Black Rose Taxi and Shuttle Services (Edms) Beperk v Kramer (963/2016) [2016] ZANCHC 26 (10 June 2016)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Oral agreement — Term regarding use of operating license — Dispute arose over whether an oral agreement existed allowing the applicant to use the respondent's operating license for as long as the applicant company existed — Respondent denied such a term existed, asserting that a subsequent written agreement governed the terms of their business relationship — Court held that the applicant failed to prove the existence of the alleged term in the oral agreement, leading to the dismissal of the application for interim relief and referral to oral evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2016
>>
[2016] ZANCHC 26
|

|

Black Rose Taxi and Shuttle Services (Edms) Beperk v Kramer (963/2016) [2016] ZANCHC 26 (10 June 2016)

IN
DIE Hoë
HOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING, KIMBERLEY)
Rapporteerbaar:
Nee
Sirkuleer
onder Regters:
Ja
viaSirkuleer
onder Landdroste:
Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste:
Nee
SAAK NO:
963/2016
AANGEHOOR:
08/06/2016
ONDERTEKEN:
10/06/2016
In
die saak tussen:
BLACK
ROSE TAXI AND SHUTTLE SERVICES
(EDMS)
BEPERK
Applikant
en
CHRISTOFFEL
JACOBUS
KRAMER
Respondent
Coram:
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
[1].
Nadat
die applikant, die maatskappy Black Rose Taxi and Shuttle Services
(Edms) Bpk, aanvanklik die Hof op ‘n dringende basis
genader
het, is bevele gemaak wat basies die respondent, Mnr C J Kramer,
gedwing het om tussentyds sy bedryfslisensie om ‘n
huurmotor te
bedryf tot die beskikking te stel van die applikant, wat so ‘n
besigheid bedryf, hangende die finale beregting
van die aansoek.
Die uiteindelike oogmerk van die regshulp versoek in die kennisgewing
van mosie was dat die bedryfslisensie
beskikbaar gehou moes word vir
die applikant totdat die applikant self so ‘n bedryfslisensie
bekom het, ‘n proses wat
klaarblyklik baie lank kan duur;
volgens die respondent selfs langer as ‘n jaar.
[2].
Die
betrokke tussentydse bevele is gemaak op die dag waarop die applikant
aanvanklik die Hof genader het, naamlik 13 Mei 2016, en
die keerdatum
is bepaal as 8 Junie 2016.
[3].
Op
6 Junie 2016 is namens die applikant ‘n aansoek ingevolge
Hofreël 6(5)(g) geliasseer vir die verwysing na getuienis
van
die volgende geskilpunte, soos geformuleer in subparagrawe 1.1 tot
1.3 van die betrokke kennisgewing :

1.1
Of dit ‘n uitdruklike, alternatiewelik stilswyende, verder
alternatiewelik geïmpliseerde
term van die mondelinge ooreenkoms
tussen Me WJ Oosthuizen en die Respondent was dat die Applikant, so
lank die Applikant bestaan,
gebruik sou kon maak van die
Bedryfslisensie van die Respondent ten einde die besigheid van die
Applikant te bedryf;
1.2
Indien dit bevind sou word dat voormelde wel ‘n term van die
mondelinge ooreenkoms
was, of die skriftelike ooreenkoms tussen Me
Oosthuizen en die Respondent van 3 Desember 2015 die voormelde
term gewysig het;
1.3
Of die voormelde skriftelike ooreenkoms behels het dat die Respondent
by verstryking
van die twee maande kennisperiode geregtig was om die
Bedryfslisensie aan die Applikant te onttrek.”
[4].
Na
die aanhoor van die interlokutore aansoek en die hoofaansoek op 8
Junie 2016 is die volgende bevele gemaak:
[4.1]
Die
bevel
nisi
van
13 April 2016 word opgehef.
[4.2]
Die aansoek om die verwysing na getuienis van geskilpunte word met
koste afgewys.
[4.3]
Die hoofaansoek word met koste afgewys.
[5].
Wat
volg is die redes vir hierdie bevele.
[6].
Dit
is gemenesaak dat die deponent vir die respondent, Me WJ Oosthuizen,
en die respondent gedurende 2014 in ‘n liefdesverhouding

betrokke geraak het.  Gedurende daardie selfde jaar het hulle
mondeling met mekaar ooreengekom dat hulle saam in Kimberley
‘n
huurmotorbesigheid sou begin bedryf deur van die respondent se
bedryfslisensie gebruik te maak.  Hulle het toe na
Kimberley
verhuis en daar is ooreengekom dat die besigheid bedryf sou word in
‘n maatskappy wat tot stand gebring sou word.
[7].
Die
betrokke maatskappy, dit wil sê die applikant, is op 4 Augustus
2014 geregistreer.  Me Oosthuizen het kapitaal gestort
in die
vestiging van die besigheid van die applikant, en dit is daarna
bedryf met die bedryfslisensie van die respondent.
[8].
Die
verhouding tussen Me Oosthuizen en die respondent het egter
stormagtig geraak gedurende 2015, en gedurende daardie jaar het
die
respondent telkens gedreig om sy bedryfslisensie te onttrek, en het
hy dit inderdaad ook by geleentheid gedoen.
[9].
Teen
hierdie agtergrond is daar toe op 3 Desember 2015 ‘n
skriftelike ooreenkoms onderteken.  Die relevante terme daarvan

was dat Me Oosthuizen en die respondent die besigheid in gelyke
aandele sou bestuur, dat die winste daarvan gelykop tussen hulle

verdeel sou word, dat die bedryfslisensie die eiendom van die
respondent sou bly en die voertuie die eiendom van Me Oosthuizen,
dat
die respondent ook ‘n salaris sou ontvang as bestuurder van ‘n
voertuig en, veral van belang, dat enige een van
hulle sou kon
onttrek uit die besigheid van die applikant met 2 maande skriftelike
kennisgewing, tydens welke tydperk “
nie
een van die 2 partye enige iets doen om die besigheid in daardie tyd
skade aan te doen nie

en “
Die
besigheid sal verloop soos gewoonlik tot op die laaste datum van die
kennisgewing
”.
[10].
Op
21 Februarie 2016 was die partye weer in ‘n argument betrokke,
en is hulle klaarblyklik weer uitmekaar.  Kort daarna,
op
25 Februarie 2016, het die respondent deur middel van sy
prokureurs aan die applikant skriftelik kennis gegee dat hy na

verloop van 2 maande sou onttrek uit die besigheid.
[11].
Daarna
het die partye klaarblyklik op een of ander stadium weer hulle
persoonlike verhouding hervat, maar dit kon nie lank gehou
het nie,
want op 7 sowel as 14 April 2016 het die respondent aan Me Oosthuizen
boodskappe gestuur waarin hy aangebied het om sy
bedryfslisensie
permanent oor te gee en af te teken.  Of die respondent in die
boodskappe iets geëis het in ruil vir
sy lisensie of nie, is nie
geopenbaar nie.  Hoe dit ookal sy, Me Oosthuizen het hom toe,
klaarblyklik deur middel van die
applikant se prokureurs, versoek om
‘n ooreenkoms
[1]
te
onderteken, maar dit het nooit gebeur nie.
[12].
Op
18 April 2016 het Me Oosthuizen die verhouding beëindig,
klaarblyklik toe keer finaal.  Kort daarna, en wel op 22 April

2016, is dit opgevolg met ‘n brief van die prokureurs vir die
applikant, waarin die respondent verwys is na ‘n vroeëre


formal
agreement

wat die respondent versuim het om te onderteken, waarin die
respondent versoek is om teen 26 April 2016 ‘n formele

ooreenkoms te onderteken tot die effek dat die bedryfslisensie
beskikbaar gehou sou word totdat die applikant self so ‘n

lisensie bekom en waarin aangebied is dat daar onderhandel kon word
oor finansiële voordele vir die respondent.
[13].
Op
26 April 2016 het die respondent egter sy bedryfslisensie verwyder
uit ‘n voertuig van die applikant.
Skikkingsonderhandelinge
daarna het misluk en dit is toe wat die
dringende aansoek gevolg het.
[14].
Wanneer
bloot gewerk word op die beweringe in die funderende eedsverklaring
van Me Oosthuizen dat die aanvanklike mondelinge ooreenkoms
was dat

ek
en hy

die bedryfslisensie sou gebruik om die huurmotorbesigheid te begin en
dat sy besluit het om dit “
saam
met die Respondent

te doen, sou dit wou voorkom asof die aanvanklike ooreenkoms gesluit
is tussen Me Oosthuizen en die respondent, in hulle
persoonlike
hoedanighede.  Die indruk is geskep dat die eerste sprake
daarvan dat die besigheid in ‘n maatskappy bedryf
sou word,
gekom het toe hulle na Kimberley verhuis het.
[15].
Daar
is ook op geen stadium beweer dat Me Oosthuizen in die aanvanklike
mondelinge ooreenkoms opgetree het namens ‘n te stigte

maatskappy nie, nog minder dat die applikant-maatskappy na die
inlywing daarvan die betrokke ooreenkoms geratifiseer het.
[16].
Kyk
‘n mens na die skriftelike ooreenkoms van 3 Desember 2015
blyk dit ook dat, alhoewel dit uiteengesit is onder wat
voorkom ‘n
briefhoof te wees van die applikant-maatskappy, daar nêrens
anders in die betrokke dokument enige aanduiding
is dat Me Oosthuizen
opgetree het in haar hoedanigheid as handelende namens die maatskappy
nie.  Inteendeel, die titel van
die betrokke dokument lees juis
uitdruklik dat dit ‘n ooreenkoms was tussen Me Oosthuizen en
die respondent “
insake
Black Rose Taxi and Shuttle Services
”.
[17].
Die
punt is egter nooit namens die respondent geneem dat die
applikant-maatskappy geen regte uit hoofde van die betrokke
ooreenkomste
kon geput het nie en ek het dus, vir doeleindes van die
beregting hiervan, aanvaar dat beide ooreenkomste inderdaad bestaan
tussen
die applikant en die respondent.
[18].
Betreffende
wat in geskil was tussen die partye, was dit die applikant se saak
dat dit ‘n term was van die aanvanklike mondelinge
ooreenkoms
dat die bedryfslisensie beskikbaar sou bly vir die
applikant-maatskappy vir solank dit sou bestaan.  Volgens Me

Oosthuizen was dit bloot die slegte verhouding tussen haar en die
respondent wat meegebring het dat sy uiteindelik besluit het
om,
nieteenstaande die bestaan van so ‘n term, tog maar self namens
die maatskappy aansoek te doen om ‘n eie bedryfslisensie.

Volgens haar was dit daarom dat die applikant bloot regshulp versoek
het tot die effek dat die bedryfslisensie vir die applikant

beskikbaar sou bly totdat dit self ‘n bedryfslisensie sou kry,
en nie vir solank die applikant-maatskappy sou bestaan nie.
[19].
Die
respondent het die bestaan van so ‘n term ontken.  Sy saak
was dat dit juis die afwesigheid van ‘n ooreenkoms
rakende die
duur van die gebruik van die lisensie was wat tot die ooreenkoms van
3 Desember 2015 gelei het.
[20].
Of
dit regstegnies en statutêr inderdaad moontlik sou wees dat
iemand anders, of ‘n ander instansie, as die houer van
‘n
bedryfslisensie daardie lisensie gebruik, is nie in die stukke of
betoogshoofde gedebatteer nie.  By aanhoor van
die aansoeke is
namens beide partye van die standpunt uitgegaan dat dit wel moontlik
sou wees.  In die lig van die uiteindelike
gevolgtrekking
waartoe ek egter hierin gekom het, was dit onnodig om daaroor te
beslis.
[21].
Wat
betref die aansoek om die verwysing van geskilpunte na getuienis, het
daar na my oordeel in wese slegs een dispuut bestaan,
en dit was of
die mondelinge ooreenkoms van 2014 ‘n term bevat het dat die
respondent sy bedryfslisensie aan die applikant-maatskappy
beskikbaar
sou stel vir solank as wat die maatskappy sou bestaan.  Sou daar
ten aansien van hierdie vraag, en dus in wese
die vraag vervat in
paragraaf 1.1 van die betrokke kennisgewing, bevind word dat die
betrokke mondelinge ooreenkoms geen so ‘n
term bevat het nie,
dan sou die vrae vervat in paragrawe 1.2 en 1.3 tog eintlik weggeval
het. Daar sou dan geen rede gewees het
dat die skriftelike kontrak
die mondelinge ooreenkoms in hierdie verband moes gewysig het nie.
Verder sou die vraag in paragraaf
1.3 dan ook eintlik onnodig geraak
het om te oorweeg en te beslis, want Me Oosthuizen het tog nooit
aangevoer dat enigiets anders
as die beweerde mondelinge term in die
respondent se weg sou gestaan het om, by onttrekking uit die
besigheid, ook sy bedryfslisensie
te onttrek nie.  Haar
vertolking van die skriftelike ooreenkoms as sou dit nie aan die
respondent die reg gegee het om sy
lisensie te onttrek nie, was in
wese gegrond op die bestaan van die beweerde vroeëre mondelinge
term waarop sy gesteun het.
Me Oosthuizen het ook nie aangevoer dat
die skrywe van 25 Februarie 2016 nie voldoen het aan die
vereistes van die skriftelike
kontrak ten aansien van onttrekking
nie.
[22].
Ek
het egter tog van die standpunt uitgegaan dat, selfs al sou die vraag
vervat in paragraaf 1.1 van die kennisgewing teen die applikant

beslis word, die vraag gestel in paragraaf 1.3 duidelikheidshalwe en
in die belang van regsekerheid ook beslis moes word.
[23].
Dit
spreek vanself dat so ‘n verwysing vir mondelinge getuienis sou
gelei het tot ‘n verdere vertraging van hierdie
aangeleentheid
en, soos wat die tussentydse bevele gelees het, sou die respondent sy
bedryfslisensie ook in die verdere periode
tot die beskikking van die
applikant moes gehou het.
[24].
Dit
is geyk dat, alhoewel dit oorwegend onwenslik, en dikwels selfs
onmoontlik, mag wees om feitedispute op stukke te besleg, daar
tog
sekere gevalle mag wees waar ‘n Hof ‘n robuuste
benadering moet volg en waar dispute op die stukke besleg kan word
om
‘n aangeleentheid af te handel
[2]
.
[25].
Die
vraag was of hierdie nie ‘n geval was waar die wese van die
geskil tussen die partye, naamlik of die aanvanklike mondelinge

ooreenkoms ‘n term bevat het wat die respondent sou verplig het
om sy bedryfslisensie aan die maatskappy beskikbaar te stel
solank as
wat dit bestaan, tog op die stukke besleg kon en moes word nie.
Alhoewel dit geyk is dat dit normaalweg onwenslik
is vir ‘n Hof
om te poog om in aansoeke, en op eedsverklarings, bevindinge te grond
op die waarskynlikhede, was die vraag
wat tog oorweeg moes word, ook
in hierdie geval, of een party se weergawe nie tot so ‘n mate
onwaarskynlik was dat dit totaal
vergesog en onhoudbaar was, en bloot
op die stukke verwerp kon word, nie
[3]
.
[26].
Me
Oosthuizen het aangevoer dat sy nooit soveel geld
[4]
in die maatskappy en besigheid sou belê het as sy nie rede
gehad het om te glo dat die bedryfslisensie beskikbaar sou wees
vir
solank daardie maatskappy bestaan nie.   Dit is voorgehou
as ‘n onwaarskynlikheid in die respondent se ontkennende

weergawe.
[27].
Me
Oosthuizen het dan verder die respondent daarvoor verwyt dat hy, in
reaksie op haar beweringe in hierdie verband, bloot ontken
het dat
die mondelinge ooreenkoms so ‘n term ingesluit het.
[28].
Wat
egter onmiddellik opgeval het van die wyse waarop Me Oosthuizen die
betrokke bewering in haar funderende eedsverklaring gemaak
het, was
dat sy beweer het dat die betrokke term uitdruklik, alternatiewelik
stilswyend, alternatiewelik geïmpliseerd deel
was van die
mondelinge ooreenkoms.  Sy was, oënskynlik, nie bereid om
haarself tot enige van hierdie moontlikhede te
verbind nie.  Die
feit is tog dat die funderende eedsverklaring van Me Oosthuizen nie
gelykgestel kan word aan ‘n dagvaarding
en besonderhede van
vordering, waarin beweringe soos hierdie normaalweg so in die
alternatief gepleit word, nie.  Me Oosthuizen
sou tog by uitstek
in ‘n posisie gewees het om te kon sê, minstens, of sy en
die respondent uitdruklik op ‘n
term tot hierdie effek
ooreengekom het.  Die feit dat sy nie bereid was om haarself
verder te verbind in hierdie verband nie,
en in effek om die Hof in
hierdie verband in haar vertroue te neem nie, moes verder oorweeg
word saam met die res van die getuienis
en die waarskynlikhede
[5]
.
[29].
Die
respondent se ontkenning van so ‘n term staan in elk geval nie
alleen nie.  Dit vorm deel van ‘n erkenning
van die res
van die terme van die mondelinge ooreenkoms, en dit word dan verder
toegelig met verwysing na die latere skriftelike
ooreenkoms, en die
rede vir die sluiting daarvan.
[30].
Ek
keer kortliks terug na die retoriese vraag hoekom Me Oosthuizen
soveel geld sou belê het in ‘n besigheid as sy geweet
het
die respondent kon sy lisensie enige tyd onttrek.  Die
eenvoudige antwoord wat onmiddellik opkom as ‘n heel logiese

moontlikheid, is dat nie Me Oosthuizen of die respondent by sluiting
van die mondelinge ooreenkoms waarskynlik enige rede gehad
het om te
dink aan die moontlikheid dat die respondent sy lisensie sou wou
onttrek nie.  Hulle het toe pas in ‘n liefdesverhouding

betrokke geraak, een waartoe hulle volkome verbind was; tot so ‘n
mate dat hulle saam na Kimberley verhuis het om hulle hier
te vestig
en saam vir hulle ‘n toekoms te bou met Me Oosthuizen se geld
en die respondent se lisensie.  Die vraag was
veel eerder of nie
net Me Oosthuizen nie maar ook die respondent, indien hulle albei by
sluiting van die mondelinge ooreenkoms
bewus was van die moontlikheid
dat hulle persoonlike verhouding kon eindig en dat die respondent as
‘n direkte gevolg daarvan
dan nie verder betrokke sou bly by
die maatskappy nie, die bedoeling sou gehad het dat die respondent se
lisensie steeds onder
daardie omstandighede by die maatskappy sou
bly.
[31].
In
Techni-Pak
Sales (Pty) Ltd v Hall
[6]
is op 236E-237A soos volg verwys na die toets by oorweging van die
vraag of ‘n term stilswyend ooreengekom is:

What
these and the other authorities show can, in my view, be summarised
in these terms: The Court has no power to supplement the
bargain
between the parties by adding a term which they would have been wise
to agree upon, although they did not, The fact
that the
suggested term would have been a reasonable one for them to adopt or
that its incorporation would avoid an inequity or
a hardship to one
of the parties, is not enough. The suggested term must, in the first
place, be one which was necessary as opposed
to merely desirable, to
give business efficacy to the contract; and, what is more, the Court
must be satisfied that it is a
term which the parties themselves
intended to operate if the occasion for such operation arose,
although they did not express it.
As SCRUTTON, L.J., put it in
Reigate v Union Manufacturing Co.,
(1918) 1 K.B. 592
at p. 605, it
must be 'such a term that it can confidently be said that if at
the time the contract was being negotiated someone
had said to the
parties, 'what will happen in such a case', they would both have
replied, 'of course, so and so will happen;
we did not trouble
to say that; it is too clear''.
That
does not mean, in my view, that the parties must consciously have
visualised the situation in which the term would come into
operation.
In Broome and Another v Pardess Co-operative Society,
(1940) 1 All
E.R. 603
, MACKINNON, L.J., applying the test which I have quoted,
referred to the hypothetical asker of the question as 'a more
imaginative
friend'. It does not matter, therefore, if the
negotiating parties fail to think of the situation in which the term
would be required,
provided that their common intention was such that
a reference to such a possible situation would have evoked from them
a prompt
and unanimous assertion of the term which was to govern
it.

[7]
[32].
Daar
was niks hoegenaamd in die stukke wat soveel as gesuggereer het dat,
sou die respondent op daardie stadium bewus gemaak gewees
het van so
‘n moontlikheid en scenario, sy vanselfsprekende en
onmiddellike antwoord sou gewees het dat sy lisensie dan nietemin

maar by die maatskappy kon bly vir solank dit sou bestaan nie.
[33].
Mondelinge
getuienis hieroor sou waarskynlik ‘n ontkennende antwoord van
die kant van die respondent ontlok het:

Ex
hypothesi
neither
the respondent nor anyone on behalf of the appellant could have given
any cogent evidence regarding a term to which they
had not
consciously directed their mind. At best they could have attempted,
ex post facto and with the point at issue clouding
their objectivity,
to furnish information which can more readily be deduced from the
surrounding circumstances. As was explained
by Corbett AJA, as he
then was, in Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal
Provincial Administration
1974
(3) SA 506
(A)
at
532A:
'In
this connection the concept, common intention of the
parties, comprehends, it would seem, not only the actual
intention
but also an imputed intention. In other words, the Court
implies not only terms which the parties must actually have had in
mind
but did not trouble to express but also terms which the parties,
whether or not they actually had them in mind, would have expressed

if the question, or the situation requiring the term, had been drawn
to their attention....
'”
[8]
[34].
Dit
is ook nooit geargumenteer dat so ‘n term noodsaaklik sou
gewees het om die mondelinge ooreenkoms te laat werk nie.
[35].
Daar
was, aan die ander kant, verskeie onwaarskynlikhede in Me Oosthuizen
se weergawe. Die eerste daarvan was waarom die respondent
sy
bedryfslisensie onbepaald tot die beskikking sou gestel het van ‘n
maatskappy, ongeag sy eie posisie en toekoms by daardie
maatskappy,
en dit dan nogal ‘n maatskappy waarin hy, soos wat die
ooreenkoms toe daaruitgesien het, geen aandeel sou kry
nie en waarvan
hy nie ‘n direkteur sou wees nie.  Mnr Eilert, die
advokaat vir die applikant, moes toegee dat dit onwaarskynlik
geklink
het.
[36].
Wat
betref die kontrak van 3 Desember 2015 moet, soos wat ek reeds
aangedui het, onthou word dat dit voorafgegaan is deur dreigemente

deur die respondent dat hy sy bedryfslisensie sou onttrek, en deur
die daadwerklike onttrekking daarvan.  Dit was na my oordeel

juis teen daardie agtergrond duidelik dat dit belangrik was dat,
veral die respondent, moes onderneem om, sou hy kennis gee van
sy
onttrekking uit die besigheid van die maatskappy, gedurende die
kennisgewing-periode toe te laat dat die maatskappy sake doen
soos
gewoonlik en om in daardie tyd niks te doen wat die maatskappy skade
kon aandoen nie.  Wat anders kon dit beteken het,
gegewe die
agtergrond en die gebeure voorafgaande die betrokke ooreenkoms, as
dat die respondent nie in so ‘n kennisgewing-periode
weer sy
bedryflisensie sou onttrek nie?
[37].
Indien
dit inderdaad is wat dit beteken het, dan was die betrokke
skriftelike ooreenkoms tog duidelik tot die effek dat hy slegs
vir
daardie twee maande nie sy bedryfslisensie sou onttrek nie, wat
noodwendig sou impliseer dat hy na die betrokke twee maande
wel so
sou kon doen.  Dit sou dan, vanselfsprekend, milliteer teen Me
Oosthuizen se weergawe, en teen die bestaan van ‘n
mondelinge
ooreenkoms tussen hulle tot die effek dat die bedryfslisensie nooit
vir solank die maatskappy sou bestaan onttrek sou
word nie.
[38].
Daar
kon na my oordeel net geen ander rede gewees het, as wat ek pas
vermeld het, waarom die partye dit nodig sou gevind het dat
die
ooreenkoms van Desember 2015 ‘n term oor onttrekking uit die
besigheid moes insluit nie.  Niks anders nie, as juis
daardie
bedryfslisensie, sou tog op die applikant werklik ‘n impak kon
gehad het indien die respondent, bloot as persoon,
sou besluit het om
uit die besigheid te onttrek nie.
[39].
Mnr
Eilert het daarop gewys dat die respondent ook deelgeneem het aan die
bestuur van die besigheid en het aan die hand gedoen dat
die betrokke
term in die skriftelike ooreenkoms bedoel kon gewees om die gevolge
van die respondent se vertrek as mede-bestuurder
te reguleer.
Geen saak is egter uitgemaak dat die respondent se onttrekking, as ‘n
persoon en mede-bestuurder van die
besigheid van die maatskappy,
enige effek hoegenaamd op die applikant-maatskappy sou gehad het
nie.  Daar is byvoorbeeld ook
nooit gesê dat die
respondent gedurende 2015, en as gevolg van die uitvalle tussen hom
en Me Oosthuizen, opgehou het om ‘n
bydrae te lewer as
mede-bestuurder van die maatskappy se sake, of dat hy gedreig het om
so te doen, nie.
[40].
Mnr
Fourie, die advokaat vir die respondent, het uitgewys dat so ‘n
lisensie gebruik moet word ooreenkomstig die voorwaardes
daarop van
toepassing.  Sou die respondent by sy eie onttrekking die
lisensie moes agterlaat vir die gebruik daarvan deur
die applikant,
sou hy geen effektiewe beheer hieroor kon uitoefen nie en sou hy die
risiko geloop het om sy lisensie te verloor.
Ook hierdie maak
dit hoogs onwaarskynlik dat, minstens die respondent, ooit kon bedoel
het dat hy net homself as mede-bestuurder
van die besigheid kon
onttrek, en nie ook sy lisensie nie.
[41].
Word
dan eenmaal aanvaar dat die kontrak van 3 Desember 2015 bedoel
was om juis die onttrekking van die bedryfslisensie te
reguleer, sou
daardie ooreenkoms, vir soverre die vroeëre mondelinge
ooreenkoms wel ‘n term sou bevat het tot die effek
dat die
bedryfslisensie nie onttrek sou kon word nie, in elk geval duidelik
die vroeëre ooreenkoms gewysig het.
[42].
Hoe
dit ookal sy, die inhoud van die skriftelike ooreenkoms van
3 Desember 2015, vertolk as ‘n regulering van die
onttrekking
van die bedryfslisensie uit die besigheid, sou volkome
inpas by die respondent se weergawe, en by sy ontkenning van ‘n
term
soos beweer deur Me Oosthuizen, en sou heeltemal indruis teen Me
Oosthuizen se weergawe.
[43].
Wat
betref die boodskappe van 7 en 14 April 2016, is die vraag waarom die
respondent in daardie boodskappe sou aangebied het om
die
bedryfslisensie af te gee en af te teken, as hy baie goed geweet het
dat die bedryfslisensie in elk geval ingevolge die aanvanklike

mondelinge ooreenkoms tot die beskikking van die maatskappy sou moes
bly solank dit bestaan?
[44].
Me
Oosthuizen sê dit was bloot omdat sy sekerheid wou hê wat
sy wou gehad het dat die respondent ‘n formele ooreenkoms
tot
hierdie effek onderteken.  Die feit is egter dat die respondent
nooit die voorgestelde ooreenkoms onderteken het nie.
Die vraag
ontstaan dan waarom Me Oosthuizen nie van die begin af eerder deur
middel van die applikant se prokureurs op rekord laat
plaas het dat
daar in elk geval ‘n mondelinge ooreenkoms was tot die effek
dat die bedryfslisensie tot die beskikking van
die maatskappy sou bly
vir solank dit bestaan nie, maar minstens dan ook nie toe sy besef
het dat die respondent nie die voorgestelde
formele ooreenkoms
onderteken het nie?
[45].
Daardie
voorgestelde formele ooreenkoms is ook nie openbaar nie,
nieteenstaande die feit dat die Hof op dringende basis genader
is, en
ons weet dus nie wat die inhoud daarvan was nie.
[46].
Ook
in die brief van 26 April 2016 van die applikant se prokureurs
is geen woord gerep daarvan dat die applikant in elk geval
uit hoofde
van die aanvanklike mondelinge ooreenkoms geregtig sou wees op die
gebruik van die bedryfslisensie vir solank die maatskappy
bestaan,
maar minstens dan totdat dit self so ‘n lisensie bekom, nie.
[47].
Inaggenome
die getuienis as ‘n geheel, en op die voormelde waarskynlikhede
en onwaarskynlikhede, was ek tevrede dat Me Oosthuizen
se weergawe
sodanig vergesog en onwaarskynlik was dat dit bloot op die stukke
verwerp kon word.
[48].
Hierdie
was na my oordeel by uitstek ‘n geval waar die robuuste
benadering gevolg moes word, en ook waar die verdere vertraging
wat
noodwendig sou volg op  ‘n verwysing na getuienis, vermy
kon en moes word deur die aangeleentheid op die stukke
te besleg
[9]
.
[49].
Of
nog so ‘n lisensie intussen vir die respondent goedgekeur is,
was nie tersaaklik vir doeleindes van die vraag of die applikant
‘n
duidelike reg
[10]
aangetoon
het op die voortgesette gebruik van die lisensie nie.  Mnr
Eilert het self geargumenteer dat hierdie eintlik al
vraag was wat
beslis moes word, op die basis dat die applikant se saak daarby sou
staan of val, want die applikant het in wese
finale regshulp
versoek.  Of die respondent ‘n tweede lisensie bekom het,
het niks hoegenaamd te doen gehad met die
vraag of die applikant
geregtig was op die gebruik van sy huidige lisensie nie.
[50].
Ek
was tevrede om die aangeleentheid te beslis op die voormelde basis,
en om in die omstandighede te bevind:
[50.1]
dat die mondelinge ooreenkoms geen term bevat het tot die effek dat
die respondent sy
bedryfslisensie tot die beskikking van die
applikant-maatskappy sou moes hou vir solank as wat dit bestaan nie;
en
[50.2]
dat die skriftelike ooreenkoms van 3 Desember 2015 in elk geval
die respondent gemagtig
het om, nie alleen sy persoon nie, maar ook
sy bedryfslisensie te onttrek met die vereiste kennisgewing.
[51].
Dit
sou dit in elk geval onnodig gemaak het om die vraag geformuleer in
paragraaf 1.2 van die kennisgewing van aansoek om verwysing
vir
getuienis te beslis, want die ooreenkoms om te kon onttrek, met
bedryfslisensie en al, sou dan nie onversoenbaar gewees met
die
vroeëre mondelinge ooreenkoms nie.
[52].
Die
inhoud van die skrywe van die respondent se prokureurs van
25 Februarie 2016 het voldoen aan die vereistes van die
skriftelike
kontrak van 3 Desember 2015, vir soverre dit die
kwessie van kennisgewing betref, en die teendeel is ook nooit
aangevoer nie.
Inteendeel, Mnr Eilert het dit tereg en
verantwoordelik toegegee. Die herstel van die persoonlike verhouding
tussen die partye
daarna, sê die respondent, het nie daardie
kennisgewing ongedaan gemaak nie, en hierdie stelling van die
respondent is nooit
deur Me Oosthuizen in die repliserende
eedsverklaring betwis nie.
[53].
Na
my oordeel het die respondent dus geldiglik onttrek uit die besigheid
van die applikant-maatskappy, tesame met sy bedryfslisensie,
en sou
die applikant dus nie na die periode van kennisgewing verder uit
hoofde van enige van die ooreenkomste geregtig gewees het
op die
gebruik van die betrokke lisensie nie.
[54].
Daar
is geen rede aangevoer waarom koste nie in hierdie geval so ‘n
uitslag sal volg nie.  Dit sou natuurlik ook geld
vir die
applikant se interlokutore aansoek om die verwysing van geskilpunte
vir getuienis.
_____________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Applikant:

Adv
A Eillert
(LK
Sullaphen & Vennote, Kimberley)
Nms
Respondent:
Adv JA Fourie
(Elliott
Maris Wilmans & Hay, Kimberley)
[1]
Die betrokke prokureur het
later daarna verwys as ‘n “
formal
agreement
”.
[2]
Soffiantini v Mould
1956 (4) SA 150
(E) op 154
G-H;
Buffalo
Freight Systems (Pty) Ltd v Crestleigh Trading (Pty) Ltd and Another
2011 (1) SA 8
(SCA) para [19]
[3]
Vergelyk
National
Director of Public Prosecutions v Zuma
[2009] ZASCA 1
;
2009 (2) SA 277
(SCA) para [26]
[4]
Volgens Me Oosthuizen
minstens R350 000.00, en volgens die respondent R287 000.00.
[5]
Vergelyk
Interactive
Trading 269 (Pty) Limited v Cypress Entertainment CC
2012 JDR 2182 (KZD) paras [20] en [21]
[6]
1968 (3) SA 231
(W); Sien ook
Consol Ltd t/a
Consol Glass v Twee Jonge Gezellen (Pty) Ltd and Another
2005 (6) SA 1
(SCA) para [51]
[7]
Sien ook
Van
den Berg v Tenner
1975 (2) SA 268
(A) op 277 A -E
[8]
Richard Ellis South Africa
(Pty) Ltd v Miller
1990
(1) SA 453
(T) op 460 E-F
[9]
Vergelyk
Johannesburg
City Council v The Administrator Transvaal and Another (1)
1970 (2) SA 89
(T) op 93D-E
[10]
Vergelyk
Van
Deventer v Ivory Sun Trading 77 (Pty) Ltd
2015 (3) SA 532
(SCA) para [26]