S v Victor and Another (A949/14) [2015] ZAGPPHC 24 (7 January 2015)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Consent — Sexual offences involving minors — Accused charged with consensual sexual acts with a 14-year-old — Both accused aged 16 years and older at the time of the offence — Requirement for authorisation from the National Director of Public Prosecutions (NDPP) under section 15(2)(a) of the Sexual Offences Act not applicable — Court finds that accused were not considered children as defined in the Act, thus no need for NDPP's consent — Conviction upheld and matter referred back for sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2015
>>
[2015] ZAGPPHC 24
|

|

S v Victor and Another (A949/14) [2015] ZAGPPHC 24 (7 January 2015)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
DATUM: 7 JANUARY
2015
CASE NUMBER: A949/14
Landdros
BRAKPAN
Saak No: RC62/2013
Hooggeregshof Verw No: 719/14
DIE STAAT V
WANAYA VICTOR EN ETHAN SHALDON PETERSEN
HERSIENINGSUITSPRAAK
PRELLER. R
Die twee
beskuldigdes is skuldig bevind voor die streekhof aan klagte van
oortreding van artikel 15(1) gelees met verskeie ander
artikels van
Wet 32 van 2007 deurdat hulle konsensuele geslagtelike verkeer gehad
het met ‘n 14 jarige kind. Hulle het skuldig
gepleit en is
bygestaan deur ‘n regsverteenwoordiger. Op ‘n navraag
deur die landdros het die aanklaer die hof meegedeel
dat die
magtiging van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings nie
nodig is nie weens die ouderdom van die drie betrokkenes.
Die twee
beskuldigdes was tydens die verhoor 19 jaar oud maar tydens die
voorval was hulle onderskeidelik 16 jaar en een maand
en 16 jaar en
twee mande oud. Namens hulle is 'n volledige pleit verduidelikings
ingehandig.
Na skuldigbevinding
het die landdros die verrigtinge gestop en die saak na hierdie hof
gestuur vir 'n spesiale hersiening. In ‘n
volledige memorandum
het die landdros uiteengesit dat hy onder ‘n wanindruk verkeer
het maar nou vasgetel het dat die magtiging
van die Direkteur van
Openbare Vervolgings wel nodig is in die lig van die ouderdom van die
beskuldigdes. Hy het verwys na die
definisie van ‘n kind in
artikel 1 van Wet 32 van 2007 waarvolgens ‘n persoon onder die
ouderdom van 18 jaar ‘n
kind is. Artikel 15(2)(a) van die Wet
bepaal dat die instelling van 'n vervolging weens ‘n oortreding
van artikel 15(1) moet
skriftelik gemagtig wees deur die Nasionale
Direkteur van Openbare Vervolgings as beide die daders kinders is
tydens die oortreding.
Daardie magtiging mag nie gedelegeer word nie.
Die landdros het gevolglik versoek dat die skuldigbevinding tersyde
gestel word
weens sy siening van die vereistes van die Wet.
Ek het ‘n baie
behulpsame memorandum gekry van Staatsadvokaat Marriot waarmee
Advokaat Meintjes SC saamgestem het. Hulle wys
op die definisie van
kind in artikel 1 van die Wet ingevolge waarvan ‘n kind
gedefinieer word as (a) ‘n persoon onder
die ouderdom van 18
jaar of (b) met verwysing na artikels 15 en 16 jaar ‘n persoon
tussen die ouderdom van 12 en 16. Omdat
beide beskuldigdes oor die
ouderdom van 16 jaar was tydens die voorval was hulle dus nie kinders
nie en was die magtiging van die
NDOV nie nodig nie. Daar is
gevolglik niks verkeerd met die skuldigbevinding nie en die saak word
terug verwys na die landdros
vir afhandeling.
Ek kan terloops net
daarop wys dat die landdros in sy motivering vir die spesiale
hersiening onnodig apologeties was weens sy vermeende
fout. Daar is
niks mee verkeerd as ‘n regterlike amptenaar ‘n fout maak
nie en die optrede van die landdros om die
saak op hersiening te
stuur toe hy gemeen het dat hy ‘n fout gemaak het was heeltemal
korrek.
F
G
PRELLER
REGTER VAN DIE
GAUTENGSE AFDELING. PRETORIA
Ek stem saam
N RANCHOD
REGTER VAN DIE
GAUTENGSE AFDELING. PRETORIA