Stoltz v Sanlam Life (4370/2015) [2016] ZAGPPHC 627 (13 May 2016)

48 Reportability
Insurance Law

Brief Summary

Jurisdiction — Special plea — Jurisdiction of court in relation to cause of action arising within its area — Eiseres v Sanlam Life — Eiseres claimed payment of disability benefits from the defendant based on an insurance policy following an incident at work in Pretoria. The defendant raised a special plea of jurisdiction, asserting that it was based in the Western Cape and that the cause of action arose outside the court's jurisdiction. The court found that the cause of action, although linked to a contract concluded in the Western Cape, arose from events occurring in Pretoria, thus establishing jurisdiction. The special plea was dismissed, and the defendant was ordered to pay costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 627
|

|

Stoltz v Sanlam Life (4370/2015) [2016] ZAGPPHC 627 (13 May 2016)

IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
SAAK
NOMMER: 4370 /2015
Datum:
13/5/16
Not
reportable
Not
of interest to other judges
Revised
In
die saak tussen:
SEUNETTE
ELIZABETH
STOLTZ                                                                         EISERES
EN
SANLAM
LIFE                                                                                              VERWEERDER
UITSPRAAK
TOLMAY,
R:
[1]
In hierdie saak het eiseres die verweerder gedagvaar om betaling van
'n ongeskiktheidsvoordeel  uit  hoofde  van
'n
versekeringspolis  wat eiseres by verweerder uitgeneem
het. Die eiseres se eis is gebaseer op 'n voorval wat
plaasgevind het
in Pretoria waar sy by die werk geval het en beserings opgedoen het.
Die verweerder het 'n spesiale pleit van jurisdiksie
teen die eiseres
opgewerp. Die partye het ooreengekom om ingevolge Reel 33(4) eers die
spesiale pleit te laat besleg.
[2]
Die partye het ooreengekom dat verweerder die beginlas dra. Die
verweerder het een getuie, Me Fick geroep en die eiseres het
ook
getuig.
[3]
Dit is gemeensaak dat die verweerder se geregistreerde adres en
hoofplek van besigheid, waar die administrasie van die verweerder
se
besigheid plaasvind, te Strandstraat 2, Bellville, Wes-Kaap, gelee
is. Dit is buite die regsgebied van hierdie Hof. Verder pleit
die
verweerder dat die adres van die verweerder soos aangedui in die
dagvaarding, 'n takkantoor is  wat slegs as werksplek
vir
werknemers, agente en verkoopspersoneel van die verweerder dien maar
waar geen lewensversekeringsbesigheid of uitreiking van
polisse
plaasvind nie. Hierdie bewering is in getuienis van Me Fick die hoof
van nuwe besigheid en individuele lewensversekering
by verweerder
bevestig. Alie besluite word in die Wes-Kaap geneem en alle kontrakte
word daar gesluit en na kliente van daar versend.
Sy het onder
kruisverhoor erken dat die bemarker in Pretoria kliente nader, die
klient teken die kontrak in Pretoria, maar die
kontrak word in die
Wes-Kaap geteken namens die verweerder en na die klient terugversend.
Sy het erken dat die voorval waarop die
eis gebaseer is in Pretoia
plaas gevind het, waar die eiseres op 24 Januarie 2012 by die werk
geval het.
[4]
Eiseres het getuig dat sy deur 'n bemarker in Pretoria genader is en
dat sy die aansoek in Pretoria geteken het. Sy het later
die
poliskontrak deur die pas ontvang vanaf die Wes-Kaap . Enige betaling
wat haar sou toeval sou inbetaal word in haar bankrekening
by Capitec
Bank, Glenfair, Pretoria. Sy het bevestig dat die voorval waarop die
eis gebaseer is plaasgevind het by haar werk te
Highveld, Centurion
en sy is behandel na die insident by Unitas Hospitaal, Centurion.
Haar prokureurs het die eis in Pretoria ingedien
en sy is later
ingelig dat dit afgekeur is.
[5]
Die jursidiksie van hierdie Hof word deur artikel 21(1) van Wet 10
van 2013 bepaal dat:
"21(1)
A Division has
jurisdiction over all persons residing or being
in,
and in relation to all
causes
arising and all
offences triable within, its area of jurisdiction and all other
matters of which it may according to law take cognisance,
..."
[6]
Die verweerder is 'n regspersoon wat buite die regsgebied van hierdie
Hof en wel in die Wes-Kaap Provinsie gevestig is. Vir
doeleindes
hiervan is die verweerder dus in die Wes-Kaap "woonagtig".
[7]
Eiseres se vordering teen die verweerder is op die versekeringspolis
wat sy by verweerder uitgeneem het gebaseer en die insident
wat tot
die eis gelei het, het in Pretoria plaasgevind. Alie betalings in
terme van die versekeringskontrak sou ook in Pretoria
geskied. Die
eiseres het dus geeis op grond van 'n kontrak wat in die Wes-Kaap
gesluit is, maar wat in Pretoria uitgevoer sou word.
Daarbenewens
moes eiseres, om met haar eis te kan slag, ondermeer die voorval wat
tot haar ongeskiktheid aanleiding gegee het bewys.
[1]
[8]
Die feit dat die verweerder dus buite die regsgebied van hierdie Hof
gesetel is beteken nie dat die spesiale pleit noodwendig
moet slaag
nie omrede hierdie Hof daarbenewens ook jurisdiksie uitoefen oor :
"all causes arising . . . within,   its
area of
jurisdiction".  In
Spendiff
NO v
Kolektor
(Pty) Ltd
[2]
is
beslis:
" This section
confers jurisdiction
...
inter alia 'in relation to all causes
arising
...
within its area of jurisdiction
...'
A
cause is said to have arisen in the area of
a
court's
jurisdiction if at common law that court is regarded as the proper
forum (Bisonboard Ltd v Braun Woodworking Machinery (Pty)
Ltd 1991(1)
SA 482 (A) at 486C-J). the common law
ratio jurisdiction is
relied on was that the appellant's cause of action arose within the
area of jurisdiction
...
Cause of action includes every fact
which is material to be proved to entitle
a
plaintiff to
succeed in his
claim. (Evins v Shield Insurance
Co
Ltd
1980(2) SA 814 (A) at 838G) p
551".
[9]
Dit is geykte reg dat 'n Hof in wie se regsgebied die res gestae
plaasgevind het, regsbevoeg is om 'n geding aan te hoor, mits

natuurlik, soos hier die geval is, die verweerder in die Republiek en
nie in die vreemde gevestig is nie. Dit is ook nie nodig
dat die res
gestae in geheel in in die regsgebied van 'n betrokke hof moet
plaasvind nie. In
Ongevallekommissaris
v Unie & Nasionale Versekerings-maatskappy Bpk
[3]
is as
volg beslis:
"Dat die
res
gestae
nie geheel en al in die regsgebied van die betrokke hof
hoef plaas te vind nie, blyk egter duidelik uit die feit dat die ou
en gerespekteerde
jurisdiksiegrond, die
lex loci contractus,
beide die plek waar die kontrak gesluit is en die plek waar dit
uitgevoer moet word, die
locus solutionis,
insluit. Op beide
van hierdie plekke vind daar slegs 'n gedeelte van die res gestae
plaas maar die hof van enigeen van hierdie plekke
word gewoonlik
as
bevoeg beskou
om
'n geskil ontstaande uit die kontrak te
bereg.
[10]
Gevolglik het die eiseres se eisoorsaak ten minste gedeeltelik binne
die regsgebied van hierdie Hof ontstaan en is dit voldoende
om die
jurisdiksie van hierdie Hof in hierdie geding te vestig
[4]
.
Die gevolg daarvan is dat die spesiale pleit nie kan slag nie.
[11]
Ek maak die volgende bevel:
11.1 Die verweerder se
spesiale pleit word van die hand gewys; en
11.2 Verweerder word
gelas om die koste te betaal.
________________________
R
G TOLMAY
REGTER
VAN DIE HOë HOF
PROKUREUR
VIR EISER:

SALOMé LE ROUX PROKUREURS
ADVOKAAT
VIR EISER:

ADV B GEATCH (SC)
PROKURUER
VIR VERWEERDER:     ERASMUS ING
ADVOKAAT
VIR VERWEERDER:        ADV L
ISPARTA
DATUM
VAN VERHOOR:

29 APRIL 2016
DATUM
VAN UITSPRAAK:

13 MEI 2016
[1]
African Guarantee & Indemnity Co Ltd v Coulidge 1922 KPA 2 op 4
[2]
1992(2) SA 537 (A) op p 551 F-J
[3]
Ongevallekommissaris v Unie en Nasionale Versekeringsmaatskappy Bpk
1969(3) SA 438 (O) op 440; Thomas v BMW SA (Pty) Ltd 1996(2)
SA 106
(K) op 11506
[4]
HARMS, Civil Procedure in the Supreme Court par A1-26/27