
'n landdros te loods nie. Die roete wat gevolg is, was om 'n
dringende aansoek in die Hooggeregshof aanhangig
te maak. Hierdie
aansoek is van die hand gewys. Die eisers is vanaf die Donderdag
middag of aand reeds toegelaat om met hulle regsverteenwoordigers
te
konsulteer, en hulle het ook verklarings in hierdie tydperk afgelê.
[132]
Indien dit bewese bevind sou wees dat die aanhouding van die eisers
in die polisieselle substandaard was, soos verduidelik
deur bv De
Beer en Meyer, en betwis deur die brigadier, sou sodanige onvanpaste
behandeling van die aangehoudenes, myns insiens,
nie die wettigheid
van die aanhouding beinvloed nie. Indien dit bevind sou wees dat die
aanhouding as sodanig onwettig was, kon
die omstandighede waaronder
die aanhouding geskied het moontlik 'n invloed gehad het op die
quantum
van
'n suksesvolle eis om skadevergoeding.
[133]
Op die oorwig van die getuienis, was die aanhouding daarop gemik om
die aangehoudenes (insluitende die eisers in hierdie geval)
voor die
hof te bring vir doeleindes van verdere ondersoek en 'n beslissing.
Dit strook met die toets soos voorgeskryf in
Sekhoto
op,
bv, 331f-i.
[134] Vir al hierdie
redes het ek tot die gevolgtrekking geraak dat die aanhouding van die
eisers vir hierdie betrokke tydperk tot
4 Oktober 2010 wettig en
regmatig was. Enige eis om skadevergoeding vir hierdie tydperk van
aanhouding kan dus nie slaag nie.
Die aanhouding
van die tweede. derde. vierde en vyfde eisers vanaf 4 Oktober tot 15
Oktober
[135]
Hierdie aanhouding het geskied in terme van die diskresie en magte
van die hof. Die verweerder het daar niks mee te doen gehad
nie.
Hierdie beginsel is verduidelik in
Sekhoto
op
331a-d soos ek reeds verduidelik het. In 'n gepaste geval kon 'n
skadevergoedings eis vir hierdie tydperk van aanhouding moontlik
teen
die Nasionale Vervolgingsgesag of die Minister van Justisie ingestel
gewees het. Vir die redes wat ek genoem het sou daar,
myns insiens,
in elk geval nie meriete in so eis gewees het nie.
[136] Die uitstel
vanaf 4 Oktober na 11 Oktober, met die eisers in aanhouding, het
plaasgevind in oorleg met die eisers se regsverteenwoordigers
en by
ooreenkoms met hulle. Aan die hand daarvan het die hof sy diskresie
uitgeoefen. Die aanhouding na 4 Oktober het ook plaasgevind
in terme
van 'n besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag, soos
verteenwoordig deur aanklaer Venter, vir die redes wat sy genoem
het.
Sy het ook haar besluit geneem, soos sy getuig het, in oorleg met die
ondersoek span en met senior aanklaer Mavundla. Mahlangu,
as
verteenwoordiger van die verweerder, het niks met hierdie besluit te
doen gehad nie kragtens sy onbetwiste getuienis.
[137] Dieselfde
opmerkings geld ten opsigte van die aanhouding tussen 11 Oktober en
Vrydag 15 Oktober toe hierdie eisers op hulle
eie verantwoordelikheid
vrygelaat is.
[138] Vir hierdie
redes, kan daar geen meriete wees, na my mening, in 'n eis om
skadevergoeding deur hierdie eisers ten opsigte
van hierdie betrokke
tydperk van aanhouding nie.
Die aanhouding
van Ratte tot 1 November 2010
[139] Dieselfde
opmerkings as dié wat van toepassing is op die tweede tot
vyfde eisers, is ook van toepassing op Ratte, behalwe
dat hy van die
begin af sy reg op borgtog laat vaar het. Wat betref die aanhouding
tot 15 Oktober, is daar dus, vir die redes wat
genoem is ten opsigte
van eisers twee tot vyf, en ook vir die laasgenoemde rede, geen
fneriete in enige eis om skadevergoeding
deur Ratte nie.
[140] Wat betref sy
aanhouding tot 1 November 2010, het hy net homself te blameer omdat
hy nie wou vra vir borg nie. Hy het uiteindelik
ingewillig, op advies
van sy regsverteenwoordigers, om aansoek te doen vir borg op 'n
onbestrede basis en is op 1 November vir
daardie rede vrygelaat. Daar
is dus nie meriete in 'n eis vir skadevergoeding teen hierdie
betrokke verweerder vir Ratte se aanhouding
tot 1 November 2010 nie.
Gevolgtrekking
[141] Vir al die
redes wat genoem is, het ek tot die gevolgtrekking geraak dat geen
van die eise wat die vyf eisers ingestel het
op grond van beweerde
onwettige arrestasie en aanhouding bewys is nie. Hierdie eise kan dus
nie slaag nie.
[142] Daar is ook
eise vir algemene en spesiale skadevergoeding ten opsigte van
beweerde kwaadwillige vervolging deur Mahlangu en/of
ander lede van
die polisie.
Daar word gepleit
dat Mahlangu en andere die strafregtelike vervolging van die eisers
aangestig het deur te beweer dat die eisers
onwettig in besit was van
sekere vuurwapens en ammunisie by die koshuis.
[143]
Die onbetwiste getuienis van Mahlangu was dat hy die dossier aan die
Georganiseerde Misdaad eenheid oorhandig het, en in die
loop van die
naweek het aanklaer Venter dit ontvang. In haar indrukwekkende
getuienis het sy verduidelik presies hoe sy te werk
gegaan het om tot
die slotsom te geraak dat daar 'n
prima
facie
saak
was en dat vervolging moes geskied. Haar onbetwiste getuienis was dat
sy nie deur enigiemand voorgesê is of beïnvloed
is om
hierdie besluit te neem nie. Sy het ook deeglik gekonsulteer met die
ondersoekspan en met Mavundla. Msiza, die ondersoekbeampte,
het ook
die dossier bestudeer en 'n ontmoeting gehad met aanklaers Venter en
Mavundla. Hy was glad nie betrokke by die klopjag
nie. Die onbetwiste
getuienis is dat geeneen van die polisielede 'n rol gespeel het by
die besluit van die aanklaers om te vervolg
nie. Daar is geen
getuienis dat polisielede, soos gepleit, "onregmatig versuim het
om voldoende stappe te neem om die aanklaer
wat in die hofVerrigtinge
waarin die eisers verskyn het in te lig van feite wat die aanhouding
van die eisers ongeregverdig gemaak
het nie ..."
Die onbetwiste
getuienis van Mahlangu was dat hy geen spesiale agenda gehad het om
hierdie eisers te vervolg nie. Hy het nie een
van hulle geken voor 30
September 2010 nie. Msiza het gekonsentreer op die ondersoek werk en
'n brief van die verdediging ontvang
waarin hy geloof word vir sy
objektiewe en professionele benadering tot die ondersoek.
[144]
Die vereistes waaraan 'n eiser moet voldoen om te slaag met 'n eis
vir skadevergoeding op grond van beweerde kwaadwillige
vervolging, is
soos volg beskryf in
Minister
for Justice and Constitutional Development
v
Moleko
[2008]
3 All SA 47
(HHA) op 50d-f:
"In order to
succeed (on the merits) with a claim for malicious prosecution, a
claimant must allege and prove -
(a) that the
defendants set the law in motion (instigated or instituted the
proceedings);
(b) that the
defendants acted without reasonable and probable cause;
(c)
that the defendants acted with 'malice' (or
animo
injuriandi
);
and
(d) that the
prosecution has failed ..."
Wat die eerste drie
vereistes betref, is daar na my mening geen getuienis aangebied om
hierdie vereistes te ondersteun nie, sodat
die eis vir kwaadwillige
vervolging nie kan slaag nie. Wat die vierde vereiste betref, het ek
reeds die mening uitgespreek dat
die vervolging van hierdie eisers,
streng gesproke, nie "misluk" het nie, al is dit so gepleit
en erken op die pleitstukke.
Die oorwig van die getuienis toon dat
die staat gereed was om op verhoor te gaan teen hierdie eisers en, na
vertoë, die klagtes
laat vaar het toe van die ander
aangehoudenes skuldig gepleit het. Ek hoef nie verder oor hierdie
vereiste uit te wei nie.
[145] Vir al hierdie
redes, is daar na my mening geen ruimte om enige van die eise te
handhaaf nie.
Die koste
[146] Na deeglike
oorweging, het ek tot die gevolgtrekking geraak dat hierdie 'n
gepaste geval is om af te wyk van die geykte benadering
dat die
onsuksesvolle party die koste behoort te betaal. Die moontlikheid om
so af te wyk het ek ook met die advokate bespreek
tydens die
verrigtinge voor my.
[147] Die redes
waarom ek besluit het om af te wyk van die geykte benadering, het net
te doen met die ietwat unieke omstandighede
van hierdie besondere
saak. Dit word geensins voorgehou as 'n gepaste benadering vir ander,
miskien soortgelyke, sake nie. Die
redes is die volgende:
Op die beskikbare
getuienis wat voor my aangebied is, is nie een van die eisers verbind
aan die onwettige besit van 'n besondere
vuurwapen of ammunisie nie.
Nie een van hulle is ook verhoor en skuldig bevind nie. Die klagtes
teen hulle is laat vaar, onder
die omstandighede wat ek beskryf het.
Vir doeleindes van hierdie redenasie, is die eisers dus almal
"onskuldig" maar
het in die klopjag beland en is
gearresteer vir redes wat ek bevind het wettig was. Hulle is binne 'n
redelike tyd vrygelaat soos
ek beskryf het. Hulle het hulself in die
koshuis bevind saam met die ware oortreders, "die ander vyf',
soos ek beskryf het
(met die moontlike uitsondering van Senekal). Die
ware oortreders is skuldig bevind en gevonnis. Hierby sluit ek
Schoeman in wat,
soos ek dit verstaan het, kragtens die Kinderwet
hanteer is.
Die eisers, met die
uitsondering van Ratte, is relatiewe jeugdiges en, in die algemeen
gesproke, nie vermoënde mense nie. Op
die beskikbare getuienis
was hulle vir wettige redes by die koshuis tydens die klopjag naamlik
om hulle sweis-opleiding te ondergaan
en/of om te help met die
bouwerk aan die gastehuis. Ratte was daar in sy hoedanigheid as
bestuurder van die projek. In 'n sin kan
dit gesê word dat die
eisers op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was. Ek bemoei my
slegs met die getuienis wat aangebied
is, en laat my nie uit oor die
vraag of die eisers, of van hulle, moontlik skuldig was aan enige
oortreding nie.
Op die
waarskynlikhede het die eisers, met die moontlike uitsondering van
Ratte, nie die voile implikasies van hierdie litigasie
besef toe
hulle hulle daarvoor ingelaat het nie. Dit het uiteindelik uitgeloop
op 'n verhoor van tien dae. Die eisers het waarskynlik
gegrief gevoel
oor wat met hulle gebeur het.
Aan die ander kant,
is die verweerder ook nie in die posisie van 'n litigant uit die
privaat sektor nie. 'n Beduidende deel van
sy koste bestaan uit die
salarisse van regsverteenwoordigers wat in elk geval, bv as lede van
die Staatsprokureur se kantoor, die
salarisse sou ontvang. Die
advokate wat vir die verweerder opgetree het, wat, soos ek dit
verstaan, in die privaat praktyk is,
sal betaal kan word uit die
staatskas en nie bv uit die persoonlike rekening van 'n privaat
litigant nie.
Vir al hierdie redes
het ek besluit dat geregtigheid, in hierdie besondere en unieke
geval, ten beste gedien kan word deur elke
party te gelas om sy eie
koste te betaal.
Die bevel
[148] Ek maak die
volgende bevel:
(1) Al die eise van
al die Eisers word van die hand gewys.
(2) Elke party word
gelas om sy eie koste te betaal.
W
R C PRINSLOO
REGTER
VAN DIE GAUTENG AFDELING. PRETORIA
1282-2013
GEHOOR OP: 8-19
SEPTEMBER 2014
VIR DIE EISERS: J J
S PRINSLOO SC
IN OPDRAG VAN: DE
KLERK & MARAIS INGELYF
VIR DIE VERWEERDER:
S J COETZEE BYGESTAAN DEUR M BOTMA
IN OPDRAG VAN:
STAATSPROKUREUR