De Villiers en S (CA&R96/2016) [2016] ZANCHC 64 (9 December 2016)

58 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Negligence — Road traffic accident — Appellant convicted of negligent driving under the National Road Traffic Act — Collision occurred while appellant attempted a U-turn in the path of an oncoming police vehicle — Legal issue centered on whether the appellant acted negligently by failing to ensure it was safe to turn — High Court found that the trial court erred in its assessment of the evidence and the application of the reasonable person standard, concluding that the appellant's actions did not constitute negligence as the police vehicle was traveling at an excessive speed, which contributed to the accident.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2016
>>
[2016] ZANCHC 64
|

|

De Villiers en S (CA&R96/2016) [2016] ZANCHC 64 (9 December 2016)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case
number:
CA & R 96/2016
Datum verhoor: / Date
heard:
28
/ 11 / 2016
Datum
gelewer: / Date delivered:
09
/ 12 / 2016
In
die appèl van:
WILHELMINA
SUSANNA DE VILLIERS
Appellante
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
:
Olivier,
R en Erasmus, WnR
UITSPRAAK
OP APPÈL
Erasmus,
WnR
[1]
Me
De Villiers, die appellante, appelleer teen haar skuldigbevinding in
die landdroshof te Upington aan ‘n oortreding van
Artikel 63(1)
van die Nasionale Padverkeerswet, Nr 93 van 1996 (“die Wet”),
te wete nalatige bestuur.
[2]
Dit
is gemene saak dat die appellante in die vroeë oggendure van 1
August 2012 te Schröderstraat, Upington in ‘n
botsing
betrokke was met ‘n Toyota Avanza voertuig van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens (“die polisie-voertuig”),

bestuur deur konstabel Abraham George Hendriks.
[3]
Die
enigste geskilpunt is of die appellante nalatig was deur ‘n
U-draai te maak terwyl die polisievoertuig aankomend was in
die
teenoorgestelde baan.
[4]
Dit
is geyk dat nalatigheid bepaal moet word aan die hand van die
redelike persoon-toets. Toepassing van die toets in die konteks
van
‘n strafregtelike vervolging behels dat die staat bo redelike
twyfel moes bewys dat die appellante versuim het om die
graad van
sorgvuldigheid en vaardigheid aan die dag te lê wat ‘n
redelike persoon in die omstandighede sou gedoen het.
[1]
Alhoewel dit ‘n objektiewe toets is kan sekere kennis waaroor
‘n spesifieke persoon beskik in ag geneem word.
[2]
[5]
Die
bewyslas wat op die staat gerus het, het geverg dat bo redelike
twyfel bewys moes word dat die redelike persoon in dieselfde

omstandighede as die appellante, die moontlikheid sou voorsien het
dat sy/haar gedrag die botsing kon veroorsaak, hy/sy redelike
stappe
sou geneem het om te waak daarteen en dan dat die appellante versuim
het om daardie stappe te neem.
[3]
[6]
Daar
moet ook in gedagte gehou word dat so ‘n redelike persoon, soos
beslis in
HERSCHEL
v MARUPE
[4]
,

...is
not ... a timorous faintheart always in trepidation lest he or others
suffers some injury; on the contrary, he ventures into
the world,
engages in affairs and takes reasonable chances. He takes reasonable
precautions to protect his person and property
and expects others to
do likewise.

[7]
In
S
v BURGER
[5]
is beskryf wat van die redelike persoon verwag word:

One
does not expect of a diligens paterfamilias any extremes such as
Solomonic wisdom, prophetic foresight, chameleonic caution,
headlong
haste, nervous timidity, or the trained reflexes of a racing driver.
In short, a diligens paterfamilias treads life's
pathway with
moderation and prudent  common sense.

[8]
Dit is teen hierdie agtergrond, in samehang met die faktore vermeld
in artikel 63(3) van die Wet, wat die appellante se handeling

opgeweeg moet word.  Die faktore gelys in gemelde artikel
sluit in die aard, toestand en gebruik van die openbare pad,
hoeveel
verkeer daar op die tersaaklike tydstip van die botsing op daardie
pad was of redelikerwys sou kon gewees het, die snelheid
waarteen en
die wyse waarop die voertuig bestuur is.
[9]
Dit is gemeensaak dat die appellante van noord na suid en die
polisievoertuig van suid na noord in Schröderstraat gery.

Die kruising word nie beheer deur stopstrate of verkeersligte
Schröderstraat nie en verkeer in beide rigtings van het

reg van weg.  Die appellante het gepoog om ‘n U-draai by
die kruising regoor Lützstraat te maak en voor die
polisievoertuig
beland.  Die punt van botsing, soos gereflekteer
op ‘n sketsplan van die toneel, was ongeveer in die middel van
die
linkerbaan van die dubbelpad waarin die polisievoertuig gery
het.  Die skade aan die appellante se voertuig, soos blyk uit

die fotoplan en getuienis, was op die linkerkant, op die gedeelte
vanaf die voorwiel tot en met die voorste deur.  Die skade
aan
die polisievoertuig was voor, op die neusgedeelte van die voertuig.
Dit is verder gemeensaak dat die polisievoertuig
36.9 m vanaf die
punt van botsing tot stilstand gekom het.
[10]
Die deskundige wat namens die staat getuig het, konstabel Booysen, se
getuienis was dat hy geen remmerke op die ongelukstoneel
kon bespeur
wat hy aan enigeen van die twee voertuie kon toeskryf nie. Volgens
hom moes Hendriks vinnig gery het.  Sy opinie
was gebaseer op
die afstand vanaf die punt van die botsing tot waar die
polisievoertuig tot stilstand gekom het.
[11]
Daar is geen getuienis deur die staat aangebied ten aansien van
11.1
die
presiese spoed waarteen die polisievoertuig sou gery het nie,
11.2
of
daar enige sigbare padtekens was wat byvoorbeeld ‘n U-draai sou
verbied het in die area nie,
11.3
die
sigbaarheid op die toneel en of die appellante se uitsig onbelemmerd
was, en
11.4
die
breedte van die pad waarin die appellante die U-draai uitgevoer het
nie.
[12]
Konstabel Hendriks het getuig dat hy die betrokke aand ‘n
verkragting-slagoffer gaan oplaai het om haar hospitaal toe
te neem.
Alhoewel die passasier van Hendriks getuig het, was die appellant en
respondent dit eens dat daar nie enigsins op
haar getuienis
staatgemaak kon word nie en word daar nie met haar getuienis gehandel
nie.
[13]
Die getuienis van konstabel Hendriks was dat, nadat hy die slagoffer
opgelaai het, hy die polisievoertuig se noodligte (“hazards”)

aangeskakel het.  Hy het in  Schröderstraat gery en
die appellante se voertuig opgemerk.  Hy het die indruk
gekry
dat die voertuig nie by die kruising gaan stop nie, maar het aanvaar
dat sy aan hom voorrang sou verleen omdat hy ry-voorrang
geniet het.
Die appellante het nie gestop nie en voor hom ingedraai.
Hy het vanaf die regterbaan na die
linkerbaan beweeg ten einde die
ongeluk te vermy, sy voet van die petrolpedaal afgehaal en
uiteindelik gerem.  Hy het teen
ongeveer 60 km per uur gery.
Tydens kruisondervraging het hy egter toegegee dat hy vinniger kon
gery het.  Hy was nie
ver van die appellante se voertuig af toe
hy dit vir die eerste keer waargeneem het nie.  Volgens hom was
hy oorkant Nedbank
toe hy die appellante se aankomende voertuig
sien.  Geen getuienis is egter aangebied met betrekking tot hoe
ver Nedbank van
die kruising af geleë was nie. Tydens
kruisondervraging het hy toegegee dat hy in die heersende
omstandighede nie geregtig
was om die spoedgrens te oorskry nie en
nie betwis dat die botsing nie sou plaasgevind het indien hy nie so
vinnig gery het nie.
[14]
Die appellante se weergawe was dat sy voor die botsing in
Schröderstraat afgery het.  By die kruising het sy gestop

en wou regs draai om ‘n U-draai uit te voer.  Haar
flikkerlig was aangeskakel om haar voorneme om regs te draai te kenne

te gee. Sy het ‘n aankomende voertuig opgemerk ongeveer 150
meter van haar af. Gemelde voertuig se hoofligte was aan, maar
nie
enige ander ligte nie.  Sy het ook nie sirenes of ‘n
toeter gehoor nie. Toe sy die voertuig sien, was dit volgens
haar
veilig om die U-draai te maak.  Hendriks het haar voertuig op
die linkerkant getref en as gevolg van die impak het haar
voertuig
drie keer in die rondte getol voordat dit tot stilstand gekom het.
[15]
Dit was ook die appellante se onbetwiste weergawe dat  sy
voorheen dié spesifieke roete vir ‘n tydperk van

ongeveer drie jaar daagliks vier tot vyf keer gebruik het en voorheen
U-draaie daar uitgevoer het.  Sy het dus geweet dat
as sy ‘n
aankomende voertuig gewaar op die plek waar sy Hendriks se voertuig
gewaar het, sy voldoende tyd sou hê om
die U-draai met
veiligheid uit te voer.  Dit was veilig om só ‘n
draai uit te voer indien die aankomende voertuig
teen die
voorgeskrewe spoed van ongeveer 60 km per uur sou gery het.  Sy
het egter nie verwag dat Hendriks teen ‘n hoër
spoed as
die voorgeskrewe spoed sou ry en dat sy nie die draai met veiligheid
sou kon uitvoer nie.
[16]
Teen hierdie feitelike agtergrond het die verhoorhof bevind dat die
appellante nalatig was deurdat sy versuim het om ‘n
behoorlike
uitkyk te hou en dat die redelike persoon, in die posisie van die
appellante, sou gewag het tot dit veilig was vir haar
om te draai.
Die verhoorhof het die appellante se weergawe dat sy wel ‘n
behoorlike uitkyk gehou het verwerp.
[17]
Adv  Eillert, namens die appellante, het betoog dat die
appellante se weergawe verkeerdelik verwerp is, dat die verhoorhof

misgetas het deur nie die redelike voorsienbaarheidstoets op die
getuienis toe te pas nie en ook nie die faktore, soos gelys in

artikel 63(3) van die Wet, in aanmerking geneem het tydens die
evaluering van die getuienis nie.  Hy het verder aangevoer
dat,
selfs al word aanvaar dat die appellante ‘n oordeelsfout begaan
het, sou die redelike persoon in haar omstandighede
ook so ‘n
oordeelsfout kon begaan het en was die appellante gevolglik nie
nalatig nie.
[18]
Meneer Eillert het tydens betoog verwys na drie feitelike mistastings
en die foutiewe gevolgtrekkings wat die verhoorhof gemaak
het.
18.1
In die afwesigheid van getuienis oor die tyd wat dit sou neem om die
draai uit te voer het die geleerde landdros aanvaar dat
dit
onwaarskynlik was dat die skade op die linkerdeur sou wees as die
polisievoertuig 150 meter vanaf die appellante was en dat
die
polisievoertuig dus nader was as wat die appellante gedink het.
18.2
Die verhoorhof het haar eie kennis van die omgewing, in die
afwesigheid van getuienis oor die afstande, gebruik om afleidings
te
maak oor die afstand wat die polisievoertuig van die kruising af was
en op grond daarvan bevind dat Hendriks se weergawe dat
hy nader was
aan die appellante, meer waarskynlik was.
18.3 Die gevolgtrekking
van die verhoorhof dat die appellante nie behoorlike uitkyk gehou het
nie is nie gemotiveer in die lig van
die getuienis nie.  Dit is
in stryd met die applikante se getuienis dat sy stilgehou het en die
polisievoertuig waargeneem
het toe dit ongeveer 150 meter van haar af
was.
[19]
Adv Barnard, namens die respondent, het met verwysing na
S
v Truter
[6]
betoog dat die redelike persoon in die omstandighede van die
appellante seker sou gemaak het dat dit veilig was om die pad binne

te gaan en dat hy/sy voldoende tyd sou hê om dit te doen.
Hy het verder aangevoer dat die verhoorhof tereg bevind het
dat, op
grond van die ligging van die skade aan die appellante se voertuig,
die polisievoertuig heelwat nader aan haar was toe
sy by die kruising
was.
[20]
Daar is nie getuienis aangebied tydens die verhoor om die afleidings
en bevindinge van die verhoorhof, soos uitgelig deur meneer
Eillert,
te regverdig nie.  Daarbenewens het die verhoorlanddros in haar
uitspraak bloot na die appellante se weergawe dat
Hendriks teen
ongeveer 120 kilometer per uur gery het verwys en bevind dat, selfs
sou dit aanvaar word, dit hoogs onwaarskynlik
sou wees dat die
botsing sou plaasgevind het.  Sy het hierdie bevinding, in die
afwesigheid van enige deskundige getuienis
in hierdie verband, baseer
daarop dat die appellante se voertuig ‘n klein voertuig was wat
nie eens ‘n minuut sou neem
om die draai uit te voer nie.
[21]
Ons is tevrede dat die verhoorhof verskeie mistastings begaan het.
In die lig daarvan staan dit ons vry om die getuienis
opnuut te
oorweeg en tot ons eie gevolgtrekking daarop te kom.
[22]
Die appellante se getuienis is nie in kruisondervraging afgebreek
nie.  Haar weergawe dat Hendriks teen ‘n baie
hoë
spoed gery het strook met die getuienis van die staat se deskundige.
Hendriks het ook toegegee dat as hy nie so
vinnig gery het nie, die
botsing nie sou plaasgevind het nie.  Die appellant het die
spesifieke roete op ‘n gereelde
basis in die verlede gebruik en
U-draaie met veiligheid uitgevoer wanneer ‘n aankomende
voertuig opgemerk is daar waar sy
die polisievoertuig die betrokke
nag gewaar het.
[23]
Ons is tevrede dat die redelike persoon, in die posisie van die
appellante, nie die moontlikheid sou voorsien het dat haar
gedrag die
botsing kon veroorsaak het nie en ander redelike stappe sou geneem
het om te waak daarteen nie.  Selfs indien aanvaar
word dat die
appellante ‘n oordeelsfout begaan het ten aansien van die spoed
waarteen die polisievoertuig in aantog was,
is ons van oordeel dat
die redelike persoon in haar posisie ook so ‘n oordeelsfout kon
gemaak het en dat sy dus nie nalatig
was nie.
[24]
Ons is tevrede dat die staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die
appellante haar voertuig op ‘n nalatige wyse bestuur
het nie.
In die lig hiervan moet die appèl slaag.
Gevolglik
maak ons die volgende bevel:
1
DIE APPèL SLAAG.
2
DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS WORD TER SYDE GESTEL.
____________________
SL
ERASMUS
WAARNEMENDE
REGTER
Ek
stem saam.
____________________
CJ
OLIVIER
REGTER
Namens
Appellante:
Adv.
A. Eillert (iov Elliott, Maris, Wilmans & Hay)
Namens
Respondent:
Adv.
T. Barnard (iov DOV)
[1]
Rex v Meiring,
1927 AD 41
; Bester v Commercial
Union, 1973 (1) SA 769 (A)
[2]
S v Van As
1967 (4) SA 594
(A) op 600B-C
[3]
Jacobs & Another v Transnet Limited t/a
Metrorail & Another, 2015 (1) SA 139 (HHA)
[4]
1954 (3) SA 464
(A) op 490F
[5]
1975 (4) SA 877
(A) op 879D-E
[6]
1987(1) SA 339 (C) 339 op 341