Kleinfontein Spaar en Krediet Kooperatief Beperk v Schmitz (24801/2013) [2016] ZAGPPHC 944 (3 November 2016)

72 Reportability
Commercial Law

Brief Summary

Arbitration — Referral to arbitration — Existence of arbitration clause — Applicant sought summary judgment for outstanding loan amount — Respondent contended that dispute was subject to arbitration as per loan agreement — Respondent later indicated preference for court proceedings — Court held that the arbitration clause was binding and that the dispute should be referred to arbitration, despite the respondent's change of position.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 944
|

|

Kleinfontein Spaar en Krediet Kooperatief Beperk v Schmitz (24801/2013) [2016] ZAGPPHC 944 (3 November 2016)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
/ES
(
GAUTENG AFDELING, PRETORIA
)
SAAK
NO:  24801/2013
DATUM:  3/11/2016
Rapporteerbaar: NEE
Van belang vir die ander regters: NEE
Hersien
IN DIE SAAK TUSSEN
KLEINFONTEIN SPAAR EN KREDIET
KOÖPERATIEF
BEPERK                                                                                              APPLIKANT
EN
HERBERT
SCHMITZ                                                                                                 RESPONDENT
UITSPRAAK
PRINSLOO, R
[1]        Dit is gemene saak
tussen die partye dat die applikant gedurende 2007, en in terme
van
'n skriftelike leningsooreenkoms, 'n bedrag geld aan die respondent
geleen het.  Dit sou in paaiemente terugbetaalbaar
wees.
Die aanvanklike lening het R153 000,00 beloop.
[2]        Dit is ook gemene saak
dat die respondent op 'n stadium agterstallig geraak het met
sy
betalings, en in 2013 het die applikant, as eiser, aksie ingestel, in
hierdie hof, teen die respondent, as verweerder, vir betaling
van die
uitstaande balans, wat toe ongeveer R130 000,00 beloop het, met
rente.
[3]        Toe die respondent
verskyning aanteken om te verdedig, het die applikant aansoek
gedoen
vir summiere vonnis.
In sy opponerende eedsverklaring, het die respondent hom beroep op
die bestaan van 'n geskilbeslegtingsprosedure wat vervat is
in die
leningsooreenkoms, en aangevoer dat die aksie gestuit moet word in
terme van die bepalings van die Arbitrasiewet, Wet 42
van 1965, en
dat die geskil na arbitrasie verwys moet word.  Die respondent
het aangedui dat hy 'n spesiale pleit tot hierdie
effek sou indien.
In die lig van hierdie verwikkeling, het die applikant besluit om die
respondent gelyk te gee, en toe die partye nie ooreen kon
kom oor die
logistieke reëlings om die arbitrasie van stapel te stuur nie,
het die applikant, in Maart 2015, hierdie aansoek
geloods.  Die
regshulp wat aangevra word, is vir 'n bevel dat die regsgeding wat
die applikant ingestel het gestuit word en
dat 'n arbiter aangestel
word.  In die kennisgewing van mosie, bede 3 daarvan, word die
naam van 'n moontlike arbiter genoem
en ook melding gemaak van
alternatiewe aanstellings wie se name reeds aan die respondent
verskaf is op 'n lys wat 'n aanhangsel
tot die kennisgewing van mosie
is.  Daar is ook 'n bede vir 'n bestraffende kostebevel.
[4]        Die aansoek is geloods
toe die respondent, in November 2014, meer as 'n jaar nadat
hy in
Oktober 2013 in sy opponerende verklaring gevra het vir 'n
arbitrasie, aangedui het dat hy nou weer verkies dat die aksie
moet
voortgaan en dat daar nie gearbitreer word nie.
[5]        Die aansoek word
bestry.  Die respondent voer aan dat die geskil nie vatbaar
is
vir arbitrasie nie.
[6]        Voor my het mnr Van der
Merwe vir die applikant verskyn, en mnr Visser vir die respondent.

Ek bied my verskoning aan vir die vertraging met die voorbereiding
van hierdie uitspraak.
Kort samevatting van die onderliggende feite, en die historiese
verloop van sake
[7]        Die applikant is 'n
behoorlik opgerigte Koöperasie in terme van die Koöperasiewet,

Wet 91 van 1981, soos vervang kragtens die Koöperasiewet, Wet 14
van 2005.  Die applikant doen sake in die Kleinfontein

woongebied in die Cullinan distrik, en bedryf 'n Spaar en Krediet
Koöperatief onder toestemming van die Suid-Afrikaanse
Reserwebank.
Die applikant is 'n kredietverskaffer soos beskryf in die Nasionale
Kredietwet no 34 van 2005 en is behoorlik as sodanig
geregistreer in terme van artikel 40 van daardie Wet.
[8]        Dit is gemene saak dat
die partye behoorlik verteenwoordig was toe die skriftelike

leningsooreenkoms aangegaan is in 2007, en, soos ek gesê het,
dat die respondent agterstallig is met sy verpligtinge.
Hy is
ook behoorlik aangemaan in terme van artikel 129 van die Nasionale
Kredietwet voordat die dagvaarding destyds uitgereik is.
[9]        Die
"arbitrasieklousule" waarop die respondent hom beroep het
in sy opposisie
tot die summiere vonnis-aansoek, is vervat in
klousule 7 van die skriftelike leningsooreenkoms en lees soos volg:
"
7.
Jurisdiksie of geskil:
7.1       Die inhoud, uitleg,
interpretasie of kansellasie van die Ooreenkoms of
enige geskil
wat mag ontstaan uit die inhoud, uitleg, interpretasie, kansellasie
of nie nakoming
van die Ooreenkoms sal onderworpe wees aan
die geskilbeslegtingsprosedure hierby aangeheg as 'aanhangsel B';
7.2       Die Partye kom uitdruklik
ooreen dat indien daar
enige geskil ontstaan uit die ooreenkoms
ten aansien van die nie nakom van enige voorwaarde vervat in die
Ooreenkoms ongeag
die aard of die omvang daarvan of enige vraag ten
aansien van die interpretasie van die Ooreenkoms
hulle gebonde
sal wees aan die geskilbeslegstingsprosedure hierby aangeheg as
'aanhangsel B'."   (Ek beklemtoon.)
[10]      Die geskilbeslegtingsprosedure
"aanhangsel B" is ook by die funderende eedsverklaring

aangeheg.  Die volgende uittreksels daarvan is myns insiens van
belang:
• Die aanhef lees: "In die geval van
enige bestaande of
toekomstige geskille
kom die partye ooreen om die volgende
geskilbeslegtingsprosedure te volg".
• Onder die woordomskrywings word "arbitrasie" beskryf
as 'n geskil- beslegtingsprosedure soos bedoel in Wet 42
van 1965.
• "Geskil" word beskryf as "
enige geskil
tussen partye tot hierdie ooreenkoms insluitend die interpretasie van
hierdie en ander ooreenkomste tussen partye
".
• Klousule 1 van hierdie geskilbeslegtingsprosedure bepaal:
"Partye kom hiermee ooreen
dat alle bestaande of toekomstige
geskille
tussen ander partye en KSKK ('n verwysing na die
applikant) deur arbitrasie besleg sal word soos hierna beskryf ter
finale
beslegting van sodanige geskille."
• Klousule 2 bepaal dat 'n sekere interne prosedure gevolg moet
word alvorens die partye hulle tot arbitrasie wend.
Klousule 3
skryf ook voor dat die prosedure te alle tye gevolg moet word voor
arbitrasie tensy alle partye skriftelik toestem.
• Klousule 4 bepaal dat "
die prosedure neem 'n aanvang
deurdat 'n party skriftelik kennis gee van die bestaan van 'n
geskil
".
Daar is ook voorskrifte van hoe hierdie kennisgewing moet geskied.
• Klousule 6 skryf voor dat samesprekinge tussen partye
plaasvind totdat ten minste een party dit opskort en verwys vir
arbitrasie.
• Klousule 7 bepaal:
"
Nie-nakoming van enige van die vereistes vir die interne
prosedure gee aan die teenparty die bevoegdheid om die prosedure
summier
op te skort en vir arbitrasie te verwys indien hy so
verkies.
"
• Klousule 8, onder die opskrif "
Arbitrasie
"
bepaal:
"Ter finale en bindende beslissing van
enige geskil tussen
KSKK en 'n ander party
sal geskille vir arbitrasie verwys word."
• Klousule 9 skryf voor hoe 'n arbiter gekies word.  Dit
geskied óf deur ooreenkoms óf "by gebrek
aan
ooreenkoms sal KSKK aan die ander party 'n lys van tien potensiële
arbiters voorsien waaruit die teenparty 'n keuse kan
maak".
• Klousule 10 skryf voor dat hierdie die volle ooreenkoms tussen
die partye is rakende geskilbeslegting en geen verandering
sal geldig
wees tensy dit op skrif gestel is en deur alle partye onderteken is
nie.
• Hierdie dokument is op 22 Junie 2007 te Kleinfontein deur
en/of namens beide partye voor 'n getuie onderteken.
• Dit is nie in geskil nie dat die partye na versending van die
artikel 129 aanmaning in onderhandelinge getree het, maar
die
onderhandelinge was onsuksesvol.
[11]      Gedagtig aan die voorskrifte van
die geskilbeslegtingsprosedure het die applikant se prokureur,
op 13
Februarie 2013, aan die respondent se prokureur geskryf en meegedeel
dat hy nou opdrag het om voort te gaan met regsaksie
teen die
respondent.  In die skrywe word gevra dat die respondent
binne sewe dae moet aandui of hy 'n dispuut wil verklaar
en verkies
dat die geskil na arbitrasie verwys moet word vir beslegting.
Daar is meegedeel dat as daar nie binne daardie
tydperk gereageer
word nie, 'n dagvaarding uitgereik sal word.
[12]      Op 21 Februarie 2013 het die
respondent se prokureur geskryf dat hy nog nie 'n antwoord het
nie
(vermoedelik oor die kwessie van arbitrasie) en gesê dat as die
applikant se prokureur opdrag het om te dagvaar, hy die
dokument by
die respondent se prokureur kan beteken.
[13]      Uit hierdie verwikkelinge, het die
applikant se prokureur tot die gevolgtrekking geraak dat
die
respondent nie 'n dispuut in terme van die ooreenkoms wil verklaar
nie en/of sy samewerking wou gee om 'n arbiter by ooreenkoms
aan te
stel nie en oënskynlik verkies dat die saak voor 'n hof moet
kom.  Die applikant en sy prokureur het voorsien
dat 'n
dagvaarding moontlik kan lei tot verdere onderhandelinge, of selfs 'n
vonnis by verstek, of 'n aansoek deur die respondent
vir stuiting van
die regsgeding en verwysing na arbitrasie, of selfs 'n aksie wat
verdedig word.
[14]      Die dagvaarding is op 26 Julie
2013 beteken en, soos ek reeds genoem het, is daar 'n verskyning

aangeteken, aansoek om summiere vonnis gedoen en 'n opponerende
eedsverklaring afgelewer op 21 Oktober 2013.  Die applikant
het
die respondent verlof gegee om die saak te verdedig en die partye het
ooreengekom dat die koste van die aansoek en die opponering
daarvan
koste in die geding sal wees.
[15]      Dit is op hierdie stadium
gerieflik om in meer besonderhede te verwys na die respondent se
uitlatings in die opponerende verklaring ten opsigte van die summiere
vonnis aansoek.  Ek haal net 'n paar grepe daaruit
aan.
Onder die opskrif "
Ad
arbitrasie"

die respondent die volgende:
"4.2      In paragraaf 11 van die
Besonderhede van Vordering beweer die Applikant dat die partye

kontraktueel beding het dat enige dispuut na arbitrasie verwys sal
word.  Dit is inderdaad korrek, en in hierdie verband verwys
ek
respekvol na klousule 1.2.6 en 7.2 van die skriftelike ooreenkoms
...  Ek bevestig dat die partye ooreengekom het op 'n
proses van
arbitrasie.
4.3       Die applikant voer aan dat ek
afstand gedoen het van my reg om die dispuut na arbitrasie
te verwys,
welke ek ontken.  (Ek meen dit is 'n verwysing na die prokureur
se aanduiding,
supra
, dat as daar gedagvaar gaan word die
dagvaarding by sy kantore beteken kan word.)
4.7       In die lig van voormelde doen
ek met eerbied aan die hand dat die applikant nie geregtig
was om
dagvaarding teen my uit te reik nie, en dat die applikant die dispuut
by wyse van arbitrasie moet laat bereg.  Ek is
van voorneme
om 'n spesiale pleit tot dié effek te liasseer indien die
agbare hof aan my die geleentheid gun om die aksie
te verdedig.
4.8       Uit hoofde van voormelde doen
ek met eerbied aan die hand dat die applikant se aansoek
om summiere
vonnis alleen op hierdie grond van die hand gewys moet word, met 'n
gepaste kostebevel."
[16]      Daar was ook ander punte
in
limine
geopper.  Ek hoef nie daarna te verwys nie.
[17]      In paragraaf 8 van die opponerende
eedsverklaring word die sogenaamde "meriete" behandel:
• Die Kleinfontein nedersetting word bestuur deur die koöperasie
by name Kleinfontein Boerebelange Koöperatief Bpk
("KBK").
• KBK is die geregistreerde eienaar van die onroerende eiendomme
wat deel is van die plaas Donkerhoek waar die nedersetting
geleë
is.
• Deur die aankoop van aandele in KBK, verkry die koper die
benuttingsreg en/of gebruiksreg ten aansien van 'n spesifieke

gedeelte van die onroerende eiendom van KBK, en wat KBK toeken
ooreenkomstig 'n stelsel van interne kaart en transport.
• In Junie 2007 het die respondent sekere aandele in KBK gekoop
ten opsigte van 'n sekere erf in die nedersetting.
• Die applikant het die aansoek gefinansier en bedryf slegs die
besigheid van uitleen van geld aan lede van KBK om aandele
te koop,
asook om bouwerk op die betrokke eiendom wat toegeken is te
finansier.
• Dit is nie in geskil nie dat die applikant en KBK aparte
regs-entiteite is maar die respondent voer aan dat hulle dieselfde

direkteure en lede het en ook dieselfde ideologieë, en
oogmerke.  Die applikant is bewus daarvan dat die respondent die

aandele by KBK gekoop het om, onder andere, 'n woonhuis op die erf te
bou wat aan hom toegedeel is.  Hy het die reg om op
die betrokke
gedeelte te bou en verbeterings aan te bring tot sy eie voordeel.
Hy kan ook sy aandele in KBK verhandel en
die verbeteringe op sy
gedeelte van die onroerende eiendom aan derdes verkoop teen 'n wins.
[18]      Vir huidige doeleindes, is die
volgende bewerings in die eedsverklaring van die respondent van
meer
direkte belang:
"8.12    Tot die kennis van die applikant en KBK,
welke nie tot my kennis gestrek het tot 2012 nie, soos hieronder
mee
gehandel, is die onderliggende transaksie soos hierbo beskryf 'n
onwettige transaksie, spesifiek uit hoofde van die volgende:
8.12.1  die nedersetting van Kleinfontein is nie 'n goedgekeurde
dorp in terme van die bepalings van die Ordonnansie op Dorpstigting

en Dorpe 15 van 1986 nie, en is bygevolg nietig;
8.12.2  die ooreenkoms stel 'n onwettige aktiwiteit daar in
terme van Wet 107 van 1998 en Wet 36 van 1998.
8.13     Inteendeel is KBK reeds formeel deur die
City of Tshwane in kennis gestel dat die aktiwiteite wat
KBK toelaat
(die bou van woonhuise ooreenkomstig die skriftelike ooreenkomste wat
KBK aangaan met sy lede en wat gefinansier word
deur die applikant)
'n oortreding daarstel van regulasie A25(10) van die Bouregulasies.
8.14     Ek het ingevolge die leningsooreenkoms
presteer ... het ek sommige maande meer, en ander minder betaal,
maar
was op datum.  Gedurende die middel van 2012 was ek gereed om
eindelik met die bou van my woonhuis te begin.  Tot
my groot
skok het ek egter verneem dat die City of Tshwane verdere bouwerk op
die nedersetting verbied, weens die nie-voldoening
aan statutêre
vereistes.  Tot en met uitklaring hiervan het ek my betaling
gestaak, aangesien ek duidelik 'n rat voor
die oë gedraai is.
Die Kleinfontein nedersetting is nie as 'n dorp geproklameer nie, en
verskaf sy eie dienste aan inwoners.
8.20     Die applikant in hierdie aangeleentheid
was ook deurentyd bewus van hierdie oortredings, en my prokureur
van
rekord het sedert Augustus 2012 vasgestel dat die KBK gewikkel is in
verskeie hofsake met lede rakende hierdie onwettigheid,
onder andere
is daar 'n hangende aansoek in hierdie agbare hof waarin versoek word
dat die KBK verbied word om verder aandele te
verhandel totdat die
skema gewettig is.  Die applikant het deurentyd kennis gedra van
al hierdie aspekte, en die applikant
en die KBK beskik oor presies
dieselfde kennis uit hoofde van dieselfde verteenwoordiging.
8.21     Ek is respekvol van mening dat die
applikant, in samespanning met die KBK besig is om 'n onwettige
skema
vir hulle winsbejag te bedryf.
• Die respondent sluit af deur te sê dat hy voorneme is om
KBK tot die aksie te voeg en ook 'n teeneis in te stel vir

terugvordering van die gelde wat hy reeds betaal het.
[19]      Na ontvangs van hierdie
eedsverklaring is die applikant geadviseer om met die respondent
ooreen
te kom dat die regsgeding gestuit word en die dispuut na
arbitrasie verwys word, soos versoek deur die respondent in sy
eedsverklaring.
Gevolglik het die applikant se prokureur op 28 Oktober 2013 aan die
respondent se prokureur geskryf en op rekord geplaas dat aangesien

die respondent wil arbitreer, die applikant hom gaan wend tot die
ooreengekome geskilbeslegtingsprosedure en dat dit gevolglik
nie
nodig sal wees vir die respondent om aansoek te bring vir die
stuiting van die hofverrigtinge nie.
Terselfdertyd is die respondent, in dieselfde skrywe, versoek om
samesprekings te voer in terme van klousules 3 tot 7 van die
geskilbeslegtingsprosedures alternatiewelik, indien die respondent
nie sou reageer nie, sal die applikant die geskil na arbitrasie

verwys, in welke geval 'n lys van arbiters voorsien sal word waaruit
die respondent een kan kies ooreenkomstig die
geskilbeslegtingsprosedure.
[20]      Die respondent se prokureur het
ontvangs erken, maar niks is verder van die respondent verneem
nie
totdat die applikant se prokureur op 15 Julie 2014 aan sy eweknie
geskryf het, bevestig het dat niks van die respondent verneem
is na
aanleiding van die vorige skrywe nie en die respondent versoek om in
te stem dat 'n sekere individu, wat genoem is, aangestel
word as
arbiter, alternatiewelik dat die respondent 'n keuse maak uit een
persoon uit 'n lys van tien potensiële arbiters
wat saamgestuur
is en wat ook genoem word in die aanhangsel (aanhangsel X) tot die
kennisgewing van mosie.
In sy funderende eedsverklaring wys die applikant ook daarop dat
diegene op die lys almal ervare regsgeleerdes is, geen belang
in die
saak het nie en dat sommige van hulle waarskynlik aan die respondent
se prokureur bekend is.
[21]      Niks is verder van die respondent
verneem nie, en op 21 Augustus 2014 het die applikant
se
prokureur 'n brief aan sy eweknie laat aflewer waarin die respondent
in terme van artikel 12(1) van die Arbitrasiewet no 42
van 1965
aangesê word om binne sewe dae 'n arbiter uit die gemelde lys
te kies, by versuim waarvan die hof in terme van artikel
12(2)
genader sal word om 'n arbiter aan te stel en ook gevra sal word vir
'n bestraffende kostebevel.
Op 8 Oktober 2014 is 'n soortgelyke brief elektronies aan die
respondent se prokureur versend.
[22]      Al hierdie getuienis oor die
kommunikasies tussen die partye is onbetwis.
[23]      Van besondere belang, myns
insiens, is die respondent se uiteindelike reaksie, in 'n brief wat

sy prokureur op 3 November 2014 aan sy opponent geskryf het waarin
versoek word dat die hofaksie voortgesit moet word.  Die
brief
lees soos volg:
"Ons verwys na bostaande aansoek ... en bevestig dat ons kliënt
van mening is dat die Arbitrasie ongelukkig baie groter
finansiële
implikasies kan inhou en ons versoek om die hof aksie voort te sit.
Ons vertrou u vind dit so in orde en volg ons kliënt se pleit
mettertyd."
Hierdie brief is geskryf meer as 'n jaar nadat die respondent op 21
Oktober 2013 in sy opponerende verklaring tot die summiere

vonnis-aansoek onder eed aangevoer het dat hy geregtig is om die saak
na arbitrasie te verwys en 'n spesiale pleit tot hierdie
effek sou
liasseer.
Die rede vir die verandering van die respondent se houding word ook
toegeskryf aan finansiële oorwegings en het skynbaar niks
te
doen met die verwere wat in die opponerende eedsverklaring geopper is
ten opsigte van die beweerde samespanning tussen die applikant
en KBK
nie.
[24]      Die applikant het op 5 November
2014 deur sy prokureur gereageer deur die versoek om nou voort
te
gaan met die hofgeding van die hand te wys en weer in terme van
artikel 12(2) van die Arbitrasiewet te vra dat die respondent
'n
arbiter uit die gemelde lys aanwys by gebreke waaraan hierdie aansoek
geloods sou word vir die aanstelling van 'n arbiter.
[25]      Die respondent het nie positief
hierop gereageer nie, en hierdie aansoek is toe in Maart 2015

geloods.  Soos ek reeds genoem het word daar gevra vir 'n bevel
dat die geding gestuit word en die dispuut na arbitrasie verwys

word.  Daar word ook gevra dat 'n arbiter aangestel word, óf
in die persoon van 'n individu wat genoem word óf
by
ooreenkoms in die persoon van een van diegene na wie op die lys,
aanhangsel X, verwys is.  Daar word ook gevra vir 'n verklarende

bevel dat as daar geen ooreenkoms bereik kan word nie die applikant
geregtig sal wees om eensydig 'n arbiter uit die lys aan te
wys.
[26]      Ter afsluiting van sy funderende
verklaring, besonderhede waarvan ek reeds genoem het, voer
die
deponent van die applikant aan dat 'n behoorlike saak uitgemaak is
vir arbitrasie gesien die skriftelike ooreenkoms wat vervat
is in die
skuld- beslegtingsprosedure gelees met klousule 7 van die
leningsooreenkoms.  Daar word ook aangevoer dat die partye

"opnuut skriftelik" ooreengekom het om 'n bestaande geskil
in terme van die geskilbeslegtingsprosedure na arbitrasie
te verwys
in die sin dat die respondent onder eed in sy eedsverklaring daarom
gevra het en dat die applikant die voorstel aanvaar
het.
Daar word ook verwys na die definisie van 'n "arbitrasie-ooreenkoms"
soos dit in artikel 1 van die Arbitrasiewet verskyn:
"
'n Skriftelike ooreenkoms wat voorsiening maak vir die
verwysing na arbitrasie van 'n bestaande geskil
of 'n toekomstige
geskil met betrekking tot 'n aangeleentheid in die ooreenkoms
vermeld, hetsy 'n arbiter daarin genoem of aangewys
word al dan
nie."  (Die deponent se beklemtoning.)
[27]      Die applikant voer laastens aan,
myns insiens met goeie rede, dat die respondent "takties
sloer
en poog om die applikant se stappe om die dispuut tot finaliteit te
voer  frustreer en nie soos 'n redelike litigant
optree nie".
Die applikant doen aan die hand dat vanweë die vertraging wat
reeds plaasgevind het, dit billik sou wees om arbitrasie toe
te laat
aangesien dit 'n beregtingsprosedure verteenwoordig wat spoedig
afgehandel kan word.
[28]      Die respondent het 'n lywige
opponerende eedsverklaring in Mei 2015 geliasseer.  Die
opponerende
verklaring tot die summiere vonnis-aansoek is daarby
aangeheg.  Die deponent van die opponerende verklaring is die
respondent
se prokureur.
[29]      Die deponent voer aan dat die
applikant reeds die "eleksie uitgeoefen" het om nie
die
dispuut na arbitrasie te verwys nie, deur 'n aksie in te stel, en dat
hy daaraan gehou moet word.  Daar word gesteun op
die brief van
3 November 2014,
supra
, waarin die respondent gevra het dat
die hofgeding moet voortgaan.  Daar word ook aangevoer dat die
aansoek wat die applikant
loods fataal gebrekkig is en onbehoorlik is
en in stryd met die voorskrifte van artikel 6 van die Arbitrasiewet.
Ek sal later weer na die argument ten opsigte van artikel 6 verwys.
[30]      Die deponent van die respondent
voer ook aan, tereg na my mening, dat die hof 'n diskresie het
om 'n
saak na arbitrasie te verwys as die partye 'n "arbitrasie
klousule" beding het
[31]      Van besondere belang vir
doeleindes van die beregting van hierdie aansoek, is die kernbetoog

waarop die respondent steun ter bestryding van die aansoek en dit
word soos volg verwoord deur sy prokureur, die deponent:
"Ek word voorts geadviseer en doen met eerbied aan die hand dat
waar bedrieglike optrede en wanvoorstelling geopper word as
verwere
teen die eis beweerdelik onderworpe aan arbitrasie, dat dit meer
gepas is dat die aksie in die ope hof beslis word.
Ek doen met
eerbied aan die hand dat dit ook meer gepas is om die dispuut in die
ope hof te bereg waar bedrieglike en/of onwettige
optrede teen 'n
derde persoon geopper word verbandhoudend met die totstandkoming van
die kontrak, wat nie deel is van die beweerde
arbitrasie ooreenkoms
nie.  Soos hieronder meer volledig uiteengesit is dit inderdaad
wat die respondent aanvoer en as
verweer opper."
[32]      Daar word betoog dat die applikant
nie gronde aanvoer waarom die "aksie" eerder by
wyse van
arbitrasie bereg moet word nie.  Soos ek reeds probeer
illustreer het, is dit nie korrek nie.  Daar word myns
insiens
oortuigende redes aangevoer.
[33]      Wat die kernbetoog betref, doen
die deponent aan die hand dat die applikant die aansoek met

verskuilde motiewe loods wat geheimhouding eerder as 'n deursigtige
beregting van die dispuut in die vooruitsig stel.  Daar
word
aangevoer dat die respondent bedrieglik en/of deur wanvoorstelling
deur die applikant en KBK beweeg is om die leningsooreenkoms
aan te
gaan.
Soos ek in die volgende paar paragrawe probeer illustreer, word
hierdie bewering, deur die prokureur van die respondent, alhoewel

geboekstaaf in 'n bevestigende verklaring van die respondent,
gemaak sonder om enige besonderhede van die beweerde bedrieglike

optrede te verskaf.  Die prokureur was nie in 2007 op die toneel
toe die kontrak aangegaan is nie.  Op die oorwig van
die
respondent se getuienis was dit KBK se mense wat die beweerde
wanvoorstelling gemaak het.  Op die respondent se eie weergawe,

soos genoem, het die applikant hom daarvan gedistansieer deur die
teenaansoek in die 2010 verrigtinge te loods.  Dit is in
elk
geval inherent onwaarskynlik dat die applikant in 2007 bedrieglik kon
opgetree het want hy het eers in 2010 van beweerde onreëlmatighede

bewus geword soos blyk uit die onbetwiste getuienis.  In elk
geval word die bewerings ten sterkste in repliek ontken, soos

hieronder uiteengesit.  Daarbenewens is die bewyslas op die
respondent soos ek aanstons sal beskryf, en in soverre die
Plascon Evans
beginsel nog geld, behoort dit ten gunste
van die applikant toegepas te word.
[34]      Van besondere belang, vir huidige
doeleindes, is dat die deponent sy kliënt se kernbetoog
verder
probeer ontwikkel deur die volgende aan te voer in die opponerende
verklaring:
"Die respondent doen respekvol aan die hand dat daar nooit die
bedoeling was met die arbitrasie-klousule, en dat dit nooit
eers
voorsien is, dat daar bedrieglike optrede en/of wanvoorstelling aan
die kant van die applikant en/of Kleinfontein Boerebelange

Koöperatief Bpk ('n duidelike verwysing na KBK) was nie, en dat
sodanige dispuut by wyse van arbitrasie bereg word nie."
As dit die geval was, kan dit moontlik met goeie gevolg betoog word
dat die saak binne die kader val van die beginsels wat neergelê

is in bindende gesag in die vorm van die uitspraak van die Hoogste
Hof van Appèl in
North East Finance (Pty) Ltd v Standard
Bank of South Africa Ltd
2013 5 SA 1
en meer in besonder op
10D 11A.
Die applikant se reaksie op hierdie bewering is egter te vinde in
paragraaf 15 van sy repliserende verklaring:
"15.1    Die applikant ontken dat hy enigsins
bedrieglik opgetree het en/of wanvoorstellings aan die respondent

gemaak het en word die inhoud van hierdie paragraaf ontken en voer
die applikant aan dat die bepalings van die
geskilbeslegtingsprosedure
voorsiening maak vir enige geskil tussen
partye insluitend die interpretasie van die leningsooreenkoms en
ander ooreenkomste tussen
die partye.
15.2
Die applikant voer verder aan dat
indien die Agbare Hof sou bevind dat die dispuut soos uiteengesit in
die partye se stukke nie
binne die omvang van die arbitrasieklousule
val nie, indien sodanige dispuut tydens die sluiting van die
leningsooreenkoms voorsien
sou word, die respondent aangedring het en
die applikant toegestem het tot arbitrasie na instel van die aksie
desondanks die respondent
se gepaardgaande beweringe van bedrieglike
optrede of wanvoorstelling deur die applikant terselfdertyd en op
dieselfde stukke.
15.3     Derhalwe betoog die applikant dat die
partye op sodanige stadium ooreengekom het dat die strekking
en
omvang van die arbitrasieklousule uitgebrei word om voorsiening te
maak vir hierdie dispuut, en in besonder dat beweringe van

bedrieglike optrede, onwettighede en/of wanvoorstellings bereg word
by wyse van arbitrasie ..."  (Ek beklemtoon.)
Die feit is dat die respondent in dieselfde eedsverklaring waarin hy
aandring op arbitrasie, melding maak van die beweerde samespanning

tussen die applikant en KBK, die feit dat die gebruiksreg van die
betrokke erf waartoe hy hom verbind het in sy kontrak met KBK
nie ook
eiendomsreg insluit nie, die beweerde oortreding van die betrokke
bouregulasies en so meer.  Die respondent en sy
prokureur
(dieselfde deponent wat namens hom die opponerende verklaring geteken
het) het hulle kennelik vereenselwig met arbitrasieprosedure
ten
spyte daarvan dat hulle steun op die beweerde onreëlmatige
gedrag van die applikant in samespanning met KBK.  Hierdie

beweerde gedrag word in elk geval in die repliserende verklaring in
geskil geplaas.
Ek kan nie sien hoe 'n hof, onder hierdie omstandighede, 'n
respondent kan toelaat om, nadat hy die verrigtinge vir meer as 'n

jaar vertraag het deur te versuim om saam te werk om die
geskilbeslegtingsprosedure te aktiveer, van deuntjie te verander
nie.
Dit nadat hy self aangedring het op arbitrasie toe die
applikant self die aksieproses van stapel gestuur het wat die
respondent
hom nou op beroep.
[35]      Ek vind dit, met respek, ook
moeilik om die gevolgtrekking te vermy dat hierdie verweer by
nabetragting aangevoer word nadat die regsposisie nagevors is.
Ek is ook van mening dat hierdie toedrag van sake 'n faktor is wat 'n
rol behoort te speel by die uiteindelike uitoefening van
die
diskresie of arbitrasie toegelaat behoort te word al dan nie.
[36]      Wat die res van die opponerende
eedsverklaring betref word die bewerings wat in die opponerende

verklaring tot die summiere vonnis verskyn ten opsigte van die
beweerde samespanning tussen die applikant en KBK, en die beweerde

onwettigheid van die kontrak tussen die respondent en KBK, en wat ek
reeds beskryf het, in 'n groot mate herhaal.
Die deponent herhaal dat die kontrak tussen die respondent en die KBK
daarvoor voorsiening maak dat die respondent die reg het
om sy
aandele in KBK te verhandel, en die verbeteringe op sy gedeelte van
die onroerende eiendom aan derdes te verkoop teen 'n
wins.
Nietemin word die argument herhaal dat die transaksie onwettig is
omdat die nedersetting van Kleinfontein nie 'n goedgekeurde dorp
is
in terme van die bepalings van die Ordonnansie op Dorpstigting en
Dorpe 15 van 1986 nie en dat die ooreenkoms 'n onwettige aktiwiteit

daarstel.
Volgens die respondent was hy onder die omstandighede geregtig om sy
betalings aan die applikant, uit hoofde van die leningsooreenkoms,
te
staak.
[37]      In die opponerende verklaring
verwys die deponent ook na 'n aansoek wat in hierdie hof geloods
is
onder saaknommer 28685/2010 deur sekere lede van KBK teen, onder
andere, KBK as 1ste respondent en die applikant as 15de respondent.
Breedweg kom die aansoek daarop neer dat KBK gelas moet word om
onverwyld die nodige stappe te neem om enige woongebied wat op
die
onroerende eiendomme van KBK bestaan as wettige dorpsgebied te laat
registreer binne 'n tydperk van twee jaar of 'n ander tydperk
wat die
hof mag bepaal, ooreenkomstig die vereistes van die Ordonnansie op
Dorpsbeplanning en Dorpe 15 van 1986.  Al die vaste
eiendomme
van KBK wat deel is van die plase Kleinfontein en Donkerhoek word dan
in die kennisgewing van mosie vermeld en daar word
ook gevra dat KBK
gelas word om alle stappe te neem wat nodig is om te voldoen aan alle
statutêre bepalings of vereistes
van enige owerheidsliggaam wat
van toepassing is op die ontwikkeling en oprigting van bestaande
wooneenhede en infrastruktuur.
Laastens word 'n interdik gevra
om KBK, die 17de respondent en die 18de respondent (wat nie die
applikant insluit nie) hangende
die voldoening aan al die toepaslike
wetgewing en vereistes van owerheidsliggame tot tevredenheid van die
owerheidsinstansies wat
deur die 2de tot 12de respondente
verteenwoordig word te belet om verdere eiendomsontwikkeling van
enige aard op die gemelde eiendomme
te doen of te bemark.
[38]      Die respondent, in die opponerende
eedsverklaring, wys ook daarop dat die applikant, as 15de
respondent
in die genoemde 2010 aansoek, ook 'n teen-aansoek teen KBK geloods
het waarin gevra word dat KBK verbied word om voorstellings
aan sy
aandeelhouers te maak dat sodanige aandeelhouers enige vorm van
eiendomsreg oor die betrokke eiendomme verkry.  Daar
word ook
aanverwante regshulp gevra, besonderhede waarvan ek nie vir huidige
doeleindes hoef te herhaal nie.
[39]      Wat hierdie toedrag van sake, myns
insiens, minstens op die waarskynlikhede illustreer, is dat
die
applikant nie in samespanning optree met KBK soos deurgaans deur die
respondent beweer nie maar hom trouens distansieer, as
'n aparte
regs-entiteit, van die beweerde onwettige of bedrieglike optrede van
KBK.
[40]      In paragraaf 4.29 van die
opponerende verklaring word erken dat die leningsooreenkoms van Junie

2007 die arbitrasie klousule, in die vorm van paragraaf 7 daarvan,
vervat, die inhoud waarvan ek reeds aangehaal het, "en
dat die
applikant ten volle kennis gedra het van hierdie kontraktuele
stipulasie voor uitreiking van die dagvaarding".
[41]      Laastens voer die deponent aan dat
indien daar gelas sou word om 'n arbiter aan te stel vir
doeleindes
van 'n arbitrasie proses dit gepas sou wees indien die Prokureursorde
van die Noordelike Provinsies die arbiter sou
aanwys.  Dit
strook natuurlik nie met die voorskrifte van die
geskilbeslegtingsprosedure wat deur die respondent onderteken
is nie.
[42]      Ek wend my kortliks tot die
repliserende verklaring.  Dit is 'n lywige dokument, maar die

kort opsomming wat hier onder volg het net te doen met aspekte wat
myns insiens direk van belang is vir doeleindes van die beregting
van
hierdie aansoek:
• Die respondent het onomwonde in sy opponerende verklaring tot
die summiere vonnis aansoek onder eed verklaar dat hy
die saak
na arbitrasie wil verwys.
Hierdie versoek is gerespekteer en aanvaar maar die respondent het
nie saamgewerk met die applikant se pogings om die
geskilbeslegtingsprosedure
in werking te stel nie.
Dit lê nie nou op die weg van die respondent om eensydiglik
weer van plan te verander nie.
• Die versoek van ongeveer 'n jaar later om wel aan te gaan met
die hofaksie is gebaseer op finansiële oorwegings en
het niks te
doen met die bewerings wat nou teen die applikant gemaak word nie.
• Die applikant erken dat die verwysing na arbitrasie binne die
diskresie van die hof val en doen aan die hand dat die respondent

goeie redes moet aanvoer waarom die dispuut nie na arbitrasie verwys
moet word nie.
• Die respondent se bewerings van bedrieglike optrede en
wanvoorstellings as verwere teen die applikant se eis is geheel en
al
ongegrond.  Die respondent versuim om spesifieke feite en gronde
voor te lê ter ondersteuning van hierdie bewerings.
In
die besonder het dit te doen met die tydperk wat die sluiting van die
koopooreenkoms van benuttingsreg en aandele met KBK voorafgegaan
het.
• Dit blyk dat die respondent op 8 Junie 2007 'n koopooreenkoms
met ene B J E van Tonder gesluit het ingevolge

waarvan die respondent onder andere benuttingsreg en eiendomsreg
(indien enige) en aandele in KBK ten opsigte van 'n sekere erf
soos
beskryf in 'n sekere akte van transport bekom het.  Dit het
geskied met volle verhandelingsreg ten opsigte van die aandele

belang.
• Die applikant was geensins direk of indirek betrokke by die
onderhandelings, gesprekke, besluitneming en ondertekening van
die
dokumentasie wat aanleiding gegee het tot die koop van die aandele
van die respondent in KBK nie.
Daar was nie 'n regsplig op die applikant om die respondent te
adviseer oor die aard van genoemde transaksie en die wettigheid

daarvan nie.  Die applikant plaas op rekord dat hy nie op enige
wesenlike tydstip, naamlik toe die krediet aansoek ontvang
is of
tydens die sluit van die leningsooreenkoms, bewus was of van mening
was of geadviseer is dat die koop van die aandele en
die
gepaardgaande verlening van gebruiksreg ten aansien van 'n erf in
Kleinfontein onwettig en/of ongeldig was nie.  Die 2010
aansoek
is ook geloods lank nadat die leningsooreenkoms in 2007 aangegaan is.
• Die applikant ontken dat hy die oorsaak was of enigsins
daartoe aanleiding gegee het dat die respondent aandele in KBK koop

en/of 'n party was tot enige kooptransaksie van aandele in KBK
waarvan die respondent die koper was.  Dit blyk uit die
koopkontrak
tussen die respondent en genoemde Van Tonder dat die
respondent, as koper, aangebied het om die aandele en benuttingsreg
te
koop sonder enige bemiddeling van 'n eiendomsagent.  As die
respondent aanvoer dat die koopooreenkoms onwettig of ongeldig
was
moet hy dit opneem met die genoemde Van Tonder (of dalk met KBK).
• Die leningsooreenkoms is ter goeder trou aangegaan sonder
enige verskuilde agenda.  Die applikant was nie voorskriftelik

oor op watter wyse die gelde, wat geleen staan te word, aangewend
moet word nie.  Dit is wel so dat die aandele wat in KBK
gekoop
is as sekuriteit vir terugbetaling van die lening aangebied en
aanvaar is.
• Die applikant en KBK is twee afsonderlike regs-entiteite met
afsonderlike registrasienommers en wie se hoof doelstellings
wesenlik
van mekaar verskil en hulle bedryf besigheid onafhanklik van mekaar.
• Ondanks die hangende hof aansoeke en aksies waarna verwys word
in die opponerende stukke van die respondent, is laasgenoemde
die
enigste persoon wat weier om sy verpligtinge in terme van die
applikant se leningsooreenkomste na te kom op die gronde wat
hy in sy
stukke aanvoer.
• Daar is geen siviele aksies of kriminele klagtes teen die
applikant of enige van sy bestaande of vorige direkteure aanhangig

gemaak voortspruitend uit die beweerde onwettighede nie.
• Die applikant het ook sy teenaansoek teen KBK (waarna ek reeds
verwys het) teruggetrek aangesien hy tevrede was dat KBK
weer op
koers is met die proses van Kleinfontein se formalisering.
• Van belang is die herhaling van die applikant se argument,
soos reeds genoem, dat as dit bevind sou word dat die dispuut
nie
binne die kader van die arbitrasie klousule val nie die respondent
aangedring het en die applikant toegestem het tot arbitrasie
na
instel van die aksie ten spyte van die respondent se gepaardgaande
bewerings van bedrieglike optrede of wanvoorstelling wat
op dieselfde
stukke verskyn.  Gevolglik is die trefwydte van die arbitrasie
klousule in elk geval by ooreenkoms verbreed.
• Die bewering dat die applikant en KBK dieselfde direkteure en
lede het word ontken.  Daar was net een persoon wat ooit
op
beide direksies gedien het maar dit was nie gelyktydig nie.
• Die applikant is nie meer lid en aandeelhouer van KBK nie
terwyl die respondent dit wel is.
• As dit bevind word onvanpas te wees vir die applikant om te
vra vir die aanstelling van 'n spesifieke persoon (soos tans)
as
arbiter, vra die applikant dat dit gelas word dat die Vereniging van
Regslui vir Afrikaans 'n arbiter aanwys.
• Ek voeg volledigheidshalwe by dat daar ook 'n skrywe aangeheg
is by die repliserende verklaring wat verband hou met die
respondent
se klagte,
supra
, dat hy vanweë 'n sekere kennisgewing
van die Tshwane munisipaliteit belet was om voort te gaan met sy
bouwerk.  Dit
is 'n skrywe van 2 Augustus 2012 deur KBK se
prokureurs aan die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit.
Breedweg word daar
geboekstaaf dat die Kleinfontein nedersetting oor
'n tydperk van twintig jaar (destyds) ontwikkel is binne die raamwerk
wat toelaatbaar
is ingevolge artikel 235 van die Grondwet.  Die
geskiedenis van die interaksie tussen Kleinfontein en 'n reeks
plaaslike owerhede
wat mekaar opgevolg het word uiteengesit en dit
word betwis dat KBK die beweerde bouregulasie A25(10) oortree het.
Daar word
kennis gegee dat bouwerk sal voortgaan en die Metro word
versoek om deel te neem aan konstruktiewe onderhandelinge om die saak
by te lê.  Volgens die deponent tot die repliserende
verklaring is daar nooit 'n antwoord van die Metro ontvang nie.
Die volgende word ook gesê in die brief van Kleinfontein se
prokureurs:
"This being said, our instructions are also to reiterate that
our client is nevertheless in the process of formalising and

regularising the informal township development that has evolved over
the past twenty years and that an application in terms of
the
Development Facilitation Act was indeed filed on 9 May 2012 to
accomplish just that."
Dit is nie duidelik uit die stukke wat die uitslag van hierdie
aansoek was nie.  Die respondent heg ook 'n brief van KBK wat

aan sy prokureur gerig is op 28 Augustus 2012 by sy opponerende
stukke aan.  By hierdie brief is die betrokke brief van
die
prokureurs waarna ek verwys het ook aangeheg.  Die volgende word
onder andere gesê in die brief van KBK aan die
respondent se
prokureur:
"4. KBK is tans besig met 'n formaliserings-aansoek wat op 9 Mei
2012 kragtens DFA ingedien is en is vatbaar vir 'n redelike
interim
kompromis met Tshwane se stadsbeplanner.
5. KBK het nog geen reaksie op hierdie brief ... ontvang nie en sal
soos in die verlede voortgaan met sy bedrywighede, planne goedkeur
en
toesig hou oor bouwerk, in afwagting van formalisering.
Daar word vertrou dat voormelde inligting u vrae sal beantwoord."
[43]      Dit voltooi die oorsig van die
historiese verloop van sake.
Artikel 6 van die Arbitrasiewet
[44]      Ek het onderneem om weer na
hierdie onderwerp te verwys.
[45]      Artikel 6 van die Arbitrasiewet
lui soos volg:
"6.
Stuiting van regsgedinge wanneer daar 'n
arbitrasie-ooreenkoms is.
(1) Indien 'n party by 'n arbitrasie-ooreenkoms 'n regsgeding in 'n
hof (met inbegrip van 'n laerhof) teen 'n ander party by die

ooreenkoms instel ten opsigte van 'n aangeleentheid waaroor
ooreengekom is dat dit na arbitrasie verwys moet word, kan 'n party

by daardie regsgeding te enige tyd nadat hy verskyning aangeteken
het, maar voordat hy enige pleitstukke indien of enige ander
stappe
in die geding doen, by daardie hof aansoek doen om stuiting van die
geding.
(2) Indien die hof by so 'n aansoek oortuig is dat daar geen
voldoende rede bestaan waarom die geskil nie ooreenkomstig die
ooreenkoms
na arbitrasie verwys moet word nie, kan die hof 'n bevel
gee wat die geding stuit onderworpe aan die bedinge en voorwaardes
wat
hy billik ag."
[46]      Daar is namens die respondent
betoog, as ek dit reg verstaan het, dat die regshulp wat deur
die
applikant aangevra word (om die geding te stuit) uiters ongewoon is,
aangesien daar nie voorsiening in die Wet gemaak word
daarvoor nie.
In 'n sin is daar, myns insiens, meriete in hierdie betoog dat die
regshulp wat aangevra word "ongewoon"
is aangesien die
toedrag van sake wat in artikel 6(1) in die vooruitsig gestel word,
die geval is waar 'n party ten spyte van die
bestaan van 'n
arbitrasie klousule nietemin 'n aksie instel wat dan die geleentheid
skep vir "'n party by daardie regsgeding
te eniger tyd
nadat hy verskyning aangeteken het" om te vra vir stuiting.
By implikasie moet dit die teenparty
of die verweerder wees.
Dit word nie uitdruklik bepaal dat die party wat in die eerste plek
gedagvaar het later kan vra vir
'n stuiting nie.
[47]      In
Aveng (Africa) Ltd (formerly
Grinaker-LTA Ltd) t/a Grinaker-LTA Building East v Midros Investments
(Pty) Ltd
2011 3 SA 631
(KZD) sê die geleerde Regter,
Wallis R, soos hy toe was, die volgende op 639H-640E:
"The answer in my view is that a party to an arbitration
agreement who commences litigation instead of proceeding to
arbitration
does not, merely as a result of adopting that course,
abandon its right to have resort to arbitration under the agreement.

That being so, it is not open to the other party to contend that it
has 'accepted' the resort to litigation by not itself seeking
a stay,
and that this 'acceptance' debars subsequent resort to arbitration.
While parties can by mutual agreement put an
end to an arbitration
agreement, that requires the elements of a contractual agreement to
be present.  The act of litigating
instead of arbitrating is not
in my view an offer in the contractual sense available to be
accepted.  Nor is the act of the
defendant in failing to raise
arbitration as a dilatory plea or by way of an application for a stay
a contractual acceptance.
The election for which Midros
contends cannot therefore be sustained on the basis of agreement.
In my view the commencement
of litigation does not preclude Aveng
from invoking the arbitration clause in the contract.
That does not, however, mean that Aveng is entitled to seek a stay of
this action.  It does mean that it is free to abandon
the
litigation and proceed to arbitration, although conceivably it would
face problems of prescription were it to do so.
But that is not
what it wishes to do.  It wishes to keep the present litigation
in place, but stayed, whilst it pursues its
claim by way of
arbitration.  The problem is that it commenced this action in
breach of a binding agreement to arbitrate.
Midros has chosen
not to contest this by seeking a stay, but Aveng's conduct remains a
breach of its obligations under the arbitration
clause.  It does
not cease to be such merely because Midros, for its own reasons, does
not seek to rely upon that breach."
[48]      Die party wat die aksie ingestel
het en wat gevra het dat dit gestuit word sodat daar voortgegaan
kan
word met arbitrasie se aansoek is van die hand gewys.  Soos ek
die kern van die uitspraak verstaan kan so 'n party nie
sy eie aksie
stuit en dan voortgaan met arbitrasie nie.  As hy wil arbitreer
moet hy sy aksie laat vaar.  Soos die geleerde
Regter dit stel
op 640C D:
"That does not, however, mean that Aveng is entitled to seek a
stay of this action.  It does mean that it is free to
abandon
the litigation and proceed to arbitration ..."
[49]      In
BDE Construction v Basfour
3581 (Pty) Ltd
2013 5 SA 160
(KZP) verskil die geleerde Regter,
Swain R, soos hy toe was, van sy broer Wallis.
[50]      Die geleerde Regter sê die
volgende op 161D G:
"Counsel were
ad idem
, however, that the conclusion of
Wallis J (at 639H)-
'That a party to an arbitration agreement who commences litigation
instead of proceeding to arbitration does not, merely as a result
of
adopting that course, abandon its rights to have resort to
arbitration under the agreement.'
was correct.  In
Aveng
the defendant (Midros) had
submitted that Aveng (the plaintiff) have elected to pursue its
claim by litigation and was 'precluded
from retracing its steps'.
The argument advanced was that Aveng had two alternative remedies,
either to litigate or to go
to arbitration, and it was precluded from
'changing tact and seeking to arbitrate' (at para 16).
Wallis J, in reaching the conclusion that he did, rejected this
argument for the reasons and on the grounds set out in his judgment,

with which I respectfully agree, and which does not require
repetition (
Aveng
at paras 17 and 18)."
[51]      Op 161G-H word die vraag egter
geopper wat tans vir uitsluitsel voor my dien:
"However, the issue of whether Wallis J was wrong in concluding
that a litigant in the position of Aveng (and the applicant
in the
present case) is precluded from staying the litigation proceedings
and must withdraw them before proceeding to arbitration
requires a
careful consideration of what Wallis J had to say in this regard
..."
Die gevolgtrekking van Swain R verskyn op 164A C:
"I accordingly respectfully disagree with and conclude that
Wallis J was wrong in concluding that where a party to an

arbitration agreement commences litigation in breach of the
arbitration agreement, to which the other party to the arbitration

agreement elects not to seek a stay of such proceedings, the party
instituting such proceedings is precluded from seeking a stay
of
those proceedings and must abandon them, before being able to refer
the dispute to arbitration, in terms of the arbitration
agreement.
The applicant is accordingly entitled to seek a stay of the present
proceedings and is not obliged to withdraw them, before referring
the
parties' dispute to arbitration."
[52]      In sy uitspraak het die geleerde
Regter toe stuiting toegestaan, 'n spesifieke arbiter aangestel
en
gelas dat die koste van die aansoek deur die arbiter bepaal moet
word.
[53]      In albei hierdie sake was dit nie
die verweerder of respondent wat aansoek gedoen het om stuiting
nie
maar die applikant of die eiser wat self eers die aksie ingestel het.
[54]      Ek is met eerbied van oordeel dat
die benadering van Swain R, soos hy toe was, die korrekte
een is.
Daar skyn geen ooglopende rede te wees waarom die applikant eers sy
aksie moet laat vaar of terugtrek voordat hy
kan aangaan met
arbitrasie nie.  Dit is duidelik dat die wetgewer, in artikel 6,
die beginsel aanvaar het dat 'n aksie bloot
gestuit kan word ten
einde die geleentheid vir arbitrasie te skep.  Die voorskrif
bepaal nie dat die aksie laat vaar moet
word nie.  Hierdie
beginsel word nie verander bloot omdat dit die eiser is wat vra vir
stuiting in plaas van die verweerder
nadat hy 'n verskyning
aangeteken het nie.  Dit mag selfs later nodig wees om voort te
gaan met die aksie ten spyte van die
arbitrasie verrigtinge.  In
hierdie geval het die respondent byvoorbeeld sy aanvanklike aandrang
op arbitrasie laat vaar ten
gunste van 'n versoek dat die
oorspronklike aksie wat ingestel is moet voortgaan.
[55]      Onder die omstandighede is ek van
oordeel dat die betrokke bewoording van artikel 6 nie 'n verbod
plaas
op die huidige applikant se reg om te vra vir stuiting van sy eie
aksie gevolg deur arbitrasie nie.
Is daar, in hierdie bepaalde omstandighede, 'n saak uitgemaak
dat die geskil nie val binne die kader van die arbitrasieklousule
nie?
[56]      Namens die respondent is dit
aangevoer dat die geskilbeslegtingsprosedure uitdruklik bepaal
watter
geskille onderworpe sal wees aan arbitrasie, en dat dit nie insluit
geskille rakende die afdwingbaarheid en/of geldigheid
van die
ooreenkoms nie.
[57]      Soos ek reeds genoem het, steun
die respondent hoofsaaklik op die beslissing in
North East Finance
(Pty) Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd
2013 5 SA 1
(HHA).
Ek het reeds kortliks na hierdie onderwerp verwys, en genoem dat die
respondent hom beroep op die
North East
uitspraak spesifiek
vanweë sy bewerings dat die applikant hom skuldig gemaak het aan
bedrieglike en onwettige optrede en/of
wanvoorstellings.
[58]      In
North East Finance
het
die partye 'n skikkingsooreenkoms aangegaan met die oog daarop om
sekere oudit kwessies ("accounting issues") op
te los.
Die partye het vir jare met mekaar sake gedoen en, uit hoofde van die
aard van hulle transaksies, kon daar gelde
oor en weer aan mekaar
verskuldig gewees het.
Die bank het aangevoer dat hy beweeg is om die skikkingsooreenkoms
aan te gaan deur bedrieglike wanvoorstellings aan die kant van
North
East Finance.  Daar is aangevoer dat North East Finance opsetlik
en op bedrieglike wyse versuim het om wesenlike onreëlmatighede

aan die bank te openbaar – op 4C-E.
Die bedrog is eers na die aangaan van die skikkingsooreenkoms ontdek
waarop die bank hom aan die ooreenkoms onttrek het op grond
daarvan
dat dit
ab initio
nietig was – op 4F H.
Die bank het geweier om hom aan arbitrasie te onderwerp op die basis
dat die arbitrasieklousule ook saam met die nietige kontrak
verval
het.
North East
se betoog was dat die geskil, ook wat
betref die beweerde bedrog, deur die arbiter besleg kon word.
[59]      Die arbitrasieklousule is wyd
bewoord en lees soos volg:
"In the event of any dispute of whatsoever nature arising
between the parties (
including any question as to the
enforceability of this contract
but excluding the failure to pay
any amount due unless the defaulting party has, prior to the due date
for such payment, by notice
in writing to the other party disputed
liability for such payment), such dispute will be referred to
arbitration in the manner
set out below."  (Die
beklemtoning is dié van die geleerde Appèlregter.)
[60]      Soos ek die uitspraak verstaan, is
die beslissing dat die geskil nie na arbitrasie verwys behoort
te
word nie uitsluitlik geskoei op die bevinding (wat die geleerde
Appèlregter gemaak het vir doeleindes van die appèl)

dat die bank deur bedrieglike wanvoorstelling beweeg is om die
skikkingsooreenkoms (wat ook die arbitrasieklousule vervat) aan
te
gaan:
• Onder die opskriffie "
The effect of fraud on an
arbitration clause in general
", sê die geleerde Regter
die volgende op 5F H:
"The first principle that the bank argued required consideration
is really not in question.  If a contract is void from
the
outset then all of its clauses, including exemption and reference to
arbitration clauses, fall with it.  The principle
was most
recently enunciated by this court in
North West Provincial
Government and Another v Tswaing Consulting CC and Others
(die
verwysing is
2007 4 SA 452
(SCA) paragraaf [13]) where Cameron JA
said that an arbitration clause 'embedded in a fraud tainted
agreement' could not stand."
• Waar die geleerde Appèlregter die arbitrasieklousule
uitlê, sê sy die volgende op 6D G:
"North East argued that the arbitration clause in this case
specifically said that the validity of the settlement agreement
was
to be determined by arbitration: that was the effect of the inclusion
of the phrase concerning the enforceability of the agreement.

The bank argued that 'enforceability' was not co-extensive with
'validity' and that the question whether the contract was void
as a
result of the fraudulent misrepresentations and non-disclosures was
not one that could be determined by an arbitrator.  I do

not think that this argument is helpful.  The effect of fraud
that induces a contract is, in general, that the contract is
regarded
as voidable: the aggrieved party may elect whether to abide by the
contract and claim damages (if it can prove loss) or
to resile –
to regard the contract as void from inception, and to demand
restitution of any performance it may have made,
tendering return of
the fraudulent party's performance.
The bank chose to treat the settlement agreement as void from
inception, and when it made that election the contract effectively

ceased to exist.  It did not have to be cancelled or rescinded:
it was void."
• Dit kom voor asof die geleerde Appèlregter haar
standpunt verder ontwikkel het deur te bevind dat die
arbitrasieklousule
nie toepassing vind nie omdat die partye (of seker
minstens die bank), toe die ooreenkoms aangegaan is, nie voorsien het
dat dit
van die arbiter verwag mag word om ook uitsluitsel te gee oor
sake rondom bedrieglike wanvoorstelling nie.  In hierdie verband

sê die geleerde Appèlregter die volgende op 10F J:
"Peters alleged also that even the wording of the arbitration
clause was 'improperly procured' in order 'to avoid a public
scrutiny
of its conduct'.  The bank argued that it had not foreseen that
there might have been fraudulent conduct on the part
of North East at
the time of concluding the agreement.  There was thus no
intention that the arbitrator would be expected
to resolve issues
relating to fraud.  It had envisaged that the arbitrator's role
would be to determine disputes in respect
of accounting issues.
North East's counter to that argument was that the arbitration clause
provided that the arbitrator would be a senior member of
the
Johannesburg Bar who would be able to determine questions relating to
fraudulent misrepresentations inducing the agreement
itself.  In
my view that is not an answer.  The fact that an experienced
lawyer might be able to determine issues relating
to fraud does not
mean that the parties intended him or her to do so.
I consider that, in the light of the purpose of the settlement
agreement, and having regard to what the parties envisaged (because

it was what they could foresee) at the time of concluding the
agreement, it was not intended that the validity or enforceability
of
the contract induced by fraudulent misrepresentations and
non-disclosures would be arbitrable."
• Ek voeg by dat die geleerde Appèlregter, op 5E F,
bepaal het dat dit ook nodig sou wees, vir doeleindes van
haar
bevinding, om te beslis of daar wel 'n saak uitgemaak is dat daar
bedrog gepleeg is.  Soos ek reeds genoem het, het sy
hierdie
beslissing wel deeglik gemaak – sien die uitspraak op 11H J.
[61]      Wat betref die respondent se saak
waarom die geskil nie na arbitrasie verwys moet word nie,
kan dit
opsommenderwys gesê word dat dit in wese neerkom op 'n bewering
dat KBK aan aandeelhouers asook die respondent voorgehou
het dat
aandeelhouers eiendomsreg verkry terwyl dit later geblyk het nie die
geval te wees nie (paragraaf 3.12.5 van die opponerende

eedsverklaring).  Daar word beweer dat dit "nou gemeensaak
met die applikant is dat aandeelhouers nie eiendomsreg verkry
nie".
Dit is kennelik wat die applikant beweeg het om die teenaansoek teen
KBK te loods – 'n feit wat dit totaal
onwaarskynlik maak dat
die applikant die respondent met dieselfde bedrieglike
wanvoorstelling sou oorreed het om die leningsooreenkoms
aan te gaan.
Die kern van die applikant se saak is dat hy toe in die middel van
2012 gereed was om die woonhuis te begin bou op die eiendom
waarop hy
gebruiksreg bekom het en op daardie stadium agtergekom het dat die
ooreenkoms wat hy met KBK gesluit het "'n onwettige

transaksie" is omdat die Kleinfontein nedersetting nie 'n
goedgekeurde dorp in terme van die bepalings van die betrokke
Ordonnansie
op Dorpstigting is nie.  Die naaste wat hy daaraan
kom om die applikant van 'n moontlike wanvoorstelling te beskuldig,
is
om te beweer (paragraaf 3.12.14 van die opponerende verklaring)
dat die transaksie met KBK "'n onwettige transaksie was"

"tot die kennis van die applikant en KBK".  Geen
besonderhede ten opsigte van die applikant se beweerde misstap
in
hierdie verband word verskaf nie.
Trouens, dit is duidelik uit al die stukke dat die applikant hom
vereenselwig het met die ander respondente in die 2010 aansoek
deur
die teen-aansoek teen KBK te loods.  In die repliserende
verklaring verduidelik die applikant dat hy eers in Desember
2010
bewus geraak het van die regstatus (of beweerde gebrek daaraan) van
Kleinfontein as nedersetting.  Dit was toe prokureur
Adriaan
Venter 'n verslag oor die saak voorgelê het.
Die respondent beroep hom bloot op die beweerde "onwettigheid"
van Kleinfontein as nedersetting en die beweerde nie-nakoming
van die
ordonnansie, as rede vir sy besluit om sy betalings in terme van die
leningsooreenkoms te staak.
[62]      Myns insiens is daar op geeneen
van die partye se weergawes ruimte om 'n bevinding te maak (soos
die
geleerde Appèlregter in
North East Finance
haar verplig
gevoel het om te doen) dat die leningsooreenkoms in 2007 aangegaan is
vanweë bedrieglike wanvoorstellings aan
die kant van die
applikant nie.
Om
hierdie rede alleen, meen ek dat hierdie saak onderskeibaar is van
wat in
North East Finance
beslis is.
[63]      Voorts word daar ook nie deur die
respondent gesteun op 'n argument dat die leningsooreenkoms
ab initio
nietig is, en die arbitrasieklousule daarmee saam in die stof gebyt
het, soos die bank betoog het (blykbaar met die geleerde Regter
se
goedkeuring) in
North East Finance
nie.  In hierdie opsig
is die huidige geval ook onderskeibaar van die beginsels wat in
North
East Finance
neergelê is.
[64]      Ek voeg by, dat waar daar, op
hierdie stukke, geen sprake is van bedrieglike wanvoorstellings
deur
die applikant wat die respondent beweeg het om die leningsooreenkoms
aan te gaan nie daar ook nie betoog kan word nie, soos
in
North
East Finance
, dat die partye, by kontraksluiting, nie voorsien
het dat die applikant se bedrog voor 'n arbiter moet kom vir
beslissing nie.
[65]      Gevolglik is ek van mening dat dit
nie op die respondent se weg lê om te steun op
North East
Finance
ten einde 'n saak uit te maak daarvoor dat die diskresie
om die geskil op arbitrasie te stuur ten gunste van die respondent
uitgeoefen
behoort te word nie.
[66]      Laastens, waar die
arbitrasieklousule, saamgelees met die geskilbeslegtingsprosedure, so
wyd
bewoord is (die inhoud het ek aangehaal), en ek tot die
gevolgtrekking geraak het dat daar geen ruimte is vir die respondent
om
te steun op beweerde bedrieglike wanvoorstelling aan die kant van
die applikant nie, is ek van mening dat hierdie geskil wel deeglik

binne die kader van die arbitrasieklousule, gelees saam met die
geskilbeslegtingsprosedure, val.
Enkele opmerkings oor die diskresie om 'n saak na arbitrasie te
verwys asook die bewyslas
[67]      Dit is gemene saak tussen die
partye dat die hof 'n diskresie het om 'n saak na arbitrasie te

verwys al dan nie – sien bv
Body Corporate Pinewood Park v
Dellis (Pty) Ltd
2013 1 SA 296
(HHA) op 304G 305A.
In hierdie gedeelte van laasgenoemde uitspraak word daar ook verwys
na die "court's discretionary powers under sections 3
and 6 of
the Arbitration Act".
[68]      Artikel 3 van die Arbitrasiewet
(ek het ongelukkig net die Engelse teks tot my beskikking) lees
soos
volg:
"
3. Binding effect of arbitration agreement and power of
court in relation thereto.

(1) Unless the agreement otherwise provides, an arbitration agreement
shall not be capable of being terminated except by consent
of all the
parties thereto.
(2) The court
may
at any time on the application of any party
to an arbitration agreement,
on good cause shown
-
(a) set aside the arbitration agreement; or
(b) order that any particular dispute referred to in the arbitration
agreement shall not be referred to arbitration; or
(c) order that the arbitration agreement shall cease to have effect
with reference to any dispute referred."
(Ek beklemtoon.)
[69]      Ek het reeds die Afrikaanse teks
van artikel 6 aangehaal.  Dit blyk duidelik uit artikel 6(2)

dat die hof op aansoek dat die geding gestuit word kan beslis of daar
'n saak uitgemaak is daarvoor dat daar geen grondige rede
is waarom
die geskil nie na arbitrasie verwys moet word nie en, indien wel, kan
so 'n bevel gemaak word en die geding gestuit word.
[70]      In
The Rhodesian Railways Ltd v
MacKintosh
1932 AD 359
op 375 sê die geleerde Waarnemende
Hoofregter die volgende:
"Now if such a case were to arise in our Courts, and if the stay
of proceedings were asked for in a plea in bar, then I think
our
Courts would have a discretion to refuse to have the matter submitted
to the arbitrator.  The Court, therefore, has a
discretion, but
this discretion must be judicially exercised and a very strong case
for this exercise must be made."
[71]      In
Sera v De Wet
1974 2 SA
645
(TPA) het dit gegaan oor 'n aansoek in terme van artikel 3(2)(c)
van die Arbitrasiewet, naamlik vir 'n bevel dat die
arbitrasie-ooreenkoms
nie meer van krag sal wees met betrekking tot
die onderhawige geskil nie.
Op
649E-650B verwys die geleerde Regter ook na
Rhodesian Railways
en bespreek hy die verskil tussen die voorskrifte van artikel 6 en
artikel 3 onderskeidelik.  Op 650A verwys die geleerde

Regter ook na die opmerkings van die Waarnemende Hoofregter in
Rhodesian Railways
en sê die volgende:
"The remarks of Wessels, ACJ, that the Court has a discretion,
but that this discretion must be judicially exercised and a
very
strong case for this exercise must be made out, relate to such an
application for the stay of proceedings.  In considering
whether
the court 'is satisfied that there is no sufficient reason why the
dispute should not be referred to arbitration' (dit
is 'n verwysing
na artikel 6(2)) the same considerations should apply as in the case
where the court considers whether 'good cause'
has been shown why the
agreement shall cease to have effect with reference to any dispute
referred, has not been argued before
me.  I shall assume,
without deciding, that the
onus
is equally heavy on an
applicant to apply under section 3 for a matter not to be referred to
arbitration as it is on a plaintiff
who resists a plea in bar in
terms of section 6 that the proceedings should be stayed and the
matter be referred to arbitration."
[72]      In
Sera v De Wet
word
daar ook verwys, op 649D, na
Metallurgical and Commercial
Consultants (Pty) Ltd v Metal Sales Co (Pty) Ltd
1971 2 SA 388
(T).  Dit was 'n saak waar die applikant in terme van artikel
12(2) van die Arbitrasiewet gevra het vir die aanstelling van
'n
arbiter om 'n geskil op te los wat in die arbitrasieklousule genoem
word.  Die respondent het die aansoek teengestaan en
beweer dat
die kontrak nie veronderstel was om enige bindende krag te hê
nie.  Die applikant het dit ontken.  Die
respondent het toe
in terme van artikel 3(2) aansoek gedoen dat die geskil nie na
arbitrasie verwys moet word nie.  Daar is
bevind dat die
bewyslas om met 'n aansoek in terme van artikel 3(2) te slaag op die
respondent gerus het en dat laasgenoemde nie
die bewyslas kon kwyt
nie.
[73]      Op 391C-E sê die geleerde
Regter die volgende:
"Although the respondent has not filed a formal
counter-application, embodied in a notice of motion, for the exercise
of
my discretion under section 3(2), it did invoke that discretion in
its affidavits, and from the Bar.  I think that I am justified,

on that basis, in saying that I have before me the application of one
of the parties to an arbitration agreement (which is assumed,
for
immediate purposes, to be valid) for the exercise of such discretion.
The question, it seems to me, is whether the respondent
has
shown good cause, within the meaning of the sub section."
Van belang is die feit dat in die onderhawige geval presies dieselfde
gebeur het: die applikant het aansoek gedoen dat die geding
gestuit
word en dat die geskil na arbitrasie verwys word.  Die
respondent het nie 'n teen-aansoek ingedien nie maar in sy

eedsverklarings verwys na die diskresie wat die hof het en gevra dat
die saak nie op arbitrasie moet gaan nie maar dat die geding
moet
voortgaan.  Dit is 'n aansoek in terme van artikel 3(2)(b) van
die Arbitrasiewet.  Onder hierdie omstandighede het
die geleerde
Regter, in
Metallurgical
, bevind dat die bewyslas op die
respondent rus om 'n behoorlike saak ("good cause") uit te
maak soos bedoel in artikel
3(2).
[74]      Op 391E H gaan die geleerde
Regter dan soos volg voort:
"Such an
onus
is not easily discharged.  There are
certain advantages, such as finality, which a claimant in an
arbitration enjoys over
one who has to pursue his rights in the
Courts; and one who has contracted to allow his opponent those
advantages will not readily
be absolved from his undertaking.
In
Rhodesian Railways
... Wessels, ACJ, (as he then was) held
that the discretion of the Court to refuse arbitration under a
submission was to be exercised
judicially, and only when a 'very
strong case' for its exercise had been made out."  (Dan
volg verwysings na ander soortgelyke
beslissings.)
En die geleerde Regter gaan voort:
"... held that there should be 'compelling reasons' for refusing
to hold a party to his contract to have a dispute resolved
by
arbitration.  Jessel, M.R. ... said that the cases in which the
discretion against arbitration should be exercised were
'few and
exceptional'."
[75]      Volledigheidshalwe noem ek dat die
geleerde Regter in
Metallurgical
verdere toeligting verskaf
oor hoe die diskresie uitgeoefen behoort te word in 'n geval wat vir
praktiese doeleindes presies ooreenkom
met wat tans voor my dien: as
een party die ander van bedrog beskuldig, sal 'n aansoek deur die
party wat van bedrog beskuldig
word, om die arbitrasie te vermy en
eerder die geding in die ope hof te laat besleg baie gewig dra en
gewoonlik toegestaan word.
Daarenteen, sal 'n soortgelyke
aansoek deur die party wat die beskuldigings van bedrog teen die
ander maak veel minder gewig dra
en nie maklik toegestaan word nie.
Die geleerde Regter stel dit soos volg op 393A E:
"A distinction must be drawn between the case where it is the
person charged with fraud who seeks a hearing in open Court,
rather
than in the arbitration for which he has contracted, and the case
where it is the person charging fraud who claims that
relief.
In the former case it seems to have been accepted that the claim for
a hearing in Court will ordinarily be acceded
to ...  It is not
difficult to see why that should be.  If a man who has been
charged with fraud wishes an opportunity
to demonstrate his innocence
in open Court, he should not likely be denied the publicity which he
seeks, or the benefit of having
an adjudication by a judicial
tribunal, rather than by an arbitrator who, unlike the proposed
arbitrator here, may be untrained
in law and inexperienced in the
evaluation of evidence.  And what is perhaps even more important
is this: a finding by an
arbitrator that fraud has been committed is
final, whereas from such a finding in a Court there is a right of
appeal.
In the case where it is the person charging another with fraud who
seeks to be relieved of his contractual undertaking to submit
the
dispute to arbitration, these considerations are of far less weight
...  The weight of authority would therefore seem
to be against
the respondent on this point."
Die gesag waarna die geleerde Regter verwys ter ondersteuning van sy
opmerkings het ek weggelaat uit die aanhaling.
[76] Teen hierdie agtergrond, en in die lig van die betrokke
gewysdes, meen ek dat dit korrek is om die volgende opmerkings te

maak:
1. Die hof het wel 'n diskresie om arbitrasie te weier ten spyte van
die bestaan van 'n arbitrasieklousule, maar so 'n diskresie
moet net
uitgeoefen word as daar 'n baie sterk saak ("very strong case")
daarvoor bestaan.
2. Die bewyslas in 'n versoek om arbitrasie te vermy rus op die party
wat daarom vra.  In hierdie geval is dit die respondent.
3. Dit is 'n moeilike bewyslas wat nie maklik gekwyt word nie.
4. Die aansoek van die party wat die ander van bedrog beskuldig dat
die saak nie op arbitrasie besleg moet word nie, dra nie veel
gewig
nie en sal nie geredelik toegestaan word nie.
[77] Benewens die voorgaande oorwegings, wat myns insiens die
applikant se saak sterk tot voordeel strek, meen ek daar is 'n paar

ander redes waarom die diskresie nie ten gunste van die respondent
uitgeoefen behoort te word nie:
• Die respondent het hom onder eed sterk uitgespreek ten gunste
van arbitrasie.  Die applikant het die versoek gerespekteer
en
hom beywer om die geskilbeslegtingsprosedure van stapel te stuur.
Deur vertragingstaktiek het die respondent hierdie pogings
belemmer.
Vir hierdie gedrag het hy nie 'n behoorlike rede in sy stukke
aangevoer nie.  Meer as 'n jaar later het die
respondent van
deuntjie verander en aangedring daarop dat die geding voortgaan.
Hierdie aandrang het hy probeer motiveer
deur hom bloot op finansiële
oorwegings, en niks anders nie, te beroep.
• Toe hy hom aanvanklik, onder eed, op arbitrasie beroep het,
het die respondent dit gedoen in dieselfde eedsverklaring waarin
hy
na die beweerde bedrog aan die kant van die applikant verwys het
sodat hy in elk geval, myns insiens, afstand gedoen het van
die
latere argument om arbitrasie te vermy vanweë die beweerde
bedrieglike optrede van die applikant.
• Vir die redes wat ek reeds genoem het, word daar, myns
insiens, geen saak op die stukke uitgemaak deur die respondent dat
hy
beweeg is om die 2007 leningsooreenkoms aan te gaan deur bedrieglike
wanvoorstellings aan die kant van die respondent nie.
• As daar 'n saak uit te maak is op grond van bedrog (wat ek
betwyfel, maar waaroor ek geen bevinding maak nie aangesien dit
nie
op my weg lê om in te meng met 'n uiteindelike besluit of
bevinding wat deur 'n hof of 'n arbiter gemaak moet word nie)
sou so
'n aksie gevoer moet word teen KBK of die heer B J E van
Tonder van wie die "benuttingsreg en eiendomsreg
(indien enige)
EIENDOM aandele in KBK ten opsigte van die betrokke erf gekoop is.
Sonder om my uit te laat oor die meriete van so 'n saak, vir die rede
wat ek genoem het, neem ek egter die vrymoedigheid om daarop
te wys
dat die respondent, op 18 Junie 2007, die volgende onderneming gegee
het in sy skriftelike aansoek om lidmaatskap van KBK
en vir 90
aandele daarin:
"Ek bevestig dat ek bewus is daarvan dat voormelde Erf of Plot
nie 'n onderverdeelde gedeelte van die vaste eiendom van KBK
Bpk is
wat in my naam geregistreer sal word in 'n RSA Akteskantoor nie,
aangesien KBK Bpk nie tot dorpstigting gevorder het nie.
Ek is
egter bewus van KBK Bpk se interne registrasiestelsel en ek aanvaar
dat ek, na volle afbetaling van die nominale waarde van
die aandele
wat ek hiermee bekom in KBK Bpk, verplig sal wees om teen betaling
van die dan voorgeskrewe fooi daarvoor (tans R1 000,00)
'n
interne 'Kaart en Transport' soos uitgereik deur KBK Bpk, op te neem.
Ek bevestig dat ek ten volle bewus is van die feit dat die vaste
eiendom van KBK Bpk, waarvan 'n gedeelte (soos hierbo vermeld)
met
volle gebruiksreg aan my toegewys is, onderhewig is aan verbande
geregistreer ten gunste van 'n finansiële instelling
en dat ek
daarmee genoeë neem."
(Die respondent verbind hom ook daartoe dat enige geskil tussen hom
en KBK bygelê sal word en finaal beslis sal word in terme
van
'n skuldbeslegtingsprosedure soos uiteengesit in 'n sekere bylae.
Die dokument waaruit ek aangehaal het is bewysstuk
S2, 'n aanhangsel
tot die opponerende eedsverklaring.)
• Sonder om my daaroor finaal uit te spreek, blyk dit in elk
geval, myns insiens, uit die 2012 korrespondensie tussen KBK
se
prokureurs en die Tshwane Metro asook tussen KBK en die respondent,
waarna ek verwys het, dat die Metro se houding oor beweerde

nie-nakoming van die betrokke bouregulasie betwis word en dat daar
reeds in Mei 2012 'n sogenaamde "formaliseringsaansoek"

deur KBK ingedien is in terme van die "Development Facilitation
Act".
Gevolgtrekkings
[78]      Uit hoofde van die voorgaande, het
ek tot die gevolgtrekkings geraak, en bevind ek, dat:
1. daar nie 'n behoorlike saak uitgemaak is daarvoor dat ek my
diskresie ten gunste van die respondent behoort uit te oefen nie;
en
2. die aansoek behoort te slaag.
In laasgenoemde verband, waar beide partye alternatiewe voorstelle
gemaak het, indien die aansoek sou slaag, tot die bede om op
hierdie
stadium 'n spesifieke individu as 'n arbiter aan te stel, soos ek
beskryf het, is ek van mening om die bevel dienooreenkomstig
aan te
pas.
Die koste
[79]      Na oorweging van die stukke, en
die tersaaklike gewysdes, asook die optrede van die respondent
om hom
aanvanklik te vereenselwig met arbitrasie en later, na
vertragingstaktiek, hom te beroep op voortsetting van die aksie,
wat
aanleiding gegee het tot hierdie litigasie, is ek van mening dat
hierdie 'n gepaste geval is om 'n bestraffende kostebevel
teen die
respondent te gee.
[80]      Ek meen nie dit is vanpas, of
billik, om die beslissing oor die koste oor te laat aan die arbiter,

of selfs 'n latere verhoorhof nie.
Die bevel
[81]      Ek maak die volgende bevel:
1. Die regsgeding word gestuit en die dispuut word na arbitrasie
verwys.
2. Die partye word verlof gegee om binne 10 dae vanaf datum van
hierdie bevel by ooreenkoms 'n arbiter aan te stel uit die name
wat
op aanhangsel "X" tot die kennisgewing van mosie verskyn.
3. As die partye versuim om 'n ooreenkoms te bereik, word verlof aan
die respondent gegee om binne 20 dae na die datum van hierdie
bevel
'n arbiter aan te wys uit die lys op aanhangsel "X"
voormeld in terme van paragraaf 9.2 van die
geskilbeslegtingsprosedure.
4. As die respondent versuim om so 'n keuse uit te oefen, word verlof
aan die applikant gegee om die hof op dieselfde stukke (aangevul

indien nodig), en by vooraf kennisgewing aan die respondent, te nader
vir die aanstelling van 'n arbiter in terme van artikel 12(2)
van die
Arbitrasiewet, no 42 van 1965.
5. Die respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te
betaal, op die skaal soos tussen prokureur en kliënt.
W R C PRINSLOO
REGTER VAN DIE GAUTENG AFDELING, PRETORIA
GEHOOR OP:  6 MEI 2015
VIR DIE APPLIKANT:  L VAN
DER MERWE EN J VAN ZYL
IN OPDRAG VAN:  L G R
INGELYF
VIR DIE RESPONDENT:  S A
VISSER
IN OPDRAG VAN:  ALBERT
HIBBERT PROKUREURS