About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 1053
|
|
Barnard v Ras (23443/2015) [2016] ZAGPPHC 1053 (20 December 2016)
IN
DIE GAUTENG AFDELING VAN DIE HOOGGEREGSHOF,
PRETORIA
SAAK
NR: 23443/2015
20/12/2016
Rapporteerbaar:
Nee
Van
belang vit ander regters: Nee
Hersien
In
die saak tussen:
M
BARNARD
Eiser
en
M
N
RAS
Verweerder
UITSPRAAK
J
W LOUW. R
[1]
Die eiser eis in sy persoonlike hoedanigheid en in sy hoedanigheid as
vader en voog van sy minderjarige seun Eli skadevergoedi
ng van die
verweerder na aaanleiding van 'n voorval op 16 Mei 2014 toe een van
die verweerder se varkhonde (bull terriers)
die kind, wat op
daardie stadium 4 jaar oud was, in die gesig gebyt het. Die kwantum
van die eiser se eis is by ooreenkoms tussen
die partye van die
meriete geskei en
sine die
uitgestel.
[2]
Die eiser se hoofeis is gebaseer op die
actio de pauperie.
Die
eiser se alternatiewe eis is gegrond op die
actio legis Acquiliae.
Om te slaag met die
actio de pauperie
moet 'n eiser bewys
dat die verweerder die eienaar van die dier was, dat dit 'n huisdier
is, dat die dier
contra naturam suam
opgetree het, dat die
benadeelde persoon regmatig op die perseel was waar die voorval
plaasgevind het en dat die eiser as gevolg
van die optrede van
die dier skade gely het. Nalatigheid aan die kant van die verweerder
is nie 'n vereiste nie. Die enigste
geskilpunt in die huidige aksie
is die vraag of die hond
contra naturam suam
opgetree het. Die
verweerder ontken dit en steun op die verweer dat die hond deur die
seun geprovokeeer is.
[3]
Dit is gemeensaak dat die eiser 'n gedeelte van 'n woonhuis gelee op
'n plot in Montana Landgoed van die verweerder gehuur het
en dat die
gedeelte van die woning wat die eiser gehuur het nie van die res van
die perseel geskei was nie. Toe die eiser op 16
Desember 2013
ingetrek het, het die verweerder nie meer in die ander gedeelte van
die woonhuis gewoon nie, maar was daar nog van
sy besittings daar.
Die verweerder se twee honde is op die plot in 'n staalhok wat
met draad toegespan is, aangehou.
Die hok het aan die voorkant twee
staal hekke waardeur die honde uitgelaat kon word. Aan die agterkant
van die hok is daar 'n oop
kamp wat met draad toegespan is en met
gras beplant is waarin die honde kon rond beweeg.
[4]
Die eiser, wat die afgelope 5 jaar in 'n rolstoel is, het getuig dat
hy tydens die voorval in die sitkamer van die huis op sy
rolstoel
middagete gesit en eet het. Die seun en die eiser se huishulp, wat
ook die seun se versorger is, Me Johanna Baloyi,
het op die
steep direk voor die sitkamer by 'n tafel gesit en eet. Dit was hulle
daaglikse roetine. Die sitkamer en die steep
is met 'n
skuifdeur van mekaar geskei. Vanwaar die eiser gesit het, kon hy nie
vir Me Baloyi en die seun sien nie. Hy het skielik
'n geskree gehoor
en sy rolstoel vinnig agteruit gerol om hulle te kan sien. Hy het
gesien hoe Me Baloyi die een hond aan die nek
gryp en wegstoot van
Eli. Die ander hond was by hulle voete. Eli het geskree en Me Baloyi
het horn opgetel en op die eiser se skoot
gesit. Die eiser en Me
Baloyi het daarna met Eli na die Montana hospitaal gery waar
Eli gestabiliseer is voordat die eiser
horn na die Eugene Marais
hospital geneem het waar hy opgeneem is.
[5]
Die eiser het getuig dat een van die honde voorheen vir Me Baloyi
gebyt het en dat dit daarom 'n huisreel was dat nie een van
hulle
naby die honde mag gaan nie. Hy het die honde as gevaarlik
beskryf. Hy het, nadat Me Baloyi gebyt is, vir die
verweerder
gevra om 'n heining om die swembad en tuingedeelte wat deur die eiser
benut en is op te sit. Die verweerder het toe
'n houtheining daar
opgerig. Die verweerder het ontken dat ky enige
kennis dra van die feit dat Me Baloyi gebyt
is en het getuig dat die
rede waarom die eiser vir die oprigting van 'n heining gevra het, was
omdat die eiser gese het dat die
honde op die banke op die eiser se
stoep klim en hul hare die stoep bemors. Die eiser het ontken dat
daar ooit enige bank
of banke op die stoep was.
[6]
Me Baloyi het getuig dat sy en die seun ten tye van die insident op
die stoep gesit en eet het. Toe sy opkyk, het sy die hond
gesien. Die
hond het vinnig opgedaag nadat hy onderdeur die hout tralies gekruip
het. Op daardie stadium het die seun 'n hoender
boudbeen wat in sy
bord was opgetel. Toe hy dit in sy mond plaas, het die hond direk na
sy gesig gegryp. Dit is gemeensaak dat
dit die manlike hond was. Sy
weet nie hoe sy dit reggekry het nie, maar sy het die hond met beide
hande aan die nek beetgekry en
horn na regs gesmyt. Sy en Eli het
beide geskree. Sy het ontken dat Eli die hond geterg het met die
hoenderbeen en gese sy glo
nie 'n hond sal iemand byt wat horn iets
gee om te eet nie. Dit is in kruisverhoor aan haar gestel dat die
verweerder sou getuig
dat sy vir horn gese het dat Eli die hond met
'n hoenderbeen geterg het. Sy het dit ontken. Dit is aan haar gestel
dat die honde
nie kwaai was nie. Sy het met 'n teenvraag geantwoord:
Hoekom, as hulle nie kwaai was, het 'n hond haar op die voet
gebyt?
Sy het getuig dat die hond haar
in Februarie 2014 gebyt het en dat die verweerder daarna die
hooutheining opgerig het.
[7]
Me Baloyi het 'n baie goeie indruk op my gemaak en was baie seker oor
dit waaroor sy getuig het. Dit is namens die verweerder
betoog
dat haar getuienis met versigtigheid oorweeg moet word as gevolg van
haar persoonlike verbintenis met die eiser en
Eli. Sy het sekerlik as
gevolg van die voorval baie simpatie met Eli gehad, maar ek het niks
in haar getuienis gevind wat enigsins
daarop gedui het dat sy nie
die waarheid praat of dat sy bevooroordeeld is nie. Sy is oor
sekere aspekte van haar getuienis
in kruisverhoor gekritiseer.
Die eerste aspek was dat sy op foto 62 in Bewysstuk "B"
'n paal in die draadheining
om die honde se kamp uitgewys het waar
die verweerder volgens haar die draadheing van bo tot ender losgehaak
het om die honde uit
te laat, terwyl sy tydens die inspeksie
in
loco
wat
op versoek van die verweerder gehou is
[1]
'n ander paal uitgewys het. Toe die verweerder se prokureur tydens
die inspeksie uitgewys het dat die draadheining nie by die
eersgenoemde paal losgemaak kan word nie, het Me Baloyi onmiddellik
aangedui dat dit nie die paal is waarvan sy gepraat het nie
en het sy
toe die laasgenoemde paal uitgewys en aangedui waar die draadheining
deur die eiser afgehaak is om die honde uit te laat.
Die draad hakies
waarmee die heining van bo tot ender los- en vasgehaak kan word, is
steeds daar. Haar uitwysing in die hof van
eersgenoemde paal op die
foto is na my mening waarskynlik die gevolg van 'n verkeerde
interpretasie van die foto eerder as
'n doelbewuste onwaarheid.
Daar is geen logiese rede waarom sy doelbewus 'n
verkeerde paal op die foto sou
uitwys terwyl sy tydens die
inspeksie presies geweet het, en aangedui het, waar die draad
losgehaak kon word. Die eiser is tydens
kruisverhoor gevra waar die
honde uitgekom het. Sy antwoord was dat hulle, volgens Me
Baloyi, deur 'n gat in die heining
gekom het wat die eiser gese het
links is van die person wat op foto 64 van Bewysstuk "B"
gesien kan word. Die person
staan duidelik nie by die eersgenoemde
paal nie, en is nader aan die laasgenoemde paal wat deur Me
Baloyi tydens die inspeksie
uitgewys is. Me Baloyi het verder tydens
die inspeksie uitgewys dat die heining tans op daardie plek met
stukkies binddraad vasgeheg
is, maar gese dat die binddraad nie
tydens die voorval daar was nie.
[8]
Die volgende aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy in
haar getuienis gese het dat, afgesien van die skuifslotte
waarmee
die twee hekke van die hondehok togesluit is, daar ook slotte
was waarmee die hekke gesluit is waarvoor daar
sleutels was,
terwyl dit tydens die inspeksie geblyk het
dat daar geen slotte is nie en dat die skuifslotte
nie oopsluitslotte
kan akkomodeer nie. Dit beteken egter nie dat die hekke
nie op 'n ander manier met slotte gesluit
kon gewees het nie,
byvoorbeeld deur 'n ketting te gebruik. In haar getuienis het sy gese
dat die slotte daar was toe
hulle daar gewoon het
en dat dit verwyder is nadat hulle getrek het. Sy is nie in die
hof of tydens die inspeksie
gevra om te verduidelik hoe daardie
slotte gewerk het nie. Die verweerder het getuig daar geen rede was
om die hekke met slotte
te sluit nie aangesien die honde nie
aggressief was nie. Enige persoon, ook Eli, kon die skuifslotte
oopmaak. Daarteenoor het die
verweerder getuig dat Eli en sy maats
die motorhek in die heining oopmaak om by 'n voelhok te kom, en dat
hy toe die honde in die
hok gesit het vir die veiligheid van die
kind. Wat van belang is in hierdie verband is dat indien die honde by
een van die hekke
uitgelaat sou word, hulle onmiddellik binne die
eiser se afgekampte gedeelte van die perseel sou wees, terwyl dit nie
die geval
sou wees indien hulle deur die draadheining op
die plek wat deur Me Baloyi uitgewys is, uitgelaat sou gewees het
nie.
[9]
Die volgende aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy getuig
het dat die verweerder slegs op Vrydae na die perseel
gekom het om
die honde te voer, terwyl dit uit die verslae van die eiser se
voertuigopsporingsmaatskappy (Netstar) geblyk het dat
hy meer dikwels
by die perseel was, ook gedurende Mei 2014 toe die voorval
plaasgevind het. Op daardie stadium het Me Baloyi drie
dae per week
vir die eiser gewerk. Sy sou die eiser dus nie op enige van die ander
dae gesien het nie. Dit is ook moontlik dat
die eiser op geleenthede
slegs na sy gedeelte van die woning gegaan het en nie na die
hondehokke waar Me Baloyi horn sou gesien
het nie. Daar blyk nie
enige rede te wees waarom Me Baloyi oor hierdie aspek, wat niks
met die voorval te doen het nie, doelbewus
nie die waarheid sou
vertel nie. Die eiser se getuienis was oak dat die verweerder een
keer per week na die perseel gekom het om
vir die honde kos en watter
te gee. Hy het verder getuig dat die eiser soms op 'n Saterdag gekom
het om tyd met die honde te spandeer.
Hierdie getuienis van die eiser
is nie in kruisverhoor betwis nie. Hy is slegs verwys na die item op
die Netstar verslag wat aantoon
dat die verweerder op die dag van die
insident om 13h50 met sy voertuig by die perseel was. Dit is nie deur
die eiser betwis nie.
[10]
'n Verdere aspek waaroor Me Baloyi gekritiseer is, is dat sy nie in
staat was om die beedigde verklaring wat sy op 5 Mei 2016
afgele het,
wat in Afrikaans getik is, te lees of te verstaan nie. Dit is namens
die verweerder betoog dat haar weergawe van gebeure
in die verklaring
aan haar voorgese is. Daar is geen basis vir hierdie submissie
nie. Afrikaans is nie Me Baloyi se
huistaal nie. Haar hoogste
skoolopleiding is Graad 5. Sy het getuig dat sy Afrikaans verstaan,
maar "nie so duidellik nie".
Toe sy gevra is om die
verklaring te lees, het sy gese sy verstaan nie wat in die dokument
staan nie, maar as die verweerder se
advokaat dit vir haar lees, sal
sy verstaan. Sy sal dan ja of nee kan se. Die verklaring
is toe nie aan haar voorgelees
nie. Die inhoud daarvan strook met
haar weergawe in die hof.
[11]
Die volgende aspek van haar getuienis waaroor Me Baloyi
gekruisverhoor is, is dat sy getuig het dat sy reeds in Februarie
2014 deur een van die verweerder se honde gebyt is, terwyl die eiser
se getuienis was dat Me Baloyi gedurende April 2014 gebyt
is.
Toe Me Baloyi met hierdie verskil tussen haar getuienis en die van
die eiser gekonfronteer is, was haar antwoord dat die eiser
miskien
vergeet het, dat sy die person is wat gebyt is en dat sy nie sal
vergeet nie. Dat Me Baloyi se weergawe van die datum waarskynlik
korrek is, word gestaaf deur die stelling wat aan haar gemaak is dat
die verweerder die houtheining in Februarie 2014 opgerig het,
wat sy
bevestig het en gese het dat dit gedoen is nadat die hond haar gebyt
het. Hierdie verskil tussen Me Baloyi se getuienis
en die van die
eiser is na mening van geen belang nie. Dit maak nie enige van hulle
se getuienis ongeloofwaardig soos wat betoog
is nie. Die feit dat Me
Baloyi deur een van die honde gebyt is was nie gedurende die
kruisverhoor van die eiser of Me Baloyi
in geskil geplaas nie. Die
verweerder het egter in kruisverhoor gese dat hy nie glo dat Me
Baloyi gebyt is nie omdat die datums
wat sy en die eiser genoem het
waarop dit sou gebeur het, verskil.
[12]
Die laaste punt van kritiek teen Me Baloyi se getuienis is dat sy nie
in haar hoofgetuienis, anders as in kruisverhoor, melding
gemaak het
van die vroulike hond se teenwoordigheid tydens die voorval
nie. Ek vlnd dit nie vreemd nie. Die vroulike
hond het geen rol
in die voorval gespeel nie.
[13]
Die enigste getuienis wat deur die eiser aangebied is om sy verweer
van provokasie van die hond te bewys, was dat Me Baloyi
vir horn gese
het dat die kind die hond met 'n hoenderbeen geterg het. Soos reeds
gemeld, het Me Baloyi dit ontken. Die verweerder
het getuig
dat Me Baloyi vir horn gese het dat Eli die hond met 'n
been geterg het en dat, toe hy een keer die
been na sy mend terugvat,
die hond horn "skrams gebyt het". Hy het dit in
kruisverhoor herhaal. Dat Me Baloyi vir die
verweerder sou gese het
dat die hond vir Eli skrams gebyt het, kan net nie waar wees indien
daar gekyk word na die foto's van Eli
se gesig wat deel vorm van
Bewysstuk "A" nie. Dit is ook nie aan Me Baloyi in
kruisverhoor gestel dat sy aan die verweerder
gese het dat die hond
die kind "skrams" gebyt het nie, en is duidelik 'n
nagedagte wat die verweerder in die getuiebank
uitgedink het. In
kruisverhoor het hy nog verder gegaan en gese dat Me Baloyi vir horn
gese dat sy vir Eli gese het om nie die
hond te terg nie. Dit is ook
nie aan Me Baloyi gestel nie en is ook klaarblyklik 'n nagedagte wat
hy in die getuiebank uitgedink
het. Toe hy verwys is na Me Baloyi se
getuienis dat sy die hond gegryp en weggestoot het (wat ook die eiser
se getuienis was),
was sy antwoord dat hy nie kon sien hoe sy dit sou
kon regkry om 'n aggressiewe hond om die nek te gryp nie. Die eiser
en Me Baloyi
se getuinis in hierdie verband was egter onbetwis.
[14]
Die verweerder het my nie as 'n getuie be'indruk nie. Hy was
argumentatief en het getuienis van die eiser en Me Baloyi sender
goeie rede betwis. Ek verwys na die feit da thy ontken het dat Me
Baloyi deur 'n hond gebyt is. 'n Ander voorbeeld is dat
hy
ontken het dat Me Baloyi saam met die eiser gery het toe die eiser
vir Eli na die Montana hospital geneem het. Die eiser se
getuienis
was dat hy die motor bestuur het en dat hy vir Me Baloyi saamgeneem
het, maar dat hy haar by die huis afgelaai
het voordat hy vir
Eli na die Eugene Marais hospital geneem het. Die verweerder het in
kruisverhoor gese dat dit onwaar was dat
Me Baloyi saam na die
hospitaal gery het, en dat hy die eiser se weergawe oor die Montana
hospitaal en dat hy vir Me Baloyi afgelaai
het betwis. Die verweerder
se weergawe was dat die eiser horn geskakel het en meegedeel het dat
sy hond vir Eli geby het, dat hy
dadelik van sy kantoor na die
perseel gery het, dat hy die eiser by die perseel se hek by die
straat teegekom het en dat slegs
die eiser en Eli in die eiser se
voertuig was. Die verweerder se getuienis sluit nie die moontlikheid
uit dat die eiser met
Eli by die Montana hospitaal was voordat
hy die verweerder by die hek van die eiendom ontmoet het nada thy Me
Baloyi aafgelaai
het nie, maar die verweerder was nie bereid om
dit toe te gee nie. Hy het gese dat hy in soortgelyke omstandighede
sy vriendin
sou gevra het om die kind in die motor vas te hou omdat
hy 'n besorgde ouer is, maar hy weet nie wat die eiser sou gedoen het
nie.
Daardeur het hy te kenne gegee dat die eiser nie 'n besorgde
ouer was nie. Daar was geen regverdiging vir so 'n suggestie nie en
dit spreek van kwaadwilligheid.
[16]
In
National
Employers' genereal insurance
Co
Ltd v
Jagers
[2]
het die
hof die volgende gese:
"It seems to me,
with respect, that in any civil case, as in any criminal case, the
onus
can ordinarily only be discharged by adducing credible
evidence to support the case of the party on whom the
onus
rests.
n a civil case the
onus
is obviously not as heavy
as it is in a criminal case, but nevertheless where the
onus
rests
on the plaintiff as in the present case, and where there are
two mutually destructive stories, he can only succeed
if he satisfies the Court on a preponderance of probabilities that
his version is true and accurate and therefore acceptable, and
that
the other version advanced by the defendant is therefore false or
mistaken and falls to be rejected.In deciding whether that
evidence
is true or not the Court will weigh up and test the plaintiff's
allegations against the general probabilities. The estimate
of the
credibility of a witness will therefore be inextricably bound up with
a consideration of the probabilities of the case and,
if the balance
of probabilities favours the plaintiff, then the Court will accept
his version as being probably true. f however
the probabilities are
evenly balanced in the sense that they do not favour the plaintiff's
case any more than they do the defendant's,
the plaintiff can only
succeed if the Court nevertheless believes him and is satisfied that
his evidence is true and that the defendant's
version is false."
[17]
Die verweerder, op wie die bewyslas rus, het na my oordeel nie daarin
geslaag om op 'n oorwig van waarskynlikhede aan te toon
dat sy
weergawe dat die hond deur Eli geprovokeer is, waar is en dat die
weergawe van Me Baloyi daarom vals is en verwerp moet
word nie. Die
verweerder het, soos hierbo gemeld, ender
kruisverhoor sy weergawe aangedik
met byvoegings
wat hy uitgedink het soos wat hy verder getuig het. Ek is nie bereid
om sy weegawe te aanvaar as meer waarskynlik
as die weergawe van Me
Baloyi nie.
[18]
Dit volg dat die die verweerder horn nie van sy bewyslas gekwyt het
nie en dat die eiser se eis gebaseer op die
actio de pauperie
moet
slaag. In die lig hiervan, is dit nie nodig om oorweging te skenk aan
die eiser se alternatiewe eis gebaseer op die
actio legis
Acquiliae,
waarvoor nalatigheid deur die verweerder 'n vereiste
is, of die getuienis van die partye in hierdie verband nie.
[19]
Die volgende bevel word gemaak:
[a] Die verweerder is
aanspreeklik vir 100°/o van die
eiser en die minderjarige
kind Eli Barnard se
bewese of ooreengekome skade.
[b] Die verweerder word
gelas om die eiser se koste te betaal.
Eiser
se advokaat: G D Lubbe
In
opdrag van: Nell, Kotze & van Dyk, Pretoria
Verweerder
se advokaat: P S A J Jacobsz
In
opdrag van: Erasmus Ing., Pretoria
[1]
'n Oorkonde van die uitwysings wat tydens die inspeksie deur die
teenwoordige persone gemaak is, is deur my griffier opgestel
en die
korrektheid daarvan is deur die partye aanvaar. Die oorkonde
vorm gevolglik deel van die rekord van die hof se verrigtinge.
[2]
1984 (4) SA 437
(E) 440D-G