De Villiers v S (CA&R96/2016) [2016] ZANCHC 46 (9 December 2016)

60 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Negligence — Road traffic accident — Appellant convicted of negligent driving under National Road Traffic Act — Collision between appellant's vehicle and police vehicle while attempting U-turn — Court to determine whether appellant acted negligently by failing to ensure safe execution of maneuver — High Court found trial court erred in its assessment of evidence and credibility of appellant's testimony — Appellant's regular use of route and belief in safety of maneuver supported her case — Conviction set aside due to misapplication of reasonable person standard and failure to consider all relevant factors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2016
>>
[2016] ZANCHC 46
|

|

De Villiers v S (CA&R96/2016) [2016] ZANCHC 46 (9 December 2016)

Verslagwaardig:
Nee
Sirkuleer
Aan Regters: Nee
Sirkuleer
aan Streeklanddroste: Nee
Sirkuleer
Aan Landdroste: Nee
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saakno
:
I
Case number:
CA & R 96/ 2016
Datum
verhoor : / Date heard:
28
I
11
I
2016
Datum
gelewer:
I
Date delivered :
09
I
12
I
2016
In
die appel van:
WILHELMINA
SUSANNA DE
VILLIERS
Appellante
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
Olivier, R en Erasmus, WnR
UITSPRAAK
OP APPÈL
Erasmus,
Wn R
[1]
Me De Villiers,  die appellante,  appelleer teen haar
skuldigbevinding in die landdroshof te Upington aan 'n oortreding
van
Artikel 63(1) van die Nasionale Padverkeerswet, Nr 93 van 1996 ("die
Wet"), te wete nalatige bestuur.
[2]
Dit is gemene saak dat die appellante in die vroee oggendure van 1
August 2012 te Schroderstraat, Upington in 'n botsing betrokke
was
met 'n Toyota Avanza voertuig van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
("die polisie­ voertuig"), bestuur deur konstabel

Abraham George Hendriks.
[3]
Die enigste geskilpunt is of die appellante nalatig was deur 'n
U-draai te maak terwyl  die polisievoertuig aankomend was
in die
teenoorgestelde baan.
[4]
Dit is geyk dat nalatigheid bepaal moet word aan die hand van die
redelike persoon-toets. Toepassing van die toets in die konteks
van
'n strafregtelike vervolging behels dat die staat bo redelike twyfel
moes bewys dat die appellante versuim het om die graad
van
sorgvuldigheid en vaardigheid aan die dag te le wat 'n redelike
persoon in die omstandighede sou gedoen het.
[1]
Alhoewel dit 'n objektiewe toets is kan sekere kennis waaroor 'n
spesifieke persoon beskik in ag geneem word.
[2]
[5]
Die bewyslas wat op die staat gerus het, het geverg dat bo redelike
twyfel bewys moes word dat die redelike persoon in dieselfde

omstandighede as die appellante, die moontlikheid sou voorsien het
dat sy/haar gedrag die botsing kon veroorsaak, hy/sy redelike
stappe
sou geneem het om te waak daarteen en dan dat die appellante versuim
het om daardie stappe te neem.
[3]
[6]
Daar moet ook in gedagte gehou word dat so 'n redelike persoon, soos
beslis in
HERSCHEL
v MARUPE
[4]
,
"...is not
...
a timorous faintheart always in trepidation
lest he or others suffers some injury; on the contrary, he ventures
into the world,
engages in affairs and takes reasonable chances. He
takes reasonable precautions to protect his person and property and
expects
others to do likewise."
[7]
In
S v
BURGER
[5]
is
beskryf wat van die redelike persoon verwag word:
"One does not
expect of a diligens paterfamilias any extremes such as Solomonic
wisdom, prophetic foresight, chameleonic caution,
headlong haste,
nervous timidity, or the trained reflexes of a racing driver. In
short, a diligens paterfamilias treads life's
pathway with
moderation and prudent common sense."
[8]
Dit is teen hierdie agtergrond, in samehang met die faktore vermeld
in artikel 63(3) van die Wet, wat die appellante se handeling

opgeweeg moet word. Die faktore gelys in gemelde artikel sluit in die
aard, toestand en gebruik van die openbare pad, hoeveel verkeer
daar
op die tersaaklike tydstip van die botsing op daardie pad was of
redelikerwys sou kon gewees het, die snelheid waarteen en
die wyse
waarop die voertuig bestuur is.
[9]
Dit is gemeensaak dat die appellante van noord na suid en die
polisievoertuig van suid na noord in Schroderstraat gery. Die

kruising word nie beheer deur stopstrate of verkeersligte
Schroderstraat nie en verkeer in beide rigtings van het reg van weg.

Die appellante het gepoog om 'n U-draai by die kruising regoor
LOtzstraat te maak en voor die polisievoertuig beland. Die punt
van
botsing, soos gereflekteer op 'n sketsplan van die toneel, was
ongeveer in die middel van die linkerbaan van die dubbelpad
waarin
die polisievoertuig gery het. Die skade aan die appellante se
voertuig, soos blyk uit die fotoplan en getuienis, was op
die
linkerkant, op die gedeelte vanaf die voorwiel tot en met die voorste
deur. Die skade aan die polisievoertuig was voor, op
die neusgedeelte
van die voertuig.  Dit is verder gemeensaak dat die
polisievoertuig 36.9 m vanaf die punt van botsing tot
stilstand gekom
het.
[10]
Die deskundige wat namens die staat getuig het, konstabel Booysen, se
getuienis was dat hy geen remmerke op die ongelukstoneel
kon bespeur
wat hy aan enigeen van die twee voertuie kon toeskryf nie. Volgens
hom moes Hendriks vinnig gery het. Sy opinie was
gebaseer op die
afstand vanaf die punt van die botsing tot waar die polisievoertuig
tot stilstand gekom het.
[11]
Daar is geen getuienis deur die staat aangebied ten aansien van
11.1.
die
presiese spoed  waarteen die polisievoertuig sou gery het nie,
11.2.
of
daar enige sigbare padtekens was wat byvoorbeeld 'n U-draai sou
verbied het in die area nie,
11.3.
die
sigbaarheid op die toneel en of die appellante se uitsig onbelemmerd
was, en
11.4.
die
breedte van die pad waarin die appellante die u­draai uitgevoer
het nie.
[12]
Konstabel Hendriks het getuig dat hy die betrokke aand 'n
verkragting-slagoffer gaan oplaai het om haar hospitaal toe te neem.

Alhoewel die passasier van Hendriks getuig het, was die appellant en
respondent dit eens dat daar nie enigsins op haar getuienis

staatgemaak kon word nie en word daar nie met haar getuienis gehandel
nie.
[13]
Die getuienis van konstabel Hendriks was dat,  nadat  hy
die slagoffer opgelaai het, hy die polisievoertuig se noodligte

("hazards") aangeskakel het. Hy het in Schroderstraat gery
en die appellante se  voertuig opgemerk. Hy het die indruk
gekry
dat die voertuig nie by die kruising gaan stop nie, maar  het
aanvaar  dat  sy aan hom voorrang sou
verleen omdat hy
ry-voorrang geniet  het. Die appellante  het nie gestop
nie en voor hom ingedraai. Hy het vanaf
die regterbaan na die
linkerbaan beweeg ten einde die ongeluk  te  vermy,  sy
voet van die petrolpedaal afgehaal
en uiteindelik gerem. Hy het teen
ongeveer 60 km per uur gery. Tydens kruisondervraging het hy egter
toegegee dat hy vinniger kon
gery het. Hy was nie ver van die
appellante se voertuig af toe hy dit vir die eerste keer waargeneem
het nie. Volgens hom was hy
oorkant Nedbank toe hy die appellante se
aankomende voertuig sien. Geen getuienis is egter aangebied met
betrekking tot hoe ver
Nedbank van die kruising af gelee was
nie. Tydens kruisondervraging het hy toegegee dat hy in die heersende
omstandighede
nie geregtig was om die spoedgrens te oorskry nie en
nie betwis dat die botsing nie sou plaasgevind het indien hy nie so
vinnig
gery het nie.
[14]
Die appellante se weergawe was dat sy voor die botsing in
Schroderstraat afgery het. By die kruising het sy gestop en wou regs

draai om 'n U-draai uit te voer.  Haar flikkerlig was
aangeskakel om haar voorneme om regs te draai te kenne te gee. Sy het

'n aankomende voertuig opgemerk ongeveer 150 meter van haar af.
Gemelde voertuig se hoofligte was aan, maar nie enige ander ligte

nie. Sy het ook nie sirenes of 'n toeter gehoor nie. Toe sy die
voertuig sien, was dit volgens haar veilig  om die U­
draai
te maak. Hendriks het haar voertuig  op  die linkerkant
getref  en  as  gevolg  van  die

impak  het  haar voertuig drie keer in die rondte
getol voordat dit tot stilstand gekom het.
[15]
Dit was ook die appellante se onbetwiste weergawe dat sy voorheen die
spesifieke roete vir 'n tydperk van ongeveer drie jaar
daagliks vier
tot vyf  keer gebruik  het en voorheen U-draaie daar
uitgevoer het. Sy het dus geweet dat as sy 'n aankomende
voertuig
gewaar op die plek waar sy Hendriks se voertuig gewaar het, sy
voldoende tyd sou he om die U-draai met veiligheid uit
te voer. Dit
was veilig om s6 'n dra·ai uit te voer indien die aankomende
voertuig teen die voorgeskrewe speed van ongeveer
60 km per uur sou
gery het. Sy het egter nie verwag dat Hendriks teen 'n hoer speed as
die voorgeskrewe speed sou ry en dat sy
nie die draai met veiligheid
sou kon uitvoer nie.
[16]
Teen hierdie feitelike agtergrond  het  die  verhoorhof
bevind dat die appellante nalatig was deurdat sy versuim
het om 'n
behoorlike uitkyk te hou en dat die redelike persoon, in die posisie
van die appellante, sou gewag het tot dit veilig
was vir haar om te
draai. Die verhoorhof het die appellante se weergawe dat sy wel 'n
behoorlike uitkyk gehou het verwerp.
[17]
Adv Eillert, namens die appellante, het betoog dat die appellante se
weergawe verkeerdelik verwerp is, dat die verhoorhof misgetas
het
deur nie die redelike voorsienbaarheidstoets op die getuienis toe te
pas nie en oak nie die faktore, soos gelys in artikel
63(3) van die
Wet, in aanmerking geneem het tydens die evaluering van die getuienis
nie. Hy het verder aangevoer dat, selfs al
word aanvaar dat die
appellante 'n oordeelsfout begaan het, sou die redelike persoon in
haar omstandighede oak so 'n oordeelsfout
kon begaan het en was die
appellante gevolglik nie nalatig nie.
[18]
Meneer Eillert het tydens betoog verwys na drie feitelike mistastings
en die foutiewe gevolgtrekkings wat die verhoorhof gemaak
het.
18.1.
In
die afwesigheid van getuienis oor die tyd wat dit sou neem om die
draai uit te voer het die geleerde landdros aanvaar dat dit

onwaarskynl ik was dat die skade op die linkerdeur sou wees as die
polisievoertuig 150 meter vanaf die appellante was en dat die

polisievoertuig dus nader was as wat die appellante gedink het.
18.2.
Die
verhoorhof het haar eie kennis van die omgewing, in die afwesigheid
van getuienis oor die afstande, gebruik om afleidings te
maak oor die
afstand wat die polisievoertuig van die  kruising  af was
en op  grand daarvan bevind  dat Hendriks
se weergawe dat
hy nader was aan die appellante, meer waarskynlik was.
18.3.
Die
gevolgtrekking van die verhoorhof dat die appellante nie behoorlike
uitkyk gehou het nie is nie gemotiveer in die lig van die
getuienis
nie. Dit is in stryd met die applikante se getuienis dat sy stilgehou
het en die polisievoertuig waargeneem het toe dit
ongeveer 150 meter
van haar af was.
[19]
Adv Barnard, namens die respondent, het met verwysing na
S
v Truter
[6]
betoog
dat die redelike persoon in die omstandighede van die appellante
seker sou gemaak het dat dit veilig was om die pad binne
te gaan en
dat hy/sy voldoende tyd sou he om dit te doen. Hy het verder
aangevoer dat die verhoorhof tereg bevind het dat, op grond
van die
ligging van die skade aan die appellante se voertuig, die
polisievoertuig heelwat nader aan haar was toe sy by die kruising

was.
[20]
Daar is nie getuienis aangebied tydens die verhoor om die afleidings
en bevindinge van die verhoorhof, soos uitgelig deur meneer
Eillert,
te regverdig nie. Daarbenewens het die verhoorlanddros in haar
uitspraak bloot na die appellante se weergawe dat Hendriks
teen
ongeveer 120 kilometer per uur gery het verwys en bevind dat, selfs
sou dit aanvaar word, dit hoogs onwaarskynlik sou wees
dat die
botsing sou plaasgevind het. Sy het hierdie bevinding, in die
afwesighe id van enige deskundige getuienis in hierdie verband,

baseer daarop dat die appellante se voertuig 'n klein voertuig was
wat nie eens 'n minuut sou neem om die draai uit te voer nie.
[21]
Ons is tevrede dat die verhoorhof verskeie mistastings begaan het. In
die lig daarvan staan dit ons vry om die getuienis opnuut
te oorweeg
en tot ons eie gevolgtrekking daarop te kom.
[22]
Die appellante se getuienis is nie in kruisondervraging afgebreek
nie. Haar weergawe dat Hendriks teen 'n baie hoe spoed gery
het
strook met die getuienis van die staat se deskundige. Hendriks het
ook toegegee dat as hy nie so vinnig gery het nie, die botsing
nie
sou plaasgevind het nie. Die appellant het die spesifieke roete op 'n
gereelde basis in die verlede gebruik en U-draaie met
veiligheid
uitgevoer wanneer 'n aankomende voertuig opgemerk is daar waar sy die
polisievoertuig die betrokke nag gewaar het.
[23]
Ons is tevrede dat die redelike persoon, in die posisie van die
appellante, nie die moontlikheid sou voorsien het dat haar
gedrag die
botsing kon veroorsaak het nie en ander redelike stappe sou geneem
het om te waak daarteen nie. Selfs indien aanvaar
word dat die
appellante 'n oordeelsfout begaan het ten aansien van die spoed
waarteen die polisievoertuig in aantog was, is ons
van oordeel dat
die redelike persoon in haar posisie ook so 'n oordeelsfout kon
gemaak het en dat sy  dus nie nalatig was
nie.
[24]
Ons is tevrede dat die staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die
appellante haar voertuig op 'n nalatige wyse bestuur
het nie. In die
lig hiervan moet die appel slaag.
Gevolglik
maak ons die volgende bevel:
1.
DIE
APPèL SLAAG.
2.
DIE
SKULD GBEVINDING EN VONNIS WORD TER SYDE GESTEL.
_____________________
ERASMUS
WAARNEMENDE
REGTER
Ek
stem saam.
____________________
CJ
OLIVIER
REGTER
[1]
Rex v Meiring.
1927 AD 4
1 : Bester v
Commercial Union. 1973 ( 1) SA 769 (A)
[2]
S v Van As
1967 (4) SA 594
(A) op
600B-C
[3]
Jacobs & Another v Transnet
Limited t/a Metrorail & Another ,
2015 (1) SA 139
(HHA)
[4]
1954 (3) SA 464
(A) op 490F
[5]
[5]
1975 (4) SA 877
(A) op 8790-E
[6]
1987(1) SA 339 (C) 339 op 341