Botes v Country Bird (EDMS) Bpk (818/2006) [2016] ZAFSHC 175 (16 May 2016)

78 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Action for damages arising from alleged breach of contract between parties regarding poultry supply agreement — Plaintiff claimed that defendant's alteration of cost structure eroded profit margin, constituting breach — Defendant denied breach, asserting amendments were agreed upon by the Contract Growers Association — Court found that the defendant's actions amounted to a repudiation of the contract, which the plaintiff accepted, allowing for a claim for damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 175
|

|

Botes v Country Bird (EDMS) Bpk (818/2006) [2016] ZAFSHC 175 (16 May 2016)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer:
818/2006
In
die saak tussen:-
FREDERICH
FERDINAND
BOTES
Eiser
en
COUNTRY
BIRD (EDMS)
BPK
Verweerder
CORAM:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
16
MEI 2016
Agtergrond
en Pleitstukke
[1]
Hierdie is `n aksie vir skadevergoeding voortspruitend uit beweerde
kontrakbreuk deur verweerder ten opsigte van ‘n skriftelike

kontrak gesluit tussen die partye op of omtrent 31 Augustus 2000 te
Jacobsdal (“die kontrak”).  Ten tyde van die

sluiting van die kontrak het eiser persoonlik opgetree, terwyl
verweerder deur ene Mnr Hodgson verteenwoordig was.  ‘n

Afskrif van die kontrak is aangeheg tot die besonderhede van
vordering.
[2]
Die partye het ten tyde van hul Reël 37(4)-samesprekings
ooreengekom dat kwantum en meriete geskei word en voorts ooreengekom

wat die geskilpunte rakende die meriete is.  Ek het dus by die
aanvang van die verhoor ooreenkomstig die bepalings van Hofreël

33(4) by ooreenkoms tussen die partye gelas dat kwantum en meriete
geskei word en dat die meriete van die aksie ooreenkomstig paragraaf

2.2 van eiser se tweede Reël 37(4) Vraelys gedateer 15 September
2014, eerste bereg word.  Voormelde paragraaf 2.2 lees
as volg:

Die enigste
relevante geskilpunte, rakende die meriete, is vervat in paragrawe
3.5.4, 3.5.5, 4, 5.1, 5.2, 6, 7.1, 7.2 en 7.3 van
eiser se
besonderhede van vordering gelees met die relevante paragrawe van
verweerder se pleit op hierdie paragrawe.”
[3]
By die sluiting van eiser se saak het Mnr Oosthuizen, namens
verweerder, aansoek gedoen om absolusie van die instansie (“die

absolusie aansoek”). Ek het daardie aansoek bereg en `n
volledige uitspraak daarin gelewer (“die absolusie uitspraak”).

Ek sal hieronder na die inhoud van daardie bevel verwys.
[4]
Die inhoud van die pleitstukke het van meet af aan `n wesenlike rol
in die beregting van hierdie aksie gespeel, ook reeds ten
tyde van
die beregting van die absolusie aansoek. Hoewel ek dus reeds in die
absolusie uitspraak op volledige wyse met die inhoud
van die
pleitstukke gehandel het, ag ek dit nodig om die tersaaklike
gedeeltes van die pleitstukke hierin te herhaal, veral gegewe
sekere
submissies wat Mnr Oosthuizen aan my voorgehou het met betrekking tot
die interpretasie van die pleitstukke (waarmee ek
later sal handel).
Mnr Claasen, namens eiser, het nadat Mnr Oosthuizen reeds die
absolusie aansoek geloods het, aansoek gedoen
om die besonderhede van
vordering te wysig deur paragrawe 4.2 tot 4.4 daartoe by te voeg. Die
aansoek was ongeopponeerd en het
ek die wysiging dienooreenkomstig
toegestaan. Verweerder het in reaksie daarop die verweerskrif ook
gewysig. Paragraaf 7.2 van
die besonderhede van vordering is ook
later gewysig deur “aanhangsel ‘C’” na
“aanhangsel ‘E’”
te wysig. Ook die
verweerskrif was later gewysig deur die datum gepleit in paragraaf
6.5 daarvan te wysig na 10 Februarie 2004.
Die tersaaklike paragrawe
van die gewysigde besonderhede van vordering lees as volg:

3.5 Eiser
verwys na (die kontrak) asof hierin volledig herhaal is.  Onder
andere bepaal (die kontrak):
3.5.1 dat die
ooreenkoms vir ‘n aanvanklike periode van vyf jaar aangegaan
word beginnende op 31 Augustus 2000;
3.5.2 na vyf jaar
sal die kontrak vir ‘n onbepaalde periode voortduur met die reg
van wedersydse skriftelike opsegging van
ses kalendermaande;
3.5.3 kragtens die
ooreenkoms sou eiser kuikens ontvang vanaf verweerder en grootmaak en
aan verweerder lewer teen ‘n ooreengekome
berekende bedrag;
3.5.4 verweerder
sou aan eiser betaling laat geskied in ooreenstemming met die kontrak
en na aftrekking van die kostestruktuur,
wat die vervoerkoste soos
prys van kuikens en die prys van voer insluit; (
sic
)
3.5.5 verweerder
mag die kostestruktuur rakende prys van kuikens en vervoerkoste
jaarliks aanpas met die voorbehoud dat dit nie
eiser se winsmarge mag
erodeer nie.
4.
4.1 Op of omtrent
Februarie 2004 het verweerder die kostestruktuur aangepas en op so ‘n
wyse dat dit eiser se winsmarge totaal
erodeer het.
4.2
Alternatiewelik tot 4.1 het die verweerder die kostestruktuur met
betrekking tot die vervoerkoste van braaikuikens, wat tot
ongeveer
Februarie 2004, op ‘n eenvormige basis, met kruissubsidiëring
deur alle kontrakgroeiers betaal is, gewysig;
4.3 Die wysiging
het behels dat die eenvormige kostestruktuur gewysig is, sodat elke
kontrakgroeier sy eie daadwerklike vervoerkoste
van braaikuikens
betaal, sonder enige kruissubsidiëring.
4.4 Voormelde stel
wesenlike kontrakbreuk daar wat Eiser geregtig gemaak het om die
kontrak te kanselleer.
5.
5.1  Op 10 Maart 2004 en 16 Maart
2004 het eiser skriftelik aan verweerder kennis gegee dat hierdie
aanpassings van die kostestruktuur
‘n netto-verlies veroorsaak
en dit vir eiser onmoontlik maak om aan te gaan. Op 3 Augustus 2004
het eiser se prokureur skriftelik
aan verweerder berig dat hierdie
wysiging van die kostestruktuur wat eiser se winsmarge totaal erodeer
het, kontrakbreuk daarstel.
Afskrifte van hierdie skriftelike
kennisgewings word hierby aangeheg, gemerk Aanhangsels “B”,
“C” en “D”
onderskeidelik.
5.2  In ‘n
ongedateerde skrywe waarin verweerder antwoord op Aanhangsels “B”
en “C” hierbo na
verwys, bevestig verweerder dat dit nie
meer vir eiser of vir verweerder lonend sal wees om met die
ooreenkoms voort te gaan nie
en deel verweerder vir eiser mee dat
hierdie siklus (siklus 109) as eiser se laaste siklus beskou sal word
en dat verweerder geen
verdere kuikens by eiser sal plaas nie.
Hierdie skrywe van verweerder word hierby aangeheg, gemerk Aanhangsel
“E”.
6.
Verweerder het
versuim om eiser tegemoet te kom of hierdie kostestruktuur te wysig
sodat dit nie eiser se winsmarge erodeer nie.
7.
7.1 Verweerder het
versuim om hierdie kontrakbreuk tydig of enigsins te remedieer
nieteenstaande die voorafgaande skriftelike kennisgewings.
7.2 Volgens
Aanhangsel “E” het verweerder ondubbelsinnig kennis gegee
van sy bedoeling om nie sy verpligtinge in terme
van die kontrak na
te kom nie of dat die kontrak beëindig is, en het verweerder
daardeur die kontrak beëindig.
7.3 Eiser het
hierdie repudiëring van die kontrak deur verweerder aanvaar,
alternatiewelik die kontrak gekanselleer, alternatiewelik
word dit
hiermee gekanselleer.
7.4 Weens
verweerder se kontrakbreuk het eiser skade gely....”
[5]
Bogemelde aangehaalde paragrawe 3.5.4 tot 4.1 van die gewysigde
besonderhede van vordering is deur verweerder in sy gewysigde

verweerskrif ontken.  Addisioneel daartoe het verweerder, onder
andere, met verwysing na klousule 10.4 van die kontrak (wat
in
paragraaf 6.1.9  van die gewysigde verweerskrif aangehaal is)
ook gepleit dat op ‘n behoorlike interpretasie van
die kontrak:

6.2.1
The ‘costs’, referred to in paragraph 6.1.9 above, do not
include the transport cost of feed and broiler
chickens from the
plaintiff’s premises to the defendant’s abattoir;
6.2.2
The provisions of clause 10.4 of the agreement (as set out in
paragraph 6.1.9 above) have no bearing on the transport
costs of feed
and broiler chickens;
6.2.3   The provisions of
clause 10.4 of the agreement (as set out in paragraph 6.1.9 above) is
only applicable if the
defendant unilaterally amends the costs, as
set out in Annexure “A” and not under circumstances where
such costs are
amended by agreement between the parties.”
In
die alternatief het verweerder bewerings gepleit ter ondersteuning
van ‘n vordering van rektifikasie ten opsigte van klousule

10.4. Voormelde klousulse 10.4 van die kontrak lees as volg:

Country Bird
will be entitled to amend the costs as set out in Annexure “A”
annually on the first day of Country Bird’s
financial year in
order to bring it in line with general industry standards, based on
genetic and technical progress.  The
producer’s profit
margin will not be eroded provided that his performance improves in
line with the industry progress.
Country Bird shall notify the
producer of any such amendment not later than 1 (one) month prior to
the implementation date of such
amendment.”
[6]
Verdermeer het verweerder as volg in paragrawe 6.3 tot 6.8 van die
gewysigde verweerskrif gepleit:

6.3
The plaintiff was at all relevant
times a member of the Contract Growers Association, being a voluntary
organisation that represented
the producers of broiler chickens in
terms of agreements with the defendant.
6.4 Until or about 2 February 2004 all
members of the Contract Growers Association paid from time to time a
fixed amount per broiler
chicken in respect of transport costs from
the producers’ premises to the defendant’s abattoir,
which resulted in a
subsidization of transport costs by those
producers that live nearest to the abattoir to those producers that
live furthest from
the abattoir.
6.5 On or about 10 February 2004 the
Contract Growers Association, duly represented by the committee of
the Contract Growers Association,
and the defendant reached agreement
that with effect from 2 February 2004:
6.5.1 no cross subsidization of feed
and transport costs would take place;
6.5.2 each producer would be
responsible for his own actual transport costs of feed and broiler
chickens from the producers’
premises to the defendant’s
abattoir.
6.6 The said agreement was reduced to
writing and was signed by the defendant and the chairman of the
Contract Growers Association
for and on behalf of,
inter alia
the plaintiff.  Copies of a letter by the defendant to the
Contract Growers Association, dated 11 February 2004, and by the

chairman of Contract Growers Association to the defendant, dated 15
February 2004, are attached hereto, marked annexures “X2”

and “X3”.
6.7 The terms of the agreement were
accordingly effectively amended with effect from 2 February 2004 and
as set out in paragraph
6.5 above.
6.8 The defendant was accordingly
entitled with effect from 2 February 2004 to debit the plaintiff’s
account in the defendant’s
books with the actual transport
costs of feed and Broiler Chickens from the plaintiff’s
premises to the defendant’s
abattoir.”
[7]
Ek het vir die redes in die absolusie uitspraak vermeld, die volgende
tersaaklike bevele in die absolusie aansoek  gemaak:

1. Die
aansoek om absolusie van die instansie word toegestaan ten opsigte
van die hoofvordering vervat in paragraaf 4.1 van die
besonderhede
van vordering.
2. Die aansoek om
absolusie van die instansie word van die hand gewys ten opsigte van
die alternatiewe vordering vervat in die res
van paragraaf 4 van die
besonderhede van vordering.
3. Die koste van
die aansoek om absolusie van die instansie staan oor vir latere
beregting.”
[8] Die eiser het self
getuig.  Mnr Derick Hodgson, wie die kontrak namens verweerder
onderteken het en gedurende die tydperk
van 2000 tot 2004 die
kontrakgroei bestuurder van verweerder was, het namens verweerder
getuig.  Mnr J. H. van Rensburg het
ook namens verweerder
getuig.  Hy was gedurende 2000 tot 2004 as die verteenwoordiger
van ‘n kontrakgroeier van verweerder
betrokke, deurdat hy die
plaasbestuurder van twee vennote was, welke vennootskap die
werksaamhede van ‘n kontrakgroeier verrig
het.  Hy was van
meet af aan ‘n lid van die Kontrakgroeiers Assosiasie en is
gedurende 2003 tot voorsitter van die komitee
van die Assosiasie
verkies.  Addisioneel tot die
viva voce
getuienis, het
die partye ook by ooreenkoms by die aanvang van die verhoor ‘n
verhoorbundel voor die hof geplaas, welke ontvang
was as bewysstuk
“A”.
Ek
is nie voornemens om opsommenderwys die getuienis van die onderskeie
getuies hierin te herhaal nie.  Ek sal met die tersaaklike

gedeeltes van die getuienis handel soos en wanneer ek spesifieke
aspekte van die saak hanteer.
[9] Die kern van die
dispuut tussen die partye handel oor die vervoerkoste van die
braaikuikens vanaf die kontrakgroeiers se onderskeie
persele tot by
verweerder se abattoir.  Dit is gemeensaak tussen die partye dat
op die stadium wat die partye die kontrak
gesluit het, voormelde
koste op die basis van kruissubsidiëring deur al die
kontrakgroeiers betaal was.  Dit het tot
gevolg gehad dat elke
kontrakgroeier dieselfde tarief betaal het ongeag hoe ver sy/haar
perseel vanaf die abattoir geleë was.
Dit is voorts
gemeensaak dat gedurende die tydperk wat daar wel uitvoering aan die
kontrak gegee was tussen die partye, voormelde
vervoerkoste van tyd
tot tyd verhoog en verlaag was deur verweerder (maar steeds op die
basis van kruissubsidiëring), waaraan
eiser hom gebonde geag het
en dit aldus betaal het.  Dit is verder gemeensaak dat die
kostestruktuur gedurende Februarie 2004
(met siklus 109) gewysig was
tot dien effekte dat daar geen kruissubsidiëring meer bestaan
het nie en elke kontrakgroeier
die daadwerklike vervoerkoste moes
betaal gebaseer op die afstand van sy/haar perseel vanaf die
abattoir.  Aangesien eiser
se perseel te Jacobsdal relatief ver
geleë was vanaf verweerder se abattoir te Botshabelo, het dit
tot gevolg gehad dat die
vervoerkoste wat eiser moes betaal, drasties
verhoog het.
Was
kruissubsidiëring ‘n term van die kontrak
[10]
Die essensie van eiser se vordering wat tans nog voor die hof dien
(die “alternatiewe vordering” waarna in die
bevel in die
absolusie aansoek verwys is), is dat voormelde wysiging van die
eenvormige kostestruktuur wat deur alle kontrakgroeiers
betaal was
ten opsigte van die vervoerkoste van die braaikuikens, wesenlike
kontrakbreuk daargestel het wat eiser geregtig gemaak
het om die
kontrak te kanselleer.
[11]
Vir eiser om suksesvol te wees met hierdie vordering, moet eiser
uiteraard bewys dat die toepassing van kruissubsidiëring
ten
opsigte van die vervoerkoste van die braaikuikens ‘n term van
die kontrak was.  Ek het reeds in die absolusie uitspraak

gehandel met die feit dat geen sodanige term, hetsy uitdruklik of
stilswyend, pertinent deur eiser in die besonderhede van vordering

gepleit is nie.  Ek het verwys na die uitspraak in
Minister
of Safety and Security v Slabbert
[2010] 2 All SA 474
(SCA)
op 474, para [12], waarin as volg beslis is:

There are, however,
circumstances in which a party may be allowed to rely on an issue
which was not covered by the pleadings. This
occurs where the issue
in question has been canvassed fully by both sides at the trial. In
South British Insurance Co
Ltd v Unicorn Shipping Lines
(
Pty
)
Ltd
,
this Court said:

However, the absence of such an
averment in the pleadings would not necessarily be fatal if the point
was fully canvassed in evidence.
This means fully canvassed by both
sides in the sense that the Court was expected to pronounce upon it
as an issue.’”
Ek
het ook verwys na die volgende passasie in
Erasmus Superior
Court Practice
, D.E. van Loggerenberg, op RS2, 2016, D1-229:

However, since pleadings are
made for the court, not the court for pleadings, it is the duty of
the court to determine what are
the real issues between the parties
and, provided no possible prejudice can be caused to either party, to
decide the case on these
real issues. In this regard the court has a
wide discretion. The court must look at the substantial issue between
the parties and
not blindly follow the
ipsissima
verba
of the pleadings. The
Appellate Division has, however, warned that parties should not be
encouraged to rely on the court’s
readiness to consider and
deal with unpleaded issues. The cardinal rules in regard to pleadings
should be properly observed, and
the trial should not be allowed to
become a ‘free for all’ with a complete disregard of the
issues raised on the pleadings.
The court is not bound by the
pleadings if the parties themselves at the trial enlarge the issues.
The general principle is that
the parties will be held to the issues
pleaded unless there has been a full investigation of a matter
falling outside the pleadings
and there is no reasonable ground for
thinking that further examinations of the facts might lead to a
different conclusion.”
Ek
het toe tot die gevolgtrekking gekom dat die aspek “fully
canvassed”  was deur eiser se getuienis, beide in
hoof- en
in kruisverhoor en dat daar geen benadling kan wees indien die aspek
wel bereg word nie.  Ek volstaan steeds met
daardie
gevolgtrekking van my.  Die aspek was daaropvolgend na die
afhandeling van die absolusie aansoek ook volledig mee
gehandel in
die getuienis van Mnr Hodgson en Mnr Van Rensburg.  Onder
sodanige omstandighede is ek steeds van mening dat verweerder

geensins benadeel kan word deur die beregting van hierdie aspek nie,
hoewel dit nie spesifiek as ‘n term van die kontrak
in die
besonderhede van vordering gepleit is nie.  Dit vorm die
spilpunt van die geskil tussen die partye, soos dit deurlopend
uit
al die getuienis geblyk het, en is dit dus in die belang van
geregtigheid dat dit wel bereg moet word.
[12] Eiser steun daarop
dat dit ‘n stilswyende term van die kontrak is dat
kruissubsidiëring die basis van die berekening
van die
vervoerkoste van die braaikuikens is.  Mnr Oosthuizen het betoog
dat eiser hom nie van sy bewyslas in die verband
gekwyt het nie. Hy
het aan die hand gedoen dat die feit dat kruissubsidiëring wel
toegepas was, nie outomaties tot gevolg
het dat dit `n kontraktuele
term was dat dit moet geld nie.
[13]
Ten einde bogemelde te beslis, moet die tersaaklike vereistes ten
opsigte van die bewys van die bestaan van ‘n beweerde

stilswyende term in ‘n kontrak, in ag geneem word. ‘n
Stilswyende term, d.w.s. ‘n term wat deur die feite geïmpliseer

word, is as volg beskryf en mee gehandel in
Alfred
Mcalpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration
1974 (3) SA 506
(A) op
531H – 533B, na welke uitspraak Mnr Oosthuizen in sy betoog
verwys het:

.
. .
an
unexpressed provision of the contract which derives from the common
intention of the parties, as inferred by the Court from the
express
terms of the contract and the surrounding circumstances. In supplying
such an implied term the Court, in truth, declares
the whole contract
entered into by the parties. In this connection the concept, common
intention of the parties, comprehends, it
would seem, not only the
actual intention but also an imputed intention. In other words, the
Court implies not only terms which
the parties must actually have had
in mind but did not trouble to express but also terms which the
parties, whether or not they
actually had them in mind, would have
expressed if the question, or the situation requiring the term, had
been drawn to their attention…This
same general concept would
appear to underline the following
dictum
of VAN DEN HEEVER, J.A., in
Van
der Merwe v Viljoen
,
1953
(1) SA 60
(AD)
at
p. 65:

Die
uitdrukking 'stilswyende beding' dui reeds daarop dat dit iets moet
wees wat die partye bedoel het, of geag moet word te bedoel
het, maar
waaraan hulle geen uiting gegee het nie.’

The Court does
not readily import a tacit term. It cannot make contracts for people;
nor can it supplement the agreement of the
parties merely because it
might be reasonable to do so. Before it can imply a tacit term the
Court must be satisfied, upon a consideration
in a reasonable and
businesslike manner of the terms of the contract and the admissible
evidence of surrounding circumstances that
an implication necessarily
arises that the parties intended to contract on the basis of the
suggested term. (See
Mullin
(Pty.) Ltd
.
v
Benade
Ltd.
,
1952
(1) SA 211 (AD)
at
pp. 214 - 5, and the authorities there cited;
S.A.
Mutual Aid Society v Cape Town Chamber of Commerce
,
1962
(1) SA 598
(AD)
). The practical test to be applied - and one
which has been consistently approved and adopted in this Court - is
that formulated
by SCRUTTON, L.J., in the well-known case of
Reigate
v Union Manufacturing Co.
,
118 L.T. 479
at p. 483:

You must
only imply a term if it is necessary in the business sense to give
efficacy to the contract; that is, if it is such a term
that you can
be confident that if at the time the contract was being negotiated
someone had said to the parties: “What will
happen in such a
case?” they would have both replied: “Of course,
so-and-so. We did not trouble to say that; it is
too clear.’
This is often
referred to as the ‘bystander test’.”
Mnr
Oosthuizen het ook na die uitspraak in
Wilkins NO v Voges
[1994] ZASCA 53
;
1994
(3) SA 130
(AD) verwys, waarin as volg beslis is op 136H –
137C:

A
tacit term, one so self-evident as to go without saying, can be
actual or imputed. It is actual if both parties thought about
a
matter which is pertinent but did not bother to declare their assent.
It is imputed if they would have assented about such a
matter if only
they had thought about it - which they did not do because they
overlooked a present fact or failed to anticipate
a future one. Being
unspoken, a tacit term is invariably a matter of inference. It is an
inference as to what both parties must
or would have had in mind. The
inference must be a necessary one: after all, if several conceivable
terms are all equally plausible,
none of them can be said to be
axiomatic. The
inference
can be drawn from the express terms and from admissible evidence of
surrounding circumstances. The
onus
to prove the material from which the inference is to be drawn rests
on the party seeking to rely on the tacit term. The practical
test
for determining what the parties would necessarily have agreed on the
issue in dispute is the celebrated bystander test. Since
one may
assume that the parties to a commercial contract are intent on
concluding a contract which functions efficiently, a term
will
readily be imported into a contract if it is necessary to ensure its
business efficacy; conversely, it is unlikely that the
parties would
have been unanimous on both the need for and the content of a term,
not expressed, when such a term is not necessary
to render the
contract fully functional. The above propositions, all in point, are
established by or follow from numerous decisions
of our Courts (see,
for instance
Rapp
and Maister v Aronovsky
1943 WLD 68
at 75;
Alfred
McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration
1974
(3) SA 506
(A);
Delfs
v Kuehne & Nagel (Pty) Ltd
1990
(1) SA 822
(A)
).”
[14]
In navolging van bogemelde regspraak, ag ek dit noodsaaklik om eers
op die uitdruklike terme van die kontrak te let.
[15]
In klousule 2.6.3 van die kontrak word daar verwys na ‘n
dokument, “annexure ‘A’”, wat as volg

gedefinieer word:

The document
marked as such, attached hereto and which document sets out
production standards, costs and the remuneration schedule.”
Ek
sal na die dokument verwys as “aanhangsel  ‘A’”.
Klousule 5.4 van die kontrak bevat die volgende
verwysing na
aanhangsel “A”:

Country Bird
will produce day-old chickens and deliver same at the premises at the
costs as specified in Annexure ‘A’
subject to the
provisions of sub-clause 10.4 of this agreement.”
Klousule
10.1 van die kontrak bepaal as volg:

The producer
is entitled to compensation for delivered broiler chickens,
calculated on the nett weight thereof in accordance with
the specific
formula and by taking into account further costs, as set out in
annexure ‘A’.”
Ek
het reeds klousule 10.4 van die kontrak, wat ook na aanhangsel “A”
verwys,  aangehaal. Ek sal later hierin ook
na klousule 6.3.1
van die kontrak verwys.
[16]
Uit die getuienis blyk dit onseker/in dispuut te wees of daar ‘n
aanhangsel “A” tot die kontrak aangeheg
was ten tyde van
die ondertekening daarvan en indien wel, watter weergawe daarvan;
alternatiewelik, na welke weergawe daarvan verwys
was ten tyde van
die verduideliking van die terme en die werking van die kontrak.
Dit het uit die totaliteit van die getuienis
geblyk dat verweerder na
elke groei-siklus aan elke kontrakgroeier (ingesluit eiser) ‘n
verrekeningstaat verskaf het waarin
alle tersaaklike inligting met
betrekking tot die bepaalde siklus op ‘n gedetailleerde wyse
uiteengesit was en ‘n berekening
gedoen was van die bedrag wat
verweerder aan sodanige kontrakgroeier (ingesluit eiser) verskuldig
was vir daardie bepaalde siklus.
Aangeheg tot elke van hierdie
verrekeningstate was ‘n aanhangsel “A” wat volledig
voltooi was met die tersaaklike
inligting, persentasies, getalle en
bedrae van daardie siklus.  Aanhangsel “A” het dus
telkens verskil van siklus
tot siklus.  Daar is twee moontlike
aanhangsel “A” dokumente wat in die getuienis geopper is
as synde die tersaaklike
aanhangsel “A” wat ter sprake
was ten tyde van die kontraksluiting tussen die partye.  Die
eerste hiervan verskyn
op p. 34 van bewysstuk “A”, welke
gedateer is 21 Augustus 2000.  Hierdie aanhangsel “A”
blyk die “roneo”
weergawe te wees deurdat dit wel al die
inligting bevat met betrekking tot alle aspekte wat in berekening
gebring word ten einde
die vergoeding van ‘n kontrakgroeier te
bepaal, maar dit bevat nie spesifieke getalle en berekende bedrae
nie.  Daarenteen
is daar aanhangsel “A” wat op p. 35
van bewysstuk “A” voorkom, gedateer 25 November 1999.
Hierdie
aanhangsel “A” reflekteer berekenings gebaseer op
die plasing van ‘n spesifieke hoeveelheid kuikens en verdere

berekeninge wat duidelik gebaseer is op werklike syfers wat in die
geval van daardie bepaalde kontrakgroeier ten opsigte van daardie

bepaalde siklus gedurende 1999 van toepassing was.
[17] Uit eiser se
getuienis blyk dit dat ene Mnr Jacobs, ‘n verteenwoordiger van
verweerder, hom gedurende 2000 by sy perseel
besoek het en hulle
samesprekings gevoer het, waartydens Mnr Jacobs ‘n blanko
kontrak aan eiser verskaf het wat hy intussen
kon bestudeer.
Volgens eiser was daar geen aanhangsel “A” aangeheg tot
daardie blanko kontrak nie.  Nadat
eiser reeds twee siklusse
dagoud kuikens vanaf verweerder ontvang het en die braaikuikens aan
verweerder gelewer het, het eiser
verweerder gekontak aangesien eiser
nog nie oor ‘n getekende kontrak met verweerder beskik het
nie.  Mnr Hodgson het
daarop met ‘n besoek aan eiser se
perseel vir hom ‘n kontrak gebring, welke kontrak toe deur die
partye onderteken
is.  Eiser is onseker of daar ‘n
aanhangsel “A” aangeheg was tot die kontrak toe hy dit
onderteken het,
aangesien hy nie op daardie stadium ‘n afskrif
van die kontrak ontvang het nie.  Wat betref aanhangsel “A”

wat op p. 35 van bewysstuk “A” voorkom, is dit eiser se
getuienis dat dit ‘n dokument is wat hy op ‘n stadium

vanaf Mnr Danie Delport, vir wie hy voorheen kuikens groot gemaak
het, ontvang het toe Mnr Delport aan hom verduidelik het hoe
die
proses met verweerder werk.
Aldus
die getuienis van Mnr Hodgson het hy telkens wanneer hy met ‘n
kontrakgroeier onderhandel het oor die sluiting van ‘n

moontlike kontrak, ‘n nuut-opgedateerde aanhangsel “A”
met hom saamgeneem wat hy gebruik het om aan die potensiële

kontrakgroeier te verduidelik hoe die koste- en betalingsstruktuur
werk.  Sodanige aanhangsel “A” was egter nie
fisies
aan die kontrak geheg nie.  Volgens Mnr Hodgson is hy oortuig
dat hy nie die roneo vorm op p.34 van bewysstuk “A”
sou
gebruik het ten tyde van sy verduidelikings aan eiser nie.  Hy
sou, aldus sy getuienis,  egter ook nie van aanhangsel
“A”
op p. 35 van bewysstuk “A” gebruik gemaak het nie,
aangesien dit gedateer is 25 November 1999 en daar
veranderde waardes
en kostes sedertdien sou kon intree gegewe dat die kontrak tussen die
partye eers gedurende Augustus 2000 gesluit
was.  Volgens hom
sou hy egter van ‘n soortgelyke een gebruik gemaak het, wat
inderdaad voorsiening maak vir die plasing
van ‘n bepaalde
hoeveelheid kuikens en dan die tersaaklike getalle, waardes, kostes
en berekeninge reflekteer soos wat dit
van toepassing was gedurende
of omtrent Augustus 2000.
[18]
Na my mening blyk dit duidelik uit die terme van die kontrak wat ek
hierbo aangehaal het, dat ‘n dokument getiteld aanhangsel
“A”
deel gevorm het van die kontrak, welke dokument die
produksiestandaarde, kostestruktuur, betalingsstruktuur, ens

uiteensit (die “vergoedingsstruktuur”).  Volgens Mnr
Hodgson se eie getuienis sou dit ‘n aanhangsel “A”

wees wat die tersaaklike waardes en kostes reflekteer soos dit van
toepassing was op datum van kontraksluiting.  Gegewe dat

aanhangsel “A” wat op p.34 van bewysstuk “A”
voorkom gedateer is 21 Augustus 2000, synde dieselfde maand
en jaar
as waarop die partye die kontrak gesluit het, meen ek dat dit uit die
totaliteit van die getuienis op ‘n oorwig van
waarskynlikhede
blyk dat die vergoedingsstruktuur wat daarop aangetoon word, heersend
en van toepassing was op die datum van kontraksluiting
tussen die
partye.  Derhalwe aanvaar ek dit as bewese dat die aftrekkings
soos gereflekteer in die sewende kolom op aanhangsel
“A”
op p. 34 van bewysstuk “A”, op datum van kontraksluiting
die tersaaklike “deductions” was:

7.1 Day-old
chicks:  Actual expense as financed by Country Bird (amount will
change with price fluxuations).
7.2  Feed:
Actual expense as financed by Country Bird (amount will change with
price fluxuations).
7.3
Medication/Vaccines:  Actual expense as financed by Country Bird
(amount will change with price fluxuation).
7.4
Transport:  R0.129 per broiler (amount will change with price
fluxuations).
7.5
Catching:  R0.07 per broiler.
7.6  Cleaning
materials:  Actual expense as financed by Country Bird (amount
will change with price fluxuations).”
[19]
Mnr Oosthuizen het die eiser gekruisverhoor, onder andere,  met
verwysing na klousule 6.3.1 van die kontrak, wat as volg
lees:

All disbursement for a specific
growth cycle in respect of the purchase price of the day-old chickens
(which will include inoculation
and transport costs) as well as the
purchase of
feed, cleaning
materials, poultry medication and vaccines (“the production
means”)
will be
debited to the account of the producer by Country Bird from time to
time
at the prevailing costs
of such means.”
(Eie
beklemtoning)
Die
kruisverhoor was op die basis dat die vervoerkoste van die
braaikuikens ook “production means” is en dat dit dus
ook
ooreenkomstig “the prevailing costs” bereken moet word.
Mnr Oosthuizen het daarop ten tyde van sy betoog
aangevoer dat
klousule 6.3.1 se uitdruklike bewoording dus nie ruimte laat vir `n
stilswyende term dat die vervoerkoste van die
braaikuikens op ‘n
ander basis bereken moet word nie.
[20]
Ek kan egter nie met voormelde betoog van Mnr Oosthuizen saamstem
nie.  Wanneer die aftrekkings wat in klousule 6.3.1
vergelyk
word met die aftrekkings wat in paragraaf 7 van aanhangsel “A”
voorkom, blyk dit dat die vervoerkoste van
die braaikuikens, 7.4, en
die vang van die braaikuikens, 7.5, die twee uitgawes is wat nie in
klousule 6.3.1. vermeld word nie.
Dit is júís die
twee uitgawes wat by wyse van ‘n spesifieke prys op aanhangsel
“A” aangedui word
met geen verwysing na “actual
expense” nie.  By ‘n behoorlike uitleg van klousule
6.3.1 van die kontrak
blyk die vervoerkoste van die braaikuikens dus
by implikasie uitdruklik uitgesluit te wees van die omskrywing van
“production
means” en voorts ook uitgesluit te wees van
`n berekening op die basis van “
prevailing
costs”
en/of “actual expense”.
[21]
Ek handel vervolgens met die getuienis ten opsigte van die omringende
omstandighdede. Volgens eiser se getuienis was die vervoerkoste
van
die braaikuikens ‘n wesenlike term van die kontrak.  Van
meet af aan was dit ooreengekom dat verweerder die braaikuikens
op
eiser se plaas sou kom haal teen die koste wat op aanhangsel “A”
verskyn, welke koste bereken was op die basis van
kruissubsidiëring
en dus vir al die kontrakgroeiers dieselfde was.  Eiser het
getuig dat soos en wanneer daar ‘n
verhoging of verlaging in
die verskaffer se prys van vervoerkoste was, die bedrag in paragraaf
7.4 op aanhangsel “A”
dienooreenkomstig verhoog of
verlaag het, maar dat dit steeds deurentyd vir alle kontrakgroeiers
`n eenvormige bedrag was.
Van eiser se verdere relevante
getuienis in die verband was die volgende:

Maar u sê
ten opsigte van die vervoer van die voer en die vervoer van die
braaikuikens is dit nie ... moet nie die werklike
koste wees nie?
----  Ek kry ‘n faktuur vir die prys van die dagoud
kuikens wat gedebiteer word en ek kry ‘n faktuur
vir alles
gelewer en die vervoer bly ek staan daarop U Edele dat dit is die
koste vir die vereniging van alle kontrakgroeiers is
as dieselfde
vasgestel deur Country Bird.  Ek kan nie saamstem dat dit die
vervoer op werklike afstande van my abattoir af
is nie.  Dit is
verseker nie so nie want dan moes dit vanaf die eerste siklus
noemenswaardig verskil het.  Al die siklusse
is vervoer op ‘n
eenvormige basis wat almal dieselfde basis en toe kom die
uitsondering ...
Maar u sê dit
is hoe die posisie aanvanklik was, hulle, die wat naby is, subsidieer
vir u? ---  Country Bird, dit is
korrek.  Hulle het met
kontrakgroeiers ‘n kontrak gekontrakteer ten spyte van die feit
waar hulle geleë is en dit
is aan geen kontrakgroeier ooit
uitgelig dat hy vanaf sy plaas na die abattoir ‘n ander koste
sal moet betaal as wat al die
ander kontrakgroeiers saam betaal nie.
Daar was kruissubsidiëring, maar dit was vir ons almal so
aanvaarbaar ...”
(Rekord,
p.125 – p. 126)
[22]
Na my mening is Mnr Hodgson se getuienis in hierdie verband
essensieel en ag ek dit dus doelmatig om sekere gedeeltes daarvan
ook
hier aan te haal.  Gedurende kruisverhoor en met verwysing na sy
vroeëre getuienis dat hy gebruik gemaak het van
‘n los
aanhangsel “A” om aan die potensiële kontrakgroeier
die inhoud en implikasies daarvan te verduidelik,
het hy as volg
getuig:

...Ja, ek
kan met eerlikheid sê dit is hoe ek dit met almal gedoen het...
So ek het dieselfde prosedure met almal gevolg.
Hier is die
kontrak nog duidelik, so werk dit, so loop die kostes, dit kan jou
moontlike inkomste wees.  So hy was nie vas
nie.  Ek dink
dit is ‘n tegniese punt.  Hy was nie vas aan nie.  Hy
was nie vasgeheg nie, maar ek het hom
so gehad.
So dit is met hom bespreek wat in
daardie aanhangsel “A” van u gestaan het? --- Definitief.
En dit vorm deel van die kontrak wat u
met hom bespreek het? --- Dit is reg.
Alhoewel hy nie
aangeheg is nie? --- Dit is reg.”
(Rekord,
p. 284)

Ja? --- Want
ons het in detail deur dit gegaan.
En die detail sluit
in al die aftrekkings wat in daardie paragraaf 7 voorkom nè?
--- Dit is reg, ja.”
(Rekord,
p. 288)

Wat
belangrik is, is dat u met Mnr Botes onderhandel het en verduidelik
het dat die transportkoste van braaikuikens vanaf Mnr Botes
na die
abattoir, dit sal hierdie bedrag wees van R0.129 per braaikuiken nè?
--- Dit is heeltemal reg.”
(Rekord,
p. 291)

Kruisgesubsidieer
word. --- Dit is reg, kruisgesubsidieer word.  Daar word nie na
dit in die kontrak verwys nie.
Maar die feite was daar was
gekruissubsidieer? --- Nee, dit was, ja.
En die feite is in daardie paragraaf 7
van aanhangsel “A” word spesifiek na ‘n prys verwys
wat kruisgesubsidieer
is.  U skud weer u kop net? --- Dit is
reg.
En u het gesê dit is deel van
die kontrak? --- Dit is reg.
En wanneer daar ‘n wysiging
gekom het, is dit weereens eenvormig toegepas.  Met ander woorde
kruissubsidiëring het
bly geld? --- Ja.
Tot 2004 nou? --- Dit is reg.
Selfs toe dit per vrag ooreengekom is
het kruissubsidiëring nog steeds gegeld? ---- Ja.
So u sal met my dan saamstem dat
sedert 2000, 2001, 2002, 2003 en so ‘n stukkie van 2004 het
almal geweet, die kontrakgroeiers
ook, dat daar vind
kruissubsidiëring plaas en dit is hoe die koste afgetrek word
wat daardie aspek betref.  Daardie aspekte
koste word afgetrek,
maar as gevolg van die kruissubsidiëring is dit vir u wat ver is
voordelig en die wat naby is minder?
--- Ja.
Daar was geen
onduidelikheid tussen die kontrakgroeiers en Country Bird dat dit die
situasie is nie? --- Dit is reg.”
(Rekord,
p. 304)

En in
hierdie aanhangsel “A” is daar ‘n verwysing na die
vervoerkoste van die braaikuikens, wat dit is? ---- Dit
is reg.
So vir al hierdie jare voor 2004 het,
was die inhoud van die ooreenkoms tussen Country Bird en die groeier
daar vind kruissubsidiëring
plaas? ---- Ja.
En die effek
daarvan is dat in jou berekening van die tjek wat jy aan die einde
van die maand kry betaal almal dieselfde vervoerkoste
per kuiken
vanaf jou plaas na die abattoir toe? --- Dit is reg.”
(Oorkonde
p. 311 – p.312)

En dan die
een, 7.4 die transport, dit is ook, in hierdie geval was dit R0,129
per broiler per braaikuiken maar kan ook wissel soos
die pryse
fluktueer, die petrol aanpas of duurder word? --- Dit is reg.
En Hestony vir julle meer vra? --- Dit
is reg.
Want dit is ook ‘n
term van die kontrak? --- Ja.”
(Rekord,
p. 313)
[23]
Ook Mnr Van Rensburg het rondom hierdie aspek getuig:

... en u dra
kennis van hierdie aanhangsel “A” by kontrakte, is dit
reg? --- Ek dra kennis van die aanhangsel “A”
van die
kontrak.
Dit vorm ook deel van die kontrak
tussen Country Bird en die kontrakgroeiers. --- Dit is korrek.
En van belang vir hierdie saak ...
paragraaf 7 daar onder aan op bladsy 34 ... gehandel met die
deductions ... en onder andere word
daar ook met vervoer in paragraaf
7.4 gehandel. --- Dit is korrek.
...
En hier is die transportkoste per
braaikuikens geïdentifiseer as R0,129 per kuiken. --- Dit is
korrek.
Nou ons het al daardeur gegaan,
hierdie bedrag is aangepas soos wat petrolprys of vervoerkoste gestyg
het tot dit  later op
‘n stadium per vrag bepaal is.
---- Dit is korrek.
Maar u weet ook as verteenwoordiger of
as ‘n werkgewer van ‘n kontrakgroeier dat hierdie
transportkoste tot en met 2000,
die begin van 2004 het behels dat
daar sogenaamde kruissubsidiëring plaasvind, met ander woorde
alle kontrakgroeiers betaal
dieselfde per braaikuiken. --- Dit is
korrek.
En die logiese effek daarvan is dat
daar prys subsidiëring is want die wat naby die abattoir is
behoort eintlik minder te betaal
omdat dit korter vervoer is as die
een wat baie ver geleë is. --- Dit is korrek.
En dit is korrek dat Country Bird en
elke kontrakgroeier het geweet dat daar kruissubsidiëring
bestaan. --- Dit is korrek.
En dat daardie prys
van vervoer wat in paragraaf 7.4 voorkom beteken dit is ‘n
bedrag wat afgetrek gaan word maar dit gaan
gepaard met
kruissubsidiëring. --- Dit is korrek.”
(Rekord,
p. 382 – p.383)
[24]
Na my mening blyk dit uit die totaliteit van bogemelde getuienis dat
die kontrak verduidelik en voorgehou was aan eiser op
die basis dat
dit ‘n term van die kontrak is dat die vervoerkoste van die
braaikuikens op die basis van kruissubsidiëring
bereken word,
met die gevolg dat elke kontrakgroeier dieselfde tarief betaal,
ongeag hoe ver sy/haar perseel vanaf verweerder se
abattoir geleë
is.
[25]
Addisioneel tot voormelde is dit noodsaaklik om in ag te neem dat die
partye dit eens is dat wanneer die vervoerkoste van die
braaikuikens
bereken sou word op die basis van die werklike koste daarvan, met
ander woorde sonder kruissubsidiëring, dit
nie vir eiser
ekonomies moontlik is om ooreenkomstig die bepalings van die kontrak
‘n kontrakgroeier van verweerder te wees
nie.  Die bestaan
van kruissubsidiëring as die basis waarop die vervoerkoste van
die braaikuikens bereken word was dus
essensieel ten einde die
kontrak funksioneel en besigheids-effektief vir die partye te gemaak
het.  Dit is dus na my mening
by noodwendige implikasie verder
aanduidend daarvan dat die partye bedoel het om die kontrak te sluit
op die basis dat die vervoerkoste
van die braaikuikens by wyse van
van kruissubsidiëring bereken sal word.
[26] Uit die totaliteit
van voormelde, is dit die noodwendige gevolgtrekking dat  die
partye bedoel het om op daardie basis
te kontrakteer. Dit blyk uit
die omringende omstandighede, saamgelees met die bogemelde uitleg van
klousule 6.3.1, saamgelees met
aanhangsel “A” daartoe. Na
my mening het die eiser hom dus van sy onus gekwyt om voormelde term
as `n stilswyende term
van die kontrak te bewys.
Wysiging
deur middel van die Kontrakgroeiers Assosiasie
[27]
Mnr Oosthuizen het in die alternatief betoog dat indien ek sou bevind
dat die staking van kruissubsidiëring ten opsigte
van die
vervoerkoste van die braaikuikens ‘n wysiging van die kontrak
daargestel het, dit by wyse van skriftelike ooreenkoms
geskied het
deur middel van die Kontrakgroeiers Assosiasie waarvan eiser lid was
en aan wie se onderhandelinge en besluite eiser
gebonde was, soos
gepleit in paragrawe 6.3 tot 6.8 van die gewysigde verweerskrif.
[28]
Dit het by die afsluiting van die getuienis geblyk dat die partye
ad
idem
is (ten spyte van getuienis deur Mnr Van Rensburg tot die
teendeel) dat die saak steeds bereg moet word op die basis soos
ooreengekom
ten tyde van die Reël 37 – samesprekings,
synde dat dit verweerder se saak is dat die Kontrakgroeiers
Assosiasie nie
oor ‘n konstitusie beskik nie.  Mnr
Oosthuizen en Mnr Claasen het voorts aangedui dat die partye ook
ad
idem
is dat die bestaan van ‘n konstitusie nie ‘n
voorvereiste is vir ‘n assosiasie om regspersoonlikheid te hê

nie.
[29]
Mnr Claasen het betoog dat verweerder die bewyslas dra met betrekking
tot die bewerings vervat in paragrawe 6.3 tot 6.8 van
die gewysigde
verweerskrif, soos dit reeds eiser se standpunt was in die Reël
37-notule, gedateer 29 Julie 2008, paragraaf
6.7 op p. 103 van die
pleitstukbundel.  Hierdie submissie van Mnr Claasen blyk na my
mening korrek te wees.  Sien
Cecil Nurse (Pty) Ltd v Nkola
2008 (2) SA 441
(SCA).
[30]
Dit het ten tyde van sy betoog geblyk dat Mnr Claasen toegee dat die
bestaan van die Kontrakgroeiers Assosiasie as ‘n
regspersoon
wel as bewese geag kan word. (Rekord, p. 433)
[31]
Die volgende algemene beginsels ten opsigte van assosiasies is
uiteengesit in
LAWSA
, 2de Uitgawe, Volume 1, paragrawe
619 tot 620 op p. 466 tot p. 467:

An association is founded on a
basis of mutual agreement.  This entails that it will come into
being if the individuals who
propose forming it have the serious
intention to associate and are in agreement on the essential
characteristics and objectives
of the
universitas
or unincorporated association.  The latter aspect is usually
manifested by the approval and adoption of a constitution.
For
practical purposes it is advisable, but not essential, to have a
written constitution
. …
The constitution of an association together with all rules or
regulations collectively constitutes the agreement which
is entered
into by its members.  … It not only determines the nature
and scope of the association’s existence
and activities but
also, where necessary, prescribes and demarcates the powers of,
inter
alia
, the executive
committee, secretary and general meeting, expresses and regulates the
rights of members and provides for certain
procedural aspects. …”
(Eie
beklemtoning)
[32]
In die onderhawige geval het Mnr Van Rensburg getuig dat die doel van
die Kontrakgroeiers Assosiasie was om as spreekbuis te
dien vir die
res van die kontrakgroeiers en onderhandelinge namens hulle te
behartig.  Hy het dit voorts as volg verduidelik:

Daar sou
onderhandel wees as wanneer daar veranderinge in die standaarde
plaasvind op die betalingsstruktuur en wanneer die kontrakgroeiers

voel dat hulle kostes nie meer gedek kan word deur die huidige
betalingsstruktuur nie, dan sou die kontrakgroeiers komitee namens

hulle dan dit onderhandel het met Country Bird.”
[33]
Onder die omstandighede is ek tevrede, ooreenkomstig die ooreenkoms
tussen die partye en die toegewing deur Mnr Claasen, dat
die bestaan
die Kontrakgroeiers Assosiasie, synde n assosiasie met
regspersoonlikheid, wel bewese is ten spyte van die afwesigheid
van
‘n konstitusie.
[34]
Duidelikheidshalwe moet vermeld word dat dit uit die getuienis blyk
dat  die lede van die Kontrakgroeiers Assossiasie
by wyse van
meerderheidsbesluit besluite op hul vergaderings geneem het en dan
daarvolgends `n mandaat aan die komitee van die
Kontrakgroeiers
Assosiasie gegee het, waarop die komitee op grond van daardie mandaat
met verweerder onderhandel het. Volgens Mnr
Van Rensburg het die
Kontrakgroeiers Assosiasie egter nie enige formele skriftelike
kontrakte namens die lede gesluit nie.
[35]
Vanweë die bevindings waartoe ek later in hierdie uitspraak kom,
aanvaar ek vir doeleindes van hierdie uitspraak, sonder
om dit te
beslis, dat die besluite wat by wyse van meerderheidsbesluit op die
vergaderings van die lede van die Kontrakgroeiers
Assosiasie geneem
was, geldig was en bindend op eiser was en gaan ek dus nie oor die
prosedurele aspekte van sodanige vergaderings
beslis nie.
[36]
Aanhangsel “X2” tot die gewysigde verweerskrif, synde ‘n
skrywe vanaf Mnr Searle namens verweerder gerig
aan die voorsitter
van die Kontrakgroeiers Assosiasie, Mnr Van Rensburg, gedateer 11
Februarie 2004, is een van die twee skrywes
waarop verweerder steun
vir sy bewering van die sluiting van ‘n gewysigde kontrak. Die
eerste twee sinne daarvan lees as
volg:

The following concept of
payment to Contract Growers has been accepted at a meeting held at
Hartbeesfontein on 27 January 2004.
Subsequent to our meeting on 10
February 2004, Country Bird will unilaterally implement the new
payment system as from 2 February
2004.”
[37]
Met verwysing na voormelde vergadering van 27 Januarie 2004 was dit
Mnr Van Rensburg se getuienis dat daar nie ‘n notule
ten
opsigte van hierdie vergadering beskikbaar is nie, die afwesigheid
waarvan hy nie kon verduidelik nie.  Hy het ook nie
‘n
onafhanklike herinnering van wie daar teenwoordig was en wie ten
gunste daarvan of daarteen besluit het dat kruissubsidiëring

afgeskaf word nie.  Mnr Hodgson het ook geen herinnering of hy
teenwoordig was by daardie vergadering, aldan nie.  Verweerder

se
viva voce
getuienis is bloot dat daar by wyse van
meerderheidsbesluit besluit was dat kruissubsidiëring afgeskaf
word.  Daar is
geen getuienis oor die presiese terme van hierdie
besluit en derhalwe die terme van die mandaat wat die lede aan die
komitee gegee
het om namens hulle met verweerder te onderhandel nie.
[38]
Wat betref die vergadering van 10 February 2004 waarna ook in
aanhangsel “X2” verwys word, het Mnr Hodgson nie
self
getuig of hy teenwoordig was by daardie vergadering, aldan nie.
Volgens die getuienis van Mnr Van Rensburg bestaan daar
ook nie ‘n
notule ten opsigte van hierdie vergadering nie.  Mnr Van
Rensburg het egter getuig dat hy ‘n onafhanklike
herinnering
daaraan het dat hy en die ander drie lede van die Kontrakgroeiers
Assosiasie se komitee by hierdie vergadering teenwoordig
was, asook
Mnr Searle en Mnr Hodgson namens verweerder.  Weereens is daar
geen getuienis van die spesifieke terme van die
beweerde ooreenkoms
waarop ooreengekom was anders as bloot dat kruissubsidiëring
afgeskaf sou word nie.
[39]
Ek ag dit noodsaaklik om die totaliteit van die inhoud van aanhangsel
“X2” tot die gewysigde verweerskrif hierin
aan te haal:

Country Bird Payment
Schedule to Contract Growers
The following concept of payment to
Contract Growers has been accepted at a meeting held at
Hartbeesfontein on 27 January 2004.
Subsequent to our meeting on 10
February 2004, Country Bird will unilaterally implement the new
payment system as from 2 February
2004.
Country Bird has increased the payment
per kilogram as per the table below.
Payment Method
:
1.
The new payment method
will be made at a Rand value per kg live weight delivered to the
abattoir.
2.
No cross subsidisation
of Transport.
3.
The Contract Grower will
be responsible for his actual transport cost of feed and live birds.
4.
The price per kg live
weight paid to the Contract Grower will be negotiated every quarter
based on the feed price negotiated by
Country Bird.
5.
D.O.A.:  This will
still be shared at 50%.
6.
Price per kg live weight
for period 1 February 2004 to 31 March 2004.
AGE
Rand per kg live weight
38

R 6,10
37

R6,14
36

R6,18
35

R6,22
We trust that the above structure will
simplify the payment to Contract Growers and afford those close to
the abattoirs the opportunity
to expand their operations.  The
payment method will ensure the long-term sustainability of Country
Bird in creating the opportunity
for growth for both Country Bird and
Contract Growers.
Day Old Chicks
The minimum weight for D.O.C. placed
at day old will be 36 grams.  The seven-day claims on chick
quality will remain the same
as agreed to by Country Bird and
Contract Growers, i.e. loggers to be in place to prove the standard
of Management is in place.
The price of the D.O.C. is R2,50.
We are of the opinion that Country
Bird and their Contract Growers will develop a new relationship in
building Country Bird to be
a competitive player in the Poultry
Industry.”
[40]
Die tweede skrywe waarop verweerder steun ter bewys van die beweerde
skriftelike gewysigde kontrak wat gesluit is, is aangeheg
as
aanhangsel “X3” tot die gewysigde verweerskrif.  Dit
is gedateer 15 February 2004 en is ‘n skrywe deur
Mnr Van
Rensburg gerig aan Mnr Searle.  Weereens ag ek dit noodsaaklik
om die inhoud daarvan hierin te herhaal:

Country Bird Payment
Schedule to Contract Growers
Refer to your letter dated 11 February
2004.
The concept of payment has been
accepted on a meeting held by the Contract Growers, but not the price
paid by kilogram and the implementation
date by Country Bird.
We as contract growers accept the
following conditions:
-
No cross subsidisation of
transport.
-
The contract grower will be
responsible for its actual transport costs of feed and live birds.
-
The price paid by the contract
grower will be negotiated every quarter based on the feed price
negotiation by Country Bird.
-
D.O.A. will still be shared at
50%.
We as Contract Growers can’t
accept the price paid by kg live weight due to the following reasons:
-
Average Net Price per kg live
weight previously: R0,69.
-
Average Net Price per kg live
weight currently: R0,54.
-
DOC price per kg live weight
previously:  R1,15.
-
DOC price per kg live weight
currently: R1,38.
-
The full transport price and
the feed was part of the payment previously and now it is just an
amount of R78,00 per ton part of
it.
The Contract Growers cannot produce
live birds on the prices given by Country Bird currently and
therefore we need to meet with
Mr Kevin James very urgently.
We as Contract Growers want to take
hands and develop a new relationship to ensure a long-term
sustainability of Country Bird in
creating the opportunity for growth
for both Country Bird and Contract Growers.”
(Eie
beklemtoning)
[41]
Mnr Claasen het betoog dat die voormelde inhoud van aanhangsels “X2”
en “X3” nie ‘n vergestalting
is van ‘n
ooreenkoms wat tussen die partye gesluit was nie.  In die
verband het hy betoog dat die basis of wyse waarop
die betaling van
vergoeding bereken sou word, uit verskillende komponente bestaan het
wat ‘n pakket gevorm het op ‘n
wyse dat dit
interafhanklik van mekaar was.  Hy het dus betoog dat alvorens
die partye nie wilsooreenstemming ten opsigte
van elke komponent van
die pakket gehad het nie, daar nie sprake kon wees van ‘n
ooreenkoms nie.  Hy het gevolglik aan
die hand gedoen dat dit
wat in aanhangsel “X2” uiteengesit was, ‘n aanbod
deur verweerder was, welke nie vir
die Kontrakgroeiers Assosiasie
aanvaarbaar was nie, waarop ‘n teenaanbod deur laasgenoemde in
aanhangsel “X3”
gemaak was.  Ter ondersteuning van
sy submissie het Mnr Claasen onder andere verwys na die uitspraak in
Legator Mckenna Inc and Another v Shea and Others
2010
(1) SA 35
(SCA), para [17], waaruit die volgende tersaaklike
beginsels blyk:
“…
What
gives rise to the question is of course the trite principle that a
binding contract can only be brought about by an acceptance
which
corresponds with the offer in all material aspects. 'Yes, but' does
not signify agreement. At best it is a counter-offer
(see eg
Jones
v Reynolds
1913 AD 366
at 370 - 371;
Pretoria
East Builders CC and Another v Basson
2004
(6) SA 15
(SCA) in para 9; RH Christie
The
Law of Contract in South Africa
5 ed at 62 - 3 and the cases there cited). Since the Erskines offered
an unconditional agreement while McKenna agreed to a conditional
one,
I think the difference between offer and acceptance is clear. It
follows that in my view McKenna did not accept the offer
by the
Erskines, even though they may all have thought that he did. As a
matter of law, this purported acceptance constituted no
more than a
counter-offer.”
[42]
Ten tyde van die kruisverhoor van Mnr Hodgson het hy getuig dat sy
interpretasie van die inhoud van voormelde twee skrywes
tot dien
effekte is dat die partye nog besig was om te onderhandel en dat daar
nog nie ‘n ooreenkoms tussen hulle bereik
was nie.
[43]
Wat voorts uit die getuienis geblyk het en wat gemeensaak is tussen
die partye, is dat daar nog twee soortgelyke skrywes gevolg
het op
aanhangsels “X2” en “X3” tot die gewysigde
verweerskrif.  Weereens ag ek dit noodsaaklik om
na die
gedetailleerde inhoud van hierdie skrywes te verwys.  Die eerste
hiervan is ‘n skrywe wat voorkom op p. 100 van
bewysstuk “A”,
synde ‘n skrywe vanaf Mnr Searle gerig aan die voorsitter van
die Kontrakgroeiers Assosiasie,
Mnr Van Rensburg, gedateer 18
February 2004, wat as volg lees:

Country Bird Payment
Schedule to Contract Growers
The following concept of payment to
Contract Growers has been accepted at a meeting held at
Hartbeesfontein on 27 January 2004.
Subsequent to our meeting on 10
February 2004, Country Bird will unilaterally implement the new
payment system as from 2 February
2004.
Country Bird has increased the payment
per kilogram as per the table below.
Payment Method
:
1.
The new payment method
will be made at a Rand value per kg live weight delivered to the
abattoir.
2.
No cross subsidisation
of Transport.
3.
The Contract Grower will
be responsible for his actual transport cost of feed and live birds.
4.
The price per kg live
weight paid to the Contract Grower will be negotiated every quarter
based on the feed price negotiated by
Country Bird.
5.
D.O.A.:  This will
still be shared at 50%.
6.
Price per kg live weight
for period 1 February 2004 to 31 March 2004.
AGE
Rand per kg live weight
38

R 6,17
37

R6,21
36

R6,25
35

R6,29
We trust that the above structure will
simplify the payment to Contract Growers and afford those close to
the abattoirs the opportunity
to expand their operations.  The
payment method will ensure the long-term sustainability of Country
Bird in creating the opportunity
for growth for both Country Bird and
Contract Growers.
Day Old Chicks
The minimum weight for D.O.C. placed
at day old will be 30 grams.  The seven-day claims on chick
quality will remain the same
as agreed to by Country Bird and
Contract Growers, i.e. loggers to be in place to prove the standard
of Management is in place.
The price of the D.O.C. is R2,50.
We are of the opinion that Country
Bird and their Contract Growers will develop a new relationship in
building Country Bird to be
a competitive player in the Poultry
Industry.”
Die
verdere skrywe kom voor op p. 102 van bewysstuk “A”.
Dit is ‘n skrywe vanaf Mnr Van Rensburg gerig aan
Mnr Searle,
gedateer 1 Maart 2004, en welke skrywe as volg lees:

Country Bird Payment
Schedule to Contract Growers
Refer to contract grower meeting held
on 25 February 2004.
The concept of payment has been
accepted on a meeting held by the contract growers, but still not the
price paid by kilogram.
We as Contract Growers can’t
accept the price paid by kg live weight due to the following reasons
and want to make certain
suggestions:
Reasons:
-
Average Net Price per kg live
weight previously: R0,69.
-
Average Net Price per kg live
weight currently: R0,61.
-
-
DOC price per kg live weight
previously:  R1,15.
-
DOC price per kg live weight
currently: R1,38.
Suggestions:
The following will be acceptable and
fair:
-
R6,51 and the growers will
pay their own transport of live birds.
-
Above suggestion was calculated
in the difference in the DOC price.
The Contract Growers cannot produce
live birds on the prices given by Country Bird currently and
therefore we need to meet with
Mr Kevin James very urgently.
We as Contract Growers want to take
hands and develop a new relationship to ensure a long-term
sustainability of Country Bird in
creating the opportunity for growth
for both Country Bird and Contract Growers.”
(Eie
beklemtoning)
[44]
Uit die skrywe gedateer 1 Maart 2004 is dit duidelik dat daar nog
weer ‘n verdere Kontrakgroeiers Assosiasie vergadering
was op
25 Februarie 2004, met ander woorde na aanhangsel “X3”
wat verweerder beweer die tweede deel van die skriftelike
gewysigde
kontrak daarstel. Ook ten opsigte van hierdie vergadering bestaan
daar nie ‘n notule nie.  Mnr Van Rensburg
se getuienis ten
opsigte van hierdie vergadering was bloot dat dit plaasgevind het om
terugvoering te gee aan die kontrakgroeiers
ten opsigte van die
inhoud van die skrywe van 18 February 2004 en dat dit wat in die
skrywe van 1 Maart 2004 gereflekteer word,
die besluit van die
kontrakgroeiers was.  Wat betref voormelde vier skrywes, het Mnr
Van Rensburg gedurende kruisverhoor toegegee
dat tot en met die
laaste skrywe van 1 Maart 2004, daar nog geen finale ooreenkoms oor
al ses die komponente van die vergoedingsstruktuur
bereik was tussen
die partye nie en dat die onderhandelingsproses nog aan die gang
was.  Wat betref die bewering namens verweerder
in twee van die
skrywes dat die vergoedingsstruktuur geïmplementeer sou word
vanaf 2 Februarie 2004, het Mnr Van Rensburg
bevestig dat dit nie
vanaf daardie datum geïmplementeer was nie, juis omdat die
partye nie oor al die verskillende komponente
op daardie stadium kon
ooreenkom nie.  Daar was egter aldus hom toe op ‘n later
stadium wel ‘n ooreenkoms tussen
die partye bereik, wat ‘n
ooreenkoms op die prys per kilogram ingesluit het, maar kon hy nie
die spesifieke detail van hierdie
ooreenkoms in herinnering roep
nie.  Hy het egter wel getuig dat verweerder die gewysigde
vergoedingsstruktuur geïmplementeer
het op ‘n datum
voordat daar tussen die partye op die prys ooreengekom was.
Beide Mnr Hodgson en Mnr Van Rensburg se
getuienis in hoof was met
die strekking dat hoewel daar nog nie op die prys per kilogram
ooreengekom kon word tussen die partye
nie, dit wel tussen die partye
ooreengekom was dat kruissubsidiëring nie meer sou geld nie.
[45]
By behoorlike bestudering van die getuienis in totaliteit, wat
insluit die notules van vorige Kontrakgroeiers Assosiasie
vergaderings,
is dit na my mening egter duidelik dat die verskillende
komponente van die vergoedingsstruktuur inter-afhanklik is van
mekaar.
Soos ook deur Mnr Van Rensburg getuig, handel sekere
komponente daarvan met die uitgawe-komponent en die ander met die
inkomste-komponent.
Die prys per kilogram wat deur verweerder
aan eiser betaal sou word vir die braaikuikens, konstateer die
totaliteit van die inkomste-komponent
van die vergoedingsstruktuur.
Dit is dus duidelik dat dit ‘n wesenlike element van die
kontrak vorm. Logika dikteer,
soos ondersteun deur die getuienis, dat
‘n party nie finaal kan ooreenkom op welke wyse die
uitgawe-komponent bereken gaan
word alvorens hy/sy nie
dienooreenkomstig tevrede is met die wyse waarop die
inkomste-komponent bereken gaan word nie, aangesien
dit ‘n
direkte invloed op ‘n party se netto inkomste sal hê.
[46] Wat die staking van
kruissubsidiëring spesifiek betref, was daar nie getuienis dat
dit voordelig sou wees vir al die kontrakgroeiers
behalwe die wat
verder as 120km vanaf die abattoir geleë was nie.  Hoewel
dit duidelik uit die getuienis blyk dat ‘n
kontrakgroeier wat
wel verder as 120km vanaf die abattoir geleë was nie op
winsgewende wyse sou kon voortgaan om ‘n
kontrakgroeier te wees
nie, was daar ook ander kontrakgroeiers wie se transportkoste as
gevolg van die staking van kruissubsidiëring
toegeneem het.
In die verband was Mnr Hodgson se getuienis as volg:

Maar behalwe
vir Mnr Botes, was daar toe ‘n probleem met die implementering
van hierdie beëindiging van die pro-subsidiëring
ten
aansien siklus 109? ... Ja, want daar was ander mense wat nie
noodwendig so ver, U Edele nie noodwendig so ver soos Mnr Botes
was
nie wat ook direk geraak was, want hulle kostes het dienooreenkomstig
toegeneem ...”
(Rekord,
p.281)
Dit
het na mening tot gevolg dat alvorens daar nie op ‘n prys per
kilogram ooreengekom was nie, die Kontrakgroeiers Assosiasie
se
meerderheidsbesluit ten gunste van die staking van kruissubsidiëring
steeds weer verander kon word.  In die verband
moet in gedagte
gehou word dat die staking van kruissubsidiëring nie net van
toepassing was ten opsigte van die vervoerkoste
van die braaikuikens
nie, maar ook ten opsigte van die voer.  Dit was deurgaans die
getuienis, ook die van die eiser, en is
dit ook so gepleit in
paragrawe 6.5 en 6.8 van verweerder se gewysigde verweerskrif.
In die verband blyk die interafhanklikheid
tussen die prys per
kilogram en die afskaffing van kruissubsidiëring uiters duidelik
uit aanhangsel “X3” tot die
gewysigde verweerskrif, waar
spesifiek vermeld word dat een van die redes waarom die prys per
kilogram nie aanvaar kan word nie,
die volgende is:

The full
transport price on the feed was part of the payment previously and
now is just an amount of R78,00 per ton part of it.”
[47]
Die redelike moontlikheid dat die kontrakgroeiers vanweë
voormelde feite en omstandighede alreeds ten tyde van die vergadering

van 25 February 2004 waarna verwys word in die skrywe op p.102 van
bewysstuk “A”, die inhoud van hul besluit ten opsigte
van
die afskaffing van kruissubsidiëring gewysig het voortspruitend
uit die feit dat daar nie op die prys per kilogram ooreengekom
kon
word nie, blyk uit hul skrywe van 1 Maart 2004.  In laasgenoemde
skrywe is daar nie meer aangebied dat die kontrakgroeiers
hul
daadwerklike koste ten opsigte van die voer sou betaal nie.  Die
voorstel wat daarin gemaak was is die prys van R6,25
per kilogram
“and the growers will pay their own transport of live birds”.
[48]
Die inhoud van aanhangsels “X2” en “X3” kan
dus na my mening op geen wyse geïnterpreteer word
as `n beweerde
gewysigde ooreenkoms wat tussen die Kontrakgroeiers Assosiasie en
verweerder gesluit was nie.  Dit was duidelik
bloot
onderhandelings wat nog verder voortgesit was deur die skrywes
gedateer 18 February 2004 en 1 Maart 2004, waarna, selfs op
dáárdie
stadium, steeds nie ‘n ooreenkoms tussen die partye bereik was
nie.  Die afwesigheid van ‘n
ooreenkoms tussen die
Kontrakgroeiers Assosiasie en verweerder word nog verder beklemtoon
deur die volgende paragraaf in aanhangsel
“X3” wat
duidelik nog verdere onderhandelinge in die vooruitsig stel (wat ook
weer herhaal was in die skrywe van 1
Maart 2004):

The Contract Growers cannot
produce live birds on the prices given by Country Bird currently and
therefore we need to meet with
Mr Kevin James very urgently.

[49] Vanweë
bogemelde feite en omstandighede stem ek ten volle met Mnr Claasen se
betoog saam dat daar nie sprake kan wees
daarvan dat verweerder hom
van sy bewyslas gekwyt het om die skriftelike gewysigde ooreenkoms te
bewys soos gepleit in paragrawe
6.3. tot 6.8 van die gewysigde
verweerskrif nie.
Selfs
indien ‘n gewaande gewysigde kontrak gesluit was, voldoen dit
aan die bepalings van klousule 2.4 van die kontrak
[50]
Selfs indien ek verkeerd sou wees met laasgenoemde bevinding en dit
word argumentsonthalwe aanvaar (nie bevind nie) dat die

Kontrakgroeiers Assosiasie en verweerder ‘n gewaande gewysigde
kontrak gesluit het soos beweer in paragrawe 6.3. tot 6.5
van die
gewysigde verweerskrif, ontstaan die vraag steeds of dit ‘n
geldige en afdwingbare wysiging was op die basis soos
gepleit in
paragrawe 6.6. tot 6.8 van verweerder se gewysigde verweerskrif.
[51]
Paragraaf 2.4 van die kontrak bepaal as volg:

This agreement cancels all
previous agreements entered into between the parties prior to date
hereof and no amendment or additions
hereto will be of any force or
effect unless reduced to writing and signed by all the parties to
this agreement.”
[52]
Die vraagstuk wat hier beantwoord moet word is of die voorsitter van
die Kontrakgroeiers Assosiasie se ondertekening van aanhangsel
“X3”
tot die gewysigde verweerskrif, behoorlike nakoming van laasgenoemde
formaliteits-vereistes daarstel.  Mnr
Oosthuizen het gesteun op
die uitspraak in
Levitan N.O. v Petrol Conservation (Pty) Ltd
and Another
1962 (3) SA 233
(WLD).  Laasgenoemde
uitspraak het gehandel met die interpretasie van artikel 6 van die
Algemene Regswysigingswet, 50 van
1956, wat op daardie stadium as
volg gelees het:

No contract of suretyship
entered into after the commencement of this Act shall be valid,
unless the terms thereof are embodied
in a written document signed by
the surety.”
Mnr
Oosthuizen het na die volgende gedeeltes van die uitspraak verwys op
235G – 236A:

The question is crisply whether
the deed of suretyship, not signed by the second defendant but signed
by an agent, is binding on
the second defendant.
Mr.
Oshry
has on behalf of the
plaintiff asked me to interpret the section as if it reads: ‘.
. . signed by the surety or his authorised
agent’. He suggests
that this should be done on the basis of the maxim
qui facit per
alium facit per se
. This is the common law rule, which can of
course be excluded or qualified by statute….
The general position in regard to
signature by proxy is stated as follows by Bowstead on
Agency
,
12th ed. p. 17:
'As a general rule at common law a
person sufficiently “signs” a document if it is signed in
his name and with his authority
by somebody else. Thus, an agent may
be appointed to subscribe the name of the principal to the memorandum
of association of a
company, or to the instrument of dissolution of a
building society, and such a signature is a sufficient compliance
with the Companies
Act, 1948, sec. 3, or the Building Society Act,
1874, sec. 32, respectively. Where there is nothing in the subject
matter or context
of a statute to indicate that a personal signature
is necessary, the common law rule prevails. But if by statute or some
other
rule of law or by contract a personal signature is required,
the duty of signing cannot be delegated.'”
Mnr
Oosthuizen het dus beklemtoon dat die gemeenregtelike beginsel tot
dien effekte is dat waar ‘n kontrak bepaal dat dit
onderteken
moet word deur ‘n party, kan dit ook deur ‘n party se
verteenwoordiger of agent onderteken word, tensy dit
op ‘n
behoorlike interpretasie van die kontrak blyk dat dit in die
besondere geval vereis word dat dit persoonlik deur die
tersaaklike
party onderteken moet word.  Hy het aan die hand gedoen dat geen
bepaling van die kontrak aanduidend is daarvan
dat die gemenereg
beginsel nie van toepassing is nie.
[53]
Mnr Claasen, daarenteen, het aan die hand gedoen dat op `n behoorlike
uitleg van die kontraktuele bepalings, sodanige ondertekening
deur
die voorsitter van die Kontrakgroeiers Assosiasie nie ‘n
behoorlike nakoming van die formaliteitsvereistes gestel in
klousule
2.4 van die kontrak daarstel nie.
[54]
Wanneer daar gelet word op die tersaaklike bepalings van die kontrak
wat hierdie aspek betref, is die volgende volgens my relevant.

Waar daar in klousule 1.2 van die kontrak voorsiening gemaak word vir
die omskrywing van die kontrakgroeier (wat in die kontrak
beskryf
word as “the producer”) is daar onder die spasie waar die
identiteit van die kontrakgroeier voltooi moet word,
voorsiening
gemaak vir “R
egistration/Identity
Number

en
onder laasgenoemde verskyn die volgende:

(
If
a Legal Person or Trust)
Herein represented by
_______________________________
in his capacity as
___________________________________
being duly authorised thereto by
virtue of a Resolution of Directors/Members/Trustees)
of:
______________________________________________”
Na
my mening maak voormelde uiteensetting nie voorsiening en is daar
geen verwysing na ‘n situasie waar die kontrakgroeier
‘n
natuurlike persoon is en ‘n verteenwoordiger/agent namens
sodanige kontrakgroeier die kontrak sluit of onderteken
nie.  Al
verteenwoordiging waarvoor dit voorsiening maak is indien die
kontrakgroeier `n regspersoon of `n trust is. Wanneer
daar onder
sodanige omstandighede gelet word op die bewoording van klousule 2.4
wat bepaal dat “signed by all the parties
to this agreement”,
is ek van mening dat dit
mutatis
mutandis
nie die bedoeling van die partye was dat dit ondertekening deur ‘n
verteenwoordiger/agent namens ‘n natuurlike persoon
insluit
nie.
[55]
In ieder geval, soos tereg deur Mnr Claasen betoog, is daar ‘n
uitdruklike voorvereiste wat in klousule 2.5 van die kontrak

voorgeskryf word wat van toepassing is indien ‘n persoon die
kontrak in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid sluit, welke
as
volg lees:

In the event of a person
entering into this agreement in a representative capacity, and should
the person acting in such representative
capacity not have proper
written authority from his principal to act as such, then and in such
an event the person undersigning
this agreement shall be liable in
his personal capacity for the due compliance of all the obligations
of party on behalf of whom
he purported to act
.”
[56]
Ten eerste moet ek vermeld dat ek in die lig van klousule 1.2 waarna
ek reeds hierbo verwys het, van mening is dat klousule
2.5 weereens
verwys na omstandighede waar iemand in ‘n verteenwoordigende
hoedanigheid namens ‘n “legal person
or trust” die
kontrak sluit. Selfs indien dit egter argumentsonthalwe aanvaar sou
word dat ‘n verteenwoordiger/agent
namens ‘n natuurlike
persoon die kontrak, of dan ‘n wysiging daarvan, kon
onderteken, is dit na my mening ‘n
voorvereiste vir die
geldigheid en afdwingbaarheid daarvan dat sodanige
verteenwoordiger/agent oor skriftelike magtiging vanaf
die natuurlike
persoon moes beskik.  Geen sodanige skriftelike magtiging is in
die onderhawige geval deur eiser aan die voorsitter
van die
Kontrakgroeiers Assosiasie verleen nie.  Inteendeel, Mnr Van
Rensburg het pertinent getuig dat die Kontrakgroeiers
Assosiasie
nooit enige formele kontrakte namens enige van die partye gesluit het
nie.
[57] Gevolglik voldoen
aanhangsels “X2” en “X3” tot die gewysigde
verweerskrif nie aan die formaliteitsvereistes
uiteengesit in
klousule 2.4 van die kontrak nie en kan dit nie ‘n geldige en
afdwingbare gewysigde kontrak tussen die partye
daarstel nie.
Kontrakbreuk
[58]
In die lig van voormelde bevindings kom ek gevolglik tot die
gevolgtrekking dat verweerder se implementering van die gewysigde

kostestruktuur waarvolgens die vervoerkoste van die braaikuikens nie
meer op die basis van kruissubsidiëring bereken was nie
en elke
kontrakgroeier dus die daadwerklike vervoerkoste moes betaal gebaseer
op die afstand van sy/haar perseel vanaf die abattoir,
met die
gevolg dat die vervoerkoste wat eiser moes betaal drasties verhoog
het, kontrakbreuk jeens eiser daargestel het.
Welke
vorm van kontrakbreuk en die regsgevolge daarvan
[59]
Ek het vroeër in hierdie uitspraak vermeld dat Mnr Oosthuizen
sekere submissies aan my gemaak het met betrekking tot die

interpretasie van die pleitstukke.  In die verband het Mnr
Oosthuizen daarop gewys dat in gedagte gehou moet word dat paragraaf

4.1 van die gewysigde besonderhede van vordering aanvanklik die
enigste vorm van kontrakbreuk was waarop eiser gesteun het.
Dit
het weggeval as gevolg van my beslissing in die absolusie uitspraak.
Hy het voorts daarop gewys dat paragrawe 4.2, 4.3
en 4.4 van die
gewysigde besonderhede van vordering na aanleiding van die wysiging
waarna ek vroeër verwys het, ‘n nuwe
skuldoorsaak
daargestel het.  Ek stem met voormelde submissies saam.
Mnr Oosthuizen het egter daarop aan die hand gedoen
dat paragrawe 5.1
tot en met die eerste gedeelte van 7.3 (voor die eerste alternatief)
slegs verband hou met die aanvanklike vordering
en nie met die
alternatiewe vordering gepleit in paragrawe 4.2 tot 4.4 nie.  Hy
het gevolglik betoog dat eiser se steun op
aanhangsels “B”,
“C”, “D” en “E” slegs verband hou
met die oorspronklike vordering
en nie geïnterpreteer kan word
as deel van eiser se skuldoorsaak soos uiteengesit in paragrawe 4.2
tot 4.4 van die gewysigde
besonderhede van vordering nie.
Derhalwe was dit Mnr Oosthuizen se betoog dat enige bewering van en
steun op repudiasie slegs
deel gevorm het van die hoofvordering en
dus voortspruitend uit die absolusie uitspraak spreekwoordelik van
die tafel gevee is,
met die gevolg dat eiser nie meer daarop kan
steun nie.  Mnr Oosthuizen het dus gesubmiteer dat eiser slegs
kan steun op paragrawe
4.2 tot 4.4 van die gewysigde besonderhede van
vordering as synde dat dit die basis is waarop eiser die kontrak
gekanselleer het;
alternatiewelik by wyse van die aksie kanselleer.
[60]
Hoewel ek al vroeër in hierdie uitspraak na tersaaklike
beginsels met betrekking tot die Hof se benadering tot pleitstukke

verwys het, was dit vir ander doeleindes. Daardie regspraak is egter
ook hier steeds relevant, maar verwys ek ook ook na addisionele

regspraak: In
Shill v Milner
1937 AD 101
op 105 is die
volgende beslis:

This preliminary portion of Mr.
Ramsbottom's
argument consists largely of an examination of the
ipsissima
verba
of the pleadings.
While listening to him however, I could not but ask myself what the
substantial issue was between the parties
in the court below. The
importance of pleadings should not be unduly magnified. ‘The
object of pleading is to define the
issues; and parties will be kept
strictly to their pleas where any departure would cause prejudice or
would prevent full inquiry.
But within those limits the Court has
wide discretion. For pleadings are made for the Court, not the Court
for pleadings. Where
a party has had every facility to place all the
facts before the trial Court and the investigation into all the
circumstances has
been as thorough and as patient as in this
instance, there is no justification for interference by an appellate
tribunal merely
because the pleading of the opponent has not been as
explicit as it might have been.
Robinson
v Randfontein Estates G.M. Co. Ltd.
(1925 AD 198).
In another case,
Wynberg
municipality v Dreyer
(1920
AD 443)
, an attempt was made to confine the issue on appeal strictly
to the pleadings, but it was pointed out by INNES, C.J., that the
issue had been widened in, the court below, by both parties. ‘The
position should have been regularised of course,’
said he, ‘by
an amendment of the pleadings; but the defendant cannot now claim to
confine the issue within limits which he
assisted to enlarge.’
These principles apply to the present
dispute. Assuming (though I disagree) that Mr.
Ramsbottom's
contentions, based on the frame of the pleadings, are just, the fact
remains that the issues were substantially broadened in the
court
below.
To return to the question of the real
issue in the court below.”
In
die uitspraak van
Imvula
Quality Protection (Pty) Ltd v Loureiro and Others
2013 (3) SA 407
(SCA) is die volgende beginsel bevestig in para [47]:

As to the second point: cases
are decided on the evidence, not on the pleadings or counsel’s
argument.  Of course, if
the case is formulated in the pleadings
in such a way that the opposite party is prejudiced, the position is
different –
but that is not the general rule.”
[61]
Alvorens ek met die gewysigde besonderhede van vordering en die
getuienis handel, ag ek dit noodsaaklik om na sekere tersaaklike

kontraktuele beginsels te verwys.
[62]
Kontrakbreuk kan een van die volgende verskyningsvorme aanneem, synde
mora debitoris, mora creditoris,
positiewe wanprestasie,
repudiasie en onmoontlikmaking van prestasie. In
The Law of
Contract in South Africa
, R H Christie, 6de uitgawe, op p.
538 tot p. 539 is die volgende beginsels ten opsigte van repudiasie
uiteengesit:

In
Schlinkmann
v Van der Walt
1947
2 SA 900
(E) 919 Lewis J said:

Repudiation
is in the main a question of the intention of the party alleged to
have repudiated. As was said by Lord Coleridge LCJ
in
Freeth
v Burr
(1874)
LR 9 CP at p 214:

the true question
is whether the acts or conduct of the party evince an intention no
longer to be bound by the contract”,
a
test which was approved by the House of Lords in
Mersey Steel Co v
Naylor
(1884) 9 AC 434.
In
Re Rubel Bronze and Metal Co and
Vos
[1918] 1 KB at p 322 McCardie J said as follows:

The doctrine of
repudiation must of course be applied in a just and reasonable
manner. A dispute as to one or several minor provisions
in an
elaborate contract or a refusal to act upon what is subsequently held
to be the proper interpretation of such provisions
should not as a
rule be deemed to amount to repudiation . . . But, as already
indicated, a deliberate breach of a single provision
in a contract
may under special circumstances, and particularly if the provision be
important, amount to a repudiation of the whole
bargain . . . In
every case the question of repudiation must depend on the character
of the contract, the number and weight of
the wrongful acts or
assertions, the intention indicated by such acts or words, the
deliberation or otherwise with which they are
committed or uttered,
and the general circumstances of the case.”
To
this I would add only that the
onus
of proving that the one
party has repudiated the contract is on the other party who asserts
it.’
In
Inrybelange (Edms)
Bpk v Pretorius
1966 2 SA 416
(A) 427 and
Van Rooyen v
Minister van Openbare Werke en Gemeenskapsbou
1978 2 SA 835
(A)
844–846 the Appellate Division approved of this passage,
together with the short test enunciated by Williamson J in
Street
v Dublin
1961 2 SA 4
(W) 10:

The
test as to whether conduct amounts to such a repudiation [as
justifies cancellation] is whether fairly interpreted it exhibits
a
deliberate and unequivocal intention no longer to be bound.’
In
Van Rooyen
at
845–846 Rabie JA added:

Om ‘n
ooreenkoms te repudieer, hoef daar nie, soos in die aangehaalde
woorde uit
Freeth
v Burr
te
kenne gegee word, ‘n subjektiewe bedoeling te wees om ‘n
einde aan die ooreenkoms te maak nie. Waar ‘n party,
bv, weier
om ‘n belangrike bepaling van ‘n ooreenkoms na te kom,
sou sy optrede regtens op ‘n repudiëring
van die
ooreenkoms kon neerkom, al sou hy ook meen dat hy sy verpligtinge
behoorlik nakom. (Kyk De Wet en Yeats
Kontraktereg
en Handelsreg
3de
uitg op 117.)’
The sort of case
considered in this last passage may lie in the overlap between
repudiation and breach justifying cancellation,
it being perhaps
thought more appropriate to describe it as a repudiation because of
the definite nature of the refusal to perform,or
it may, because
performance is not yet due, be necessarily described as a
repudiation.
As indicated in the
extract from McCardie J’s judgment in
Re Rubel Bronze
quoted
above, repudiation may manifest itself in a variety of ways.
If it takes place before
performance is due it is sometimes described as anticipatory breach
and may take the form of a statement
that the party concerned is not
going to carry out the contract…
When performance is due
repudiation may take the form of insistence on the fulfilment of a
term that does not form part of the contract…”
Sien
ook
OK
Bazaars (1929) Limited v Grosvenor Buildings (Pty) Ltd and Another
[1993] ZASCA 56
;
1993 (3) SA 471
(A) op 480I tot 481C.
[63]
Die toets vir repudiasie is opsommenderwys as volg uiteengesit in
LAWSA
, 2de Uitgawe, Volume 5 deel 1, paragraaf 485 op
p. 481 tot p. 482:

An objective test is applied to
determine whether a party to a contract has repudiated it.  The
question is whether the words
or conduct are such as to lead a
reasonable person to the conclusion that the repudiator does not
intend carrying out his or her
part of the contract either properly
or at all.  Repudiation is, accordingly, a matter of perception,
the perception being
that of a reasonable person in the position of
the aggrieved party.  Although it is sometimes said that there
must be an intention
to repudiate, wrongful intention in the sense
dolus malus
or
mala fides
(or for that matter negligence) is not a requirement for this form of
breach.  Even if a party honestly and on good grounds
believes
that he or she is entitled to act in the way that he or she does,
such party will still be guilty of repudiation if his
or her conduct
amounts to a denial of his or her contractual liability. Examples of
repudiation are ... contesting the terms of
the contract…”
In
Wille’s
Principles of South African Law
,
F. du Bois, 9de Uitgawe, op p. 867, is die volgende gestateer:

Other examples of repudiation
are … an insistence on enforcing an ineffective purported
variation agreement …”
Sien
ook
Datacolour International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd
[2000] ZASCA 82
;
2001 (2) SA 284
(SCA), paras [16] en [17].
[64]
Waar daar in die kontrak ‘n terugtredingsreg beding is (
lex
commissoria
) wat gekoppel is aan ‘n voorafgaande tydperk
van kennisgewing, geld dit nie in die geval van repudiasie nie.
In
Contract General Principles
, Van der Merwe
et al
,
4de uitgawe, op p. 313 is dit as volg gestel:

A provision in a contract that
in case of malperformance a debtor must be notified to rectify the
defects within a certain period
affords the party in breach no
protection in case of repudiation.”
Sien
ook
South
African Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd
2005 (3) SA 323
(SCA) op 342F.
[65]
Die kontrak bevat inderdaad ‘n
lex commissorio
in
klousule 19.1 daarvan:

If any party hereto (the
breaching party) fails to comply with any of its obligations in terms
of this agreement and such failure
is not remedied within 24 hours
after written notice by the other party (the prejudiced party) the
last mentioned will be entitled
but not compelled to, without further
notice, resile from this agreement and to cancel this agreement by
written notice to the
breaching party.”
[66]
Die beginsels rondom ‘n party se reg tot kansellasie in die
geval van repudiasie deur die ander party, is vervat in
LAWSA
,
supra
, paragraaf 486 op p. 483:

Repudiation, like any other
form of breach of contract, does not necessarily entitle the innocent
party to rescind.  The right
to rescind depends on the
seriousness of the breach which the repudiation portends.  If,
for instance, a debtor expresses
the intention not to carry out only
a minor part of the performance which is due, the creditor may not
rescind on that account.
In each case, since it is either
positive or negative malperformance which is threatened, the normal
criteria for rescission on
the ground of these forms of
malperformance must be applied.  So, if the repudiation predicts
positive malperformance, the
question is whether, were the predicted
malperformance to occur, one could not reasonably expect the creditor
to obey by the contract
and be satisfied with damages alone. …
Of course, if a party refuses to
perform at all or rejects the contract as a whole, the innocent party
will always be entitled to
rescind. …
It seems clear that ‘acceptance
of repudiation’ is nothing other than the exercise by the
innocent party of the right
of rescission. …  Thus an
acceptance of repudiation, like a notice of cancellation, must be
communicated to the guilty
party.  This can be done extra
judicially, by an oral or written notice to that effect, or by
conduct showing acquiescence
in the repudiation.  It can also be
done judicially, by service of summons claiming damages for breach of
contract.”
[67]
Wat uit die totaliteit van die getuienis blyk ten opsigte van die
verloop van die tersaaklike gebeure, is tot die grootste
mate
gemeensaak.  Toe Mnr Hodgson aanvanklik vir eiser ingelig het
rondom die gewysigde kostestruktuur, was dit nie duidelik
presies wat
die impak daarvan op eiser sou wees nie.  Nadat eiser ‘n
werknemer van verweerder versoek het om ‘n
berekening te doen
op die basis van die gewysigde kostestruktuur, het dit vir eiser
duidelik geblyk dat dit nie meer vir hom winsgewend
sou wees om voort
te gaan met die kontrak nie.  Ek het reeds bevind dat dit
kontrakbreuk deur verweerder daargestel het. Die
bevinding is dus in
ooreenstemming met die eerste gedeelte van die bewering  in
paragraaf 4.4 van die gewysigde besonderhede
van vordering.  Die
volgende vraag is welke vorm van kontrakbreuk dit was.  Die
toepassing van kruissubsidiëring
ten opsigte van die
vervoerkoste van braaikuikens, was duidelik `n wesenlike term van die
kontrak. Die wesenlike aard daarvan blyk
duidelik uit die verreikende
gevolge wat die wysiging daarvan op eiser gehad het, synde dat die
voortsetting van die kontrak op
sodanige basis nie meer winsgewend
vir eiser sou wees nie, wat nie in dispuut is nie. Na my mening en in
die lig van die tersaaklike
regsbeginsels waarna ek reeds verwys het,
kan hierdie vorm van kontrakbreuk deur verweerder dus nie as iets
anders dan repudiasie
geklassifiseer word nie.  Vanweë die
wesenlike aard en drastiese negatiewe gevolg van die repudiasie vir
eiser, het dit
eiser geregtig gemaak om die kontrak te kanselleer.
Eiser het in ieder geval ‘n reg tot terugtrede gehad
ooreenkomstig
die bepalings van klousule 19.1 van die kontrak, ten
opsigte waarvan hy nie gebonde was daaraan om eers ‘n
kennisgewing tot
nakoming van die kontrak aan verweerder te verskaf
nie.  Gevolglik was eiser na my mening regtens geregtig om by
wyse van
aanhangsels “B” en “C” tot die
gewysigde besonderhede van vordering aan te dui dat hy in die lig van
die
veranderde kostestruktuur nie met die kontrak kan voortgaan nie.
Daardie bewerings het nie kontrakbreuk deur eiser daargestel
nie –
dit was eiser se reaksie (kansellasie deur eiser) op verweerder se
kontrakbreuk (repudiasie deur verweerder).
[68]
Wat betref aanhangsel “E” tot die besonderhede van
vordering, lees dit onder andere as volg:

Aangesien
dit egter nie vir u of vir Country Bird lonend sal wees om voort te
gaan met hierdie ooreenkoms nie, word hierdie siklus
as u laaste
beskou en sal daar dus geen verdere kuikens by u geplaas kan word
nie.”
Hierdie
skrywe is ongedateer, maar dui die opskrif daarvan aan dat dit in
antwoord is op bogemelde aanhangsels “B” en
“C”.
Mnr Hodgson se getuienis en verduideliking ten opsigte van voormelde
aanhaling, was die volgende:

Nou eerstens
sê u dit gaan nie vir Mnr Botes meer lonend wees nie en u het
met my saamgestem dit blyk so te wees, nè?
--- Dit is reg.
Maar u gaan nou verder.  Dit gaan
ook nie vir Country Bird lonend wees om voort te gaan met hierdie
ooreenkoms nie.  Is
dit ook reg? --- Dit is reg.
Ek verstaan dit dat as hierdie
ooreenkoms moet voortgaan, dat Country Bird nogsteeds die gedeelte
nou moet betaal wat die ander
groeiers sou betaal, met ander woorde
Mnr Botes as ons moet voortgaan en jy wil nogsteeds daardie enkele
bedrag per vrag betaal
meen dit ons sal uit ons sak uit meer moet
betaal.  Is dit eintlik wat u daar vir hom meedeel, hierdie
ooreenkoms soos hy
staan, kan ons nie mee aangaan nie, want dit sal
ook nie vir ons lonend wees nie? --- Ja, wat dit in praktyk beteken
is, as ek
dit net so kan antwoord as ek die vraag reg verstaan.
Ja? --- Dan beteken dit dat as ons sê
met Mnr Botes sou aangaan op die ou stelsel, dan sou dit nie vir ons
lonend wees nie.
Ja-nee, dit is hoe ek dit ook
verstaan. --- Ja.
En dan sê u: ‘Daarom word
hierdie siklus as die laaste beskou en sal daar dus geen verdere
kuikens by u geplaas word
nie.’ So weer ‘n mededeling van
u namens Country Bird dat hierdie gaan nou die laaste kuikens wees
Mnr Botes ongelukkig.
Ons gaan nie weer kuikens plaas by u
onder hierdie ooreenkoms nie? --- Dit is reg.
Wat u betref sê
u vir hom die kontrak het nou tot ‘n einde gekom wat tussen u
en Country Bird bestaan het? --- Ja.”
(Rekord,
p. 302)
Feitelik
het dit ook so gebeur, synde dat daar geen verdere kuikens geplaas
was vir eiser ter uitvoering van die (oorspronklike)
kontrak nie.
Na my mening het aanhangsel “E” tot die besonderhede van
vordering dus verweerder se repudiasie
van die kontrak bevestig.
[69] Op welke wyse die
pleitstukke ook al geïnterpreteer word, strook die getuienis na
my mening daarmee en was dit ten volle
mee gehandel in die getuienis
namens beide eiser en verweerder.  Indien dit geïnterpreteer
word soos deur Mnr Oosthuizen
aan die hand gedoen, is ek van mening
dat eiser die wesenlike kontrakbreuk beweer in paragraaf 4.4 van die
gewysigde besonderhede
van vordering bewys het in die vorm van
repudiasie, wat eiser geregtig gemaak het om die kontrak te
kanselleer, soos verder in
paragraaf 4.4 beweer.  Indien daar
dan “gespring” word na die alternatief in pargaraaf 7.3
van die gewysigde besonderhede
van vordering, strook dit weereens met
die getuienis, synde dat eiser voortspruitend uit die wesenlike
kontrakbreuk die kontrak
gekanselleer het.  Indien die gewysigde
pleitstukke egter geïnterpreteer word op die totaliteit daarvan,
met insluiting
van paragrawe 5.1 tot die eerste gedeelte van 7.3
daarvan, sowel as aanhangsels “B”, “C”, “D”

en “E”  daartoe, is dit steeds na my mening
ooreenkomstig die getuienis en het eiser hom steeds van voormelde

bewyslas gekwyt.
Gevolgtrekking
[70] Derhalwe is ek van
mening dat eiser se alternatiewe vordering soos uiteengesit in
paragrawe 4.2, 4.3 en 4.4 van die gewysigde
besonderhede van
vordering, moet slaag. Dit het tot gevolg dat verweerder aanspreeklik
is vir die betaling van skadevergoeding
aan eiser ten opsigte van
sodanige skade as wat eiser mag bewys hy voortspruitend uit bogemelde
kontrakbreuk gely het; alternatiewelik
tussen die partye op
ooreengekom word.
Koste
Oorgestane
koste van 9 September 2008:
[71]
Wat betref die voorbehoue koste van 9 September 2008, het Mnr Claasen
betoog dat verweerder vir daardie koste aanspreeklik
behoort te wees,
aangesien dit teweeggebring was deur ‘n kennisgewing van
voorneme om die verweerskrif te wysig wat eers
geliasseer was op 20
Augustus 2008, soos dit voorkom op p. 32 tot p. 34 van die
kennisgewings.  Mnr Oosthuizen het daarop
gewys dat die eerste
gedeelte van die voorgenome wysiging slegs gehandel het met ‘n
wysiging van die beskrywing van die Kontrakgroeiers
Assosiasie en die
onderskeid tussen die assosiasie as sulks en die komitee daarvan.
Die tweede wysiging het gehandel met
eiser se verpligting om sy skade
te beperk, welke wysiging in ieder geval toe nooit deur verweerder
mee voortgegaan was nie.
Nadat daar by ooreenkoms tussen die
partye ‘n kennisgewing van verwydering van die rol geliasseer
was op 2 September 2008,
het eiser ‘n kennisgewing van
voorgenome wysiging van sy besonderhede van vordering geliasseer op
17 September 2008.
Mnr Oosthuizen het gesubmiteer dat dit
duidelik uit laasgenoemde wysiging blyk dat dit ‘n substantiewe
wysiging was wat gehandel
het met die kwantifisering van eiser se
beweerde skade, welke essensieel was aangesien die partye nog nie op
daardie stadium ooreengekom
het dat kwantum en meriete geskei word
nie.  Mnr Oosthuizen het gevolglik aan die hand gedoen dat eiser
bloot sy beswaar teen
die voorgenome wysiging van verweerder
geliasseer het ten einde aan homself die geleentheid te gee om ‘n
omvangryke wysiging
te liasseer.  Hy het derhalwe betoog dat
eiser aanspreeklik behoort te wees vir die verspilde koste van 9
September 2008.
[72] Ek meen dat dit nie
gepas is vir my om te spekuleer met betrekking tot die vraag of eiser
ten tyde van die liassering van sy
beswaar teen verweerder se
voorgenome wysiging reeds sy eie voorgenome wysiging in sy
kontemplasie gehad het, aldan nie.
Die feit is dat verweerder
‘n kennisgewing van voorgenome wysiging geliasseer het ten
opsigte waarvan voorgeskrewe tydperke
in terme van reël 28 van
toepassing is en eiser was geregtig om op die nakoming daarvan aan te
dring.  Terselfdertyd
blyk dit egter wel nou in retrospek dat
eiser nie op daardie stadium gereed sou wees om met die verhoor voort
te gaan op die meriete
en kwantum daarvan sonder die substantiewe
wysiging van sy besonderhede van vordering nie.  In sodanige
omstandighede het
die uitstel dus beide partye die geleentheid gegee
om deur die nodige wysigings hul pleitstukke in orde te kry.  Ek
is gevolglik
van mening, in die uitoefening van my diskresie, dat dit
gepas sal wees indien die koste teweeggebring deur daardie uitstel,
koste
in die geding is.
Oorgestane
koste van 4 September 2012:
[73]
Mnr Claasen het aan die hand gedoen dat daardie uitstel teweeggebring
was deur ‘n kennisgewing van verweerder se voorgenome
wysiging
van sy verweerskrif wat eers geliasseer was op 15 Augustus 2012, soos
dit voorkom op p. 118 tot p. 120 van die kennisgewings.
Hy het
dus gesubmiteer dat onder sodanige omstandighede verweerder
aanspreeklik behoort gehou te word vir die verspilde koste
teweeggebring deur daardie uitstel.
[74] Dit blyk dat die
kennisgewing van verwydering van die rol daaropvolgend op 28 Augustus
2012 geliasseer was.  Anders as
in die vorige geval, blyk dit
egter dat eiser nie ‘n formele kennisgewing van beswaar binne
die voorgeskrewe 10 dae, of daarna,
geliasseer het nie.  Hoewel
ek deeglik in ag neem dat eiser steeds 15 dae na die wysiging gehad
het om ooreenkomstig die bepalings
van reël 28(8) op te tree, is
ek van mening dat in die lig van die hoeveelheid kere wat die saak al
teen daardie tyd uitgestel
was, eiser, wie
dominus litis
is,
werklik meer doelgerig kon opgetree het  onder die
omstandighede. Indien hy andersins gereed was om met die verhoor
voort
te gaan en erns daarmee gehad het, kon hy sekerlik die proses
vinniger laat verloop het vanaf sy kant en daardeur toegesien het
dat
die verhoor steeds voortgaan.  Gevolglik is ek in die
uitoefening van my diskresie insgelyks van mening dat daardie
voorbehoue
koste, koste in die geding moet wees.
Koste
van 17 Oktober 2014:
[75]
Eiser se getuienis was aangebied op 14 en 15 Oktober 2014, waarna Mnr
Oosthuizen die absolusie aansoek geloods het en dit geargumenteer

was.  Ten tyde van sy betoog ter opponering van die toestaan van
sodanige aansoek, het Mnr Claasen, soos vroeër vermeld,
aangedui
dat eiser wens sy besonderhede van vordering te wysig.  Nadat ‘n
verdaging verleen was sodat Mnr Claasen die
voorgenome wysiging op
skrif kon formuleer en aan Mnr Oosthuizen toon, het Mnr Oosthuizen
aangedui dat dit noodsaaklik  is
dat verweerder die geleentheid
gegee word om die voorgenome wysiging te oorweeg en het hy dus
versoek dat sodanige geleentheid
gegee word tot 17 Oktober 2014,
synde die daaropvolgende datum waarvoor die verhoor in ieder geval
terrolle geplaas was.
Dit was na my mening ‘n uiters
billike versoek onder die omstandighede en het ek dit aldus
toegestaan.  Eiser se voorgenome
wysiging was toe op 17 Oktober
2014 aangebring, waarop Mnr Oosthuizen voortspruitend daaruit
dienooreenkomstig wysigings ten opsigte
van die verweerskrif
geliasseer het.  Beide regsverteenwoordigers het daarop
voortgegaan om my toe te spreek op die meriete
van die absolusie
aansoek, veral ook op die basis van die gewysigde pleitstukke.
[76]
Mnr Oosthuizen het gevolglik versoek en betoog dat die koste van 17
Oktober 2014 deur eiser betaal moes word, aangesien daardie

addisionele koste deur eiser se toedoen veroorsaak was.
[77] Na my mening moet ek
met Mnr Oosthuizen se betoog saamstem. As dit nie was vir die baie
laat stadium van die verrigtinge waarop
eiser besluit het om sy
besonderhede van vordering te wysig nie, sou die betoë
gefinaliseer gewees het op 15 Oktober 2014
en is die addisionele
koste van 17 Oktober 2014 dus uitsluitlik teweeggebring deur eiser se
toedoen. Dit is dus reg en billik dat
eiser gelas moet word om
daardie koste te betaal.
Oorgestane
koste van die absolusie aansoek:
[78]
Op die stadium wat die absolusie aansoek geloods was, was die
hoofvordering eiser se enigste skuldoorsaak. Dit moet egter in

gedagte gehou word dat die wysiging wat die alternatiewe vordering
daargestel het, plaasgevind het voor die afhandeling van die

argumentering van die absolusie aansoek. Desnieteenstaande het
verweerder besluit om met die absolusie aansoek te volhard en dit

teen beide die vorderings. Dit het geskied onder omstandighede waar
die oorgrote meerderheid van eiser se getuienis in ieder geval

relevant was met betrekking tot beide die vorderings. Die absolusie
aansoek was wel suksesvol ten opsigte van die hoofvordering.
Wat die
alternatiewe vordering betref, was nie net die absolusie aansoek
onsuksesvol nie, maar is eiser ook nou, aan die einde
van die
verhoor, suksesvol met daardie vordering. Onder sodanige
omstandighede en alwaar eiser reeds aanspreeklik gehou word vir
die
onnodige koste van 17 Oktober 2014 en dit dus nie meer deel vorm van
die kostebevel ten opsige van die absolusie aansoek nie,
is ek in die
uitoefening van my diskresie van mening dat dit reg en billik is dat
elke party gelas word om sy eie koste van die
absolusie aansoek te
betaal.
[79] Volledigheidshalwe
word vermeld dat gegewe laasgenoemde gevolgtrekking, die
kwalifiserende koste van een van verweerder se
deskundige getuies,
Mnr L. Dunn, ten opsigte waarvan Mnr Oosthuizen my volledig
toegespreek het tydens die absolusie aansoek, dus
nie verdere
oorweging verg nie.
Koste
van die geding:
[80] Daar is geen rede
waarom koste nie die uitslag van die aksie moet volg en dat
verweerder gevolglik gelas moet word om, onderhewig
aan die
bevindings wat reeds hierbo gemaak is, die koste van die aksie te
betaal nie. Dit is uiteraard beperk tot die koste van
die geding ten
opsigte van die meriete daarvan en tot op hierdie stadium.
Bevel
[81]
Gevolglik word die volgende bevel gemaak:
1.
Eiser
se alternatiewe vordering soos uiteengesit in paragrawe 4.2, 4.3 en
4.4 van die gewysigde besonderhede van vordering, slaag
ten opsigte
van die meriete daarvan.
2.
Verweerder
is aanspreeklik vir die betaling van skadevergoeding aan eiser ten
opsigte van sodanige skade as wat eiser mag bewys
hy voortspruitend
uit bogemelde kontrakbreuk gely het; alternatiewelik tussen die
partye op ooreengekom word.
3.
Verweerder
word gelas om die koste van die aksie te betaal, onderhewig aan die
volgende:
3.1
Wat
die oorgestane koste van 9 September 2008 en 4 September 2012 betref,
is dit koste in die geding.
3.2
Wat
die oorgestane koste van die aansoek om absolusie van die instansie
betref, word dit gelas dat elke party sy eie koste betaal,
behalwe
die koste van 17 Oktober 2014, welke koste deur eiser betaal moet
word.
______________
C. VAN ZYL, R
Namens Eiser:

Adv. J. Y.
Claasen SC
In
opdrag van:
Phatshoane
Henney Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerder:
Adv. H.F. Oosthuizen
In
opdrag van:
Symington
& de Kok Prokureurs

BLOEMFONTEIN