About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 512
|
|
M v Groenewald en 'n Ander (60022/12) [2016] ZAGPPHC 512 (29 June 2016)
Sekere
persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die
dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet
en
SAFLII se beleid.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
Saaknommer:
60022/12
29/6/2016
Rapporteerbaar:
Nee
Van
belang vir ander regters: Nee
Hersien
In
die saak tussen:
S
J
M
Eiser
en
H
J
GROENEWALD
Eerste
Verweerder
H
J GROENEWALD
PROKUREURS
Tweede
Verweerder
UITSPRAAK
D
S FOURIE, R:
[1]
Hierdie uitspraak word in Afrikaans gelewer aangesien al die
getuienis (met die uitsondering van die van een getuie) in Afrikaans
gelewer is. Die eiser vorder skadevergoedi ng vir sekere beserings
wat deur hom opgedoen is. Die meriete van sy vordering staan.
op twee
bene, naamlik die beweerde nalatigheid van 'n behandelende geneesheer
en die beweerde nalatigheid van 'n prokureur wat
sou versuim het om
die eis vir skadevergoeding betyds in te stel. Die partye het
ooreengekom om slegs die vraag oor beweerde mediese
nalatigheid nou
te laat bereg en om alle ander geskilpunte
sine die
uit te
stel. 'n Bevel vir skeiding van geskilpunte in terme van hofreel
33(4) is reeds toegestaan.
[2]
Die eiser se saak word uiteengesit in paragrawe 4, 5, 6 en 7 van die
gewysigde besonderhede van vordering. Die kern daarvan
is dat die
behandelende geneesheer, 'n sekere dr Anthonyrajah die eiser op 'n
nalatige wyse 'n inspuiting toegedien het en ook
versuim het om die
eiser behoorlik te ondersoek en te behandel as gevolg waarvan die
eiser 'n letsel van die skiatiese senuwee
met gepaardgaande ·
sequelae
opgedoen het. Die partye het tydens die verhoor die geskilpunte
met betrekking tot die mediese nalatigheid verder verfyn en dit kan
soos volg saamgevat word:
· Was die eiser
deur dr Anthonyrajah ingespruit soos beweer?
· Was dr
Anthonyrajah nalatig in die wyse waarop hy die eiser behandel het?
· Het sodanige
nalatigheid (indien dit bevind sou word) die beserings veroorsaak
soos in paragraaf 7 van die gewysigde besonderhede
van vordering na
verwys?
GETUIENIS
VIR DIE EISER:
EISER
[3]
Die eiser het getuig dat hy gedurende 2006 as 'n motorbestuurder
werksaam was. Op 20 Junie 2006 het hy dr Anthonyrajah gaan
sien omdat
hy verkoue gehad het. Hy is ondersoek waarna die dokter hom 'n
inspuiting op sy linkerboud gegee het. Hy is ook van
medikasie
voorsien. Hy het nie op daardie stadium 'n seer rug of 'n seer boud
gehad nie. Na ongeveer ses dae het hy agtergekom
dat daar tout was.
Die boud was pynlik. Hy is toe terug na dr Anthonyrajah waartydens hy
hom meegedeel het dat sy boud warm en
seer is. Hy moes sy broek
aftrek sodat die dokter hom kon ondersoek. Hy is pille gegee om te
drink sowel as salf om aan te smeer.
Op geen stadium het hy en die
dokter oor HIV gepraat nie. Na 'n paar dae het hy dr Hlatshwayo gaan
sien omdat sy boud nog steeds
baie seer was. Hy is na die Steve
Biko-hospitaal verwys en ongeveer drie dae later is daar 'n operasie
op sy boud uitgevoer. Volgens
hom het die inspuiting wat dr
Anthonyrajah hom gegee het sy been verlam.
[4]
In kruisverhoor het hy verduidelik dat hy na dr Anthonyrajah gegaan
het omdat die ander dokters se spreekkamers baie vol was.
Dit is aan
hom gestel dat hy vir dr Anthonyrajah gese het hy is HIV positief,
maar hy het dit ontken. Volgens hom het hy die siekte
eers na die tyd
opgedoen. Dit is ook aan hom gestel dat dr Anthonyrajah hom nooit 'n
inspuiting toegedien het nie, maar hy het
herhaal dat dit wel gebeur
het. Hy het later, met verwysing na 'n sieknota, gese dat hy dr
Anthonyrajah by slegs twee geleenthede
gesien het, naamlik toe hy hom
die inspuiting gegee het en toe hy later terug is om 'n sieknota te
vra.
DR
SMUTS
[5]
Dr Smuts is 'n neuroloog wat 'n regsmediese verslag en 'n addendum
daartoe voorberei het. Hy het getuig dat hy 'n EMG (elektromyografie)
ondersoek op die eiser uitgevoer het. Hierdie ondersoek is tweeledig
van aard, naamlik om 'n sensoriese en motoriese respons van
'n
senuwee te analiseer. Die oogmerk is om tussen 'n primere spiersiekte
aan die eenkant en 'n senuweebesering aan die anderkant
te onderskei.
Hy kon deur middel van hierdie toets die betrokke senuwee lokaliseer
waarna hy vasgestel het dat die letsel onvolledig
is, met ander
woorde daar is nie 'n totale verlies van die betrokke senuwee nie.
Volgens hom is die area waar die senuweeletsel
voorkom tussen die
boud tot maksimum op die vlak van die knie, maar volgens sy opinie le
dit waarskynlik in die boud.
[6]
In kruisverhoor het hy, op 'n vraag of die skade aan die senuwee
moontlik sy oorsprong in die eiser se rug kon he, aangedui
dat hy dit
sterk betwyfel aangesien die eiser se kliniese swakheid in sy
onderbeen op die vlak L4, LS en S1 le. Volgens hom is
dit baie wyd en
sou 'n mens 'n ekstensiewe rugletsel verwag om dit te veroorsaak.
DR
HLATSHWAYO
[7]
Dr Hlatshwayo het getuig dat hy gedurende die tersaaklike tydperk 'n
algemene praktisyn was. Die eiser het hom kom sien met
'n probleem in
sy linkerboud. Hy het verduidelik dat 'n sekere dokter hom daar 'n
inspuiting gegee het waarna die baud pynlik geword
het. Hy het die
eiser ondersoek en... vasgestel dat daar 'n baie groat abses in die
eiser se linkerboud was. Hy het die eiser vir
chirurgie na 'n
hospitaal verwys waar die eiser geopereer is. Hy het die eiser se
operasiewond daarna behandel. In kruisverhoor
het hy bevestig dat hy
die eiser vir die eerste keer op 13 Julie 2006 gesien het.
DR
BOTHA
[8]
Dr Botha is 'n internis wat ook 'n regsmediese verslag ten opsigte
van die eiser opgestel het. Hy het die eiser nie klinies
ondersoek
nie, maar het 'n verduideliking gegee oor die aard en oorsprong van
'n stafilokokkus infeksie. Dit is volgens hom
'n aggressiewe
kiem wat van buite at die liggaam ingebring word en wat tot 'n abses
kan lei indien dit nie betyds gestop word nie.
Met verwysing na dr
Anthonyrajah se kliniese notas oor die eiser het hy getuig dat hy nie
die medikasie daarin vermeld, vir 'n
abses sou voorgeskryf het nie
aangesien dit die abses nie sou verbeter het nie. Met verwysing na
die eiser se tweede besoek op
7 Julie 2006 (soos op die kliniese
notas aangedui) het hy opgemerk dat hy nie kan dink, indien die eiser
wel 'n groat abses gekry
het, dat dit nie 'n paar dae voor die tyd
sigbaar sou gewees het nie. Hy het verder verduidelik, met verwysing
na sy verslag, dat
dit in hierdie geval wil voorkom of die abses
bygedra het tot die skade aan die senuwee terwyl die aanvanklike
skade veroorsaak
is deur die inspuiting wat verkeerdelik toegedien
is. In kruisverhoor het hy toegegee dat hy nie weet of daar 'n
inspuiting toegedien
was nie en dat sy opmerking oor die aanvanklike
skade wat deur die inspuiting veroorsaak is, bespiegeling is.
DR
MARÉ
[9]
Dr Maré is 'n ortopediese chirurg wat 'n regsmediese verslag
en 'n aanvullende verslag ten opsigte van die eiser voorberei
het. Hy
het getuig dat die stafilokokkus bakterie, waar daar 'n absesformasie
plaasgevind het, gewoonlik deur 'n penetrerende wond
soos met 'n
naald, ingedra word. Die skade wat in hierdie geval aan die eiser se
skiatiese senuwee in die linkerbeen veroorsaak
is, is permanent van
aard. Daar is ook na 'n gesamentlike verslag van dr Maré en dr
Engelbrecht verwys. Dr Engelbrecht het
later vir die verweerders
getuig. In die gesamentlike verslag gedateer 25 Januarie 2016 het
gemelde dokters opgemerk dat geen atrofie
van die skiatiese senuwee,
linkerkant sowel as regterkant, aangedui is nie en stem hulle saam
"that anatomically no direct
damage to sciatic nerve could be
demontrated". Die getuie het verder getuig dat die abses
ongeveer ses dae voor dr Hlatshwayo
dit gediagnoseer het, al sigbaar
moes gewees het. In kruisverhoor het hy gese dat daar tydens sy
ondersoek van die eiser geen aanduiding
van lae rugpyn was nie.
DR
SMUTS
[10]
Dr Smuts (neuroloog) het reeds getuig maar hy is later teruggeroep.
Hy het getuig oor 'n verdere ondersoek wat hy in samewerking
met prof
Van der Muiyden op die eiser uitgevoer het. Dit is 'n senuwee
geleidingstudie waar die sensoriese en motoriese komponent
van 'n
senuwee getoets word. Hierdie was 'n baie meer omvattende ondersoek
as die vorige een waaroor dr Smuts reeds getuig het.
Die kern van sy
gevolgtrekking is dat daar wel skiatiese senuweeskade bestaan. Die
kliniese beeld dui dit ook aan, naamlik 'n sogenaamde
hangvoet ("drop
foot") wat met 'n geassosieerde sensoriese klagte gepaard gaan.
Hy het ook getuig, volgens sy persoonlike
ervaring, dat skiatiese
senuweebeserings veroorsaak word deur·inspuitings,
heupchirurgie en skietwonde. Wat die teenwoordigheid
van HIV betref,
was hy van mening dat die senuweeprobleme wat daardeur verootsaak
word, taamlik kenmerkend van aard is. Dit is
'n simmetriese
neuropatie wat hande en voete affekteer. Dit is nie die kliniese
beeld wat by die eiser teenwoordig is nie.
[11]
In kruisverhoor het dit geblyk, wat uitvalwaardes betref, dat daar
ook aan die regterkant van die eiser 'n geringe abnormaliteit
bestaan. Volgens die getuie is die mees waarskynlike rede daarvoor 'n
onderliggende rugpatologie wat teenwoordig is. Hy het ook
toegegee
dat indien die gelokaliseerde uitval in die rug 'n L4, LS en S1 sou
insluit, dit 'n verduideliking kan wees vir beide
uitvalle of
abnormaliteite wat in albei bene gevind is.
MNR
LANDMAN
[12]
Mnr Landman is 'n forensiese handskrifdeskundige wat die
oorspronklike pasientekaart van die eiser, soos voorsien
deur dr Anthonyrajah, ondersoek het. Die getuie het op 'n afskrif van
die voor- en agterkant van die pasientekaart aangedui dat
vyf
verskillende soorte ink gebruik is om die inskrywings te doen. Hy het
verduidelik dat op die oog af al die inskrywings met
swart ink gedoen
is, maar nadat hy sekere vergelykende toetse gedoen het, het hy
vasgestel dat die chemiese samestelling van die
swart ink wat gebruik
is, van plek tot plek verskil. Dit is 'n aanduiding daarvan dat vyf
verskillende penne gebruik is om die
pasientekaart te voltooi. Hy het
ender andere ook na die woorde
"cough, no fever"
en
"painful buttock"
verwys en getuig dat dit met
dieselfde soort ink geskryf is. Hy het aangedui dat die gebruik van
verskillende penne op dieselfde
dokument nie volgens sy ondervinding,
normaal voorkom nie. Hy het bevestig dat hy en 'n ander getuie, mnr
Bester wat later vir
die verweerder sou getuig, 'n gesamentlike
verslag oor die skrif op die pasientekaart voorberei het. In
kruisverhoor het hy toegegee
dat alhoewel dit voorkom of van die
skrif op 'n later stadium bygevoeg is, hy nie in staat is om te se
hoe lank na die tyd dit
gedoen is nie.
GETUIENIS
VIR DIE VERWEERDERS:
MNR
BESTER
[13]
Mnr Bester is 'n forensiese dokumente-ontleder. Hy het met mnr
Landman saamgestem dat verskillende skrifinstrumente gebruik
is om
die pasientekaart te voltooi. Volgens hom moet daar eers gekyk word
watter skrifgewoonte 'n persoon gebruik ten einde te
kan vasstel of
daardie persoon van die norm afgewyk het. Hy het toe die skrif op die
pasientekaart soos volg verduidelik:
"Nou die norm op
hierdie dokument kan ons dus in terme van die volgende beskrywing
plaas en ek se vir u, hierdie is skrif chaos.
Hierdie persoon het die
gewoonte om met 'n skrifinstrument op verskeie plekke, verskeie
besonderhede in te skryf en
so
ook sy skrif rond te skuif en
te plaas, onder dieselfde datum en sou mens dit dan
as
die
norm sien in hierdie geval en dit is die norm van hierdie dokument,
het ons nie 'n basis
om
'n opinie te vorm in hierdie geval
nie."
Hy
het toe tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie gese kan word
watter skrif was eerste of tweede op die pasientekaart aangebring
nie. In kruisverhoor het hy bygevoeg dat die konteks van die dokument
in gedagte gehou moet word, naamlik dat dit op verskeie datums
voltooi is. Hy het later (op vrae van die hof) aangedui dat skrif
chaos die norm in hierdie geval is.
DR
ANTHONYRAJAH
[14]
Dr Anthonyrajah was die behandelende geneesheer na wie vroeer verwys
is. Met verwysing na sy
curriculum vitae
(p 183, bewysstuk
"D2") het hy getuig dat hy gedurende 1978 in Sri Lanka
gekwalifiseer het en dat hy in 1993 as algemene
praktisyn begin
praktiseer het. Hy is sedert 1981 by die Suid-Afrikaanse Mediese Raad
as geneesheer geregistreer en het gedurende
2006 'n Meestersgraad in
Familiegeneeskunde behaal. Hy was op 'n stadium ook 'n lektor by
UNISA se Medunsa Kampus.
[15]
Hy het getuig dat die eiser se pasientekaart sy handskrif bevat,
behalwe op twee plekke waar sy ontvangsdame ook geskryf het.
Behalwe
met verwysing na die pasientekaart, was hy nie in staat om die eiser
andersins te onthou of te identifiseer nie. Volgens
die pasientekaart
het hy die eiser die eerste keer op 20 Junie 2006 gesien, daarna vir
'n tweede keer op 7 Julie 2006 en die laaste
keer op 27 Maart 2007
toe die eiser gekom het om 'n siekbrief te kom haal. Hy het daarna
die verskillende inskrywings op die pasientekaart
se voor- en
agterkant verduidelik. Daarvolgens sou hy die eiser op 20 Junie 2006
gesien het en het hy aangeteken dat die eiser
binne 'n week by twee
dokters was, dat hy HIV positief vir vyf jaar is en dat hy 'n
"painful buttock and back"
gehad het. Hy het toe
verduidelik dat hy die eiser ondersoek het asook wat sodanige
ondersoek behels het. Sy diagnose was dat die
eiser griep en lae
rugpyn gehad het. Volgens die pasientekaart sou hy die eiser versoek
het om na een week vir 'n opvolgondersoek
terug te kom, maar hy dit
nie gedoen het nie. Volgens die pasientekaart moes die eiser R155.00
betaal en dit was vir die konsultasie
en medikasie wat hy voorgeskryf
het. Die getuie het verder (met verwysing na die pasientekaart)
getuig dat hy medikasie ooreenkomstig
sy diagnose aan die eiser
voorgeskryf het. Dit was 'n anti-inflammatoriese middel, 'n
pynstiller en grieptablette. Wat die inspuiting
betref het hy daarop
gewys dat die pasientekaart dit nie aandui nie en hy het toe bygevoeg
dat indien hy wel 'n inspuiting gegee
het, hy dit op die
pasientekaart sou aangeteken het. Hy het verder getuig dat 'n
griepinspuiting toegedien word om griep te voorkom
en dat dit nie vir
'n pasient gegee word wat reeds griep het nie.
[16]
Dr Anthonyrajah het erken dat die pasientekaart met verskillende
soorte swart penne voltooi is. Hy het verduidelik dat hy gewoonlik
'n
swart pen gebruik en dat daar baie sulke penne in sy praktyk gebruik
word. Daar is penne in sy laai, op sy lessenaar en soms
ook in sy
sak. Wanneer hy byvoorbeeld na die medisynekamer toe gaan en hy nie
'n pen het nie, sal hy sy ontvangsdame vir 'n pen
vra. Wanneer hy na
die ondersoekkamer toe gaan is dit moontlik dat hy daar weer 'n ander
pen gebruik. Dit is volgens hom hoe hy
werk. Toe hy gevra was of hy
die eiser ooit ingespuit het, het hy met verwysing na die
pasientekaart dit ontken.
[17]
In kruisverhoor het hy toegegee dat hy nie oor 'n onafhanklike geheue
beskik nie, maar dat hy steun op die inhoud van die pasientekaart.
Met verwysing na die lae rugpyn soos aangeteken op die pasientekaart
het hy verduidelik dat volgens sy notas, teenoor die datum
7 Julie
2006, die eiser binne een week moes terugkom vir moontlike X-strale.
[18]
Hy is toe gevra of hy die eiser se baud op 20 Junie 2006 ondersoek
het. Hy het, met verwysing na die pasientekaart en meer
spesifiek sy
spier-skelet-stelsel ondersoek
("musculoskeletal
examination''),
bevestigend geantwoord. Hy het verder
getuig dat indien hy die abses op 7 Julie 2006 sou gesien het, hy
antibiotika daarvoor
sou voorgeskryf het en dit ook sou aangeteken
het. Hy het later na die moontlikheid verwys dat so 'n abses baie
vinnig kan ontwikkel,
veral as die eiser se HIV
"amino
compromised status"
in ag geneem word. Hy het toe weer na
die spier skelet-stelsel ondersoek verwys en verduidelik dat dit
die rug, gewrigte, boude
en bene insluit. Hy het toe bevestig dat so
'n ondersoek volgens die pasientekaart ook op 7 Julie 2006 gedoen is.
[19]
Hy is toe verder oor die inspuiting gekruisverhoor. Toe dit aan hom
gestel is dat hy die inspuiting toegedien het, het hy verduidelik
dat
wanneer hy vasgestel het 'n pasient HIV positief is "
I
will never touch needles".
Hy het bygevoeg dat hy net
skryf wat die pasient hom meedeel en dat dit ernstig vir 'n dokter
sou wees om so 'n aantekening te maak
as die pasient hom nie so
meegedeel het nie.
DR
DU PLESSIS
[20]
Dr Du Plessis is 'n neurochirurg wat ook 'n regsmediese verslag ten
opsigte van die eiser voorberei het. Hy het die eiser op
7 Januarie
2016 ondersoek en getuig dat die kliniese ondersoek van die eiser
baie moeilik was. Daar was wisselende kliniese tekens
wat met tye
teenwoordig en met tye afwesig was. Dit het die interpretasie daarvan
bemoeilik. Met verwysing na paragraaf 5 van sy
regmediese ondersoek
(spesiale ondersoeke) het hy getuig dat 'n MR-skandering wat op 28
Augustus 2014 gedoen is, aantoon dat die
eiser se tweedelaaste
rugkussinkie tussen die vierde en die vyfde lumbale werwels na links
verplaas het en op die linker L5-senuweewortel
van sy rug gedruk het.
Hy het verduidelik dat die skiatiese senuwee uit vier senuweewortels
bestaan naamlik die L4, LS, S1 en S2
wortel. Dit is die L5-
senuweewortel wat beklem was volgens die MR-skandering.
[21]
Die getuie het verder verduidelik dat wanneer 'n mens anatomies na
die boudarea kyk is daar eerstens die vel en ender die vel
is daar 'n
vetweefsel. Onder die vetweefsel is daar 'n bindweefsel wat die spier
bedek en diep tot hierdie spier is daar die skiatiese
senuwee.
Volgens die MR skandering is daar 'n duidelike litteken sigbaar
in die area waar die abses voorheen gelee was. Hierdie
litteken is
beperk tot die onderhuidse weefsel, met ander woorde dit betrek slegs
die vetweefsel ender die vel en nie ook die spier
nie. Die afstand
tussen die litteken en die skiatiese senuwee is 68mm.
[22]
Hy het verder getuig dat wanneer daar 'n betekenisvolle besering van
die senuwee plaasvind, dan kwyn die spiergroep wat deur
die besondere
senuwee voorsien word. Dit is glad nie die geval by die eiser nie.
Daar is geen teken van spierkwyning of dat die
spier moontlik ook by
die infeksie betrokke was nie. Daar is ook geen teken van kwyning van
die skiatiese senuwee aan die linkerkant
waar die inspuiting
toegedien is nie. Die anatomiese voorkoms van die senuwee aan die
linker- en regterkant blyk dieselfde te wees.
Sy gevolgtrekking was
dat indien daar wel 'n besering van die skiatiese senuwee was, moes
dit baie gering gewees het. In kruisverhoor
het hy toegegee dat die
uitval met betrekking tot die linkervoet van die skiatiese senuwee
afkomstig is wat deur 'n geringe besering
veroorsaak kon gewees het.
Hy het egter bygevoeg dat dit nie akademies korrek sou wees om te
aanvaar dat elke skiatiese senuwee
uitval deur trauma veroorsaak is
nie. Daar kan ander oorsake ook wees waarvan die belangrikste een die
afsluiting van bloedvaatjies
is wat die senuwee bedien. Dit kan by
diabete en persone wat HIV positief is, voorkom. In laasgenoemde
geval tas HIV die bloedvate
aan en dit belemmer die sirkulasie na die
skiatiese senuwee. Hy kon egter nie bevestig of dit wel die geval by
die eiser is nie.
DR
ENGELBRECHT
[23]
Dr Engelbrecht is 'n ortopediese chirurg wat ook 'n regsmediese
verslag met betrekking tot die eiser voorberei het. Hy en dr
Marée
wat vir die eiser getuig het, het 'n gesamentlike verslag voorberei.
Daarvolgens blyk dit, met verwysing na die MR-skandering,
dat daar
geen kwyning of aantoonbare anatomiese skade aan die skiatiese
senuwee, links of regs, bestaan nie. Volgens die getuie
lyk beide
senuwees presies dieselfde op die MR skandering. Daar is ook 'n
beskrywing van die letsel gegee waar die abses voorgekom
het. Die
getuie het verder verduidelik dat hy en dr Marée dit eens is
dat die abses in die oppervlakkige weefsel voorgekom
het en dat daar
geen spierskade aangetoon is nie.
[24]
In kruisverhoor is dit aan hom gestel dat dr Smuts van mening is dat
daar wel skade aan die skiatiese senuwee aan die linkerkant
veroorsaak is. Hy het soos volg geantwoord:
"Ek kan net aflei
dat daar iewers skade
is
tussen die knie en die rug op hierdie
senuwee
...
ek het pasiente gehad wat skeet ges/aap het in die
nag en die volgende dag opgestaan het met 'n
Jam voet. So, die
interpretasie van hierdie EMG-verslag
se
nie vir
my
waar
is
die skade nie."
BESPREKING:
[25]
Voordat vraagstukke soos nalatigheid en kousaliteit oorweeg word, is
dit nodig om eers 'n feitedispuut wat tussen die partye
bestaan, te
beslis. Hierdie dispuut het betrekking op die vraag of dr
Anthonyrajah die eiser ingespuit het soos beweer. Die eiser
voer aan
dat dit wel gebeur het, terwyl dr Anthonyrajah, steunende op die
inhoud van die pasientekaart, dit ontken. Daar bestaan
dus twee
onversoenbare weergawes oor die vraag of dr Anthonyrajah die eiser
ingespuit het.
[26]
In SFW
Group Limited
&
Another v Martell et CIE
&
Others
2003 (1) SA (11) (HHA) op 14 (par 5) het Nienaber AR
die benadering wat howe normaalweg volg by die hantering van
feitegeskille
soos volg saamgevat:
"To come to
a
conclusion on the disputed
issues a
court must make
findings on (a) the credibility of the various factual witnesses;
(b) their reliability; and (c) the probabilities.
As
to
(a), the Court's finding on the creditability of
a
particular
witness will depend on its impression about the veracity of the
witness. That in turn will depend on
a
variety of subsidiary
factors, not necessarily in order of importance, such
as
(i)
the witness' candour and demeanour in the witness box, (ii) his bias,
latent and blatant, (iii) internal
contradictions in his
evidence, (iv) external contradictions with what was pleaded or put
on his behalf, or with established fact
or with his own extra-curial
statements or actions, (v) the probability or improbability of
particular aspects of his version,
(vi) the calibre and cogency of
his performance compared to that of other witnesses
testifying
about the same incident or events. As to (b),
a
witness'
reliability will depend, apart from the factors mentioned under
(a) (ii), (iv) and (v) above, on (i) the opportunities he had to
experience or observe the event in question and (ii) the quality,
integrity and independence of his recall thereof. As to (c),.this
necessitates an analysis and evaluation of the probability or
improbability of each party's version on each of the disputed issues.
In the light of its assessment of (a), (b) and (c) the Court will
then,
as a
final step, determine whether the party burdened
with the onus of proof has succeeded in discharging it.
...
But
when all factors are equipoised probabilities prevail".
(Sien ook in hierdie
verband:
Baring Eiendomme BK v Roux
[2001] 1 All SA 399
(HHA)
par 7.)
[27]
Die advokaat vir die eiser het tereg toegegee dat die eiser die
bewyslas dra ten opsigte van elke geskilpunt soos in paragraaf
2
hierbo na verwys. Hy het egter verder argumenteer dat, met inagneming
van al die getuienis, die eiser se weergawe as waar bevind
moet word
en die van dr Anthonyrajah as vals,
alternatiewe/ik
dat dit so
vaag en onbetroubaar is dat dit nie die eiser se weergawe in enige
wesenlike opsig aangetas het nie.
[28]
Dit is belangrik om in 'n saak soos hierdie 'n paar opmerkings oor
die eiser sowel as dr Anthonyrajah se geloofwaardigheid
te maak. 'n
Beoordeling van 'n getuie se geloofwaardigheid en die betroubaarheid
van sy getuienis kan nie in isolasie gedoen word
nie. Die algemene
konteks, die getuie se intelligensie en faktore wat sy of haar geheue
kan be'invloed, is maar net 'n paar van
vele oorwegings wat in ag
geneem moet word. Dit is verder welbekend dat getuies soms foute
maak, maar in hierdie opsig moet daar
onderskei word tussen
bona
fide
foute en doelbewuste leuens. Ek het die geleentheid gehad om
die eiser en dr Anthonyrajah te sien en om aandagtig na hulle
getuienis
te luister. Seide van hulle moes getuig, in soverre dit
moontlik was, oor gebeure wat jare gelede plaasgevind het. Alhoewel
beide
van hulle foute kon gemaak het en dr Anthonyrajah by
geleentheid lank gevat het voordat hy vrae geantwoord het, het ek op
geen
stadium die indruk gekry dat enigeen van hulle doelbewus die hof
probeer mislei het deur valse getuienis af te le nie.
[29]
Dr Anthonyrajah is veral gekritiseer vir die feit dat die
pasientekaart met verskillende skryfinstrumente voltooi is. Hy het
dit erken en verduidelik dat hy van verskillende penne gebruik maak
wanneer 'n pasientekaart voltooi word. Soms maak hy aantekeninge
in
die ondersoekkamer en later weer met 'n ander pen by die ontvangs of
waar hy medisyne voorskryf. Ek het geen rede om hierdie
verduideliking as vats te verwerp of om te bevind dat die
pasientekaart 'n vervalsing is nie. Daar bestaan ook geen rede om 'n
geloofwaardigheidsbevinding teen enige getuie te maak nie. Dit is
egter moontlik dat die betroubaarheid van die eiser sowel as
dr
Anthonyrajah se getuienis, vanwee die lang tydsverloop en die
moontlikheid dat hulle in sekere opsigte foute kon gemaak het,
wel
ter sake is. Ek sal later weer hierna verwys. Met inagneming van
hierdie kwalifikasie, is ek van mening dat die geskilpunte
volgens
die getuienis en op die waarskynlikhede beoordeel moet word, met
inagneming van die bewyslas.
[30]
Die eiser het getuig dat hy op 20 Junie 2006 dr Anthonyrajah gaan
sien het omdat hy verkoue gehad het. Hy is ondersoek waarna
die
dokter hom 'n inspuiting op sy linkerboud gegee het. Na ongeveer ses
dae het hy agtergekom dat daar tout was. Dr Anthonyrajah
het toegegee
dat hy nie oor 'n onafhanklike geheue beskik nie en dat hy op die
inhoud van die pasientekaart steun om te kan se
wat gebeur het.
Hierdie pasientekaart blyk 'n kontemporere nota te wees van drie
besoeke wat die eiser aan sy spreekkamer gebring
het. Dit bevat die
handskrif van dr Anthonyrajah (wat die tersaaklike gedeeltes betref)
en dit blyk gemaak te gewees het tydens
die eiser se besoeke aan hom.
Hy het getuig dat hy neerskryf wat die pasient hom meedeel.
[31]
Hy het daarop gewys dat die pasientekaart nie 'n inskrywing oor 'n
inspuiting bevat nie en bygevoeg dat indien hy wel 'n inspuiting
sou
gegee het, hy dit op die pasientekaart sou aangedui het. Daar is
namens die eiser betoog dat hy aan dr Hlatshwayo gese het
dat 'n
ander dokter hom ingespuit het en dat sy baud sedertdien pynlik is.
Sender om hierdie mededeling tot selfstawing te verhef,
is aangevoer
dat indien geen inspuiting ter sprake was nie, die melding daarvan
teenoor dr Hlatshwayo onsinnig en onlogies sou
wees. Met hierdie
argument word daar uit die cog verloor dat die eiser die dokter wat
hom ingespuit het nie in sy gesprek met dr
Hlatshwayo ge'identifiseer
het nie. Volgens die pasientekaart sou die eiser dr Anthonyrajah
meegedeel het (tydens sy eerste besoek
op 20 Junie 2006) dat hy reeds
by twee dokters was
("has been to two DRS”).
[32]
Die pasientekaart bevat ook ander inskrywings waarvan die korrektheid
deur die eiser ontken is. So byvoorbeeld het dr Anthonyrajah
tydens
die ·eiser se eerste besoek aangeteken dat hy vir vyf jaar HIV
positief is en dat hy 'n
"painful buttock and back"
gehad het. Volgens die eiser het hy nie op daardie stadium 'n
seer rug of 'n seer baud gehad nie en het hy op geen stadium met dr
Anthonyrajah oor HIV gepraat nie. Hy is wel later HIV positief
gediagnoseer. In kruisverhoor het hy gese dat hy dr Anthonyrajah
by
slegs twee geleenthede gesien het, naamlik toe hy hom die inspuiting
gegee het en toe hy later terug is om 'n sieknota te vra.
Dit meet
duidelik 'n tout wees aangesien dit gemeensaak blyk te wees dat hy Dr
Anthonyrajah by drie geleenthede besoek het. Dr
Antonyrajah het in
kruisverhoor verduidelik dat wanneer hy vasgestel het dat 'n pasient
HIV positief is, hy hom nie 'n inspuiting
sal gee nie
( "I
will never touch needles'}.
Hy het bygevoeg dat hy net skryf wat
die pasient hom meedeel en dat dit 'n ernstige oortreding vir 'n
dokter sou wees om aan te
dui dat 'n pasient HIV positief is as die
pasient hom nie so meegedeel het nie.
[33]
Die vraag ontstaan of die eiser daarin geslaag het om te bewys dat hy
op 20 Junie 2006 deur dr Anthonyrajah ingespuit was soos
beweer. Daar
bestaan aan die een kant die getuienis van die eiser dat dit wel
gebeur het en aan die anderkant is daar die pasientekaart
waarop dr
Anthonyrajah steun om te beweer dat dit nie gebeur het nie. Die
pasientekaart bevat kontemporere inskrywings, terwyl
die eiser op sy
geheue moes staatmaak. Die tersaaklike besoeke van die eiser aan dr
Anthonyrajah, sy besoek aan dr Hlatshwayo en
die operasie wat hy
ondergaan het, het alles gedurende 2006 plaasgevind. Die eiser het
eers gedurende 2014 daaroor getuig en dr
Anthonyrajah het sy
getuienis gedurende 2016 gelewer.
[34]
Wanneer die eiser en dr Anthonyrajah se getuienis oorweeg word, meet
ek die lang tydsverloop ingedagte hou. Dit is 'n faktor
wat by die
bepaling van waarskynlikhede in aggeneem meet word. Die pasientekaart
bevat kontemporere notas oor wat tydens die besoeke
gedurende 2006
gebeur het en is waarskynlik 'n meer betroubare weergawe daarvan as
die feilbare geheue van 'n persoon wat agt jaar
later daaroor kom
getuig. Ek meet gevolglik ook die moontlikheid in ag neem dat
die eiser 'n
tout
kon gemaak het oor die identiteit van die
geneesheer wat hom sou ingespuit het, indien hy ingespuit was, asook
of hy toe rugpyn
gehad het en ook of hy toe reeds HIV positief was,
wat hy ontken het. Dit is onwaarskynlik dat 'n ervare geneesheer soos
dr Anthonyrajah
twee foutiewe aantekeninge oor 'n pasient tydens
dieselfde besoek sou maak en dan bonop oak sou versuim het om aan te
teken dat
hy hom 'n inspuiting gegee het. Volgens die pasientekaart
was die eiser toe reeds by twee ander dokters gewees. Dit is meer
waarskynlik
dat hierdie aantekening gemaak is
omdat die eiser dr Anthonyrajah so meegedeel het as
dat dr Anthonyrajah 'n nag 'n fout hierobr oak gemaak het. Afgesien
van die feit dat die pasientekaart geen aantekening oar 'n
inspuiting
bevat nie, het dr Anthonyrajah oortuigende redes aangevoer waarom hy
die eiser nie sou ingespuit het nie. Volgens hom
is 'n
griepinspuiting voorkomend en nie genesend nie. Hy sou daarom die
eiser wat reeds griep gehad het, nie 'n griepinspuiting
gegee het
nie. Verder, volgens hom sou hy ook nie 'n pasient wat reeds HIV
positief was enige inspuiting toegedien het nie. Daar
bestaan geen
rede waarom ek hierdie getuienis as vals of onbetroubaar moet verwerp
nie. Met inagneming van al hierdie oorwegings,
die getuienis in
hierdie verband en die waarskynlikhede, is ek nie oortuig dat die
eiser daarin geslaag het om te bewys dat hy
deur dr Anthonyrajah
ingespuit is soos beweer nie.
NALATIGHEID:
[35]
In die lig van my bevinding dat die eiser nie daarin kon slaag om te
bewys dat hy deur dr Anthonyrajah ingespuit is nie, behoort
dit te
volg dat geen nalatigheid wat met die inspuiting verband hou (of die
wyse waarop dit toegedien is) voor die deur van dr
Anthonyrajah gele
kan word nie. Die eiser het egter tydens die verhoor sy besonderhede
van vordering gewysig om die vraagstuk oar
nalatigheid uit te brei
ten einde oak die ondersoek en behandeling van die eiser in te sluit.
Dit bring my by die tweede geskilpunt
soos in paragraaf [2] hierbo na
verwys, naamlik was dr Anthonyrajah nalatig in die wyse waarop hy die
eiser behandel het? Die kern
van die eiser se saak is dat dr
Anthonyrajah versuim het om die eiser behoorlik te ondersoek, versuim
het om die abses te diagnoseer
en om die korrekte behandeling toe te
pas en/of voor te skryf.
[36]
Die vraag oor nalatigheid behels 'n tweeledige benadering: eerstens
moet daar vasgestel word of die skade wat ingetree het
voorsienbaar
was en tweedens, of die
diligens paterfamilias
redelike stappe
sou geneem het om daarteen te waak terwyl die verweerder versuim het
om dit te doen
( Mcintosh v Premier, KwaZulu-Natal
&
Another
2008 (6) SA 1
(HHA) par 12.) Om te bepaal of die
versuim van 'n geneesheer nalatigheid daarstel, moet die volgende in
ag geneem word:
· Daar word nie
van 'n mediese praktisyn verwag om die hoogste moontlike mate van
vaardigheid aan die dag te le nie. Hy is
egter wel gebonde om
redelike sorg en vaardigheid toe te pas
( Mitchell v Dixon
1914
A 519 op 525);
· Om te bepaal wat
redelik ender die omstandighede is, moet daar gelet word op die
algemene standaard van sorg en vaardigheid
wat deur ander lede van
dieselfde professie aan die dag gele word
( Mitchell v Dixon,
supra,
p 526);
· Die toets is
derhalwe om te bepaal of die betrokke praktisyn se handeling of
versuim voldoen het aan die standaard van
'n redelike en bevoegde
praktisyn wat in dieselfde veld praktiseer
( Buthelezi v Ndaba
2013 (5) SA 437
(HHA) te par 15).
[37]
Met betrekking tot die vraag of dr Anthonyrajah nalatig was in die
wyse waarop hy die eiser behandel het asook omdat hy versuim
het om
die abses te diagnoseer, het dr Hlatshwayo getuig dat toe hy die
eiser op 13 Julie 2006 gesien het, daar 'n baie groot abses
in die
eiser se linkerboud was. Hy het toe die eiser vir chirurgie na 'n
hospitaal verwys waar die eiser later geopereer en die
abses
gedreineer is. Dr Botha het getuig dat hy nie kan dink dat so 'n
groot abses nie 'n paar dae voor die tyd sigbaar sou gewees
het nie.
Met verwysing na die pasientekaart het hy verder getuig dat hy nie
die medikasie daarin vermeld vir 'n abses sou voorgeskryf
het nie,
aangesien dit nie die abses sou verbeter het nie. Dr Maré het
ook getuig dat die abses ongeveer ses dae voor dr
Hlatshwayo dit
gediagnoseer het, al sigbaar moes gewees het.
[38]
Dr Anthonyrajah het met verwysing na sy inskrywings op die
pasientekaart getuig dat hy op 20 Junie 2006 asook op 7 Julie 2006
'n
spier skelet-stelsel-ondersoek
("musculoskeletal
examination')
op die eiser uitgevoer het. Hy het verduidelik dat
dit die rug, gewrigte, boude en bene insluit. Hy word hierin gestaaf
deur die
eiser wat getuig het dat hy sy broek moes aftrek sodat die
dokter hom kon ondersoek. Dr Anthonyrajah het later na die
moontlikheid
verwys dat so 'n abses baie vinnig kan ontwikkel, veral
as die eiser se HIV
"amino compromised status"
in ag
geneem word. Hy het ook getuig dat indien hy die abses op 7 Julie
2006 sou gesien het, hy antibiotika daarvoor sou voorgeskryf
het en
dit ook so op die pasientekaart sou aangeteken het.
[39]
Wat dr Botha en dr Maré se getuienis oor die sigbaarheid van
die abses betref, meet ek in gedagte hou dat hierdie opinie-getuienis
is wat op 'n afleiding berus. Nie een van hierdie twee geneeshere het
die abses gesien nie. Neg minder het hulle die eiser ondersoek
op die
stadium toe dr Anthonyrajah hom gesien het. Ek meet dus daarteen waak
om nie blindelings hierdie opinie te aanvaar en om
my sondermeer
daaraan te onderwerp nie. Ek meet die getuienis van dr Anthonyrajah
ook in ag neem. Hy het 'n spier-skelet-stelsel-ondersoek
op 20 Junie
2006 asook op 7 Julie 2006 op die eiser uitgevoer. Dit sluit die rug,
gewrigte en boude in. Hy word in hierdie opsig
deur die eiser
gestaaf. lndien hy met hierdie ondersoeke nie in staat was om 'n
abses te diagnoseer nie, beteken dit nie noodwendig
dat hy nalatig
was nie. Selfs indien aanvaar word dat die abses deur 'n inspuiting
veroorsaak is, bestaan daar geen getuienis om
te verduidelik hoe lank
na die inspuiting die abses waarskynlik sou begin vorm het en hoe
groot dit reeds op 7 Julie 2006 sou gewees
het nie. Dit is derhalwe
moontlik, indien dit reeds op 7 Julie 2006 bestaan het, dat die abses
neg nie so ver gevorder het dat
dit toe reeds met redelike sorg en
vaardigheid gediagnoseer sou ken word nie en dat dit daarna vinnig
begin toegeneem het, soos
deur dr Antonyrajah gesuggereer is. Die
kernvraag is derhalwe of daar voldoende
feitlike
getuienis
bestaan waarvolgens daar afgelei kan word, volgens die
waarskynlikhede, dat 'n ander redelike en sorgsame praktisyn wel
instaat sou gewees het om op daardie stadium 'n abses te diagnoseer?
Ek dink nie daar bestaan voldoende feitlike getuienis om so
'n
afleiding te regverdig nie. 'n Praktisyn kan slegs aanspreeklik gehou
word indien sy diagnose duidelik as 'n tout aangemerk
kan word wat
die afwesigheid van redelike sorg en vaardigheid impliseer,
inaggenome die maatstaf of algemene standaard wat in die
professie
geld
(Mitchell v Dixon,
supra, p 526). Met inagneming van al
hierdie oorwegings, die getuienis, die opinie van die twee geneeshere
asook die spesifieke
ondersoek wat dr Anthonyrajah by twee
geleenthede op die eiser uitgevoer het, is ek nie oortuig dat dr
Anthonyrajah nalatig was
in sy versuim om die abses te diagnoseer en
om die eiser dienooreenkomstig te behandel nie.
KOUSALITEIT:
[40]
lndien ek sou fouteer het om te bevind dat dr Anthonyrajah nie
nalatig was nie, ontstaan die vraag of sy versuim om die abses
te
diagnoseer en die eiser dienooreenkomstig te behandel kousaal
verbonde is aan die beweerde skade wat ingetree het. Anders gestel,
'n eiser meet bewys dat die handeling of versuim van die verweerder
die skade wat hy gely het, veroorsaak het. Hierdie beginsel
is soos
volg in
International Shipping
Co
(Pty) Ltd v Bentley
1990
(1) SA 680
(A) op 700F verduidelik:
"The enquiry as
to factual causation is generally conducted by applying the so-called
'but for' test which is designed to determine
whether
a
postulated cause can be identified
as a
causa sine qua non
of the loss in question. In order to apply this test one must make
a
hypothetical enquiry
as
to what probably would have
happened but for the wrongful conduct
of the defendant. This
enquiry may involve the mental elimination of the wrongful conduct
and the substitution of
a
hypothetical cause of lawful conduct
and the posing of the question
as
to whether upon such an
hypothesis plaintiff's loss would have ensued or not. If it would in
any event have ensued then the wrongful
conduct
was
not
a
cause of the
plaintiff's loss
...
On the other hand,
demonstration that the wrongful act
was a
causa sine qua non
of the loss does not necessarily result in legal liability. The
second enquiry then arises, viz whether the wrongful
act is linked
sufficiently closely or directly to the loss for legal liability to
ensue or whether, as it is said, the loss is
too remote."
[41]
Dit blyk dus uit voormelde
dictum
dat die
sine qua
non-toets
toegepas moet word om te bepaal of 'n eiser feitelike
oorsaaklikheid bewys het. Dr Smuts het aanvanklik getuig dat hy deur
middel
van 'n EMG- ondersoek vasgestel het dat daar 'n onvolledige
letsel aan die eiser se skiatiese senuwee voorkom. Volgens hom is die
area waar die senuweeletsel voorkom tussen die boud tot maksimum op
die vlak van die knie, maar volgens sy opinie le dit waarskynlik
in
die boud. Hy het later getuig dat, volgens sy persoonlike ervaring,
skiatiese senuweebeserings veroorsaak word deur inspuitings,
heupchirurgie en skietwonde. In kruisverhoor het hy toegegee, wat
uitvalwaardes betref, dat daar ook aan die regterkant van die
eiser
'n geringe abnormaliteit bestaan. Volgens hom is die mees
waarskynlike rede daarvoor 'n onderliggende rugpatologie wat
teenwoordig
is. Hy het toegegee dat indien die gelokaliseerde uitval
in die rug 'n L4, LS en S1 sou insluit, dit 'n verduideliking kan
wees
vir beide uitvalle of abnormaliteite wat in albei bene gevind
is.
[42]
Volgens die gesamentlike verslag van dr Maré en dr Engelbrecht
bestaan daar geen atrofie van die skiatiese senuwee,
linkerkant sowel
as regterkant, nie en stem hulle saam
"that anatomically no
direct damage to sciatic nerve could be demonstrated".
Dr Du
Plessis het aanvanklik daarop gewys dat daar wisselende kliniese
tekens teenwoordig was en met tye weer afwesig was. Dit het
die
interpretasie daarvan bemoeilik. Hy het getuig dat 'n MR-skandering
wat op 28 Augustus 2014 gedoen is, aantoon dat die eiser
se
tweedelaaste rugkussinkie tussen die vierde en vyfde lumbale werwels
na links verplaas het en op die linker LS-senuweewortel
van sy rug
gedruk het. Hy het verduidelik dat die skiatiese senuwee uit vier
senuweewortels bestaan naamlik die L4, LS, S1 en S2
wortel. Dit is
die L5-senuweewortel wat beklem was volgens die MR-skandering.
[43]
Dr Du Plessis het verder verduidelik dat wanneer 'n mens anatomies na
die eiser se boudarea kyk is daar eerstens die vel, dan
'n vetweefsel
en ender die vetweefsel is daar 'n bindweefsel wat die spier bedek.
Die skiatiese senuwee le diep tot hierdie spier
en volgens die MR
skandering is die litteken waar die abses voorheen gelee was, beperk
tot die onderhuidse weefsel. Dit betrek
slegs hierdie gedeelte van
die eiser se boud en nie ook die spier nie. Hy het verder getuig dat
wanneer daar 'n betekenisvolle
besering van die senuwee plaasvind,
dan kwyn die spiergroep wat deur die besondere senuwee voorsien word.
Dit is glad nie die geval
by die eiser nie. Daar is geen teken van
spierkwyning of dat die spier moontlik ook by die infeksie betrokke
was nie. Daar is ook
geen teken van kwyning van die skiatiese senuwee
aan die linkerkant waar die inspuiting toegedien is nie. Volgens hom
blyk die
anatomiese voorkoms van die senuwee aan die linker- en
regterkant dieselfde te wees. Hy het egter in kruisverhoor toegegee
dat
die uitval met betrekking tot die linkervoet van die skiatiese
senuwee afkomstig kan wees wat deur 'n geringe besering veroorsaak
kon gewees het.
[44]
Dr Engelbrecht het ook beklemtoon dat daar geen kwyning of
aantoonbare anatomiese skade aan die skiatiese senuwee, links of
regs, bestaan nie. Hy het genoem dat hy en dr Maré dit eens is
dat die abses in die oppervlakkige weefsel voorgekom het
en dat daar
geen spierskade aangetoon is nie. Toe dit in kruisverhoor aan hom
gestel is dat dr Smuts van mening is dat daar wel
skade aan die
skiatiese senuwee aan die linkerkant veroorsaak is het hy geantwoord
dat hy slegs kan aflei dat daar iewers skade
tussen die knie en die
rug op hierdie senuwee is. Hy het beklemtoon dat die EMG-verslag nie
aandui waar die skade gelee is nie.
[45]
Volgens die pasientekaart blyk dit dat die eiser op 20 Junie 2006 'n
"painful buttock and back"
gehad het. Daar is
spesifiek na lae rugpyn
("LBA"
oftewel
"lower
back ache")
verwys. Die eiser het die korrektheid van
hierdie inskrywing betwis en beweer dat hy nie rugpyn gehad het nie.
Soos reeds hierbo
uitgewys, hierdie is gebeure wat gedurende 2006
reeds plaasgevind het. Volgens die getuienis van dr Du Plessis het
dit op 28 Augustus
2014 geblyk dat die eiser se tweedelaaste
rugkussinkie na links verplaas het en op die LS-senuweewortel in sy
rug gedruk het. Die
LS-senuweewortel is een van vier senuweewortels
van die skiatiese senuwee. Wat verder van besondere belang is, is die
getuienis
dat die abses-litteken beperk is tot die onderhuidse
weefsel en dat dit nie ook die spier of die skiatiese senuwee betrek
het nie.
Daar is geen teken van spierkwyning of dat die spier
moontlik by die infeksie betrokke was nie. Daar is ook geen teken van
kwyning
van die skiatiese senuwee aan die linkerkant waar die
inspuiting toegedien is nie.
[46]
Met inagneming van al hierdie getuienis kan daar kwalik gese word dat
die eiser hom van sy bewyslas gekwyt het om aan te toon
dat enige
optrede of versuim aan die kant van dr Anthonyrajah die skade wat hy
na bewering gely het, veroorsaak het. Daar bestaan
in hierdie verband
verskeie moontlikhede. Die eiser ken reeds op 20 Junie 2006 'n
rugpatologie gehad het soos op die MR-skandering
wat op 28 Augustus
2014 gedoen is, aangetoon word. Hierdie moontlikheid word versterk
deur die aantekening oor rugpyn wat op die
pasientekaart voorkom. Dit
blyk verder, wat uitvalwaardes betref, dat daar ook aan die
regterkant van die eiser 'n geringe abnormaliteit
bestaan. Volgens dr
Smuts is die mees waarskynlike rede hiervoor 'n onderliggende
rugpatologie wat teenwoordig is. Hy het toegegee
dat indien die
gelokaliseerde uitval in die rug 'n L4, LS en S1 sou insluit, dit 'n
verduideliking kan wees vir beide uitvalle
of abnormaliteite wat in
albei bene gevind is. Daar bestaan ook nie voldoende getuienis om aan
te toon dat indien dr Anthonyrajah
die abses op 20 Julie 2006 sou
gediagnoseer het, dit die operasie en skade aan die skiatiese senuwee
sou voorkom het nie. lnteendeel,
volgens die getuienis van dr
Maré, dr Du Plessis en dr
Engelbrecht blyk dit dat
die abses-litteken nie die onderliggende
spier of skiatiese senuwee geaffekteer het nie. Wanneer al die
getuienis hieroor inaggeneem
word en die
sine qua non-toets
vir
oorsaaklikheid toegepas word, is ek nie oortuig dat die eiser daarin
geslaag het om te bewys dat enige handeling of versuim
van dr
Anthonyrajah die beweerde skade veroorsaak het nie.
BEVEL:
Ek
maak die volgende bevel:
1. Daar word verklaar dat
die eiser nie daarin geslaag het om te bewys dat:
1.1.
die eiser deur dr Anthonyrajah ingespuit is nie;
1.2.
dr Anthonyrajah nalatig was in die wyse waarop hy die eiser
gediagnoseer of behandel het nie;
1.3.
enige handeling of versuim van dr Anthonyrajah die skade wat die
eiser na bewering gely het, veroorsaak het nie;
2. Die eiser word gelas
om die koste van die geding tot op datum hiervan te betaal, welke
koste sal insluit die koste van 'n senior
advokaat sowel as die
kwalifiserende fooie van dr Du Plessis en dr Engelbrecht.
_________________________
D
S FOURIE
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
GAUTENG
AFDELING PRETORIA
Datum:
29 Junie 2016