About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2016
>>
[2016] ZANCHC 45
|
|
Bakker v Engelbrecht en 'n Ander (CA&R35/2015) [2016] ZANCHC 45 (9 December 2016)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONOER LANDOROSTE JA/NEE
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAP
HOE HOF, KIMBERLEY)
DATUM
AANGEHOOR: 19-09-2016
DATUM
VAN UITSPRAAK: 09-12-2016
In
die aansoek tussen:
CA&R
35/2015
Niekolien
Bakker Appellant
en
Gerhardus
Engelbrecht
1ste
Respondent
Die
Nama Khoi
Munisipaliteit
2de
Respondent
CORAM:
WILLIAMS R et ERASMUS WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1.
Die appellant, me N Bakker, se aansoek om uitsetting van die
respondent, mnr G Engelbrecht, is in die landdroshof gehou te
Springbok
van die hand gewys met koste. Sy kom nou in hoer beroep
teen hierdie bevinding.
2.
Die agtergrond van hierdie saak is soos volg:
2.1. Gedurende 1999 het
die appellant en haar wyle eggenoot oordrag geneem van 'n subsidie
huis ('n HOP huis) gelee te Brakputstraat
8, Erf […] Steinkopf
(die eiendom). 'n Paar jaar later het hulle verhuis na Witbank en is
die eiendom verhuur aan die respondent.
2.2. Gedurende 2008 het
die partye 'n ruilooreenkoms aangegaan in terme waarvan die
respondent voile eiendomsreg oor die eiendom
sou verkry teen lewering
van 'n opslaanhuis aan die applikant. Die partye en hul eggenote het
die dienende wyksraadslid van die
Nama Khoi Munisipaliteit genader
vir raad oor die stappe wat gevolg moet word om die ooreenkoms te
formaliseer.
2.3. Hulle is vorms gegee
om te voltooi en te onderteken wat op skrif stel dat die appellant en
haar eggenoot toestemming gee vir
die oordrag van die eiendom aan die
respondent en dat die respondent instem om oordrag te neem en om as
toekomstige eienaar alle
uitstaande munisipale belasting en
dienstegelde ten opsigte van die eiendom te betaal.
2.4. Mnr E Marits, wat op
daardie stadium die wyksraadslid was, het in 'n ondersteunende
eedsverklaring tot die respondent se opponerende
eedsverklaring ,
daarop gewys dat hy vir die partye meegedeel het dat die dokument wat
hulle onderteken het slegs vir munisipale
rekord doeleindes
was om te bevestig w1e verantwoordel ik sou wees vir die betaling van
munisipale belasting en dienste
- en dat hulle 'n prokureur moet
aanstel om die oordrag van die eiendom in die naam van die respondent
te registreer.
2.5. Dit is egter
gemeensaak dat die partye hierdie dokument wat hulle voltooi het by
die munisipaliteit beskou het as voldoende
om oordrag van die eiendom
in die naam van die respondent te bewerkstellig. Die opslaanhuis is
dan ook as teenprestasie aan die
appellant gelewer.
2.6. Die appellant se
eggenoot is gedurende 2011 oorlede waarna sy besluit het om terug te
trek na Steinkopf. Op een of ander wyse
het die appellant ontdek dat
die eiendom nooit op die respondent se naam geregistreer is nie en
het sy die uitsettingsproses begin
gedurende 2013.
3.
Die landdros het ender andere bevind dat daar wilsooreenstemming was
tussen die partye om die ruiltransaksie aan te gaan, dat
die
munisipale oordragvorm wat deur beide partye onderteken is 'n geldige
vervreemdingsakte daarstel, dat dit eiendomsreg aan die
respondent
oorgedra het en dat al wat ontbreek die registrasie van die oordrag
op die respondent se naam is. Hiermee kan egter
nie saamgestem word
nie. Dit is wel so dat daar wilsooreenstemming was om 'n
ruiltransaksie aan te gaan. Die dokument wat
die partye
onderteken het voldoen egter nie aan die bepalings van artikel 2(1)
van die Wet op Vervreemding van Grond, no 68 van
1981 nie, vir die
blote feit dat dit nie die ruilooreenkoms vervat nie.
4.
Hierdie dwaling aan die kant van die landdros affekteer egter nie die
bevel wat gemaak is nie. Die landdros het ook oorweging
geskenk aan
ander tersaaklike omstandighede soos vereis in artikel 4(7) van die
Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting
en Onregmatige
Besetting van Grond, No 19 van 1998 (PIE). Die omstandighede wat
daartoe aanleiding gegee het dat die respondent
die eiendom beset,
die lange duur van die besetting, en die benadeling vir die
respondent se gesin is ender andere in aggeneem
en het die landdros
tot die bevinding gekom dat dit nie regverdig en billik sou wees om
'n uitsettingsbevel te verleen nie. Ek
meen nie daar is, in die
omstandighede van hierdie aangeleentheid , enige gronde om in te meng
met hierdie bevinding van die landdros
nie.
5.
Mnr Coetzee SC wat vir die appellant verskyn het in die appel, het
ook as vertrekpunt toegegee dat die kennisgewing van die aansoek
nie
voldoen aan die gebiedende bepalings van artikel 4(5) van PIE nie.
(Sien
Cape Killarney Property Investments (Pty) Ltd v Mahamba
&
Others
2001 (4) SA 1222
(SCA) te paragraaf 11). Artikel 4(5)
lees as volg:
"
Die
kennisgewing van die verrigtinge beoog in subartikel (2) moet-
(a)
meld
dat verrigtinge ingestel sal word ingevolge subartikel
(1)
om
'n bevel vir die uitsetting van die onregmatige okkupeerder;
(b)
aandui op welke datum en tyd die hof die verrigtinge sal
aanhoor;
(c)
die
gronde vir die beoogde uitsetting uiteensit; en
(d)
meld
dat die onregmatige okkupeerder geregtig is om voor die hof te
verskyn en die saak te verdedig en, waar nodig, die reg het
om
aansoek te doen vir regshulp."
6.
Die kennisgewing meld nie dat die verrigtinge ingestel word in terme
van artikel 4(1) van PIE nie 6f die gronde van die beoogde
uitsetting
nie. Die eniste aanduiding in die kennisgewing dat die beoogde
uitsetting onder PIE resorteer is 'n verwysing daarin
na artikel 497
daarvan (klaarblyklik 'n tikfout en behoort dit te wees artikel 4(7)
). Om hierdie rede alleen is dit aangevoer
dat die aansoek om
uitsetting nooit sou kon slaag me.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
Die
Appel word van die hand gewys met koste.
_______________________
CC
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam
______________________
SL
ERASMUS
WAARNEMENDE
REGTER
Nms
Applikant: Adv. W Coetzee SC
i.o.v
Elliot, Marris, Wilmans & Hay
Nms.
Respondent: Adv. A Stanton
Haarhoffs
Ing