About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2015
>>
[2015] ZAGPPHC 45
|
|
Coetzee v S (A206/2014) [2015] ZAGPPHC 45 (30 January 2015)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOOGGEREGSHOF, PRETORIA)
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
CASE
NUMBER: A206/2014
DATE:
30 JANUARY 2015
NOT
REPORTABLE
In
die saak tussen:
SARA
JOHANNA (SARIE)
COETZEE
..............................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
........................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
JANSE
VAN NIEUWENHUIZEN R
[1]
Die appellant, ‘n 60 jarige voormalige prokureur, het skuldig
gepleit op ‘n klag van diefstal van R 7 233 372, 21.
Voomelde
bedrag verteenwoordig die trust tekort op die trust rekening van die
prokureurs firma SJ Coetzee, waarvan die appellant
die enigste
prokureur was. Die firma het ‘n aktes praktyk bedryf.
[2]
Die appellant is skuldig bevind en gevonnis tot 8 jaar
gevangenisstraf.
[3]
Die appellant kom nou in hoër beroep teen die vonnis opgelê
deur die hof a
quo.
STRAFWYSIGINGSWET,
WET 105 VAN 1997 (“die Wet”):
[4]
Die misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is val binne die
kader van artikel 51(2)(a) van die Wet en bepaal dat ‘n
minimum
vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir die misdry opgelê moet
word.
[5]
Die hof a
quo
het,
myns insiens tereg, bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede,
soos omskryf in artikel 51(3)(a) van die Wet, teenwoordig
is en het
derhalwe ‘n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum opgelê.
[6]
Beide partye is dit eens dat bovermelde bevinding van die hof a
quo
korrek is.
GRONDE
VAN APPEL.
[7]
Die appellant voer aan dat, gegewe haar persoonlike omstandighede en
meer spesifiek die omstandighede waaronder die misdryf
gepleeg is,
die vonnis van 8 jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is en dat die
hof a
quo
fouteer het
deur nie korrektiewe toesig, in terme van artikel 276(1 )(h) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, op te lê nie.
[8]
Ek moet uit die staan spoor meld dat die appellant se persoonlike
omstandighede, opsigself beskou, wel so ‘n vonnis regverdig.
GRONDE
VIR INMENGING
[9]
Die oplegging van vonnis val by uitstek in die diskresie van die
verhoorhof en ‘n hof van appel mag slegs in bepaalde
omstandighede met gemelde diskresie inmeng.
[10]
Die gronde vir inmenging in ‘n vonnis opgelê deur die hof
a
quo,
is geyk en is
as volg in die wel bekende saak van S
v Pieters
1987
(3) SA 717
A op 727 F - H, opgesom:
“
Met
betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar
herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat
vonnisoplegging
berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis
omdatdit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van
‘n
Verhoorregter verander, tensy dit blyk dat hy die diskresie
wat aan hom toe vertrou is nie op ‘n behoorlike of redelike
wyse
uitgeoefen het nié. ”
[11]
Aldus Botha AR in S
v Pieters, supra,
is
die enigste vraag wat beantwoord moet word, die vraag of die hof a
quo “.rederlikerwyse die vonnis kon opgelê het
wat hy wel opgelê het. ”
FEITE
[12]
Die appellant se persoonlike omstandighede is volledig in die
uitspraak van die hof a
quo
vervat
en dien dit geen doel om dit hierin te herhaal nie.
[13]
Mnr Joubert SC, het gedurende argument, veral die omstandighede
waaronder die appellant die misdryf gepleeg het, beklemtoon.
Aldus
mnr Joubert SC is die omstandighede van so ‘n aard dat die
blaamwaardigheid van die appellant onderskeibaar is van
ander
soortgelyke oortreders. Die opgelegde vonnis is hoofsaaklik om
voormelde rede onredelik.
[14]
Dit is derhalwe van belang om die omstandighede waaronder die misdryf
gepleeg is van naderby te beskou. Die appellant, ‘n
senior
prokureur, het vanaf 1988 haar eie praktyk bedryf. ‘n Sekere
mnr Goldblatt, ‘n groot eiendomsontwikkellaar,
was die
appellant se belangrikste kliënt en haar grootste bron van
inkomste. Die appellant het sedert 1991 al Goldblatt se
aktes werk
gedoeri en het hom oor die jare leer ken as ‘n betroubare
persoon wat sy beloftes nakom.
[15]
Gedurende die begin van 2008, het Goldblatt kontantvloei probleme
ervaar en het hy, deur bemiddeling van die appellant, ‘n
bedrag
van R 5 miljoen van ‘n sekere mnr Jacobs geleen.
[16]
Jacobs se vader en broer was kliënte van die appellant en het
Jacobs hoofsaaklik die geld aan Goldblatt geleen omdat hy
die
appellant, ‘n gesiene prokureur, vertrou het. Die appellant het
aan Jacobs die versekering gegee dat sekere eiendomstransaksies
van
mnr Goldblatt binnekort sou registreer en dat die fondse om die
lening te vereffen, derhalwe beskikbaar sou wees.
[17]
In terme van ‘n skriftelik ooreenkoms aangegaan tussen Jacobs
en Goldblatt, sou die bedrag van R 5 miljoen tesame met
rente op 2
Mei 2008 terug betaal word.
[18]
Nieteenstaande verskeie desperate pogings deur die appellant, het
Goldblatt versuim om die geld terug te betaal en het hy bloot
gemeld
dat hy nie oor die nodige fonde beskik nie. Jacobs was nie tevrede
met die situasie nie en het toenemend al hoe meer druk
op die
appellant geplaas om die geld te betaal.
[19]
Jacobs het die appellant ook begin dreig en in die appellant se eie
woorde het die dreigemente uit die volgende bestaan:
“
HOF
:
Watse dreigemente?
—
Dat
hy my sal vemeder en blootstel in die omgewing, Edelagbare, waar ek
om
(sic)
daardie
stadium al in die 20 jaar gepraktiseer het as prokureur.
MNR
JOUBERT
: Wat het hy oor
u kinders gesê?
HOF:
Net so ‘n oomblik. So Jacobs
het gedreig om wat te doen? —
Om
vir my te vemeder, bloot te stel as ‘n person wat nie my woord
hou nie in die gemeenskap waarek toe al 24 jaar praktiseer
as ‘n
prokureur.
Ja?
—
Ek en my gesin is baie
betrokke by die Laerskool en die Hoërskool in Garsfontein en by
die kerk, Edelagbare. Die mense het
ons goed geken daar.”
[20]
Jacobs het op ‘n stadium klaarblyklik gedreig om die appeliant
se kinders ook teverneder.
[21]
Ek moet op hierdie stadium meld dat die beloofde transaksies, weens
geen fout aan die kant van die appellant, nie gerealiseer
het nie.
[22]
In reaksie op hierdie dreigemente het die appellant op 9 Julie 2008
die bedrag van R 5 miljoen uit haar trustrekening aan Jacobs
oorbetaal. Rente in ‘n totale bedrag van R 797 934, 99 is ook
oor die tydperk September 2008 tot Mei 2009 aan Jacobs uit
die
appellant se trustrekening betaal
[23]
Mnr Joubert SC voer aan dat voormelde omstandighede tesame met die
appellant se persoonlike omstandighede en selfs met inagneming
van
die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap,
korrektiewe toesig regverdig.
[24]
Daarteenoor het mnr Smit, advokaat namens die Staat, daarop gewys dat
die appellant op verskeie vorige geleenthede ook betalings
namens
Goldblatt uit haar trustrekening gemaak het. Die totale bedrag beloop
R 562 754, 26 en die betalings het vanaf Januarie
2007 tot Julie 2008
geskied.
[25]
Die appellant het geen verduideliking vir hierdie betalings verskaf
nie. Die grootste gedeelte van hierdie geld, te wete R
476 269. 54,
is voor Jacobs se dreigement in Mei 2008 deur die appellant
onregmatig uit die trustrekening geneem.
[26]
Voormelde dui op die volgende:
i)
die appellant het voorheen, sonder enige druk of dreigmente van
Jacobs, trustgeld onrematig aangewend;
ii)
gemelde bedrag van R 563 754, 26, val opsigself binne die kader van
‘n 15 jaar voorgeskrewe minimum vonnis;
iii)
die appellant se misdadige optrede het gestrek oor ‘n tydperk
van 2 jaar en 5 maande.
[27]
Voormelde inaggenome tesame met die feit dat die appellant R 5 797
934, 99 uit haar trustrekening geneem het om haar goeie
naam te red,
regverdig myns insiens nie ‘n vonnis van korrektiewe toesig
nie.
BEVEL
In
die vooropstelling stel ek die volgende bevel voor:
Die
appel word van die hand gewys.
N
JANSE VAN NIEUWENHUIZEN
REGTER
VAN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA
Ek
stem saam.
T.P.MUDAU
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA
ADVOKAAT
VIR DIE APPELLANTE
ADVOKAAT
JOUBERT SC
ADVOKAAT
VIR DIE STAAT
ADVOKAAT
SMITH
DATUM
VAN DIE VERHOOR: 27 Januarie 2015
DATUM
VAN UITSPRAAK: 30 Januarie 2015