Mocke en Broodryk (203/2015) [2016] ZAFSHC 129 (3 June 2016)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Settlement agreement — Enforcement — Applicant sought court order to enforce settlement agreement with respondent, who countered with a claim for return of equipment — Dispute arose over condition of equipment and obligations under the agreement — Court held that the applicant had not fulfilled his obligations as stipulated in the settlement agreement, leading to the respondent's right to seek enforcement and return of the equipment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 129
|

|

Mocke en Broodryk (203/2015) [2016] ZAFSHC 129 (3 June 2016)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN  SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Aansoeknommer
:  203/2015
In
die aansoek tussen:-
JACO
PELSER
MOCKE
Applikant
en
MACHIEL
ANDRIES
BROODRYK
Respondent
CORAM:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
3
JUNIE  2016
[1]
In hierdie aansoek vorder applikant die volgende regshulp:

1.
That the settlement agreement concluded between the
Applicant
and the Respondent on 10 July 2014 marked as annexure “A”
be made an order of Court.
2.
That the Applicant complies within 15 days from the date of this
order with clause 3 of the settlement
agreement.
3.
That the Respondent complies with clause 2 of the settlement
agreement within 15 days from date
of this order.
4.
That the  Respondent complies with clause 1 of the settlement
agreement within 15 days after
the Applicant has complied with clause
3 of the settlement agreement.
5.
Costs on an attorney and client scale.”
[2]
Respondent het die aansoek opponeer en ook `n teenaansoek
geliasseer waarin hy die volgende regshulp vorder:

1.
That Applicant be ordered to return the following equipment to
Respondent:
1.1
1 x JD 12 Row Hydraulic Planter with
monitor and
Quick
Hitch;
1.2
1 x 15 m, 2500 litre Technoma sprayer on wheels;
1.3
1 x 1000 litre Dolfyn wagon with electric pump and meters.
2.
That in the event that Applicant fails to return the above equipment
within 10
days of the granting of this order, the Deputy Sheriff of
Court of the District wherever the equipment may be found, is
authorised
and ordered to attach the equipment, and to hand same to
Respondent;
3.
Applicant shall pay the costs hereof, which shall include any costs
incurred
by the Sheriff in respect of paragraph 2 above;
4.
Costs.”
[3]
Die skikkingsooreenkoms waarna in die Kennisgewing van Mosie verwys
word, is deur die partye hiertoe gesluit op 10 Julie 2014

(hierinlater na verwys as “die skikkingsooreenkoms”). Dit
is gemeensaak dat dit gevolg het na aanleiding van vier rondetafel

samesprekings wat tussen die partye en `n prokureur onafhanklik tot
hierdie geskil, Me Muller, plaasgevind het. Dit is doelmatig
om die
inhoud daarvan hierin aan te haal:

Die
partye het na samesprekings `n ooreenkoms bereik met betrekking tot
alle dispute wat tussen hulle ontstaan het wat verband hou
met die
bewerking van die plase Smalldeel, Neusjie asook talle
kontrakteurswerk wat die partye oor en weer namens en vir mekaar

gedoen het op verskeie ander plase.
Die
partye kom as volg ooreen:
1.
Broodryk
betaal aan Mocke die bedrag van R 54 000.00 in kontant sonder enige
aftrekkings op datum van ontvangs van die goedere soos
uiteengesit in
paragraaf 3.
2.
Broodryk
tref reëlings om die volgende tonnemaat mielies oor te dra in
die naam van Mocke binne 15 dae na ondertekening van
hierdie
ooreenkoms:
2.1
38.164
ton
2.2
34.854
ton
3.
Mocke
lewer aan Broodryk die volgende implemente binne 15 dae na datum van
ondertekening van hierdie ooreenkoms:
3.1
JD
Planter met monitor en Quick Hidge
3.2
Technoma
Spuit 15 meter kompleet
3.3
1000L
dieselkar
4.
Hierdie
is die volle en finale ooreenkoms tussen die partye ten aansien van
dispute waaroor samesprekings gevoer is en geen wysiging
van enige
van die terme van hierdie ooreenkoms sal geldig wees tensy dit in
skrif is en deur beide partye onderteken is nie.”
Funderende
verklaring van applikant:
[4]
Dit
is applikant se saak dat respondent versuim het om aan klousule 2 van
die skikkingsooreenkoms te voldoen, die nakoming waarvan
nie aan
enige voorwaardes gekoppel is nie. Dit is voorts applikant se saak
dat André du Plessis namens hom die implemente
vermeld in
klousule 3 van die ooreenkoms gepoog lewer het aan respondent op 7
Augustus 2014, maar dat respondent geweier het om
dit in ontvangs te
neem. Respondent het aangedring dat die dieselwaentjie eers herstel
moes word. Op gemelde datum het respondent
`n aantekening op `n
afskrif van die ooreenkoms gemaak wat as volg lees:

Implemente
in oorspronklike toestand alvorens ooreenkoms afgehandel kan word.”
Respondent
het langs die aantekening sy handtekening en die datum aangebring.
[5] Daarop het Me Muller
`n skrywe tot respondent gerig, Aanhangsel “JM5”,
gedateer 11 Augustus 2014, waarin verwys
is na respondent se weiering
om die implemente in ontvangs te neem en sy aandrang dat die
dieselwaentjie  herstel moet word.
In die skrywe is onder
andere die volgende vermeld:

2.
Mnr du Plessis is bereid om sonder benadeling van sy regte en sonder

dat hy of Mnr Mocke erken dat dit `n vereiste van die ooreenkoms was
dat die dieselwaentjie herstel moes word, aan te bied om op
sy koste
die volgende herstelwerk aan die waentjie te laat doen:
...
3.
...
4.
...
dat geen herstelwerk aan toerusting deel gevorm het of `n vereiste
was toe `n skikking bereik was tussen u en Mnr Mocke nie.
Nie een van
die partye kan dus aandring op die herstel van enige toerusting nie,
daar word uitdruklik in die skikkingsakte vermeld
dat daar `n volle
en finale skikking bereik is van alle dispute tussen die partye. Die
feit dat Mnr du Plessis bereid is om die
herstelwerk te doen, het
geen effek op die geldigheid en afdwingbaarheid van die ooreenkoms
nie, sy aanbod word goedgunstiglik
gedoen.”
[6] Op 25 November 2014
het applikant se prokureurs van eerste instansie `n aanmaningskrywe
tot respondent gerig, Aanhangsel “JM12”,
waarin,
onder andere, `n verdere drie dae aan respondent verleen was om
skriftelik te bevestig dat hy aan die skikkingsooreenkoms
sal
voldoen, by versuim waaraan die Hof genader sal word vir sekere
regshulp.  Respondent se prokureurs van eerste instansie
het op
4 Desember 2014 by wyse van Aanhangsel “JM13” op
laasgenoemde skrywe geantwoord, die inhoud waarvan ek later
mee sal
handel, maar waaruit geblyk het dat respondent daarmee volhard dat
die implemente herstel moes word.
[7]
Dit is dus applikant se weergawe dat dit nooit deel van die
skikkingsooreenkoms was dat die implemente in hul oorspronklike

toestand gelewer moes word aan respondent nie. Hy beweer voorts in sy
funderende verklaring dat

it
is evident from the above that the Respondent knew at all relevant
times that the machinery and implement is
(sic)
not
in their original condition.”
Respondent
se opponerende verklaring tot die hoofaansoek/Funderende verklaring
van die teenaansoek:
[8] Respondent het in sy
opponerende verklaring die agtergrond feite uiteengesit wat volgens
hom daartoe aanleiding gegee het dat
hy die tersaaklike implemente
aan applikant geleen het. Ek moet op hierdie stadium vermeld dat
hierdie ook die weergawe was wat
deur respondent se prokureurs van
eerste instansie in Aanhangsel “JM13” uiteengesit was.
Dit blyk uit hierdie weergawe
dat respondent  se seun en
applikant vriende was. Applikant wou sekere plase bewerk wat hy
gehuur het, maar kon nie oes versekering
bekom nie, waarsonder hy nie
finansiering vir die oes-insetkoste sou kry nie. Respondent het hom
jammer gekry en sodanige versekering
namens applikant verkry en ook
aan hom die tersaaklike implemente geleen. Volgens respondent het hy
gesorg dat die implemente in
werkende toestand was alvorens hy dit
aan applikant oorhandig het. Respondent beweer dan as volg:

Before
I handed the equipment to Applicant, I specifically told him that the
equipment was in good running order, and I expected
to have the
equipment returned to me in the same condition.”
Respondent
beweer dan voorts dat hy met applikant se toestemming op twee van die
plase namens applikant geboer het. Hy het in die
proses ongeveer R
2,8 miljoen spandeer. Applikant het egter sonder sy medewete die
oes-versekering gekanselleer en kontrakwerk
elders gaan doen.
Respondent het besluit om sommige van die aanplantings te oes ten
einde `n gedeelte van sy uitgawes sodoende
te delg. Hy het op hierdie
wyse ongeveer R1.6 miljoen van sy uitgawes herwin.  Applikant
het daarop aan die polisie rapporteer
dat respondent sy aanplantings
ge-oes het, waarop respondent deur die polisie aangesê was om
die oes-bedrywighede op die
plaas “Neusie” te staak.
Aangesien hy die dispuut so gou as moontlik wou oplos sonder om
verdere onkoste aan te gaan
en om die regskoste van `n hofsaak te
vermy, het respondent besluit om aan die “mediasie”
proses met behulp van Me
Muller, deel te neem.
[9]
Aldus respondent was die implemente sodanig beskadig dat dit basies
onbruikbaar was. Dit is die rede waarom hy geweier het om
dit in
ontvangs te neem. Hy het aan Mnr du Plessis verduidelik dat die
implemente aan applikant geleen was op die basis dat hy
dit in
dieselfde toestand moes terugbesorg as wat hy dit ontvang het. Dit is
ook die rede waarom repondent die tersaaklike aantekening
op die
skikkingsooreenkoms aangebring het.  Respondent gee ook in sy
opponerende verklaring `n verduideliking waarom hy nie
bereid was om
die aanbod met betrekking tot die herstel van die dieselwaentjie te
aanvaar nie.
[10]
Respondent ontken dat  hy bewus was van die beskadigde toestand
van die implemente op die stadium wat hy die skikkingsooreenkoms

onderteken het. Dit was aldus respondent nooit die partye se
bedoeling, en in besonder nie sy bedoeling, om ooreen te kom dat die

implemente teruggegee kon word in welke toestand dit ookal is nie.
Respondent steun daarop dat  dit `n stilswyende term van
die
skikkingsooreenkoms was dat applikant die implemente moes terugbesorg
in dieselfde toestand as wat hy dit vanaf respondent
ontvang het.
Aldus respondent se saak het applikant dus nie sy verpligtinge in
terme van die skikkingsooreenkoms nagekom nie, wat
repudiasie van die
ooreenkoms daarstel, welke repudiasie respondent aanvaar het en op
grond waarvan respondent die skikkingsooreenkoms
kanselleer het;
alternatiewelik, dit in terme van die opponerende verklaring
kanselleer.  Gevolglik is applikant, aldus respondent,
nie
geregtig op sy gevorderde regshulp nie.
Respondent
se teenaansoek:
[11]
Wat die teenaansoek betref is dit respondent se saak dat
voortspruitend uit die voormelde, is respondent die eienaar van die

implemente, applikant is in onregmatige besit daarvan en is
respondent op grond van die
rei
vindicatio
geregtig
op die teruggawe daarvan.
Applikant
se opponerende verklaring tot die teenaansoek/Repliserende verklaring
tot die hoofaansoek:
[12]
In sy opponerende verklaring tot die teenaansoek, wat ook die
repliserende verklaring tot die hoofaansoek is, beweer applikant
dat
die beweerde werkende toestand waarin die implemente was toe dit
destyds aan hom oorhandig is, irrelevant is vir doeleindes
van die
onderhawige aansoek, aangesien die skikkingsooreenkoms nie enige
bepaling bevat met betrekking tot die toestand van die
implemente
nie.
[13]
Uit `n skrywe aangeheg as Aanhansel “A” tot applikant se
repliserende verklaring, blyk dit dat applikant se prokureurs
van
eerste instansie aan Me Muller afskrifte van die funderende en
opponerende verklarings in hierdie aansoek verskaf het en by
haar
navraag gedoen het of sy bereid sal wees om `n beëdigde
verklaring af te lê met betrekking tot die vraag of dit
deel
van die skikkingsooreenkoms was dat die  toerusting in hul
oorspronklike toestand teruggelewer moes word en of dit `n

stilswyende term van die skikkingsooreenkoms was. Haar antwoord
daarop is vervat in`n skrywe, Aanhangsel “B” tot die

repliserende verklaring, waarin sy onder andere as volg vermeld
:

Volgens
my rekolleksie van die samesprekings, nie mediasie nie, was dit
algemeen aanvaar dat die toestand van die toerusting nie
100% sal
wees nie, omdat dit gebruik was en daar is geen reëling met
betrekking tot spesifieke herstelwerk wat aan die implemente
gedoen
moes word nie.”
[14]
Applikant het voorts bevestigende beëdigde verklarings van Mnre
Andre du Plessis, Hilgurd du Plessis en Nicholas Mocke
aangeheg
waarin hulle bevestig dat hulle al vier van die samespreking-sessies
bygewoon het en dan as volg verklaar:

During
the abovementioned consultations it was agreed by the Applicant and
the Respondent that the equipment and implements was
(sic)
not
in their original working condition before the settlement agreement
.... was signed.”
Respondent
se repliserende verklaring tot die teenaansoek:
[15]
In sy repliserende verklaring tot applikant se opponerende verklaring
in die teenaansoek, het respondent beswaar gemaak teen
Me Muller se
openbaarmaking van inligting wat plaasgevind het tydens die
onderhandelings, aangesien dit, aldus respondent, konfidensieël

is omdat dit deel uitgemaak het van skikkingsonderhandelige. Hy maak
voorts daarteen beswaar op die basis dat dit hoorsê
getuienis
is en versoek dat dit dus geskrap moet word. Voorts beweer hy dat Me
Muller en die persone wat die ondersteunende beëdigde

verklarings afgelê het, in ieder geval nie applikant se
weergawe steun dat respondent sou kennis dra dat die implemente
ekstensief beskadig was nie – hulle meld bloot dat dit
ooreengekom was dat die implemente nie meer in hul oorspronklik
werkende
toestand is nie. Respondent beweer dat hoewel hy aanvaar het
dat die toerusting nie meer nuut was nie, het niemand ooit geopper

dat die toerusting dermate beskadig was nie. Me Muller se bewering
dat aanvaar is dat die die toerusting nie “ 100%”
is nie,
is, aldus respondent, baie ver verwyderd van `n scenario dat hy ten
volle bewus was dat die toerusting dermate beskadig
was.
[16] Respondent beweer
dan as volg in sy repliserende verklaring:

I
am also advised that the dispute about the contents of the
discussions, and what the actual agreement entailed, is such that it

can only be resolved by oral evidence, and I will seek an order that
that aspect be referred to evidence in terms of Rule 6 (5)
(g) of the
Uniform Rules of Court.”
Jurisdiksie:
[17] Mnr van Aswegen, wie
namens respondent verskyn het, het in sy betoogshoofde en ook in sy
mondelinge betoog, aan die hand gedoen
dat aangesien die onderhawige
skikkingsooreenkoms `n ekstra-judisiële ooreenkoms is, die Hof
nie in terme van Reël 41
(4) die ooreenkoms `n hofbevel kan maak
nie. Indien en insoverre applikant steun op die Hof se inherente
jurisdiksie om prosedures
te volg waarvoor nie in die Reëls
voorsiening gemaak word nie, het applikant versuim om `n saak uit te
maak dat hier spesiale
omstandighede aanwesig is wat noodsaak dat die
Hof in belang van geregtigheid afwyk van die gewone Reëls van
prosedure. In
die verband het hy gesteun op
KRYGKOR PENSIOENFONDS
v SMITH
[1993] ZASCA 47
;
1993 (3) SA 459
(A) op 469 G - J.
Dit
was voorts Mnr van Aswegen se betoog dat applikant nie op spesifieke
nakoming kan steun soos in sy repliserende verklaring beweer
nie,
aangesien dit nie sy saak in die funderende verklaring was nie. Hy
het gevolglik betoog dat die Hof nie jurisdiksie of bevoegdheid
het
om die skikkingsooreenkoms `n hofbevel te maak nie.
[18]
Voormelde aspek was nie in respondent se stukke geopper nie, maar
slegs in die betoogshoofde en mondelinge betoog namens respondent

(wat respondent beslis geregtig was om te doen).  Dit het egter
tot gevolg dat daar dus nie geleentheid vir applikant was
om daarop
te antwoord in die stukke nie. Mnr Lubbe, wie namens applikant
verskyn het, het egter in sy betoog aangedui dat die aansoek
nie op
Reël 41 gebaseer is nie. Hy het submiteer dat die Hof wel
inherente jurisdiksie het om sodanige ooreenkoms `n hofbevel
te maak.
Hy het voorts betoog dat die Hof in ieder geval die aangevraagde
regshulp in bedes 2 tot 4 van die Kennisgewing van Mosie
kan verleen
op die basis van spesifieke nakoming.
[19] Applikant het as
volg in paragraaf 6 van sy funderende verklaring beweer:

...There
is also no pending case between me and Respondent. The agreement was
not concluded  to settle a pending case. The
settlement
agreement was concluded with the purpose to avoid a lengthy trial in
the High Court. Due to the actions of Respondent
I have been forced
to bring this application.”
Voormelde
is ook deur respondent bevestig in paragraaf 9 van sy opponerende
verklaring.
[20]
Na my mening bring voormelde bewerings die aansoek vierkantig binne
die kader van die uitspraak in
GROWTHPOINT
PROPERTIES LIMITED v MAKHONYA TECHNOLOGIES (PTY) LTD & 2 OTHERS
2013 (JDR) 0391 (GNP). Gevolglik is ek van mening dat hierdie Hof wel
jurisdiksie het om die skikkingsooreenkoms `n hofbevel te
maak.
[21]
Ek is egter ook van mening dat dit nie nodig is om bede 1 van die
Kennisgewing van Mosie in die onderhawige geval te verleen
nie, omdat
die praktiese gevolg dieselfde sal wees selfs indien dit nie verleen
word nie.
[22] By nalees van die
funderende verklaring is dit duidelik dat applikant met die
skikkingsooreenkoms as `n kontrak tussen die
partye handel, in terme
waarvan respondent, aldus applikant, versuim het om te presteer en
tender respondent die nakoming van sy
verpligtinge in terme daarvan.
Dit is niks anders as bewerings van kontrakbreuk deur respondent
en `n vordering van spesifieke
nakoming nie. Toe respondent presies
dieselfde doen in sy opponerende verklaring en ook die
skikkingsooreenkoms as `n kontrak hanteer,
soos blyk uit paragraaf 10
hierbo, deur sy bewerings van repudiasie  van die
skikkingsooreenkoms deur applikant, respondent
se aanvaarding daarvan
en sy kansellasie van die ooreenkoms, kom applikant in antwoord
daarop in sy repliek tot die hoofaansoek
en beweer spesifiek as volg
in paragraaf 14 daarvan as volg:

I
will again reiterate that the Respondent is the one that from the
outset has chosen not to adhere to the Agreement and has repudiated

the Agreement, this is evident from my founding affidavit ... The
Agreement cannot be merely cancelled by the Respondent and he
will
have to comply with the Agreement. I am the only one that is in a
position to cancel the Agreement as the Respondent is the
one that
repudiated the Agreement  by not accepting his equipment. I have
not cancelled the agreement and I have brought this
Application to
enable me to obtain a Court Order for the specific performance of the
agreement by the Respondent.”
[23]
Hoewel dit dus eers in applikant se repliserende verklaring
“spesifieke nakoming” genoem is, was dit reeds in die

funderende verklaring duidelik die basis van die vorderings in bedes
2 tot 4 van die Kennisgewing van Mosie.
[24]
Gevolglik is ek van mening dat die Hof ook op hierdie basis die
jurisdiksie en bevoegdheid het om die aansoek te bereg, sonder
dat
dit nodig is dat `n bevel in terme van bede 1 van die Kennisgewing
van Mosie gemaak hoef te word.
Meriete
van applikant se vordering:
[25]
Wat betref die meriete van applikant se vordering van spesifieke
nakoming, het Mnr van Aswegen betoog dat die vraag met betrekking
tot
die bestaan, aldan nie, van die stilswyende term soos deur respondent
beweer, `n  wesenlike feite dispuut daarstel wat
nie op die
stukke beslis kan word nie. In die verband het hy betoog dat hierdie
`n
locus
classicus
voorbeeld
is waar die feite dispuut deur applikant voorsien moes gewees het
gegewe die voorafgaande gebeure en ook die korrespondensie
tussen die
partye se prokureurs. Mnr van Aswegen het gevolglik aan die hand
gedoen dat ek die aansoek bloot vanweë hierdie
rede van die hand
behoort te wys, veral gegewe dat applikant nie eers versoek dat die
aangeleentheid vir mondelinge getuienis verwys
word nie. Sien
ADBRO
INVESTMENT CO LTD V MINISTER OF THE INTERIOR
1956 (3) SA 345
(A) op 350 A. In die alternatief het hy versoek dat
die vraagstuk met betrekking tot die stilswyende term vir die aanhoor
van mondelinge
getuienis verwys word, en indien dit bewys word, ook
die vraag na die aard van die toestand van die toerusting ten einde
te beslis
of respondent geregtig was om die kontrak te kanselleer,
aldan nie.
[26]
Soos tereg deur Mnr Lubbe betoog, moet daar eers beslis word of hier
wel `n ware feite dispuut tussen die partye bestaan, aldan
nie. In
[zRPz]
FAKIE
NO v CCII SYSTEMS (PTY) LTD
[2006] ZASCA 52
;
2006
(4) SA 326
(SCA) is hierdie vereiste as volg gestel in para [55] van
die uitspraak:

T
hat
conflicting affidavits are not a suitable means for determining
disputes of fact has been doctrine in this court for more than
80
years. Yet motion proceedings are quicker and cheaper than trial
proceedings and, in the interests of justice, courts have been
at
pains not to permit unvirtuous respondents to shelter behind patently
implausible affidavit versions or bald denials. More than
60 years
ago, this Court determined that a Judge should not allow a respondent
to raise 'fictitious' disputes of fact to delay
the hearing of the
matter or to deny the applicant its order. There had to be 'a
bona
fide
dispute of fact on a material matter'.”
Die
volgende geykte beginsel is ook relevant in die beregting van die
onderhawige aansoek:

Vague
and insubstantial allegations like these are insufficient to create
the kind of dispute of fact which should be referred for
oral
evidence (
Room
Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd
1949
(3) SA 1155 (T)
at 1163 - 5;
Da
Mata v Otto NO
1972
(3) SA 858
(A)
at 882D - H).”
Sien
[zRPz]
KING
WILLIAM'S TOWN TRANSITIONAL LOCAL COUNCIL v BORDER ALLIANCE TAXI
ASSOCIATION (BATA)
2002
(4) SA 152
(E) 156 I – J.
[27]
Ten einde bogemelde te beslis, moet die tersaaklike vereistes ten
opsigte van die bewys van die bestaan van `n beweerde stilswyende

term in `n kontrak, ook in ag geneem word. `n Stilswyende term, dws
`n term wat deur die feite geimpliseer word, is as volg beskryf
en
mee gehandel in
ALFRED
McALPINE & SON (PTY) LTD v TRANSVAAL PROVINCIAL ADMINISTRATION
1974 3
SA 506
(A) op 531H –533 B:

.
. .
an
unexpressed provision of the contract which derives from the common
intention of the parties, as inferred by the Court from the
express
terms of the contract and the surrounding circumstances. In supplying
such an implied term the Court, in truth, declares
the whole contract
entered into by the parties. In this connection the concept, common
intention of the parties, comprehends, it
would seem, not only the
actual intention but also an imputed intention. In other words, the
Court implies not only terms which
the parties must actually have had
in mind but did not trouble to express but also terms which the
parties, whether or not they
actually had them in mind, would have
expressed if the question, or the situation requiring the term, had
been drawn to their attention…This
same general concept would
appear to underline the following
dictum
of VAN DEN HEEVER, J.A., in
Van
der Merwe v Viljoen
,
1953
(1) SA 60 (AD)
at p. 65:

Die
uitdrukking 'stilswyende beding' dui reeds daarop dat dit iets moet
wees wat die partye bedoel het,
of
geag moet word te bedoel het
,
maar waaraan hulle geen uiting gegee het nie.’

The
Court does not readily import a tacit term. It cannot make contracts
for people; nor can it supplement the agreement of the
parties merely
because it might be reasonable to do so. Before it can imply a tacit
term the Court must be satisfied, upon a consideration
in a
reasonable and businesslike manner of the terms of the contract and
the admissible evidence of surrounding circumstances that
an
implication necessarily arises that the parties intended to contract
on the basis of the suggested term. (See
Mullin
(Pty.) Ltd
.
v
Benade
Ltd.
,
1952
(1) SA 211
(AD)
at pp. 214 - 5, and the authorities there cited;
S.A.
Mutual Aid Society v Cape Town Chamber of Commerce
,
1962
(1) SA 598 (AD)
). The practical test to be applied - and one
which has been consistently approved and adopted in this Court - is
that formulated
by SCRUTTON, L.J., in the well-known case of
Reigate
v Union Manufacturing Co.
,
118 L.T. 479
at p. 483:

You
must only imply a term if it is necessary in the business sense to
give efficacy to the contract; that is, if it is such a term
that you
can be confident that if at the time the contract was being
negotiated someone had said to the parties: “What will
happen
in such a case?” they would have both replied: “Of
course, so-and-so. We did not trouble to say that; it is
too clear.”’
This
is often referred to as the ‘bystander test’.”
[28]
In die geval van aansoek-prosedure, stel die beëdigde
verklarings die pleitstukke en die getuienis daar. Insoverre
respondent
steun op `n stilswyende term in omstandighede waar die
prima
facie
bewoording
van die ooreenkoms self duidelik en ondubbelsinnig is, moet hy dus
die nodige (toelaatbare) getuienis in sy verklarings
aanbied van die
omstandighede waarvandaan die bestaan van sodanige term afgelei kan
word. Hierdie is nie `n geval waar respondent
aangedui het dat hy
getuienis sal kan aanbied indien die aangeleentheid vir mondelinge
getuienis verwys sou word, maar oor watter
getuienis hy nie tans
beskik nie. Inteendeel, respondent het persoonlike binne-kennis van
die inhoud van die onderhandelinge wat
die sluiting van die
skikkingsooreenkoms voorafgegaan het en wat dus omringende
omstandighede daarstel wat aanduidend kan wees,
aldan nie, van die
bestaan van die beweerde stilswyende term.
[29]
In plaas daarvan om gretig te wees om sodanige getuienis aan te bied,
verkies respondent om eerder beswaar te maak teen die
toelaatbaarheid
van die bewerings deur Me Muller in haar skrywes gemaak met
betrekking tot haar rekolleksie van die gebeure (wat
ek in ieder
geval in my beregting van die aansoek buite rekening laat, sonder om
te beslis of dit toelaatbaar is, aldan nie). Wat
sy eie getuienis
betref, is die hoogwatermerk van respondent se getuienis die bewering
dat dit aanvanklik (toe hy nog vir applikant
wou help) met applikant
ooreengekom was dat  die implemente in hul oorspronklike
werkende toestand aan respondent terugbesorg
moes word. Dit was dan
ook van meet af aan respondent se weergawe, soos dit reeds
uiteengesit was in die skrywe van sy prokureurs
van eerste instansie,
Aanhangsel “JM13”, waarna ek reeds hierbo verwys het.
Die enigste verdere bewerings in
sy opponerende verklaring in
die verband is eerstens in paragraaf 10 daarvan waar respondent
beweer dat aangesien dit `n term van
die partye se oorspronklike
ooreenkoms was, het hy dit nie nodig geag dat dit spesifiek in die
skikkingsooreenkoms vermeld moes
word nie. Verder is daar die
bewering in paragraaf 40 van sy opponerende verklaring dat hy nie
kennis gedra het dat die implemente
dermate beskadig was nie. Dit
beteken egter na my mening nie noodwendig dat die toestand van die
toerusting nie bespreek was nie
(selfs al was die ware toestand dalk
nie aan respondent openbaar nie) – sodanige bewering het eers
gevolg in respondent se
repliek tot die teenaansoek nadat applikant
en sy getuies beweer het dat dit ooreengekom was  dat die
toerusting nie meer
in hul oorspronklik werkende toestand is nie.
[30]
Na my mening is die probleem vir respondent daarin geleë dat
hier nou `n skikkingsooreenkoms ter sprake is nadat veelvuldige

verdere gebeure en negatiewe inter-aksies tussen die partye hul
afgespeel het sedert die aanvanklike ooreenkoms gesluit was. Die

terme van die oorspronklike ooreenkoms is nou duidelik vervang deur
die terme van die skikkingsooreenkoms. Daar is nou in die
skikkingsooreenkoms ooreengekom op die lewering van mielies en die
betaling van `n bedrag geld wat aldus die beskikbare getuienis,

geensins deel gevorm het van die oorspronklike ooreenkoms nie. Die
respondent het ongelukkig ook versuim om getuienis aan te bied
oor
die basis waarop op die terme van die skikkingsooreenkoms ooreengekom
was. Sodanige getuienis is na my mening wesenlik vir
respondent se
saak, veral gegewe dat daar nou `n wederkerige ooreenkoms gesluit was
tussen die lewering van die implemente en die
betaling van die bedrag
geld. By gebrek aan `n verduideliking deur respondent weet ek nie
waarvoor en op watter basis daardie bedrag
bereken was nie. Teoreties
kon die vasstelling van die bedrag daarvan beïnvloed gewees het
tydens die onderhandelinge deur
die toestand van die implemente. Die
feit is dat daar met die sluiting van die skikkingsooreenkoms soveel
veranderde omstandighede
was sedert die sluiting van die
oorspronklike ooreenkoms, dat daar geen basis is waarop ek kan bevind
dat omdat daar oorspronklik
ooreengekom was oor die toestand waarin
die implemente teruggelewer moes word, dit nou ook, of steeds, in
albei partye se gemoed
noodwendigerwys ook deel moes vorm en gevorm
het van die skikkingsooreenkoms nie.
[31]
Na my mening en soos deur Mnr Lubbe betoog, skiet respondent se
bewerings ver te kort en is dit veels te vaag om `n ware feite
geskil
daar te stel. Soos dit gestel was in
WIGHTMAN t/a JW CONSTRUCTION
v HEADFOUR (PTY) LTD AND ANOTHER
[2008] ZASCA 6
;
2008 (3) SA 371
(SCA) para
[13]:

A
real, genuine and bona fide dispute of fact can exist only where the
court is satisfied that the party who purports to raise the
dispute
has in his affidavit seriously and unambigiously addressed the fact
to be disputed.”
[32]
`n Verdere aspek wat vermeld moet word is dat op sigwaarde van die
skikkingsooreenkoms, is die verpligting tot prestasie deur
respondent
in terme van klousule 2 van die ooreenkoms, nie `n wederkerige
verpligting nie – respondent moes daaraan voldoen
sonder enige
voorwaarde. Weereens vanweë respondent se versuim om behoorlike
omstandigheidsgetuienis aan te bied, kan ek nie
beslis of die
ooreenkoms deelbaar of ondeelbaar is nie. Die vraagstuk het `n
wesenlike effek op die vraag of respondent in ieder
geregtig sou wees
om die ooreenkoms te kanselleer, aldan nie, gegewe dat hy self nog
nie in terme van `n gedeelte daarvan presteer
het nie.
[33]
Ek ag dit onnodig om te handel met die skriftelike aantekening wat
respondent later op die skikkingsooreenkoms aangebring het,
aangesien
dit (tereg) nie sy saak is dat die skikkingsooreenkoms op daardie
wyse gewysig was nie.
[34]
Laastens moet ek vermeld dat Mnr van Aswegen betoog het dat indien ek
applikant se aansoek sou toestaan, dit respondent sy
reg op `n
skadevergoedings eis sal ontneem. Soos reeds gemeld, stel die
beëdigde verklarings in `n aansoek die pleitstukke
en die
getuienis daar. Indien ek op die getuienis voor my nie kan bevind dat
die beweerde stilswyende term deel gevorm het van
die
skikkingsooreenkoms nie, het respondent net homself te blameer dat hy
nie betere en verdere getuienis in sy beëdigde verklarings

voorgehou het nie. Ongelukkig vir respondent sal my bevinding wel die
outomatiese gevolg hê dat hy nie op grond van die beweerde

toestand van die toerusting `n skadevergoedings eis sal kan instel
nie, aangesien dit van regsweë volg.
[35]
Onder die omstandighede is ek tevrede dat applikant `n behoorlike
saak uitgemaak het tot dien effekte dat daar `n geldige en

afdwingbare skikkingsooreenkoms tussen die partye gesluit was,
applikant gepoog het om daarooreenkomstig te presteer, welke
prestasie
respondent nie wou aanvaar nie, wat repudiasie van die
ooreenkoms deur respondent daargestel het. Respondent het in ieder
geval
ook versuim om ooreenkomstig klousule 2 van die
skikkingsooreenkoms te presteer, wat ook kontrakbreuk daarstel.
Applikant tender
in sy funderende verklaring prestasie ooreenkomstig
klousule 3 van die ooreenkoms. Applikant is gevolglik geregtig op sy
vordering
van spesifieke nakoming van die skikkingsooreenkoms.
Teenaansoek:
[36]
Gegewe die bevindings waartoe ek gekom het met betrekking tot die
hoofaansoek, kan die teenaansoek uiteraard nie slaag nie.
Die
implemente sal wel aan respondent gelewer moet word deur applikant,
maar dit volg as `n kontraktuele verpligting en nie op
grond van
respondent se eiendomsreg nie. In ieder geval het respondent
deurentyd die teruggawe van die toerusting getender.
Koste:
[37]
Applikant het in sy hoofaansoek `n spesiale kostebevel gevorder teen
respondent en ook versoek dat die teenaansoek afgewys
word met koste
op `n  skaal soos tussen prokureur en kliënt. Mnr Lubbe het
betoog dat respondent se optrede in die wyse
waarop hy poog om sy
kontraktuele verpligtinge te ontduik,
mala
fide
is
en sy litigasie in die verband kwelsugtig is.
[38]
Hoewel respondent se optrede na my mening nie prysenswaardig is nie,
meen ek dat alle blaam nie net voor die deur van respondent
gelê
kan word nie. Dit blyk na my mening duidelik uit die totaliteit van
die stukke dat daar baie spreekwoordelike suursous
deurgeloop het in
die partye se verhouding met verloop van tyd. In die proses is die
toetrede van die polisie daur beide partye
met geleenthede versoek en
blyk daar
prima
facie
maar
`n mate van foutering aan beide kante te gewees het. Onder sodanige
omstandighede meen ek nie dit is gepas om `n betraffende
kostebevel
teen een van die partye te maak nie. Ek is wel van mening dat daar
geen rede bestaan waarom die gebruiklike kostebevel
wat op
suksesvolle litigasie volg, nie verleen moet word nie.
[37]
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
1.
In
die hoofaansoek en met verwysing na die
skikkingsooreenkoms
gesluit tussen die partye op 10 Julie 2014, die volgende:
1.1
Applikant word gelas om voor of op 30 Junie 2016, die implemente
vermeld in klousule 3 van die
skikkingsooreenkoms aan respondent te
lewer en respondent word gelas om dit aldus in ontvangs te neem.
1.2
Respondent
word gelas om ooreenkomstig klousule 1 van die skikkingsooreenkoms op
datum van ontvangs van bogemelde implemente, die
bedrag van R
54 000.00 in kontant sonder enige aftrekkings aan applikant te
betaal.
1.3
Respondent
word gelas om aan die bepalings van klousule 2 van die
skikkingsooreenkoms te voldoen voor of op 30 Junie 2016.
2.
Repondent
word gelas om die koste van die hoofaansoek te betaal.
3.
Die teenaansoek word van die hand gewys, met koste.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Namens die
Applikant:         Adv E.G.
Lubbe
In
opdrag van:
Matsepes
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die Respondent:
Adv W.A. van Aswegen
In
opdrag van:
Lovius
Block
BLOEMFONTEIN