White v Kheis Munisipaliteit (1828/2016) [2016] ZANCHC 38 (9 December 2016)

55 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Statutory notice — Applicant injured in accident involving horse on road, alleging municipality's failure to maintain fence — Statutory notice required within six months of accident not provided until ten months later — Applicant sought condonation for late notice, citing hospitalization and brain injury as reasons for delay — Municipality did not oppose condonation but contested costs — Court held that municipality's refusal to accept late notice was not unreasonable and granted condonation, but denied costs against municipality.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2016
>>
[2016] ZANCHC 38
|

|

White v Kheis Munisipaliteit (1828/2016) [2016] ZANCHC 38 (9 December 2016)

IN
DIE Hoe HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING, KIMBERLEY)
Saaknommer:
1828/2016
Saak
Aangehoor:
02/12/2016
Datum
Gelewer:
09/12/2016
Rapporteerbaar:
Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja
Sirkuleer
onder Landdroste: Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Nee
In
die saak tussen:
BRANDON
ANDREW
WHITE
Applikant
en
KHEIS
MUNISIPALITEIT
Respondent
Coram:
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier
R:
[1].
Die applikant, Mnr Brandon Andrew White, het 'n aksie ingestel teen
die respondent, die Kheis Munisipaliteit, as die eerste
verweerder,
en teen Mnr Jan Mouton as die tweede verweerder .
[2].
Die skuldoorsaak waarop daarin gesteun word, is dat die applikant
skade gely het weens beserings wat hy opgedoen het in 'n
botsing wat
volgens horn veroorsaak is deur die teenwoordigheid van die tweede
verweerder se perd in 'n pad. Die eerste respondent
word aanspreeklik
gehou op grond van die nie-nakoming van 'n beweerde regsplig om die
heining langs die betrokke pad in stand te
hou.
[3].
Weens die bepalings van die Wet op die lnstel van Regsgedinge teen
Staatsorgane
[1]
("die
Wet
")
was die applikant in die omstandighede verplig om binne 6 maande na
die betrokke ongeluk aan die respondent kennis te gee
van die
voorgenome eis. Die ongeluk het na bewering op 4 April 2010
plaasgevind, maar die statutere kennisgewing, in die vorm van
'n
skrywe deur die applikant se prokureur, is eers versend op 15
Februarie 2011,meer as 10 maande na die datum van die ongeluk.
[4].
In die besonderhede van vordering het die applikant die bewering
gemaak dat die betrokke statutere vereiste nagekom is. In
reaksie
hierop het die respondent slegs gepleit dat kennis geneem word van
die betrokke bewering. Dit is dus nie ontken nie. Die
versuim om dit
te ontken sou argumenteerbaar ingevolge Eenvormige Hofreel 22(3) geag
moes word 'n erkenning te wees van die betrokke
bewering in die
besonderhede van vordering. Ek vermoed egter dat die rede waarom die
applikant nooit gepoog het om die respondent
aan die geagte erkenning
gebonde te hou nie, is omdat daar ooglopend, minstens wat betref die
periode wat verstryk het voordat
kennis gegee is, nie voldoen is aan
die voorgeskrewe periode waarbinne sodanige kennis gegee moes gewees
het nie.
[5].
Op 2 Maart 2016 het daar 'n Reel 37 konferensie plaasgevind,waar die
applikant verteenwoordig is deur sy prokureur, Mnr Van
Niekerk van
Elliott Maris Wilmans & Hay,Kimberley, en die respondent deur Mnr
Groenewaldt van Towell & Groenewaldt Prokureurs,
Kimberley. By
daardie geleentheid, en op 'n vraag van Mnr Van Niekerk,het Mnr
Groenewaldt aangedui dat die respondent nie op daardie
stadium bereid
was om voldoening aan die betrokke bepalings van die Wet te erken
nie. Die twee prokureurs het toe ooreengekom,ender
andere,dat Mnr Van
Niekerk 'n afskrif van die betrokke kennisgewing, en ook redes waarom
dit nie binne 6 maande gegee is nie,aan
Mnr Groenewaldt sou
voorsien,wat dan op sy beurt sou aandui watter nadeel die respondent
daardeur gely het of sou ly.
[6].
Op 23 Maart 2016 het Mnr Van Niekerk dan ook in hierdie verband 'n
skrywe gerig aan Mnr Groenewaldt. In bree trekke is in die
betrokke
skrywe die volgende voorgehou as redes vir die feit dat die statutere
kennisgewing laat was:
6.1
Daar is gemeld dat die applikant vir 'n periode van 76 dae na die
ongeluk in die hospitaal was, tot ongeveer die middel van
Julie 2010.
6.2
Verder is dit gestel dat die applikant
"nog nie van so 'n
aard gewees
(het)
om enigsins aandag te gee en/of om
instruksies aan 'n Prokureur te gee nie"
omdat hy:
6.2.1
'n breinbesering opgedoen het
"en nog nie normaal was nie";
6.2.2
nie kon loop nie;
6.2.3
vanaf 16 Julie 2010 tuis fisioterapie moes kry vir ongeveer 3 maande;
en
6.2.4
onbewus was van die betrokke statutêre vereiste.
6.3
Dit is gestel dat die applikant
"so vroeg as wat hy moontlik
daartoe in stoat kon gewees het om 'n Prokureur te sien en die nodige
afspraak hierin gelewer
het'' ;
wat dit ook al mag beteken het.
[7].
Mnr Groenewaldt is versoek om op grand van hierdie inligting die laat
kennisgewing te aanvaar, soos wat die Wet dan ook voor
voorsiening
maak,in welke geval die applikant nie sou nodig gehad het om die Hof
te nader om die laat kennisgewing te kondoneer
nie.
[8].
Die gemelde skrywe is op 8 April 2016 opgevolg deur 'n verdere skrywe
waarin die respondent se prokureur op terme geplaas is
om teen nie
later nie as 13 April 2016 aan te dui of die respondent bereid sou
wees om die laat statutere kennisgewingte aanvaar.
Die betrokke
skrywe het verder gelui dat, indien die respondent nie bereid sou
wees om in te stem tot die aanvaarding van die laat
kennisgewing
nie,die Hof genader sou word om kondonasie,en ook om 'n bestraffende
kostebevel teen die respondent.
[9].
In 'n skrywe gedateer 13 April 2016 het Mnr  Groenewaldt toe
uitgelig dat Mnr Van Niekerk in die skrywe van 23 Maart 2016
nie
gemeld het wanneer die applikant dan toe wel 'n prokureur gaan spreek
het nie. Verder is uitgewys dat daar ook geen bewyse
verskaf is vir
die bewering dat die applikant, eerstens, 'n breinbesering gehad het
en, tweedens, as gevolg daarvan nie 'n prokureur
van instruksies kon
voorsien nie. Dit is ook gemeld dat die skrywe van 23 Maart 2016 nie
die vertraging tussen middel Julie 2010
en Februarie 2011 verduidelik
het nie. Mnr Groenewaldt het die applikant se prokureur oak uitgenooi
om teen 26 April 2016 rekords
van die tyd wat hy by die werk afwesig
was met siekverlof, ter stawing van die verduideliking beskikbaar te
stel.
[10].
Mnr Van Niekerk se reaksie hierop was 'n skrywe gedateer 14 April
2016, wat eers op 26 April 2016 per hand afgelewer is by
Mnr
Groenewaldt se kantoor. Daarin het hy eenvoudig betwis dat die
periode tussen Julie 2010 en Februarie 2011nie in sy skrywe
van 23
Maart 2016 verduidelik is nie. Mnr Van Niekerk het in die betrokke
skrywe gehandel met die onbeskikbaarheid van hospitaalrekords,
maar
geen melding gemaak van die bestaan, aldan nie,van rekords van
siekverlof by die applikant se werkgewer nie. Hy het origens
bloot
maar weer verwys na die verduidelikings vervat in die skrywe van 23
Maart 2016, en nie gepoog om enige verdere besonderhede
as dit te
verstrek nie.
[11].
Eers ongeveer 4 maande later, op 18 Augustus 2016, het die applikant
die funderende eedsverklaring in hierdie aansoek onderteken,
en is
die betrokke aansoek uitgereik op 24 Augustus 2016. Daar is geen
duidelike rede in die stukke vir hierdie vertraging nie.
Die stelling
is deur die applikant gemaak dat sy prokureur probeer het om die
hofaansoek te vermy. Of hierdie stelling ook sou
geslaan het op
hierdie periode en vertraging, is nie heeltemal duidelik nie, maar
selfs al sou dit, sou daar eweneens geen detail
gewees het van
daardie pogings nie.
[12].
In hierdie aansoek word kondonasie van die nie-nakoming van die
betrokke statutere bepalings versoek,met gepaardgaande regshulp,
en
dan ook dat die respondent gelas moet word om die koste van die
aansoek te betaal op die skaal van prokureur en klient.
[13].
Op 20 September 2016, en ooglopend nadat die aansoek beteken is, het
Mnr Groenewaldt skriftelik aangedui dat die regshulp
met betrekking
tot kondonasie nie geopponeer sou word nie, maar dat die respondent
nie bereid was om die koste van die aansoek
te betaal nie. Daar is in
die betrokke skrywe verwys na die algemene beginsel dat 'n party wat
'n vergunning verlang, die koste
daaraan verbonde behoort te betaal.
Die aanbod is egter gemaak,nietemin en op daardie stadium,dat elke
party sy eie koste betaal.
Daardie aanbod is nie aanvaar nie en dit
is nie meer op hierdie stadium op die tafel nie.
[14].
Op 22 September 2016 het Mnr Van Niekerk in 'n skrywe gereageer. Die
aanbod is nie aanvaar nie. Mnr Van  Niekerk het
verder in die
skrywe aan Mnr Groenewaldt gesag voorgehou dat, anders as in ander
gevalle waar 'n party kondonasie verlang,die howe
in gevalle soos
hierdie al  kostebevele toegestaan het teen instansies wat
onredelik   geweier het om laat of gebrekkige
kennisgewing
te aanvaar,  en so op 'n onredelike wyse aansoeke om kondonasie
genoodsaak het. Daar is weereens versoek dat
die respondent instem om
die applikant se koste te betaal,by gebreke waaraan die applikant, so
is berig, die inhoud van die betrokke
skrywe aan die hof sou
openbaar.
[15].
Wat die meriete van die aansoek om kondonasie betref, het die
applikant in sy funderende eedsverklaring nou ver meer inligting

verstrek oor die versuim as wat Mnr Van Niekerk voorheen in
korrespondensie bereid was om te doen.  Ek sal hierna terugkeer.
[16].
Dit blyk nou dat 'n baie groat deel van die vertraging, en spesifiek
ook dan tot 'n groot mate in die periode vanaf middel
Julie 2010 tot
Februarie 2011,veroorsaak is deur die versuim van die applikant se
aanvanklike korrespondent-prokureur, wat oor
daardie periode
verstandelik geaffekteer is deur 'n siekte wat intussen sy lewe geeis
het.
[17].
Omdat dieselfde prokureur toe ook uiteindelik die statutere
kennisgewing opgestel en versend het, sou dit waarskynl ik ook

daardie siektetoestand gewees het wat gelei het tot die totale gebrek
aan besonderhede in daardie kennisgewing. Dit het nie eers

besonderhede vervat oor waar en wanneer die ongeluk na bewering
gebeur het nie.
[18].
Die respondent het horn egter nog nooit beroep op daardie gebrek aan
besonderhede nie, en het ook nooit die houding ingeneem
dat die
respondent daardeur benadeel is nie.
[19].
Die respondent het nie 'n antwoordende eedsverklaring afgelewer nie
en het inteendeel sedertdien by monde van Mnr Groenewaldt
en by wyse
van submissies in sy hoofde van betoog, uitdruklik toegegee,
weereens, dat kondonasie verleen behoort te word. Hierdie,na
my
oordeel,is 'n billike en verantwoordelike toegewing.
[20].
Ek meen dus dat die regshulp in paragrawe 1 en 2 van die kennisgewing
van mosie toegestaan behoort te word.
[21].
Die opponering deur die respondent van hierdie aansoek gaan egter nou
uitsluitlik oor koste, en dit het die applikant al teen
20 September
2016 geweet. Die applikant het verkies om nie die aanbod te aanvaar
dat elke party sy eie koste dra nie en het verkies
om hierdie aansoek
voort te sit op die basis dat die respondent onredelik was om nie in
te stem tot die aanvaarding van die laat
kennisgewing nie. Dit is op
hierdie basis wat die applikant verlang dat die respondent die koste
van die aansoek moet betaal,ook
nou tot op datum en geopponeerd,en
verder steeds dat daardie koste op 'n bestraffende skaal toegestaan
moet word.
[22].
Die eenvoudige vraag is dus of die respondent en sy prokureur Mnr
Groenewaldt wel so onredelik was deur nie in reaksie op
die inligting
wat Mnr Van Niekerk aan horn voorgehou het namens die applikant,toe
te stem tot die aanvaarding van die laat kennisgewing
nie.
[23].
Soos wat sal blyk,was Mnr Groenewaldt hoegenaamd nie onredelik in sy
reaksie nie. Selfs al sou hy moontlik ook die algemene
benadering tot
koste in aansoeke om kondonasie verkeerdel ik beskou het as
ongekwalifiseerd toepaslik op gevalle ingevolge die
Wet, het die
brief van 23 Maart 2016 in elk geval geensins voldoende besonderhede
verstrek nie, onder omstandighede waar 'n mens
op die oog af sou
verwag het sulke besonderhede beskikbaar sou gewees het, indien dan
nie aan Mnr Van Niekerk nie, wel aan die
prokureur wat op daardie
stadium sy korrespondent was. Andersins kon Mnr Van Niekerk minstens
in daardie skrywe verduidelik het
waarom verdere besonderhede rakende
die aard van die abnormaliteit en die stadium waarop wel  instruksies
ontvang is om stappe
te neem teen die respondent, nie beskikbaar was
op daardie stadium nie. Selfs op die stadium toe Mnr Groenewaldt
duidelik verdere
besonderhede versoek het, is geen so 'n
verduideliking deur Mnr Van Niekerk voorgehou nie.
[24].
Wat het die stelling,wat eintlik ook maar meer 'n konklusie was as 'n
feitestelling,dat die applikant na sy ontslag uit die
hospitaal nie
"normaal"
was nie, beteken? Die applikant
verduidelik nou inderdaad in sy funderende eedsverklaring dat hy
geheueverlies gehad het. Wat het
Mnr Van Niekerk verhoed om minstens
dit dan as  'n verduideliking aan te bied, indien nie in sy
skrywe van 23 Maart 2016 nie,
dan minstens in sy skrywe gedateer 14
April 2016?
[25].
Waarom het Mnr Van Niekerk nie, toe Mnr Groenewaldt horn so versoek
het,gereageer deur bewyse te verskaf van die applikant
se afwesigheid
by sy werk in die tersaaklike periode nie, of minstens dan darem
verduidelik dat ook dit nie moontlik was nie? Dit
blyk nou
duidelik,uit die applikant se funderende eedsverklaring,dat hy wel
lank by sy werk afwesig moes gewees het.
[26].
Hoe sou die feit dat die applikant op 'n stadium nie kon loop nie,
horn verhoed het om tydig kennis te gee van sy eis?
[27].
Watter verduideliking is op daardie stadium vir Mnr Groenewaldt gegee
vir die periode tussen middel Julie 2010 en Februarie
2011? Hoe sou
die feit dat die applikant in daardie tyd ongeveer 3 keer tuis
fisioterapie moes ondergaan het, in sy weg gestaan
het om tydig
kennis te gee?
[28].
'n Ander baie relevante faktor, wat ook nou eers in die applikant se
aansoek na vore gekom het,is die rol wat die ongesteldheid
van die
applikant se destydse prokureur gespeel het. Waarom kon Mnr Van
Niekerk nie al teen 23 Maart 2016 hieroor behoorlike instruksies

gehad het van sy korrespondent nie, want dan sou hy al toe die siekte
van die applikant se destydse prokureur in sy skrywe aan
Mnr
Groenewaldt kon gemeld het.
[29].
Hoekom het Mnr Van Niekerk nie in die betrokke skrywe vir Mnr
Groenewaldt vertel wanneer daar dan die eerste keer met 'n prokureur

gepraat is nie. Daar is ook nie gemeld wanneer die applikant dan weer
"normaaf'
genoeg was om te kon instruksies gee aan 'n
prokureur nie. Dit sou mos ooglopend gehelp het om te oordeel of daar
by die eerste
redelike geleentheid kennis ingewin is van die
statutere vereiste,en toe daaraan voldoen is.
[30].
Daar is ook nie eers in die betrokke skrywe melding daarvan gemaak
dat dit eintlik die applikant se vader was wat die betrokke
prokureur
aanvanklik genader het nie. Dit blyk nou eers uit die funderende
verklaring.
[31].
Dit blyk, van selfs meer belang, ook nou uit 'n skrywe
[2]
dat die applikant se korrespondent-prokureurs al so lank terug as op
13 Augustus 2010 aan Mnr Van Niekerk berig het dat die applikant
se
vader reeds aan hulle instruksies gegee het. Oat die applikant se
vader prokureurs genader het, kon al opsigself 'n baie sterk

aanduiding daarvan gewees het dat die applikant self nie op daardie
stadium in staat was om so te doen nie. Nou moes die respondent
en sy
prokureur egter eers in die funderende eedsverklaring sien hoe en
wanneer die applikant se vader gaan regsadvies inwin het.
Mnr Van
Niekerk sou uit die skrywe van 13 Augustus 2010 mos geweet het
wanneer en deur wie instruksies gegee is.
[32].
Oat die applikant se vader wel al op 4 Augustus 2010 sy
korrespondent-prokureurs gaan raadpleeg het, laat die vraag ontstaan

hoe die applikant se beweerde tydelike onvermoë om instruksies
te voorsien 'n verduideliking sou kon gewees het vir die feit
daar
vanaf Augustus 2010 tot Februarie 2011nie kennis gegee kon word aan
die respondent nie. Hoekom sou die vereiste kennisgewing
nie op die
vader se instruksies gegee kon gewees het nie? Daar is eenvoudig geen
verduideliking hiervoor nie.
[33].
Dit gaan egter selfs nog verder as dit. Die applikant se vader het
die korrespondent-prokureur in Olifantshoek ongeveer 4
maande na die
ongeluk gaan sien,en dus nog ruim voor die verstryking van die
voorgeskrewe 6 maande periode. Dit blyk nou, eweneens
uit
korrespondensie waarvan afskrifte aangeheg is by die applikant se eie
funderende verklaring, dat die Olifantshoek prokureur
toe na
aanleiding daarvan in die skrywe van 13 Augustus 2010 vir Mnr Van
Niekerk versoek het om te adviseer oor die wenslikheid
van stappe
teen die respondent. Mnr Van Niekerk het eers op 14 Oktober 2010,
byna 2 weke na die verstryking van die 6 maande periode,
gereageer in
'n skrywe waarin hy geadviseer het dat stappe regtens moontlik was
en,van meer belang,dat die 6 maande periode reeds
verstryk het en dat
hulle
"mettertyd (indien hulle later die punt opper) aansoek
(kon)
doen vir Kondonasie".
[34].
Die 6 maande periode het dus verstryk nadat die aangeleentheid byna 2
maande al in die hande was van Mnr Van Niekerk,en daar
is selfs tot
op hierdie stadium geen verduideliking hiervoor nie.
[35].
Wat ook hieruit duidelik is, is dat die beweerde onkunde van die
applikant geensins 'n verduideliking sou kon gebied het onder
die
omstandighede van hierdie geval nie.
[36].
Die feit dat die Wet dit vir instansies soos die respondent moontlik
maak om laat kennisgewing te aanvaar, beteken darem ook
nie dat 'n
litigant soos die applikant nie minstens redelike inligting aan so 'n
instansie moet verstrek om te verduidelik waarom
die kennisgewing
laat was nie.
[37].
Na my oordeel kan Mnr Groenewaldt se weiering,wat gekwalifiseer was
tot die mate dat hy wel oop was vir die voorlegging van
verdere
inligting, hoegenaamd nie aangemerk word as onredelik nie.
lnteendeel, na my oordeel sou dit selfs as roekeloos aangemerk
kon
word indien hy bereid sou gewees het om toe te stem tot laat
aanvaarding van die kennisgewing, namens sy klient, op die basis
van
die tipe inligting wat Mnr Van Niekerk aan horn voorgehou het in die
brief van 23 Maart 2016.
[38].
lndien daardie tipe verduideliking al was wat in hierdie aansoek en
in die funderende eedsverklaring aan die Hof voorgehou
is vir
doeleindes van 'n aansoek om kondonasie, sou die aansoek heel
waarskynlik onsuksesvol gewees het.  Net hoe gebrekkig
daardie
inligting in die omstandighede was, blyk duidelik uit die
besonderhede wat nou na vore gekom het in die funderende verklaring.
[39].
Na my oordeel was die respondent volkome geregtig om, in die
omstandighede en op die inligting wat Mnr Van Niekerk bereid
was om
te verskaf, daarop aan te dring dat die applikant by wyse van 'n
beedigde verklaring, en in 'n aansoek, die Hof nader om
die betrokke
kondonasie te versoek.
[40].
Die applikant het toe die aansoek gebring en, soos wat ek reeds
aangedui het, in die eedsverklaring baie meer besonderhede
verstrek
van waarom die statutere kennisgewing laat gegee is. Dit was op
sterkte van daardie inligting wat Mnr Groenewaldt toe
wel namens sy
klient aangedui het dat die toestaan van kondonasie nie geopponeer
sou word nie, maar die applikant het verkies om
desnieteenstaande die
aansoek voort te sit net ten aansien van koste.
[41].
Daar is na my oordeel geen rede hoegenaamd waarom die respondent
enige koste van die aansoek moet dra in die omstandighede
van hierdie
geval nie, laat staan nog bestraffende koste. Dit is destemeer nou
nog die geval waar die respondent nou genoodsaak
was om verdere koste
aan te gaan in die opponering van hierdie aansoek, wat in wese toe
net gegaan het daaroor dat die respondent
gelas moet word om
bestraffende koste te betaal.
[42].
Die billike posisie ten aansien van koste, na my oordeel, sal
inteendeel wees dat die applikant gelas word om die koste van
die
aansoek te betaal, insluitende die van die respondent,soos wat ook
nou in die betoogshoofde en by die aanhoor van argument
namens die
respondent versoek is.
[43].
Mnr Botha, die advokaat vir die applikant, het die respondent
daarvoor verkwalik dat omgedraai is, vanaf 'n aanbod dat elke
party
sy eie koste betaal,na die standpunt dat die applikant die koste van
die aansoek moet betaal. Na my oordeel kan die respondent
glad nie
daaroor verwyt word nie. Toe die applikant die aanbod geweier het dat
elke party sy eie kostes betaal, het die posisie
gebly dat die
applikant oppad Hof toe was vir 'n bevel dat die respondent ook die
applikant se koste moes betaal,en wel op 'n bestraffende
skaal. Die
respondent kon in die omstandighede niks anders doen nie as om die
aansoek te opponeer. Gelukkig vir die applikant het
die respondent
besluit om so te doen op die applikant se eie stukke, anders was daar
ook nag die koste verbonde aan antwoordende
stukke.
[44].
Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak:
1.
DIE APPLIKANT SE
NIE-NAKOMING VAN DIE BEPALINGS  VAN ARTIKEL 3(1)(a) VAN  DIE
WET OP DIE INSTEL VAN REGSGEDINGE TEEN SEKERE
STAATSORGANE, 40 VAN
2002, WORD GEKONDONEER.
2.
VERLOF WORD AAN DIE
APPLIKANT VERLEEN OM SY EIS TEEN DIE RESPONDENT VOORT TE SIT OP DIE
PLEITSTUKKE SOOS BETEKEN EN GELIASSEER ONDER
SAAKNOMMER 429/2013.
3.
DIE APPLIKANT WORD
GELAS OM DIE KOSTE VAN DIE AANSOEK TE BETAAL.
_______________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant:       ADV. C H BOTHA
(Elliott
Maris Wilmans & Hay Prokureurs)
Nms
Respondent:  MNR SJ GROENEWALDT
(Towell
& Groenewaldt Prokureurs)
[1]
40 van 2002
[2]
Aangeheg by die applikant se funderende eedsverklaring.