About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 1161
|
|
Bezuidenhout en S (A532/2014) [2016] ZAGPPHC 1161 (23 November 2016)
REPUBLIC
OF SOUTH AFRICA
IN THE HIGH COURT OF
SOUTH AFRICA
GAUTENG DIVISION,
PRETORIA
DATE: 23/11/16
CASE
NO:
A532/2014
OF
INTEREST TO OTHER JUDGES: NO
REPORTABLE:
NO
In
die saak tussen:
SUSARAH
BEZUIDENHOUT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
AC
BASSON, J
[1]
Die appellant (Me
Susarah Bezuidenhout) is aangekla en skuldig bevind op ses aanklagtes
van diefstal van kontant van haar werkgewer
(Witbank Plumbing) wat
gepleeg is oor ‘n periode vanaf Maart 2001 to 6 Junie 2006.
[2]
Die
Staat het gesteun op ‘n algemene tekort in terme van artikel
100 van die Strafproseswet
[1]
(“die Wet”) asook op artikel 51(2) van die Algemene
Strafreg Wysigingswet.
[2]
[3]
Die appellant het
onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking gegee nie. Sy is
op 13 Oktober 2010 aan al ses aanklagtes
skuldig bevind. Op 11
Julie 2011 word sy op aanklagtes 1, 3, 4, 5 en 6 gevonnis to 5 jaar
gevangenisstraf op elke aanklagt.
Op aanklagt 2 word die
appellant gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Die hof het
gelas dat die vonnis op aanklagtes
1, 3, 4, 5 en 6 saamloop met die
15 jaar vonnis. Die appellant is gevolglik gevonnis tot ‘n
effektiewe gevangenistermyn
van 15 jaar.
[4]
Die appellant het
geappelleer teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis.
[5]
Uit die staanspoor moet
daarop gewys word dat dit gemeensaak is dat die vonnis van 15 jaar op
aanklag 2 verkeerdelik
o
pgelê
is vir redes waarna hieronder gewys
sal word.
[6]
Die Staat het altesaam
11 getuies geroep wat in besonderhede getuig het oor die wyse waarop
kontantgeld in die werksplek mee gehandel
is. Ter ondersteuning
van haar saak het die appellant self getuig en twee ander getuies
geroep. ‘n Magdom dokumente
het ook voor die verhoorhof gedien.
[7]
In die loop van die
verrigtinge is daar, onder andere, ook formeel erken dat vier
verskuldigde betalings nie aan SARS ten opsigte
van BTW betaal is
nie. ‘n Bedrag van R 129 193.44 is wel later aan SARS
oorbetaal. Die appellant kon ook geen
redelike verduideliking
gee waarom die dokumentasie ten aansien van Belasting of Toegevoegde
Waarde (“BTW”) by haar
huis weggesteek is nie.
[8]
Ek is nie van voorneme
om die getuienis wat omvangryk was op te som nie. Alhoewel die Staat
se saak berus het op omstandigheidsgetuienis,
blyk dit dat dit
gemeensaak was dat die bedrae kontantgeld wat gedeponeer is minder
was as die bedrae geld wat ontvang is en waarvoor
kwitansies deur die
appellant uitgereik is. Dit blyk ook uit die getuienis dat
alhoewel dit nie moontlik was om presies te
kon bepaal hoeveel geld
weggeraak het nie, dit tog blyk dat dit ‘n aansienlike bedrag
geld was. Verskeie getuies het
ook getuig dat die besigheid
hoofsaaklik kontantaangedrewe was en dat dit die appellant se plig
was om die kontant in die besigheid
te on
t
vang.
Dit was verder gemeensaak dat dit die appellant se
verantwoordelikheid was om na ontvangs van die kontant die
depositostrokies
uit te skryf waarna die geld gedeponeer is.
[9]
Die verhoorhof het
korrek opgesom dat die vraag voor die hof was wie die grootskaalse
diefstal gepleeg het en of daar ‘n redelike
moontlikheid was
dat iemand anders as die appellant die geld kon gesteel het. Die
landdros het die getuienis oorweeg en in
ag geneem dat die persoon
wat verantwoordelik was vir die diefstal iemand moes gewees het wat
die geld ontvang het, betrokke was
by die deponering van die kontant
en laastens uitgebreide kennis gehad het van die Pastel
rekenaarprogram wat deur die besigheid
waar die appellant gewerk het,
gebruik is.
[10]
Die verhoorhof het tot
die gevolgtrekking gekom dat die appellant die enigste persoon was
wat aan hierdie profiel voldoen het. Verdermeer,
alhoewel die
appellant hard probeer het om Mnr Elliot (jr) te impliseer in die
tekorte kon sy nie ‘n aanvaarbare verduidelik
gee waarom sy
nooit aan Mnr Elliot (sr) gerapporteer het dat geld oor ‘n baie
lang tydperk weggeraak het tussen die periode
nadat sy die kontant
ontvang en ‘n kontantstrokie uitgereik het en die stadium
waarop die geld daarna gedeponeer is nie.
Sentaal tot al die
aanklagtes was die feit dat ‘n verminderde bedrag gedeponeer is
in die bank as wat die appellant het en
dat die appellant daarvan
bewus was. Die verhoorhof het ook met die getuienis rondom die
BTW tjeks wat in die appellant se
klerekas gevind is, gehandel.
[11]
Die hof kom dan tot die
gevolgtrekking dat die appellant betrokke was by grootskaalse
diefstal by Witbank Plumbing.
[12]
Alhoewel
die Staat hoofsaaklik op omstandigheidsgetuienis gesteun het, is dit
ook so dat omstandigheidsgetuienis nie noodwendig
swakker of
minderwaardige getuienis is nie.
[3]
[13]
Die vraag voor hierdie
hof is of daar genoegsame getuienis voor die verhoorhof was waarop
tot die gevolgtrekking gekom kon word
dat die appellant inderdaad bo
redelike twyfel skuldig is aan die diefstal van die geld.
[14]
In
S
v Hadebe and Others
[4]
het die hof die beginsels wat in ag geneem moet word by die oorweging
van die meriete van ‘n appèl uiteengesit. In
daardie saak het die hof die beginsel bevestig dat daar slegs
ingemeng sal word as daar ‘n wesenlike dwaling was of waar
dit
blyk dat die hof duidelik verkeerd was:
“
Before
considering these submissions it would be as well to recall yet again
that there are well-established principles governing
the hearing
of appeals against findings of fact. In short, in the absence of
demonstrable and material misdirection by the trial
Court, its
findings of fact are presumed to be correct and will only be
disregarded if the recorded evidence shows them to be clearly
wrong.
The reasons why this deference is shown by appellate Courts to
factual findings of the trial court are so well
known that
restatement is unnecessary.
[5]
Die
hof in
Hadebe
wys verder ook daarop dat daar na die getuienis in die geheel gekyk
moet word en dat elke aspek van die getuienis nie in isolasie
oorweeg
moet word nie:
“
In
assessing whether or not such is the case, the approach which
commended itself in
Moshephi
and Others v R
(1980-1984) LAC 57
at 59F - H seems appropriate in the particular
circumstances of the matter:
'The
question for determination is whether, in the light of all the
evidence adduced at the trial, the guilt of the appellants was
established beyond reasonable doubt. The breaking down of a
body of evidence into its component parts is obviously a useful
aid
to a proper understanding and evaluation of it. But, in doing
so, one must guard against a tendency to focus too intently
upon the
separate and individual parts of what is, after all, a mosaic of
proof. Doubts about one aspect of the evidence
led in a
trial may arise when that aspect is viewed in isolation. Those
doubts may be set at rest when it is evaluated again
together with
all the other available evidence. That is not to say that a
broad and indulgent approach is appropriate when
evaluating evidence.
Far from it. There is no substitute for a detailed and
critical, examination of each and every
component in a body of
evidence. But, once that has been done, it is necessary to step
back a pace and consider the mosaic
as a whole. If that is not
done, one may fail to see the wood for the trees.'
[6]
[15]
Ek is tevrede dat die
verhoorhof die getuienis in sy totaliteit korrek oorweeg het en dat
daar nie tot die gevolgrekking gekom kan
word dat die hof in die
oorweging van die getuienis wesenlike gedwaal het nie. Die
appèl op grond van die skuldigbevinding
op al die klagtes word
derhalwe van die hand gewys.
Vonnis
[16]
Dit is ‘n
aanvaarde beginsel dat ‘n appèlhof slegs sal inmeng met
‘n vonnis as die hof van mening is dat
die vonnis onredelik,
onregverdig of onvanpas was of waar die hof van mening is dat die hof
gedwaal het.
[17]
Wat aanklagte 2
aanbetref was die Staat
ad
idem
met die
appellant se saak dat daar wel genoegsame rede bestaan om in te meng
met die opgelegte vonnis van 15 jaar en dat weens
die dwaling van die
hof hierdie hof genoodsaak is om die vonnis te heroorweeg. Dit
is gemeensaak dat daar nie genoegsame
getuienis voor die hof was om
die omvang van die diefstal binne die grense van artikel 51(2) van
die Algemene Strafprosseswet te
bring nie. Die minimum vonnis
van 15 jaar is dus nie van toepassing op aanklagte 2 nie en moet dus
tersyde gestel word en
vervang word met ‘n ander toepaslike
vonnis. Ek is van mening dat ‘n vonnis van 5 jaar ten
opsigte van aanklagte
2 ‘n gepaste vonnis sal wees.
[18]
Dit word dan ook gelas
dat al die vonnisse samelopend uitgedien moet word. Die appellant
word dan ‘n effektiewe termyn van
vyf (5) jaar gevangenisstraf
opgelê.
[19]
Namens die appellant is
geargumenteer dat hierdie hof moet oorweeg om ook in te meng met die
vonnis as ‘n geheel en om ‘n
vonnis op te lê wat in
sy geheel opgeskort moet word. Dit is ook geargumenteer dat die
appellant die maksimum korrektiewe
toesig opgelê moet word.
Dit het voorgekom asof die Staat nie werklik beswaar het teen
hierdie benadering nie.
[20]
Die
vraag of daar gronde bestaan om in te meng met die vonnis opgelê
ten opsigte van aanklagtes 1, 3, 4, 5 en 6 val in die
diskresie van
die hof. Hierdie vraag moet oorweeg word in die lig van die
aanvaarde beginsel dat die diskresie om ‘n
vonnis op te lê
binne die magte van die verhoorhof val en dat ‘n appèlhof
nie sondermeer sal inmeng met die
oplegging van ‘n vonnis deur
die verhoorhof nie behalwe in sekere uitsonderlike gevalle. In
die onlangse saak van
S
v Motloung
[7]
het
die appèlhof weereens die aanvaarde regsposisie as volg
bevestig:
“
[6] The law is
settled on when an appellate court may interfere with a sentence
imposed by a lower court. It can only do so
when there is a
material misdirection by the sentencing court. In
S
v Malgas
[2001] ZASCA 30
;
2001 (1) SACR 469
(SCA) Marais JA, dealing with the minimum sentence legislation,
stated that when considering sentence, the emphasis must shift
to the
objective seriousness of the type of crime and the public's need for
effective sanction against it.
[7]
In
Malgas
para 12, Marais JA provided guidance as to when an
appellate court can interfere with a sentence, as follows:
‘
A
court exercising appellate jurisdiction cannot, in the absence of
material misdirection by the trial court, approach the question
of
sentence as if it were the trial court and then substitute the
sentence arrived at by it simply because it prefers it. To do
so
would be to usurp the sentencing discretion of the trial court.'
But an appellate court
may interfere with the exercise by the sentencing court of its
discretion, even in the absence of a material
misdirection, when the
disparity between the sentence imposed by the trial court and the
sentence which the appellate court would
have imposed, had it been
the trial court, is 'so marked that it can properly be described as
shocking, startling or disturbingly
inappropriate'.
[8]
An appellate court can also interfere when there is no misdirection
but the sentence is disproportionate to the crime.
Marais JA
stated the test in
S v Sadler
[2000] ZASCA 13
;
2000 (1) SACR
331
(SCA) para 10:
'[I]mportant
to emphasise that for interference to be justified, it is not enough
to conclude that one's own choice of penalty would
have been an
appropriate penalty. Something more is required; one must
conclude that one's own choice of penalty is the appropriate
penalty
and that the penalty chosen by the trial court is not. Sentencing
appropriately is one of the more difficult tasks
which faces courts
and it is not surprising that honest differences of opinion will
frequently exist. However, the hierarchical
structure of our
courts is such that where such differences exist it is the view of
the appellate Court which must prevail.'
See
also
S v Cwele & another
[2012] ZASCA 155
;
2013 (1) SACR
478
(SCA) para 33, where Mpati P stated:
‘
It
is in my view unnecessary to consider the question whether the trial
court misdirected itself when it considered the existence
or
otherwise of substantial and compelling circumstances. This is
because I consider the disparity between the sentence imposed
by the
trial court and that which this court would have imposed, had it been
the trial court, to be so marked that it can properly
be described as
disturbingly inappropriate.’
Die
blote feit dat die appèlhof ‘n ander vonnis sou oplê
is nie genoegsame rede om in te meng met die vonnis
nie. Sien in
hierdie verband: S
v Sadler
:
[8]
[21]
In die lig van die
voorafgaande is dit duidelik dat ‘n appèlhof nie sonder
meer sal inmeng met ‘n vonnis bloot
omdat dit van mening is dat
‘n ander vonnis verkiesliker is nie. Dit moet ook oorweeg
word of die opgelegde vonnis
skokkend onvanpas was. Dit moet ook
oorweeg word of die vonnis disproporsioneel tot die oortreding is.
[22]
Wat
die vonnis van 5 jaar elk ten aansien van klagtes 1, 3, 4, 5 en 6
aanbetref is ek van mening dat daar geen gronde bestaan waarop
ingemeng moet word met die verhoorhof se oplegging van vonnis nie.
‘n Vonnis van 5 jaar op elke klagte is nie onvanpas
nie
en ook nie disproporsioneel tot die oortredings nie. Dit kan
nie uit die oog verloor word dat die appellant aan ernstige
klagtes
skuldig bevind is nie. Verdermeer moet ook in ag geneem word
dat die appellant oor baie jare die vertroue wat haar
werkgewer
(veral Mnr Elliot Sr) in haar gehad het gewetenloos misbruik het. In
hierdie verband het die hof in
S
v Prinsloo
[9]
breedvoerig gehandel met die skending van die vertrouensverhouding
wat daar tussen ‘n werkgewer en ‘n werknemer bestaan
en
die plig wat daar op ‘n hof rus om ‘n boodskap uit te
stuur aan die publiek dat sodanige misbruike nie ligtelik
oorgesien
sal word nie:
“
I
adhere to the view that theft from an employer must be heavily
penalised. The employer is entitled to expect unswerving
honesty from the employee in return for the wages he pays and the
benefits he gives him. Nothing but implicit acceptance
of that
obligation will keep the wheels of commerce turning smoothly. For
further cases where the victim had been the
appellant's
employer, see
S v
Moshlabane
(T),
case No 1425/89, 6 November 1989, where the Court refused to
interfere with the substantial prison sentence in a case where
platinum had been stolen from a mine in a single act of theft; and
S v Hugo
(W), case No A1211/91, 12 February 1992, where building materials
had been stolen over a period from an employer by a person
supervising other employees and where the Court, of which I was part,
refused to alter a sentence of five years' imprisonment.
I refer to these various
cases because they illustrate that the employer is in a particularly
vulnerable position in relation to
employees who choose to deal
dishonestly with the employer's assets. I consider it the duty
of the courts whenever this
sort of misdemeanour is detected to
send out the message that such conduct will be severely punished.
In the present case the
loss may have been repaid but that was done only after the charges
were laid. While there may be sympathy
for the appellant's
personal circumstances, for there were some psychiatric problems to
which a psychiatrist testified, there is
no basis for relaxing the
principles that I have expressed. I continue to hold the
view that it must be brought home
to the public and to employees
in particular that light-fingeredness with respect to employer's
property will not be tolerated
by the courts. The sentence
imposed by the magistrate in the present case seems to me to be in
the circumstances of this
case an appropriate one.
In the
result I conclude that not only is imprisonment the most appropriate
sentence in the present case but I also consider that
a period of
imprisonment of six years is fitting to the crime, both because of
the circumstances of the case and the substantial
amounts
involved in the offences. It is true that the appellant is a
woman of some education who has had, up till the time
that she
entered the bank, a hard road to hoe, a wife and a mother of a young
child, and one is reluctant to condemn such a person
to imprisonment.
But while the child has been born since the offences were committed,
detection, apprehension and punishment in
the way of imprisonment
are prospects which the person embarking on this sort of crime
must always foresee.”
[10]
[23]
In die lig van die
voorafgaande word die volgende bevel voorgestel:
1.
Die appèl ten
aansien van skuldigbevinding op al die aanklagtes word van die hand
gewys.
2.
Die appèl ten
aansien van die vonnis van 15 jaar ten aansien van aanklag 2 slaag.
Die bevel van die verhoorhof word
vervang met die volgende
bevel: Die beskuldigde word ‘n vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf opgelê teen aansien
van aanklag 2.
3.
Daar word gelas dat die
vonnis op aanklagte 1, 2, 3, 4, 5 en 6 samelopend uitgedien moet word
met die gevolg dat die appellant ‘n
effektiewe termyn van vyf
(5) jaar gevangenisstraf opgelê word.
_________________________
AC
BASSON
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam
_________________________
N
KOLLAPEN
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Verskynings
Vir
die appellant
:
Adv. M
Bouwer
In
opdrag van
: Wynand Prinsloo
Van Eeden ing
Vir
die respondent
:
Adv. S
Veenemans
In
opdrag van
:
Die Staatsprokureur
[1]
Wet 51 van
1977.
[2]
Wet 105 van
1997.
[3]
S v
Shabalala
1966 (2) SA 297
(A).
[4]
1997 (2)
SACR 641 (SCA).
[5]
Ibid
op 645D – F.
[6]
Ibid
op 645H – 646B. Sien ook:
Rex
v Dhlumayo and Another
1948
(2) SA 677
(A).
[7]
2016 (2)
SACR 243 (SCA).
[8]
2000 (1) SACR 331 (SCA).
[9]
1998 (2)
SACR 669 (W).
[10]
Op bladsy
672B – I.