About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 102
|
|
Harambee Construction Enterprise CC v Patsa Civil Work and Construction (284/2014) [2016] ZAFSHC 102 (17 June 2016)
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA,
VRYSTAATSE
DIVISIE, BLOEMFONTEIN
Saaknommer:
284 / 2014
In
die saak tussen:
HARAMBEE
CONSTRUCTION ENTERPRISE CC
Eiser
en
PATSA
CIVIL WORK AND CONTRUCTION
Verweerder
CORAM:
ZIETSMAN,
AJ
UITSPRAAK
DEUR:
ZIETSMAN,
AJ
AANGEHOOR
OP:
7 &
8 JUNE 2016
GELEWER
OP:
17
JUNE 2016
[1]
In hierdie aangeleentheid het die eiser dagvaardiging uitgereik teen
die verweerder gebaseer op ‘n huurkontrak wat eiser
na bewering
met verweerder gesluit het ten aansien van 4 x VIP mobiele toilette
vir gebruik in die Oos Kaap deur verweerder, vir
‘n huurtydperk
sedert November 2012 tot Oktober 2013. Eiser het die verweerder
teen die ooreengekome daaglikse tarief
vir maandelikse gebruik van
die toilette gefaktureer en is daar altesaam 12 fakture uitgereik
deur eiser sedert November 2012 tot
Oktober 2013.
[2]
Eiser beweer voorts dat hy wel betaling ontvang het in die bedrag van
R125 000,00, en wel gedurende Desember (R55 000,00)
en
gedurende Maart (R70 000,00). Die totale bedrag van die
vordering is derhalwe die uitstaande betalings verskuldig
ooreenkomstig die fakture uitgereik te wete R592 700,00.
[3]
In die besonderhede van vordering beweer die eiser dat hy
verteenwoordig was deur Mev G. Katz en dat die verweerder
verteenwoordig
was deur Mnr Miti van Daleen Construction and
Maintenance.
[4]
In die verweerskrif ontken die verweerder dat Mnr Miti namens Daleen
Construction and Maintenance die verweerder kon verteenwoordig
het in
die sluit van enige ooreenkoms, en pleit die verweerder dat daar
slegs ‘n eenmalige mondelingse ooreenkoms tussen
die eiser en
verweerder tot stand gekom het ten aansien van 4 mobiele VIP toilette
vir ‘n tydperk van 17 dae wat verweerder
gemelde toilette vanaf
eiser sou huur, en wel gedurende November 2012, welke sou strek tot
28 November 2012.
[5]
Verweerder pleit voorts dat eiser slegs een belastingfaktuur aan die
verweerder kon lewer vir die huurtermyn gedurende November
2012, dit
inderdaad aldus gelewer het en dat die gemelde faktuur deur hom
gedurende Desember vereffen is.
[6]
Verweerder beweer voorts dat eiser ‘n ooreenkoms klaarblyklik
met Daleen Construction and Maintenance aangegaan het, en
dat
laasgenoemde entiteit verantwoordelik is vir die betaling van enige
uitstaande huurgeld. Namens die eiser het Mnr Grewar
verskyn en
namens die verweerder Mnr Rautenbach. Beide die eiser en die
verweerder het elk slegs een getuie geroep, te wete
Me Katz namens
die eiser en Mnr Masenyane namens die verweerder.
[7]
By die aanvang van die verhoor het die partye my meegedeel dat hulle
onder mekaar ooreengekom het dat die geskilpunte die volgende
is:
7.1
Of daar ‘n kontrak bestaan het wat gesluit is tussen eiser en
verweerder vir slegs 17 dae
en/of dit vir ‘n langer tydperk
gesluit is.
7.2
Of verweerder die eiser versoek het om die fakture wat uitgereik is
te wysig.
7.3.
Of die kontrak na 17 dae beëindig is.
7.4
Die geskil oor die
causa
van die laaste twee betalings van die vier betalings wat wel
plaasgevind het.
[8]
Die partye het ook tydens die aanvang van die verhoor my meegedeel
dat dit gemeensaak is tussen die partye dat die eiser wel
fakture aan
die verweerder versend het alhoewel dit uitgemaak is aan Daleen
Konstruksie.
[9]
Voorts, en ten tyde van die aanvang van die verhoor, het Mnr
Rautenbach ook aangedui dat hy nie volhard met sy pleit van
wanvoeging
nie, en dat die eiser maar moet voortgaan om die kontrak
wat hy beweer, te bewys.
[10]
Vanuit die getuienis van Mev Katz sowel as die van Mnr Masenyane,
blyk dit gemeensaak te wees dat:
10.1 Mev
Katz (namens eiser) in ‘n liefdesverhouding betrokke was met
Mnr Miti, welke op ‘n stadium, en
dit is onbekend wanneer,
beëindig is vanweë die feit dat hulle nie meer aangesig tot
aangesig kon sien nie.
10.2
Die eerste faktuur gedurende November 2012 deur eiser uitgereik is
aan verweerder vir die totale bedrag van
R51 700,00, welke
faktuur insluit die verhuring van die mobiele toilette teen R650,00
per dag vir die 4 toilette, te wete
17 dae R44 200,00, en dan
ook voorts ten aansien van 35 grawe, 16 harke en 16 pikke
onderskeidelik ten aansien van bedrae
van R3 500,00, R1 600,00
en R2 400,00.
10.3
Dit is ook gemeensaak dat ten aansien van hierdie faktuur twee
betalings gedurende Desember 2012 geskied
het in die totale bedrag
van R55 000,00 deur verweerder aan eiser by wyse van internet
oorbetaling. Geen faktuurnommer
is vermeld nie.
10.4
Dit is verder gemeensaak dat sedert Desember 2012 fakture deur eiser
uitgereik is aan Daleen Construction
and Maintenance, 708 Willie
Lekweni Street, Retswelele vir aandag Mnr W Miti. Vanuit die
fakture wat sedert Desember 2012
uitgereik is blyk dit en is dit ook
so gemeensaak, dat die prys per dag aangedui is R750,00 en meer
R650,00 soos in die Desember
faktuur nie.
10.5
Dit is verder gemeensaak dat daar twee verdere betalings deur
verweerder geskied het aan eiser en wel gedurende
Maart en April 2013
onderskeidelik in die bedrag van R50 000,00 (gedurende Maart) en
R20 000,00 gedurende April 2013.
10.6
Dit is verder gemeensaaklik dat alhoewel daar ook fakture uitgereik
is tot Oktober 2013, en dat al hierdie
fakture in die naam van Daleen
Konstruksie uitgereik is, geen verdere betaling aan eiser gedoen is
nie.
[11]
Aldus die getuienis van die eiser se getuie Mev Katz, was sy in ‘n
gesprek met die verweerder se verteenwoordiger Mnr
Masenyane (Lillo)
en Mnr Miti gedurende 2012 te ‘n funksie in Mafikeng wat hulle
saam bygewoon het.
[12]
Mev Katz het inderdaad met Miti gepraat en ook so met Lillo ten
aansien van die verhuring van hierdie mobiele toilette, en
was Mnr
Lillo Masenyane inskiklik hiervoor ten aansien van ‘n projek
waar die toilette benodig sou word in die Oos Kaap.
Die tydperk
van die konstruksie sou die tydperk vir die huur van die toilette
wees, en is hierdie tydperk deur Mnr Miti aan Mev
Katz meegedeel as
synde ongeveer 18 maande. Haar uitdruklike getuienis was dat
Lillo Masenyane nie by was tydens hierdie
mededeling deur Miti nie.
[13]
Mev Katz getuig ook dat die tarief vir weeksdae was teen R650,00 per
dag vir die 4 toilette, dat sy maandeliks ‘n faktuur
gelewer
het, en dat hierdie faktuur maandeliks onmiddellik betaalbaar was
deur die verweerder. Aan die begin van Desember
het Mnr
Masenyane haar geskakel en gevra dat sy die fakture voortaan nie meer
moet uitmaak aan die verweerder nie, maar aan Daleen
Konstruksie en
nadat sy gevra het hoekom dit so moet wees, het Mnr Masenyane haar
meegedeel dat dit vir belastingdoeleindes is.
Sy het dit so
aanvaar en nie verdere navrae gerig nie, en bloot eenvoudig
voortgegaan om sedert Desember 2012 fakture in die naam
van Daleen
Konstruksie uit te reik.
[14]
Sy getuig egter dat sy nooit met Daleen Konstruksie enige kontrak
gesluit het nie en ook inderdaad ook nie met Mnr Miti wie
die
verteenwoordigende persoon van Daleen Konstruksie sou wees, sou
kontrakteur nie omdat sy geweet het dat Mnr Miti nie oor enige
fondse
beskik om te kan betaal nie.
[15]
Mev Katz beweer in haar getuienis dat sy bewus was van ‘n soort
van samewerkingsooreenkoms tussen Lillo Masenyane en
Miti maar dat sy
nie seker is of dit ‘n joint venture was of wat die
samewerkingsooreenkoms sou wees ten aansien van die
projek nie.
Sy getuig ook dat sy nog nooit enige betaling van Daleen Konstruksie
sou ontvang het nie en ook nooit deur Lillo
gesê is dat dit so
sal geskied nie. Na Maart 2013 het gemelde Lillo Masenyane nie
meer enige oproepe van haar geneem
in verband met haar versoeke tot
betaling teenoor hom gerig. Sy het gedurende November 2013 haar
prokureurs gaan spreek wie
namens eiser dagvaarding uitgereik het
teen verweerder vir daardie 12 maande se huurkontrak, alhoewel sy
beweer dat die huurkontrak
langer sou wees, het sy nie enige verdere
fakture uitgereik nie aangesien betaling nie geskied het nie.
Volgens haar het
die betrokke toilette ook nou intussen verdwyn en
het sy dit nooit terug ontvang nie.
[16]
Mnr Lillo Masenyane het namens die verweerder getuig om te sê
dat die ooreenkoms tussen hom namens verweerder en die
eiser soos
verteenwoordig deur Mev Katz aanvanklik was dat hy die betrokke 4
toilette namens die verweerder sou huur vanaf die
eiser vanaf die
begin van die aanvang van die projek wat die verweerder behartig het
in die Oos Kaap, maar slegs totdat Mnr Miti
(Daleen Konstruksie)
aangestel sou word as subkontrakteur van die verweerder op die
betrokke projek. Die ooreenkoms was,
aldus hom en blyk dit dat
hy meestal met Mnr Miti in gesprek hieroor getree het en aanvaar het
dat Mnr Miti en Mev Katz getroud
is en hy dit dienooreenkomstiglik
aan haar sal meedeel, dat Daleen Konstruksie ‘n subkontrakteur
sou word van die verweerder
op die projek en dat die subkontrakteur
verantwoordelik sou wees vir onder andere “health and safety”
wat insluit die
verskaffing van mobiele toilette tydens die duur van
die projek.
[17]
Toe die projek egter in aanvang geneem het het Mnr Miti oftewel
Daleen Konstruksie nie gekwalifiseer om aangestel te word as
subkontrakteur vanweë sekere vereistes wat nie nagekom is nie,
en het hy onder andere vir Mnr Miti en Daleen Konstruksie gehelp
om
te kan voldoen aan die nodige vereistes sodat hy aangestel kan word
as subkontrakteur, welke toe inderdaad plaasgevind het na
ongeveer 1
maand na die kontrak in aanvang geneem het. Verweerder het
aanspreeklikheid aanvaar vir die betaling van die eerste
maand vir
die huur van die toilette, maar bloot vanweë die feit dat Daleen
Konstruksie nog nie aangestel is as subkontrakteur
nie, en was die
gedagte dat wanneer die subkontrakteur aangestel word, sodanige
subkontrakteur verantwoordelik sal wees vir die
betaling van die
subkontrak se uitgawes, welke insluit die huur van toerusting en die
toilette. Dit vir laasgenoemde rede
dat Mnr Masenyane Mev Katz
geskakel het (en/of ‘n epos gestuur het) om haar mee te deel om
die fakture (sedert Desember 2012)
aan Daleen Konstruksie uit te reik
en dat Daleen Konstruksie voortaan die verantwoordelike party is vir
die huur van die van die
toilette as subkontrakteur. Ook dat
die eiser sy fakture aan Daleen Konstruksie moet rig aangesien dit
verweerder as hoofkontrakteur
se verantwoordelikheid is om die
subkontrakteur te betaal wie op sy beurt die eiser moes betaal het.
[18]
Op die voormelde basis is fakture toe inderdaad deur eiser uitgereik
sedert Desember 2012 aan Daleen Konstruksie vir aandag
Mnr Miti, en
nie meer aan die verweerder nie. Ten aansien van die rede
waarom betaling deur verweerder geskied het van die
bedrae in
Desember 2012 asook die twee bedrae in Maart en April 2013, is die
verduideliking deur Mnr Masenyane dat die verweerder
aanspreeklikheid
aanvaar het en aanspreeklik was vir betaling van die November 2012
faktuur, vandaar die twee betalings in Desember
2012, maar dat die
betaling wat hy in Maart en April onderskeidelik gedoen het, gedoen
is namens Daleen Konstruksie, wie nie finansieel
die huurgeld kon
bekostig nie en hy dienooreenkomstiglik ‘n afrekening gedoen
het vanuit die betaling wat weer aan die subkontrakteur
moes geskied
het. Hy het voorts hierdie betaling bewerkstellig nadat Mev
Katz hom geskakel het en meegedeel het dat Mnr Miti
nie betaling wil
bewerkstellig nie, en hy bang was dat Mev Katz die betrokke toilette
sou verwyder vanaf die konstruksie perseel
welke tot gevolg sou hê
dat die konstruksie gestaak sou moes word.
[19]
In die lig van die voorgaande het Mnr Masenyane besluit gedurende
Maart/Junie 2013 om namens die verweerder sy eie toilette
aan te koop
vir die perseel en is hy bewus daarvan dat Mnr Miti die toilette
verwyder het.
[20]
By die evaluasie van die getuienis, moet ek dit duidelik stel dat
beide die getuie namens die eiser sowel as die getuie namens
die
verweerder se getuienis van ‘n swak gehalte was. Nie een
van die twee getuies het vrae behoorlik verstaan nie of
behoorlik
geantwoord nie en/of het in argumente betrokke geraak met die
ondervraer of bloot eenvoudig die vraag gesystap.
Ek kan dus
nie sê dat ek staatmaak op een van die twee getuies as synde
getuienis wat my oortuig op ‘n oorwig van waarskynlikhede
nie.
Sonder dus om te bevind dat die getuie namens eiser of die getuie
namens verweerder noodwendig ongeloofwaardig was,
is hulle bloot swak
getuies.
[21]
Ek is dus genoodsaak in die omstandighede om na die waarskynlikhede
te kyk in die lig van dit wat gemeensaak is en hierbo
na verwys
is.
[22]
Dit wil vir my voorkom dat daar wel ‘n ooreenkoms gesluit is,
mondelings, tussen eiser soos teenwoordig deur Mev Katz
en verweerder
soos verteenwoordig deur Mnr Masenyane vir die huur van die 4
toilette ten minste vir die maand November 2012.
Alhoewel die
waarskynlikhede ook daarop dui dat die eiser nie net vir een maand
die betrokke 4 toilette in die Oos Kaap sou laat
uithuur nie maar
inderdaad vir die duur van die projek, meen ek voorts dat die
waarskynlikhede daarop dui dat die huurkontrak oorgeneem
sou word
nadat Daleen Konstruksie en/of Mnr Miti aangestel sou wees as
subkontrakteur van die verweerder op die bouperseel.
Alle
aanduidings is dat die mededeling aan Mev Katz dat die fakture
voortaan uitgereik moet word aan Daleen Konstruksie,
haar laat
aanvaar het dat sy voortaan besigheid met Daleen Konstruksie doen.
[23]
Hoe dit ook al sy is die eerste vraag wat afgevra moet word, wat die
terme van die ooreenkoms is soos deur die eiser aangebied
as synde
die ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder. In soverre
die gesprek tussen Mev Katz en Mnr Masenyane betref,
blyk dit bloot
dat die eiser die 4 toilette sou verhuur aan die verweerder, en aldus
Mev Katz, teen R650,00 per dag. Dit
blyk nie dat enige ander
terme met Mnr Masenyane mondelings ooreengekom is nie. Basies
sluit dit in dat die tarief sou wysig
na R750,00 per dag vanaf
Desember 2012, wat die duur van die ooreenkoms sou wees, wanneer
betalings sou geskied, ensovoorts.
Dit blyk egter ook duidelik
dat die eiser in kennis gestel is ten minste aan die einde van
November / begin Desember 2012 dat verweerder
nie meer
verantwoordelik sou wees vir die betaling van die fakture nie en dat
fakture voortaan uitgereik moet word aan Daleen Konstruksie
as synde
die subkontrakteur op die projek, inderdaad deur die eiser gedoen is
(alhoewel eiser steeds verwag dat verweerder betaling
sou laat
geskied aan eiser).
[24]
Soos hierbo aangedui wil die waarskynlikhede daarop dui dat eiser
inderdaad in kennis gestel is ten minste aan die begin van
Desember
2012 dat die huurder voortaan Daleen Konstruksie sou wees, en is
hierdie afleiding geregverdig in die lig daarvan dat
die eiser
inderdaad voortaan die fakture uitgereik het aan Daleen Konstruksie,
nie enige verdere navrae in hierdie verband gerig
het van waarom dit
sou wees nie, en selfs al sou eiser van mening wees dat hy ‘n
langer huurkontrak as een maand het op die
waarskynlikhede, het eiser
ook aanvaar dat hierdie huurkontrak voortgesit sou word deur Daleen
Konstruksie sedert Desember 2012
in die plek van die verweerder.
Dit is ook duidelik dat Mnr Miti nooit die verweerder verteenwoordig
het of kon verteenwoordig
het in die lig van Mnr Masenyane se
getuienis nie. Dit blyk ook dat Mev Katz dit nie so kon verwag
of aanvaar het nie.
Soos genoem was Mnr Miti en Mev Katz
inderdaad in ‘n liefdeverhouding op daardie stadium, en
alhoewel Mnr Miti klaarblyklik
gereël het dat daar ‘n
huurder sou wees vir die betrokke toilette op die betrokke projek, hy
aanvanklik bloot as tussenganger
opgetree het, en later as huurder
oorgeneem het.
[25]
Alhoewel daar vanuit die getuienis van Mnr Masenyane verskeie
weersprekings was, veral met die pleitstukke moet dit aanvaar
word
dat daar nie ‘n bewyslas op die verweerder gerus het ten einde
die kontrak en die terme daarvan te bewys nie.
[26]
Selfs al sou ek die waarskynlikhede ewe gunstig ten gunste van die
eiser en dié van die verweerder kon oorweeg, het
die eiser
steeds die bewyslas om op die oorwig van omstandighede aan te toon
wat die kontrak ingehou het en dat dit inderdaad met
verweerder
gesluit is vir die hele termyn en dat verweerder verantwoordelik is
vir die betaling van die uitstaande fakture.
[27]
Myns insiens het die eiser nie daarin geslaag om daardie oorwig te
bereik nie, en is ek van mening dat die eiser hom nie van
sy bewyslas
gekwyt het in die voormelde omstandighede nie. Derhalwe maak ek
die volgende bevinding:
Die
eiser se eis word van die hand gewys met koste.
___
______________
P. ZIETSMAN, AJ
Namens die eiser:
Adv. D. M. Gewar
In
opdrag van:
De
Lange & Du Plessis
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder:
Adv. J. S. Rautenbach
In
opdrag van:
Blair
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/eb