S v Du Plessis (A45/16) [2016] ZAGPPHC 60 (28 January 2016)

50 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Admission of guilt — Consequences of payment of admission of guilt fine — Accused paid R800 fine for negligent driving without being informed of criminal record implications — Court held that the accused was not properly informed of the consequences of her admission of guilt, rendering the conviction invalid — Conviction and sentence set aside, and fine ordered to be refunded.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2016
>>
[2016] ZAGPPHC 60
|

|

S v Du Plessis (A45/16) [2016] ZAGPPHC 60 (28 January 2016)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
GAUTENG AFDELING,
PRETORIA
A45/16
28/01/2016
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO OTHER
JUDGES
REVISED
Hooggeregshofverwys.
418/2015
Landdros
se reeks nr.: SH15/2015
Saaknommer:
1806/2012
DIE
STAAT v IMONÉ DU PLESSIS
SPESIALE
HERSIENINGSUITSPRAAK
A.
A. LOUW R
[1]
Hierdie saak is op spesiale hersiening in terme van a 304(4) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, gestuur deur die senior landdros
van
Nelspruit, Mnr A van der Merwe.
[2] Onder die
omstandighede wat hieronder sal blyk, het Me du Plessis op 'n klagte
van nalatige bestuur 'n skulderkenningsboete
van R800 betaal. Sy het
nie beset dat dit as 'n vorige veroordeling teen haar aangeteken sou
word nie. Die geagte landdros vermeld
ook in sy brief van 13 Augustus
2015 soos volg:

The court
documents contain no indication that the accused had been informed of
the consequences which might follow upon the payment
of an admission
of guilt fine
."
[3] Nadat sy die boete
betaal het op 3 Oktober 2012 is die volgende sake besIis:
S v Claasen
2012 JDR 2524
(FB)
S v Gilgannon
2013 JDR 2121
(GSJ)
[4] Mnr van der Merwe
verwys ons na gemelde sake en versoek dat die saak op spesiale
hersiening mee gehandel sal word ooreenkomstig
die reg.
[5]
In haar beedigde verklaring gedateer 24 Julie 2015 verklaar lmone du
Plessis, die beskuldigde, as volg:
"1. Ek is die
beskuldigde in bovermelde saak, 'n meerderjarige onderwyseres van
beroep, en beklee tans 'n permanente pas by
Barberton Laerskool in
diens van die Nasionale Departement van Onderwys en die administrasie
van my pas word behartig deur die
Streekkantoor van Onderwys te
Nelspruit.
2. Die feite hierin
vervat val binne my persoonlike wete en kennis en is na die beste van
my wete, waar en korrek.
3. Ek le hierdie
verklaring af sodat die vonnis teen my, bekragtig deur bostaande
agbare hot uit hoofde van 'n skulderkenningboete
deur my betaal, soos
hierin later volledig beskryf,  op spesiale hersiening geneem
kan word ooreenkomstig die bepalings van
artikel 304( 4) van Die
Strafproseswet, Wet nr 51 van 1977, soos gewysig.
4.
Agtergrondfeite
4.1. Ek was gedagvaar
om in die landdroshof Nelspruit te verskyn op 30 Augustus 2012 op
grand van 'n motorongeluk waarin ek betrokke
was op 1 Maart 2012 op
die R40 hoofpad tussen Nelspruit en Barberton.
4.2.
Die
aanklag was dat ek artikel 63(1) gelees met artikel 1, 63(2), 69, 73,
89(1) en 89(5) van die Nasionale Padverkeerswet Nr 93
van 1996
(Nalatige  Bestuur) oortree het.
4.3. Die ongeluk het
plaasgevind toe ek van agter in 'n stilstaande vragmotor vasgery het,
terwyl dit geen agterligte vertoon het
of sander dat waarsku-tekens
uitgesit was, en wat my aanbetref op die padoppervlak in die middel
van die pad geparkeer was.
4.4.
Ek
het in die hof verskyn op 27 Augustus 2012 voor Meneer EJ Hall en was
verteenwoordig deur my prokureur Meneer Jan Coetzee. Die
saak was
uitgestel
tot 3 Oktober 2012 sodat
'n voorlegging gedoen kon word met die oog op terugtrekking van die
aanklag.
4.5. Ek was later deur
my prokureur meegedeel dat die Senior Staatsaanklaer wel beslis het
dat die saak moet voortgaan. Daar het
toe onderhandeling plaasgevind
tussen my prokureur Meneer  Coetzee  en  die Senior
Staatsaanklaer met die oog op die betaling van 'n
skulderkenning omdat ek bang was
om
in
'n ope hof te verskyn en  'n verhoor te deurloop. Ek  was
op daardie
stadium nag nooit betrokke in  'n
hofsaak en weens die omstandighede van die vreemde omgewing het ek
ingestem om
liewer  'n  skulderkenning
te  betaal  om sodoende die saak agter die rug te kry. Ek
was egter ook
nie vertroud met die
administratiewe proses of die regsgevolge van 'n skulderkenning nie.
Ek het dit beskou soos 'n verkeersboete
wat ek sou betaal
om
die saak
agter die rug te
kry.
4.6. Ek het nooit self
met die Staatsaanklaer onderhandel en was ook nooit in gesprek met
Landdros Hall wat uiteindelik die skulderkenning
bekragtig het nie,
en was nooit ingelig
dat
die skulderkenning aangeteken sou word as 'n vorige kriminele
oortreding nie. Meneer Coetzee het my ook nie daaroor ingelig
nie.
Die ooreengekome bedrag van die skulderkenning was deur my aan Meneer
Coetzee  oorbetaal en hy het die inbetaling daarvan
behartig. Ek kan nie onthou dat ek ooit iets in
verband daarmee geteken het nie.
4.
7.
Ek het daama aansoek gedoen vir 'n onderwyspos by
'n privaatskool Curro te Nelspruit.  Ek was egter geskakel en
gevra om my
aansoek terug te trek aangesien ek nie kwalifiseer nie
omdat dit vasgestel was dat ek 'n vorige kriminele oortreding begaan
het
naamlik nalatige bestuur. Dit is hoe ek dan vasgestel het dat die
skulderkenning 'n vorige veroordeling tot gevolg gehad het. Die

vorige veroordeling verhoed verdere aanstelling of moontlike
bevordering terwyl ek nie daarvan bewus was dat die skulderkenning

sou uitloop op 'n kriminele veroordeling teen my naam nie.
4.8.
lndien
ek bewus was daarvan dat die skulderkenning 'n kriminele rekord tot
gevolg sou he en indien my regte in hierdie verband volledig
aan my
verduidelik was, sou ek liewer bereid gewees het om die hofproses van
'n verhoor te deurloop ten spyte van my vrees
vir die onbekende
proses van 'n hofsaak. Ek was deurentyd onder die indruk dat ek my
nie skuldig gemaak het aan nalatigheid met
betrekking tot die ongeluk
nie en dat ek 'n geldige verweer gehad het waarom die ongeluk
plaasgevind het.
4.9. Ek beset nou dat
die betaling van die skulderkenning 'n diepgaande invloed op my
loopbaan in die onderwys sal

aangesien
ek nie in aanmerking kom vir enige ander pas of bevordering nie. 'n
Gewaarmerkte afskrif van die getyste vorige veroordeting
word
aangeheg.
4. 10. Daar word van
onderwysers verwag om van tyd tot tyd kinders te vervoer in
skootverband. Die onderwyser moet dan in besit
wees van 'n Openbare
Bestuurspermit,
uitgereik
deur 'n tisensie-owerheid. Dit sat nie vir my moonttik wees om
suksesvot daarvoor aansoek te doen indien die vorige veroordeting

teen my aangeteken is nie. Dit sat my bruikbaarheid as onderwyseres
benadeel en my in 'n slegte fig stet."
[6]
Daar is ook 'n bevestigende beedigde verklaring deur haar prokureur,
Mnr Jan Coetzee, waarin hy in par 7 die volgende se:
"Sy het nie die
gevotge wat die betaling van erkenning van skuld op haar kriminete
rekord beset nie. Dit was nie deur 'n lid
van die Suid-Afrikaanse
Potisiediens, of deur die hof of deur die staatsaanktaer aan haar
verduidetik nie. Ek het dit oak nie aan
haar verduidetik nie want ek
was nie daarvan bewus dat wanneer 'n skutderkenning vanaf 'n
potisiedossier gedoen word, die oortreding
dan as 'n vorige
veroordeling aangemeld word nie."
[7]
A 57 van die Strafproseswet handel met die erkenning van skuld en
betaling van boete sender 'n verskyning in die hof. In hierdie
geval
is a 57A van toepassing. Dit handel met die erkenning van skuld en
die betaling van 'n boete na verskying in die hof. A 57A
is slegs van
toepassing in die tydperk nadat die beskuldigde in die hof verskyn
het en voordat die  beskuldigde gepleit het.
Dit gee aan die
staatsaanklaer die mag om 'n kennisgewing met 'n endossement
ingevolge a 57 van die Strafproseswet aan die beskuldigde
te
oorhandig of om so 'n kennisgewing deur 'n vredesbeampte by die
beskuldigde te laat aflewer, met die inhoud dat die  beskuldigde

sy of haar skuld ten opsigte van die betrokke misdryf kan erken en
dat hy of sy 'n bepaalde boete ten opsigte daarvan kan betaal
sander
om weer in die hof te verskyn.
[8]
In terme van a 57A(4) word onder andere die bepalings van a 57(7) van
die Strafproseswet van toepassing gemaak. Hierdie subartikel
gee aan
die landdros 'n spesiale hersieningsbevoegdheid waarin die landdros
in die geval van 'n skulderkenningsboete voor verskyning
in die hof,
so 'n skuldigbevinding en vonnis tersyde kan stel, indien die
landdros van mening is dat dit nie ooreenkomstig die
reg geskied het
nie.
[9]
In hierdie geval is die skulderkenningsboete  in terme van a
57(7) deur 'n landdros bekragtig oftewel bevestig op 30 Mei
2013.
Soos die beskuldigde in haar eedsverklaring vermeld is dit eers toe
sy aansoek gedoen het vir 'n onderwyspos by 'n privaatskool
dat sy
uitgevind het dat sy 'n rekord het vir 'n vorige kriminele oortreding
naamlik nalatige bestuur.
[10]
Die sake van
Claasen
en
Gilgannon
asook
die saak van
Staat v Tong
[2013(1)
SACR 346 (WCC)] is in alle opsigte vergelykbaar met die huidige saak
behalwe dat in daardie sake die skulderkenningsboete
betaal is voor
die verskyning in die hof. Die wesenlike feit wat egter gemene deler
is tussen daardie sake en hierdie een is dat
in al die gevalle die
beskuldigde nie meegedeel is daarvan dat die skulderkenningsboete die
gevolg sal he van 'n rekord vir 'n
kriminele oortreding nie. In
Claasen
is
die  beskuldigde inderdaad uitdruklik deur die polisie meegedeel
dat die gevolg van die skulderkenningsboete nie sou lei
tot 'n rekord
van 'n vorige veroordeling nie. In
Gilgannon
is die volgende
gese:
"[15] It is a
very serious consequence for someone to pay an admission of guilt
fine and have no understanding that he will
thereafter carry a
criminal conviction. As stated by Henney J in Parsons supra this too
is an infringement of the right to a fair
trial."
[11]
Daar is natuurlik geen rede hoekom dieselfde ratio as in a 57 gevalle
nie ook moet geld in a 57A gevalle nie.
[12]
Gevolglik is die skuldigbevinding  en vonnis nie ooreenkomstig
die reg nie en moet dit tersyde gestel word in terme van
304(4) van
die Strafproseswet.
[13]
Gevolglik word die volgende bevel gemaak:
1.
Die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis soos deur die landdros
Nelspruit bekragtig op 30 Mei 2013 word tersyde gestel.
2.
Die skulderkenningsboete van R800 moet aan die beskuldigde
terugbetaal word
__________________________
A.
A. LOUW
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
Ek
stem saam
__________________________
R.
G. TOLMAY
R.G. TOLMAY REGTER VAN
DIE HOOGGEREGSHOF