Loggenberg en Ander v Maree en Ander (1540/2016) [2016] ZAFSHC 103 (9 June 2016)

80 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Locus standi and capacity of trustees — Applicants sought urgent interim relief regarding properties sold in execution, claiming that the first respondent, a lawyer, acted on their behalf to facilitate the purchase of properties for a newly established trust. The first respondent opposed the application, contesting the applicants' standing and the legitimacy of their claims. The court granted the application for the second and third applicants to join the proceedings but ordered them to pay costs. The court found that the first applicant's standing and the capacity of the other applicants to act on behalf of the trust were in dispute, necessitating further examination of the facts and agreements surrounding the sale and subsequent trust arrangements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 103
|

|

Loggenberg en Ander v Maree en Ander (1540/2016) [2016] ZAFSHC 103 (9 June 2016)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saak
Nr. : 1540/2016
In die
saak tussen:-
ANTON
LOGGENBERG
1ste
Applikant
ANTON
LOGGENBERG N.O.
2de Applikant
CHARLOTTA
AUGUSTA LOGGENBERG N.O.
3de
Applikant
en
NICOLAAS
PETRUS MAREE
1ste
Respondent
REGISTRATEUR
VAN AKTES
2de Respondent
DIE
MEESTER VAN DIE VRYSTAATSE
AFDELING
VAN DIE Hoë HOF VAN SUID-
AFRIKA
3de
Respondent
CORAM:
JORDAAN, R
UITSPRAAK
DEUR:
JORDAAN,
R
AANGEHOOR
OP:
26 MEI 2016
GELEWER
OP:
9 JUNIE 2016
[1] Die
eerste applikant het as applikant by wyse van dringende aansoek
aansoek gedoen vir sekere tussentydse regshulp hangende
die finale
beregting van die aansoek alternatiewelik finale beregting van ‘n
aksie ingestel te word vir finale regshulp.
Die eerste
respondent, ‘n prokureur van die firma Maree & Bernard te
Hoopstad, opponeer die aansoek en nadat opponerende
en repliserende
verklarings geliasseer is is die aansoek geargumenteer op die 26ste
Mei 2016.
[2] By
die aanvang van die argumentering van die aansoek is aansoek gedoen
namens die voormelde tweede en derde applikante om as
sulks toe te
tree tot die aansoek ten einde op dieselfde stukke dieselfde regshulp
te vorder.  Die aansoek is toegestaan maar
die tweede en derde
applikante gelas om die koste van die aansoek om toetrede te betaal.
Ek sal later handel met die regshulp
wat deur die applikante gevorder
word.
[3] Dit
is dienlik om op hierdie stadium te vermeld dat die
locus
standi
van die
eerste applikant sowel as die kapasiteit van die tweede en derde
applikante om namens die trust waarvan hulle twee van
die drie
trustees is, op te tree en die aangevraagde regshulp te vorder, in
geskil geplaas is.  Voorts het dit geblyk dat
dit gemene saak is
dat die koper van die eiendom waarna hierin later verwys word ene Mnr
Louis Claasen en wat klaarblyklik ‘n
belang by die
aangeleentheid het, nie as party gevoeg is nie.  Dit is dienlik
om eers te handel met die feitelike bewerings
en agtergrond tot die
aansoek ten einde die voormelde argumente en punte sowel as die res
van die argumente met betrekking tot
die aansoek in perspektief te
plaas.
[4] Die
eerste applikant en sy familie het boerdery bedryf op verskeie
plaaseiendomme wat die eiendom was van die Anton Loggenberg
Familie
Trust.  Hierdie eiendomme was met verband beswaar ten gunste van
beleggers wat deur die firma Maree & Bernard,
‘n
prokureursfirma en waarvan die eerste respondent ‘n lid was,
verkry is uit hoofde van die beleggingspraktyk van
die
prokureursfirma.  Die firma het naamlik, as deel van hul
besigheid, die verkryging van beleggings vir kliënte hanteer

welke gelde dan aangewend is as lenings teen sekuriteit van verbande
op onder andere plaaseiendomme.
[5] Op
‘n stadium het die Anton Loggenberg Familie Trust (die familie
trust) finansiële probleme ervaar wat daartoe gelei
het dat die
trust nie sy finansiële verpligtinge kon diens nie.  Dit
het gelei tot vonnisse teen die familie trust en
dreigende eksekusie
stappe om van die plaaseiendomme te verkoop.  Die twee
Weltevreden plase wat die onderwerp van die onderhawige

aangeleentheid vorm was deel van daardie eiendomme.
[6] Die
eerste applikant se weergawe is dat hy, synde bevriend met die eerste
respondent, die eerste respondent gaan spreek het
ten einde planne te
beraam om uit die finansiële probleme te kom of stappe te neem
ten einde behoud van die plaaseiendomme
te verseker aangesien die
eerste applikant en sy familie daarop ‘n boerdery bedryf het,
daarop gewoon het en vir die bestaan
van die familie afhanklik was
van die behoud van die eiendomme.  ‘n Eksekusie verkoping
van die Weltevreden plase was
gereël om plaas te vind gedurende
Oktober 2011.  Volgens die eerste applikant het hy en die eerste
respondent ‘n
konsultasie gevoer met Mnr P H Strydom, ‘n
prokureur te Pretoria, waar die aangeleentheid bespreek is, die
eerste applikant
geadviseer is en daar ooreenkomgekom is dat die
aangeleentheid hanteer sal word op die wyse dat die eerste respondent
die betrokke
twee plaaseiendomme op die eksekusie veiling sou koop,
eerste respondent ten behoewe van die eerste applikant se familie ‘n

verdere trust sou stig en dan die nodige reëlings sou tref om
nuwe lenings vir die nuwe trust te bekom ten einde die familie
trust
se verpligtinge af te betaal sodat daardie skuld afgelos is en ten
einde die eerste respondent se koste vir die aankoop van
die
eiendomme op die likwidasie veiling terug te betaal.  Die
verkryging van die nodige finansiering vir voormelde doeleindes
sou
deur die eerste respondent gereël word uit hoofde van die
beleggingspraktyk wat sy firma gehad het.  Die nuwe te
stigte
trust sou dan hierdie finansiering bekom en sodoende ook weer
eiendomsreg van die grond bekom vanaf die eerste respondent
nadat
eerste respondent die eiendomme op die likwidasie veiling gekoop het.
[7] Vir
doeleindes van die voormelde werkswyse sou dit belangrik wees dat die
koopprys van die plase op die likwidasie veiling nie
deur
kompeterende bieërs te hoog opgejaag word en sodoende die
terugkoop van die eiendomme vanaf eerste respondent buite bereik
van
die nuwe te stigte trust te plaas nie.
[8] Die
eerste applikant vermeld dat hy voor die plaasvind van die veiling
met moontlike potensiële bieërs wat aan hom
bekend was en
hom goedgesind was, gesprek gevoer het en hulle oorreed het om nie
die koopprys van die eiendomme op jaag nie sodat
die eerste
respondent die eiendomme kon koop teen ‘n lae prys ten einde
die terugkoop van die te stigte trust vanaf die eerste
respondent so
goedkoop as moontlik te maak.  Volgens hom het dit geskied met
die kennis en medewerking van die eerste respondent
en het die eerste
respondent inderdaad op die betrokke veiling die aanwesiges meegedeel
dat hy van voorneme is om die twee plase
in te koop namens die eerste
applikant.  Die feit van hierdie mededelings deur die eerste
respondent word bevestig deur twee
stawende verklarings van getuies
wat op die veiling teenwoordig was.  Volgens die eerste
applikant was die markwaarde van
die twee eiendomme gesamentlik
ongeveer R1 miljoen maar weens sy suksesvolle onderhandeling met
potensiële bieërs, het
die eerste respondent daarin geslaag
om die eiendomme op die veiling aan te koop vir ‘n totale
koopprys van R500 000,00.
[9] Na
die likwidasie veiling en gedurende April 2012 is die nuwe trust
synde die Chacoranja Trust deur bemiddeling van die eerste
respondent
opgerig en was die tweede en derde applikante sowel as die eerste
respondent die medetrustees van daardie trust (die
nuwe trust).
Hierdie trustees was deur die Meester gemagtig op die 6de Junie
2012.  Die twee plase wat op die veiling
deur die eerste
respondent aangekoop is is gedurende Augustus 2012 aan hom
getransporteer.  Die eerste applikant en sy familie
het egter op
die betrokke plase bly woon en ‘n boerdery daarop bedryf.
Intussen is ander gronde van die familie trust
ook in eksekusie
verkoop en is net meer as R3,5 miljoen daardeur geïn waarvan ‘n
bedrag van ongeveer R2,9 miljoen ten
behoewe van die familie trust op
die rekening van voormelde familie trust inbetaal is.
[10] Die
eerste applikant het voorts met die eerste respondent onderhandel om
ook van die ander plase wat in eksekusie verkoop was
terug te koop
vanaf die kopers daarvan en is eerste respondent versoek om
onderhandelinge in daardie verband te voer.  Vir
doeleindes
daarvan het die nuwe trust ‘n verdere R2 miljoen aan die firma
Maree & Bernard oorbetaal gedurende 2013.
[11] Die
eerste applikant beweer dat hy onder andere gedurende 2013 met die
eerste respondent ‘n gesprek gevoer het ten einde
die balans
van die familie trust se skuld te bepaal, die nodige lenings ten
gunste van die nuwe trust te reël ten einde die
aflos van die
familie trust se skuld te bewerkstellig en die nodige oordrag van die
Weltevreden plase aan die nuwe trust te bewerkstellig.
[12] Die
eerste applikant heg aan ‘n staat ontvang vanaf Maree &
Bernard gedateer die 1ste Desember 2013 waaruit dit blyk
dat die
koopprys van die Weltevreden plase soos deur die eerste respondent
aangekoop volgens die staat van Maree & Bernard
aangetoon is as
‘n skuld van die familie trust en as sulks deur die familie
trust gewaarborg is terwyl die opbrengs van die
verkoping weer as ‘n
krediet ten gunste van die familie trust aangedui is.  Uit
hoofde daarvan beweer die eerste applikant
dat die koopprys inderdaad
nie deur die eerste respondent betaal is nie maar in effek deur die
familie trust as sulks.
[13]
Eerste applikant beweer dat die ooreenkoms wat aangegaan is met
betrekking tot die likwidasie veiling en daaropvolgende beplande

verkryging van die eiendomme deur die nuwe trust inderdaad ‘n
beding ten behoewe van ‘n derde daargestel het wat, na
die
stigting van die nuwe trust, deur die trust aanvaar is en bied ook
dan namens die trust aan betaling van wat ook al nog verskuldig
mag
wees ten einde oordrag van die eiendomme te verkry.  Die eerste
applikant heg ook aan ‘n staat waarin die familie
trust
gedurende Augustus 2015 aangemaan is vir ‘n uitstaande balans
van die familie trust van R1 094 174,48 as synde die
uitstaande
bedrag.
[14]
Volgens ‘n skrywe van die 11de Januarie 2016 het die firma
Maree & Bernard ‘n skrywe gerig aan die applikante
waarin
beweer word dat alle ooreenkomste weens nie-betaling van die familie
trust se skulde verval het, alle eise aan Mnr Henk
Strydom, die
prokureur in Pretoria, sedeer is en dat die eerste respondent geen
verdere seggenskap daaroor het nie.  (Die
eerste respondent
beweer later dat die verwysing na ‘n sessie foutief is en dat
dit eintlik verwys na die oorhandiging van
die eise aan die Pretoria
prokureur.)  Volgens ‘n skrywe van die 1ste Februarie 2016
deel Mnr Henk Strydom die applikant
se prokureur mee dat hy
instruksies hou van die eerste respondent om uitsetting van die
eerste applikant en sy familie van die
betrokke Weltevreden plase te
verkry en die uitstaande bedrag van die familie trust te vorder.
In ‘n skrywe gedateer
die 2de Februarie 2016 vermeld Mnr
Strydom onder andere:

Per
advies ag my kliënt hom nie gebonde aan enige vorige gesprekke,
beloftes en ooreenkomste wat u onder die indruk kon bring
dat u
geregtig is om die plaas te okkupeer en/of aan te koop nie,”
[15] Die
eerste respondent beweer dat hy die betrokke likwidasie veiling
bygewoon het namens en ten behoewe van die Maree &
Bernard
beleggers waarvan hy op daardie stadium ook een was en dat hy dit
bygewoon het ten einde toe te sien dat die plaas nie
vir die
spreekwoordelike appel en ‘n ei verkoop word nie.  Eerste
respondent ontken dat daar tydens die konsultasies
of gesprekke met
Mnr Strydom, die Pretoria prokureur, enige sprake was van ‘n
inkoop van die eiendomme deur ‘n te stigte
trust of enige ander
instansie namens die eerste applikant nie.  Volgens eerste
respondent het die eerste applikant voor aanvang
van die veiling op
die betrokke dag hom meegedeel dat hy wat eerste applikant is reeds
aanvoerwerk gedoen het ten einde voornemende
kopers en bure van die
grond te oorreed om nie die pryse op te jaag nie ten einde die eerste
respondent in staat te stel om die
grond vir hom (die eerste
applikant) terug te koop.  Eerste respondent het hom egter
meegedeel dat hy nie daar is vir sodanige
doeleindes nie maar ten
einde die belange van verbandhouers te verseker.  Die eerste
respondent beweer dat hy inderdaad die
aanwesigheid toegespreek het
op die veiling en hulle meegedeel het dat hy daar is namens die
verbandhouers en met die doel om toe
te sien dat ‘n goeie prys
vir die eiendom verkry word en die eiendom vir markwaarde verkoop
word by gebreke waaraan hy self
tydens die eksekusie veiling die
eiendom sou inkoop.  Hy beweer ook dat die bod op hom toegeslaan
is op die bedrag van R500 000,00
en dat dit voorgekom het dat
niemand anders belang gestel het om die eiendom te koop nie.
Die eerste respondent dui dan ook
aan dat volgens ‘n staat deur
homself opgestel op die 11de April 2016 die opbrengs van die
verkoping inderdaad tot krediet
van die familie trust gereflekteer
word.
[16] Die
eerste respondent beweer dat die eerste applikant klaarblyklik onder
die indruk verkeer het dat hy wat eerste applikant
is nou die plase
sou kon terugkoop vanaf die eerste respondent vir dieselfde prys.
Hy het egter die eerste applikant meegedeel
dat hy wat eerste
respondent is geen voorneme het om die grond vir sy eie doeleindes
aan te wend of op die lang termyn te behou
nie aangesien hy self
genoeg grond het.  Hy het ook die applikant meegedeel dat hy die
eiendom kan terugkoop onderhewig aan
betaling van die volle skuldlas
van die familie trust.  Volgens die eerste respondent is hy van
mening dat hy sy eie sekuriteitsposisie
as mede-verbandhouer beskerm
het deur die inkoop van die betrokke eiendom en so ook die belange
van ander beleggers sodanig beskerm
het.
[17]
Eerste respondent beweer dat die eerste applikant op ‘n later
stadium hom genader het en versoek het om ‘n nuwe
trust op te
rig ten einde die plase terug te koop en verdere finansier te probeer
verkry.  Die eerste respondent beweer in
hierdie opsig as volg:

Die
trust is opgerig as ‘n verdere voertuig deur personeel in my
kantoor na aanleiding van die instruksies wat ek per handgeskrewe

nota aan hulle gegee het.  ... Daar was nooit enige instruksies
aan my as prokureur, trustee of andersins gegee ten opsigte
van die
aankoop van enige eiendom nie.  Die trust is bloot opgerig om as
voertuig te dien vir ‘n transaksie wat beide
van ons in die
vooruitstelling gestel het.”
[18] Die
eerste respondent ontken die bestaan van enige voorafgaande
ooreenkoms tot die effek dat hy die eiendom sou aankoop ten
einde dit
weer oor te dra aan die eerste applikant of enige trust wat nog
gestig sou word.  Hy beweer dat hy teen die einde
van 2015 tot
die besef gekom het dat die eerste applikant en die familie trust nie
in staat was om die bestaande lenings terug
te betaal en oordrag van
die eiendom te neem nie.  Om daardie rede het hy opdrag gegee
vir die uitsetting van die eerste applikant
en sy familie vanaf die
eiendom.  Hy ontken dat daar enige sprake was dat ‘n
verdere leningsooreenkoms ten behoewe van
die nuwe trust verkry sou
word.  Volgens die eerste respondent het die idee van terugkoop
van die eiendom ten behoewe van
die eerste applikant of ‘n nuwe
trust eers ter sprake gekom nadat die nuwe trust opgerig is en nadat
die likwidasie veiling
en die oordrag aan die eerste respondent reeds
geskied het.  Hy stel dit as volg:

Die
applikant het wel nadat die trust opgerig is, aan my voorgestel dat
die koper van die eiendom wat in my naam geregistreer is,
wat
gevisualiseer is verkoop staan te word aan die trust as genomineerde,
hierdie betrokke trust behoort te wees.  Telkemale
wanneer
hierdie voorgenome verkooptransaksie bespreek is, is een aspek baie
duidelik gemaak naamlik dat die totale skuld betaal
moet word
alvorens daar enige sprake sou wees van ‘n verkoping.  Dit
het nie plaasgevind nie en ek het die aanbod teruggetrek
in Januarie
2016.”
[19] Met
betrekking tot die rekeningstaat gelewer deur Maree & Bernard
gedateer 1 Desember 2013 waaruit dit voorkom asof die
koopprys van
die eiendomme deur die familie trust as sulks gewaarborg en betaal
is, word deur die eerste respondent bloot as volg
afgemaak:

Ek
stem saam dat die rekening verkeerd is.  Ek weet nie wie by die
kantoor van Maree & Bernard hierdie berekenings voorberei
het
nie, die korrekte berekening is hierby aangeheg.  Ek volstaan
daarby.”
Dit dien
gemeld te word dat die korrekte rekening volgens die eerste
respondent die een is wat hy gedurende April 2016 self voorberei
het.
[20] Die
eerste respondent beweer, onder andere, dat dit deurentyd die
verstandhouding tussen hom en die applikant was dat die betaling
van
die skuldlas van die familie trust tot gevolg kon hê dat die
eiendom wat in eksekusie ingekoop is deur hom, oorgedra
kon word.
(In wese die eerste respondent se eie woorde in sy verklaring.)
GEVORDERDE
REGSHULP
[21] Dit
is teen die agtergrond van die voormelde bewerings wat die eerste
applikant aanvanklik die hof genader het vir tussentydse
regshulp wat
die eerste respondent verbied om met die betrokke plase wat deur
eerste respondent op die eksekusie veiling aangekoop
is te handel,
dit te beswaar of aan enige iemand oor te dra hangende finale
beregting van die aansoek alternatiewelik die instel
van ‘n
aksie vir finale regshulp.
[22]
Weens die feite-dispute in die aansoek was dit tydens argumentering
van die aansoek duidelik dat die applikante nie voornemens
is om
finale regshulp op die aansoek aan te vra nie maar slegs tussentydse
regshulp vorder hangende beregting van ‘n aksie
om ingestel te
word vir finale regshulp.
[23] Vir
die aangevraagde regshulp as tussentydse regshulp steun die
applikante op ‘n sogenaamde beding ten behoewe van ‘n

derde wat deur die eerste applikant met eerste respondent gesluit is
ten behoewe van ‘n trust nog gestig te word.  Soos
reeds
gemeld beweer die applikante dat die Chacoranja Trust inderdaad die
beding aanvaar het en die eerste respondent uiteindelik
verplig is om
oordrag aan die trust te bewerkstellig.  Uit die applikante se
eie bewerings blyk dit dat daar verskeie onsekere
voorwaardes sou
wees vir die uitvoering van die beweerde beding onder andere sou die
verskuldigheid van die familie trust bepaal
moes word en sou die
nodige finansiering ten behoewe van die nuwe trust verkry moes word
ten einde die familie trust se verskuldigheid
te delg en enige koste
en uitgawes van die eerste respondent met betrekking tot die aankoop
van die eiendomme te betaal.
Vir doeleindes van die tussentydse
regshulp is dit nie nodig om tans te beslis oor die afdwingbaarheid
van sodanige beding nie.
Dit is ook nie nodig om te beslis of,
soos applikante beweer, die Chacoranja Trust inderdaad afdwingbare
regte verkry het deur
beweerde aanvaarding van die beding nie.
Hierdie vraag sal beslis moet word, indien enigsins, deur die
voorgenome aksie.
Op hierdie stadium kan ek bloot vermeld dat
ek ernstige bedenkinge het oor die afdwingbaarheid van ‘n
beding in sulke terme
wat afhanklik is van verdere onderhandelinge en
die sukses daarvan.  Indien die bewerings van die eerste
applikant aanvaar
word kom dit my
prima
facie
voor asof die
ooreenkoms met die eerste respondent meer waarskynlik inhoudelik tot
die effek was dat ‘n verpligting op die
eerste respondent
geplaas is om die nodige onderhandelinge te voer ten einde die
eiendomme uiteindelik aan die nuwe trust oor te
dra.  So gesien,
sou die uiteindelike sukses van die voorgenome aksie waarskynlik
eerder berus op die ontwikkeling van die
kontraktereg op grond van
die riglyne soos bespreek in die
dicta
van die Grondwethof in die beslissing van
Everfresh
Market Virginia (Pty) Ltd v Shoprite Checkers (Pty) Ltd
2012 (1) SA 256
te paras [71] en [72] daarvan, in besonder die
volgende:

71.
Had the case been properly pleaded, a number of inter-linking
constitutional values would inform a development of the
common law.
Indeed, it is highly desirable and in fact necessary to infuse the
law of contract with constitutional values, including
values of
ubuntu, which inspire much of our constitutional compact. ...
72.
Were a court to entertain Everfresh’s argument, the underlying
notion of good faith in contract law, the maxim of
contractual
doctrine that agreements seriously entered into should be enforced,
and the value of ubuntu, which inspires much of
our constitutional
compact, may tilt the argument in its favour. Contracting parties
certainly need to relate to each other in
good faith. Where there is
a contractual obligation to negotiate, it would be hardly imaginable
that our constitutional values
would not require that the negotiation
must be done reasonably, with a view to reaching an agreement and in
good faith.”
[24] Uit
die aard van die saak is die applikante se steun op ‘n beding
ten behoewe van ‘n derde wat beweerdelik reeds
regte vir die
Chacoranja Trust gevestig het, ‘n konstruksie wat op advies van
die regsverteenwoordigers daarop geplaas is.
Niks sou egter die
applikante verhinder om in die voorgenome aksie te steun op ‘n
verpligting om in goeie trou te onderhandel
nie.  Hierdie
moontlikheid is reeds tydens argument van die aansoek deur my geopper
en tereg deur Mnr Terblanche namens eerste
respondent toegegee dat
daar ruimte is vir so ‘n konstruksie op die gegewe bewerings
namens die applikante.
[25]
Indien ander oorwegings met betrekking tot
locus
standi
, nie-voeging
ensovoorts buite rekening gelaat word is die vraag of ek op hierdie
stadium tevrede is dat daar ‘n redelike
vooruitsig op sukses in
so ‘n voorgenome aksie sou wees.
VOORUITSIGTE
OP SUKSES
[26]
Alhoewel die eerste applikant se bewerings omtrent ‘n
voorafgaande ooreenkoms dat eerste respondent die eiendom op die

likwasie veiling sou aankoop ten behoewe van die Loggenberg familie
of ten gunste van ‘n voorgenome trust, deur die eerste

respondent ontken word, is daar op die oorweging van die stukke as
geheel sterk stawing vir die eerste applikant se weergawe.
[27]
Waar die eerste applikant in paragraaf 26 van die stukke vermeld dat
die eerste respondent inderdaad die aanwesiges op die
likwasie
veiling meegedeel het dat hy die eiendom gaan aankoop ten behoewe van
die eerste applikant antwoord die eerste respondent
in paragraaf
18.36 bloot dat hy nie weet watter gesprekke die applikant met sy
bure gehad het voor die veiling nie en dat die gebeure
van die
vergadering reeds volledig gehandel is met die inleiding tot sy
opponerende verklaring.  Hy antwoord glad nie op die
stawende
eedsverklarings deur twee getuies wat sy mededelings op die veiling
staaf nie.
[28] Die
eerste respondent se ontkenning dat daar voorafgaande sprake was van
die stigting van ‘n trust vir die doeleindes
van uitvoering van
die beweerde ooreenkoms blyk weerspreek te word deur die feit dat
daar inderdaad deur hom ‘n trust gestig
is vir, volgens hom,
geen spesifieke ander doel nie.  Inteendeel, soos reeds in
tevore vermeld, beweer die eerste respondent
self dat die nuwe trust
as ‘n voertuig sou dien.
[29] Die
debitering van die koopprys, wat deur eerste respondent betaalbaar
was, teen die rekening van die familie trust word hoegenaamd
nie
behoorlik deur die eerste respondent verduidelik nie.  Dit
opsigself is ‘n sterk aanduiding dat die eerste respondent
van
oordeel was dat die koopprys deur die familie trust betaal moes word
aangesien die eiendom ten behoewe van die Loggenberg familie

aangekoop word.
[30]
Volgens die eerste respondent is hy voor die veiling deur die eerste
applikant meegedeel dat hy reeds met kompeterende potensiële

kopers ooreenkoms bereik het om nie die prys op te jaag nie.  Hy
was volgens sy weergawe egter daar om belange van verbandhouers
en
beleggers te beskerm en vir daardie doeleindes sou hy so ‘n hoë
prys as moontlik verwag en probeer voorkom dat die
eiendom vir ‘n
appel en ‘n ei verkoop word.  Hy spreek inderdaad die
aanwesiges toe, met die kennis van die onderhandelinge
wat die eerste
applikant met kompeterende bieërs getref het maar laat na om
sodanige persone aan te moedig om op die eiendom
te bie en in te lig
dat die mededelings van die eerste applikant nie korrek is nie.
[31] In
die eerste respondent se eie woorde was dit deurentyd voorsien dat
die eiendomme oorgedra sou word aan die applikante of
hulle trusts,
onderhewig aan betaling van bestaande verpligtinge van die familie
trust.
[32] Die
blote feit dat die eerste respondent die familie toelaat om vir ‘n
aantal jare op die betrokke eiendomme te boer
nadat hy dit aangekoop
het spreek boekdele.
[33]
Daar is verskeie aspekte in die eerste respondent se weergawe wat
moeilik te verduidelik is in die lig van sy ontkenning van
enige
sodanige voorafgaande ooreenkomste.
[34] In
totaliteit gesien is ek derhalwe tevrede dat daar redelike
vooruitsigte is dat die weergawe van die eerste applikant in
wese in
‘n voorgenome aksie bewys kan word.  Op die minste, in die
lig van die
Everfresh
beslissing (
supra
)
sou dit ‘n verpligting op die eerste respondent plaas om nie
die eiendom te beswaar of te verkoop alvorens onderhandelinge
in
goeie trou gevoer is ten einde uitvoering aan die beoogde ooreenkoms
te gee nie.
LOCUS
STANDI
EERSTE
APPLIKANT
[35] Die
eerste applikant het die aansoek gebring op grond van sy beweerde
belang as begunstigde van die Chacoranja Trust.
Vir daardie
doeleindes baseer hy sy
locus
standi
op die
bewering dat die eerste respondent ‘n mede-trustee van die
trust is en troubreuk teenoor die trust gepleeg het deur
te weier om
uitvoering te gee aan die beding ten behoewe van ‘n derde wat
beweerdelik reeds deur en namens die trust aanvaar
is.  Die
eerste applikant beweer dat die eerste respondent, synde ‘n
mede-trustee, se troubreuk ook toegedig kan word
aan die
mede-trustees wat dit vir die mede-trustees onmoontlik maak om op te
tree.  Op daardie basis, so word geargumenteer,
is die eerste
applikant geregtig op
locus
standi
in terme van
die sogenaamde Beningfield uitsondering.
[36]
Dit is duidelik dat die uiteindelike regshulp gerig is op prestasie
deur die eerste respondent in sy persoonlike
hoedanigheid en nie as
trustee nie.  Die basis vir daardie aanspreeklikheid berus op
die bewering deur die eerste applikant
dat die trust inderdaad die
beding ten behoewe van die trust aanvaar het.  Dit is duidelik
dat die regshulp gevorder word
ten behoewe van die trust en derhalwe
‘n verteenwoordigende vordering is en nie ‘n direkte
vordering ten gunste van
die eerste applikant nie.  Die
vordering is ook nie gerig op die wanadministrasie van trust bates
nie maar op nakoming van
‘n kontraktuele verpligting deur die
eerste respondent in sy persoonlike hoedanigheid.  Wat die
situasie meer kompliseer
is die feit dat die betrokke beweerde
ooreenkoms ter inhoud het ook verpligtinge wat deur die trust nagekom
moet word ten einde
oordrag van die eiendomme te bekom.  Om
daardie rede tender die eerste applikant dan ook nakoming deur die
trust.  Geen
basis is uitgemaak vir die eerste applikant se mag
of bevoegdheid om nakoming van verpligtinge deur en namens die trust
te tender
nie.  In die omstandighede van hierdie saak, indien
die trustees die beding ten behoewe van die trust aanvaar het, moet
nakoming
deur die trust en derhalwe die trustees gevorder word.
Soos hierin later sal blyk is daar geen oortuigende rede waarom die

trustees nie nakoming ten behoewe van die trust kon vorder nie.
[37]
Soos terug uitgewys deur Harms AR in
Gross
& Others v Pentz
[1996] ZASCA 78
;
1996 (4) SA 617
(AD) te 632E is dit so dat die kwessie van
locus
standi
nie
noodwendig by die aanvang van verrigtinge beslis kan word nie maar in
meerdere gevalle slegs vasgestel kan word na oorweging
van al die
getuienis en die saak as geheel.
[38] Die
eerste respondent ontken dat die trust enige voordele uit hoofde van
die beweerde ooreenkoms aanvaar het.  In daardie
geval en indien
aanvaar word dat ‘n ooreenkoms tussen die eerste applikant en
die eerste respondent gesluit is ten behoewe
van die te stigte trust,
ten minste tot die mate wat die eerste respondent ‘n
verpligting opgelê word om te onderhandel
in goeie trou, het
die eerste applikant ‘n voldoende direkte belang daarby dat die
eerste respondent by sy ooreenkoms en
verpligting om te onderhandel
gehou word ten minste tot en met aanvaarding van die voordeel deur
die trust.  In
Cape
Produce Co (PE) (Pty) Ltd v Dal Maso NO and Another
2001 (2) SA 182
(WLD) te 189A-C word met verwysing na die beslissing
van
African
Universal Stores Limited v Dean
1926 CPD 390
te 395 die volgende met goedkeuring aangehaal waar die
agbare regter in die laasgenoemde saak die kontraktuele verhouding
tussen
persone in die posisie van die eerste applikant en die eerste
respondent bespreek en die volgende bevind:

In
my view the plaintiff as one of the contracting parties is entitled
to hold defendant to his agreement pending the decision of
the third
party, and it seems that the proper remedy for so holding him to his
promise is an interdict preventing him from doing
or continuing to do
any act which has the effect of nullifying his undertaking.”
[39] In
die onderhawig geval, waar dit beweer word dat die eerste respondent
weier om te onderhandel of ten minste in goeie trou
te onderhandel
ter nakoming van sy verpligting soos onderneem in die ooreenkoms
teenoor die eerste applikant, het die eerste applikant
myns insiens
‘n voldoende belang en
locus
standi
om ten
minste die tussentydse regshulp te vorder.
LOCUS
STANDI
VAN
TWEEDE EN DERDE APPLIKANTE
[40]
Namens die eerste respondent is geargumenteer dat die tweede en derde
applikante as synde mede-trustees van die Chacoranja
Trust nie oor
die nodige kapasiteit beskik om die aansoek te bring nie uit hoofde
van die bepalings van die trustakte wat vereis
dat daar te alle
tersaaklike tye drie trustees teenwoordig moet wees.  In hierdie
verband steun die eerste respondent onder
andere op die beslissing
van
Land and
Agricultural Bank of South Africa v Parker and Others
2005 (2) SA 77
(SCA)
te
paragrawe
[10] –
[11] en [13]
daarvan.
In dieselfde beslissing in paragraaf [15] word weereens bevestig dat
trustees gesamentlik moet optree ten einde die
trust te bind tensy
die trustakte teenoorgesteld bepaal.  Dieselfde beginsels word
herhaal in die beslissing van
Hyde
Construction CC v Deuchar Family Trust and Another
2015 (5) SA 388
(WCC) te 396 paragraaf [33].
[41] In
die beslissing van
Van
der Merwe v Hydraberg Hydraulics / Bosman
2010 (5) SA 555
(WCC) word gehandel met ‘n trustakte wat onder
andere bepaal dat daar ook te alle tye ‘n minimum van drie
trustees
sou wees met voorbehoud dat, indien daar minder as drie
trustees sal wees die oorblywende trustees gemagtig is om die al die
magte
en pligte van die trustees uit te voer vir die onderhoud en
administrasie van die trustfonds totdat ‘n ander trustee
aangestel
is.  Met verwysing na soortgelyke verdere bepalings
van daardie trustakte bevind die hof op bladsy 562 paragraaf [16] as
volg:

It
is evident from these provisions that unanimity amongst the trustees
is not required in order for decisions to be made effectively
in
respect of transactions concerning the administration of the trust
and the dealing with its assets in terms of the powers conferred
on
the trustees in terms of clause 6 of the trust deed. It is sufficient
if the relevant decision enjoys the support of a majority.
A majority
decision is competent only if adopted by a majority of the trustees
present at a quorate meeting of trustees. Whether
such a 'meeting'
would need to be one at which the trustees attending were physically
present together, or whether the 'meeting'
could be held in some
alternative form, is a question which it is not necessary to decide.
It is evident, however, that in order
to qualify as 'a meeting', all
the trustees in office would have to receive notice thereof so as to
be able to participate in it
if they so wished.”
Op
bladsy 565E word ook erkenning verleen vir geldige besluite wat
geneem word by wyse van ‘n rondomtalie besluit geteken
deur al
die trustees.
[42] Dit
blyk dat die prokureur namens die Chacoranja Trust ‘n skrywe
gerig het aan die eerste respondent waarby aangeheg
was ‘n
konsep rondomtalie besluit wat reeds deur die tweede en derde
applikante onderteken was en wat onder andere voorsiening
maak vir ‘n
besluit ingevolge waarvan die respondent verbied word om te handel
met die plase Weltevrede tot tyd en wyl ‘n
aksie omtrent die
eiendomsreg en besit van die eiendom afgehandel is.  Die eerste
respondent word uitgenooi om aan te dring
op ‘n vergadering van
die trustees indien hy nie bereid sou wees om die besluit te
onderteken nie en meegedeel dat indien
hy nie die besluit onderteken
voor ‘n sekere datum nie of bevestig dat daar ‘n
vergadering gehou moet word nie, aanvaar
sal word dat hy weier om die
besluit te teken en ook nie voornemens is om ‘n trustee
vergadering by te woon nie.
[43] Wat
betref die kapasiteit van die onderhawige Chacoranja Trust bevat die
trustakte sekere bepalings wat oënskynlik teenstrydig
is:
Klousule 5.2 bepaal

Daar moet
te alle tye minstens 3 (drie) trustees in amp wees, met dien
verstande dat ingeval daar net een trustee oorbly as gevolg
van die
bedanking of dood van ‘n mede-trustee, die oorblywende trustee
gemagtig is om alle magte van die trustees uit te
oefen vir die
behoud en administrasie van die trustfonds tot tyd en wyl ‘n
verdere trustee aangestel is.  Indien daar
net een trustee in
amp is, is sodanige trustee verplig om verdere trustees binne 90
(negentig) dae na die uittrede of afsterwe
van die ander trustee(s)
aan te stel, by ontstentenis waarvan die diensdoende ouditeur van die
trust na eie keuse self as tweede
trustee sal optree en/of ‘n
tweede trustee van sy keuse kan aanstel.”
[43]
In
Klousule 8.2 word bepaal dat:

Besluite
wat die trustees neem, geskied;
8.2.1   as daar meer as twee trustees is, by wyse van ‘n
gewone meerderheid van stemme;
8.2.2
as daar slegs twee trustees is, deur ‘n eenstemmige besluit van
albei van hulle.”
[44]
Paragraaf 23.3 van die trustakte bepaal dat ‘n besluit wat op
skrif gestel en deur die trustees onderteken is dieselfde
regskrag
sou hê as ‘n besluit wat op ‘n vergadering van
trustees geneem is.
[45]
Soos voormeld kom dit voor asof die trustakte aan die een kant bepaal
dat daar te alle tye ten minste 3 trustees in amp moet
wees maar
slegs bepaal vir die aanstelling van ‘n vereiste verdere
trustee indien daar slegs 1 trustee sou oorbly.
In die
onderhawige geval is daar weliswaar geen vergadering gehou nie maar
is die rondomtalie besluit wat aan die eerste respondent
voorgelê
is geneem op ‘n stadium toe daar steeds 3 trustees in amp was
en daar derhalwe nie ‘n kapasiteitsprobleem
was nie.  Die
eerste respondent as derde trustee het geweier om die rondomtalie
besluit te teken klaarblyklik weens die feit
dat hy daardeur
gekonfronteer was met ‘n besluit teen homself en in ‘n
posisie van ‘n konflik van belange was.
Hy het egter ook
nie aangedring op die hou van ‘n vergadering vir ‘n
formele besluit daaromtrent nie.  Ingevolge
die bepalings van
die trustakte sou ‘n besluit van die meerderheid van trustees
‘n bindende besluit wees.  Die
blote feit dat die eerste
respondent nie die rondomtalie besluit geteken het nie ontneem nie
die feit dat die meerderheidsbesluit
regskrag het in die spesifieke
omstandighede van hierdie geval nie.  Dit is duidelik dat die
eerste respondent bewus was en
in kennis gestel was van die
voorgenome besluit en derhalwe geken was daarin.  Om in die
spesifieke omstandighede van die
onderhawige geval te vereis dat daar
‘n formele vergadering tussen tweede en derde applikante synde
eggenote genotuleer moes
word en die teenwoordigheid van die eerste
respondent verseker moes word, sou neerkom op die vooropstelling van
formaliteite in
die weg van die wese van geregtigheid.
[46]
Tydens die neem van die besluit deur die tweede en derde applikante
was daar derhalwe nie ‘n kapasiteitsprobleem nie
aangesien die
eerste respondent nog steeds ‘n trustee was maar is die enigste
vraag of die besluit op die wyse waarop dit
geneem is regsgeldig
was.  Ek is
prima
facie
tevrede dat
dit voldoende regskrag het in die spesifieke omstandighede van die
geval.
[47] Op
die stadium toe die tweede en derde applikante aansoek doen om
toetrede tot die aansoek het die eerste respondent kennis
gegee van
sy bedanking as trustee.  Klaarblyklik, op die eerste respondent
se interpretasie van die bepalings van die trustakte,
sou sy
bedanking die kapasiteit van die tweede en derde trustees om alleen
namens die trust op te tree frustreer.  Soos reeds
gemeld was
die besluit geneem toe daar steeds drie trustees in amp was en sou
dit nie die geldigheid van daardie besluit ontneem
deur daarna as
trustee te bedank nie.
[48] Ek
is derhalwe tevrede dat die tweede en derde applikante voldoende
locus standi
het om in die onderhawige geding namens die trust op te tree.
NIE-VOEGING
[49] Uit
die korrespondensie blyk dit dat, toe die eerste respondent se
voorneme om die eiendom te verkoop bekend geword het, die
prokureur
vir eerste respondent in kennis gestel is dat die applikant van
voorneme is om ‘n aansoek te bring vir gepaste
regshulp om die
verkoping of uitvoering van ‘n verkoping te verhoed.  Tyd
is verleen vir die liassering van so ‘n
aansoek voor of op die
einde van Maart 2016 en, aangesien die aansoek nie op die sperdatum
beteken is nie, het die eerste respondent
‘n koopkontrak
geteken met ene Mnr Louis Claasen in terme waarvan hy die betrokke
eiendomme aan Claasen verkoop het vir ‘n
bedrag van R5,2
miljoen.  Dit is dieselfde eiendomme wat hy op die likwidasie
veiling gedurende Oktober 2011 vir R500 000,00
gekoop het.
[50] Die
applikante beweer dat hulle eers van die identiteit van die koper
bewus geword het, nieteenstaande vroeëre navrae
daaromtrent, toe
die opponerende verklaring geliasseer is.  Weens die
dringendheid van aangeleentheid en die onbekendheid
van die
identiteit van die koper was hy nie aanvanklik gevoeg as ‘n
party tot die aansoek nie.  Die applikante het ook
nie, nadat
die identiteit van die koper bekend geword het, aansoek gedoen vir sy
voeging as ‘n party nie.  Dit nieteenstaande
die feit dat
die eerste applikant in sy eedsverklaring reeds erkenning verleen het
aan die feit dat die gevraagde regshulp die
belange van die betrokke
koper sou raak.
[51] By
die aanvang van die argumentering van die aansoek is die
regsverteenwoordiger van die applikante versoek om aan te dui of

hulle van voorneme is om die koper van die eiendom, Mnr Claasen te
voeg alvorens die hof versoek sou word om bevele te verleen
in terme
van die smeekbedes al dan nie.  Mnr Van der Walt, namens die
applikante, het aangedui dat daar besluit is om voort
te gaan met die
argumentering van die aansoek nieteenstaande die nie-voeging van Mnr
Claasen.  In daardie verband is ‘n
eedsverklaring van die
prokureur vir applikante, Mnr Strating ingehandig waarin hy vermeld
dat hy, nadat hy van die kontakbesonderhede
van Mnr Claasen voorsien
is, op die 3de Mei 2016 telefonies in kontak was met Mnr Claasen wie
aan hom bevestig het dat hy bewus
is van die dispuut en die
hofaansoek.  Mnr Claasen is versoek om aan te dui of hy verlang
om as party gevoeg te word waarop
hy aangedui het dat hy dit nie
verlang nie.
[52] Die
volledige aansoekstukke is aan Mnr Claasen gestuur met die versoek
dat hy die applikant se prokureurs in kennis moet stel
indien hy
verlang om as party gevoeg te word.  Later het Mnr Claasen
telefonies bevestig dat hy die stukke ontvang het en
aangedui dat hy
nie betrokke wil raak in die dispuut nie maar dat hy ‘n
afspraak met die eerste respondent gereël het
en daarna die
applikant se prokureur in kennis sou stel indien hy sou verlang om
gevoeg te word.
[53] Op
die 24 Mei het Mnr Claasen telefonies teenoor Mnr Strating bevestig
dat hy nie verlang om as party gevoeg te word nie en
onderneem om ‘n
eedsverklaring tot die effek te onderteken, welke verklaring
voorberei en aan hom gestuur is vir ondertekening.
Later die
oggend, by navrae deur Mnr Strating, het Mnr Claasen aangedui dat hy
regsadvies ontvang het om nie die verklaring te
onderteken nie en
aangedui dat hy reeds ‘n antwoord per epos aan die prokureur
versend het.  Die epos is by die verklaring
van Mnr Strating
aangeheg en lees as volg:

Jammer
maar na regsadvies is ek aangeraai om niks te teken nie aangesien ek
op geen manier betrokke wil raak by die saak nie.”
[54] In
argument het Mnr Van der Walt namens die applikant gesteun op ‘n
passasie in die beslissing van
Amalgamated
Engineering Union v Minister of Labour
1949
(3) SA 637
(AD)
te 659
waar onder andere die volgende gesê word:

Indeed
it seems clear to me that the Court has consistently refrained from
dealing with issues in which a third party may have a
direct and
substantial interest without either having that party joined in the
suit or, if the circumstances of the case admit
of such a course,
taking other adequate steps to ensure that its judgment will not
prejudicially affect the party’s interests.
There may
also, of course, be cases in which the court can be satisfied with
the third party’s waiver of his right to be
joined, e.g. if the
court is prepared, under all the circumstances of the case, to accept
an intimation from him that he disclaims
any interest or that he
submits to judgment.  It must be borne in mind, however, that
even on the allegation that a party
has waived his rights, that party
is entitled to be heard; for he may, if given the opportunity,
dispute either the facts which
are said to prove his waiver, or the
conclusion of law to be drawn from them, or both.”
[55]
In die beslissing van
Eden
Village (Meadowbrook) (Pty) Ltd and Another v Edwards and Another
1995 (4) SA 31
(AD) te 47 tot 48 word met soortgelyke probleme
gehandel.  In daardie aangeleentheid is op die appèl
stadium voorsiening
gemaak vir kennis aan belanghebbendes wat nie
voorheen gevoeg was nie en ‘n prosedure waardeur hulle
onderwerping aan die
beslissing van die hof verkry was.
[56]
In
Rosebank Mall
(Pty) Ltd v Cradock Hights (Pty) Ltd
2004 (2) SA 353
(WLD) te 366 word die volgende gesê:

In
cases of joinder of necessity the court may, even on appeal,
mero
moto
raise the question of joinder to
safeguard the interests of third parties, and decline to hear the
matter until such joinder has
been effected or the court is satisfied
that third parties have consented to be bound by the judgment of the
court or have waived
their right to be joined.”

The
submission of the appellants that informal notice to a party not
cited in judicial proceedings, coupled with mere non-intervention
or
even an intimation of non-intervention, does not amount to a
representation that such party will submit to and be bound by any

judgment given, is well founded.”
[57] Ek
is nie oortuig dat Mnr Claasen se aanduiding dat hy nie verlang om
gevoeg te word nie, ‘n noodwendige afstanddoening
is van sy reg
om gevoeg te word of meebring dat hy toestem om gebonde te wees aan
bevele verleen in hierdie aansoek nie.
Dit blyk egter dat hy,
na sy aanvanklike aanduiding dienooreenkomstig teenoor Mnr Strating,
aangedui het dat hy ‘n afspraak
met die eerste respondent (‘n
prokureur) het en hy daarna sy besluit in heroorweging sal neem.
In sy epos dui hy aan
dat hy “op geen manier betrokke wil raak
by die saak nie”.  Hierdie bewering maak hy volgens sy
aanduiding na
aanleiding van regsadvies.  Die afleiding is
bykans onvermybaar dat daardie advies komende was van die eerste
respondent.
[58] Die
aanduiding dat hy op geen manier betrokke wil raak nie hou op die
normale interpretasie daarvan in dat hy ook nie by wyse
van ‘n
voeging betrokke wil raak nie.  In die samehang van die
getuienis is dit ‘n sterk aanduiding dat hy inderdaad
afstand
doen van sy reg om gevoeg te word met volle kennis van die
implikasies van die aansoek.  Daar is egter die moontlikheid
dat
sy mededeling nie bedoel is om ‘n afstanddoening daar te stel
nie.  Indien sy besluit gegrond was op advies vanaf
die eerste
respondent, wat ‘n direkte belang by die aansoek het, kon dit
ook gerig wees daarop om die betrokke party te oorreed
om nie uit eie
beweging gevoeg te word nie sodat die eerste respondent kon steun op
die nie-voeging van ‘n belanghebbende
party.
[59]
Indien tussentydse bevele verleen word sou dit uit die aard van die
saak nie ‘n permanente invloed op enige moontlike
regte van die
betrokke Mnr Claasen hê nie maar bloot ‘n tydelike
ontneming van sy reg om aan te dring op oordrag en
transport.
Indien die voorgestelde aksie inderdaad sou voortgaan sal dit uit die
aard van die saak noodsaaklik wees om hom
as party te voeg aangesien
finale regshulp staan verleen te word indien suksesvol.
[60]
Alhoewel dit moeilik is om te voorsien op welke gronde Mnr Claasen
hoegenaamd insette kan lewer ten opsigte van die dispute
tussen die
partye tot hierdie aansoek, is dit steeds prosedureel nodig dat hy
die geleentheid gebied word om insette te lewer in
soverre dit
moontlik is.
[61]
In die lig van die uitnodiging aan die applikant se
regsverteenwoordigers om Mnr Claasen te voeg alvorens die
aangeleentheid
geargumenteer word en gevra sou word vir bevele en hul
volharding met die voortsetting van die aansoek sonder voeging van
Mnr Claasen,
het ek ernstige oorweging daaraan geskenk om die aansoek
bloot op grond van die nie-voeging af te wys. Ek is egter van mening
dat
die belang van geregtigheid in die omstandighede van hierdie saak
verg dat die dispute tussen die partye behoorlik bereg word.
Ek
meen egter dat daar voorsiening gemaak moet word vir die beskerming
van Mnr Claasen se belange deur ‘n gepaste bevel ten
einde hom
die geleentheid te bied om die verlening van tussentydse regshulp
hangende die instel van ‘n aksie en die afhandeling
daarvan te
opponeer.
ALGEMEEN
[62]
Soos hierbo vermeld is dit nie nodig om vir doeleindes van hierdie
aansoek enige finale bevindings te maak met betrekking tot
die
onderskeie weergawes van die partye nie.  Ek het reeds gemeld
dat daar verskeie faktore is wat op waarskynlikhede ondersteunend
is
van die applikante se weergawe. Wat ook al die presiese regshulp is
wat in die voorgenome aksie gevra sal word, is nie tans
van belang
nie behalwe dat dit
prima
facie
nodig is om
tussentydse regshulp te verleen hangende sodanige beregting.
[63]
Indien die weergawe van die eerste applikant aanvaar word hou dit
ontstellende implikasies in vir die optrede van die eerste
respondent
as prokureur van hierdie hof.  Onder andere sou dit impliseer
dat hy wetens meegewerk het daartoe dat kompeterende
bieërs op
die eiendom nie op die eiendom bie nie ten einde hom in staat te stel
om die eiendom vir ‘n nie-verwante markprys
te bekom.
Sodanige optrede sou inhou ‘n bedrieglike benadeling van die
belange van sy beleggers as kliënte in
teenstelling met sy
persoonlike belang om die eiendom goedkoop te bekom of in belang van
die applikant en sy familie tot nadeel
van beleggers en
verhandhouers.
[64]
Steeds in die aanvaarding van die moontlike korrektheid van die
eerste applikant se weergawe impliseer dit dat die eerste respondent

óf aanvanklik meegewerk het ten einde die applikant behulpsaam
te wees en daarna besluit het om die gronde vir homself te
behou en
teen ‘n uiters lukratiewe wins te verkoop óf andersins
uit die staanspoor bewustelik meegewerk het om kompeterende
bieërs
te ontmoedig ten einde homself in staat te stel om die eiendom so
goedkoop as moontlik te bekom.  Beide moontlike
afleidings hou
elemente van oneerlikheid in.
[65]
Meer ontstellend, steeds in die aanvaarding dat die eerste applikant
se weergawe korrek is, is die feit dat die weergawe wat
deur die
eerste respondent aan die hof voorgehou is, dan klaarblyklik
misleidend en oneerlik is.
[66]
Uit die aard van die saak sal die voormelde alles afhang van welke
weergawe uiteindelik aanvaar word.  Nietemin werp bewerings
van
die eerste applikant so ernstige refleksie op die eerlikheid en
geskiktheid van die eerste respondent om as prokureur te praktiseer

dat dit nodig is dat die aangeleentheid na behore ondersoek word.
[67]
In konklusie word die volgende bevele verleen:
A:    ‘n Bevel
nisi
word
uitgereik wat Mnr Louis Claasen die koper van die eiendomme vermeld
in paragrawe 2.1 en 2.2 van die kennisgewing van mosie,
oproep om
redes, indien enige, voor hierdie hof aan te voer op 23 Junie 2016 om
09h30 waarom die volgende bevele nie verleen sal
word nie:
1.
Dat die eerste
respondent verbied word om die ondervermelde eiendom te beswaar met
‘n verband of huurkontrak of om ‘n
verkoopkontrak met
enige ander persoon en/of instansie en/of entiteit daaromtrent aan te
gaan of te sluit of om enige ander kontrak
te sluit ter oordrag en/of
vervreemding van:
(i)
Die resterende gedeelte
van gedeelte 1 van die plaas Weltevreden 188, distrik Parys, Vrystaat
Provinsie (107,0665 hektaar groot)
(ii)
Gedeelte 2 (gedeelte
van gedeelte 1) van die plaas Weltevreden 188, distrik Parys,
Vrystaat Provinsie (107,0665 hektaar groot) geregistreer
in die naam
van die eerste respondent ingevolge Transportakte T10559/2012; en
2.
Die eerste respondent
verbied word om oordrag van Transport te verleen (of om enige
dokumente te teken of opdrag/te verleen tot
die oordrag van
transport) aan enige ander persoon en/of instansie en/of entiteit van
die plase vermeld in paragraaf 1 hierbo,
hangende die finale
beregting van ‘n aksie ingestel te word deur die applikante vir
finale regshulp met betrekking tot enige
regte en/of aansprake van
die Chacoranja Trust in en in verband met die voormelde eiendomme,
welke aksie ingestel moet word binne
14 (veertien) dae na verlening
van ‘n finale bevel ingevolge hierdie bevel
nisi
.
3.
Die koste van hierdie
aansoek koste in die voorgenome aksie sal wees.
B:    Die bevele in paragrawe 1 en 2
hierbo sal dien as tussentydse interdik met onmiddellike werking
hangende die
finale beregting van voormelde bevel
nisi.
C:    Hierdie bevel moet sonder versuim
op die voormelde Mnr Louis Claasen persoonlik beteken word.
D:    Hierdie uitspraak moet deur die
Griffier van hierdie hof tesame met ‘n afskrif van die
aansoekstukke
aan die Prokureursorde van die Vrystaat oorhandig word
ten einde ondersoek in te stel na die optrede van die eerste
respondent
as prokureur en sy geskiktheid om as prokureur te
praktiseer.
_______________
A.F.
JORDAAN, R
Namens
die applikante:
Adv. D. J. Van der Walt SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens die
1ste respondente:  Adv. F. H. Terblanche SC
en Adv. A.J. Wessels
In
opdrag van:
EG Cooper Majiedt Ing
BLOEMFONTEIN
/
eb