Herman Stols Rekenmeesters BK v Rademeyer (A266/14) [2016] ZAGPPHC 464 (15 March 2016)

50 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Professional services — Dispute regarding payment for services rendered — Appellant claimed R97 085.82 for professional services provided to respondent — Respondent contended that services were rendered to corporate entities and that fees charged were excessive — Court assessed whether there was prima facie evidence of the reasonableness of the fees and the personal engagement of the respondent — Holding that the appellant had presented sufficient evidence to withstand the application for absolution from the instance, leading to the appeal being upheld and the previous decision set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 464
|

|

Herman Stols Rekenmeesters BK v Rademeyer (A266/14) [2016] ZAGPPHC 464 (15 March 2016)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
GAUTENG
AFDELING, PRETORIA
Saak
no:A266/14
Datum:
15/3/2016
In die saak: tussen:
HERMAN STOLS
REKENMEESTERS
BK                                                        APPELLANT
EN
F S
RADEMEYER                                                                                         RESPONDENT
UITSPRAAK
NKOSI
(Waarnemende
Regter)
[1]
Op 13 Januarie 2014 het die Landdroshof te Pretoria by die sluiting
van die Appellant se saak, absolusie van die instansie met
koste ten
gunste van die respondent verleen. Die appellant kom nou in hoer
beroep teen voormelde beslissing.
PLEITSTUKKE
[2]
Appellant dagvaar die respondent om betaling van die bedrag van R97
085 82 ten aansien van professionele dienste by ooreenkoms
gelewer en
die uitgawes wat daarmee verband hou. Die samestelling van hierdie
eisbedrag blyk uit die fakture en rekeningstaat aangeheg
tot die
Besonderhede van Vordering.
[3]
In terme van die die ooreenkoms sou die appellant sy normale
professionele fooie en uitgawes
alternatiewelik
die
redelike en billike professionele fooie en uitgawes vir sodanige
dienste hef.
[4]
In sy verweerskrif pleit die respondent:
i.
eerstens dat die appellant die professionele dienste gelewer het aan
VALARD BEARINGS CC en VALARD BEARINGS 1 CC en nie aan die
Respondent
in sy persoonlike hoedanigheid nie; en
ii.
tweedens, dat die bedrae gehef
"buitensporig
is
en nie
redelike en
billike
fooie is nie
".
VERHOOR
[5]
By die aanvang van die verhoor was dit nie in geskil dat:
1.
die werk gedoen is, en
ii.
die rekening gelewer is; nie.
[6]
Dit was gemeensaak dat die geskilpunte vir beslegting deur die agbare
Landdros die volgende was:
i.
of die werk vir die respondent persoonlik gedoen is of nie; en
die
redelikheid en billikheid van die fooie wat gehef is.
[7]
Die appellant het die volgende getuies geroep:
i.
FREDERICK ALEXANDER SCOTT-TURNER wat getuig het dat hy en die
respondent saam lede was in die twee beslote korporasies ter sprake,

dat VALARD BEARINGS I bloot eiendom besit het en dat VALARD BEARINGS
BK nie die ooreenkoms met die appellant aangegaan het nie.
ii.
GERHARDUS PETRUS STOLS wat getuig het dat die ooreenkoms met die
respondent persoonlik aangegaan is en dat die respondent 'n
oudit wou
gehad het omdat hy sekere ongerymdhede met betrekking tot die
besigheid VALARD BEARINGS vermoed het.
iii.
GERHARDUS STEPHANUS SCHEEPERS, 'n prokureur, wat namens die
respondent n brief insake die tersaaklike beslote korporasies geskryf

het.
iv.
JAN HERMAN MATTHYS STOLS wat getuig het dat dit die Respondent was
wat die tersaaklike opdrag aan die appellant gegee het om
die werk
vir horn te doen.
v.
Ofskoon die appellant aanvanklik aangevoer het dat dit bloot die
normale fooie gehef het is daar getuienis  deur die deskundige
B
M NEL oor die redelikheid van die fooie tog mettertyd aangebied.
vi.
STEPFANUS JOHANNES VAN DEN BERG, die prokureur van die beslote
korporasies wat ontken het dat VALARD die aanstelling gedoen
het en
wat getuig het dat hy die respondent meegedeel het dat VALARD nie
hierdie rekening sal betaal nie.
vii.
Verskeie werknemers van die appellant by name VAN DER MERWE,
BEESLAAR, J G JACOBS, PEPLER en R JACOBS wat almal getuig het
oor die
aard en omvang van die werk wat deur hulle namens die appellant
gedoen is.
ABSOLUSIE
VAN DIE INSTANSIE
[8]
Soos reeds voormeld uiteengesit, het die respondent na sluiting van
die appellant se saak aansoek gedoen om absolusie van die
instansie,
welke aansoek toegestaan is.
[9]
Absolusie van die instansie by die afsluiting van die eiser se saak
word nie verleen in gevalle waar die getuienis wat deur
die eiser (in
die ondergawige geval die appellant) aangebied is, sodanig is dat n
redelike hof moontlik ten gunste van die eiser
kan (in teenstelling
met sal) bevind nie.
[10]
Die toets is as volg in
Claude Neon Lights
(SA)
(Pty) Ltd v Daniel
1976(4) SA 403 (A) op 409 G -H opgesom:
"...
....
the test to be applied
is
not whether
the
evidence
led by the plaintiff
establishes
what
would
finally be required
to be established,
but whether
there
is
evidence
upon which
a
Court,
applying
its
mind
reasonably
to such
evidence,
could
or
might
(not
should, nor ought to)find for plaintiff"
[11]
In
De Klerk
v Absa Bank Ltd
2003 (4) SA 315
(HHA) het die Hoogste Hof van Appel die vraag as volg geformuleer te
32lA:
"The
question in this case
is
whether the
plaintiff
has crossed the low threshold of
proof that the
law sets when
a
plaintiff's
case
is
closed but the defendant's
is
not".
[12]
Die aansoek om absolkusie was gesleoi op die vraag of die fooie
appellant gehef is redelik en billik is.wat deur die
[13]
Dit is op hierdie tydstip belangrik om te let op die geskilpunte soos
uitgekristaliseer deur die pleitstukke.
[14]
Die respondent het bloot die redelikheid en bilikheid van die fooie
wat gehef is in geskil geplaas en nie die omvang van die
werk wat
deur die appellant gedoen is nie.
[15]
Indie saak van
FPS Ltd
v
Trident
Construction
(Pty) Ltd
1989 (3)
SA 541
AD
het
die hof, by monde van Eksteen AR, die volgende ten
aansien van pleitstukke gese:
"One
of the prime fanctions of pleadings is to clarifY the issues between
the parties. A defendant must therefore give a fair
and clear answer
to every point of substance raised by the Plaintiff in his
particulars of claim by frankly admitting or explicitly
denying every
material matter alleged by him".
[16]
By die sluiting van die appellant se saak was daar ten minste
prima
facie
getuienis ten aansien van die redelikheid an billikheid van
die fooie deur die appellant gehef.
[17]
Die agbare Landdros het egter bevind dat daar nie
prima facie
getuienis is oor wat 'n forensiese ondersoek behels nie. Ten
einde voormelde vraag te kan beantwoord sou deskundige getuienis
aangebied
moes word oor presies wat 'n forensiese ondersoek behels.
[18]
Die uitdrukking forensiese ondersoek kom nerens in die pleitstukke
voor nie. Dit word ontleen aan die getuienis van GP STOLS
wat in die
loop van sy getuienis vermeld het dat die respondent gevra het dat 'n
forensiese oudit ten aansien van die beslote korporasie
uitgevoer
moes word.
[19]
Die aansoek om absolusie is derhalwe eerstens oor die boeg van wat 'n
forensiese oudit behels gegooi en tweedens wat dan die
redelike en
billike fooie vir sodanige forensiese oudit sou wees.
[20]
Dit is nie een van die geskilpunte wat by die aanvang van die verhoor
uitgewys is of wat gepleit is nie. Gedurende kruisondervraging
is dit
ook nooit aan die getuies gestel, dat die werk wat verrig is, nie
nodig was vir 'n forensiese oudit nie. Dit slaan weereens
terug na
die vraag of bloot die uurlikse tarief of fooi gehef deur die
appellant en/of ook die omvang van die werk in geskil geplaas
is.
[21]
Die agbare Landdros het bevind dat die geskilpunte deur die getuienis
uigebrei is tot so 'n mate dat die omvang van die werk
ook bewys moes
word. Die antwoord tot voormelde vraag mag moontlik 'n rol speel by
die finale beregting van die saak, maar vir
doeleindes van die
aansoek om absolusie, het die appellant, myns insiens, voldoende
getuienis ten aansien van die redelikheid en
billikheid van die fooie
wat gehef is aangebied om 'n absolusie aansoek af te weer.
[22]
Gevolglik behoort die appel te slaag.
BEVEL
Ek
stel die volgende bevel voor:
I.
Die appel slaag met koste
2.
Die hof
a quo
se beslissing word tersyde gestel en vervang met
die volgende:
"Dieaansoek
om absolusie word met koste van die hand gewys."
Geteken
op hierdie
15
dag van
March
2016
----------------------------------
V.R.S.N NKOSI
Waarnemende Regter van
die Noord Gauteng Hooggeregshof
Ek stem saarn
-----------------------------------
N Janse Van
Nieuwenhuizen
Regter van die Noord
Gauteng Hooggeregshof
Appearances:
Raad vir die
Appelant

: A Geach
Instructed by
Raad vir die
Verweerder

: W Gibbs
Instructed by