About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 628
|
|
Smith en Andere v Kleinfontein Boerebelange Kooperatief Bpk en Andere (28685/2010) [2016] ZAGPPHC 628 (22 April 2016)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
AFDELING, PRETORIA)
22/4/16
Saaknommer:
28685/2010
In
die saak tussen:
ALBERTUS
BAREND
SMITH
1ste
Applikant
NICOLAAS
DANIEL
PIETERSE
2de
Applikant
PIETER
CORNELIUS
GEYER
3de
Applikant
SIEGFRIED
ENSLIN
4de
Applikant
QUINTUS
JORDAAN
5de
Applikant
WILLEM
HENDRIK FREDERIK DU
PLOOY
6de
Applikant
HERMINA
ELIZABETH MARIA SUSANNA
REICHEL
7de
Applikant
JAN
WILLEM FREDERICK
BOTHA
8ste
Applikant
THEODORUS
CORNELIUS JOHANNES ERASMUS
9de
Applikant
en
KLEINFONTEIN
BOEREBELANGE KOöPERATIEF BPK
1ste
Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN
KOöPERASIES
2de
Respondent
DIE
MINISTER VAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
OMGEWINGSAKE
3de
Respondent
DIE
MINISTER VAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
WATERWESE
4de
Respondent
DIE
MINISTER VAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
PUBLIEKE DIENSTE EN
ADMINISTRASIE
5de
Respondent
DIE
MINISTER VAN NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
ENERGIE
6de
Respondent
DIE
MINISTER VAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
LANDELIKE ONTWIKKELING EN
GRONDHERVORMING
7de
Respondent
DIE
MINISTER VAN MINERALE
BRONNE
8ste
Respondent
DIE
MINISTER VAN DIE NASIONALE DEPARTEMENT
VAN
LANDBOU
9de
Respondent
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN DIE
DEPARTEMENT
VAN PLAASLIKE OWERHEID EN
BEHUISING,
GAUTENG
10de
Respondent
DIE
HOOF VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN DIE
DEPARTEMENT
VAN LANDBOU EN LANDELIKE
ONTWIKKELING,
GAUTENG
11de
Respondent
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN DIE
DEPARTEMENT
VAN INFRASTRUKTUUR
ONTWIKKELING,
GAUTENG
12de
Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN
AKTES
13de
Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN
MAATSKAPPYE
14de
Respondent
KLEINFONTEIN
SPAAR EN KREDIET
KOöPERATIEF
BEPERK
15de
Respondent
ABSA
BANK
BEPERK
16de
Respondent
KLEINFONTEIN
BOUBESTUUR
BK
17de
Respondent
IRENE
GROENEWALD h/a IG
EIENDOMME
18de
Respondent
KUNGWINI
PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
19de
Respondent
UITSPRAAK
D
S FOURIE, R:
[1]
Hierdie uitspraak word in Afikaans gelewer aangesien die meerderheid
van die hofdokumente in Afikaans opgestel is en die advokate
se betoe
ook in Afikaans gelewer is. Die regshulp wat die applikante volgens
die gewysigde kennisgewing van mosie vorder bestaan
hoofsaaklik uit
drie dele. Eerstens word daar aansoek gedoen vir 'n finale interdik
in terme waarvan die eerste respondent gelas
moet word om onverwyld
alle stappe te neem wat nodig mag wees om enige woongebied wat
de
facto
op die eerste respondent se eiendomme of gedeeltes daarvan
bestaan, as wettige dorpsgebied te laat registreer.
[2]
In die tweede plek doen die applikante aansoek vir nog 'n finale
interdik in terme waarvan die eerste respondent gelas moet
word om
alle stappe te neem wat nodig is om so spoedig moontlik te voldoen
aan alle statutere bepalings of vereistes van enige
owerheidsliggaam
wat van toepassing is op die ontwikkeling en oprigting van
wooneenhede en ander geboue asook die ontwikkeling,
installering en
voorsiening van alle bestaande infrastruktuur soos onder andere
ingenieursdienste, watervoorsieningstelsels en
riolering.
[3]
Laastens word daar aansoek gedoen vir nog 'n interdik, wat voorkom 'n
tussentydse interdik te wees, in terme waarvan die eerste,
sewentiende en agtiende respondente, hangende die voldoening aan alle
toepaslike wetgewing en wettige dorpstigting soos voormeld,
verbied
word om enige verdere eiendomsontwikkeling op die eiendomme soos
voormeld te doen en om enige regte in verband met voormelde
eiendom
te verkoop of te bemark.
[4]
Die kerngeskilpunte tussen die partye is hoofsaaklik tweeledig van
aard. Die eerste respondent betwis dat die applikante oor
die nodige
locus standi
beskik om vir voormelde regshulp aansoek te doen
en ontken verder dat die applikante aan die vereistes van 'n finale
sowel as tussentydse
interdik voldoen het. Voordat ek met die
geskilpunte handel, is dit belangrik om eers die agtergrond tot
hierdie aansoek kortliks
uiteen te sit.
AGTERGROND:
[5]
Al die applikante is lede en aandeelhouers van die eerste respondent.
Behalwe die eerste applikant is al die ander applikante
ook inwoners
van die betrokke dorp of nedersetting wat as Kleinfontein bekend
staan. Die lede wat tans op Kleinfontein woon, wat
die meeste van die
applikante insluit, het deur die aankoop van aandele in die eerste
respondent individueel of by wyse van trusts
aandeelhouers en lede
van die eerste respondent geword. Hierdie lede het uit hoofde van
hulle aandeelhouding die reg verkry tot
die benutting en gebruik van
'n sekere gedeelte van die grond van die eerste respondent. Heelwat
van hulle het dan ook op hulle
eie koste woonhuise op sekere
gedeeltes van die eerste respondent se grond opgerig.
[6]
Die eerste respondent is 'n kooperasie wat opgerig en geregistreer is
in terme van die Kooperasiewet Nr 91 van 1981. Hierdie
wet is later
vervang deur die "
Co-operatives Act 14 of 2005
" en dit wil
voorkom of die eerste respondent in terme van laasgenoemde wet
funksioneer. Volgens die aansoekstukke blyk dit
dat Kleinfontein
reeds oor 'n infrastruktuur socs paaie, water en elektrisiteit beskik
wat deur die eerste respondent voorsien
word. Dit beskik ook reeds
oor 'n skool, bejaarde sorgsentrum, 'n gemeenskapsaal,
sportfasiliteite en 'n winkelsentrum. Dit blyk
gemene saak te wees
dat Kleinfontein nog nie kragtens formele dorpstigting en bestaande
wetgewing as 'n dorpsgebied geregistreer
is nie.
[7]
Die dispuut rondom formele dorpstigting kom reeds 'n lang pad. Die
huidige aansoek is op 20 Mei 2010 uitgereik. Die eerste
beantwoordende beedigde verklaring is op 4 Augustus 2011 beteken.
Daarna, op 23 Mei 2013, beteken die applikante 'n aanvullende
funderende beedigde verklaring. In antwoord hierop liasseer die
eerste respondent op 1 Oktober 2013 sy tweede beantwoordende beedigde
verklaring. Daarna is Tolmay R as sakebestuurder aangestel. Op die
eerste respondent se versoek het sy die liassering van prokureur
Adriaan Venter se beedigde verklaring toegelaat om die verdere
verloop van die aangeleentheid te verduidelik. Volgens die
aansoekstukke
blyk dit dat mnr Adriaan Venter spesialiseer in
dorpsontwikkeling en verwante sake. Verdere beedigde verklarings het
daarna op
die beedigde verklaring van mnr Adriaan Venter gevolg
waarna die aansoek skynbaar ryp vir verhoor was. Die applikante het
intussen
op 29 Junie 2015 'n gewysigde kennisgewing van mosie
afgelewer waarin die regshulp hierbo na verwys, uiteengesit word.
Nodeloos
om te se, die hofstukke beslaan nie minder as 1 400 bladsye
nie.
SAAK
VIR DIE APPLIKANTE:
[8]
Die applikante se saak kom in wese daarop neer dat die eerste
respondent 'n onwettige dorp bedryf, versuim om tot dorpstigting
oor
te gaan en ook versuim om verskeie statutere bepalings met betrekking
tot, onder andere, omgewingsake na te kom. Die applikante
voer aan,
om as 'n wettige dorp te kan bestaan en te funksioneer, moet
Kleinfontein as 'n dorpsgebied geproklameer word. Daar word
verder
beweer dat alhoewel sekere stappe gedurende 2004 in hierdie verband
geneem is, daar geen verdere noemenswaardige vordering
met
dorpstigting plaasgevind het nie en is Kleinfontein steeds onwettig.
Hierbenewens, so word aangevoer, vind daar verskeie ander
onwettige
aktiwiteite plaas wat onder andere betrekking het op omgewingsake
soos die berging van water en die maak van paaie, die
oortreding van
bouregulasies en die verspreiding van elektrisiteit sender dat die
eerste respondent daarvoor geregistreer en gemagtig
is.
[9]
Daar word verder aangevoer dat die applikante groot hoeveelhede geld
op woonhuise en ander verbeterings spandeer het terwyl
Kleinfontein
steeds 'n onwettige dorpsgebied gebly het. Die voorsetting van al
voormelde onwettige bedrywighede hou ernstige benadeling
in vir die
applikante se reg op eiendom, huisvesting, finansiele posisie en
ander regte wat daarmee gepaardgaan. Die onwettige
status van
Kleinfontein veroorsaak grootskaalse eiendomsonsekerheid by die
inwoners en hulle is geregtig om daarop aan te dring
dat dorpstigting
moet plaasvind en die ander gepaardgaande aktiwiteite gewettig moet
word. Bewerings is ook gemaak wat op die ander
vereistes van 'n
finale sowel as tussentydse interdik betrekking het. Vir redes wat
later sal blyk, is dit nie nodig om daarna
te verwys nie.
SAAK
VIR DIE EERSTE RESPONDENT:
[10]
Die eerste respondent betwis nie dat Kleinfontein met sy
infrastruktuur nog nie as 'n dorp geproklameer is nie. Die kern van
die verweer kom daarop neer dat die applikante nie oor die nodige
locus standi
beskik nie en versuim het om aan die vereistes
van 'n finale en tussentydse interdik te voldoen. Daar word, wat die
vereistes van
'n interdik betref, gesteun op verskillende stappe wat
na bewering reeds geneem is om dorpstigting te bewerkstellig. Ek sal
later
meer breedvoerig daarna verwys. Gevolglik is daar betoog, met
verwysing na hierdie stappe, dat die applikante poog om die eerste
respondent te dwing om iets te doen wat reeds gedoen word en dat
hulle daarom nie op die regshulp soos versoek, geregtig is nie.
BESPREKING:
[11]
Volgens die mondelinge betoe van die advokate, veral die advokaat vir
die eerste respondent, het dit geblyk dat die kerngeskil
tussen die
partye betrekking het op die vraag of die applikante 'n duidelike reg
vir doeleindes van die finale interdikte en 'n
prima facie
reg
vir doeleindes van die tussentydse interdik aangetoon het. Ek sal
gevolglik aanvaar, sonder om te beslis, dat die applikante
wel oor
die nodige
locus standi
beskik asook dat hulle ten minste 'n
prima facie
saak met betrekking tot die ander vereistes van 'n
finale en tussentydse interdik uitgemaak het.
FINALE
INTERDIK:
[12]
'n lnterdik is 'n hofbevel waarkragtens 'n persoon gebied of verbied
word om op 'n sekere wyse op te tree. In hierdie geval
bevat bedes 1
en 2 van die gewysigde kennisgewing van mosie regshulp in die vorm
van 'n gebiedende finale interdik. Daar word eerstens
versoek dat die
eerste respondent gelas moet word om onverwyld alle stappe te neem
wat nodig mag wees om Kleinfontein as 'n wettige
dorpsgebied te laat
registreer en tweedens om alle stappe te neem wat nodig is om so
spoedig moontlik te voldoen aan alle statutere
bepalings of vereistes
van enige owerheidsliggaam wat van toepassing is op die ontwikkeling
en oprigting van wooneenhede en ander
strukture.
[13]
Dit is geykte reg dat vir doeleindes van 'n finale interdik, die
applikant onder andere 'n duidelike reg moet aantoon. Hierdie
reg
word nie in isolasie beoordeel nie. 'n Eiser of applikant moet op 'n
oorwig van waarskynlikhede feitelike bewys lewer in terme
waarvan die
objektiewe reg aan horn of haar 'n reg verleen wat deur middel van
gepaste regshulp in die vorm van 'n hofbevel afgedwing
of beskerm kan
word. Hierdie reg moet sodanig duidelik wees dat indien die hof 'n
finale interdik toestaan, die bevel 'n finale
beregting van die
partye se regte sal bewerkstellig. (Sien in hierdie verband
The
Law of South Africa,
2de uitgawe, Vol 11, par 349 en verder.)
[14]
Alhoewel dit nie betwis word dat dorpstigting nog nie plaasgevind het
nie, voer die eerste respondent aan dat daar reeds verskeie
stappe
geneem is ten einde dorpstigting te bewerkstellig. Hierdie stappe
sluit volgens die eerste respondent ender andere die volgende
in:
·
Op 26 Maart 2011 en tydens 'n algemene
vergadering van lede, is daar 'n besluit geneem om 'n paneel
deskundiges aan te stel ten
einde die formaliserings- en
dorpstigtingsprosedures ender leiding van mnr Adriaan Venter te
behartig;
·
Gedurende April en Mei 2011 is die begrote fondse
vir hierdie proses in 'n bedrag van net meer R1,6 miljoen in mnr
Venter se trustrekening
inbetaal waarna hy 'n ervare projekspan
genomineer het om die proses voort te sit;
·
Op 6 Julie 2011 word Planpraktyk aangestel as
projekbestuurder waarna die eerste respondent op 7 Julie 2011 sy
dokumente aan Planpraktyk
beskikbaar stel;
·
Op 19 Maart 2012 is 'n aansoek in terme van die
Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 by die
Grondontwikkelingstribunaal ingedien
en op 9 Mei 2012 is 'n
kennisgewing in terme van gemelde Wet en die Regulasies daarkragtens
afgekondig, geadverteer.
[15]
Dit blyk volgens die verklaring van mnr Adriaan Venter dat hy 'n
spoedige formalisering van Kleinfontein in die vorm van 'n
grondontwik kelingsaansoek in terme van voormelde Wet aanbeveel
het. Hierdie aanbeveling het voortgespruit uit die omvangryke
ontwikkeling wat reeds op die betrokke eiendomme plaasgevind het, die
diversiteit van grondgebruike waarvoor daar in hierdie verband
aansoek gedoen moes word asook die aantal statutere goedkeurings wat
verkry moes word.
[16]
Dit blyk egter gemeensaak te wees dat die proses wat in terme van die
Wet op Ontwikkelingsfasilitering begin is, gekompliseer
is deurdat
die Grondwethof op 18 Junie 2010 in die saak van
Johannesburg
Municipality v Gauteng Development Tribunal
2010 (6) SA 182
CC,
die bevel in terme waarvan Hoofstukke V en VI van gemelde Wet
ongrondwetlik verklaar is, bekragtig het. Die verklaring is opgeskort
vir 'n tydperk van 24 maande ten einde die wetgewer in staat te stel
om die gebreke in die wetgewing reg te stel of om nuwe wetgewing
uit
te vaardig. Hierdie tydperk het op 18 Junie 2012 verstryk sander dat
die wetgewer die nodige gedoen het.
[17]
Daar is namens die eerste respondent uitgewys dat die Kleinfontein
aansoek in terme van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering
betyds
binne voormelde vensterperiode ingedien is. Die wetgewer kon
egter nie daarin slaag om binne die vasgestelde tydperk
aan die
Grondwethof se bevel te voldoen nie en daar is toe besluit, tydens 'n
voorverhoorkonferensie wat in die grondontwikkelingsaansoek
vir 17
Junie 2012 bele is, om hierdie aansoek onbepaald uit te stel hangende
'n direktief wat die Gauteng Tribunaal van die Nasionale
Departement
van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming afgewag het.
[18]
Mnr Adriaan Venter wys egter daarop dat, volgens sy mening,
Kleinfontein se formaliseringsproses nie verniet deur die
Planpraktykgroep
uitgevoer is nie, omdat die relevante departement,
verantwoordelik vir die administrasie van die Wet op
Grondontwikkelingsfasilitering,
by wyse van amptelike omsendbriewe
die versekering gegee het dat alle aansoeke wat voor die afsnydatum
ontvang is, tot finaliteit
geprosesseer en afgehandel sou word.
Afskrifte van sodanige kennisgewings is ook by sy verklaring
aangeheg. Hy wys egter daarop
dat die voormelde versekering van die
departement, gesien teen die agtergrond van tydskale en die uitspraak
van die Grondwethof,
ongelukkig onsekerheid geskep het oor die
geldigheid van grondontwikkelingsaansoeke wat toe reeds ingedien en
hangende was.
[19]
Op 2 Augustus 2013 is die Wet op Ruimtelike Beplanning en
Grondgebruikbestuur Nr 16 van 2013
( Spacial Planning and Land Use
Management Act,
algemeen bekend as SPLUMA) goedgekeur. Hierdie
wet het op 1 Julie 2015 in werking getree. Artikel 60 daarvan handel
met oorgangsmaatreels.
Subartikel (2)(a) bepaal (vir sover dit
relevant is) dat alle aansoeke hangende voor 'n tribunaal wat
ingevolge artikel 15 van
Wet 67 van 1995 (Wet op
Ontwikkelingsfasilitering) ingestel is, wat nog nie beslis of
andersins oor beskik is nie, ingevolge hierdie
wet (SPLUMA)
voortgesit en oor beskik moet word. Hierbenewens wys die eerste
respondent daarop dat Kleinfontein se bestuursliggaam
intussen 'n
goeie verhouding met die negentiende respondent (Stad Tshwane
Metropolitaanse Raad) opgebou het en dat die eerste respondent
ook
meegedeel is dat die negentiende respondent sy aansoek wat reeds
ingedien is, geprioritiseer het.
[20]
Alhoewel die stappe om dorpstigting te verkry oor 'n baie lang
tydperk gevolg het, moet ek in ag neem dat die eerste respondent
se
aansoek in hierdie verband reeds ingedien en nou hangend is. Die feit
dat daar na die opskortingsperiode van 24 maande (soos
deur die
Grondwethof bepaal en wat op 18 June 2012 verstryk het) geen verdere
vordering met die eerste respondent se aansoek gemaak
is nie, moet
klaarblyklik toegeskryf word aan
"statutere ontoereikendheid"
wat gevolg het op die uitspraak van die Grondwethof in
Johannesburg Municipality v Gauteng Development Tribunal, supra.
Die versuim om daarna binne die opskortingsperiode van 24 maande
die gebreke in bestaande wetgewing reg te stel (of om nuwe wetgewing
uit te vaardig), het 'n statutere leemte geskep wat grootliks daartoe
bygedra het dat geen noemenswaardige vordering met die eerste
respondent se aansoek wat in terme van die Wet op
Ontwikkelingsfasilitering ingedien is, gemaak kon word nie.
[21]
Dit is teen hierdie agtergrond wat die applikante nou daarop aandring
dat die eerste respondent gelas moet word (soos versoek
in bede 1 van
die gewysigde kennisgewing van mosie) om Kleinfontein as 'n wettige
dorpsgebied te laat registreer, binne 'n tydperk
van twee jaar of
sodanige ander tydperk as wat die hof mag bepaal, ooreenkomstig die
vereistes van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning
en Dorpe, Nr 15 van
1986 of sodanige ander wetgewing as wat die hof mag bepaal. Bede 2
sluit direk hierby aan deurdat versoek word
dat die eerste respondent
gelas moet word om alle stappe te neem wat nodig mag wees om aan alle
statutere bepalings of vereistes
van enige owerheidsliggaam te
voldoen. Die implikasie van die interdik soos in bede 1 versoek, is
dat die eerste respondent sy
aansoek wat reeds ingedien en hangend
is, moet abandoneer en die aansoek en prosedure wat daarmee
gepaardgaan van nuuts af in terme
van die Ordonnansie op
Dorpsbeplanning en Dorpe moet begin en finaliseer. Daar is namens die
eerste respondent daarop gewys dat
so 'n stap ongetwyfeld 'n onnodige
duplisering van koste tot gevolg sal he, gesien teen die agtergrond
dat daar reeds ongeveer
R1,6 miljoen aan die bestaande aansoek bestee
is.
[22]
Namens die eerste respondent is daar ook daarop gewys dat dit nie die
hele proses is wat opgeskort is deur die leemte wat in
die wetgewing
gelaat is nie. Gelyklopend met die aansoek onder die Wet op
Ontwikkelings fasilitering (wat voortgesit gaan
word onder
SPLUMA) moet die eerste respondent ook voldoen aan sekere wetgewing
rakende die omgewing, insluitend die Wet op Nasionale
Omgewingsbestuur, Nr 107 van 1998. Die bestaande ontwikkeling op
Kleinfontein is in stryd met ondermeer artikel 24 van gemelde
wet wat
sekere omgewingsmagtigings ten aansien van gelyste aktiwiteite
vereis.
[23]
Volgens die verklaring van mnr Adriaan Venter is daar reeds 'n
paralelle omgewingsgoedkeuringsproses, onafhanklik van die geldigheid
van die grondontwikkelingsaansoek, in terme van die Wet op Nasionale
Omgewingsbestuur geloods. Hy voeg by, saver dit sy kennis
strek, dat
hierdie proses steeds in volle swang is en daar reeds ver hiermee
gevorder is.
[24]
In die lig van hierdie feite en omstandighede bestaan daar ernstige
twyfel of die applikante daarin geslaag het om op 'n oorwig
van
waarskynlikhede aan te toon dat hulle oor 'n duidelike
beskermingswaardige reg beskik wat deur die regshulp soos in bedes 1
en 2 vervat, afgedwing kan word. Daar is reeds 'n
grondontwikkelingsaansoek ingedien wat tans hangend is en daar is ook
reeds
'n omgewingsgoedkeuringsproses geloods wat steeds in volle
swang is. lndien 'n bevel in terme van bedes 1 en 2 toegestaan sou
word,
sou dit bloat beteken dat die eerste respondent gelas word om
weer te doen wat reeds gedoen is, waarskynlik teen onnodige verdere
koste. In die lig van al hierdie feite en omstandighede is ek van
oordeel dat die applikante nie daarin geslaag het om 'n duidelike
reg
vir die regshulp soos in bedes 1 en 2 versoek, te bewys nie.
TUSSENTYDSE
INTERDIK:
[25]
Volgens bede 3 van die gewysigde kennisgewing van mosie versoek die
applikante dat die eerste, sewentiende en agtiende respondente,
hangende die voldoening aan alle toepaslike wetgewing en vereistes
van owerheidsliggame, verbied moet word om enige verdere
eiendomsontwikke
ling te doen of te bemark asook om enige regte
in gemelde eiendom te verkoop of te verhandel. Die sewentiende
respondent is 'n
boukontrakteur wat volgens die applikante bouwerk
binne die ongeproklameerde dorpsgrsense van Kleinfontein verrig. Die
agtiende
respondent is 'n eiendomsagent wat volgens die applikante
bemarking doen van eiendom en regte daarin, binne die grense van
Kleinfontein.
Hierdie twee respondente het nie die aansoek geopponeer
nie en die advokaat vir die applikante het aangedui dat hy aansoek om
verstekvonnis
teen hulle doen. Hy het egter toegegee dat as die
aansoek nie teen die eerste respondent suksesvol is nie, dit ook nie
teen die
sewentiende en agtiende respondente behoort te slaag nie.
[26]
Ten einde suksesvol te kan wees met 'n aansoek waarin daar vir 'n
tussentydse interdik aansoek gedoen word, moet 'n applikant
aantoon
dat hy, benewens die ander vereistes, oak oor 'n
prima facie
reg
beskik. Dit hoef nie in die vorm van 'n duidelike reg te wees nie en
selfs 'n mate van twyfel wat hierdie reg betref, behoort
nie fataal
vir 'n applikant te wees nie. Die benadering wat gevolg moet word, is
soos volg:
"The proper
approach is to consider the facts as set out by the applicant
together with any facts set out by the respondent
which the applicant
cannot dispute and to decide whether, with regard to the inherent
probabilities and the ultimate onus, the
applicant should on those
facts obtain final relief at the trial. The facts set up in
contradiction by the respondent should then
be considered and if they
throw serious doubt on the applicant's case the latter cannot
succeed."
(LAWSA,
2de
Uitgawe, Vol 11, par 404)
[27]
Die applikante voer aan dat die eerste respondent onwettig en
eiegeregtig optree deur voort te gaan met watervoorsiening,
elektrisiteitsvoor- siening en rioolwerke wat normaalweg, in 'n
geproklameerde dorpsgebied, deur die plaaslike owerheid voorsien
word. Daar word verder beweer dat die onwettige verkoop van erwe of
verblyfreg ook steeds voortgaan en dat die agtiende respondent,
as
eiendomsagent, by die bemarking daarvan betrokke is. Daar word ook
verwys na die nie-nakoming van bouregulasies waarby veral
die
sewentiende respondent as boukontrakteur betrokke is. Volgens die
applikante is daar onwettige bouwerk wat deurgaans op Kleinfontein
verrig word en dit skep 'n onhoudbare proses, aangesien geen
amptelike goedkeuring daarvoor verkry is nie.
[28]
Hierbo (par 23) is reeds daarop gewys dat daar 'n gelyklopende proses
onder die tersaaklike omgewingswetgewing van stapel gestuur
is. Die
eerste respondent wys daarop dat die Gautengse Departement van
Landbou en Landelike Ontwikkeling reeds op 4 November 2010
'n
inspeksie op Kleinfontein gehou het. In 'n skrywe van die departement
gedateer 4 Julie 2014 word sekere addisionele stappe met
betrekking
tot die gelyste aktiwiteite voorgeskryf. Volgens die eerste
respondent het sy aansoek in hierdie verband volledige besonderhede
vervat van al die gelyste aktiwiteite wat die eerste respondent op
Kleinfontein verrig en beplan om in die toekoms te verrig. Die
voorsitter van die eerste respondent moes in hierdie verband 'n
onderneming gee dat geen ander aktiwiteite in die toekoms onderneem
gaan word sander die skriftelike goedkeuring van die departement nie
en dat geen ander onwettige aktiwiteite mee begin is of voortgesit
sal word op die eerste respondent se eiendom nie. Volgens die eerste
respondent is hierdie onderneming reeds gegee.
[29]
Die eerste respondent voer verder aan dat, ten einde seker te maak
dat die eerste respondent geen oortredings pleeg nie, is
'n besluit
geneem om geen verdere bouwerk te verrig of toestemming daarvoor te
verleen tot tyd en wyl die omgewingsaansoek afgehandel
is nie of
skriftelike toestemming vir gespesifiseerde ontwikkeling vanaf die
owerhede verkry is nie. Daar word in hierdie verband
na 'n nuusbrief
van die eerste respondent verwys waarin lede se aandag daarop
gevestig word dat die eerste respondent nie toestemming
kan gee dat
enige nuwe bouwerk op Kleinfontein gedoen word nie. Volgens die
nuusbrief is daar ook 'n beroep op die lede gedoen
om nie
Kleinfontein op risiko te plaas en sodoende die afhandeling van die
omgewingsaansoek in gedrang te bring nie.
[30]
Die eerste respondent se advokaat het geargumenteer dat daar in elk
geval geen beletsel kan bestaan teen die opneem van nuwe
aandele in
die eerste respondent nie of om verdere aandele te koop of te verkoop
nie. Dit sou, volgens die argument, 'n onredelike
beperking op
handelsvryheid daarstel wat op sigself nie onwettig is nie. Verder,
indien die voorsiening van water, riolering en
elektrisiteit intussen
summier gestaak sou moes word kan dit tot chaos op Kleinfontein lei.
Daar bestaan reeds 'n skool, 'n bejaarde
sorgsentrum en
winkelsentrum. Waar hierdie aktiwiteite met die medewete van die
plaaslike owerheid bedryf word, terwyl die omgewingsaansoek
hangend
is, wil dit voorkom of paragraaf 16 van die departement se skrywe
gedateer 4 Julie 2014 slegs betrekking het op nuwe of
ander
aktiwiteite wat in die toekoms onderneem sou word.
[31]
Wanneer die antwoord van die eerste respondent op die applikante se
aansoek in ag geneem word, blyk dit dat daar ernstige twyfel
behoort
te bestaan of die applikante 'n
prima facie
reg aangetoon het
ten einde met 'n tussentydse interdik te kan slaag. Die eerste
respondent het aangetoon dat daar reeds 'n
omgewingsgoedkeuringsaansoek
geloods is wat tans voortgaan.
Hierbenewens is daar reeds 'n onderneming aan die departement gegee
dat geen nuwe of ander aktiwiteite
in die toekoms onderneem sal word
sender skriftelike goedkeuring van die departement nie. Dit blyk
verder dat die eerste respondent
sy lede oak ingelig het dat geen
nuwe bouwerk op Kleinfontein onderneem kan word nie en dat niks
gedoen moet word om Kleinfontein
op risiko te plaas nie. Dit kom
derhalwe daarop neer dat die tussentydse regshulp waarvoor die
applikante aansoek doen, intussen
vooruit geloop is deur die
verskillende stappe wat die eerste respondent in die verband geneem
het. Ek is gevolglik van mening
dat die tussentydse interdik soos in
bede 3 van die gewysigde kennisgewing van mosie versoek, nie kan
slaag nie.
KOSTE:
[32]
Dit is duidelik dat daar groot onmin tussen die strydende partye
bestaan. Hulle het oor en weer vir 'n spesiale kostebevel
aansoek
gedoen. Aan die eenkant moet ek in ag neem dat die suksesvolle party
normaalweg op 'n kostebevel geregtig is. Aan die anderkant
het die
applikante se advokaat betoog dat, selfs indien die aansoek van die
hand gewys sou word, dit steeds 'n heilsame uitwerking
gehad het
deurdat dit die stappe wat die eerste respondent intussen geneem het,
aangehelp het. Hierdie submissie is nie sonder
meriete nie. Die
dorpstigtingsproses kom al 'n baie lang pad. Dit blyk tog dat daar op
'n stadium nie met die nodige ywer voortgegaan
is nie en dat hierdie
aansoek daarin geslaag het om die nodige druk op die eerste
respondent te plaas. In die lig van al hierdie
omstandighede is ek
van mening dat hierdie 'n gepaste geval is waar geen kostebevel
gemaak moet word nie.
BEVEL:
Ek
maak die volgende bevel:
1.
Die applikante se aansoek word van die hand
gewys;
2.
Daar word geen kostebevel gemaak nie.
______________________
DS
FOURIE
REGTER
VAN DIE HOOGGERESGHOF
PRETORIA
Datum:
22
April 2016